Snyders v S (SS10/2009) [2010] ZAWCHC 118 (13 May 2010)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Consideration of personal circumstances and mitigating factors — The accused, a first offender and former police officer, was convicted of murder after shooting the deceased, who had an affair with the accused's wife. The court considered the accused's personal circumstances, including his stable employment and family responsibilities, as well as the absence of premeditation in the crime. The court held that, despite the seriousness of the offense, mitigating factors justified a departure from the minimum prescribed sentence, resulting in a sentence of 12 years' imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 118
|

|

Snyders v S (SS10/2009) [2010] ZAWCHC 118 (13 May 2010)

IN
DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(WES
KAAP HO
Ë
HOF, KAAPSTAD)
Saak
Nr: SS10/2009
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
CHRISTIE ABRAHAM
SNYDERS Beskuldigde
VONNIS GELEWER OP 13
MEI 2010
Allie,
R
Die hof moet die
persoonlike omstandighede van die beskuldigde, die belange van die
gemeenskap asook die aard en omvang van die
oortreding in ag neem
wanneer ʼn gepaste vonnis oorweeg word.
Die doel van vonnis is
om te rehabiliteer waar dit moontlik is, om die gereelde voorkom
van die misdaad te probeer verminder
en dus om as afskrikking te
dien en om ook vergelding te bewerkstellig.
Die beskuldigde was 33
jaar oud toe die misdaad gepleeg is. Hy het gewerk by die SAPD vir
15 jaar en was ʼn hof ordonnans
te Bellville hof toe die voorval
gebeur. Hy moes sy vrou en 2 minderjarige kinders van 8 en 14 jaar
onderhou. Hy is ʼn
eerste oortreder. Hy het die oorledene se
gesin gevra om vergifnis in die hof.
Die misdaad was gepleeg
ongeveer 14 maande nadat die beskuldigde uitgevind het dat sy vrou ʼn
buite egtelike verhouding gehad
het met die oorledene, sy buurman en
vriend. Dit blyk dat die beskuldigde en sy vrou ʼn versoening
probeer bewerkstellig
tussen hulle en die oorledene en sy vrou by
priester Swarts. Die beskuldigde het ook gegaan na ʼn
sielkundige vir huweliksberading.
Hy het sekere literatuur gelees
om hom te help om die situasie te aanvaar.
Omdat die beskuldigde
nie die hof in sy vertroue geneem het oor waarom hy so ontsteld was
die dag toe hy die misdaad gepleeg het
nie, weet die hof nie wat
gelei het na sy optrede daardie spesifieke dag nie. Dit is
inderdaad duidelik dat die beskuldigde
nog steeds nie goed gesind
was teenoor die oorledene nie.
Die beskuldigde het nie
opgehou totdat hy die oorledene bykom op die betrokke dag. Soos
voorheen uiteengesit in die uitspraak,
moes daar talle ander uitweë
wees om weg te kom van die oorledene indien hy wel die beskuldigde
aangeval het. Die beskuldigde
het roekeloos sy vuurwapen hanteer
wel wetend dat die hamer oorgehaal was toe hy die twee skote voor
die deur van Mnr Sedisa
afvuur. Hy het sodoende nie omgegee vir die
veiligheid van die oorledene nie.
Die gesin van die
oorledene moes verder die bekommernis verduur oor of die oorledene
nog lewendig was nadat die polisie Mev Swart
vertel het dat haar man
geskiet en in ʼn wit Corsa gelaai was totdat sy liggaam omtrent
middernag op die dag van die skietery
gevind was. Sy moes verder
die vernedering duld van die beskuldigde se weergawe in die hof dat
haar man hom aanhoudend aangeval
het, ook nadat die beskuldigde sy
regter hand vermink het.
Die beskuldigde het die
Swarts gesin ontneem van ʼn man, die enigste broodwinner en ʼn
vader. Die 9 jarige seun van die
oorledene moes van skool verander
omdat hy nie die dood van sy vader kon verwerk terwyl die
beskuldigde se seun dieselfde skool
loop as hy en terwyl hy die
beskuldigde moes teëkom by die skool of in sy woonbuurt nie.
Die oorledene se 15 jarige dogter
is teruggetrokke vandat haar vader
oorlede is. Die gesin is getraumatiseerd deur die dood van die
oorledene.
Die beskuldigde het sy
tiener jare en tyd op hoërskool deurgebring in die benadeelde
gemeenskap van Elsiesrivier waar misdaad
baie voorkom. Hy het egter
gekies om ʼn skoon pad te loop en het nie betrokke geraak met
bende en misdaad nie. Hy het ʼn
opleidingskursus by die SAPD
kollege te Bishop Lavis gedoen nadat hy sy graad 12 voltooi het. Hy
was ʼn lid van die SAPD
vir 15 jaar. Hy het goed gevorder en
het die rang van inspekteur beklee toe hy die misdaad pleeg. Voor hy
uitgevind het van
die buite egtelike vehouding, was hy nooit
betrokke met enige onbehoorlike optrede gedurende sy loopbaan as
polisie beampte nie.
Hy was ʼn
Sondagskool onderwyser saam met die oorledene en Mevrou Swarts by
die Apostoliese Kerk van Afrika. Hy was ook onder
diaken by die
kerk. Hy het ʼn goeie naam gehad in sy gemeenskap en was baie
mense behulpsaam.
Dit spruit voor uit die
getuienis in die verhoor dat die verhouding tussen die beskuldigde
en die oorledene versuur het toe die
beskuldigde hoor dat die
oorledene ʼn verhouding met die beskuldigde se vrou gehad het.
Die moontlike troubreuk wat die
beskuldigde ervaar het van die
oorledene kan egter nooit die moord regverdig nie.
Die getuienis gedurende
die verhoor is dat die beskuldigde die oorledene geslaan het toe hy
uitvind van die verhouding. Hy het
ook Mnr Carolus gekonfronteer met
ʼn plank toe hy hom gaan sê om nie direk met sy vrou te
gesels nie. Dit is duidelik
dat die beskuldigde sou baat uit
opleiding oor hoe om sy humeur te beheer.
Die staat het nie daarin
geslaag om beplanning en voorbedagte rade wat die moord
voorafgegaan het te bewys nie. Derhalwe is die
voorgeskrewe minimum
vonnis van lewenslank gevangenisstraf nie van toepassing nie. Die
beskuldigde, as eerste oortreder, moet
dan gestraf word met
inagneming van die voorgeskrewe minimum vonnis bevat in Deel 2 van
Skedule 2 gelees met artikel 51 (2) (a)
van Wet 105 van 1997 .
Daardie wet voorskryf ʼn minimum vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf vir ʼn eerster oortreder.
In
die saak van
S
v Malgas 2001 (1) SASV 469 (HHA) op 481 g
sê die hof die volgende:

What
stands out quite clearly is that the courts are a good deal freer to
depart from the prescribed sentences than has been supposed
in some
of the previously decided cases and that it is they who are to judge
whether or not the circumstances of any particular
case are such as
to justify a departure. However, in doing so, they are to respect
and not merely pay his service to, the legislature’s
view that
the prescribed periods of imprisonment are to be taken to be
ordinarily appropriate when crimes of the specified kind
are
committed.”
Die volgende faktore
moet inaggeneem word. Hy is ʼn eerste oortreder. Hy het bo sy
sosio-ekonomiese omstandighede uitgestyg.
Hy het ʼn vaste werk
gehad. Hy het 2 minderjarige kinders en ʼn vrou om te onderhou.
Gevolglik is daar genoegsame
versagtende omstandighede wat kan dien
as wesenlike en dwingende omstandighede om ʼn afwyking van die
voorgeskrewe minimum
vonnis van 15 jaar gevangenisstraf te
regverdig.
Die persoonlike
omstandighede van die beskuldigde en die die manier hoe hy die
oorledene gedood het inaggenome, is ek van mening
dat die
beskuldigde ʼn tydperk van direkte gevangenisstraf moet uitdien.
Die beskuldigde word
gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf.
ALLIE, R