About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2013
>>
[2013] ZAWCHC 172
|
|
Rossouw v S (A374/13) [2013] ZAWCHC 172; 2014 (1) SACR 390 (WCC) (8 November 2013)
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
IN DIE HOË
HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOË
HOF, KAAPSTAD)
Saaknr: A374/13
In
die appél van:
ISMAIL ROSSOUW
.....................................................................................
Appellant
teen
DIE STAAT
.................................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
:
8 NOVEMBER 2013
Schippers
R:
Hierdie is ‘n
appèl slegs teen vonnis met verlof van die verhoorhof. Die
appellant is in die Streekhof, Wynberg,
skuldig bevind aan die
onwettige besit van ‘n 9mm Norinco vuurwapen, kragtens artikel
3 van die Wet op Beheer van Vuurwapens
Nr 60 van 2000; en die
onwettige besit van van 8 rondtes ammunisie ingevolge artikel 36 van
die Wet op Wapens en Ammunisie Nr
75 of 1969. Die appellant het op
beide oortredings skuldig gepleit en is skuldig bevind. Hy is
gevonnis tot ses (6) jaar gevangenisstraf
vir die onwettige besit
van die vuurwapen en een (1) jaar gevangenisstraf vir die besit van
die ammunisie.
In sy verklaring
ingevolge 112(2) van die Strafproseswet Nr 51 of 1977, sê die
appellant dat op 8 April 2010 en in Manenberg,
was hy op pad na sy
moeder se woning toe hy ‘n sakkie op die grond gesien het. Hy
het dit opgetel omdat dit gelyk het of
daar iets in die sakkie was.
Hy het gevind dat dit ‘n vuurwapen bevat. Hy het ook gekyk of
daar ‘n magasyn in die
vuurwapen was. Dit het hy gekry, gelaai
met agt lewende rondtes. Hy het tot by ‘n donker hoek gestap
(dit was blykbaar
nag) waar hy die vuurwapen teen sy middellyf in sy
broek geplaas het. Op pad na die woning het die polisie hom gestop
en gevra
of hulle hom kan visenteer. Hulle het die vuurwapen in sy
broek by sy middellyf gevind. In die verklaring erken die appellant
dat hy die vuurwapen vir homself sou houvir selfverdediging,want hy
woon in ‘n area waar daar baie bendes is. Hy het voorts
erken
dat hy nie ‘n lisensie, permit of magtiging vir die vuurwapen
het nie, dat dit in ‘n werkende toestand was
en dat die
ballistiese verslag korrek is. Daarvolgens was die vuurwapen deur
die Ballistiese Afdeling van die Suid-Afrikaanse
Polisie Diens
ondersoek en gevind dat dit wel ammunisie kan afvuur, dat dit self
gelaai kan word maar dat dit nie meer as een
skoot met ‘n
enkele drukking van die sneller kan afvuur nie.
Alvorens daar met
die gronde van appèl gehandel word is daar ‘n aspek van
hierdie saak wat by hierdie Hof kommer
wek. Dit is dat die
Strafwysigingswet Nr 105 van 1997 (“die Strafwysigingswet”)
totaal deur die aanklaer geignoreer
is. Artikel 51(2)(a) bepaal dat
dat ‘n streekhof wat ‘n persoon skuldig bevind aan ‘n
misdryf bedoel in Deel
II van Bylae 2 – die besit van ‘n
outomatiese of semi-outomatiese vuurwapen – moet‘n
eerste oortreder
tot gevangenisstraf van minstens 15 jaar vonnis, ‘n
tweede oortreder tot minstens 20 jaar en ‘n derde of verdere
oortreder tot minstens 25 jaar, tensy daar wesenlike en dwingende
omstandighede aanwesig is wat die oplegging van ‘n mindere
vonnis as die voorgeskrewe minimum vonnis regverdig.
1
In hierdie geval
het dieappellant ‘n semi- of half- outomatiese vuurwapen
besit. Die Wet op Beheer van Vuurwapens omskryf
semi-outomaties of
half-outomaties met verwysing na ‘n vuurwapen as synde,
“selflaaiend maar nie in staat om meer
as een skoot met ‘n
enkele drukking van die sneller af te vuur nie”. Dit is
presies wat bevind is in die ballistiese
verslag wat deur die
appellant erken is.
Die appellant kon
dus skuldig bevind word aan besit van ‘n semi-outomatiese
vuurwapen en sou die Strafwysigingswet duidelik
van toepassing
gewees het. Die rekord bevat egter geen verduideliking vir die
aanklaer se versuim om dié Wet toe te pas
nie. Op ‘n
navraag van die Landdros sê die aanklaer eenvoudig dat die
staat nie op die wet op minimum vonnisse steun
nie. Gevolglik is die
oogmerke van die wetgewer in die Strafwysigingswet om minimum
vonnisse vir sekere ernstige misdrywe voor
te skryf, verydel.
Insgelyks is die
oogmerke van die Wet op Beheer van Vuurwapens belemmer. Volgens die
aanhef tot dié wet is hy in werking
gebring onder andere
omdat elke persoon oor die reg tot lewe en die reg tot veiligheid
van die persoon beskik, wat insluit die
reg om vry te wees van alle
vorme van geweld; en omdat die toenemende beskikbaarheid en misbruik
van vuurwapens en ammunisie
beduidend tot die hoë vlakke van
geweldsmisdade bydra.
Artikel 2 van die
Wet op beheer van Vuurwapens lees ondermeer as volg:
“
2. Doel van Wet.
-
Die doel van hierdie Wet is om-
die grondwetlike reg op lewe en
liggaamlike integriteit te bevorder;
die toename van onwettige besit
van vuurwapens te voorkom en, deur voorsiening te maak vir die
verwydering van hierdie vuurwapens
uit die gemeenskap en deur
verbetering van beheer oor die wettige besit van vuurwapens, misdaad
waarby vuurwapens gebruik word,
te voorkom.
dit vir die Staat moontlik te
maak om vuurwapens wat onwettig besit word uit die gemeenskap te
verwyder, die voorsiening, besit,
veilige bewaring, oordrag en
gebruik van vuurwapens te beheer en die nalatige en kriminele
gebruik van vuurwapens op te spoor
en te straf.”
Aan hierdie
oogmerke word gevolg gegee en word hulle gestut deur die bepalings
van die Strafwysigingswet wat die howe verplig
is om in werking te
stel. In
Matyityi
2
sê die
Hoogste Hof van Appèl (HHA) die volgende:
“
As
Malgas
makes plain, courts have the
duty, despite any personal doubts about the efficacy of the policy or
personal aversion to it to implement
those sentences. Our courts
derive their power from the Constitution and, like other arms of
State, owe their fealty to it. Our
constitutional order can hardly
survive if courts fail to properly patrol the boundaries of their own
power by showing due deference
to the legitimate domains of power of
the other arms of State. Here Parliament has spoken. It has ordained
minimum sentences for
certain specified offences. Courts are obliged
to impose those sentences unless there are truly convincing reasons
for departing
from them.”
3
Dit is gevolglik
nie verbasend nie dat die HHA in
Thembalethu
4
‘
n appél
teen ‘n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf opgelê aan ‘n
eerste oortreder ingevolge artikel 51(2)
van die Strafwysigingswet
vir die onwettige besit van ‘n semi-outomatiese vuurwapen, van
die hand gewys het. Die HHA bevind
juis dat die bepalings van
artikel 51(2) gebiedend is en dat wanneer dit bewys word dat ‘n
beskuldigde aan die onwettige
besit van ‘n semi-outomatiese
vuurwapen skuldigbevind is, dit aanleiding gee tot die toepassing
van die voorgeskrewe minimum
vonnis.
5
Die appellant kan
egter nou nie met die Strafwysigingswet gekonfronteer word nie,
vandaar die staat geensins die bepalings van
dié wet onder
die appellant se aandag gebring het nie.
6
Dit is nie
aangenaam om dit te doen nie maar ek ag dit my plig om in die belang
van die regspleging die aanklaer en die verhoorhof
te vermaan om in
die toekoms meer waaksaam te wees by die toepassing van die
Strafwysigingswet. So nie, sal die doel van dié
wetgewing
asook die Wet op Beheer van Vuurwapens, misluk.
Ek handel
vervolgens met die gronde van appèl wat as volg saamgevat kan
word. Die verhoorhof het sy strafdiskresie onbehoorlik
en onredelik
uitgeoefen deurdat die erns van die misdryf en die appellant se
vorige veroordelings oorbeklemtoonis. Die hof het
die
gemeenskapsbelang verkeerd vertolk. Daar is geen gewig verleen aan
die tydperk wat die appellant verhoorafwagtend was nie.
Die hof het
nie ‘n gebalanseerde en geïndividualiseerde vonnis opgelê
nie.
Dit is geykte reg
dat die verhoorhof oor ‘n judisiële diskresie beskik ten
aansien van vonnis. In die algemeen sal
die verhoorhof se vonnis op
appèl verander word slegs indien die strafdiskresie nie
redelik, regterlik en behoorlik uitgeoefen
is nie.
7
Die vraag is
eintlik of die verhoorhof redelikerwyse die diskresie uitgeoefen het
wat aan hom toevertrou is: anders gestel, of
dit gesê kan word
dat geen redelike hof die vonnis wat deur die verhoorhof opgelê
is, sou opgelê het nie.
8
Die appellant is
aan uiters ernstige misdrywe skuldig bevind en is die erns daarvan
nie deur die verhoorhof oorbeklemtoon nie.
Die hof meld dat sy
ondervinding is dat misdade en skietvoorvalle wat voor hom dien,
geskied meestal met ongelisensieerde vuurwapens.
Verder is
Manenberg, die area waar die appellant gevang is, bekend vir bende
verwante voorvalle waar daar ‘n skietery daagliks
plaasvind,
dikwels met ongelisensieerde vuurwapens en waar persone getref en
gedood word in oor en weer skietery tussen bendes
en ander persone.
Dit is
vanselfssprekend dat besit van ongelisensieerde vuurwapens kan lei
tot die gebruik daarvan om misdade te pleeg, óf
deur die
besitter óf ander persone wat vuurwapens steel, leen of op ‘n
ander wyse bekom. Hoe meer onwettige vuurwapens
in omloop is,hoe
groter die meerderheid beskikbaar vir die pleging van misdade.
Om hierdie redes is
ek van mening dat die verhoorhof nie die belange van die gemeenskap
oorbeklemtoon het nie.
Die appellant se
persoonlike omstandighede wat voor die hof geplaas is, is die
volgende. Hy is 30 jaar oud, werkloos, woon met
sy oom en is
ongetroud. Hy het twee minderjarige kinders. Een woon by sy suster
en die ander by sy moeder. Dit is so dat hierdie
omstandighede nie
in die uitspraak oor vonnis verskyn nie. Dit beteken egter nie dat
die appellant se persoonlike omstandighede
nie deur die hof in
aanmerking geneem is nie.
9
Voorts is die
betoog ongegrond dat die appellant se vorige veroordelings
oorbeklemtoon is. Die verhoorhof het die twee vorige
veroordelings
vir die onwettige besit van vuurwapens asook die feit dat een meer
as 10 jaar gelede gepleeg is, in ag geneem.
Die hof het egter tot
die gevolgtrekking gekom dat die appellant nie daaruit geleer het
nie of hom daaraan gesteur het nie. Ook
hier kan die verhoorhof nie
gefouteer word nie. Soos reeds gemeld is die besit van ‘n
ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie
ernstige oortredings. Indien
die aanklaer die Strafwysigingswet toegepas het sou die appellant ‘n
vonnis 25 jaar gevangenisstraf
in die gesig gestaar het, tensy daar
dwingende en wesenlike omstandighede aanwesig was wat ‘n
afwyking van daardie vonnis
sou regverdig.
Diebetoog dat die
verhoorhof geen gewig verleen het aan die tydperk wat die appellant
verhoorafwagtend is, gaan ook nie op nie.
Die vraag is of die vonnis
wat wel opgelê is proporsioneel is met die misdrywe wat die
appellant gepleeg het: of die vonnis
in al die omstandighede
regverdig is, insluitend die tydperk wat die appellant in aanhouding
was voor sy skuldigbevinding en
vonnis.
10
In hierdie geval is
die antwoord op hierdie vraag, myns insiens, positief.
Ten slotte is ek
van mening dat die verhoorhof ‘n gepaste vonnis opgelê
het.Dievonnis is gebaseer op ‘n gebalanseerde
oorweging van
die drie elemente wat ‘n hof in ag moet neem by die oplegging
van vonnis, naamlik die aard en erns van die
misdryf, die belange
van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die
beskuldigde.
11
Bygevolg sou ek die
volgende bevel maak:
Die appèl
word van die hand wys.
Die griffier word
gelas om ‘n afskrif van hierdie uitspraak aan die Direkteur
van Openbare Vervolgings: Wes-Kaap te versend
met die versoek dat
daar ‘n voorskrif aan alle staatsaanklaers in die Wes-Kaap
uitgereik word dat waar toepaslik, daar
uitvoering gegee word aan
die bepalings van die Strafwysigingswet Nr 105 van 1997.
SCHIPPERS R
Ek stem saam. Dit
word so gelas.
DAVIS R
Namens
Appellant :
Adv. D C Theunissen
In
opdrag van : Regshulpsentrum
Reserwebankgebou
St
George’s Mall
KAAPSTAD
8001
Namens
Verweerder :
Adv. JAJ Swart
In
opdrag van : Direkteur van Openbare Vervolging
Buitengracht
Straat
KAAPSTAD
8001
Datum
van Appél :
8 November 2013
Datum
van Uitspraak :
8 November 2013
1
Artikel
51(2)(a) saamgelees met artikel 51(3) van die Strafwysigingswet.
2
S
v Matyityi
2011 (1) SACR 40
(SCA).
3
Matyityi
n 2 para 23.
4
S
v Thembalethu
2009 (1) SACR 50
(SCA).
5
Thembalethu
n
4 paras 6 en 7.
6
S
v Legoa
2003 (1) SACR 13
(SCA) paras 18 en 24-27.
7
S
v Rabie
1975 (4) SA 855
(A) op 857D-F.
8
S
v M
1976 (3) SA 644
(A) op 649H.
9
R
v Dhlumayo and Others
1948 (2) SA 677
(A) op 702;
S v Pillay
1977 (4) SA 531
(A) op 535B.
10
S
v Radebe and Another
2013 (2) SACR 165
(SCA) para 14.
11
S
v Holder
1979 (2) SA 70
(A) op 75A.