Pekeur v S (A39/2010) [2010] ZAWCHC 392 (7 May 2010)

80 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Identification — Reliability of identification evidence — Appellant convicted of robbery based on identification by single witness — Witness identified appellant from photo album and in court — Appellant's alibi contradicted by witness testimony — Trial court found witness credible and reliable despite being a single witness — Appeal against conviction based on alleged misidentification — Court upheld trial court's findings, emphasizing the need for careful consideration of identification evidence, including factors such as lighting and witness opportunity for observation — Conviction affirmed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 392
|

|

Pekeur v S (A39/2010) [2010] ZAWCHC 392 (7 May 2010)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
A39/2010
DATUM:
7
MEI 2010
In
die saak tussen:
DENWIL
PEKEUR
…................................................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
…........................................................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
BOTHA.
AJ
:
Appellant
het voor die streekhof in Hermanus tereggestaan op 'n aanklag van
roof met verswarende omstandighede, deurdat hy op
1 Desember 2008 te
Onrusrivier, Hermanus, wederregtelik en opsetlik vir Andre Botha
("Botha"), 'n 17-jarige manspersoon,
met 'n mes gedreig en
horn oorreed het om sy Nokia selfoon en R420.00 kontant aan horn te
oorhandig. Hy het onskuldig gepleit
en sy prokureur het aangedui dat
sy verweer een is van 'n totale ontkenning. Dit het later geblyk dat
hy op 'n alibi as verweer
gesteun het.
Botha
en konstabel Craig Philander het namens die Staat
getuig
en appellant en sy suster, Juanika Pekeur, het namens die
verdediging getuig. Na afloop van die verhoor is appellant skuldig

bevind en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf, waarvan vyf jaar
opgeskort is. Appellant het na hierdie 5 afdeling appel aangeteken

en hy kom nou in hoer beroep met verlof van die hof a
quo
teen
sy skuldigbevinding en vonnis.
Die
voorval wat tot appellant se skuldigbevinding aanleiding gegee het,
het op die laat aand van 1 Desember 2008 om ongeveer kwart
voor tien
die aand plaasgevind toe Botha en 'n vriend, ene Ricus du Toit,
vanaf sy ouerhuis op die grens van Onrus en Vermont
op pad was na
die Seven Eleven Supermark. Volgens Botha het hulle verder op in die
straat waarin hulle gestap het 'n persoon
in dieselfde rigting as
hulle sien stap. Dit het vir horn voorgekom asof die persoon
stadiger begin stap het en dat hy hulle
half ingewag het. Toe hulle
by horn gekom het, het hy met hulle begin gesels oor perlemoen en
dagga.
Hulle
het aangestap en die onbekende persoon het besluit om hulle te
vergesel. Hulle het selfoonboodskappe gestuur, maar voordat
Botha sy
vriend se waarskuwingsboodskap kon lees, het die onbekende man horn
aan sy skouer geruk en horn omgedraai. Hy het 'n
mes teen sy maag
gehou en horn versoek
om
sy selfoon aan horn te oorhandig. Volgens Botha het hy heeltemal
"uitge-zone" toe hy sy selfoon aan die man oorhandig
net.
Die man het horn toe gevra of hy geld gehad het en alhoewel hy,
volgens horn, nie eintlik geweet het wat om te se nie, het
hy
nogtans nee gese. Daarop het die man sy beursie uit sy agtersak
probeer haal en toe hy nie die sak se knoop kon uithaak nie,
het hy
dit met sy mes afgesny. Volgens Botha het Du Toit horn half uit die
voete gemaak toe hy deur die man aan sy arm gegryp
was. Nadat Botha
beroof was, het die rower saam met 'n ander onbekende persoon die
toneel in 'n wit voertuig verlaat.
Dit
is gemene saak dat appellant op 2 Desember 2008, 'n dag na die
voorval, gearresteer is. Die verhoor het egter eers nege maande

later begin. Op 2 Desember 2008 was Botha op versoek van die
ondersoekbeampte, konstabel Philander, by die polisiestasie, waar
'n
foto album aan horn oorhandig is. Die album het 'n aantal foto's van
bruinmans bevat en Botha het sy aanvaller op een van
die foto's
uitgeken. Met die aanvang van die verhoor, het Botha vir appellant
vir die eerste keer in die beskuldigdebank uitgeken.
Toe Botha deur
die verhoorlanddros gevra was of daar enige beligting was op die
plek waar die voorval plaasgevind het, was sy
antwoord "Ek dink
daar was straatligte. Ja ek dink daar was, ja daar was ligte".
Toe hy gevra was waaraan hy vir appellant
as sy aanvaller uitgeken
het, het hy geantwoord "Aan sy neus, ek onthou dit was half
lomperig. Ek het duidelik die ou herken
toe ek horn sien op die foto
album; ja hoe sy gesig bymekaar is". Onder kruisverhoor het
Botha toegegee dat hy nie vir appellant
voorheen gesien of geken het
nie. Hy het ook getuig dat hy "...nooit sy gesig (sal) vergeet
nie". Volgens horn was
hy ongeveer in totaal vir tien minute in
appellant se geselskap tydens die voorval. Toe dit aan horn gestel
was dat appellant
sal getuig dat hy by sy huis in Hawston was tydens
die voorval, het hy geantwoord dat dit onmoontlik is.
Op
vrae van die hof het Botha getuig dat daar straatligte aan die
anderkant van die pad was as die kant waar hulle gestaan het.
Wat
die toestand van die straatligte betref, het Botha getuig dat hy
"glo hulle was aan gewees", maar dat hy "nie

definitief (kan) se (dat hulle aan was) nie". Op 'n duidelik
leidende vraag van die verhoorlanddros wat lui "wat ek
graag
wil weet (is) of daar behoorlike beligting was sodat u 'n persoon se
gesig sal kan uitken", het hy geantwoord "Ja,
definitief".
In hierdie verband het hy verder op vrae van die verhoorlanddros
geantwoord dat "die straatligte moes
aan gewees het, want ek
het definitief sy gesig mooi gesien, want die maan kon ook uit
gewees het". Toe hy gevra is of hy
enige iets op sy aanvaller
se kop gesien het, was sy antwoord dat hy dit nie kan onthou nie.
Volgens horn was sy aanvaller se
gesig "heeltemal oop".
Die
foto album is deur konstabel Philander ingehandig as Bewysstuk 1.
Volgens horn was hy deurgaans teenwoordig terwyl Botha die
album
hanteer het en was Botha, volgens horn, "baie seker toe hy gese
het dit was die persoon wat horn geroof het".
Dit is gemene
saak dat die foto wat deur Botha uitgewys was, inderdaad 'n foto van
appellant is. Die verhoorlanddros beskryf
die foto album as '"n
taamlike dik register met verskeie foto's van borshoogte boontoe,
van op die oog af bruinmans, gesigfoto's
baie duidelik en die foto
wat hy hier uitwys, ook in die hof, is die van die beskuldigde".
Volgens
appellant en sy alibi getuie, het hy op die aand van die voorval
teen ongeveer sesuur by sy huis in Hawston aangekom,
waar hy eers
die TV program bekend as 7de Laan op TV gekyk het en daarna verder
TV gekyk het. Hulle weerspreek mekaar egter oor
wat later gebeur
het. Volgens appellant het hy so teen tienuur die aand reeds gaan
slaap, maar volgens sy getuie het hy deurnag
TV gekyk.
Die
verhoorlanddros was daaraan gedagtig dat die getuienis van Botha
versigtig benader moes word, enersyds weens die feit dat
hy 'n
enkelgetuie is en andersyds omdat dit getuienis is oor die dader se
identiteit wat in geskil is. Die verhoorhof het bevind
dat Botha se
getuienis wel aan hierdie versigtigheidsreels voldoen en dat sy
uitkenning betroubaar was. Hierdie bevindinge is
op die volgende
aangevoerde redes gebaseer:
Botha
het geen rede gehad om valslik te getuig nie.
Botha
se getuienis bevat geen weersprekings of onwaarskynlikhede nie.
Botha
het getuig dat die beligting sodanig was, dat hy in staat was om
die uitkennings te kon doen en hy het die volgende dag
reeds 'n
foto van appellant uitgeken.
Wat
appellant se weergawe betref, het die verhoorlanddros bevind dat
appellant nie 'n gunstige indruk as getuie gemaak het nie
en dat hy
oneerlik was omdat hy sy getuienis aangepas en homself basies
weerspreek het toe hy eers getuig het dat hy elke aand
na afloop van
Sewende Laan by die huis gebly en dan gaan slaap het, en later dat
hy soms eers uitgaan voordat hy gaan slaap.
Wat appellant se alibi
getuie betref, het die verhoorlanddros bevind dat "sy onpaar
met die waarheid is" (dit beteken
seker dat sy leuenagtig is),
skynbaar bloot omdat haar getuienis in "wesenlike" opsigte
van appellant se getuienis
verskil.
Die
geskilpunt in hierdie saak is bloot of appellant korrek
ge'identifiseer is as die persoon wat vir Botha beroof het. Die

skuldigbevinding berus uitsluitlik op die identifikasie deur Botha,
enersyds by wyse van die foto-parade, andersyds by wyse van
direkte
identifikasie van appellant in die beskuldigdebank.
Wanneer
die beweerde misdadiger se identiteit by 'n strafverhoor in geskil
is, draai alles om die eerlikheid van die uitkennende
getuies en die
betroubaarheid van hulle waarnemings (Sien
S
v Mthetwa
1972(3)
SA 766 (A) te 768A-C). Op appel is Botha se eerlikheid as getuie nie
in twyfel getrek nie. Daar kan dus aanvaar word dat
die gebeure
plaasgevind het soos deur horn getuig. Wat egter aangeveg is, is die
betroubaarheid van Botha se uitkenning van appellant
as die persoon
wat horn beroof het. By die beoordeling daarvan, moet verskeie
faktore oorweeg word. Hierdie faktore word in die
Mthetwa
saak
(supra) te 768A-C as volg aangedui:
"...such
as lighting, visibility, and eyesight; the proximity of the witness,
his opportunity for observation, both as to
time and situation; the
extent of his prior knowledge of the accused; the mobility of the
scene; corroboration, suggestibility;
the accused's face, voice,
built, gait, and dress;
the
result of identification parades, if any; and, of course, the
evidence by or on behalf of the accused. The list is not exhaustive.

These factors, or such of them as are applicable in a particular
case, are not individually decisive, but must be weighed one
against
the other, in the light of the totality of the evidence, and the
probabilities."
Dit
is geykte reg dat die getuienis van 'n enkelgetuie versigtig benader
moet word. In die algemeen sal daardie getuienis slegs
aanvaarbaar
wees indien elke wesenlike aspek daarvan aanvaarbaar is of indien
dit behoorlik gestaaf word (Sien
S
v Miqqel
2007(1)
SACR 675 (CPD) te 678a-c). Eerlikheid op sigself is geen waarborg
vir betroubaarheid nie. In hierdie verband word die
volgende
opmerking deur
Van
den Heever
.
JA in
R
v Masemanq
1950(2)
SA 488 (A) te 493 gereeld na verwys in hofuitsprake:
"The
positive assurance with which an honest witness will sometimes swear
to the identity of an accused person is in itself
no guarantee of
the correctness of that evidence."
Om
aan 'n ooggetuie van 'n misdaad foto's van verdagtes wat nog op vrye
voet is te toon, is nie noodwendig verkeerd nie.
Dit
sou kon wees om leidrade op te spoor. Die primere oogmerk is nie
soseer om getuienis vir latere voorlegging aan 'n verhoorhof
te
versamel nie as om die ondersoek van die misdaad te bevorder. Bewys
dat ooggetuies van die misdaad 'n foto uitgewys het as
die persoon
wat by die misdaad betrokke was, kan dus 'n belangrike en selfs
deurslaggewende rol speel by die skuldigbevinding
van die persoon
wat aldus uitgeken is. Omdat al die eksterne waarborge wat vir 'n
reelmatige uitkenningsparade gestel word soms
ontbreek, moet
sodanige getuienis versigtig, selfs skepties, benader word, 'n
Uitkenning aan die hand van foto's geskied uiteraard
in die
afwesigheid van die beskuldigde. Die omstandighede waaronder dit
plaasgevind het, is dus moeilik om agterna te kontroleer.

Betroubaarheid in hierdie konteks hang van 'n verskeidenheid faktore
af, soos die ooggetuie se geloofwaardigheid, die getuie
se
geleentheid vir waarneming, of hy vooraf 'n beskrywing van die
verdagte aan die polisie gegee het wat met die foto ooreenstem,
wat
die getuie se instruksie was en in die besonder, of hy vooraf
meegedeel is dat 'n foto van die verdagte of beslis of dalk
glad nie
op die foto-parade sal wees nie. Hierdie is maar sommige van die
omstandighede wat by so 'n ondersoek in ag geneem moet
word [Sien in
die algemeen
S
v Motu
1998(2)
SASV 245 (HHA).]
In
die onderhawige geval is daar nie gesinspeel dat enige iets
onbehoorliks met die foto-parade geskeel het nie. Botha is egter
nie
vooraf versoek om 'n beskrywing van die verdagte te verstrek aan die
hand waarvan die akkuraatheid van sy foto-identifikasie
getoets sou
kon word nie. Daar kan, na my mening, nie alleenlik op die
foto-uitkenning met vertroue staatgemaak word nie.
Botha
het nooit 'n egte uitkenningsparade bygewoon nie. Weliswaar mag die
waarde van so 'n uitkenning deur die vroeere uitkenning
per foto
geskaad gewees het. Tog sou dit sin gehad het om dit te reel. Sou
appellant by daardie geleentheid uitgeken gewees het,
sou dit op sy
minste die konsekwentheid van Botha se identifikasie bevestig het;
indien hy appellant daarenteen nie uitgeken
het nie, sou dit
verdoemend gewees het vir sy se latere identifikasie vanuit die
getuiebank. Die oorweging dat 'n verkeerde uitwysing
die Staat se
saak mag benadeel, mag die vervolging nooit daarvan weerhou om vir
uitkenningsparade te sorg nie. In 'n beskaafde
en ontwikkelde
regstelsel soos ons s'n, is die ontslag van onskuldiges ewe
belangrik as die veroordeling van skuldiges (Sien
in hierdie verband
in die algemeen die
Motu
saak
(supra) te 256j-257d).
Dit
is onteenseglik so dat appellant se getuienis aangaande sy alibi nie
bevredigend is nie. Die verhoorlanddros het bevind at
appellant en
sy alibi getuie nie oortuigend was nie. Inteendeel, hulle getuienis
was verwerp. Die redes wat deur die verhoorlanddros
aangedui word
vir die bevinding dat appellant en sy getuie leuenagtig is, is maar
karig. Die verwerping van die alibi getuie
se getuienis bloot omdat
dit deur appellant se getuienis weerspreek word, is vir
vanselfsprekende redes onjuis. In
S
v Ngcina
2007(1)
SACR 19 (SCA) te 25c-e wys
Navsa
JA
daarop dat ons howe soms fouteer deur 'n alibi-verweer apart te
behandel van die geskil oor identifikasie. 'n Alibi-verweer
is in
wese 'n ontkenning van die Staat se saak wat betref die geskil oor
identifikasie. Die waarskynlikheid van die alibi moet
beoordeel word
in die lig van die totaliteit van die getuienis, en nie in isolasie
nie.
Die
redes wat deur die verhoorlanddros aangevoer word vir die
aanvaarding van Botha se identifikasie van appellant as sy
aanvaller,
is na my mening nie genoegsaam nie. Die rede of redes
waarom Du Toit nie geroep is nie, selfs al is dit bloot om te dien
as stawing
vir Botha se getuienis oor die beligting, is nie geopper
nie en ook nie deur die verhoorlanddros oorweeg nie. Botha het vir
appellant
nie voorheen geken nie en juis weens hierdie feit sou dit
wenslik gewees het dat 'n uitkenningsparade gehou was. Dit is ook
nie
duidelik hoekom Botha nie 'n beskrywing van sy aanvaller aan die
ondersoekbeampte verskaf het, sodat die betroubaarheid van die
foto
identifikasie getoets kon word nie. Die verhoorlanddros het ook nie
gehandel met die vraag oor waarom h uitkenningsparade
nie gehou was
nie.
Botha
se getuienis op sigself is na my mening ook nie sterk genoeg nie en
dit kan nie die moontlikheid uitsluit dat appellant
elders was ten
tyde van die voorval nie. Op 'n behoorlike beoordeling van die
totaliteit van die feite, kan dit nie gese word
dat Botha
'r\
betroubare
getuie is op die kernaspek van identiteit nie.
Ek
is derhalwe van mening dat die Staat se saak nie bo redelike twyfel
bewys is nie en dat die skuldigbevinding en die gevolglike
vonnis
ter syde gestel behoort te word.
BOTHA,
AJ
YEKISO.
J: Ek stem saam en dit word so gelas.
YEKISO,
JA