About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 89
|
|
Snyders v S (SS10/2009) [2010] ZAWCHC 89 (10 May 2010)
IN
DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(WES
KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
Saak
Nr: SS10/2009
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
CHRISTIE
ABRAHAM SNYDERS
Beskuldigde
UITSPRAAK
GELEWER OP 10 MEI 2010
Allie,
R
[1]
Die beskuldigde het onskuldig gepleit op al drie klagtes. Die klagtes
is menseroof deurdat hy Norman Swarts van sy vryheid van
beweging
ontneem deur hom in 'n voertuig te laai en te vervoer vanaf
Spoonbillstraat tot by 'n bos langs die Ou Faurepad, Eersterivier.
Die tweede klagte is moord deurdat die beskuldigde Norman Swarts
gedood het deur hom met 'n vuurwapen te skiet. Die derde klagte
is
poging tot regsverydeling deurdat die beskuldigde 'n handeling verrig
het deur n wit Opel Corsa waarin Norman Swarts vervoer
was, skoon
gemaak het om bloedvlekke te verwyder en om sodoende die reg te
verydel of die regspleging te dwarsboom of te belemmer.
[2]
Die beskuldigde se aandag was gevestig op die bepalings van die wet
op minimum vonnisse, naamlik, Artikel 51 (2) van die Strafwysigingwet
105 van 1997 met betrekking tot die moord klagte. Die beskuldigde het
onskuldig gepleit op al drie klagtes en het verkies om nie
n
pleitverduideliking te gee nie.
[3]
Die getuienis wat die staat gelei het is soos volg:
Petrus
Sedisa
[4]
In 2008 het die getuie te Spoonbillstraat 15, Eersterivier, gewoon.
[5]
Op 10 Januarie 2008 tussen 8h00 en 8h15 v.m. het hy 'n koerant gelees
in sy voertuig, wat onder die skaduwee van 'n boom voor
sy huis
geparkeer was.
[6]
Terwyl hy gesit en lees het, het hy 'n geraas gehoor in die straat
wat aan die regter kant reg langs sy woning geloop het. Hy
het toe
uit sy voertuig geklim en gaan kyk wat aan die gang was.
[7]
Toe hy ombeweeg, het hy twee mans persone gesien wat besig was om met
mekaar te baklei. Die persoon wat hy nou identifiseer
as die
beskuldigde het die ander persoon beveel om in 'n wit Opel Corsa
voertuig te klim wat naby geparkeer was. Die ander man
wou egter nie
in die voertuig klim nie. Soos hy hulle nader, het een van die mans,
naamlik die beskuldigde, 'n vuurwapen op die
getuie gerig.
[8]
Toe die vuurwapen op hom gerig is, het die getuie omgedraai en huis
toe gehardloop, waar hy die deur agter hom toegemaak het.
Sy kinders
was in die huis.
[9]
Hy het toe 'n skoot gehoor afgaan. Na 'n tydjie het hy gehoor hoe
iemand aan sy deur kap en skree "Help my! Help my!".
Hy het
egter nie die deur oopgemaak nie. Daarna het hy twee vuurwapen skote
gehoor waarna alles stil geword het.
[10]
Hy het by sy venster uitgekyk en gesien hoe die beskuldigde die ander
man trek en in die voertuig sit.
[11]
Soos die voertuig weggery het, het die getuie die nommerplaat
waargeneem. Die lisensienommer was of "CA" of "CY"
gevolg deur die syfers: 1-1-2-2-2-5.
[12]
Daarna het die getuie na "iThemba Labs" gegaan, wat oorkant
sy woning gelee was. Hy het 'n sekuriteitswag daar gevra
om die
polisie te bel. Hy is toe terug huis toe.
[13]
Op die stadium toe hy sy woning verlaat het om na "iThemba Labs"
toe te gaan, het hy gesien dat daar bloed aan sy
voordeur was, asook
spore op die grond tussen sy voordeur en die straat. Na sy mening het
die spore daarvan getuig dat iets, oor
die grond gesleep was.
[14]
Toe die polisie opgedaag het, het die getuie wel vir hulle gese dat
'n vuurwapen op hom gerig was. Hy wou Sotho praat, maar
hulle het vir
hom gese om in Afrikaans te praat alhoewel hy aangedui het dat hy nie
Afrikaans goed verstaan nie. Die polisie het
sy verklaring in
Afrikaans neergeskryf. Hy het egter nie vir hulle gese dat hy gesien
het dat die twee manspersone in die straat
loop nie. Daar is ook
ander stellings in sy verklaring wat verkeerd is, en dft het hy eers
gedurende konsultasie agtergekom. Die
polisie het nie vir hom 'n
geleentheid gegee om oor die verklaring te gaan voordat hy dit moes
onderteken nie.
[15]
Op die stadium toe hy omgestap het om te sien wat die geraas
veroorsaak het, het die getuie niemand anders behalwe die twee
mans
gewaar nie. Hy het ook nooit enige wapen in die ander man se besit
gewaar nie.
[16]
Voor hierdie voorval het die getuie nog die beskuldigde nog die ander
man geken. Hy het egter gesien hoe die ander man daagliks
na "iThemba
Labs" stap waar hy gewerk het, en die het vir hom ook gereeld
gegroet. Eers na sy dood het die getuie verneem
dat sy naam "Norman"
was.
[17]
Die beskuldigde het niks gese toe hy die vuurwapen op die getuie rig
nie. Die getuie was baie geskok as gevolg van die feit
dat die
vuurwapen op hom gerig was.
[18]
Die getuie bevestig dat hy nooit gesien het wie enige van die skote
afgevuur het nie.
[19]
Toe die vuurwapen op hom gerig was, was hy ongeveer 3 tot 4 meter weg
van die beskuldigde.
[20]
Die getuie ontken dat hy die twee mans gevra het "Wat gaan hier
aan?". Hy het ook nooit gehoor dat die beskuldigde
aan hom
genoem het dat hy 'n polisiebeampte is nie.
[21]
Die getuie ontken dat sy waarnemings korrek weergegee word in sy
getuie verklaring. Nadat die vuurwapen op hom gerig is en
hy in sy
huis ingehardloop het, het hy nie verder gesien wat in die straat
gebeur nie, behalwe vir die sleep en inlaai van die
oorledene in die
voertuig deur die beskuldigde en die vertrek van die motor.
[22]
Die getuie bevestig dat hy in Lesotho gebore was. Hy woon slegs 5
jaar lank in die Kaap en kan nie Afrikaans lees nie. Verder
het hy
nie die wysiging op die tweede bladsy van sy verklaring gemaak nie,
maar het dit bloot op versoek van die polisie onderteken.
Die woord
"kattebak" was vervang met die woorde "agter se
sitplek" met verwysing na waar die beskuldigde die
oorledene in
sy motor gesit het. Hy glo ook dat die Corsa vier deure gehad het.
[23]
Die getuie ontken sekere aspekte en dra nie kennis van ander aspekte
van die weergawe wat die verdediging aan hom gestel het.
Die weergawe
van die beskuldigde is soos volg gestel: die beskuldigde het langs
Spoonbillstraat gery toe hy die oorledene sien
stap. Die beskuldigde
het eers 'n gesprek met die oorledene gehad. Hy het sy motor tot
stilstand gebring en toe het hy en die oorledene
'n verdere gesprek
gehad. Deel van die gesprek was oor 'n verhouding wat die oorledene
met die beskuldigde se vrou gehad het. Die
oorledene het aangehou om
weg van die beskuldigde te loop. Die beskuldigde het toe aan sy sak
getrek. Die oorledene het toe omgedraai
en die twee het begin stoei.
Die oorledene het die beskuldigde teen die voorste deel van die
voertuig gedruk. Die oorledene het
aan die beskuldigde gese "Dink
jy dit is die vorige keer wat jy vir my gemoer het?". Hy het ook
gese "Dit is al
lank al dat jy met my vrou wil seks he".
Die beskuldigde het die oorledene weggestoot en die passasierskant se
deur oopgemaak.
Hy het probeer om by die motor in te klim. Die
oorledene het hom van die voertuig weggetrek, en die twee het grond
toe geval met
die oorledene bo-op die beskuldigde, waar hulle verder
gestoei het. Soos die beskuldigde grond toe getrek was, het die
linker spieel
gebreek. Met die gestoeiery op die grond het die
beskuldigde se linker elmboog 'n besering opgedoen, wat hy na
bewering later aan
die polisie gemeld het. Op daardie stadium het die
getuie, Sedisa daar opgedaag en gevra wat aan die gang was. Die
beskuldigde
het geantwoord dat hy 'n polisiebeampte is en dat daardie
persoon besig was om met hom te baklei. Die beskuldigde het toe die
oorledene
weg van hom geskop. Die oorledene het na sy sak gehardloop.
Die beskuldigde het toe na sy voertuig gegaan en sy vuurwapen uit die
paneelkissie geneem. Hy het toe gesien dat die oorledene 'n mes in sy
regterhand vasgehou het. Die beskuldigde se toe vir hom "Norman,
moenie; ek gaan jou skiet". Die oorledene het egter hom steeds
genader. Die beskuldigde het toe die eerste skoot in die grond
afgevuur. Die oorledene het steeds na die beskuldigde beweeg. Die
beskuldigde het toe 'n tweede skoot afgevuur, in die oorledene
se
regterhand, waarop die oorledene die mes laat val het. Die
beskuldigde, sou se dat dit hy was en nie die oorledene nie, wat
na
die getuie se deur gehardloop het. By die deur het die beskuldigde en
die oorledene weer gestoei vir beheer van die vuurwapen.
Tydens die
gestoeiery was 'n skoot afgevuur. Die beskuldigde het die oorledene
na die voertuig getrek want hy wou hom hospitaal
toe neem.
[24]
Verder sou die beskuldigde ontken dat hy ooit die vuurwapen op die
getuie gerig het. Hy sou ontken ook dat hy ooit die oorledene
in die
voertuig probeer forseer het. Hy sou se dat die Opel Corsa slegs twee
deure het en hy ontken dat hy die oorledene op die
agterste sitplek
gesit het. Die oorledene was ook nie in die kattebak gesit nie.
[25]
Hierdie getuie het dit duidelik gestel dat hy nie die persoon gesien
het wat aan sy deur gekap en vir hulp gevra het nie, maar
hy het
aangeneem dat dit die oorledene was. Die getuie het ontken dat hy
enigiets weet van n stoeiery by sy deur, want hy het geen
argumentering of geveg gehoor by sy deur nie.
[26]
Die getuie bevestig dat hy 2 skote by sy deur gehoor het en 'n ander
een erens anders. Die getuie se dat toe hy die beskuldigde
en die
oorledene nader, het hulle beide regop gestaan. Hy het hulle nie
gesien worstel op die grond nie. Toe die beskuldigde die
vuurwapen op
hom rig, was dit alreeds in sy hand en hy het dit nie uitgehaal van
enige plek daardie tyd nie.
[27]
Die getuie beweer dat die beampte wat die gewysigde verklaring vir
hom gebring het was nie dieselfde een wat sy verklaring
aanvanklik
geneem het nie.
[28]
Die getuie erken hy kon wel 'n fout gemaak het ten opsigte van sy
waarneming van die aantal deure aan die motor, want hy was
geskok.
[29]
Die getuie het ongeveer 3 minute geneem om na die twee mans te loop.
Dit was mooi weer op die betrokke dag. Die beskuldigde
is effe dikker
en langer as die oorledene.
Harold
Burger
[30]
Die getuie wat woonagtig is te Springbokstraat 21, Russels Rest,
Eersterivier, is die eienaar van 'n besigheid wat voertuie
was. Mnr.
Burger het getuig dat hy die beskuldigde ken. Hulle het aan dieselfde
kerk behoort en die beskuldigde het in die verlede
dikwels sy twee
voertuie, 'n Nissan bakkie en 'n Opel Corsa motor by sy besigheid
laat was.
[31]
Die getuie was by sy woning op 10 Januarie 2008 vanwaar hy sy
besigheid bedryf het toe die beskuldigde die Corsa motor gebring
het
met die versoek dat die binnekant van die motor skoongemaak word.
Bloed binne in die motor is deur die beskuldigde uitgewys.
Mnr.
Burger is deur die beskuldigde meegedeel dat hy 'n persoon wat op pad
werk toe in 'n rooftog met 'n mes gesteek is, in sy
motor na die
Eersterivier Hospitaal geneem het. Die beskuldigde het kalm voorgekom
en was in ontspanningsdrag geklee n.l, 'n blou
kortbroek en blou en
geel T hemp. Aanvanklik het dit vir die getuie voorgekom of daar 'n
paar bloedspatsels op die voorste passasiers
sitplek asook agterste
sitplek en linkerhandse panele van die voertuig was. By nadere
ondersoek en met die uithaal van die sitplekke
het dit geblyk dat
daar baie bloed in die motor was en dat bloed inderdaad uit die
sitplekke gevloei het. Volgens die getuie was
hy bewus daarvan dat
die beskuldigde 'n polisie beampte is en 'n diaken in die kerk en het
hy die omstandighede nie vreemd gevind
nie. Hy het die verduideliking
van die beskuldigde aanvaar. Beskuldigde het die motor daar gelaat
tussen 9h30 en 10h00 en tussen
15h00 en 16h00 het hy teruggekeer met
sy Nissan voertuig en verneem of die voertuig gereed is. Kort hierna
het die polisie daar
opgedaag en die beskuldigde gearresteer. Volgens
die getuie het hy geen wapens van enige aard in die voertuig gevind
met die skoonmaak
daarvan nie. Mnr. Burger het getuig dat die
voertuig by ontvangs daarvan andersins in 'n goeie toestand was.
Tydens kruisondervraging
is dit aan die getuie gestel dat die
beskuldigde sal se dat daar wel skade aan die linkerkant spieel was
waarop die getuie volgehou
het dat hy niks opgemerk het. Tydens
arrestasie het die beskuldigde kalm voorgekom en het na sy bakkie
gegaan waar hy sy dienspistool
oorhandig het.
Alwyn
Ryno Grobbelaar
[32]
Die getuie is in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie die afgelope
sewe jaar met die rang van Konstabel en was in 2008 gestasioneer
te
Kleinvlei. Op
10
Januarie 2008 is die getuie ontbied na 'n misdaaad toneel te
Spoonbillstraat en het om ongeveer 9h50 v.m. op die toneel aangekom.
Hy was die eerste polisie beampte op die toneel. Hy het die toneel
afgeskort en bewaar en sekere waarnemings gedoen. Bloed is in
die
straat gevind. Daar was ook 'n donkerbril en gespe van 'n gordel op
die toneel in die straat. Dit het voorgekom of daar op
die voordeur
van 'n huis op die hoek geskiet is en 'n projektiel was in die deur
gevind. Geen beseerde persoon is gevind op die
toneel nie. Geen
wapens van enige aard is waargeneem op die toneel nie. Die
bystandspeurder asook fotograaf is ontbied na die toneel.
[33]
Omstanders by die toneel het bestaan uit persone wat in die omgewing
woon en meer spesifiek die eienaar van die huis op die
hoek, Petrus
Sedisa. Volgens die getuie was Mnr. Sedisa op daardie stadium baie
angsbevange en deurmekaar. Hy het nie geweet wat
om hom aangaan nie.
[34]
Volgens die getuie het Mnr. Sedisa die volgende mededeling aan hom op
die toneel gemaak: Hy het in sy motor gesit en koerant
gelees toe hy
'n skoot hoor afgaan. Hy het gekyk en twee manspersone en 'n voertuig
in die straat gesien. Hy het in sy huis ingehardloop.
Hy het 'n gekap
aan die deur van sy woning gehoor. Hy was egter te vreesbevange om
die deur oop te maak. 'n Verdere skoot is afgevuur.
Hy het in sy
woning gebly en toe dit stil was uitgegaan na buite. Daar was niemand
buite en ook geen voertuig behalwe sy eie voertuig
nie. Hy het
aanvaar dat die twee persone met die voertuig weg van die toneel is.
In kruisondervraging het, hy bygevoeg dat Mnr.
Sedisa aan hom
meegedeel het, dat een van die persone 'n vuurwapen op hom gerig het
nadat Mnr. Sedisa uit sy motor geklim het.
[35]
Volgens die getuie het hy in Afrikaans met Mnr. Sedisa gekommunikeer.
Mnr. Sedisa het ingestem om die onderhoud in Afrikaans
te voer en hy
kon verstaan wat Mnr. Sedisa hom meegedeel het. Die getuie het nie 'n
getuie verklaring van Mnr. Sedisa geneem nie.
Kaptein
Gershwin Nathan Leyds
[36]
Die getuie is reeds 20 jaar in diens van die SAP en gestasioneer te
Kleinvlei waar hy verbonde is aan die speurtak. Die getuie
se
betrokkenheid by die ondersoek in die onderhawige saak spruit uit sy
besoek as offisier aan diens by die toneel te Spoonbillstraat
waar 'n
persoon na bewering met 'n vuurwapen geskiet is op 10 Januarie 2008.
Geen beseerde is op die toneel aangetref nie. Volgens
die getuie het
een van die omstanders op die toneel, ene Mnr. Clive Plaatjies, hom
meegedeel dat hy die identiteit van die persoon
wat geskiet is ken.
Op versoek van die getuie het Mnr. Plaatjies hom na die adres van die
beseerde geneem te Spurwingstraat 43,
Electric City, Eersterivier
waar hy die eggenote van die slagoffer, Mev Swarts meegedeel het dat
hy vermoed dat haar man geskiet
is en in 'n wit Opel Corsa motor
gelaai is.
[37]
Op 'n vraag aan mev Swarts of sy van iemand weet wat haar man leed
sou aandoen, het sy onmiddellik reageer deur te noem dat
Inspekteur
Snyders wat ook in Spurwingstraat woon, al gedreig het om haar man te
skiet of aan te rand omrede haar man en Inspekteur
Snyders se vrou 'n
verhouding gehad het. Mev Swarts het verder aangedui dat Inspekteur
Snyders se vrou 'n wit Corsa motor besit.
Mev Swarts het vervolgens
die woning van Inspekteur Snyders aan Kaptein Leyds uitgewys.
[38]
By Spurwingstraat, 12 het 'n dame bevestig dat sy die eggenote van
Inspekteur Snyders was en dat hy nie tuis is nie. Hy het
gery met die
wit Corsa motor. Volgens die getuie het hy mev Snyders meegedeel dat
hy vermoed dat haar man iemand geskiet het en
die persoon in die
Corsa gelaai het. Mev Snyders het geskok voorgekom en die woorde "nee
man, nee man" geuiter. Kapt
Leyds het die verdagte se
selfoonnommer van mev Snyders bekom maar 'n oproep na die nommer is
nie beantwoord nie. Volgens die getuie
het hy op hierdie stadium
vermoed dat die verdagte 'n lid van die Suid-Afrikaanse Polisie was
en het hy die Onafhanklike Klagtedirektoraat,
Wes-Kaap ontbied na die
toneel. Kapt Leyds het vir 'n wyle in die omgewing rondgery op soek
na die verdagte in die wit Corsa.
Konstabel
Page
[39]
Konstabel Page is in diens van die SAP die afgelope 7 jaar en
gestasioneer te Kleinvlei Polisiestasie. Op 10 Januarie 2008
om
ongeveer 9h00 is die getuie uitgeroep na 'n toneel te
Spoonbillstraat, Electric City. Konstabel Grobbelaar was op die
toneel
en het die toneel bewaar. Die volgende is deur die getuie
waargeneem op die toneel: bloed in die straat en by 'n getuie se
deur,
asook sleepmerke van die deur na die straat wat bloed bevat
het; twee koeeldoppies waarvan een in die straat was en een voor die
deur bogemeld; 'n projektiel, naamlik 'n koeelpunt, in gemelde deur
en 'n donkerbril en gespe van 'n gordel. 'n Fotograaf is ontbied
deur
Konstabel Grobbelaar op versoek van die getuie en die toneel is deur
die getuie aan hom uitgewys.
[40]
Konstabel Page het die eienaar van die huis, Mnr. Petrus Sedisa op
die toneel gespreek. Mnr. Sedisa het kalm voorgekom en hy
het 'n
getuieverklaring van Mnr. Sedisa in Afrikaans afgeneem. Op 'n vraag
of Afrikaans die taal van die getuie, Mnr. Sedisa was,
was Konstabel
Page se antwoord, nee maar hy kon nie "Xhosa" praat nie en
Mnr. Sedisa het ingestem om in Afrikaans voort
te gaan.
[41]
Volgens die getuie is geen probleem ondervind met die afneem van die
verklaring nie en het hy die verklaring weer met Mnr.
Sedisa
deurgegaan en was hy tevrede met die notulering daarvan. Na
aanleiding van vrae in kruisondervraging en ook deur die Hof
het die
getuie gese dat die gedrag van Mnr. Sedisa tydens neem van die
verklaring normaal was en dat hy nie getraumatiseerd of
senuweeagtig
voorgekom het nie.
[42]
Wat betref die beediging van die verklaring en gepaardgaande
sertifisering, getuig Konstabel Page dat die verklaring in sy
teenwoordigheid deur Mnr. Sedisa beedig en onderteken is maar dat die
sertifisering en aanbring van die amptelike polisiestempel
nie
onmiddellik geskied het nie aangesien hy nie 'n stempel by die toneel
gehad het nie en verder aangesien die ondersoek op die
toneel
oorhandig is aan die Onafhanklike Klagtedirektoraat, Assistant
Direkteur
G.D.
Meyer, wat ook op die toneel teenwoordig was nadat dit bekend geraak
het dat die verdagte 'n polisie beampte was.
[43]
Konstabel Page het ook getuig dat die wysiging op Mnr Sedisa se
oorspronklike verklaring, nie deur hom aangebring is nie.
[44]
In kruisondervraging is Konstabel Page daarop gewys dat die getuie
Mnr. Sedisa in sy getuienis in hoof in wesenlike opsigte
afgewyk het
van die inhoud soos genotuleer in die getuieverklaring en met die
uitsondering van die eerste sewe reels, het hy dit
gerepudieer. Die
getuie het volgehou dat Mnr. Sedisa sy verklaring so gegee het en
bevestig dat die verklaring weer met die getuie
deurgegaan is
aangesien hy nie Afrikaansprekend was nie.
Simonette
Cleo Swarts
[45]
Mev. Swarts bevestig dat die oorledene, Norman Swarts haar eggenoot
was en dat hulle 12 jaar getroud was. Sy is woonagtig te
Spurwingrylaan 43, Electric City en het reeds in 2008 daar gewoon.
Mev. Swarts beskryf die oorledene as 'n goeie man wat goed omgesien
het na haar en die kinders. As 'n egpaar was hulle finansieel sterk
en die oorledene wou nie he dat sy werk nie. Sy en die oorledene
het
'n baie goeie verhouding gehad en het nooit gestry of baklei nie.
Hulle het twee kinders, 'n dogter 15 jaar oud en 'n seun
8 jaar oud.
[46]
Die oorledene het die afgelope 10 jaar by iThemba Labs gewerk as
stoorman. Sy werksure was van 8h00 tot 17h00 en soms tot 18h00.
Die
oorledene het daagliks die huis verlaat tussen 7h15 en 7h45 om na sy
werk toe te stap wat 'n paar strate van die huis was.
Die oorledene
het gewoonlik 'n swart sak en sy selfoon by hom gehad wanneer hy gaan
werk. Sover sy weet het die oorledene nooit
enige wapens met hom
saamgedra nie wanneer hy gaan werk het nie.
[47]
Mev Swarts was bekend met die beskuldigde. Hulle het in die dieselfde
omgewing gewoon en die getuie en die beskuldigde se vrou
was baie
goeie vriende. Hulle het mekaar reeds 9 jaar geken en het mekaar
daagliks gesien. Deur die vrouens se vriendskap het die
egpare met
mekaar bekend geraak en naweke oor en weer gekuier. Beide egpare was
ook lede van die plaaslike gemeente van die Apostoliese
Kerk van
Afrika.
[48]
Op 10 Januarie 2008 het 'n polisie beampte na die huis gekom en Mev
Swarts meegedeel dat daar vermoed word dat haar man geskiet
is.
Volgens Mev Swarts het sy onmiddellik gedink dat die beskuldigde
verantwoordelik was aangesien hy haar man in die verlede gedreig
het
en hom by sy werk kom sien het en sy het dit so aan die polisie
beampte oorgedra.
[49]
Mev Swarts het vervolgens getuig oor 'n insident in 2006 waar die
beskuldigde die oorledene gekonfronteer het met 'n beweerde
buite
egtelike verhouding tussen die oorledene en die beskuldigde se vrou
twee jaar vantevore. Mev Swarts het getuig dat beskuldigde
op 'n
Sondag in 2006 na haar huis gekom het en in haar teenwoordigheid aan
haar man gevra het "waarom se jy dat jy my vrou
smaak". Dit
was deur die oorledene ontken. Op die Maandag, het die beskuldigde
weer daar aangedoen met uittreksels uit telefoonstate
waaruit die
beskuldigde die gevolgtrekking gemaak het dat die oorledene en
beskuldigde se vrou mekaar gebel het. Mev Snyders was
teenwoordig en
het verduidelik dat die gesprekke oor kerksake gehandel het en dat
die oorledene 'n trosing was wanneer sy huislike
probleme ervaar het.
Op die Dinsdag, het die beskuldigde weer daar aangekom met 'n
golfstok wat die getuie hom gevra het om in
sy motor te sit. Hy het
die getuie gevra om haar kinders kamer toe te neem. Die beskuldigde
het die oorledene aangerand in die
oorledene se huis nadat Mev
Snyders na bewering erken het dat sy en die oorledene in die verlede
'n verhouding gehad het en by
4 of 5 geleenthede seksueel verkeer
het. Die beskuldigde het aan die oorledene se dogter gese: "Kesha,
your daddy did something
wrong and uncle Chris must punish him."
Die oorledene het ontvlug en by bure geskuil en op aandrang van Mev
Swarts nie die
nag teruggekeer huistoe nie. Volgens Mev Swarts het
die vriendskap tussen die gesinne tot 'n einde gekom en het hulle
huweliksverhouding
sodanig verswak dat sy en die oorledene vir 'n
jaar aparte slaapkamers gehad het. Sewe tot agt maande na die voorval
het die twee
egpare die priester gaan sien ten einde 'n versoening te
bewerkstellig. Mev Swarts getuig dat beskuldigde duidelik nie in
dieselfde
mate bereid was om die situasie te aanvaar en te berus nie.
Die beskuldigde het steeds nie die oorledene gegroet nie en die
Snyders
egpaar het nie kerk bygewoon vir n ruk nie. Volgens Mev
Swarts het sy haar man mettertyd vergewe en is die verhouding
herstel.
Volgens die getuie het haar man nooit wraakgevoelens teenoor
die beskuldigde uitgespreek of aggressief teenoor hom opgetree nie.
[50]
Sy ontken dat sy n verhouding gehad het met ene, Marshall Carolus
terwyl haar man geleef het en ook na sy dood. Sy beweer dat
Priester
Swarts 'n lid van die kerk meegedeel het dat die oorledene vermoed sy
het so n verhouding, maar hy het haar nooit daarvan
beskuldig nie.
[51]
Marshall Carolus, Paul Plaaitjies en Fiona Swarts is almal kennise
van die oorledene en die beskuldigde wat die beskuldigde
gesien sit
onder n boom in die Corsa motor by die nabye skool 2 of 3 dae voor
die skietery.
Lance
Reginald Bunton
[52]
Die getuie is 'n konstabel in die SAPD te Kleinvlei, Eersterivier. Hy
het tans 7 jaar ervaring in die SAPD.
[53]
Op Donderdag 10 Januarie 2008 was hy aan patrollie diens. Dit was
ongeveer 14h55 toe hy 'n anonieme oproep ontvang oor 'n beweerde
skietvoorval wat vroer die dag sou plaasgevind het. Die persoon het
gese dat hy inligting wou oordra en derhalwe versoek dat die
getuie
hom ontmoet.
[54]
Die informant het die getuie gese dat die persoon wat by die moord
betrokke was, op daardie oomblik by 'n motorwassery teenwoordig
was,
welke wassery die informant bereid was om aan die getuie uit te wys.
Die informant het gese dat die verdagte 'n metaalblou
Nissan
dubbelkajuit bakkie bestuur waarop die woord "punisher"
verskyn.
[55]
By die motorwassery te Springbokstraat 21, het die getuie die
metaalblou bakkie aangetref. Die verdagte was ook by die adres
en
gekleed in 'n geel T-hemp. Die getuie het toe ander polisievoertuie
gemobiliseer om bystand te lewer.
[56]
Die getuie en Konstabel September het die toneel betree en 'n wit
Opel Corsa daar aangetref. Die kar was besig om skoon gemaak
te word.
Die getuie en September het die kar deursoek vir leidrade.
[57]
Die getuie het nie met die verdagte gepraat nie, maar September het
wel. Daar was ander lede op die toneel ook. Die getuie
was nog op die
toneel toe die verdagte gearresteer was. September het die toneel
verder oorgeneem. Die getuie het die toneel verlaat.
Die getuie het
nie die verdagte voor daardie dag geken nie. Hy weet ook nie dat
enigeen die verdagte aangerand het nie.
[58]
Die getuie was by die linkerkant van die Corsa. Hy en September het
eers in die kattebak gekyk. Die getuie het niks vreemd
by die
linkerkant van die voertuig opgelet nie. Hy en September het ook deur
die vensters van die Nissan bakkie gekyk.
Konstabel
Romeo Lee Julian September
[59]
Hy is nou 'n sersant in die SAPD en het diens gelewer van ongeveer 8%
jaar huidiglik. In 2008 was hy 'n konstabel gestasioneer
te
Kleinvlei.
[60]
Op 10 Januarie 2008, was hy ongeveer 15h50 deur konstabel Bunton
gekontak en gevra vir bystand by die motorwassery.
[61]
Hy is meegedeel deur Konstabel Bunton dat 'n verdagte, Christie
Snyders by die motorwassery is met n wit Corsa motor.
[62]
Hy het die motorwassery binne gegaan en die Corsa gesien met die
verdagte wat langs aan die motor gestaan het.
[63]
Hy het die verdagte genader en homself voorgestel as deel van die
reaksie eenheid. Die verdagte het gese dat die motor aan
sy vrou
behoort en hy het die verdagte se toestemming gekry om die motor te
deursoek. Die motor was heeltemal skoon en hy kon niks
in die motor
vind nie.
[64]
Die verdagte het hom meegedeel dat hy n pistool in sy Nissan bakkie
het en die verdagte het dit aan hom oorhandig. Hy het dit
gehanteer
met forensiese handskoene en het dit in n forensiese sak gesit in die
teenwoordigheid van die verdagte.
[65]
Kaptein Leyds het op die toneel verskyn en hy het met die verdagte
gesels. Hierdie getuie was gevra om die verdagte te arresteer
op n
aanklag van moord. Hierdie getuie het toe die verdagte gearresteer en
sy regte vir hom gelees. Mnr McClean van die Organiseerde
Misdaad
Eenheid het toe ook met die verdagte gepraat.
[66]
Hierdie getuie het die verdagte gevra of hy kan onthou wat gebeur het
in Electric City die oggend. Die verdagte het toe nie
geweet nie.
Inspekteur Joubert van die Forensiese Biologiese Eenheid het op die
toneel verskyn. Hierdie getuie het toe die toneel
by die motorwassery
afgeskort en hy het die Corsa motorvoertuig aan Inspekteur Joubert
oorhandig.
[67]
Daarna het hierdie getuie weer die verdagte gevra of hy kan onthou
wat gebeur het. Die verdagte het toe gese dat hy liewers
met sy
prokureur wou praat. Die verdagte het elke keer sy kop in sy hande
gesit en dit het gelyk of hy met homself praat.
[68]
Later het Joubert die getuie vertel van die bloed spatsels wat gevind
is op die motor pedale, die motor sitplek en die agter
sitplekleuning, die matte wat onder die sitplekke was en die water in
stofsuier wat gebruik is om die matte skoon te maak. Joubert
het toe
n stuk van die mat uitgesny en in n forensiese sak gesit.
[69]
Die getuie het die verdagte geneem na die Kleinvlei polisie stasie
toe waar hy n Z88 pistool en 15 rondtes ingehandig het by
die
Kuilsrivier Polisie Stasie. Hy het die verdagte alleen in n sel
geplaas. Die getuie het ook die verdagte se prokureur vergewis
van
die klagte en van die feit dat n liggaam nog steeds nie gevind was
nie. Hy het vir die prokureur gese dat hy Kaptein Leyds
moet kontak
oor hierdie saak. Die getuie het die vuurwapen van die verdagte in
die SAP13 register geskryf by SAP13/61/2008. Hy
het ook die
forensiese nommer FSC864086 geskryf op die forensiese sak.
[70]
Na n paar uur het Kaptein Leyds die getuie geroep en vir hom gese dat
die liggaam gevind was. Geen persoon het die verdagte
geintimideer of
gedreig of aangeval in die teenwoordigheid van hierdie getuie nie.
[71]
By die motorwassery was die verdagte baie senuweeagtig en verward.
Hierdie getuie kon nie hoor wat die verdagte vir homself
se nie.
Hierdie getuie se dat hy eerste na die kattebak van die motor gegaan
omdat dit toe was terwyl die ander deure oop was.
[72]
Hierdie getuie het nie die forensiese sak weer oopgemaak nadat hy dit
toegemaak het in die teenvoordigheid van die verdagte
nie. Hierdie
getuie verduidelik dat enige polisie beampte wat die vuurwapen wou
sien moes die toestemming van die SAP13 klerk of
die stasie
kommissaris kry.
Jacob
Frederick Nomdo
[73]
Die getuie is 'n Senior Superintendent in die SAPD te Khayelitsha. Hy
het 26 jaar diens in die SAPD. In 2008 was hy te Mfuleni
gestasioneer. Hy het die uitwysing in hierdie saak behartig. Hy
bevestig die inhoud van die 'Aantekening van Uitwysiging van Toneel'
vorm. Senior Superintendent Bester was destyds die bevelvoerder van
Kleinvlei polisiestasie.
[74]
Die getuie het die beskuldigde gevra om die bestuurder die rigting
aan te dui toe hy hulle neem om die uitwysing te doen. Hy
het geen
probleem ondervind tydens die uitwysing nie. Daar was geen
kruisondervraging aan hierdie getuie nie.
Patrick
Lawrence Jacobs
[75]
Die getuie is n superintendent en die operasionele bevelvoerder te
Bellville SAPD en het 26 jaar diens.
[76]
Hy ken die beskuldigde. Hy het gewerk as n hof ordonnans te Bellville
hof. Hy het gewerk met die vervoer van prisoniere.
[77]
Die getuie het nooit probleme ondervind met die beskuldigde nie. Hy
was nooit afgeboek vir stres verlof in die afgelope 2 jaar
nie.
[78]
Hy was in besit van 'n standaard Z88 vuurwapen (met nommer Q080179)
en 25 9mm rondtes. Hy het nie 'n private vuurwapen nie.
Die getuie
het 'n kluis by die huis daarom kon hy sy vuurwapen huis toe neem.
[79]
'n Mediese dokter moet besluit of 'n lid op siek verlof mag gaan.
[80]
Toe die getuie begin werk by Bellville SAPD in 1989, was die
beskuldigde alreeds daar. Lede wat aangeval word of wat onder
druk
moet werk by die Hof gaan ook met stres verlof.
[81]
Lede gaan ook met stres verlof as hulle probleme ondervind in hul
private lewens.
Mandy
Date Chong
[82]
Die getuie gradueer in 2001 aan die Universiteit van Kaapstad met 'n
M.Med (Chirurgie) en in April 2008 voltooi sy 'n nagraadse
diploma in
Forensiese Geneeskunde en Patologie deur die Kollege van Geneeskunde
van Suid-Afrika. Sedert April 2007 is Dr. Chong
in diens van die
Departement van Forensiese Patologie te Tygerberg Hospitaal. In die
uitvoering van haar amptelike pligte het die
getuie meer as 1000
nadoodse ondersoeke uitgevoer wat steekwonde, skietwonde en dood
weens natuurlike oorsake insluit. Ondersoeke
met betrekking tot
skietwonde veroorsaak deur vuurwapens behels ongeveer 200.
[83]
Die getuie het die inhoud van die skriftelike verslag deur haar
saamgestel (Bewysstuk E) in die rekord ingelees en bevestig
die
inhoud van die verslag as korrek. Onder andere bevestig Dr Chong haar
hoof nadoodse bevindinge van twee skietwonde naamlik
een in die
oorledene se hoof en een in die oorledene se regterhand. Die getuie
bevind dat die oorsaak van dood te wyte is aan die
skietwond in die
oorledene se hoof.
[84]
Dr. Chong verwys in besonder na die beskrywing van die uiterlike
voorkoms van die liggaam soos vervat in paragraaf 4 van bewysstuk
"E".
Paragraaf
4 A1 en A2 bevat 'n uiteensetting van die aard en gang van die
skietwond in die oorledene se hoof. Dr. Chong beskryf die
wond as
dodelik. Die projektiel het die oorledene se kop van agteraf
gepenetreer terwyl die uitgangswond in die regterwang is soos
aangedui op bylae "B" van die nadoodse ondersoek verslag.
Die wond gang dui aan dat die midbrein en pons gepenetreer
is wat die
uitwerking sou he dat die dood baie vinnig sou intree. Die
respiratoriese en kardiovaskulere sentrums van die brein
is hier
gelee en die besering sou die oorledene gelaat het sonder enige
vermoe om te beweeg of praat.
[85]
Dr. Chong se mening is gevra met betrekking tot die afstand wat die
skut moontlik van die oorledene was. Dr. Chong getuig in
die verband
dat geen tekens van tatoeering van die ingangswond gevind is nie wat
daarop dui dat die afstand tussen die wapen en
die wond ongeveer 'n
meter of verder was. Indien die vuurwapen nader aan die wond afgevuur
is, sou hitte, rook en poeier deeltjies
tekens om die wond gelaat het
wat hier afwesig was.
[86]
Volgens Dr. Chong is dit moeilik om met enige sekerheid die posisie
van die oorledene met betrekking tot die hanteerder van
die wapen, te
rekonstrueer aan die hand van die aard en gang van die wond. Die
menslike liggaam en kop is beweeglik wat rekonstruksie
beinvloed. Dit
is ewe moontlik dat die oorledene sy rug na die skut gehad het as dat
hy moontlik sy kop weggedraai het toe die
skoot gevuur is.
[87]
Wat betref die skietwond van die hand soos beskryf in paragraaf 4 B1
en B2 van Bewysstuk E getuig, Dr. Chong dat dit nie moontlik
was om
vas te stel welke wond die ingangswond was en welke wond die
uitgangswond verteenwoordig nie. Dit is egter baie waarskynlik
dat
die besering die funksionaliteit van die hand sou beinvloed het. Twee
wonde kom voor aan die oorledene se regterhand soos meer
volledig
beskryf in paragrawe 4 B1 en B2. Die twee wonde is van dieselfde
grootte. Die een wond kom voor op die rugkant van die
hand en die
ander wond in die palm van die hand by die duim. Dr. Chong getuig dat
indien die oorledene 'n wapen in sy regterhand
gehad het, sou sy
verwag dat die wapen uit sy hand sou val na die besering.
[88]
Dit is in kruisondervraging aan Dr. Chong gestel dat die beskuldigde
se weergawe van die omstandighede waaronder die oorledene
die
skietwond van die kop opgedoen het is naamlik, dat daar 'n worsteling
tussen die beskuldigde en die oorledene was terwyl die
vuurwapen
omhoog gehou is. 'n Skoot is per abuis afgevuur in die worsteling wat
die oorledene gewond het. Dr. Chong het toegegee
dat die verwonding
van die oorledene in die kop moontlik in 'n worsteling van die aard
kon plaas vind, maar dat die afstand van
die vuurwapen vanaf die wond
90cm tot 1 meter sou moes wees vir redes soos gemeld. Volgens Dr.
Chong is dit onwaarskynlik dat die
oorledene die besering opgedoen
het waar die twee persone in 'n worsteling in nabye kontak met mekaar
was.
Konstabel
Brian Nicholas Janklaas
[89]
Hierdie getuie is verbonde aan LCRC sentrum te Bellville. Hy het die
rang van inspekteur in die SAPD en is n forensiese veldwerker.
Hy is
gekwalifiseer in fotografering en video opnames asook vingerafdrukke,
ballisties, forensies en betwiste dokumente. Hy bevestig
die inhoud
van bewysstuk "F" asook dat hy die fotos geneem het by die
lykshuis. Hy moes die toneel waarneem en ook forensiese
bewysstukke
versamel.
[90]
Op 10 Januarie 2008 het hy aangekom by die toneel by Spoonbillstraat,
15, Eersterivier om ongeveer 09h20 voormiddag. Daar was
n offisier
van die polisiestasie wat die toneel aan hom oorhandig het. Hy het n
kaart geteken van die toneel, hy het video materiaal
geneem en hy het
ook foto's geneem. Hy het bewysstukke ingesamel van die toneel. Hy
het geen bewys van n skoot wat afgevuur is
in die teerpad gevind nie.
[91]
Hy bevestig dat in foto 1 word n koeel doppie aangedui. Op foto 5 by
punt "D" word n koeel gat gewys. Op foto 6 by
punt "B"
word 'n koeel doppie gewys. Op foto 7 by punt "D" word 'n
koeel gat aangedui wat ook gewys word op
foto 5.
[92]
Hierdie getuie het die deur van Mnr Sedisa se huis oopgebreek om te
kyk of daar n koeel gevind kon word in die binneste van
die deur. Hy
het dit gedoen omdat daar n ingang gat was in die deur, maar nie n
uitgang gat nie. Hy het toe n koeel punt gevind
binne in die deur.
Foto 13 wys daardie koeel binne in die deur.
[93]
Hy verduidelik dat n patroon verwys na die koeel en sy drie gedeeltes
wat n voorste gedeelte is, die chemiese binneste en die
patroon
doppie. Hy verduidelik ook dat wanneer n skoot afgevuur word, is daar
n ontploffing wat plaasvind. Hy se dat 'n patroon
doppie, bly in die
vuurwapen, wanneer dit 'n rewolwer is en dit val uit wanneer dit 'n
pistool is. Hy se die koeel word dan uit
geskiet.
[94]
Hy het slegs twee patroon doppies en een koeel gevind op die toneel.
Die een patroon doppie was gevind in die straat daarom
lei hy af dat
daar een skoot afgevuur is in daardie omgewing. Hy se dat die pad was
deursoek van die afskorting tot waar die patroon
doppie gevind is.
Nog n patroon doppie is gevind by die deur van Mnr Sedisa se huis.
Daarom lei hy af dat daar ook n skoot in daardie
omgewing afgevuur
is.
[95]
Hierdie getuie lei af dat daar slegs twee skote afgevuur was, omdat
hy slegs twee patroon doppies gevind het. Hy het geen ander
wapens op
die toneel gevind nie. Hy het wel n sonbril gevind.
[96]
Toe hierdie getuie by die motorwasserry opdaag, was die forensiese
personeel alreeds daar. Hy het n gat wat in die mat van
die motor
gesny is, gefotografeer.
[97]
Hierdie getuie was ook teenwoordig toe die beskuldigde die liggaam
van die oorledene uitwys te Faurepad, Eersterivier in die
bos. Hulle
moes 3 tot 4 meter vanaf die pad loop tot in die bos om by die
liggaam uit te kom. Dit was redelik donker in die bos
daardie tyd
daarom moes die getuie n flitslig gebruik. Die oorledene was gekleed
in jeans en n paar skoene en sy boliggaam was
kaal.
[98]
Hierdie getuie het eintlik net die Opel Corsa gefotografeer en het
dit nie deursoek nie. Hy is nie bewus van enige mes wat
gevind sou
word in die Corsa nie. Hy se dat die ondersoek beampte later by sy
kantoor was en hy het gevra dat die mes getoets word.
Hy het gevra
dat hierdie getuie vingerafdruktoetse doen op die mes. Daar was geen
vingerafdrukke gevind op die mes nie.
[99]
Die getuie het nie die sonbril op getel nie omdat n gewone polisieman
dit sou doen. Hy het ook nie n gespe van n gordel gevind
nie.
Nathan
Cyrano Pullen
[100]
Hierdie getuie is n inspekteur wat in 2008 n sersant was in die SAPD
in en hy is n lid van die ballistiese eenheid te Macassar.
Hy
bevestig sy artikel 212 verklaring en het dit in die rekord ingelees.
Hy verduidelik die prosedure wat hy gevolg het. Die ondersoek
beampte
sal gewoonlik die bewysstukke inskryf en nommers daarop plaas. Daarna
word seel nommers op n vorm geskryf. Daarna word
dit in die sisteem
gesit en dit word gegee aan n spesifieke persoon by die eenheid om te
ondersoek.
[101]
Hy het die patroon doppies vergelyk en hy het tot die gevolgtrekking
gekom dat dit uit dieselfde vuurwapen gevuur is.
[102]
Hy se dat die ammunisie wat gebruik is is militer en nie kommersieele
ammunisie nie. Hy spreek die mening uit dat Konstabel
Janklaas
moontlik 'n fout gemaak het met die saak nommer derhalwe is die CAS
nommer omgedraai. Hy het die patroon doppies gemeet
en dit blyk dat
dit uit 'n 9mm parabellium vuurwapen geskiet is. Hy het verduidelik
dat hy weet dat dit militere ammunisie is omdat
kommersieele
ammunisie 'n verskillende hoof stempel het.
Aansoek
deur die staat oor die toelating van hoorse
[103]
Die staat het n aansoek gebring om hoorse getuienis te lei ten
opsigte van twee getuie wat sou kom getuig oor dreigemente
gemaak
deur die beskuldigde aan die oorledene gedurende telefoniese
gesprekke. Die hof het die aansoek geweier vir die redes soos
reeds
vermeld, op daardie stadium.
Sersant
Phumela Langa
[104]
Die getuie is sedert 2005 in diens van die SAPD, Ballistiese Afdeling
wat deel vorm van die Forensiese Laboratorium en gestasioneer
te
Maccassar. Weens die onbeskikbaarheid van getuie Sersant McGowan, het
die getuie opdrag ontvang vir die herondersoek van 'n
vuurwapen en
ander bewysstukke in die onderhawige saak wat sy uitgevoer het en na
afloop daarvan 'n artikel 212 beedigde verklaring
saamgestel het. Die
getuie bevestig haar indiens opleiding en kwalifikasies soos
uiteengesit in paragraaf 2 van bewysstuk
"K".
Die
getuie bevestig ontvangs van die vuurwapen soos uiteengesit in
paragraaf 3 van bewysstuk
"K"
asook
besonderhede van die opdrag soos vervat in paragraaf 4 van Bewysstuk
"K".
Die
getuie bevestig ook haar bevindinge soos volledig vervat in paragrawe
7,8,9 en 10 van Bewysstuk
"K",
onder
andere, dat die patroondoppies versamel op die toneel te
Spoonbillstraat nie gevuur is uit die beskuldigde se 9mm Parabellum
caliber LEW model Z88 semi-automatiese dienspistool met reeksnommer Q
080179, nie.
[105]
Bo en behalwe die getuienis vervat in Sersant Langa se beedigde
verklaring getuig sy dat die vuurwapen reeksnommer uniek is
tot elke
vuurwapen. Die vuurwapen deur haar ondersoek en getoets het die
kapasiteit om 15 patrone in die magasyn en 1 in die loop
te hou.
Sersant Langa is voorts gevra of sy enige kommentaar kan lewer met
betrekking tot 'n wond wat geen tatoeering vertoon nie
waarop sy
sodanige wond beskryf het as 'n afstand wond. Toetse deur die getuie
gedoen met 'n Z88 Parabellum vuurwapen het getoon
dat tatoeering van
'n wond voorkom tot op 'n afstand van 120 cm. tussen die vuurwapen en
die wond.
[106]
Die getuie is van mening dat die 9mm ammunisie wat versamel is
kommersiele ammunisie, PMP fabrikaat behels. Dit is aan die
getuie
gestel dat Sersant Pullen van mening was dat die betrokke ammunisie
vir militere doeleindes vervaardig is. Sersant Langa
het volgehou dat
die ammunisie kommersieel was. Volgens Sersant Langa, voorsien sekere
vervaardigers vir beide kommersieele en
militere doeleindes en word
militere ammunisie identifiseer deur 'n hoof stempel wat daarop
aangebring is. Die getuie het die leer
van die Ballistiese eenheid
nagegaan en bevestig dat Sersant Pullen die betrokke patroondoppies
identifiseer het as PMP militer.
[107]
Sersant Langa het verder getuig met betrekking tot Bewysstuk
"L"
wat
volgens haar 'n skematiese rekord behels van die hantering, herseel
en bewaring van bewysstukke deur die onderskeie beamptes
van die
Ballistiese Afdeling.
Senior
Ondersoek Offisier Tyhalisiso
[108]
Die getuie is in diens van die Onafhanklike Klagtedirektoraat sedert
November 2006. Die getuie se amptelike pligte behels
die ondersoek
van kriminele en onbehoorlike gedrag deur lede van die
Suid-Afrikaanse Polisie en Metro Polisie. Die getuie het die
ondersoek in die onderhawige saak naamlik Kleinvlei CAS 326/01/08
hanteer. Die aangeleentheid is oorgeneem van die plaaslike stasie,
Kleinvlei, op dieselfde dag van die voorval toe dit bekend geraak het
dat die verdagte 'n lid in diens van die SAPD was en die
getuie en
lede van die OKD op 10 Januarie om ongeveer 9h00 na die toneel te
Spoonbillstraat ontbied is.
[109]
Die getuie bevestig dat hy teenwoordig was op die misdaad toneel op
10 Januarie 2008 en onder andere 'n getuie Petrus Sedisa
op die
toneel gespreek het. Die getuie bevestig dat Konstabel Page 'n
getuieverklaring van mnr. Sedisa geneem het en bevestig dat
'n
verbetering op die verklaring by 'n latere geleentheid deur hom
aangebring is. Die getuie bevestig dat hy die woord "kattebak"
deurgehaal het en die woorde "agterse sitplek" in sy
handskrif ingevoeg is. Volgens die getuie het hy Mnr. Sedisa tuis
besoek en die verklaring met hom deurgegaan ter opklaring waarop Mnr.
Sedisa die regstelling gemaak het in die verklaring. Die
getuie is
bewus daarvan dat Mnr. Sedisa se huistaal Sotho is. Die onderhoud is
in Xhosa gevoer en die getuie verklaar dat Mnr Sedisa
hom verstaan
het en die getuie self het geen probleem ondervind met Mnr. Sedisa te
verstaan nie.
[110]
Die getuie bevestig dat hy 'n mes op Sondag 13 Januarie 2008 gevind
het in die wit Opel Corsa motor wat aan die beskuldigde
se vrou
behoort. Beide die wit Corsa en die Nissan voertuig wat aan die
beskuldigde behoort is na beslaglegging daarvan te Springbokstraat
geberg te Stikland, voertuig berging terrein waar voertuie vir
doeleindes van ondersoeke bewaar word.
[111]
Op Sondag 13 Januarie 2008 is die getuie na die tersaaklike
polisiestasie ten einde die beskuldigde voor te berei vir
hofverskyning.
By hierdie geleentheid het die beskuldigde aangedui
dat hy in uitvoering van sy konstitusionele regte, sy reg op stilswye
uitoefen.
Die beskuldigde het egter versoek dat die voertuie aan sy
vrou vrygestel word en die getuie is versoek deur die beskuldigde om
die Corsa se deurpaneel aan die bestuurder se kant te deursoek vir 'n
mes. Die getuie het na Stikland gegaan en 'n mes in die deurpaneel
gevind en dit in 'n forensiese bewysstuksak geplaas. Die getuie
beskryf die mes as ongeveer
20cm
met 'n houthef en gladde lem wat groewe vertoon het asof dit beskadig
is deur dit te slyp. Die mes is getoets vir vingerafdrukke
en die
resultaat was negatief. Die getuie het die mes aan die vrou van die
oorledene getoon met die oog op moontlike identifikasie
maar die mes
was nie aan haar bekend nie. Die mes is nie getoets vir die moontlike
voorkoms van bloed daarop nie. Die voorwerp
is tans steeds in die
bewysstuk kluis by OKD. Volgens die getuie was die mes nie van enige
belang vir hom in die ondersoek nie
en het hy ook geen verklaring
gemaak met betrekking tot die vind van die mes nie. Die beskuldigde
het geen verklaring of inligting
verskaf met betrekking tot die
teenwoordigheid van die mes in die motor nie en het op daardie
stadium sy swygreg uitgeoefen.
[112]
Volgens die getuie het hy die mes gevind in die stoorplek wat deel
van die deurpaneel uitmaak. Die getuie verklaar dat hy
die mes slegs
gevind het omdat hy gese is van die teenwoordigheid van die mes in
die deurpaneel en dat die stoorplek baie laag
in die deurpaneel is.
Die getuie het op die toneel te Springbokstraat arriveer nadat die
beskuldigde arresteer is maar terwyl hy
steeds op die toneel in 'n
polisievoertuig was.
[113]
Na aanleiding van 'n vraag in kruisondervraging verklaar die getuie
dat die beskuldigde nie toegang tot die voertuie gehad
het sedert
beslag gele is op die voertuie te Springbokstraat en tot tyd en wyl
die voertuie vrygestel is aan die beskuldigde se
vrou nie. Gedurende
hierdie tyd was die voertuie in polisiebewaring te Stikland. Die
bergingsfasaliteit is nie onder beheer van
die OKD nie.
[114]
Die getuie het ook bevestig dat hy ontbied is na die toneel waar die
oorledene se liggaam gevind is. Lede van Kleinvlei polisie
was reeds
op die toneel maar die liggaam was nog nie verwyder nie. Die
oorledene was geklee in skoene en 'n langbroek terwyl die
bolyf kaal
was. Konstabel Moses het 'n pink golf hemp aan die getuie oorhandig
wat hy na bewering ongeveer 2 meters van die liggaam
gevind het. Dit
was betreklik donker op die toneel en die getuie het die volgende dag
teruggekeer na die toneel en 'n swart leer
drasak op die toneel
gevind ongeveer 2 meters van waar die liggaam gevind is. 'n Klein
dagboek met die naam iThemba Labs daarop
asook 'n "wallet"
met twee bankkaarte is gevind in die sak.
[115]
'n Vuurwapen wat deur Konstabel September gevind en ingehandig is te
Kleinvlei polisiestasie is deur die getuie uitgeboek
en geneem na die
OKD se kluis vir bewysstukke. Op 16 Januarie 2008 het die getuie die
vuurwapen geseel in 'n forensiese sak en
die vuurwapen na die
Ballistiese Afdeling geneem. Die getuie bevestig dat probleme tydens
die ondersoek aan die lig gekom het met
betrekking tot die saak
nommer toegeken aan die ondersoek. Dit het aan die lig gekom dat een
van twee ballistiese verslae die saaknommer
reflekteer het as CAS
236/01/08 terwyl die korrekte verwysing CAS 326/01/08 is en welke
probleem ontstaan het in kommunikasie tussen
Kleinvlei polisiestasie
en die Ballistiese Afdeling. Volgens die getuie het die beskuldigde
nie enige mededelings aan hom gemaak
met betrekking tot die vuurwapen
nie en is hy nie bewus van inligting bekom deur ander beamptes van
die beskuldigde met betrekking
tot die vuurwapen nie. Die getuie was
verbaas om te verneem dat die vuurwapen nie verbind is met die
patroondoppies gevind op die
toneel te Spoonbillstraat nie aangesien
hy aanvaar het dat die beskuldigde se vuurwapen op die toneel gebruik
is. Die bewysstukke
gevind te Spoonbillstraat toneel kon nie verbind
word met enige ander misdaad nie.
Amor
Amina Basa-Habib
[116]
Die getuie is 'n sersant in die SAPD, en is gestasioneeer by die
regswetenskaplike labratorium as n assistant forensiese ontleder.
[117]
Sy ontvang die sakke wat na die labratorium versend word, sny die
bewyssakke oop, en registreer die monsters. Daarna verpak
sy die
monsters in koevertjies wat sy dan in die labratorium dossier plaas.
Sy was betrokke by die saak wat onder die nommer CAS326/01/'08
na die
laboratorium verwys was, en het sy ook n artikel 212 verklaring in
verband daarmee afgele. Haar rol was bloot om die monsters
oop te
maak. Die 'DNS-span' voer die toetse daarop uit. Al die monsters wat
sy in hierdie saak ontvang het was verseel. Ten opsigte
van paragraaf
3.1.1. van haar verklaring meld die getuie dat die verwysingsnommer
op die inventarisvorm ook n unieke nommer is.
[118]
Die inventarisvorm word aan die dossier vasgemaak. Die monsters sal
binne die insamelingstel te vinde wees. Daarna maak sy
die dossier
oop, onder n unieke seelnommer en handig dit oor aan hul
administratiewe komponent, wat op sy beurt die dossier oordra
vir DNS
toetse.
[119]
Die getuie is 'n adjudant-offisier in die SAPD, en is gestasioneeer
by die regswetenskaplike laboratorium te Delft. Sy diensrekord
beloop
reeds ses jaar.
[120]
Hy is getaak met die opstel van verslae oor sy interpretasie van die
uitslae van DNS monster ontledings.
[121]
Die monsters word deur n proses gevoer wat verskillende prosedure
deur verskillende laboratoria behels. Ten slotte word die
DNS
profielsamestelling uitgevoer. Daarna bestudeer die getuie die
uitslae, en vergelyk dit met misdaadstoneel monsters om vas
te stel
of hulle ooreenkom.
[122]
Die prosedure wat volg op die regswetenskaplike laboratorium se
ontvangs van bewysstukke is langdurig van aard. Die bewysstukke
word
ontvang, op die register ingeskryf, in n dossier geplaas en aan n
ontleder oorgedra vir die uitvoer van voorlopige toetse
om vas te
stel of daar, byvoorbeeld, bloed, hare of semen teenwoordig is.
[123]
Waar daar negatiewe uitslae bekom is, word die ter saaklike
bewysstukke na die argief geneem vir berging. Waar daar positiewe
uitslae bekom is, word die ter saaklike bewysstukke eers by die
administratiewe komponent ingeskryf, en dan vir DNS ontleding
versend.[124] Die positiewe gevalle word dan aan verskillende
ontleders oorgedra. Op die manier het die getuie, soos hy in
paragraaf
3.1 van sy verklaring meld, die leer wat op Kleinvlei
CAS326/01/'08 betrekking het, in ontvangs geneem.
[125]
Hy het toe die seels gebreek en vasgestel welke van die monsters hy
vir ontleding sou gebruik. Hy gebruik nooit al die monsters
nie. Hy
het unieke stafkodes op die monstersakkies aangebring, en in
verskillende koeverte geplaas, afhangend van die aard van
die
be-oogde ontleding wat op elk uitgevoer sou word. Daarna het hy die
monsters na die uitreikkingslaboratorium gestuur vir die
trek van DNS
uit hul selle. DNS is uniek aan elke persoon.
[126]
Die laboratorium maak gebruik van die sogenaamde 'STR' (short tandem
repeat) tegniek. Tien areas op die molekule word vergelyk
met die
dienooreenkomstige gedeeltes van die misdaadstoneel monsters asook n
kontrolemonster, om vas te stel of daar 'n ooreenstemming
is.
[127]
Daar moet n ooreenstemming van alle tien 'merkers' wees, anders word
die vergelyking as nie ooreenstemmend beskou.
[128]
Waar daar wel n ooreenstemming gevind word, word n statistiese
waardebepaling daaraan geheg, om die skaarsheid van die profiel
binne
die Suid Afrikaanse bevolking aan te dui. Die bepaling neem die
algemene verspreiding van die tien 'merkers' in ag, en by
die
berekening word daar ook gebruik gemaak van die sogenaamde 'produk
reel'.
[129]
Die DNS toestelle wat by die regswetenskaplike laboratorium gebruik
word sal nie positiewe uitslae lewer indien die monsters
nie a) van
menslike oorsprong, en b) 'n liggaamlike vloeistof, is nie.
[130]
Die keuringsprosedure wat deel is van die voorlopige toetse sal
vasstel of liggaamlike vloeistof teenwoordig is al dan nie.
[131]
Ten einde n vergelyking te maaak moet die ontleders van beide n
bekende monster van n ge-identifiseerde oorsprong sowel as
n
misdaadstoneel monster van 'n onbekende oorsprong, voorsien word.
[132]
Elke laboratorium maak gebruik van n verskeidenheid standaarde wat op
hul bedryfsprosedures toegepas word om die gehalte van
uitslae te
beheer. Beide n positiewe en n negatiewe toets word ook gebruik om
monsters mee te vergelyk. Indien 'n negatiewe uitslag
gelewer word
weet hulle dat daar met die monster gepeuter was. Waar daar egter 'n
positiewe uitslag gelewer word, weet hulle dat
die monster vir DNS
ontleding gebruik kan word. Die getuie se werk word ook hersien deur
n kollega.
[133]
Die getuie het 6 van Inspekteur Joubert se 10 monsters laat neem vir
toetse. Slegs 3 daarvan het positiewe uitslae gelewer
en derhalwe het
hy slegs daardie 3 gebruik. Van die ander 3 het een nie 'n resultaat
gelewer nie, een nie 'n genoegsame resultaat
gelewer nie en een n
mate van vermenging getoon.
[134]
Verder bevestig die getuie die inhoud van sy verklaring, asook die
prosedure wat hy gevolg het. Hy bevestig dat die bloed
van die
beskuldigde nie getoets was nie. Hy bevestig dat die DNS van monster
bloed wat hy gekry het vanuit die Corsa motor ooreenstem
met die DNS
van die oorledene.
Marius
Petrus Joubert
[135]
Die getuie is 'n misdaadtoneel ondersoeker verbonde aan die
Biologiese Eenheid van die Forensiese Wetenskaplaboratorium te
Delft,
Wes Kaap. Hy is die afgelope 19 jaar in die diens van die
Suid-Afrikaanse Polisie Diens en beklee die huidige rang van kaptein.
Die getuie bevestig sy kwalifikasies en indiensopleiding soos
uiteengesit in paragraaf 2 van Bewysstuk
"G",
naamlik
'n beedigde verklaring deur hom saamgestel. Volgens Kaptein Joubert
het hy opdrag ontvang in Kleinvlei CAS 326/01/08 om
'n wit Opel Corsa
CF 112-225 te ondersoek te Springbokstraat, Eersterivier vir
biologiese bewysstukke. Die getuie bevestig die
wyse waarop hy te
werk gegaan het om die voertuig te ondersoek, die bewysstukke te
versamel, te verpak en bewaar asook die resultaat
van voorlopige
toetse op die bewysstukke soos meer volledig mee gehandel in
paragrawe 3, 4, 6, 7 (8) en 9 van Bewysstug
"G".
[136]
Die getuie het ook 'n uiteensetting gegee van die reeks foto's deur
hom op die toneel geneem aan die hand van die sleutel
voorsien.
[137]
Volgens Kaptein Joubert is dit moeilik om met enige sekerheid aan te
dui wat die werklike verspreiding van die bloed was aangesien
die
bloed deur die skoonmaakproses versprei kon gewees het alvorens hy
die geleentheid gehad het om die ondersoek van die voertuig
te doen.
So ook kon die besmetting van die pedale in die voertuig met bloed
deur die skoonmaakproses geskied het. 'n Ander moontlikheid
is dat
die bestuurder van die voertuig in bloed getrap het. Die getuie dui
aan dat die grootste versameling van bloed voorgekom
het agter die
voorste sitplek aan die passasierkant op die mat. Die getuie het geen
verdere skade aan die voertuig waargeneem nie.
Die spieels aan beide
voorkante van die motor soos vertoon op foto's 3 en 5 is soos
aangetref deur die getuie.
[138]
Kaptein Joubert getuig verder dat hy 'n mes en 'n stel handboeie in
die deurpaneel aan die bestuurder se kant van die motor
aangetref het
by die motorwassery. Die deurpaneel waar die voorwerpe aangetref is,
verskyn op foto 8. Nadat die getuie die mes
getoets het vir die
teenwoordigheid van vermoedelike bloed en 'n negatiewe resultaat
gekry het, is die mes en boeie teruggeplaas
waar dit gevind is.
Volgens die getuie is hy ingelig deur die ondersoekbeampte Gavin
Meyer dat die slagoffer geskiet is en aangesien
die mes negatief
getoets het vir vermoedelike bloed was dit nie vir hom van verdere
belang as n bewysstuk in sy ondersoek nie.
Sy ondersoek was
uitsluitlik 'n forensiese ondersoek. Volgens die getuie het hy die
mes met handskoene hanteer. Hy het geen tekens
gevind dat pogings
aangewend is om die motor of voorwerpe vir vingerafdrukke te toets
nie.
[139]
Die Staat het toe hul saak gesluit.[140] Die beskuldigde getuig dat
sy vrou ongeveer n week voor die oortreding beweer dat
die oorledene
se vrou, Mevrou Simonette Swarts haar 'n slet genoem het toe sy verby
die Swarts woning gestap het met haar seun.
Sy vrou het gevra dat hy
iets daaromtrent moet doen. Hy het verstaan dat hy die Swarts gesin
moes nader. Op die Maandag voor die
voorval, het die beskuldigde die
oorledene gebel om n reeling te tref vir die twee egpare om te gesels
oor die aangeleentheid.
Die oorledene het gese dat hy en sy vrou
daardie aand na die beskuldigde se huis sou kom. Hulle het nie gekom
nie.
[141]
Die Donderdag, die dag van die voorval het hy in Spoonbillstraat
afgery op pad om n stuk grond te gaan kyk. Hy het die oorledene
gesien loop in Spoonbillstraat. Die beskuldigde het die oorledene
gegroet en gese dat hy vir hulle gewag het die Maandag en waarom
het
die oorledene en sy vrou nie opgedaag nie. Die oorledene het toe half
aangeloop. Die beskuldigde het uit sy motor geklim en
na die
oorledene gestap. Die beskuldigde het aan die sak van die oorledene
gevat, wat oor die skouer van die oorledene gehang het.
Die oorledene
het die sak losgeruk en dit op die grond neergegooi. Die oorledene
het die volgende woorde geuiter: "Dink jy
dit is soos die laaste
keer wat jy my in my p.... geslaan het voor my vrou en kinders?"
Die oorledene het toe die beskuldigde
voor sy bors gegryp en agteroor
gestoot tot op die voertuig se enjinkap. Die oorledene het toe gese:
"Dit is lankal dat jy
ook met my vrou wil seks he."
[142]
Die beskuldigde beweer dat hy aan die oorledene gese het dat hy mal
in sy kop is, omdat die beskuldigde nie die oorledene
se vrou wil he
nie. Die beskuldigde se hy het toe die oorledene weggestoot van hom.
Die oorledene het toe weer die beskuldigde
genader terwyl hy van plan
was om by die linker pasassiersdeur van sy voertuig in te klim. Die
beskuldigde het die oorledene toe
harder weggestoot. Toe die
beskuldigde halfpad in sy motor geklim het, het die oorledene hom uit
die motor geruk. Die beskuldigde
het in die pad geslinger en geval.
Die oorledene het op hom gespring. Hulle het gestoei in die pad,
terwyl die oorledene bo op
die beskuldigde gesit het. Mnr Sedisa het
toe nader gekom en gevra wat gaan daar aan. Toe die oorledene omkyk,
het die beskuldigde
die geleentheid gekry om die oorledene van hom af
te trap.
[143]
Die oorledene het gehardloop na sy sak wat voor die voertuig gele het
en daarin gekrap. Die beskuldigde het na die voertuig
gehardloop en
sy vuurwapen uitgehaal uit die paneelkissie. Die oorledene het met 'n
mes in sy hand gestaan. Die beskuldigde het
gese: "Norman
moenie, ek gaan jou skiet." Die motor voertuig se deur was
tussen hulle. Die oorledene het die beskuldigde
nog steeds genader en
hy het teen die motorvoertuig se spieel gebots en dit het uitgehaak.
[144]
Die beskuldigde het n rondte afgevuur in die pad as n waarskuwing,
maar die oorledene het net nader gekom. Die beskuldigde
het
onmiddelik na die mes toe geskiet met die hoop dat hy dit uit die
oorledene se hand kon skiet. Daarna het die beskuldigde gehardloop
om
die agterste van die voertuig na die huis van Mnr Sedisa waar hy om
hulp geskree het by die toe deur. Toe die beskuldigde omdraai,
was
die oorledene agter hom by die deur. Die oorledene wou die vuurwapen
bykom wat die beskuldigde hoog bo sy kop in sy linkerhand
gehou het.
Die oorledene het voor die beskuldigde gestaan met sy linkerkant teen
aan die linkerkant van die beskuldigde.
[145]
Die oorledene is effens korter as die beskuldigde. Die beskuldigde
was bewus van die toestand van sy vuurwapen. Omdat hy net
pas 2
rondtes afgevuur het, was die hamer oorgehaal. Die oorledene het die
loop van die vuurwapen agteroor getrek in n afwaartse
rigting terwyl
die beskuldigde se vinger by die sneller was. Die vuurwapen het toe
per ongeluk afgegaan en die oorledene is getref.
Die oorledene het in
mekaar gesak. Die beskuldigde het geskree vir hulp. Hy het paniekerig
geword. Hy het die oorledene na sy motor
gesleep en hom in die
voorste pasassiers sitplek gesit. Die oorledene het skuins teen die
beskuldigde gesit. Die beskuldigde het
die sak gesien naby die deur
van sy motor en het dit en die mes in die motor gesit. Hy het
agteruit gery en regs gedraai in Hadedastraat.
Hy het n skare gesien
op die hoek van Hadeda en Spoonbill strate. Hy wou net die oorledene
na die hospitaal neem. Toe hy by die
hospitaal hek kom, het hy besef
dat die oorledene oorlede was. Hy was geskok en getraumatiseerd.
[146]
Die beskuldigde het besluit om die oorledene se liggaam in die bos by
Ou Faurepad te verplaas. Hy het dit in die bos gesleep.
Hy beweer dat
dit n dom besluit was. Die t-hemp van die oorledene het in die proses
afgekom. Hy het dit naby die liggaam gelos.
Hy het die sak van die
oorledene ook by die liggaam gesit. Hy was bekommerd dat sy vrou
omgekrap sou wees indien sy die bloed in
haar motor sien. Hy het die
Opel Corsa na 'n motorwassery te Springbokstraat geneem. Hy het die
verduideliking gegee aan Mnr Burger
dat hy iemand wat beroof was,
hospitaal toe geneem, het, derhalwe was daar bloed in die motor. Sy
swart shorts, sy bene en hande
het bloed opgehad. Hy het sy hande en
bene skoongemaak by die motorwassery.
[147]
Daarna is hy per huurmotor huis toe. Hy het die sleutels van sy
Nissan bakkie en 3 rondtes ammunisie uit sy motorhuis geneem.
Hy het
na Macassar gery waar hy op die strand gele en slaap het tot ongeveer
2 uur namiddag. Hy het teruggekeer na die motorwassery.
Hulle was nog
besig om die Opel Corsa skoon te maak. Kort daarna het die polisie
opgedaag en hom gearresteer.
[148]
Hy het sy reg op stilswye uitgeofen. Hy het sy prokureur gesien
ongeveer 8 uur die aand. Ongeveer 12 middernag het hy die
uitwysing
van die liggaam van die oorledene gedoen. Hy het ook Superintendent
Nomdo vertel van die besering wat hy op sy elmboog
opgedoen het.
[149]
Die Sondag, toe Inspekteur Gavin Meyer kom het hy gese van die mes
wat in die Corsa se deur paneel was. Hy wou toe die polisie
alles
vertel. Inspekteur Meyer het gese hy moet liewers nie praat nie,
omdat sy advokaat gese het hy moet niks se nie.
[150]
Hy ontken dat hy sy vuurwapen op Mnr Sedisa gerig het. Hy weet nie
wat het met Mnr Sedisa gebeur nadat hy hom op die toneel
te
Spoonbillstraat gesien het nie. Hy beweer dat hy nie die motor gewas
het om die reg te verydel nie. Hy ontken dat hy die oorledene
ontvoer
het. Hy wou hom net hospitaal toe neem.
[151]
Die beskuldigde se dat daar was slegs 3 rondtes afgevuur. Die eerste
een was n waarskuwings skoot in die pad. Die tweede een
was die skoot
in die rigting van die oorledene se hand en dit was ook in die pad en
die derde skoot is die noodlottige skoot by
die deur van Sedisa.
[152]
Hy is n aktiewe lid van die kerk en hy was n Sondagskool onderwyser
saam met die oorledene en Mev Swarts. Hy was onderdiaken
by die kerk.
Hy en die oorledene het slegs mekaar gegroet by die kerk nadat hy
uitgevind het van die verhouding tussen sy vrou
en die oorledene.
[153]
Hy ontken dat hy en sy vrou goed bevriend was met die oorledene en
Mevrou Swarts. Hy beweer dat slegs die vrouens was goed
bevriend.
Nadat sy vrou hom vertel het van die verhouding, het hy die oorledene
gekonfronteer in sy huis, maar hy het nie oorledene
geslaan nie. Hy
beweer dat hy en die oorledene op die banke gestoei het.
[154]
Hy se die oorledene het sy staffie honde geroep om op die beskuldigde
te sit. Die oorledene het toe uit sy huis gehardloop.
Hy ontken dat
die oorledene se bloed gevloei het. Sy advokaat het nie betwis dat hy
die oorledene geslaan het nie. Hy het slegs
betwis dat hy n golfstok
gehad het.
[155]
Die beskuldigde, sy vrou, die oorledene en sy vrou het gegaan na
Priester Swarts vir versoening. Die beskuldigde se dat hy
die
oorledene gegroet het na die versoening geeindig het.
[156]
Gedurende kruisondervraging se hy dat hy nie met die oorledene op die
betrokke dag gesels het oor die verhouding nie, alhoewel
sy advokaat
die teendeel gestel het aan Mnr Sedisa.
[157]
Hy se hy kon nie in sy motor klim en wegry toe die oorledene sy sak
neergooi nie omdat die oorledene hom uit die motor getrek
het. Hy kon
nie verduidelik waarom hy die oorledene twee maal kon wegstoot en een
maal weg trap, maar hy kon nie wegkom van die
oorledene toe hy hom
nader met n mes nie.
[158]
Sy advokaat het dit aan Mnr Sedisa gestel dat die oorledene het die
Corsa se spieel gebreek terwyl die oorledene hom uit die
motor trek.
Die bekuldigde beweer dit was nie gebreek nie, maar dit het slegs
uitgehaak toe die oorledene hom nader met n mes.
[159]
Toe die oorledene hom nader met die mes in sy hand, het die
beskuldigde agteruit getree. Hy het eers n waarskuwingskoot afgevuur.
Toe hy die skoot in die rigting van die oorledene se regter hand
afvuur was hulle ongeveer een en n half meter weg van mekaar met
die
motor deur tussen hulle.
[160]
Hy beweer dat hy nie geweet het of die oorledene in sy hand getref
was nie en of hy die mes laat val het nie. Derhalwe het
hy gehardloop
na Mnr Sedisa se voordeur. Sy advokaat het dit aan Mnr Sedisa gestel
dat die oorledene die mes laat val het.
[161]
Hy se hy het nie geklop aan Mnr Sedisa se deur nie, terwyl Sedisa se
dat iemand aan sy deur gekap het.
[162]
Hy beweer dat daar moontlik tatooering op die oorledene se kopvel
afwesig is weens sy hare.. Dit was egter nooit aan Dr Chong
gestel
nie.
[163]
Sy advokaat het dit nooit aan Sedisa gestel dat die beskuldigde om
hulp geskree het nadat die laaste skoot afgevuur was nie,
maar die
beskuldigde beweer dat hy om hulp geskree het nadat die laaste skoot
afgevuur was. [164] Die beskuldigde se dat die oorledene
hom nooit
gedreig het nie. Hy se ook dat die oorledene nooit voorheen hom
beskuldig het van n verhouding met die oorledene se vrou
nie. Hy
beweer dat hy en Mev Swarts baie grappies gemaak het met mekaar maar
die oorledene het nie gese dat dit n probleem was
nie. Dit was ook
nie aan Mev Swarts gestel nie.
[165]
Hy ontken dat hy voor die skool geparkeer het om ses uur die oggend
twee dae voor die voorval. Hy kon moontlik 13h00 voor
die skool
geparkeer het.
[166]
Hy het n sielkundige geraadpleeg en boeke gelees om hom te help nadat
hy uitgevind het van die verhouding. Hy beweer hy was
nie meer kwaad
oor die verhouding toe die voorval gebeur het nie.
[167]
Hy betwis wat Mev Swarts se hy aan haar dogter gese het oor hy haar
vader wou straf. Sy advokaat het dit egter nie betwis
toe hy Mev
Swarts kruisondervra.
[168]
Hy beweer dat Mnr Sedisa se huis die naaste was omdat Mnr October se
huis n hoe heining om dit het en die voordeur is in Hadedastraat.
Mnr
October het getuig dat sy heining nie hoog was nie.
Yanga
October
[169]
Die getuie woon te Hadedastraat 1, Eersterivier. Op 10 Januarie 2008
was die getuie in die sitkamer van sy woning waar hy
besig om
televisie te kyk toe hy mense buite hoor. Die getuie het twee persone
gehoor argumenteer. Die getuie kon nie volg waaroor
die persone
argumenteer nie maar het duidelik gehoor die een persoon het aan die
ander gese "Ek sal jou skiet". Die getuie
het toe 'n skoot
gehoor. Ongeveer 15 tot 20 sekondes later het twee verdere skote
gevolg. Op hierdie stadium het die getuie na
buite gegaan en eers
afgekyk in Hadedastraat maar niks gesien nie. Die getuie het toe'n
wit Corsa motor gesien ongeveer 3 tot 4
meters van hom af, wat
agteruit gery het in Spoonbillstraat waar Spoonbillstraat "n
T-aansluiting maak met Hadedastraat. Die
motor het toe opgedraai in
Hadedastraat. Die getuie het die bestuurder van die motor gesien wat
hy nie op daardie stadium herken
het nie sowel as die passasier op
die voorste sitplek wat agteroor gestel was. Die passasier was onder
andere geklee in blou jeans.
[170]
Die kant van die huis waar die getuie woon, front aan Spoonbillstraat
terwyl die voorkant van die huis front aan Hadedastraat.
Die
agterdeur van die huis is aan die kant wat front aan Spoonbillstraat.
Die stryery het gekom uit Spoonbillstraat.
[171]
Die getuie het nie enige persoon om hulp hoor roep voor die skote
afgevuur is of daarna nie. Normaalweg hoor die getuie nie
wat gebeur
op Mnr Sedisa se perseel nie. Die getuie hoor wel persone wat in
Spoonbillstraat verby loop en praat aangesien die huis
se agterdeur
in daardie rigting front. Die huis is omhein met 'n baksteen muur
ongeveer heuphoogte.
[172]
Die getuie het later uitgebrei met betrekking tot sy waarnemings oor
die skote gevuur. Die tweede en derde skote het verder
weg geklink as
die eerste skoot. Die tweede en derde skote het mekaar onmiddellik
gevolg. Ongeveer 1% minute het verstryk vandat
die laaste skoot
gevuur is totdat die getuie die motor agteruit sien ry het. Die
getuie het nie onmiddellik na buite gegaan na
die derde skoot nie
maar eers gehuiwer en toe eers afgekyk in Hadedastraat. Die getuie
het een deur van die Corsa motor hoor toeslaan.
Herroep
van Simonette Swarts
[173]
Die getuie ontken dat sy 'n paar dae voor die voorval vir Mev Snyders
gese het dat sy 'n slet is. Sy het nooit vantevore so-iets
gese nie.
Daar is gewoonlik baie mense by haar huis. Dalk kon een van hulle,
sonder haar medewete, so-iets gese het. Mev Snyders
het gewoonlik
verby haar woning gery. Slegs toe haar man in die gevangenis was, het
sy verby die huis geloop.
Vanessa
Iris Snyders
[174]
Mev Snyders eggenote van die beskuldigde, getuig dat sy met haar
agtjarige seun, voor die oorledene se huis verbygeloop het
oppad na
haar eie huis, toe die vrou van die oorledene, Simonette Swart wat by
die voorhekkie gestaan het die woord "slut"
(slet)
uitgeroep het. Soos die getuie aangeloop het het Mev Swarts al harder
die woord herhaal. Volgens die getuie het sy haarself
beheer en
huistoe geloop. By die huis het sy begin huil. Toe die beskuldigde
die aand merk dat iets skort het sy hom van die voorval
vertel en
gevra dat hy iets daaromtrent doen.
[175]
Volgens die getuie was daar 'n goeie verhouding tussen haar en die
oorledene se vrou voordat dit bekend geword het dat daar
'n
verhouding was tussen die getuie en die oorledene. Die verhouding het
versuur en volgens die getuie het Mev Swarts haar nie
gegroet by die
kerk nie. Uiteindelik het die twee egpare 'n beradingsessie bygewoon
by Priester Swarts aan huis. Daarna was die
getuie en die beskuldigde
'n paar keer alleen by Priester Swarts en was hulle vir
huweliksberading by 'n sielkundige. Die beskuldigde
het 'n reeks deur
Dr James Dobson en ander literatuur oor die onderwerp bekom wat hulle
saam as egpaar bestudeer het.
[176]
Mev Snyders het getuig met betrekking tot die verhouding tussen die
beskuldigde en oorledene voordat die verhouding bekend
geraak het.
Die egpare was vriende gewees en het gereeld gekuier . Dit het
ingesluit beide sosiale- en kerkgeleenthede.
[177]
In kruisondervraging het die getuie volgehou dat Mev Simonette Swarts
haar 'n slet genoem het toe sy gekonfronteer is met
Mev Swarts se
ontkenning van die voorval . Volgens die getuie sou die voorval
plaasgevind het op die Woensdag in die week voor
die oorledene se
dood.
[178]
In kruisondervraging het die getuie beweer dat sy nie kennis gedra
het van reelings wat die beskuldigde met die oorledene
getref het vir
'n ontmoeting op die Maandag nie. Sy het ook nie haar man gevra of hy
voldoen het aan haar versoek om iets te doen
oor die voorval tussen
haar en die oorledene se vrou nie. Mev Snyders bevestig dat so iets
nie vantevore plaasgevind het tussen
haar en Mev. Simonette Swarts
nie.
[179]
Die getuie kon geen lig werp op die beskuldigde se bewegings die
oggend van die oorledene se dood nie. Volgens haar het sy
en die
beskuldigde die vorige aand tot laat televisie gekyk . Sy het hom nie
die oggend gesien nie en het hom daardie dag vir die
eerste keer by
die polisiestasie gesien in die namiddag.
Getuienis
waar oor geen verdere afleidings gemaak kan word nie
[180]
Sersant Langa se dat die patroondoppie op die toneel gevind wat sy
getoets het was nie afgevuur uit die diens pistool van
die
beskuldigde waarop beslag gele is nie. Die polisie het nie hierdie
aspek verder ondersoek nie. In die lig van die beskuldigde
se
erkenning dat die noodlottige skoot afgevuur was van n vuurwapen in
sy besit, is dit nie nodig om verder daarmee te handel nie.
[181]
Die getuies Carolus, Plaatjies en Fiona Swarts het getuig oor die
beskuldigde wat na bewering onder n boom by die nabye skool
geparkeer
het op 3 geleenthede kort voor die voorval. Hulle spekuleer bloot
waarom die beskuldigde daar was. Dit het nie n voldoende
basis
daargestel vir enige implisering van die beskuldigde nie.
Evaluering
van Mnr Sedisa
[182]
Hy het sy
viva
voce
getuienis
glad nie weerspreek nie. Hy het kruisondervraging deurstaan. Sy
getuienis was deurgans konsekwent. Hy het van sy weergawe
in sy
getuie verklaring afgewyk in wesenlike opsigte, maar hy het n billike
verduideliking daarvoor gegee. Die verdediging aanvaar
dat hy n
beperkte kennis van Afrikaans het. Dit is bevestig deur Page,
Grobbelaar en Tyhalisiso. Page getuig dat hy deur die verklaring
gegaan het met die getuie nadat hy dit neergeskryf het. Page is egter
Afrikaans sprekend en dit klaar nie die moontlikheid van
'n gebrek in
kommunikasie op nie. Tyhalisiso se hy het ook deur die verklaring
gegaan met die getuie in Xhosa. Aangesien die getuie
Sotho sprekend
is, help dit ook nie om die kommunikasie probleem op te los nie.
[183]
Grobbelaar se getuienis oor die getuie se weergawe van die voorval en
die getuie se skok toestand staaf die
viva
voce
getuienis
van Sedisa in bree trekke.
[184]
Die beskuldigde staaf Sedisa se bewering dat die beskuldigde en die
oorledene besig was om te baklei in Spoonbillstraat naby
'n wit Opel
Corsa toe die getuie hulle aantref. Dit is gemeensaak dat die
bekuldigde n vuurwapen in sy hand gehou het op 'n stadium
gedurende
die voorval, dat daar 3 skote afgevuur is, dat daar ten minste n
skoot by die getuie se deur af gevuur was, dat die beskuldigde
die
oorledene gesleep het en in die Opel Corsa gelaai het en dat die
beskuldigde toe weggery het.
[185]
Mnr Yanga October staaf Mnr Sedisa se getuienis dat die eerste skoot
afgevuur was en dat daarna was die tweede en derde skote
afgevuur
onmiddelik na mekaar. Mnr Sedisa se die tweede en derde skote was
afgevuur voor sy deur. Mnr October se die tweede en
derde skote was
afgevuur verder weg van hom as die eerste skoot en hy skat n
tydsverloop tussen die eerste skoot en die tweede
skoot van 15 tot 20
sekondes. In daardie opsig, staaf October, Sedisa se getuienis van
twee skote voor sy deur. Sedisa se optrede
om weg te hardloop in sy
huis, strook met sy getuienis dat die beskuldigde n vuurwapen op hom
gerig het. Die beskuldigde het nie
n ander moontlike rede gegee
waarom Sedisa weg was van die toneel nie. Hy se bloot dat hy nie weet
wat het van Sedisa geword nie.
[186]
Alhoewel Mnr Sedisa 'n enkel getuie is omtrent sekere aspekte van die
omstandigheids getuienis, is daar voldoende waarborge
in die
getuienis van die beskuldigde, Mnr Grobbelaar en Mnr October.
[187]
Sedisa se hy het 'n geraas gehoor tussen 08h00 en 08h15. Grobbelaar
was 8h50 op die toneel. Burger ontvang die motor by sy
wassery tussen
09h30 en 10h00 voormiddag. Die beskuldigde het sonder veel huiwering
ontslae geraak van die liggaam tussen 08h15
en 09h30. As gevolg
daarvan kan sy verduideliking dat hy die liggaam verwyder het omdat
hy geskok was nie aanvaar word nie.
Evaluering
van Yanga October
[188]
Yanga October blyk 'n objektiewe betroubare getuie te wees. Hy blyk
nie enige belang by of die beskuldigde of die oorledene
te he nie.
Mnr. October was 'n staatsgetuie wat aan die verdediging beskikbar
gestel is en blyk 'n betreklik onafhanklike getuie
te wees. Hy het
vanuit die veiligheid van sy woning en werf sekere waarnemings gemaak
en sekere dinge gehoor en sy getuienis bevat
geen weersprekings nie.
Evaluerinq
van die Beskuldigde
[189]
By oorweging van die beskuldigde se getuienis blyk dit dat sy
getuienis nie alleen weersprekings bevat nie maar dat daar ook
teenstrydighede voorkom tussen sy getuienis en wat gestel is ten
behoewe van hom aan getuies. Sekere wesenlike aspekte van sy
getuienis blyk ook onwaarskynlik te wees en onversoenbaar met
getuienis deur veral Sedisa en October, welke getuies mekaar staaf
in
wesenlike opsigte
[190]
Die beskuldigde het na bewering op 3 geleenthede op die betrokke dag,
die oorledene weggestoot van hom. Daar is geen rede
waarom hy nie van
die oorledene kon wegkom deur om vinnig in sy motor te klim, die
deure te sluit en n oproep te maak aan die polisie
vir hulp, of om
weg te ry of om ver weg te hardloop na n ander plek nie. Die
beskuldigde het sy siening oor weghardloop duidelik
uitgedruk. Hy se
hy het verkies om weg te hardloop na Mnr Sedisa se huis toe "soos
'n lafaard."
[191]
Toe die beskuldigde merk dat die oorledene nie met hom wou praat nie,
wou hy die oorledene fisies dwing om op te hou wegloop
deur sy sak
vas te hou . derhalwe kan die afleiding gemaak word dat die
beskuldigde se siening was dat die oorledene hom moes gehoorsaam.
Hierdie houding strook ook met die woorde wat die beskuldigde geuiter
het aan die oorledene se dogter dat hy die oorledene moes
straf.
[192]
Dit blyk onwaarskynlik te wees dat die oorledene die beskuldigde wat
met 'n vuurwapen bewapen was sou aanval of hom selfs
fisies sou
verset het. Dit is opmerklik hoe die beskuldigde hom distansieer van
enige geweldadige optrede deur homself in die verlede
en op die dag
van die voorval. Mev Swarts getuig van sy aanranding op haar man en
die voorval met die golfstok Carolus getuig van
sy aggressiewe
houding met die plank.
[193]
Toe die beskuldigde sien dat die oorledene aanloop, kon hy net in sy
motor klim en wegry. Dit sou die gewone optrede wees
van n persoon
wat nie kwaad en ontsteld was nie. Die beskuldigde se dat hy nie weet
wat het hom laat uit sy motor klim nie. Die
getuies Sedisa en October
het beide harde stemme gehoor praat. Dit is nie die optrede van 'n
persoon wat kalm was nie. Dit is die
optrede van n aggressiewe mens.
[194]
Die beskuldigde se verduideliking dat Sedisa op die toneel gekom het
toe hy op die grond le met die beskuldigde bo op hom
en dat Sedisa
dit verwar met die beskuldigde wat die oorledene in die motor wou
dwing gaan nie op nie.
[195]
Die beskuldigde se getuienis is dat hulle op die grond gestoei het
ongeveer 3 meter weg van die motor. Mnr Sedisa het gese
dat beide die
beskuldigde en die oorledene het gestaan toe hy hulle aantref. Dit is
hoogs onwaarskynlik dat Mnr Sedisa so verward
kon wees.
[196]
Dr Chong verduidelik dat die oorledene die funksionaliteit in sy
regter hand sou verloor na die koeel sy hand getref het.
Die
oorledene sou natuurlik die wond in sy hand as pynlik ervaar. Hy sou
geaarsel het en sou heel moontlik sy hand vasgehou het.
Tog se die
beskuldigde dat die oorledene hom om die agterkant van sy motor
agterna gesit het en hom gekonfroteer het by Sedisa
se voordeur.
[197]
Dit is ook onwaarskynlik dat die oorledene sou kon worstel met die
beskuldigde by die huis se deur met een ernstige beseerde
hand en nog
daarin slaag om die vuurwapen af te trek met een hand. Die oorledene
kon nie 'n ernstige gevaar daargestel het in daardie
toestand nie. Hy
het in elk geval geen mes gehad om die beskuldigde mee te dreig daar
by Sedisa se deur nie.
[198]
Die beskuldigde gee geen beskrywing oor waarom hy nie kon weg
hardloop van die deur nie. Hy se nie dat die oorledene hom vasgekeer
het en dat hy geen ander uitweg gehad het nie. Sy weergawe ontbreek
aan n verduideliking oor waarom hy nie die afvuur van die laaste
skoot kon vermy nie.
[199]
Dit is baie onwaarskynlik dat die oorledene wat op daardie stadium n
vuurwapen wond in sy hand opgedoen het, die beskuldigde
sou agterna
sit. Dit volg dat die beseerde, naamlik die oorledene eerder as die
beskuldigde Sedisa se hulp wou ontbied. Die beskuldigde
beweer hy het
nie aan Sedisa se deur geklop nie. Dit is teenstryding met Sedisa se
getuienis dat die persoon wat om hulp kom vra
het, het aan sy deur
gekap.
[200]
Die beskuldigde se weergawe dat hy n waarskuwingskoot in die teer op
die pad geskiet het kan gevolglik nie waar wees nie.
Daar is ook nie
n koeel merk in die pad gevind nie. Mnr October het net een skoot
naby sy huis gehoor.
[201]
Die beskuldigde se bewering dat hy geskok en getraumatiseerd was van
die tyd toe die oorledene in mekaar sak na die noodlottige
skoot,
strook nie met sy optrede op daardie tyd nie. Hy het rasioneel
opgetree deur die oorledene se liggaam van die toneel te
verwyder,
die oorledene se handsak en mes op te tel, die sak by die liggaam van
die oorledene te los, die mes in sy motor te los,
die motor te laat
was, om n heelwat moontlike rede te gee aan Mnr Burger vir die bloed
in die motor, om 3 rondtes in sy vuurwapen
te vervang en om vir 4 ure
by die strand te Macassar te le en slaap. Dit is glad nie die optrede
van n persoon wat so geskok is
dat hy nie helder kan dink nie.
[202]
Sedisa se hy het n geraas gehoor tussen 08h00 en 08h15. Grobbelaar
was 8h50 op die toneel. Burger ontvang die motor by sy
wassery tussen
09h30 en 10h00 voormiddag. Die beskuldigde het sonder veel huiwering
ontslae geraak van die liggaam tussen 08h15
en 09h30. As gevolg
daarvan kan sy verduideliking dat hy die liggaam verwyder het omdat
hy geskok was nie aanvaar word nie.
[203]
Indien hy betrokke was in 'n skietery wat per ongeluk gebeur het, kon
hy die polisie bel en die liggaam en mes op die toneel
los vir die
polisie om self die bewyse te sien van hoe die skietery gebeur het.
As 'n polisie beampte, weet hy dat hy bewyse nie
moet verwyder nie.
Dr Chong het getuig dat die oorledene binne sekondes sou sterf. Die
beskuldigde kon dus sien toe hy die oorledene
in sy motor laai, dat
hy leweloos was en nie meer asem gehaal het nie. Dit is bloot
gerieflik vir die beskuldigde om nou te beweer
dat hy die oorledene
hospitaal toe wou neem. Hy het 2 skote by Sedisa se deur afgevuur.
Dit is die optrede van iemand wat die oorledene
wou bykom ten alle
koste.
[204]
Mnr October bevestig Mnr Sedisa se getuienis dat een skoot alleen
eers afgevuur is en dat twee verder skote later afgevuur
is met die
tweede en laaste skote onmiddelik na mekaar. Mnr October se ook dat
die tweede en derde skote verder weg van sy huis
afgevuur was.
Derhalwe was twee skote afgevuur by die deur van Sedisa. In die lig
hiervan moet die beskuldigde se weergawe van
een skoot wat per
ongeluk afgevuur is by die deur verwerp word.
[205]
Die logiese gevolgtrekking is dat die beskuldigde wou verhoed dat die
oorledene weg kom. Die beskuldigde was roekeloos oor
die gevolge vir
die oorledene. Derhalwe het die beskuldigde bedoel om die oorledene
raak te skiet.
[206]
Die hof aanvaar die weergawe van die staat omdat dit duidelik bo
redelike twyfel bewys is dat die beskuldigde die oorledene
gedood het
deur om hom koelbloedig met n vuurwapen te skiet deur sy kop nadat hy
alreeds die oorledene geskiet het in sy regter
hand in so n mate dat
hy nie sy hand kon gebruik op daardie stadium nie en nadat hy n
vorige skoot by die deur afgevuur het.
[207]
Die staat se omstandigheidsgetuies, gepaard met die beskuldigde se
artikel 220 erkennings en sy optrede na die voorval, bewys
bo
redelike twyfel dat die beskuldigde direk die dood van die oorledene
veroorsaak het deur sy doelbewuste, blaamwaardige optrede.
[208]
Derhalwe moet die beskuldigde se weergawe verwerp word as nie
moontlik redelik waar nie. Sy weergawe verswak geensins die
saak van
die staat nie.
[209]
Nugent J in
S
v Van der Meyden 1999 (1) SASV 447 (W)
1999 (2) SA 79
druk
dit uit soos volg: op 449f - 450b:
'It
is difficult to see how a defence can possibly be true if at the same
time the State's case with which it is irreconcilable
is 'completely
acceptable and unshaken'. The passage seems to suggest that the
evidence is to be separated into compartments, and
the 'defence case'
examined in isolation, to determine whether it is so internally
contradictory or improbable as to be beyond
the realm of reasonable
possibility, failing which the accused is entitled to be acquitted.
If that is what was meant, it is not
correct. A court does not base
its conclusion, whether it be to convict or to acquit, on only part
of the evidence. The conclusion
which it arrives at must account for
all the evidence .
The
proper test is that an accused is bound to be convicted if the
evidence establishes his guilt beyond reasonable doubt, and the
logical corollary is that he must be acquitted if it is reasonably
possible that he might be innocent The process of reasoning
which is
appropriate to the application of that test in any particular case
will depend on the nature of the evidence which the
court has before
it. What must be borne in mind, however, is that the conclusion which
is reached (whether it be to convict or
to acquit) must account for
all the evidence. Some of the evidence might be found to be false;
some of it might be found to be
unreliable; and some of it might be
found to be only possibly false or unreliable; but none of it may
simply be ignored."
(Sien
ook:
S
v Trainor 2003 (1) SASV 35 (HHA) te 40h - 41a; S v Van Aswegen 2001
(2) SASV 97 (HHA)te 101b.)
[210]
Die staat het toegegee dat dit nie die bewyslas gekwyt het nie ten
opsigte van die menseroof en regs verydeling klagtes nie.
Die
beskuldigde word dus onskuldig bevind op klagtes
1,
die
van menseroof en klagte 3, die van regsverydeling.
[211]
Die beskuldigde word dus skuldig bevind aan aanklag 2, die van moord.
ALLIE,
J