About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2014
>>
[2014] ZAWCHC 86
|
|
Bergh and Another v Viljoen and Another (14223/13) [2014] ZAWCHC 86 (20 May 2014)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAPSE
AFDELING, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:
14223/13
DATUM:
20 MEI 2014
In
die saak tussen:
JOHAN
BERGH
....................................................................
Eerste
applikant
IVONNE
BERGH
...............................................................
Tweede
applikant
En
PAUL
JOHANNES VILJOEN
.........................................
Eerste
respondent
REZANNE
VILJOEN
.....................................................
Tweede
respondent
UITSPRAAK
GELEWER OP 20
MEI 2014
BLIGNAULT
R
:
[1]
Hierdie uitspraak handel met ’n bestrede aansoek wat in
hoofsaak gerig is op
die ontbinding en likwidasie van ’n
vennootskap.
[2]
Eerste applikant is mnr Johan Bergh en tweede applikant is me Ivonne
Bergh.
Hulle is in gemeenskap van goed getroud en woonagtig op
die plaas beskryf as Klein Dassenbergweg 93, Klein Dassenberg,
Atlantis,
Wes-Kaap Provinsie (‘die plaas’).
[3]
Eerste respondent is mnr Johannes Viljoen, ’n prokureur wat
woonagtig en werksaam
is op die plaas. Tweede respondent is me
Rezanne Viljoen. Sy is buite gemeenskap van goed getroud met
eerste respondent
en ook woonagtig op die plaas.
[4]
Die vernaamste substantiewe regshulp wat applikante aanvra is
verklarende bevele met
die volgende inhoud:
(1)
dat ’n vennootskap tussen die partye bestaan het wat op 17
Julie 2013 ontbind het;
(2)
dat die vennootskapsbates gelikwideer moet word op die grondslag dat
applikante ’n
een-derde belang het in die vennootskap.
[5]
Applikante vra ook tydelike regshulp aan wat moet geld hangende die
afhandeling van
hierdie aansoek. Die tydelike regshulp behels
dat respondente verbied moet word om:
(1)
sekere reëlings betreffende watervoorsiening aan applikante se
gedeelte van die plaas,
te versteur;
(2)
enige bouwerk en/of veranderinge op die plaas aan te bring;
(3)
enige vennootskapsbates te verveem of te beswaar;
(4)
die elektrisiteitstoevoer na applikante se gedeelte van die plaas, te
versteur.
[6]
Dit is gemeensaak dat daar ’n kontraktuele verhouding tussen
die partye tot
stand gekom het. Hulle verskil egter wat betref
die regsaard en regsgevolge van hierdie verhouding. Dit
is applikante
se saak dat daar ’n vennootskap of soortgelyke
verhouding tussen die vier partye bestaan het, dat die verhouding
ontbind
het en dat die bates daarvan gelikwideer moet word.
[7]
Respondente ontken dat daar ’n vennootskap tot stand gekom
het. Die ooreenkoms
tussen die partye is, volgens hulle, ’n
koopooreenkoms wat onmoontlik is om uit te voer. Hulle voer aan
dat enigste
skuldoorsaak waaroor applikante moontlik beskik is
restitusie en ’n verrykingseis, maar dit is nie die regshulp
wat applikante
in hierdie aansoek aanvra nie. Restitusie is die
reg en verpligting van elke kontraksparty om die prestasie wat hy
ingevolge
die kontrak gelewer het, terug te eis. 'n
Verrykingsaksie is die remedie waarmee 'n eiser die bedrag kan vorder
waarmee die
verweerder se boedel ten koste van hom/haar onregmatiglik
verryk is.
[8]
Eerste applikant het die loodsende eedsverklaring namens beide
applikante afgelê.
Ter opsomming van hul saak het hy
beweer dat applikante en respondente die enigste vier vennote van ’n
vennootskap is wat
die plaas besit. As gevolg van sekere
wanvoorstellings deur respondente en die nie-nakoming van hul
verpligtinge ingevolge
die vennootskap, het die vertrouensverhouding
tussen die partye onherstelbaar verbrokkel. Op 17 Junie 2013 het
applikante skriftelike
kennis aan respondente gegee dat hulle die
vennootskap ontbind. In die lig van respondente se weiering om
saam te werk ten
einde die vennootskap te likwideer is applikante
verplig om die hof te nader vir die verlangde regshulp.
[9]
Eerste applikant het die geskiedenis van die ooreenkoms tussen die
partye beskryf.
Hy en tweede applikant is deur ’n
eiendomsagent aan eerste respondent voorgestel wat ’n gedeelte,
A genoem (3,7 hektaar
groot) van die plaas, teen R450 000,00 wou
verkoop. Die geheel van die plaas is 11 hektaar groot en is
gedeelte B genoem.
Gedeelte A het aan applikante se behoeftes
voldoen en hulle het daarin belanggestel. Op 27 Februarie 2010
het applikante
die plaas besoek saam met respondente. Gedeelte
A is deur respondente aan hulle uitgewys. Dit vorm die
noordwestelike
hoek van gedeelte B. Dit was onontwikkeld en
onbewerk. Gedeelte B was ook onontwikkeld en ’n
pomphuisie was die
enigste struktuur daarop.
[10]
Eerste applikant beweer dat eerste respondent hom meegedeel het dat
die plaas goeie kwaliteit
water vanuit ’n boorgat ontvang.
Hy het die boorgat aan hulle uitgewys asook ’n stoor waar die
pomp aan- of afgesit
word. Hy het eerste applikant meegedeel
dat daar reeds pype was om water uit die boorgat te pomp.
Eerste applikant
sê dat hy eers later uitgevind het dat die
boorgat inderdaad op ’n buurman, ene Shaugn Frost (‘Frost’)
se grond geleë was maar dit het hom nie op daardie stadium
bekommer nie omdat eerste respondent beloof het om ’n ander
boorgat vir hom te sink. Volgens eerste applikant het eerste
respondent ook aan hom gesê dat die plaas voorsien word
van
elektrisiteit deur middel van ’n kragboks wat aan die
noordekant van gedeelte B geleë was.
[11]
Applikante het toe besluit om gedeelte A te koop. Volgens
eerste applikant het eerste respondent
by hulle die indruk geskep dat
hy die eienaar van die plaas was en dat hulle die eienaars van
gedeelte A sou word indien hulle
dit by hom koop.
[12]
Die partye het daarna onderhandel met die oog op die sluiting van ’n
koopkontrak.
Eerste respondent het applikante meegedeel dat die
plaas nie op daardie stadium onderverdeel kon word vanweë die
bepalings
van die Wet op Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970
nie maar dat dit binnekort gewettig sou word. Hy het aan hulle
verduidelik dat hulle die intussen besit van gedeelte A kon verkry,
indien hulle die plaas saam met respondente deur middel van
’n
beslote korporasie koop.
[13]
Eerste respondent het die kontrak in konsepvorm aan applikante
gestuur. Dit was eers op
hierdie stadium dat applkikante besef
het dat Frost nog die eienaar van die plaas was.oordrag vanaf die
eienaar Frost nog nie plaasgevind
het nie. Die vernaamste terme
van die ooreenkoms was die volgende: Die plaas sou deur ’n
beslote korporasie Barleda
336 BK aangekoop word. Applikante
sou ’n een-derde belang in die beslote korporasie kry teen
betaling van R450 000,00.
Hulle sou besit van
gedeelte A neem en waar water en elektrisiteitsvoorsiening beskikbaar
was.
[14]
Die partye het die eerste kontrak op 10 Maart 2010 onderteken.
Applikante het hulle woning
te Kraaifontein so spoedig moontlik
verkoop omdat eerste respondent druk op hulle gesit het om die nodige
waarborge te verskaf
vir die aankoop van die plaas. Op 21 Maart
2010 het eerste respondent applikante per e-pos meegedeel dat hy deur
sy ouditeur
geadviseer is dat dit goedkoper en beter sou wees om die
plaas in die naam van ’n individu te koop en ’n
vennootskapsooreenkoms
aan te gaan. Hy het voorgestel dat die
plaas aan tweede respondent oorgedra word en dat ’n verband
daaroor geregistreer
word. Hy het ook gesê dat hulle
verwag om binnekort toestemming sou kry om die plaas onder te
verdeel. Aangeheg
by sy e-pos was 'n konsepooreenkoms met
opskrif ‘
vennootskaps-ooreenkoms’
. Die
partye het dit op 22 April 2010 onderteken. Op 22 April 2010
het tweede respondent die plaas by Frost gekoop en
oordrag op haar
naam het op 13 Julie 2010 geskied. Applikante het die bedrag
van R450 000,00 by oordrag aan respondente
betaal
[15]
Eerste applikant het beweer dat die vertrouensverhouding tussen die
partye algaande verbrokkel
het. Die geskille het veral gegaan
oor vier aspekte. Die eerste was kwessies rondom
watervoorsiening; die tweede was
probleme rakende
elektrisiteitstoevoer; die derde was boubeperkings en die vierde was
die onderverdeling van die plaas.
[16]
Applikante het ’n prokureur geraadpleeg en hy het op 27 Junie
2013 ’n brief aan respondente
gerig waarin hy volledig met die
geskilpunte gehandel het. Op 17 Julie 2013 het die prokureur
namens applikante ’n
brief aan respondente gestuur waarkragtens
hy bevestig het dat applikante uit die vennootskap tree.
[17]
Eerste respondent het die antwoordende eedsverklaring namens beide
respondente afgelê.
Hy het ter aanvang erken dat hy die
ooreenkoms met opskrif ‘
vennootskapsooreenkoms’
onderteken het maar hy het ontken dat ’n vennootskap tussen die
partye tot stand gekom het.
[18]
Eerste respondent het aangevoer dat die voorvereistes vir die
totstandkoming van ’n vennootskap
ontbreek het vanweë die
volgende:
(1)
Daar was geen gemeenskaplike besigheid bedryf deur die beweerde
vennote nie.
(2)
Daar was geen gemeenskaplike doelwit nie.
(3)
Die vennote het in terme van die ooreenkoms onafhanklik elk se
gedeelte van die eiendom
ontwikkel en bedryf.
(4)
Die doel van die vennootskap was nie om wins of verlies te deel nie.
(5)
Elke vennoot was geregtig op sy eie individuele voordeel of wins en
elke vennoot was individueel
aanspreeklik vir sy eie nadeel of
verlies;
[19]
Eerste respondent het in die alternatief aangevoer dat appellante in
elk geval nie geregtig was
om die ooreenkoms eensydiglik te beëindig
nie
[20]
Eerste respondent het daarna in sy eedsverklaring voortgegaan om in
detail te handel met die
geskiedenis van die partye se verhouding en
al die geskille wat tussen hulle ontstaan het. In die lig van
die gevolgtrekking
waartoe ek gekom het in hierdie aansoek is dit nie
nodig om met hierdie feite te handel nie.
[21]
Mnr C Maree het namens applikante verskyn by die aanhoor van die
aansoek. Mnr J W Jonker
het namens respondente verskyn.
[22]
Die vennootskapsooreenkoms handel nie uitdruklik met die ontbinding
van die vennootskap nie.
Applikante maak staat op twee gronde
vir die ontbinding. Die eerste is dat dit onmoontlik geword het
om die doelwit van die
vennootskap te bereik. Die tweede is dat
die vertrouensverhouding tussen die partye onherstelbaar verbrokkel
het.
[23]
Die onmoontlikheid van die bereiking van die doelwit van die
ooreenkoms het gevolg uit die weiering
van die Minister van Landbou
om die verdeling van die grond goed te keur ingevolge die bepalings
van die Wet op die Onderverdeling
van Landbougrond 70 van 1970.
[24]
Applikante het in die alternatief aangevoer dat hulle die vennootskap
beëindig het by wyse
van die brief gedateer 17 Julie 2013 van
hul prokureur. Die rede daarvoor was dat die
vertrouensverhouding tussen die partye
onherstelbaar verbrokkel het.
[25]
Mnr Jonker (namens respondente) het betoog dat daar, weens die redes
in eerste respondent se
antwoordende eedsveklaring genoem, geen
vennootskap tot stand gekom het nie. Die ooreenkoms, het hy
aangevoer, is in wese
niks anders as ’n koopooreenkoms nie.
Dit was vanaf die begin af onmoontlik om dit uit te voer en dit was
dus nietig.
In hierdie situasie is elk van die partye dus
verplig om terug te lewer wat hy/sy in terme van die ooreenkoms
ontvang het (
restitutio in integrum
) met moontlike
verrykingseise teen die ander partye. Dit is egter nie die
grondslag van die regshulp wat applikante aanvra
nie.
[26]
Die kerngeskilpunt in die saak is dus of die ooreenkoms tussen die
partye 'n vennootskap daargestel
het of nie.
[27]
Die volgende terme van die ooreenkoms is relevant:
‘
AANGESIEN
die vennote besluit het om ’n plaas saam te koop in vennootskap
synde Gedeelte 93, ’n gedeelte van gedeelte
77 van die plaas
Klein Dassenberg No 20 (hierna die ‘eiendom genoem)
EN
AANGESIEN die Wet op Vervreemding van grond, Wet 20 van 180 bepaal
dat landbougrond net in een persoon of regsentiteit se naam
geregistreer mag word;
DERHALWE
kom die partye nou as volg ooreen:
1.
Die
vennote sal die eiendom voorlopig in
Rezanne se naam
regisreer, maar die regte op die eiendom sal wees in ooreenstemming
met hierdie vennootskapsooreenkoms.
2.
Daar sal ’n verband geregistreer word gelyktydig met die
registrasie van
die eiendom in die naam van Rezanne ten gunste van
Johan, Ivonne en Paul ten einde te verhoed dat Rezanne die eiendom
vervreem
of beswaar, en om sekuriteit te verskaf teen enige
skuldeisers van Rezanne. Die verband sal die volle bydrae
gelewer deur
die ander vennote by die koopsom sekureer (R450 000,00
in die geval van Johann en Ivonne) en R850 000,00 deur Paul
betaal
te word) en verder bepaal dat geen verdere verbande
geregistreer mag word sonder die skriftelike toestemming van al die
ander vennote
nie.
3.
Rezanne mag onder geen omstandighede enige verband registreeer op die
eiendom
of die eiendom op enige wyse vervreem sonder die uitdruklike
skriftelike toestemmi ng van alle vennote nie, behalwe die verband
waarna hierbo verwys word.
4.
Paul waarborg hiermee dat Johan en Ivonne geen skade sal ly weens die
feit dat
die eiendom in die naam van Rezanne geregistreer word nie en
vrywaar hiermee vir Johan en Ivonne van enige skade wat hulle mag ly
weens enige kontrakbreuk deur Rezanne, en staan hiermee borg vir alle
verpligtinge van Rezanne.
5.
Johan en Ivonne sal 3.670 hektaar van die grond besit en ontwikkel
asof hulle
volle eiendomsreg oor die 3.670 hektaar besit.
6.
Ongestoorde besit en gebruik deur vennote op hulle eie stukke grond
word deur
alle vennote gewaarborg soortgelyk aan regte wat hulle sou
besit indien hulle volle eiendomsreg besit.
7.
Paul en Rezanne sal die balans van die plaas besit en ontwikkel asof
hulle volle
eiendomsreg oor die balans besit.
8.
Die vennote sal so gou moontlik probeer om die eiendom te
onderverdeel sodat
Johan en Ivonne enkel titel op hul 3.670 hektaar
kan ontvang en Paul en Rezanne enkel titel op die balans kan ontvang.
9.
Paul en Rezanne sal twee derdes van die onderverdelingskostes betaal
en Johan
en Ivonne een derde.
10.
Vir die 3.670 hektaar sal Johan en Ivonne ’n bedrag van
R450 000,00 minus die deposito
wat reeds betaal is, betaal welke
bedrag direk aangewend sal word om ’n gedeelte van die koopsom
te dek en Paul en Rozanne
sal die volle balans betaal.
11.
Paul en Rezanne sal alle oordragkostes betaal om die eiendom in
Rezanne se naam te registreer.
12.
Die 3.670 hektaar wat Johan en Ivonne sal besit, sal die area aan die
boonste hoek van die eiendom
behels, ongeveer 193.2 m x 190 m soos
reeds ooreengekom, waar daar tans elektrisiteit en water aangelê
is.
13.
Die vennootskap sal ’n aanvang neem sodra die eiendom
geregistreer is in Rezanne se naam,
en sal voortduur otdat die
eiendom onderverdeel is soos hierbo na verwys of totdat die partye
besluit om te verkoop.
... ...
19.
Indien daar beperkings is op die hoeveelheid geboue wat opgerig mag
word, kom die vennote ooreen
dat die vennote geregtig sal wees om bou
pro rata tot die grootte van sy gedeelte.
20.
Indien enige vennoot sy belang in die vennootskap wil verkoop, moet
hy eers die belang skriftelik
aanbied aan sy medevennote, en mag
slegs die aandeel verkoop aan ’n buite pary indien die
medevennote geweier het om die
belang te koop teen dieselfde koopsom
en selfde voorwaardes.
21.
Indien enige vennoot gesekwestreer word,sal dit geag word dat die
kurator die vennot se belang
aangebied het aan die medevennote teen
’n markwaarde wat bereken sal word deur die gemiddelde
waardasie van die geregistreerde
plaaslikeeiendomsagentskappe synde
Era Steer, Remax en Clayzi Eiendomme.
22.
Die hoofdoel van die vennootskap is om die eiendom te besit, en buit
hierdie rol, sal die vennootskap
geen besigheid bedryf nie, en die
vennote is nie gemagtig om die vennootskap op enige wyse te bind,
behalwe indien alle vennote
skriftelik ingestem het.’
[28]
Die opskrif van die ooreenkoms beskryf dit as 'n
vennootskapsooreenkoms en die partye as vennote.
Dit is, soos
respondente se advokaat betoog het, nie deurslaggewend nie maar dit
is na my oordeel wel 'n relevante faktor om in
ag te neem.
[29]
’n Gerieflike uitgangspunt vir die bespreking is die beskrywing
van die vier
essentialia
(essensiële vereistes) vir die
bestaan van ’n vennootskapsooreenkoms in ons reg. Dit
word saamgevat in
Pezzutto v Dreyer and Others
[1992] ZASCA 46
;
1992 (3) SA 379
(A) te 389I – 390G:
‘
For
a partnership to come about there must be an agreement to that effect
between the contracting parties. In determining whether
or not an
agreement creates a partnership a Court will have regard, inter alia,
to the substance of the agreement, the circumstances
in which it was
made and the subsequent conduct of the parties. The fact that parties
regard themselves as partners, or referred
to themselves as such, is
an important, though not necessarily decisive, consideration. What is
necessary to create a partnership
agreement is that the essentialia
of a partnership should be present. Our Courts have accepted
Pothier's formulation of such
essentialia as a correct statement of
the law (Joubert v Tarry & Co
1915 TPD 277
at 280-1; Bester v Van
Niekerk
1960 (2) SA 779
(A) at 783H-784A; Purdon v Muller
1961 (2) SA
211
(A) at 218B-D). The three essentials are (1) that each of the
partners bring something into the partnership, whether it be money,
labour or skill; (2) that the business should be carried on for the
joint benefit of the parties; and (3) that the object should
be to
make a profit (Pothier A Treatise on the Contract of Partnership
(Tudor's translation) 1.3.8). A fourth requirement mentioned
by
Pothier is that the contract should be a legitimate one. However, as
has been pointed out previously, this requirement is one
common to
all contracts and is therefore not a particular essential of a
partnership (see Bester v Van Niekerk (supra at 784A-B)).
Where
Pothier's four requirements are found to be present the Court will
find a partnership established 'unless such a conclusion
is negatived
by a contrary intention disclosed on a correct construction of the
agreement between the parties' (Purdon v Muller
(supra at 218E-F)).
In essence, therefore, a partnership is the carrying on of a business
(to which each of the partners contributes)
in common for the joint
benefit of the parties with a view to making a profit. In this
context a business is 'anything which occupies
the time and attention
and labour of a man for the purpose of profit' (Standard General
Insurance Co v Hennop
1954 (4) SA 560
(A) at 565A). The
business need not be a continuous one; a joint venture in respect of
a single undertaking can amount
to a partnership provided the
essentialia of a partnership are present (Bester v Van Niekerk (supra
at 783F-784F)). (This is the
ad hoc type of partnership relied upon
by Pezzutto.) Finally, it should be noted that the contribution to be
made by each partner
need not be of the same character, quantity or
value (Pothier 1.3.9). However, each partner must contribute
something 'appreciable',
ie something of commercial value, although
such contribution need not be capable of exact pecuniary assessment
as, for example,
where a partner contributes his labour or skill
(Pothier 1.3.9 and 10; B v The Commissioner of Taxes 1958 (1) PH T4
(SR)).’
Sien ook Henning
LAWSA
Vol 19
tweede uitgawe para 260.
[30]
Ek bespreek vervolgens elk van hierdi
e essentialia.
Die
eerste is dat elke party 'n bydrae moet maak tot die onderneming.
Sien
Pezzutto 390F-g:
‘
...
... the contribution to be made by each partner need not be of the
same character, quantity or value (Pothier 1.3.9). However,
each
partner must contribute something 'appreciable', ie something of
commercial value, although such contribution need not be
capable of
exact pecuniary assessment as, for example, where a partner
contributes his labour or skill...’
[31]
In die onderhawige geval het elk van die partye 'n substantiewe
finansiële bydrae gemaak
ten einde die plaas by Frost aan te
koop en oordrag daarvan te neem. Dit was 'n wesenlike element
van die hele transaksie
gewees. Daar is dus voloen aan die
eerste vereiste.
[32]
Die tweede
essentialium
is dat die onderneming vir die
gemeenskaplike belang van beide partye bedryf moet word. Indien
dit slegs in belang van een
party bedryf word, is dit geen
vennootskap nie. Die term ‘
business’
verwys
na
'anything which occupies the time and attention and
labour of a man for the purpose of profit'
. Sien Pezzutti
te 390D/E.
[33]
In die onderhawige geval was dit in die gemeenskaplike belang en tot
voordeel van al die partye
dat die plaas aangekoop word en dat elke
party se gedeelte onmiddellik deur hulle besit kan word hangende die
onderverdeling daarvan.
Daar is dus ook aan die tweede
essentialium
voldoen.
[34]
Dit bring my by die derde
essentialium.
Mnr
Jonker, namens respondente, het betoog dat die begrip
profit
(wins
in Afrikaans) in die huidige konteks die betekenis dra van
inkomste minus uitgawes in finansiële konteks. Dit was,
volgens
hom, nie die doel van die partye se onderneming in die
huidige geval om 'n wins van hierdie aard te maak nie.
[35]
Die betekenis van die derde
essentialium
verg egter nadere
ontleding. In die Suid-Afrikaanse regspraak word aanvaar dat
die uiteensetting van die betrokke
essentialia
gegrond is op
die beskrywing daarvan deur die 18e eeuse Franse skrywer, R J
Pothier. Sien byvoorbeeld Henning
loc cit
en die
passasie in Pezzutto hierbo aangehaal.
[36]
Die formulering van die derde
essentialium
in
Pezzutto
en in die uitsprake van die Hoogste Hof van Appèl daarin
vermeld, volg byna woordeliks dié van De Villiers RP in
Joubert v Parry & Co
1915 TPD 277
te 281, naamlik ‘
The
third is that the object should be to make a profit’.
Word dit met Pothier se eie formulering vergelyk dan blyk dit
egter dat De Villiers RP se stelling 'n opsomming is en nie 'n
aanhaling
nie. In Tudor se vertaling van Pothier se werk
A
Treatise on the Contract of Partnership
1.3.12 (1859) word die
derde
essentialium
soos volg
beskryf:
’
12.
Thirdly
: it is essential in the Contract of Partnership that the parties
propose thereby to make a gain or profit in which each
of the
contracting parties may expect to have a share, in proportion to what
he has brough ino the partnershp.’
In Pothier se
oorspronklike werk
Traité du Contrat du Société,
deur hom in Frans geskryf, lees die betrokke frase ‘
un
gain ou profit’.
[37]
Dit val onmiddelik op dat die begrip
gain
in Pothier se
oorspronklike weergawe naas
profit
voorkom. Dit is ook
so vertaal deur Tudor. By oorweging van die definisies van die
woord
gain
in woordeboeke het dit 'n wye betekeni
s
in
Engels. In die Concise Oxford Dictionary, byvoorbeeld, word
gain
as 'n werkwoord onder meer beskryf as ‘
obtain or
secure (usu. something desired or favourable (gain an advantage, gain
recognition)’.
As selfstandige naamwoord word dit
onder meer gedefiniëer as ‘
something gained,
achieved, etc’
In Franse woordeboeke skyn die
betekenis van
gain
ewe wyd te wees. Daar is geen rede om
nie te aanvaar dat Tudor se vertaling van die begrip juis is nie.
[38]
In Van der Linden
Koopmans Handboek
443-444, aangehaal in
Henning
op cit
para 260 voetnoot 4, word die derde
essentialium
soos volg beskryf:
‘
3)
Dat partijën, met het aangaan van dit contract, ten oogmerk
hebben, om winst of
voordeel te doen, waar in elk der contracteerende
partijën kan hopen om te deel te hebben, naar mate van het geen
door hem
in de Sociëteit ingebragt.’
[39]
Na my oordeel stem die wye betekenis van
gain
die
begrip
voordeel
in wat in Van der Linden
op
cit
voorkom. Ek beoog derhalwe om die derde
essentialium
te bespreek op die grondslag dat dit beide 'n wins en 'n voordeel
insluit. Na my oordeel was daar In die onderhawige geval
wesenlike voordele vir al die partye tot die transaksie. Die
voordeel vir eerste en tweede respondente was dat hulle die
geheel
van die plaas kon aankoop met behulp van die finansiële bydrae
tot van die koopprys deur applikante. As gevolg
daarvan kon
hulle oordrag van die geheel van die plaas neem ondanks die
afwesigheid van die Minister se toestemming tot die onderverdeling.
Die voordeel vir applikante was dat hulle onmiddellik besit kon neem
van gedeelte A en dit kon ontwikkel. Die voordele wat
die
partye in die vooritsig gestel het was inderdaad die rede waarom
hulle die transaksie aangegaan het.
[40]
Pothier, en die regspraak, meld 'n vierde
essentialium,
naamlik
dat die ooreenkoms regmatig moet wees. In die huidige geval is
dit egter nie in geskil dat die ooreenkoms wel regmatig
is nie.
[41]
Ek is derhalwe van mening dat die ooreenkoms tussen die partye wel ’n
vennootskap is.
[42]
Dit is verder duidelik dat die vennootskap ontbind het. In die
lig van al die geskille
tussen die partye kan daar geen twyfel wees
dat die vertrouensverhouding tussen die partye onherstelbaar
verbrokkel het.
Die huidige litigasie self is meer as afdoende
bewys daarvan.
[43]
Die bates van die vennootskap moet nou gelikwideer word. In die
lig van die gespanne verhouding
tussen die partye spreek dit vanself
dat ’n onafhanklike persoon as likwidateur aangestel moet
word. Indien die partye
nie binne 7 (sewe) hofdae na die datum
van hierdie uitspraak op die persoon van die likwidateur kan
ooreenkom nie, kan elk van
hulle die hof nader met 'n skriftelike
voorlegging wat 'n kort beskrywing bevat van die voorgestelde
likwidateur se relevante ondervinding.
[44]
Dit is nie nodig of prakties doenlik om enige spesifieke voorskrifte
aan die likwidateur te rig
nie. Hy sal die proses moet uitvoer
in die lig van die bepalings van die vennootskapsooreenkoms en die
toepaslike beginsels
van die vennootskapsreg. Die omvang van sy
bevoegdhede word in die hofbevel hieronder beskryf.
[45]
By afsluiting van die aanhoor van die saak is ek meegedeel dat die
partye op bepaalde tussentydse
reëlings ooreengekom het hangende
die afhandeling van die aansoek. Ek beoog om te gelas dat
hierdie tussentydse reëlings
geldig sal bly hangende die datum
waarop die likwidateur beheer van die vennootskapsbates oorneem.
[46]
Applikante was suksesvol in hierdie aansoek en hulle is dus geregtig
op ’n kostebevel in
hulle guns.
[47]
Ek verleen gevolglik die volgende bevele:
(1)
Dit word verklaar dat die ooreenkoms tussen die partye gedateer 22
Oktober 2010 ’n
vennootskap tot stand gebring het.
(2)
Dit word verklaar dat die vennootskap by wyse van applikante se
prokureur se brief gedateer 27
Junie 2013 ontbind het.
(3)
ʼn Likwidateur word aangestel word om die bates en laste van die
vennootskap onder die
vennote te verdeel op die grondslag dat
applikante tesame ’n netto een-derde belang in die vennootskap
besit.
(4)
Die likwidateur sal oor die volgende bevoegdhede beskik:
(a)
Om alle vennootskapsbates, roerend of onroerend, in besit te neem.
(b)
Om al sodanige bates, uitgesluit bates wat by wyse van ooreenkoms
tussen die partye aan
die een of die ander toegeken mag word, op die
mees voordelige wyse te realiseer.
(c)
Om enige bates wat aldus by ooreenkoms aan ’n party toegeken
is, oor te dra
aan die party wat daarop geregtig is.
(d)
Om alle bedrae verskuldig aan die vennootskap in te vorder.
(e)
Om die skulde van die vennootskap te delg.
(f)
Om die ondersoeke wat hy nodig ag, uit te voer of te laat uitvoer.
(g)
Om enige geskille tussen die partye te bereg.
(h)
Om fooie te hef wat gelyk is aan die fooie wat normaalweg in die
praktyk vir vergelykbare
werk gehef word.
(5)
Die tussentydse reëlings waarop die partye by die aanhoor van
die aansoek ooreengekom
het, geld steeds hangende die datum waarop
die likwidateur beheer van die vennootskapsbates oorneem.
(6)
Respondente word gesamentlik en afsonderlik gelas om applikante se
koste te betaal.
A
P BLIGNAULT