About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 656
|
|
Vermeulen v Munisipaliteit van Stellenbosch (A64/2009) [2010] ZAWCHC 656 (26 February 2010)
UITSPRAAK
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP,
KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
A64/2009
DATUM:
26
FEBRUARIE 2010
In die
saak tussen:
CHRISTOFFEL
JOHANNES VERMEULEN
....................................................
Appellant
en
MUNISIPALITEIT
VAN STELLENBOSCH
.....................................................
.
Respondent
UITSPRAAK
THRING.
R
:
Ek verwys na die
partye in hierdie appef soos hulle in die landdroshof was, naamiik
na die appellant as die verweerder en die
respondent as die eiser.
Hierdie saak het 'n iang geskiedenis. So lank gelede as Desember
2000 het die eiser 'n dagvaarding teen
die verweerder uitgereik
waarin die eiser twee eise uiteengesit het. Die eerste eis, eis A,
soos dit in die besonderhede van
vordering genoern word, was 'n eis
vir agterstafBge huurgeld ten opsigte van ‘n sekere tydperk,
Dit was huurgeld wat na
bewering deur die verweerder aan die eiser
verskuldig was op grond van twee huurkontrakte ten opsigte van twee
aparte stukke
grond in die Stellenbosch area. Die tweede eis, of eis
B, was vir skadevergoeding nadat die eiser die huurkontrakte
gekansefieer
het.
Die verweerder se
verweer teen hierdie eise het daarop neergekom dat die verweerder
beweer het dat daar in uitdruklike, alternatiewelik,
stilswyende,
aitematiewejik, geTmpliseerde term van die ooreenkomste was dat die
eiser ongestoorde toegang tot die betrokke grond
deur wyse van Vi
sekere pad sou verleen. Die verweerder het beweer dat die eiser
versuim het om aan daardie verpligting te voidoen.
’
n Lang verhoor
het in die landdroshof gevolg. Gedurende die verhoor is Yi hele
klomp getuies geroep, en die rekord van die getuienis
beloop etlike
honderde bladsye. Aan die einde van die verhoor het die landdros 'n
bevel gemaak waarvolgens hy die eiser se twee
eise toegestaan het in
die bedrae wat blykbaar deur die partye ooreengekom is, en hy het
ook beveel dat die verweerder die koste
van die verrigtinge moes
betaal. Ek behoort op hierdie stadium te noem dat daar ook
(
n
teeneis deur die verweerder aanhangig gemaak is waarin hy
skadevergoeding vanaf die eiser gevorder het Die landdros het
hierdie
teeneis met koste van die hand gewys.
Die verweerder
appelleer teen die landdros se bevele, behalwe dat daar toegegee
word dat daar geen grondige appel bestaan teen
die afwysing van die
verweerder se teeneis nie, omdat dit verjaar het. Dit is dus nie 'n
gedeelte van die verrigtinge op appel
nie.
Mnr
Hugo
,
wat namerts die verweerder vandag verskyn, het die toegewing gemaak
dat die verweerder se pleit vir eksepsie vatbaar was. Ek
hoef .nie
in detail daarop in te gaan nie, maar hy het betoog dat indien die
eiser ti eksepsie teen die pleit sou geopper het,
die eksepsie sou
geslaag het en dat die verrigtinge tot Yi groot mate in die
landdroshof onnodig sou gewees het, en veral die
lei van heelwat van
die getuienis. In so ‘n geval sou a! wat oo.rgebly het om te
beslis, die verweerder se teeneis gewees
het ten opsigte waarvan
daar moontlik h skeiding van geskilpunte sou kon plaasgevind het en
die getuienis heelwat ingekort sou
kon gewees het.
Die
toegewings wat deur mnr
Hugo
gemaak is, het tot gevolg dat die enigste geskilpunt by hierdie
appel eintlik die kwessie van koste is, beide in die landdroshof
en
in hierdie Hof. Daar is gesag wat ek nie hoef aan te haal nie dat
waar ’n pleitstuk vir eksepsie vatbaar is, maar die
teenparty
nie eksepsie daarteen neem nie en verkies om liewers h verhoor te
laat plaasvind, hy op risiko staan om beveel te word
om die
verspilde koste te betaai wat deur die lei van getuienis veroorsaak
is. Dit is die gesag waarop mnr
Hugo
vandaq staatmaak en hy het hierdie Hof versoek om met die lahddros
se bevel slegs op die kwessie van koste in te meng. Hy betoog
dat
die landdros ’n kostebevel behoort te gernaak het dat die
eiser ten minste 'n groot gedeelte van die verhoorkoste moes
dra, op
die basis dat die eiser die. verrigtinge. heelwat korter kon gemaak
het indien hy bp die gewese manier sou opgetree het.
Daarteenoor is dit wel
so dat die verweerder se teeneis, soos ek reeds gese het, nie deur
'n eksepsie teen sy pie it geaffekteer
sou gewees het nie, dat die
verweerder in a He waarskynlikheid rnet sy teeneis sou volhard het,
en dat getuienis in daardie verband
nodig sou gewees het. Dit kan
dus nie gese word dat al die koste van die verhoor aan die deur van
die eiser gele kan word nie.
Wat die kwessie van
verjaring van die teeneis betref, is dit ook weliswaar lets wat by
wyse van ’n skeiding van geskilpunte
afgehandel kon gewees
het, en wel met 'n aansienlike besparing van koste. Die skeiding van
geskilpunte is egter nie iets wat
slegs een van die partye by magte
is om te doen nie, en na my mening moet beide die eiser en die
verweerder die skuld, indien
dit die korrekte woord is, daarvoor dra
dat daar nie 'n skeiding van geskiipunte plaasgevind het nie. Tot 'n
mate dus moet die
verweerder ook verantwoordelikheid dra vir. die
onnodige lei van ten minste 'n gedeelte van die getuienis,
Koste is dikwels iets
wat nie met matematiese noukeurigheid toegeken kan word nie, en soms
word 'n benaderirig vereis wat in taamlike
bre6 trekke is. Hierdie
is ’n soortgelyke geval, na my oordeel. Dit is baie moeMik om
die koste van die eiser se eise aan
die een ksmt van die koste van
die verweerder se teeneis, aan die anderkant, van mekaar te skei.
Die getuienis wat by die verhoor
gelei is, is tussen al die
geskiipunte heelwat ingestrengef.
Na my oordeel behoort
die landdros, wat die koste betref wat verspil is, as ek daardie
woord mag gebruik vir die onnodige koste
wat aangegaan is, of tussen
die partye gelykop te gedeel het, of, wat na my oordeei nog meer
verkieslik sou gewees het, om geen
bevel van koste wat daardie aspek
betref te gemaak het nie. Ek verwys nou na die koste van die verhoor
wat verspil is, en nie
daardie koste wat noodwendig deur die eiser
aangegaan sou moes gewees het indien die eiser suksesvol eksepsie
sou geneem het:
hy is klaarblyklik op laasgenoemde koste geregtig.
Ek kom nou by die
koste van die appel. In die lig van die bevel wat ons gaan maak, en
die mate waarin ons met die landdros se
kostebevel gaan inmeng, kan
dit wel gese word dat die verweerder in sy appel gedeeltelik
suksesvol was. Aan die anderkant is
die appel teen die gehee! van
die bevindings van die landdros gerig, en dit sluit ook natuurlik sy
toestaan van die eiser se
eise en die afwys van die verweerder se
teeneis. Daardie gedeelte van die appel is op ’n taamlik laat
stadium deur die
verweerder geabandonneer.
Na my oordeel sou die
billikste teenoor albei party.e wees dat elkeen van hulle sy eie
koste van die appel moet dra, Hierdie saak
het van sy begin af in 'n
baie groot, omslagtige en lank uitgerekte verhoor geeskaleer. Dit
het nou in ‘n argument oor
koste ontwikkel.
Om die redes wat ek
genoem het, word die volgende bevel dan gemaak:
1. Die appel word
gedeeltelik gehandhaaf. Die bevel van die landdros word tersyde
gestel en met die voigende bevel vervang:
"(a) Die eiser se
eise word in die bedrae soos ooreengekom, toegestaan;
(b) Die verweerder se
teeneis word van die hand gewys;
(c) Die verweerder
word geias om die eiser se koste te betaal asof die eiser suksesvol
‘n bestrede eksepsie teen die verweerder
se pieit sou geneem
(d) Wat die baians van
die koste van die verhoor betref, word geen bevel gemaak nie."
2. Geen bevel word in
verband met die koste van hierdie appel gemaak nie.
THRING,
R
FREUND, WnR: Ek stem
saam
FREUND,
WnR