Malatsi v S (A255/2014) [2015] ZAWCHC 194 (28 August 2015)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Right to fair trial — Reconstruction of trial record — Appellant convicted of indecent assault and rape — Record of proceedings incomplete due to loss of evidence — Appellant contended that reconstruction did not meet legal requirements, infringing right to fair trial — Court held that reconstructed record was sufficient for appeal purposes and did not violate appellant's rights — Conviction and sentence upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2015
>>
[2015] ZAWCHC 194
|

|

Malatsi v S (A255/2014) [2015] ZAWCHC 194 (28 August 2015)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:                                                                                                   A255/2014
DATUM
:                                                                                                28

AUGUSTUS 2015
In die saak tussen:
M
MALATSI
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
U I T S P R A A K
RILEY,
WnR
:
Die
appellant het in die Streekhof te Paarl tereggestaan op een aanklag
van onsedelike aanranding en ʼn verdere aanklag van
verkragting,
gelees met die bepalings van artikel 51(2) van die
Strafregwysigingswet 105 van 1997.
Die
appellant, wie te alle tye regsverteenwoordiging in die Hof
a
quo
geniet het, het onskuldig gepleit
op beide aanklagtes en is na aanhoor van die getuienis op 23 Junie
2009 skuldig bevind, soos aangekla.
Op dieselfde dag het die Hof die
twee aanklagtes saamgeneem vir doeleindes van vonnis en appellant
gevonnis tot 25 jaar gevangenisstraf,
waarvan die Hof tien jaar
opgeskort het vir ʼn tydperk van vyf jaar op dergelike
voorwaardes.
Op
14 Augustus 2014 het hierdie Hof appellant verlof verleen om te
appelleer teen die skuldigbevinding en vonnis. Appellant kom
nou in
hoër beroep teen beide sy skuldigbevinding en vonnis.
In
die onderhawige saak is ʼn gedeelte van die rekord ten opsigte
van die getuienis in hoof en kruisverhoor van die appellant
verlore
en/of vermis en het die verhoorlanddros ʼn rekonstruksie van die
rekord saamgestel.  Beide die Staat en die verdediging
was in
ooreenstemming met die rekonstruksie van die vermiste gedeelte van
die rekord, soos deur die verhoorlanddros voorberei.
Mnr
Solomons, wie namens appellant in hierdie hof verskyn het, het
aangevoer en gesubmiteer dat, hoewel daar gepoog was om die rekord
te
rekonstrueer, daar nie aan die vereistes, soos neergelê in
S
v Gora
2010 (1) SASV 159 (WK) voldoen is nie, en dat daar dus
inbreuk gemaak is op die appellant se fundumentele reg tot ʼn
regverdige
verhoor. Gevolglik was hy van mening dat die hof die
skuldigbevinding en vonnis moes tersyde stel.
In
S v Chabedi
2005 (1) SASV 415 (HHA) op 417 het Brandt AR hom
soos volg uitgelaat oor die rekord op appèl:

[5]
On
appeal, the record of the proceedings in the trial court is of
cardinal importance.  After all, that record forms the whole

basis of the rehearing by the Court of appeal.  If the record is
inadequate for a proper consideration of the appeal, it will,
as a
rule, lead to the conviction and sentence being set aside.
However, the requirement is that the record must be adequate
for a
proper consideration of the appeal, not that it must be perfect
recordal of everything that was said at the trial.
As has been
pointed out in previous cases, records of proceedings are often still
kept by hand, in which event a verbatim record
is impossible.
(See S v Collier
1976 (2) SA 378
(C) at 379 A – D and S v S
1995 (2) SACR 420
(T) at 423 b – f)
[6] The question
whether defects in the record are so serious that a proper
consideration of the appeal is not possible, cannot
be answered in
the abstract. It depends,
inter alia,
on the nature of the
defects in the particular record and on the nature of the issues to
be decided on appeal.”
In
Machaba & ʼn Ander v S
(20401/2014) [2015] (HHA
)
60 (gedateer 8 April 2015) was die rekord op appèl nie
volledig nie, aangesien die rekord van die laaste week van die opname

nie ten volle getranskribeer was nie. Die meganiese opnames kon nie
opgespoor word nie. Pogings om die vermiste gedeeltes van die
rekord
te rekonstrueer was onsuksesvol.  Die vermiste gedeelte van die
rekord was ʼn gedeelte van die getuienis wat gehandel
het oor ʼn
verhoor-binne-'n-verhoor ten opsigte van beskuldigde 2, ʼn
gedeelte van die uitspraak en die geheel van die
vonnisverrigtinge.
Omdat karige inligting oor vonnis aan die Hof van appèl
beskikbaar was, het Schoeman WnR gebruik
gemaak van die persoonlike
omstandighede van die appellante, soos vervat in die rekord van die
borgaansoek.  Die Hof bevind
dat vir die doeleindes van die
aanhoor van die appèl, nieteenstaande die rekord, die
appellante nie benadeel sou word nie.
In
die onderhawige saak is ek tevrede dat die rekonstruksie van die
rekord van die verrigtinge van die vermiste getuienis ʼn

voldoende rekonstruksie daarstel vir die aanhoor van die appèl
en dat daar geen inbreuk gemaak word op die appellant se
fundumentele
regte tot ʼn regverdige verhoor, wat sy appèl insluit.
Sien
S v Zenzile
2009 (2) SASV 407 (WK)en S v Gora (supra).
Die
getuienis kan kortliks as volg opgesom word:  Die klaagster wat
ten tye van die pleeg van die misdryf tien jaar oud was,
is die
dogter van appellant se saamleefmaat. Volgens haar het sy saam met
haar moeder en die appellant op Normandy plaas in die
Groot
Drakenstein area gewoon.  Op Vrydag, 13 Julie 2007, was sy en
die appellant alleen by die huis.  Terwyl sy op die
rusbank gelê
en slaap het, het appellant bo-op haar kom lê en toe haar
borste en privaatdele betas.  Sy het hom
gevra om op te hou maar
hy het voort gegaan. Appellant het toe gedreig dat as sy iemand van
die voorval vertel dat hy haar sou
slaan.  Hy het haar toe R1
gegee.  Sy het dieselfde aand ʼn rapport aan haar ma gemaak
oor die insident.
Dit
is nie in geskil dat haar moeder haar nie aanvanklik geglo het nie.
Sy het egter die hele naweek aan haar ma “gekarring”,

soos sy dit gestel het, om iets aan die saak te doen. Haar ma was
egter onwillig.
Die
klaagster het verder getuig dat sy die Saterdag by haar oom se huis
oorgeslaap het maar dat sy en die appellant weer die Sondag,
15 Julie
2007, alleen by hulle huis was.  Op hierdie geleentheid het hy
haar weer, soos op die vorige geleentheid betas, maar
ook verder haar
broekie afgetrek en terwyl sy op die rusbank gelê het, bo-op
haar geklim en sonder haar toestemming geslagsgemeenskap
met haar
gehad.
Op
dié geleentheid het appellant R5 aan die klaagster gegee. Die
klaagster het ook die voorval aan haar ma rapporteer. Sy
en haar ma
is die volgende dag eers na die polisiestasie en sy is op 23 Julie
2007 na ʼn dokter geneem wie haar ondersoek het.
Die
klaagster se moeder het die klaagster se getuienis gestaaf en
verduidelik dat die rede waarom sy nie onmiddellik na die polisie

gegaan het toe klaagster aanvanklik die rapport aan haar gemaak het
nie, was omdat sy bang was dat die appellant haar sou slaan
as sy die
saak teen hom sou maak, aangesien sy geweet het dat hy die hele
naweek met hulle sou wees.
Volgens
die mediese verslag (J88), wat by ooreenstemming tussen die partye
ingehandig is, het Dr Abrahams tydens die ondersoek van
die klaagster
bevind dat daar ʼn gedeeltelike skeur van die maagdevlies was.
Dr Abrahams kom tot die gevolgtrekking dat
sy bevindings aanduidend
is dat penetrasie verby die labia majora,
fourchette
en gedeeltelik deur die maagdevlies plaasgevind
het.
Appellant
het getuig dat hy ʼn goeie verhouding met die klaagster gehad het
en dat hy lief was vir haar en die ander kinders
in die huis.
Hy het getuig dat hy die Vrydag, 13 Julie 2007, gewerk het en dat
klaagster die meeste van die dag nie by die
huis was nie.  Hy
het ontken dat die insident, soos deur klaagster getuig, plaasgevind
het.  Hy het getuig dat niks noemenswaardig
die Saterdag gebeur
het nie maar dat daar ʼn begrafnis op die Sondag was, wat deur
klaagster en haar klein broertjie bygewoon
is.
Volgens
hom het die klaagster eers na sesuur die aand  op Sondag, 15
Julie 2007, tuisgekom.  Hy het die klaagster se bewerings
oor
die insidente wat op die Sondag plaasgevind het, ontken.
Die
verhoorlanddros het die Staat se getuies se getuienis volledig
opgesom en na ʼn deeglike en kritiese evaluering van die

klaagster se getuienis as volg bevind:

Dit is nodig
om die klaagster, ... se getuienis met versigtigheid te benader...
Eerstens, omdat sy verskriklik jonk was toe die
gebeure plaasgevind
het en, tweedens, omdat sy ʼn enkelgetuie is.  Ten spyte van
haar ouderdom ... ʼn buitengewone
goeie getuie, wanneer haar
ouderdom in ag geneem word.  Sy het aandagtig geluister na al
die vrae wat aan haar gestel is en
op geen stadium het haar aandag
begin afdwaal soos dikwels opgemerk word by jong getuies nie.
Sy het die vrae wat aan haar
gestel is so volledig as wat menslik
moontlik is beantwoord en sy het nie die neiging van sommige kinders
getoon dat hulle nie
wou praat nie en net met een of twee woorde
antwoord nie.  Sy het die bewerings wat sy gemaak het, strykdeur
gehandhaaf, ten
spyte van deeglike kruisondervraging en sy het
haarself nooit op enige aspek weerspreek nie...’
Die
verhoorlanddros was verder tevrede dat wanneer klaagster se getuienis
in oënskou geneem word, dat daar stawing van aansienlike

trefkrag, nie net in haar ma se getuienis, maar ook in die mediese
getuienis gevind kon word wat ondubbelsinnig bewys dat klaagster
wel
van te vore geslaggemeenskap gehad het.
Die verhoorhof was bedag
aan die verskille tussen die klaagster en haar moeder se getuienis en
het na my mening tereg bevind dat
die klaagster en haar moeder se
getuienis in belangrike opsigte ooreenstem en dat die verskille in
hulle getuienis aanduidend is
‘...
dat
dit nie die getuienis is van getuies wat ‘n gretigheid toon om
appellant te inkrimineer en wat probeer voorgee dat daar
geen
probleme aan hulle kant van die huisgesin is nie
”.
Na
deurlees van die stukke, is ek tevrede met die verhoorlanddros se
bevindinge en dat die verhoorlanddros tot die korrekte slotsom
gekom
het dat die klaagster, nieteenstaande haar jong ouderdom en al was sy
ʼn enkelgetuie, ʼn indrukwekkende getuie was.
Wat
uitstaan is dat die klaagster ʼn baie eenvoudige maar sinvolle en
logiese relaas aan die verhoorhof voorgelê het
toe sy getuig
het, en indien sy wou, kon sy maklik die saak teen die appellant baie
erger gemaak het.
Na
my mening is die verskille tussen die klaagster en haar moeder se
getuienis in elk geval nie wesentlik nie en doen dit glad nie
afbreuk
aan die klaagster of haar moeder se geloofwaardigheid as getuies
nie.  Die verhoorhof het die getuies gehoor en gesien
getuig en
is daar gevolglik geen basis om in te meng met die
geloofwaardigheidsbevindinge van die verhoorhof nie.
In
die onderhawige saak is ek oortuig dat daar geen wanvoorligting op
die feite is nie en is ek tevrede dat die verhoorhof se evaluering

van die getuienis aangaande die feite korrek is. Sien S v Malumbi en
‘n Ander 1991 (1) SASV 235 (A) op 247 F – G.
Die
verhoorlanddros het bevind dat die appellant se weergawe
onwaarskynlik was en dat dit nie waar was nie.  In die verband

verwys ek na enkele voorbeelde.  Die appellant se gretigheid om
sekere aspekte van die klaagster se swak gedrag, byvoorbeeld,
dat sy
geld gesteel het; dat sy onnodig rondgeloop het; dat sy gerook het en
dat sy ‘n seksuele verhouding gehad het met
ʼn 16 of
18-jarige seun, voor die Hof te plaas, al was hierdie bewerings
merendeels gebaseer op gerugte en hoorsê.
Wat egter glad
nie sin maak nie, is dat appellant nooit die totaal onaanvaarbare
gedrag deur die klaagster met haar bespreek het
nie, al was hy
volgens hom, baie lief vir haar.
Die
klaagster se moeder het ook getuig dat appellant op geen stadium
enigsins melding aan haar gemaak het oor klaagster se swak
gedrag nie
en of, in besonder, die beweerde seksuele verhouding wat klaagster
met die ouer seun sou gehad het nie.
Dit
is verder duidelik dat appellant angstig was om die indruk te skep
dat die klaagster glad nie by die huis was op die dae wat
sy getuig
die insidente plaasgevind het nie.  Alhoewel hy hom so ver as
moontlik wou verwyder van die klaagster, was beide
die klaagster en
haar moeder se getuienis duidelik dat die klaagster nie by die Bosbou
was die Vrydag nie en dat daar glad nie
ʼn begrafnis was op die
Sondag toe die verkragting plaasgevind het nie.
Dit
is verder hoogs onwaarskynlik, gesien die situasie waarin die
klaagster en haar moeder hulle in bevind het, dat hulle ʼn
valse
saak teen appellant sou maak, as die gevolg daarvan finansiële
swaarkry vir hulle tot gevolg sou hê.
Na
my mening, het die verhoorhof tereg bevind dat appellant se weergawe
onwaarskynlik is en is dit duidelik dat die appellant se
bewerings
oor klaagster se swak gedrag ʼn versinsel is en aanduidend is van
ʼn wanhopige poging van sy kant om die klaagster
in ʼn swak
lig te probeer stel en hom op die wyse te probeer te verontskuldig in
omstandighede waar die geheel van die getuienis
oorweldigend daarop
dui dat hy die klaagster onsedelik aangerand en verkrag het.
Wanneer
die Hof bepaal of die staat die skuld van ʼn beskuldigde bo
redelike twyfel bewys het al dan nie, kyk ‘n hof nie
na die
getuienis wat die beskuldigde impliseer in isolasie nie.  Net so
kyk ʼn hof nie na die verontskuldigende getuienis
van ʼn
beskuldigde in isolasie om te bepaal of sy weergawe redelik moontlik
waar mag wees nie.
Die
verhoorlanddros het myns insiens die getuienis van die appellant
korrek opgesom en in aggenome die totaliteit van die getuienis
korrek
bevind dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellant
die klaagster onsedelik aangerand het en verkrag het.
Dit
volg dat die appèl teen die skuldigbevinding nie kan slaag
nie.
In
die onderhawige geval skryf die Strafwysigingswet 105  van 1997
ʼn vonnis van lewenslange gevangenisstraf vir dié
vorm van
verkragting voor en ʼn vonnis van tien jaar gevangenisstraf ten
opsigte van onsedelike aanranding tensy daar wesenlike
en dwingende
omstandighede bestaan wat ʼn afwyking van die voorgeskrewe vonnis
regverdig. Daar is namens appellant aangevoer
dat die vonnis in die
saak skokkend onvanpas en betreklik swaar is, indien gekyk word na
die omstandighede van die saak.
Mnr
Theron, wie namens respondent verskyn het, het in sy hoofde van
betoog aangevoer dat appellant hom gelukkig kan ag dat hy nie

lewenslange gevangenisstraf opgelê was nie.  In die
onderhawige saak het die verhoorlanddros in sy uitspraak verwys
na
die erkende beginsels en doelstellings by vonnisoplegging en dit
oorweeg.  Die verhoorlanddros het bevind dat wesenlike
en
dwingende omstandighede bestaan en het, na my mening, tereg bevind
dat die volgende as verswarend in ag geneem moes word.

Eerstens, dat appellant in ʼn vertrouensposisie teenoor die
klaagster gestaan het.  Tweedens, dat klaagster appellant
as
haar pa beskou het.  Derdens, dat appellant klaagster, wie tien
jaar oud was, aan ʼn skokkende ervaring onderwerp het.

Vierdens, dat appellant se optrede neerkom op ʼn herhaling van
dieselfde gedrag binne die bestek van ʼn naweek.
Dit
is geykte reg dat ʼn hof van appél met die verhoorhof sal
inmeng indien daar ʼn mistasting deur die verhoorhof
begaan is en
indien die verhoorhof ʼn vonnis opgelê het wat skokkend
onvanpas is.  Die misdrywe waaraan die appellant
skuldig bevind
is, is ongetwyfeld ernstig. Ten spyte van die swaar vonnisse wat howe
oplê vir hierdie tipe misdrywe, gaan
die pleeg daarvan
onverpoosd voort.  Die verhoorlanddros het tereg bevind dat in
sake van dié aard, die vonnisse wat
die Wetgewer voorskryf,
aanduidend is van hoe ernstig die misdrywe beskou word.  Dit
word ook aanvaar dat in sake van die
aard, die misdaad en die belang
van die gemeenskap, die persoonlike omstandighede van die appellant
moet oorskadu.  Daar kan
geen twyfel wees dat daar ʼn plig
op die howe rus om in sake van die aard, deeglik kennis te neem van
die belange en die vereistes
van die gemeenskap nie.
In
sy uitspraak oor vonnis, het die verhoorlanddros nie verwys na
soortgelyke sake wat in ons hoër howe aangehoor en gevonnis
is
nie.   Dit volg dus dat geen oorweging geskenk was aan die
benadering, van en die effek van hierdie gesag aan die
hand van die
feite in die onderhawige saak nie.  Sien
S v Abrahams
2002 (1) SASV 116 (HHA);
S v Mahomotsa
2002 (2) SASV (HHA);
S
v Nkomo
2007 (2) SASV 198 (HHA), S v GN 2010 (1) SASV 93 (TPD).
en in besonder
S v SMM
2013 (2) SASV 229 (HHA).
In
Abrahams
(supra) se saak is die appellant skuldig bevind aan
verkragting van sy 14-jarige dogter en het die verhoorhof bevind dat
daar wesenlike
en dwingende omstandighede bestaan wat ʼn mindere
vonnis as die voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf
regverdig.
Die appellant is gevonnis tot sewe jaar
gevangenisstraf.  Die Staat het geappelleer na die Hoër Hof
van Appèl
teen vonnis en die vonnis was vervang met een van 12
jaar gevangenisstraf.
In
Mahomotsa
(supra) was die klaagster 15 jaar oud en was die
beskuldigde skuldig bevind aan twee aanklagtes van verkragting.
Vonnisse van agt
jaar en 12 jaar gevangenisstraf is onderskeidelik
opgelê in plaas van lewenslange gevangenisstraf.
In
Nkomo
(supra), waar die beskuldigde die klaagster vyf keer
verkrag het en waar die verkragting gepaard gegaan het met
ontvoering, is
die beskuldigde na die hoërhof verwys vir vonnis
en is lewenslange gevangenisstraf opgelê.  Die vonnis van
lewenslange
gevangenisstraf is egter op appél tersyde gestel
en vervang met ʼn vonnis van 16 jaar gevangenisstraf.
In
S v GN
2010 (1) SASV 93 (TPD) was appellant skuldig bevind aan
verkragting van sy vyfjarige biologiese dogter.  Die vonnis van
lewenslange
gevangenisstraf is op appèl tersyde gestel en is
die appellant gevonnis tot ʼn termyn van 20 jaar gevangenisstraf.
In
S v SMM
(supra) was appellant skuldig bevind aan die
verkragting van sy 13-jarige niggie wat na hom gestuur is sodat hy
haar kon help met
ʼn skooltoelatingsaansoekvorm.  Hy is
gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf.  Op appèl na
die hoër
hof van appèl word die vonnis van lewenslange
gevangenisstraf ter syde gestel en vervang met ʼn vonnis van 15
jaar.
Dit
word algemeen aanvaar dat waar ʼn hof vonnis oplê in die
geval van meerdere misdrywe, soos in die onderhawige geval,
dat die
hof in sy soeke na ‘n gepaste vonnis, oorweging moet skenk aan
die saamneem van die klagtes vir vonnis doeleindes.
Sien S v
Mabunda 2013 (2) SASV 161 HHA.  Die onderhawige saak is ʼn
geval waar die klagtes ten opsigte van tyd, plek en
omstandighede
baie eng met mekaar verbonde is en ooreenstemmend van aard is en is
dit gevolglik ʼn gepaste saak waar die aanklagtes
wel saamgeneem
kan word vir die doeleindes van vonnis.
Alhoewel
die verhoorlanddros beveel het dat die klagtes saamgeneem word vir
die doel van vonnis en gelas het dat ‘n gedeelte
van die vonnis
opgeskort word, het die verhoorlanddros nie behoorlik oorweging gegee
aan die benadering, soos in die gesag hierbo
uiteengesit, tesame met
die feit dat die onsedelike aanranding en die verkragting in die
onderhawige saak nie as ‘die mees
ernstigste’ beskou kon
word nie’.  Die verhoorlanddros het ook nie behoorlik in
ag geneem dat die verkragting
kortstondig was, en dat, alhoewel die
klaagster vaginale beserings opgedoen het tydens die verkragting, die
verkragting nie gepaard
gegaan het met addisionele geweld nie.
In die omstandighede is die vonnis van 25 jaar gevangenisstraf op
beide aanklagtes,
in die besondere omstandighede van die saak,
skokkend en onvanpas.
Appellant
se persoonlike omstandighede is uiters gunstig.  Ten tye van die
oplegging van die vonnis was hy 37 jaar oud.
Hy het wel ʼn
vorige veroordeling vir aanranding gehad wat terugdateer na 2004,
maar dit kon nie ernstig gewees het nie, want
hy was berispe en
ontslaan.  Hy het Graad 11 op skool gehaal en hy was werksaam as
ʼn plaaswerker en het R420 per week
verdien.  Hy was die
broodwinner in die huis in die saamleefverhouding met klaagster se
ma, en het na beide sy twee klein
kinders by klaagster se moeder,
sowel as klaagster se moeder en haar twee kinders, insluitende die
klaagster, gesorg.  Appellant
was verder vir ongeveer twee jaar
in aanhouding voordat die saak afgehandel is.
Dit
is uiters verswarend dat die klaagster tien jaar oud was ten tye van
die voorvalle.  Appellant was in ʼn vertrouensposisie

teenoor haar en het die appellant sy posisie uitgebuit om sy
wellustige drange te bevredig. Alhoewel die klaagster se beserings

nie  van ʼn erge aard is nie, speel dit, na my mening, nie
so ʼn groot rol nie aangesien die emosionele en psigiese
skade
wat met verkragting gepaard gaan, meer aandag behoort te geniet bo
die fisiese beserings wat ʼn slagoffer opdoen.
Ongelukkig
is daar geen getuienis aangebied oor die emosionele en psigiese skade
wat die klaagster opgedoen het as gevolg van die
appellant se optrede
nie.  Dit staan egter vas dat hierdie voorval nie die klaagster
ongedeerd gelaat het nie.
In
ag geneem al die faktore wat ʼn gepaste vonnis daarstel en die
riglyne, soos omskryf in
S v Malgas
en
S v Vilakazi
, is
ek van mening dat ʼn effektiewe vonnis van 13 jaar ʼn meer
billike en regverdige vonnis in die omstandighede van die
saak is.
Dit volg dat die appèl teen vonnis moet slaag. Derhalwe sal ek
die volgende bevel voorstel:
1. Die appèl
teen skuldigbevinding word van die hand gewys.
2. Die appél
teen vonnis slaag.
3. Die vonnis van
25 jaar gevangenisstraf waarvan tien jaar opgeskort word vir ʼn
periode van vyf jaar word tersyde gestel en
vervang met die volgende
vonnis:
3.1 Aanklagtes 1 en 2 word saamgeneem
vir doeleindes van vonnis.  Die beskuldigde word gevonnis tot
agtien (18) jaar gevangenisstraf,
waarvan vyf (5) jaar
gevangenisstraf opgeskort word vir ʼn periode van vyf (5) jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie weer
skuldig bevind word aan
verkragting en/of onsedelike aanranding, soos omskryf in artikel 3
en/of artikel 5  van die Wysigingswet
op Strafreg (Seksuele
Misdrywe en Aanverwant Aangeleenthede), Wet 32 van 2007 nie, en wat
gepleeg word gedurende die tydperk van
opskorting.
3.2 Die vonnis word teruggedateer na
23 Junie 2009.
________________
RILEY,
WnR
Ek stem saam en dit word so beveel.
________________
VELDHUIZEN, R