Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Van Der Heever (313/97) [1999] ZASCA 105; [1999] 3 All SA 115 (A); 1999 (3) SA 1051 (SCA); 61 SATC 321 (25 May 1999)

65 Reportability
Legal Practice

Brief Summary

Legal Professional Privilege — Locus Standi — Waiver of Privilege — The respondent, a former attorney, sought a declaratory order regarding the existence of legal professional privilege concerning advice given to a client, Spangenberg, during a tax consultation. The appellant, the Commissioner for Inland Revenue, opposed the application, arguing that the respondent lacked locus standi to claim the privilege, as it belonged to the client. The court held that the respondent did not establish sufficient interest to bring the application, as the privilege was that of Spangenberg, who could have brought the application himself. The court found that the application was premature and dismissed the appeal.

REPUBLIEK VAN SUIO-AFRIKA
DIE HOOGSTE HOF VAN APPeL
VAN SUID-AFRIKA saakno: 313/97
In die saak tussen:
DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant
en
W J VAN DER REEVER Respondent
Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR
Verhoordatum: 10 Mei 1999
Gelewer: 25 Mei 1999
Regsprofessionele privilegie - locus standi - voorbarige aansoek - afstanddoening
van privilegie
UlTSPRAAK

2
F H GROSSKOPF AR:
[1] Die respondent was die applikant in 'n aansoek in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling voor Swart R. Die Meester van die Hooggeregshof ("die meester") en
Jacobus Nicholaas Bekker N.O., die likwidateur van 'n maatskappy bekend as
Jeflpaul Eiendoms Ontwikkeling (Edms) Bpk ("Jeflpaul"), was onderskeidelik die
eerste en tweede respondente. Die appellant is later as derde respondent gevoeg.
Die aansoek het gehandel oor regsprofessionele privilegie en die afstanddoening
daarvan.
[2] Die respondent is in 1979 as advokaat van die Hooggeregshofvan Suid­
Afrika toegelaat. Nadat hy aanvanklik as sg belastingadvokaat in <liens van die
appellant was, het hy vir 'n kort tyd as advokaat by die Pretoriase balie gepraktiseer.
Daarna het hy in 1987 by die ouditeursfirma Coopers & Lybrand as direkteur van
Coopers & Lybrand Belastingadviesdienste (Edms) Bpk aangesluit. In daardie
hoedanigheid het die respondent onder andere regs- en belastingadvies aan kliente
van Coopers & Lybrand (soos <lit destyds bekend gestaan het) gegee.
[3] Mnr Dawid Frederick Spangenberg ("Spangenberg") was te alle relevante tye
die besturende direkteur en meerderheidsaandeelhouer van Jeflpaul. Jeflpaul het

3
voorheen bekend gestaan as Dawie Spangenberg Security Holdings (Edms) Bpk.
Daardie maatskappy was die houer van al die uitgereikte aandele in vyf verskillende
Dawie Spangenberg Security-maatskappye. In Oktober 1995 het die
belastingverpligting van Je:ffpaul en daardie vyf maatskappye 'n bedrag van meer
as R2,5 miljoen beloop.
[4] Gedurende omstreeks September-Oktober 1995 het Spangenberg se prokureur
die respondent genader vir regsadvies. Die respondent het verskeie konsultasies
met Spangenberg en sy prokureur gevoer en advies aan Spangenberg gegee, eerstens
met betrekking tot 'n beoogde herstrukturering van die finansiele state van
Spangenberg se groep maatskappye, en tweedens in verband met 'n sogenaamde
"franchise" -stelsel. Die respondent het ook samesprekings gevoer met mnr Scholtz,
die ontvanger van inkomste in Nigel. Mnr Scholtz is die persoon wat met die
belastingaanspreeklikheid van Je:ffpaul handel en wat die respondent se aansoek
namens die appellant opponeer.
[5] Je:ffpaul is op 20 Februarie 1996 op aansoek van die appellant onder
voorlopige likwidasie geplaas en hierdie bevel is op 26 Maart 1996 bekragtig. Op
28 Februarie 1996 het die meester op aansoek van die appellant 'n ondervraging
ingevolge die bepalings van art 417 van die Maatskappywet 61 van 1973 ("die art

4
417-ondervraging") goedgekeur. Die art 417-ondervraging het verband gehou met
die sake van Jeffpaul en Spangenberg is een van die persone wat ondervra is, onder
andere oor die aard en doel van die advies wat hy van die respondent ontvang het.
Ek sal later meer volledig met Spangenberg se ondervraging handel, maar ek kan
nou reeds meld dat hy sonder enige beroep op 'n regsprofessionele privilegie
openlik oor die respondent se advies getuig het. Wanneer hy nie self geweet het wat
die antwoord op 'n vraag was nie, het hy aan die hand gedoen dat die advokaat wat
horn namens die appellant ondervra eerder vir die-respondent moes vra om te
verduidelik. As gevolg van Spangenberg se voorstel dat die respondent sekere
aspekte moet verduidelik, het die meester die respondent in Julie 1996 gedagvaar
om te getuig. Op 6 Augustus 1996 is daar op die respondent se versoek uitstel aan
horn verleen, maar sy verdere aansoek om uitstel op 7 Oktober 1996 is geweier.
Dit blyk egter uit die meester se verslag dat hy bloot uitstel geweier het, en dat hy
geen uitsluitsel gegee het oor die vraag of die respondent horn op 'n
regsprofessionele privilegie kan beroep nie, en of Spangenberg in die loop van die
art 417- ondervraging afstand van daardie privilegie gedoen het nie.
[6] Nadat die verdere uitstel geweier is, het die respondent gevra dat sy
ondervraging afstaan sodat hy 'n dringende aansoek om 'n verklarende bevel kon
bring. Die hoof bedes in die respondent se kennisgewing van mosie in die

5
onderhawige aansoek lui soos volg:
"2. 'n Bevel wat verklaar dat Dawid Frederick Spangenberg nie afstand
gedoen het van sy regsprofessionele privilegie ten opsigte van en met
betrekking tot die advies wat hy by Willem Jacobus van der Reever
ingewin het nie;
3. 'n Bevel wat verbied dat die gemelde Willem Jacobus van der Reever
opgeroep word en onderwerp word aan ondervraging met betrekking
tot enige aspek, aangeleentheid, feit of dokument wat betrekking het
of verband hou met enige advies wat hy gelewer het of inligting wat hy
verkry het in die loop van advieslewering aan die gemelde Dawid
Frederick Spangenberg"
[7] Die meester en die likwidateur het nie die aansoek bestry nie en het hulle by
die beslissing van die hof berus. Die appellant, daarenteen, het die aansoek wel
teengestaan. Bede 3 was klaarblyklik voorbarig en die respondent (as applikant in
die hof a quo) het nie daarop aangedring nie. Die hof a quo het bevind dat daar wel
'n regsprofessionele privilegie bestaan en dat Spangenberg nie daarvan afstand
gedoen het nie. Die hof a quo het bede 2 onveranderd toegestaan en gelas dat die
appellant die koste van die aansoek betaal. Die appellant appelleer teen die
uitspraak en bevel na hierdie hof met verlof van die hof a quo.
[8] Die advokate wat namens die partye in hierdie hofverskyn het, het in die loop
van hulle betoog veral klem gele op twee aspekte, nl :
1. of daar 'n regsprofessionele privilegie bestaan waarop Spangenberg

6
horn sou kan beroep, gesien die feit dat die respondent nie 'n
praktiserende advokaat is nie; en
2. indien daar wel so 'n privilegie bestaan, of Spangenberg daarvan
afstand gedoen het.
[9] Daar is egter twee antler aspekte wat vooraf oorweeg moet word en waarop
die respondent se advokaat na my oordeel nie bevredigende antwoorde kon verstrek
nie. Die eerste aspek het betrekking op die respondent se locus standi; die tweede
handel met die vraag of die verrigtinge nie in die geheel voorbarig was nie.
Locus standi
[10] Die plig om locus standi te beweer en te bewys het op die respondent (as
applikant in die hof a quo) gerus. (Mars Incorporated v Candy World (Pty) Ltd
1991(1) SA 567(A) op 575 H-I.) Die vraag is of die respondent op sy weergawe
die vereiste "voldoende belang" (soos bv 'n direkte of werklike belang) by die
aangevraagde regshulp gehadhet (Cabinet of the Transitional Government for the
Territory of South West Africa v Eins 1988(3) SA 369(A) op 387 J- 388 H; 389 I-
390 A; Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere 1992(1) SA 521 (A) op 533 J- 534
E.)

7
[ 11] Die regsprofessionele privilegie is natuurlik die klient, Spangenberg, se
privilegie en nie die respondent s'n nie. Waar die respondent verskeie male in sy
repliserende eedsverklaring na "my regsprofessionele privilegie" verwys, skep hy
die indruk dat hy sy locus standi daarop fundeer het. Dit is natuurlik foutief, soos
ook duidelik blyk uit die volgende passasie in die uitspraak van Nestadt AR in
Bogoshi v Van Vuuren NO and Others ; Bogoshi and Another v Director, Office
for Serious Economic Offences, and Others 1996(1) SA 785 (A) op 793 H-J:
"But most important for our purposes is the principle that
privilege does not arise automatically. It must be claimed. This
may be done not only by the client but by the attorney. Indeed,
he is under a duty to claim the privilege. However, because the
privilege is the right of the client, the attorney, in claiming it,
must act not in his own interests or on his own behalf but for the
benefit of the client. Unless he does so, his claim to privilege
may be regarded as not genuine. And, in this event, a court
would be entitled to disregard the claim to privilege and admit
the document in evidence or permit its seizure, as the case may
be."
[12] Hoewel Spangenberg self die aansoek kon gebring het, doen hy dit nie. Hy
het wel 'n stawende eedsverklaring aan die respondent gegee waarin hy horn op sy
regsprofessionele privilegie beroep • en die standpunt inneem dat die respondent nie
by magte is om "oor enige aspek insake die betrokke konsultasies en advies" te
getuig nie. As dit Spangenberg se houding was, was daar niks wat verhoed het dat
hy self die aansoek bring nie. Dit is immers sy privilegie. Sy standpunt dat die

8
respondent nie by magte is om oor geprivilegeerde aspekte te getnig nie bring tog
nie mee dat die respondent nou verplig is om die aansoek te bring nie.
[13] Die respondent se advokaat het betoog dat die respondent wel 'n direkte en
werklike belang by die aansoek het en dus ook locus standi het. Volgens bewerings
in die respondent se vestigende en repliserende eedsverklarings stel hy homself en
"sy maatskappy" aan "verskeie eise" bloot indien hy tydens die beoogde art 417-
ondervraging geprivilegeerde inligting sou verskaf en dit later sou blyk dat daar wel
'n regsprofessionele privilegie bestaan en dat Spangenberg nie daarvan afstand
gedoen het nie.
[14] Toe die respondent die aansoek in die hof a quo geloods het, was daar egter
geen bevinding van die meester dat die respondent horn nie op sy klient se
privilegie kan beroep nie, 6f omdat dit nie bestaan nie, 6f omdat Spangenberg
daarvan afstand gedoen het. Die meester het slegs die aansoek om 'n verdere uitstel
geweier. Die respondent was toe ingevolge die bepalings van art 417 verplig om
homself vir ondervraging beskikbaar te stel. Daar was egter niks wat die respondent
verhoed het om tydens so 'n art 417-ondervraging 'n beroep, indien nodig, op sy
klient se privilegie te maak nie. Indien die meester dan sou bevind het dat daar geen
privilegie bestaan nie, of dat Spangenberg reeds afstand van die privilegie gedoen

9
het, sou dit die respondent sekerlik nie verkwalik kon word as hy vertroulike
inligting openbaar het nadat hy deur die meester verplig was om vrae te beantwoord
nie. Onder daardie omstandighede sou die respondent tog seker nie bloot gestaan
het aan 'n aksie om skadevergoeding nie.
[15] Die respondent het nie aangevoer dat hy enige ander belang in die aansoek
het wat as voldoende beskou kan word nie. In die omstandighede het die
respondent myns insiens dus nie bewys dat hy locus standi gehad het om die
aansoek in die hof a quo te loods nie. In billikheid teenoor die respondent moet
egter genoem word dat die appellant op geen stadium, ook nie in hierdie hof nie, die
respondent se locus standi bevraagteken het nie. Indien dit byvoorbeeld in die
appellant se beantwoordende eedsverklaring gedoen was, kon die respondent
moontlik 'n meer bevredigende verduideliking van sy beweerde belang in die
aansoek in sy repliserende eedsverklaring uiteengesit het. Na my mening behoort
die appel dus nie op hierdie grond alleen te slaag nie.
Voorbarige aansoek
[16] Die tweede aspek wat kortliks behandel moet word, is die vraag of die
aansoek in die hof a quo nie voorbarig was nie. Soos reeds gemeld het die meester
geen uitsluitsel oor Spangenberg se privilegie of sy afstanddoening gegee toe die

10
respondent se aansoek om verdere uitstel geweier is nie.
[17] Alhoewel die respondent in sy vestigende eedsverklaring beweer het dat hy
op aandrang van Spangenberg "nie by magte is om enige vraag te beantwoord wat
in die loop van die beoogde ondeMaging aan [horn] gestel sou word nie", het hy in
sy repliserende eedsverklaring ontken dat die privilegie so wyd strek en het hy
beweer dat die advies en inligting waaroor Spangenberg hoofsaaklik ondervra is
nooit as vertroulik en geprivilegeerd beskou is nie. Op sy eie weergawe staan dit
dus glad nie vas dat die respondent ooit uitgevra sou word oor antler aspekte wat
hy wel as vertroulik en geprivilegeerd beskou nie. Die kwessie van privilegie kon
dus goed moontlik nooit ter sprake gekom het nie. Tot tyd en wyl hy oor 'n
geprivilegeerde aspek ondervra sou word, en hy ondanks 'n beroep op privilegie
verplig sou word om te antwoord, was daar geen rede om die aansoek te loods nie.
[18] In sy repliserende eedsverklaring gee die respondent toe dat hy die volgende
advies ontvang het -
"dat ek op grond van my privilegie nie kan weier om ingesweer
te word nie; ek kan eers na inswering en in reaksie op 'n
spesifieke vraag die bestaan van my privilegie opper en op
grond daarvan dan weier om te antwoord."
Die respondent praat hier weer ten omegte van "my" privilegie. Die advies - wat
hy terloops nie gevolg het nie - was klaarblyklik in ooreenstemming met die

11
bepalings van art 417. Na hierdie advies moes die respondent daarvan bewus
gewees het dat sy aansoek om 'n verklarende bevel voorbarig sou wees. Sy beroep
op sy klient se privilegie kon immers goed moontlik deur die meester gehandhaaf
gewees het, met die gevolg dat 'n aansoek nooit nodig sou wees nie.
[19] In die lig van die respondent se bewerings in sy repliserende eedsverklaring,
naamlik dat baie van die advies wat hy aan Spangenberg gegee het glad nie as
vertroulik of geprivilegeerd beskou is nie, is die bevel wat hy in bede 2 aangevra
het, en wat toegestaan is, ook veels te wyd geformuleer. Dit blyk trouens glad nie
uit die stukke watter advies volgens die respondent dan wel aan die
regsprofessionele privilegie onderhewig sou wees nie. Totdat dit vasgestaan het
watter advies die respondent beweer we! geprivilegeerd sou wees, was dit nie
moontlik om die aangevraagde bevel behoorlik beperkend te formuleer nie.
[20] Na my mening kon die aansoek bloot omrede die voorbarigheid daarvan van
die hand gewys gewees het. Aangesien die werklike dispuut tussen die partye egter
in so 'n geval sou voortbestaan en spoedig weer sy kop sou uitsteek, is dit myns
insiens nodig om te beslis of Spangenberg afstand van sy privilegie gedoen het,
soos die appellant beweer. Indien we!, is dit nie nodig om die verdere vraag te
oorweeg nie, nl of daar ooit 'n regsprofessionele privilegie in hierdie besondere

12
geval tot stand gekorn het.
Afstanddoening van privilegie
[21] By beoordeling van die vraag of Spangenberg afstand van sy privilegie
gedoen het, sal ek van die veronderstelling uitgaan dat daar in hierdie geval wel 'n
regsprofessionele privilegie was waarvan afstand gedoen kon word.
[22] Spangenberg was klaarblyklik daarvan bewus dat hy horn tydens sy art 417-
ondervraging op 'n regsprofessionele privilegie kon beroep. Dit blyk dat die
respondent Spangenberg tydens die eerste konsultasie verseker het dat alles wat
tussen hulle gese sou word vertroulik is en dat dit so sal bly. Een van Spangenberg
se prokureurs, mnr Delport, se trouens dat Spangenberg by die eerste konsultasie
in sy teenwoordigheid onornwonde aangedring het op vertroulikheid. V olgens
Spangenberg se ander prokureur, mnr Basson, het hy Spangenberg tydens die art
417-ondervraging bygestaan en van advies bedien oor sy regte. Spangenberg
bevestig dat mnr Basson horn geadviseer het dat hy nie van sy regsprofessionele
privilegie hoef afstand te doen nie, en dat mnr Basson aanbeveel het dat hy dit nie
doen nie. Afgesien daarvan dat Spangenberg dus tydens sy art 417-ondervraging
wel deeglik daarvan bewus was dat hy op 'n regsprofessionele privilegie aanspraak

13
kon maak, was hy ook gewaarsku dat hy nie van daardie privilegie afstand moes
doen nie.
[23] Spangenberg beweer in sy stawende eedsverklaring dat hy op geen stadium
bedoel het om van sy regsprofessionele privilegie afstand te doen nie. Sy bedoeling
is egter nie deurslaggewend nie. Indien daar na verskeie van sy antwoorde tydens
die art 417- ondervraging gekyk word, is die gevolgtrekking myns insiens
onvermydelik dat daar wel 'n stilswyende afstanddoening of afstanddoening deur
gedragwas.
[24] Wigmore On Evidence (1961) maak die opmerking in §2327 dat <lit
algemeen erken word dat 'n klient van sy regsprofessionele privilegie afstand kan
doen. Hy vervolg dan in 'n passasie ('n gedeelte waarvan met instemming deur
hierdie hofinEx parteMinister van Justisie: In re S v Wagner 1965(4) SA 507(A)
op 514 D-E aangehaal is):
"What constitutes a waiver by implication?
Judicial decision gives no clear answer to this question. In
deciding it, regard must be had to the double elements that are
predicated in every waiver, i.e., not only the element of implied
intention, but also the element of fairness and consistency. A
privileged person would seldom be found to waive, if his
intention not to abandon could alone control the situation.
There is always also the objective consideration that when his
conduct touches a certain point of disclosure, fairness requires
that his privilege shall cease whether he intended that result or

14
not. He cannot be allowed, after disclosing as much as he
pleases, to withhold the remainder. He may elect to withhold
or to disclose, but after a certain point his election must remain
final."
Wigmore gaan dan voort in §2327 en doen onder andere die volgende aan die hand
"as a fair canon of decision" :
"(4) The client's offer ofhis own or the attorney's testimony as
to a specific communication to the attorney is a waiver as to all
other communications to the attorney on the same matter. This
is so because the privilege of secret consultation is intended
only as an incidental means of defense, and not as an
independent means of attack, and to use it in the latter character
is to abandon it in the former.
(5) The client's offer of his own or the attorney's testimony as
to a part of any communication to the attorney is a waiver as to
the whole of that communication, on the analogy of the
principle of completeness (§2113 supra)."
(Kyk ook Euroshipping Corporation of Monrovia v Minister of Agricultural
Economics and Marketing and Others 1979(1) SA 637(C) op 645 C-646 E; Bank
of Lisbon and South Africa Ltd v Tandrien Beleggings (Pty) Ltd and Others (2)
1983(2) SA 626 (W) op 627 H - 628 F.)
[25] Die respondent beweer in sy repliserende eedsverklaring dat die hele
kwessie van die "franchise" - stelsel nie vertroulik was nie en dus nooit deur
Spangenberg se regsprofessionele privilegie gedek was nie. Die respondent beweer
voorts dat die sogenaamde herstruktureringsoefening ook nie binne die bestek van

15
die regsprofessionele privilegie val nie. Die feit dat Spangenberg tydens die art 417-
ondervraging vryelik oor hierdie aspekte getuig het, bewys dus volgens die
respondent glad nie dat daar 'n afstanddoening van die regsprofessionele privilegie
was me.
[26] Hierdie bewerings verskil egter hernelsbreed van die standpunt wat die
respondent in sy vestigende eedsverklaring en Spangenberg in sy stawende
eedsverklaring ingeneern het. In sy vestigende eedsverklaring beweer die
respondent dat Spangenberg se prokureur horn beroep op 'n regsprofessionele
privilegie "ten opsigte van alle gesprekke, advies, inligting en gebeure" waarby die
respondent betrokke was. Die respondent het verder aangevoer, soos reeds vroeer
gerneld, dat hy deur die reg verbied word en nie by rnagte is orn "enige" vraag te
beantwoord wat in die loop van die beoogde art 417-ondervraging aan horn gestel
sou word nie. Spangenberg se houding in sy stawende eedsverklaring was
eweneens dat die respondent nie rnag getuig "oor enige aspek insake die betrokke
konsultasies en advies" nie. Hierdie aanvanklike standpunt van die respondent en
Spangenberg word ook weerspieel in die wye formulering van die gernelde bedes
in die kennisgewing van rnosie.
[27] Die appellant het 'n transkripsie van Spangenberg se getuienis by sy

16
beantwoordende eedsverklaring aangeheg en relevante passasies in daardie getuienis
beklemtoon. Daarna vind mens die frontverandering in die respondent se
repliserende eedsverklaring, nl sy bewering dat advies met betrekking tot die sg
herstrukturering en "franchise"-stelsel nie vertroulik is nie en nie deur die privilegie
gedek word nie. Watter advies volgens die respondent dan wel geprivilegeerd sou
wees, bly egter onbeantwoord.
[28] Ondanks hierdie frontverandering en die feit dat die respondent in sy
repliserende eedsverk:laring kennis gegee het van 'n beoogde wysiging van sy bedes,
het die respondent by die aanhoor van die aansoek volhard met sy oorspronklike
bede 2, wat toe ook verleen is. Volgens die bevel van die hof a qua dek die
privilegie "die advies" wat Spangenberg by die respondent ingewin het, sonder
enige nadere omskrywing ofbeperking van daardie advies.
[29] Spangenberg se getuienis tydens die art 417-onderv.raging toon duidelik aan
dat hy heeltemal openhartig oor alle aspekte van die respondent se advies getuig het.
W aar hy onseker oor enige aspek was, het hy aan die hand gedoen dat die
respondent oor die betrokke aangeleentheid uitgevra word en dat die respondent dan
verduidelik waarom hy die betrokke advies gegee het. Op geen stadium tydens sy
getuienis het Spangenberg horn op sy privilegie beroep of geweier om 'n vraag te

17
beantwoord nie. Sy prokureur wat tydens die ondervraging teenwoordig was het
ook nooit beswaar gemaak teen enige vraag nie. Die kwessie van Spangenberg se
privilegie het vir die eerste maal pertinent ter sprake gekom toe die respondent
gedagvaarwas om in die loop van die art 417-ondervraging te getuig. Toe was <lit
die respondent wat horn op sy klient se privilegie beroep het, en nie die klient self
wat horn op die privilegie beroep nie.
[30] Na my oordeel blyk <lit duidelik uit Spangenberg se getuienis tydens die art
417-ondervraging dat hy afstand gedoen het van enige privilegie wat hy mag gehad
het. Dit was weliswaar nie 'n • uitdruklike afstanddoening nie, maar wel 'n
stilswyende afstanddoening of afstanddoening deur gedrag. En soos Wigmore
§2327 aantoon, kan 'n gedeeltelike openbaarmaking 'n afstanddoening van die
geheelmeebring. (J(ykExparteMinistervanJustisie, supra, op 514 C-H; Bank
of Lisbon, supra, 629 F-H.)
[31] Die volgende passasies uit Spangenberg se getuienis in die loop van sy art
417-ondervraging toon aan hoe hy telkemale voorgestel het dat die respondent of
sy prokureur 'n verduideliking moet gee waar hy nie self geweet het wat die
antwoord op 'n vraag is nie. Instede daarvan om horn op sy privilegie te beroep, het
hy die respondent en sy prokureur as getuies aangebied.

18
( a) "Hoe kan die Ontvanger se hy stel nie belang nie ? Jy kan mos
beswaar aanteken teen so 'n besluit. - - Ek weet nie. Dit moet
u weer eens vir Willie van der Reever vra. Hoekom hulle <lit
besluit het <lit weet ek nie.
(b) ''Nou hoekom moes die verwarring met die name geskep word,
<lit is mos ongehoord? - - As u se <lit is ongehoord is <lit seker
so. Dit is die raad wat Willie van der Reever vir ons gegee het.
Hoekom het hy die raad vir u gegee wat was die doel
hiermee? - - Ek weet nie. Hy het 'n baie goeie verduideliking
vir <lit. Ek <link miskien moet hy <lit liewers self doen as wat ek
<lit dalk verkeerdelik sal doen.
Ja, u weet, hy het geen privilegie nie(?) - - Ek kan nie vir u
'n ander antwoord gee nie. Hy het gese hy stel voor dat ons
moet, om die naam te kan behou, die veranderings doen. Ons
moet rakmaatskappye gebruik, ons moet die veranderinge laat
plaasvind sodat daardie name anderkant weer kan uitkom as 'n
nuwe maatskappy sodat hy weer kan aangaan met daardie
naam, <lit is die kort verduideliking."
(c) "Hoekom was <lit nodig om hierdie kontrak aan te gaan? - -
Want <lit is 'n franses-ooreenkoms wat deur Willie van der
Reever aan my voorgehou is.
Hoekom? Dit maak nie kommersiele sin nie. U sien, laat ek
<lit vir u stel : die enigste sin wat hierdie kontrak maak is om te
sorg dat u 'n substansiele bedrag in kapitaal bekom. - - Korn ek
se vir u so: Willie van der Reever stel <lit nie so nie. Hy se <lit
heeltemal anders as wat u <lit se en dan moet Willie van der
Reever <lit kom verduidelik waarom hy <lit anders stel, maar hy
het baie duidelik en reguit vir ons gese dat <lit is die stelsel om
te gaan, <lit is - daar is niks onder - ons het <lit baie duidelik
gese, ek kon niks doen wat onwettig is nie. Hy het gese ek
doen niks onwettig nie. Wat hy hier voorstel is alledaags
normaal en <lit is die franses-stelsel wat hy voorstel ons moet
gaan. Dit is opdrag gegee van sy kant af aan Piet Delport om
dienooreenkomstig hierdie kontrakte te gaan optrek met die

dienooreenkomstig hierdie kontrakte te gaan optrek met die
beskermingsregte wat vervat is in <lit en <lit is hoe ons <lit gekry
het. Dit is wat ek vir u kan se.
U het <lit gedoen aan die hand van Van der Reever se
advies? - - Korrek, ja."

t
19
( d) " 'Met die besigheid waarmee hulle besigheid kon of kan
voortgaan nie'. Hoekom nie? - - Ek kan nie nou presies vir u 'n
antwoord gee nie. Ek <link miskien moet Piet Delport dit
beantwoord oor hoe en wat hy daarby bedoel."
( e) "'n Prokureur wat nie in 'n brief se wat sy klient se hy moet se
nie sou onverantwoordelik optree. - - Dit is so. Daarom seek
Piet kan miskien net kom verduidelik wat die hele ding, wat hy
daarby probeer se."
[32] Ek kan nie saamstem met die betoog namens die respondent dat Spangenberg
nerens getuig het oor regsadvies wat hy van die respondent ontvang het nie. In die
passasie aangehaal in paragraaf [31] ( c) hierbo verwys Spangenberg bv uitdruklik
na die respondent se advies dat daar niks onwettigs omtrent 'n sekere voorstel is
nie. In die passasie aangehaal in paragraaf [31] (b) hierbo verduidelik Spangenberg
na die beste van sy vermoe wat die "raad" was wat die respondent horn gegee het.
Wat die respondent se doel in die verband was, moes hy volgens Spangenberg egter
selfkom verduidelik.
[33] Soos blyk uit die volgende passasie uit Spangenberg se getuienis tydens die
art 417-ondervraging het hy openlik verduidelik wat die respondent se advies met
betrekking tot herstrukturering was. Dit blyk verder uit die aangehaalde passasie
dat Spangenberg ook heeltemal gewillig was om enige skriftelike advies van die
respondent aan sy ondervrager beskikbaar te stel.
"Se vir my het u ooit by Van der Heever probeer uitvind wat
die doe! met hierdie skema van horn is wat die herstrukturering

20
aanbetref? - - Soos ek vir u gese het in leke tenne het hy vir my
gese dit gaan rondom, hulle wil die naam D Sekuriteit behou,
maar hulle wil 'n skoon maatskappy he wat geen sake in die
verlede, moontlike probleme kan veroorsaak, hetsy arbeid of
wat ookal nie. Die voorstel is doen 'n naamsverandering sodat
ons daardie naam weer kan uitkry en horn dan aan hulle kan
verkoop sodat hulle kan handel dryf met die naam Dawie
Spangenberg.
Maar skoon beteken hy moet geen skuld he nie, hy moet geen
geskiedenis he nie? - - Korrek, ja. Dit is hoekom dit toe 'n
1995 maatskappy is.
Alles wat in die verlede gebeur het bly in die verlede? - - Dit
1s reg.
Bly by die vorige maatskappye. Het hy dit vir u geadviseer?
- - Hy het dit vir my geadviseer. Dit wat hier gedoen is, is
suiwer op sy advies aan ons gegee.
Het hy dit in skrif aan u gese? - - Ek <link amper so, ek wil
nie se ja nie. Ek gaan dit bevestig.
Sal u vir my dit uitvind asseblief. Dit is baie belangrik dat
u daardie, indien daar so 'n skriftelike mededeling bestaan dat
u dit vir ons saambring asseblief. - - Ek kan net bevestig dat ons
prokureurs met hierdie hele totale advisering was hulle ook by.
So hulle kan ook bevestig wat gese is vir my.
Kan ek nou so vra, ek wil nie vir u lei nie, u moet asseblief
<link, die vraag oorweeg en 'n onafhanklike antwoord gee?
Hierdie is vir my baie eienaardige omstandighede : wie was
verantwoordelik vir die of kan ek vir u so vra: het Van der
Reever hierdie struktuur uitgedink? - - Korrek, ja.
[34] In die loop van die art 417-ondervraging het Spangenberg dit duidelik
gemaak dat die sg "franchise"-stelsel en herstrukturering van state op advies van die
respondent geiinplementeer is. Spangenberg het probeer verduidelik wat die advies
was. Volgens die respondent se weergawe in sy repliserende eedsverklaring was
daar egter niks vertrouliks omtrent die samesprekings en advies aangaande die

21
"franchise"-stelsel en herstrukturering nie en was <lit nie geprivilegeerd nie.
Gevolglik, so word betoog, kom Spangenberg se getuienis oor die "franchise" -
stelsel en herstrukturering nie op enige afstanddoening van privilegie neer nie.
[35] Dit moet egter in gedagte gehou word dat toe Spangenberg gedurende Maart
1996 openlik oor die respondent se advies insake die "franchise"-stelsel en
herstrukturering getuig het, hy dit gedoen het onder die vaste indruk dat alle aspekte
insake die betrokke konsultasies en advies, en dus ook hierdie besondere advies,
geprivilegeerd was. Dit was steeds Spangenberg se indruk van die trefwydte van
die privilegie toe hy sy stawende eedsverklaring in Oktober 1996 onderteken het,
soos blyk uit paragraaf [26] hierbo. Die afleiding is dus onvermydelik dat
Spangenberg op die stadium toe hy getuig het heeltemal bereid was om van sy
vermeende privilegie afstand te doen.
[36] In die lig van al die omstandighede is ek van oordeel dat Spangenberg
inderdaad van sy privilegie afstand gedoen het en dat die respondent horn nie langer
op Spangenberg se privilegie kan beroep nie.
[37] Die verdere vraag is of daar wel 'n regsprofessionele privilegie in hierdie
besondere geval tot stand gekom het. Soos bv blyk uit die uitspraak van die High

22
Court van Australi~ in die saak van Wateiford v The Commonwealth of Australia
(1987) 163 CLR 54 is dit ,n vraag wat afhang van die besondere omstandighede van
die geval en 'n probleem waaroor daar 'n groot verskil van mening kan bestaan.
Waar ek reeds bevind het dat Spangenberg in ieder geval afstand gedoen bet van
enige privilegie wat hy mag gehad het, vind ek dit nie nodig om op hierdie verdere
aspek van die saak in te gaan nie.
[38] Die appel word gevolglik gehandhaaf.
Die volgende bevel word gemaak :
1. Die appel word gehandhaaf met koste, wat die koste van twee advokate
insluit.
2. Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en met die volgende vervang:
Smalberger
Nienaber
Plewman
Farlam
"Die aansoek word van die hand gewys met koste."
AR)
AR)
AR)
Wnd AR) stem saam
__ --.
F H GROSSKOPF
Appelregter