About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 73
|
|
Lodewyk v S (A85/2009) [2010] ZAWCHC 73 (26 February 2010)
IN
DIE HOE-HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE-HOF, KAAPSTAD
RAPPORTEERBAAR
SAAKNOMMER: A85/2009
DATUM: 26
FEBRUARIE 2010
In
die saak tussen:
JONATHAN
LODEWYK Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
U
I T S P R A A K
LE
GRANGE, R:
Die
appellant was in die streekhof te Parow skuldig bevind aan 'n
aanklagte van verkragting en een van onsedelike aanranding Die
twee
aanklagtes was saamgeneem vir doeleindes van vonnis en is die
appellant tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Die appellant
kom
nou in hoer beroep teen beide sy skuldigbevinding en vonnis.
Die
gronde waarop die appellant sy skuldigbevinding aanveg is, eerstens,
dat die verhoorlanddros versuim het om sekere DNA-getuienis,
wat nie
beskikbaar nie, in ag te neem tot sy voordeel; tweedens, te fouteer
om die klaagster, wat 'n enkelgetuie is, se getuienis
te aanvaar as
betroubaar en die appellant se weergawe te verwerp as vals.
Wat
vonnis betref, is dit aangevoer dat die opgelegde vonnis onvanpas is,
aangesien dit disproporsioneel is tot die misdaad, die
appellant se
persoonlike omstandighede en die vereistes van die gemeenskap en
bring dit onreg mee.
In
die staatsaak het daar altesaam ses getuies getuig, naamlik Sarah van
Rooyen die moeder van die klaagster; die klaagster self
wie ten tye
van die voorval tien jaar oud en by die aflegging van haar getuienis
14 jaar oud was; Cathrina van Bloemenstein die
persoon wat werksaam
was in die winkel te Bellville en aan wie die klaagster eerste
vermeld het dat sy deur die appellant onsedelik
aangerand is; Hansie
Abrahams wat bevestig het dat hy die klaagster en appellant saam in n
voertuig van Piketberg op pad na Kaapstad
was; Moegamat Kombi wie se
voertuig deur Abrahams gebruik was om na Kaapstad te gaan en dr
Govender wie die klaagster na die voorval
ondersoek het en sekere
beserings by haar vagina en anus waargeneem het.
Die
appellant het ook in sy eie verdediging getuig.
Die
verhoorlanddros het die getuienis van die Staat en die appellant
opgesom en na deeglike en kritiese evaluering tot die volgende
gevolgtrekking gekom:
"Nicolene
was ten years old at the time of these events and 14 years old when
she described them to the court. There was therefore
an intervening
period of four years and the Court did not expect perfect
recollection of her. Despite this, this Court was impressed
by her
matter of fact and her logical account of what had happened. She was
coherent and consistent in the information she provided.
When asked
about whether she drank alcohol, she was remarkably candid in
conceding that she was given alcohol on occasion by her
sister. There
were certain features of the sexual assault itself which indicated a
(indistinct) in her description. She was able
to described precisely
which body parts were put where and also repeated the conversation Mr
Lodewyk had with her in regard to
ejaculation. It is the kind of
information a child would be unlikely to be aware of, unless she has
experience of the sexual activity
herself. Her experience included
how it felt physically. It was painful to her and when she started
objecting. Mr Lodewyk had her
by the throat. A lay person might ask
whether it is reasonable that a child would not have taken any and
every opportunity to escape.
The answer to that is that it is a
predictable conduct for a child to be paralysed with fear in these
circumstances. This is a
ten year old child from a country village in
a large city who was (indistinct) by an adult man who had threatened
her and also
indicated to her mother was complicit. Who was she going
to tell? She believed that Mr Lodewyk would harm her and during the
night
he in fact did so. Of the over 200 case this Court has dealt
with involving children confronted with sexual assault, this
paralysis
and (indistinct) has been a predictable reaction by
children. There appears to be no motive for her to falsely implicate
Mr Lodewyk,
nor to have been used by any one else in order to do so.
This Court has no hesitation in accepting the evidence of this child
as
being credible and reliable.
As
far as the evidence of the accused is concerned, it is difficult for
the Court to determine
as
to the outset quite how the person is before the Court. As appears,
he has used many alias' and it has not been ascertained with
any
certainty as to who he is. That he is an manipulative and untruthful
is abundantly clear. This is evident from his behaviour
throughout
this trial and also quite simply in the glaring difference between
his explanation of the plea and his version of events
provided under
oath. The only memory loss he claims to have had, that is of any
significance is that he forgot to mention his amnesia
and giving his
version of events. The Court does not find his evidence to be
truthful in the face of the overwhelming and credible
evidence for
the prosecution and has no hesitation in rejecting his denials as
been untrue. The question therefore is what has
been proved. The
Court is satisfied that it had been proved that accused in guilty of
the rape of the ten year old Nicolene van
Rooyen and also that his
guilty of the indecent assault of this child. It appears from the
evidence that Nicolene was raped at
least twice on the night in
question and indecently assaulted before the rapes commenced."
Na
deurlees van die stukke, stem ek met die verhoorlanddros se
bevindinge saam. Die klaagster het die gebeure van die voorval in
n
sinvolle en logiese wyse beskryf. Sy het in detail vertel hoe die
appellant haar van Piketberg tot Kaapstad gebring het. Daarna
is
hulle na n hotel waar die appellant haar onsedelik en om die beurt
verkrag het. Volgens haar was die appellant bewus dat sy
n asmalyer
is. Hy het aan haar meegedeel dat hy dit kan genees deur iets uit
haar vagina te verwyder. Daarna het hy sy vingers
in haar vagina
gedruk en later haar verkrag. Sy het erge pyn ervaar tydens die
verkragting en het haar gewurg om stil te bly. Bloed
het later by
haar vagina uitgekom en die lakens was ook met bloed bemors. Die
regsmediese verslag van dr Govender het aangetoon
dat die klaagster
se damesbroekie bevlek was met bloed. Haar maagdevlies was nie meer
in plek nie en het hy tot die slotsom gekom
dat daar onlangse
penetrasie was. Hy het ook n oppervlakkige skeur rondom die anus
gevind. Sekere monsters was geneem en in n houer
geplaas wat bekend
staan as n "Crime Kit". Dit blyk dat hierdie houers
spoorloos verdwyn het en kon dit nie gevind word
vir verdere
forensiese ondersoek nie.
Bloemenstein
het getuig dat sy een Saterdagoggend die klaagster met n man op n
bankie sien sit het. Die klaagster het verskrik voorgekom.
Op n
stadium het die klaagster daar gekom en gemeld dat sy van Piketberg
is en dat sy die vorige aand saam met die appellant in
n hotelkamer
was. Daar het hy met haar gevroetel en is haar damesbroekie vol bloed
en haar privaatdele seer. Die getuie het onmiddellik
aangeneem dat
die klaagster verkrag was en die polisie ontbied.
Abrahams
bevestig dat hy die klaagster en die appellant in een voertuig op pad
was na Kaapstad vanaf Piketberg. In Kaapstad het
hy die klaagster en
appellant afgelaai by n garage. Hy is later terug na Piketberg sonder
die klaagster en die appellant.
Die
appellant het tydens pleitverrigtinge erken dat hy met die klaagster
in die voertuig op pad vanaf Piketberg na Kaapstad was.
Volgens hom,
het die klaagster in die voertuig agtergebly nadat hy afgelaai was en
weet hy nie wat verder met haar gebeur het nie.
Tydens sy verweer het
hy egter getuig dat hy gereeld saam met die klaagster se moeder
alkohol drink en dat die klaagster en haar
suster nie goedgesind
teenoor hom is nie. Hy het ook ontken dat hy enigsins met die
klaagster in n voertuig op pad was na Kaapstad
en dat Abrahams hom
valslik impliseer.
Die
appellant se weergawe is derhalwe een van ontkenning en dat die
staatsgetuies n sameswering en n komplot teen hom het.
Die
verhoorlanddros, myns insiens, het die getuienis van die appellant
korrek opgesom en inagneming van die totaliteit van die getuienis
korrek verwerp as vals. Daar is geen aanduiding van die staatsgetuies
dat hulle gepoog het om die getuienis teen die appellant
aan te dik
of te amplifeer nie. Die getuienis van Bloemenstein toon aan dat die
klaagster konsekwent is met haar getuienis. Die
verhoorlanddros het
daarom korrek bevind dat die klaagster n eerlik en betroubare getuie
was en het die appellant haar verkrag
en onsedelik aangerand die dag
van die voorval.
Die
argument dat die verhoorlanddros nie sekere DNA- getuienis in ag
geneem het nie, is ongegrond. Die onweerspreekte getuienis
van die
Staat is dat die "Crime Kit" of houer verlore geraak het en
was daar geen forensiese ontleding gedoen nie.Daar
was derhalwe geen
DNA-
getuienis
om in ag te neem ten gunste van die appellant nie.
Dit
volg dat die appel teen skuldigbevinding nie kan slaag nie.
In
die onderhawige geval skryf die algemene Strafregswysigingswet, Wet
105 van 1997, n vonnis van lewenslange gevangenisstraf vir
die vorm
van verkragting voor, tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan wat n afwyking van die voorgeskrewe vonnis
regverdig.
Die
verhoorlanddros het, na oorweging van al die faktore by vonnis, tot
die gevolgtrekking gekom dat, in ag genome die besondere
omstandighede in hierdie saak, lewenslange gevangenisstraf die
enigste gepaste vonnis is. Dit is egter namens die appellant
aangevoer
met verwysing na soortgelyke sake en vonnisse deur ons
howe, die opgelegde vonnis van lewenslange gevangenisstraf
disproporsioneel
is tot die misdaad, die persoonlike omstandighede en
van die appellant en die vereiste van die gemeenskap en dit gevolglik
n onreg
teweegbring.
Mnr
Van der Vijver, wat namens die Staat verskyn, het ook vanoggend
toegegee dat indien lewenslange gevangenisstraf gelyk gestel
word aan
die doodstraf, dan is hierdie vorm van verkragting nie een van die
mees ernstigste vorm van verkragtings wat daardie vonnis
regverdig
nie.
In
die onderhawige geval het die verhoorlanddros in haar uitspraak na
die erkende beginsels en doelstellings by vonnisoplegging
verwys en ook oorweeg. Daar was ook na n passasie in die welbekende
saak S v MALGAS 2001(1) SASV 469 (HHA) op 477c verwys.
Die
verhoorlanddros het egter nie na enige regspraak verwys waar
soortgelyke sake in ons Hoerhowe aangehoor en vonnis opgele is
nie.
Dit volg dat geen oorweging gegee was om die benadering van en die
effek van hierdie gesag aan die hand van die feite en omstandighede
in die onderhawige saak te bepaal nie. In hierdie verband sien S v
ABRAHAMS 2002(1) SASV 116 (HHA); S v MOHAMOTSA 2002(2) SASV
435 (HHA)
en S v NKOMO 2007(2) SAVS 198 (HHA), waar die voorgeskrewe vonnis in
soortgelyke sake oorweeg en n mindere vonnis opgele
was.
Die
verhoorlanddros het ook versuim om die bepalende toets, ook bekend as
"the determinative test" in ag te neem met oorweging
of
daar afgewyk mag word by die oplegging van n voorgeskrewe vonnis.
Hierdie wanvoorstelling deur die verhoorlanddros is na my
mening
wesenlik en behoort die opgelegde vonnis heroorweeg te word.
Die
bepaalde toets in die MALGAS-saak was as volg uiteengesit:
"Indien
die hof ten tye van vonnisoplegging en na oorweging van die
omstandighede van die betrokke geval, tevrede is dat die
voorgeskrewe
vonnis onregverdig en buite verhouding is tot die misdaad, die
beskuldigde en die belange van die gemeenskap en die
oplegging van so
n vonnis wat n onreg aan die beskuldigde sal doen, is die Hof
geregtig om n mindere vonnis op te le." (Dit
is my vertaling en
hier verwys ek na para [25] in die MALGAS-saak asook na S v
VALIKAZI 2009(1) SASV 552 op 560 para
[f].)
Die
misdrywe waaraan die appellant skuldig bevind is, is ernstig. Dit
blyk ook dat ten spyte van die swaar vonnisse ople vir hierdie
tipe
misdrywe, dit onverpoos voortgaan. Daar berus dus n plig op die howe
om deeglik kennis te neem van die belange en die geregverdigde
vereistes van die gemeenskap.
Die
klaagster was tien jaar oud ten tye van die voorval en appellant was
bekend aan haar aangesien hy gereeld by haar ouerhuis
kom
kuier het.Daar was dus n vertrouensverhouding en het die
appellant dit uitgebuit om sy wellustige drang te bevredig.
Die
klaagster het ook sekere beserings opgedoen alhoewel nie van n baie
erge graad nie.
Die
afwesigheid van erge graad beserings behoort, na my mening, nie n
wesenlike rol te speel nie, aangesien verkragting per se
n daad van
geweld wat gepleeg word teenoor n ander persoon.
Na
my mening behoort die emosionele skade, wat met verkragting gepaard
gaan, meer aandag te geniet en behoort dit meer beklemtoon
te word.
In hierdie geval is daar slegs die getuienis van die klaagster se
moeder oor die emosionele skade wat die klaagster as
gevolg van die
misdryf opgedoen het. Geen voorvonnisverslag was saamgestel deur n
proefbeampte om die klaagster se emosionele toestand
te evalueer nie.
Daar is egter geen twyfel by my dat hierdie voorval haar nie
ongedeerd gelaat het nie.
Die
appellant is nie n eerste oortreder nie, hy het verskeie vorige
veroordelings van oneerlikheid. Hy was ten tye van die voorval
37
jaar oud en ongetroud. Hy het geskiedenis van sielkundige probleme en
was al voorheen opgeneem by Valkenburg Hospitaal vir behandeling,
aangesien hy neigings tot selfmoord getoon het.
Tydens
verhoor was hy ook vir observasie verwys en is bevind dat hy sy
verhoor kan staan. Die appellant beweer ook hy was as kind
deur sy
vader gemolesteer. Hy het erken dat hy dwelms misbruik en terwyl hy
n ander straf uitgedien het, tot matriek gevorder
het. Die appellant
is derhalwe nie n onbekende vir die gevangenislewe nie.
In
sake waarna ek in hierdie uitspraak hierbo verwys het, het die Hoer
Howe die volgende vonnisse opgele: In die ABRAHAMS-saak is
die
appellant skuldig bevind aan verkragting van sy 14-jarige dogter en
het die verhoorhof bevind dat daar wesenlike en dwingende
omstandighede teenwoordig is wat n mindere vonnis as die voorgeskrewe
vonnis van lewenslange gevangenisstraf regverdig. Die appellant
was
gevonnis tot n termyn van sewe jaar gevangenisstraf. Die Staat het
daarna geappelleer na die Hoer Hof van Appel teen die vonnis
en was
die vonnis vervang met een van twaalf jaar gevangenisstraf.
In
die MOHOMATSA-saak was die klaagster 15 jaar oud en was die
beskuldigde skuldig bevind aan twee aanklagtes van verkragting. N
Vonnis van agt en twaalf jaar gevangenisstraf was respektiewelik
opgele in plaas van die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange
gevangenisstraf.
In
die NKOMO-saak was die beskuldigde op die vyf aanklagte van
verkragting waaraan die beskuldigde skuldig bevind is, gevonnis tot
n
termyn van 16 jaar gevangenisstraf in stede van die voorgeskrewe
minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf.
In
S v GM 2010(1) SASV 93 (T) was die appellant skuldig bevind aan
verkragting van sy biologiese dogter wat ten tye van die voorval
5
jaar oud was. Die vonnis van lewenslange gevangenisstraf is op appel
tersyde gestel en is die appellant gevonnis tot n termyn
van 20 jaar
gevangenisstraf.
In
ag geneem al die faktore wat 'n gepaste vonnis daarstel en die
regspraak in die verband, is ek van mening dat n termyn van 25
jaar
gevangenisstraf meer billik en regverdig is in die omstandighede van
hierdie saak.
Dit
volg dat die appel teen vonnis moet slaag en in die geval word die
volgende bevel derhalwe gemaak:
Die
appel teen skuldigbevinding word van die hand gewys.
Die
appel teen vonnis slaag en word die vonnis van lewenslange
gevangenisstraf tersyde gestel en vervang met n vonnis van
VYF-EN-TWINTIG
(25) JAAR GEVANGENISSTRAF. Die vonnis word
teruggedateer tot 13 Maart 2008.
RILEY,
WnR: Ek stem saam.
RILEY,
WnR
LE
GRANGE, R: Dit word so beveel.
LE
GRANGE, R