S v Magudu (06/15, 15392, RW 399/14) [2015] ZAWCHC 78 (2 June 2015)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of sentence — Accused pleaded guilty to assault with intent to cause grievous bodily harm and was sentenced to 18 months' direct imprisonment — Court found that the magistrate failed to properly exercise discretion in sentencing, as the nature and extent of the victim's injuries were not adequately established — Sentence set aside and replaced with a fine of R3000 or 6 months' imprisonment, with part of the sentence suspended — Emphasis on the need for individualized sentencing and consideration of the accused's personal circumstances and the absence of complete evidence regarding the injuries.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2015
>>
[2015] ZAWCHC 78
|

|

S v Magudu (06/15, 15392, RW 399/14) [2015] ZAWCHC 78 (2 June 2015)

REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAPSE AFDELING,
KAAPSTAD)
HOOGGEREGSHOF VERW. NR.
15392
LANDDROS SE SAAK NR.:
06/15
LANDDROS REEKS NO: RW
399/14
DATUM: 02 JUNIE 2015
In die saak van:
DIE STAAT
EN
SIBUSISO MAGUDU
HERSIENINGS UITSPRAAK
GELEWER OP 2 JUNIE 2015
RILEY, WnR
[1] Hierdie saak dien voor my op
automatiese hersiening.
[2] Die beskuldigde het in die
periodieke landdroshof te Riebeeck-Wes op ‘n aanklag van
aanranding met die opset om ernstig
te beseer tereg gestaan. Hy het
op die aanklag skuldig gepleit en is na ondervraging deur die
landdros ingevolge die bepalings
van Artikel 112(1)(b) van die
Strafproseswet 51 van 1977 korrek skuldig bevind.
[3] Die Staatsaanklaer het vorige
veroordelings bewys en die beskuldigde is tot ‘n termyn van
agtien (18) maande direkte
gevangenisstraf gevonnis.
[4] Na deurlees van die oorkonde het ek
die landdos versoek om my te voorsien van sy redes vir die opgelegde
vonnis. Die landdros
het volledige redes verskaf en onder andere die
volgende gemeld:
“Ter agtergrond noem ek dat
Riebeeck-Wes ‘n periodieke hof in die Malmesbury Distrik is wat
Woensdae bedien word. Aangesien
dit plattelandse gebied is, is die
klaers en of getuies nie dikwels by die hof nie en vervoer nie
geredelik beskikbaar nie. So
word getuies dikwels deur die polisie
vervoer. Op die betrokke dag was die klaer nie by die hof nie en
daarom nie geroep om te
getuig oor sy beserings nie. ‘n Aspek
wat kommer wek, behalwe dossiere wat deesdae nie by die hof is nie,
is dat vorms
J88 oftewel beseringsverklarings nie geredelik vanaf
hospitale bekombaar is nie.
Ek was na my ondervraging in die lig
van die feit dat die klaer teen sy kop met ‘n mes gesny is, op
sy arm en 2x maal in
sy rug gesteek is asook die feit dat
beskuldigde erken dat die klaer ernstig beseer is, oortuig dat dit
die geval was.
Ek wil aanvoer dat so ‘n person
eintlik aangekla moet word van poging tot moord, want dit blyk of dit
sy motief was in die
lig van die tipe van aanranding!
Die hof het die beskuldigde se
persoonlike omstandighede deurgaans in gedagte gehou, maar kan die
gemeenskapsbelang nie ignoreer
nie.
Die aankaer het verwys na geweld wat
aan die orde van die dag is en dat die plaaslike hospitaal naweke
oorvol is a.g.v. aanrandings
– wat inderdaad so is.
Ek bedien hierdie area vir die afgelope
18 jaar en het nog nooit tevore geweld so erg beleef nie. Ek wil u
nie met Statistiek verveel
nie, maar moet ek byvoeg dat in hierdie
area dit hoogty vier in vergelyking met ander misdaad. In die meeste
aanvalle word wapens
bevoorbeeld messe; pikstele, bottelkoppe;
bakstene + selfs pangas gebruik.
Die enigste gepaste straf in hierdie
geval is gevangenisstraf wat afskrikking bewerkstellig + die
gemeenskap die gevoel van beskerming
deur die Howe bied.”
[5] Die landdros het gevolglik versoek
dat die opgelegde vonnis bekragtig word.
[6] Ek is nie oortuig dat die landdros
by die oplegging van ‘n gepaste vonnis in hierdie saak sy
regtelike diskresie behoorlik
uitgeoefen het nie. Die landdros het
myns insiens, die volgende wesenlike mistasting begaan.
[7] Behalwe dat die beskuldigde
gedurende ondervraging erken het dat hy die klaer teen sy kop met ‘n
mes gesny het en twee
keer in sy rug, asook een keer op sy arm
gesteek het, is die aard en erns van die klaer se beserings onbekend
en het die staatsaanklaer
geen inligting tot sy beskikking gehad om
die hof daaroor toe te spreek nie. Alhoewel ek tevrede is dat die
beskuldigde wel die
opset gehad het om die klaer ernstig te beseer,
is daar geen basis op die erkende feite vir die landdros se mening
dat die beskuldigde
eintlik aangekla moes word van poging tot moord
nie.
[8] Na my mening is daar geen basis vir
so ‘n bevinding nie veral in die lig van die feit dat daar geen
getuienis voor die
hof geplaas is oor die aard en omvang van die
klaer se beserings en of die behandeling wat hy by die hospitaal
ontvang het vir
die steek en snywonde nie.
[9] Ek aanvaar dat Riebeeck-Wes ‘n
periodieke hof in die Malmesbury Distrik is en dat aangesien dit ‘n
plattelandse
gebied is, klaers nie dikwels by die hof is nie en dat
vervoer nie geredelik beskikbaar is om getuies na die hof te vervoer
nie.
Dit is egter ook so dat die periodieke hof al jare te
Riebeeck-Wes sit en dit blyk dat die verhoorlanddros wel bewus is van
die
praktiese probleme wat ervaar word om getuienis voor die hof te
kry, dat dossiere nie voor die hof is nie en dat mediese verslae
nie
geredelik vanaf hospitale bekombaar is nie.
[10] In die onderhawige geval is die
beskuldigde op 1 Desember 2014 gearresteer en het hy op 3 Desember
2014 in die hof verskyn.
Daarna is die saak op ten minste twee
geleenthede uitgestel tot en met 4 Februarie 2015 toe die pleit en
vonnis verrigtinge afgehandel
is. Dit is heel duidelik dat die saak
na 4 Februarie 2015 uitgestel is sodat die beskuldigde
regsverteenwoordiging kon bekom en
nie vir afhandeling van die saak
nie.
[11] Die landdros het geen redelike
verduideliking verskaf oor waarom hy dit nie nodig geag het om die
saak uit te stel, sodat volledige
getuienis oor die aard en omvang
van die klaer se beserings aangehoor kon word nie. Na my mening is
dit uiters gevaarlik en onverantwoordelik
vir ‘n vonnisoplegger
om met vonnisoplegging voort te gaan, in omstandighede soos in die
huidige saak, voordat volledige
inligting oor die aard en omvang van
die klaer se beserings voor die hof geplaas word, veral waar die hof
oorweeg om direkte gevangenisstraf
op te lê.
[12] Volgens die landdros bedien hy nou
daardie area vir die afgelope agtien jaar en het hy nog nooit tevore
geweld so erg beleef
nie. Hy meld verder dat hy nie hierdie Hof met
statistiek wil verveel nie, maar dat in die area wat hy bedien
aanrandings met
messe, pikstele, bottelkoppe, pangas en bakstene,
hoogty vier. Wat die landdros sê mag wel so wees. Ek aanvaar
ook dat
in gevalle van aanrandings met die opset om ernstig te
beseer, dit nodig mag wees om in gepaste gevalle vonnisse op te lê

wat daarop gerig moet wees om die hof se ondubbelsinninge afkeur vir
sodanige misdrywe na buite te verkondig deur gepaste vonnisste
op te
lê, maar dit beteken nie dat die gewone beginsels van
straftoemeting oorboord gegooi moet word en dat oortreders wie
hulle
vir die eerste keer skuldig maak aan die tipe oortreding, summier
agtien maande gevangenisstraf opgelê moet word nie.
[13] Dit is nodig om te beklemtoon dat
toegang tot kwaliteit geregtigheid beskore is vir almal, ongeag of
die individu hom of haarself
in ‘n plattelandse of in ‘n
stedelike gebied bevind. Die beginsel geld beide in die geval van
beskuldigdes sowel as
klaers. Net soos ‘n vonnis oplegger moet
toesien dat hy/sy alle relevante feite ten opsigte van vonnis voor
hom/haar het
voor vonnis opgelê word is dit ook belangrik dat
onreg nie geskied teenoor ‘n klaer waar daar versuim word om al
die
pertinente feite oor die aard, erns, omvang en gevolge van ‘n
aanranding voor die hof te plaas nie.
[14] Alhoewel afskrikking ‘n
regmatige oogmerk van straftoemeting is, mag daar nie toegelaat word
dat dit tot ‘n onredelike
straf aanleiding gee nie.
[15] In die onderhawige saak is die
beskuldigde weliswaar nie ‘n eerste oortreder nie. Hy het
vorige veroordelings vir dwelmverwante
oortredings maar is vir alle
doeleindes ‘n eerste oortreder vir ‘n geweldsmisdaad.
Ten tye van vonnis oplegging was
hy in ‘n vaste vehouding met
‘n vrou en het hy drie minderjarige kinders wat hy by sy
saamleef vrou onderhou het.
Hy was vir ‘n jaar in ‘n
vaste betrekking by Tomis Abbattoir, Hermon waar hy vyf honderd rand
(R500-00) per week verdien
het.
[16] Na my mening het die landdros
misgetas deur nie die vonnis te individualiseer nie. Dit is heel
duidelik dat in sy soeke na
‘n gepaste straf in hierdie saak,
die landdros sy vonnis diskresie onreëlmatig uitgeoefen het en
het die landdros versuim
om ander vonnis opsies, anders as direkte
gevangenisstraf, te oorweeg.
[17] Indien gekyk word na beskuldigde
se persoonlike omstandighede, die feit dat daar ‘n mate van
provokasie teenwoordig
was, dat daar nie volledige getuienis oor die
aard en omvang van die klaer se beserings voor die hof geplaas is
nie, sowel as die
belange van die gemeenskap, is ek nie oortuig dat
‘n termyn van agtien (18) maande direkte gevangenisstraf ‘n
regverdige
en billike vonnis in hierdie saak is nie.
[18] Beskuldigde het alreeds
gevangenisstraf uitgedien vanaf 7 Februarie 2015.
[18] Derhalwe sou ek die volgende bevel
maak:
Die opgelegde vonnis word tersyde
gestel en vervang met die volgende vonnis:
‘‘n Boete van drie duisend
rand (R3000-00) of ses (6) maande gevangenisstraf waarvan een
duisend, vyf honderd rand (R1500-00)
of drie (3) maande
gevangenisstraf opgeskort word vir ‘n periode van drie (3) jaar
op voorwaarde dat die beskuldigde nie
weer skuldig bevind word aan
aanranding met die opset om ernstig te beseer nie en wat gepleeg word
in die periode van opskorting.
Die vonnis word teruggedateer na die
datum van die opgelegde vonnis.’
Die gevolg is dat beskuldigde geregtig
is op sy onmiddelike vrylating en die Griffier van hierdie hof word
gelas om sonder versuim
‘n afskrif van die uitspraak aan die
klerk van die hof, en die hoof van die gevangenis waar beskuldigde sy
vonnis uitdien
te versend.
‘n Afskrif van die uitspraak
moet sonder versuim aan die Landdros Kommissie, die Kommissaris van
die Suid-Afrikaanse Polisie
sowel as die Hoof van die
Vervolgingsgesag aangestuur word.
RILEY, WnR
Ek stem saam.