Kernsig 17 (Edms) Bpk v ABSA Bank (A578/08) [2010] ZAWCHC 9 (8 February 2010)

82 Reportability

Brief Summary

Company Law — Financial assistance — Validity of loan agreement — Appellant sought cancellation of registered covering bonds on grounds that underlying transaction was void due to contravention of section 38(1) of the Companies Act 61 of 1973 — Appellant argued that loan agreement facilitated purchase of shares, thus constituting prohibited financial assistance — Respondent contended that loan was a standard commercial transaction unrelated to share purchase — Court held that the loan agreement did not contravene section 38(1) as it was not aimed at providing financial assistance for share acquisition, and thus the bonds remained valid.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2010
>>
[2010] ZAWCHC 9
|

|

Kernsig 17 (Edms) Bpk v ABSA Bank (A578/08) [2010] ZAWCHC 9 (8 February 2010)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
[WES-KAAP
HOe HOF, KAAPSTAD]
Saaknommer:
A578/08
In
die saak tussen:
KERNSIG
17 (EDMS) BPK
Appellant
en
ABSA
BANK
Respondent
UITSPRAAK
GELEWER: 8 FEBRUARIE 2010
FOURIE,
R: INLEIDING
[1]
Appellant het die hof
a
quo
op
aansoek genader vir n bevel waarkragtens respondent gelas word om
alle dekkingsverbande, geregistreer ten gunste van respondent
teen
die titelakte van appellant se onroerende eiendom, te kanselleer. Na
die aanhoor van argument, het die geleerde regter die aansoek
van die
hand gewys, maar verlof tot appel teen haar beslissing verleen.
[2]
Dit is nie nodig om te handel met die redes vir die hof
a
quo
se
beslissing nie, aangesien die appel gegrond word op 'n enkele
regsgrond wat nie deur die geleerde regter in haar uitspraak oorweeg
is nie. Kortliks, voer appellant aan dat die onderliggende transaksie
waaruit die skuld ontstaan het wat deur die voormelde
dekkingsverbande
verseker word, geen regtens afdwingbare skuld tot
gevolg gehad het nie. Die rede hiervoor, aldus appellant, is dat
sodanige onderliggende
transaksie getref word deur die bepalings van
artikel 38 (1) van die Maatskappyewet, No. 61 van 1973 ("die
Maatskappyewet"),
en dit gevolglik regtens nietig en
onafdwingbaar is. Weens die nietigheid van die onderliggende
transaksie, betoog appellant verder,
is daar geen bestaansreg vir die
betrokke dekkingsverbande nie en is appellant geregtig op die
kansellasie daarvan.
[3]
Die relevante feite waarop hierdie appelgrond gebasseer word, word
meer volledig hieronder uiteengesit. Dit dien verder gemeld
te word
dat die teenstrydige bewerings van die partye in hulle onderskeie
eedsverklarings, wesenlike feitegeskille tot gevolg gehad
het.
Appellant se benadering is egter dat selfs op respondent se weergawe
van die relevante feite, die appel moet slaag weens die
oorskryding
van die verbod vervat in artikel 38 (1) van die Maatskappyewet.
DIE
RELEVANTE FEITE
[4]
Weens appellant se voormelde benadering tot die feitegeskille, is die
volgende relevante feite gemeensaak of minstens nie in geskil
nie.
[5]
Die onroerende eiendom van appellant waaroor die gemelde
dekkingsverbande geregistreer is, is 'n plaas, by name "Karoovlakte",
gelee in die distrik van Klawer, Wes-Kaap. Mnre P J en J A Greyling
("die Greylings") is die mede-direkteure en aandeelhouers
van appellant en het voorheen die plaas van appellant gehuur en in
vennootskap onder die naam "Karoovlakte Boerdery" ("die
vennootskap"), daarop geboer.
[6]
Respondent was te alle relevante tye die vennootskap se bankier en
het geld aan die vennootskap geleen en voorgeskiet, by wyse
van n
oortrokke fasiliteit en 'n termynlening. Gedurende die tydperk 2
Februarie 1984 tot 2 Maart 2001, is ses dekkingsverbande teen
die
titelakte van Karoovlakte geregistreer, as sekuriteit vir die bedrae
wat deur die vennootskap aan respondent verskuldig mag wees.
[7]
Die vennootskap het mettertyd op onverantwoordelike wyse met hierdie
skuldverpligtinge teenoor respondent, omgegaan. Die oortrokke
fasiliteit se limiet is gereeld oorskry en paaiemente verskuldig ten
aansien van die termynlening-skuld is nie stiptelik betaal nie.
Respondent het begin druk uitoefen op die vennote (die Greylings) om
hierdie skuldverpligtinge meer verantwoordelik te hanteer.
[8]
Dit het aanleiding gegee tot samesprekings tussen die Greylings en
respondent se verteenwoordiger te Vredendal, ene Mnr. Brand,
aangaande die toekomstige hantering van hierdie skuldverpligtinge van
die vennootskap teenoor respondent. Dit moet beklemtoon word
dat
respondent, in die persoon van Brand, deurlopend op hoogte was van al
die stappe wat mettertyd geneem is in n poging om hierdie
skuldprobleme van die vennootskap op te los.
[9]
n Oplossing het sigself voorgedoen in die persoon van Mnr. L P
Barnard en sy eggenote Mevrou C Barnard ("die Barnards"),
wat belanggestel het om Karoovlakte te bekom. Na onderhandelinge oor
hoe n transaksie met die Barnards gestruktureer kon word, is
besluit
dat die Greylings hulle aandeelhouding in appellant aan die Barnards
sou verkoop. 'n Aanvanklike koopooreenkoms is op 6 September
2005
aangegaan, maar vir huidige doeleindes is dit slegs nodig om te
verwys na die finale skriftelike koopooreenkoms wat die betrokke
partye op 30 November 2005 aangegaan het. Hierkragtens het die
Greylings hulle volle aandeelhouding en leningsrekeninge in appellant
aan die Barnards verkoop vir 'n koopprys van R2 miljoen.
[10]
Dit is gemenesaak dat die koopooreenkoms van 30 November 2005, nie in
alle opsigte die ooreenkoms tussen die partye, en in besonder
die
wyse van betaling van die koopprys, korrek weergee nie. Dit is verder
gemenesaak dat die koopprys van R2 miljoen as volg deur
die Barnards
betaal moes word:
(a)
' n Deposito van R150 000-00 wat reeds betaal was;
(b)
Deur die oorname van die vennootskap se verskuldigheid aan respondent
uit hoofde van die voormelde oortrokke fasiliteit en termynlening,
wat 'n totale bedrag van R1 137 750-00 beloop het;
(c)
Deur die balans van die koopsom, naamlik R712 250-00, in twaalf
jaarlikse paaiemente te betaal.
[11]
Die partye het daarbenewens ooreengekom dat die Barnards se oorname
van die vennootskap se skuldverpligtinge teenoor respondent,
in die
naam van appellant sou geskied. Dit het in effek behels dat die
vennootskap se oortrokke fasiliteit en leningskuld gekonsolideer
en
deur appellant betaal sou word deur middel van n nuwe
leningsfasiliteit wat vir hierdie doel aan appellant toegestaan sou
word
deur respondent.
[12]
Voortspruitende uit die voorgaande, is daar op 8 Desember 2005 'n
skriftelike termynleningsooreenkoms deur appellant en respondent
aangegaan, ingevolge waarvan respondent n bedrag van R1,1 miljoen aan
appellant geleen en voorgeskiet het. Op respondent se eie weergawe,
was Brand ten volle bewus daarvan dat hierdie finansiering benodig
was ten einde appellant in staat te stel om die vennootskap se
skuld
teenoor respondent, te delg. Die opbrengs van die
termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005 is toe aangewend
om die
vennootskap se skuldverpligtinge teenoor respondent te
vereffen. Dit het tot gevolg gehad dat appellant daarna die bedrag
van
R1,1 miljoen (plus rente) aan respondent verskuldig was uit
hoofde van die termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005.
ARTIKEL
38 VAN DIE MAATSKAPPYEWET
[13]
Die relevante gedeelte van artikel 38 (1) lui as volg:
"38.
Geen
geldelike bystand vir die koop van aandele van maatskappy of
houermaatskappy-
(1)
Geen maatskappy mag, hetsy regstreeks of onregstreeks, en hetsy deur
middel van 'n lening, garansie, sekerheidstelling of andersins,
geldelike bystand verleen nie vir die doel van of in verband met die
koop of inskrywing of beoogde koop of inskrywing deur iemand
van of
op enige aandele van die maatskappy..."
[14]
Ek mag meld dat die uitsonderingsgevalle wat in sub-artikels 38 (2)
en 38 (2A) vermeld word, nie in die onderhawige geval toepassing
vind
nie. Verder dien gemeld te word dat artikel 38 (3) bepaal dat n
oortreding van die bepalings van artikel 38, 'n misdryf daarstel.
[15]
Die basiese oogmerk van artikel 38 (1), is die beskerming van 'n
maatskappy se skuldeisers en minderheidsaandeelhouers. Dit behels
die
beleidsoorweging dat die kapitale hulpbronne van n maatskappy nie
aangewend of aan risiko blootgestel mag word, vir die doel
van of in
verband met die koop van die maatskappy se aandele nie. Sien
Henochsberg
on the Companies Act,
Vol.
1 bl. 74 en
Lewis
v Oneanate (Pty) Ltd and Another
[1992] ZASCA 174
;
1992
(4) SA 811
(A) te 818A-B.
[16]
Die verbod vervat in artikel 38 (1) bestaan uit die volgende twee
elemente:
(a)
die verlening van geldelike bystand deur 'n maatskappy; en
(b)
die spesifieke doel waarvoor sodanige bystand verleen word, naamlik
vir die aankoop of in verband met die aankoop van die maatskappy
se
aandele.
Soos
wat aan die hand gedoen word deur
Henochsberg,
supra,
te bl. 75, behels die fundamentele ondersoek by die toepassing van
artikel 38 (1), die vraag
"whether
the effect of the particular transaction is that the company has
given, or would give financial assistance and, if so,
was it, or
would it be, given for the purpose of or in connection with, the
purchase of the shares".
[17]
Henochsberg,
t.a.p.,
beklemtoon verder, met verwysing na die toonaangewende beslissing van
Lipschitz
N.O. v UDC Bank Ltd,
1979
(1)
SA 789
(A), dat by die oorweging van die spesifieke doel waarvoor
finansiele bystand deur 'n maatskappy verleen is, dit bepaal moet
word
"what
the direct object of the company was or would be, in carrying out the
particular activity: it is the nature of that direct
object which is
crucial: if it was not or would not be, equivalent or sufficiently
similar, to the prohibited purpose, the fact that
incidental to it
was, or would be, the giving of financial assistance to purchase the
shares, would not justify a conclusion that
the prohibition has been,
or would be, contravened"
.
Sien ook die verdere gesag aldaar aangehaal deur die geleerde
skrywer.
[18]
Die party wat beweer dat n besondere ooreenkoms binne die raamwerk
van artikel 38 (1) val, het die plig om dit op 'n oorwig van
waarskynlikhede te bewys. Die uitgangspunt van ons howe is dat, weens
die wye omskrywing van die verbod in artikel 38 (1), asook
die feit
dat die oortreding daarvan n misdryf daarstel, n eng benadering
gevolg moet word by die toepassing van artikel 38 (1), en
die fokus
moet wees op
".the
underlying purpose of the prohibition and the real mischief at which
it was aimed".
Word
dit egter bevind dat die ooreenkoms op 'n verbreking van die verbod
in artikel 38 (1) neerkom, is die ooreenkoms nietig en onafdwingbaar.
Sien
Lipschitz
N.O. v UDC Bank Ltd,
supra,
te 797H-798A en 803A.
DIE
TOEPASLIKHEID VAN ARTIKEL 38 (1) IN DIE ONDERHAWIGE GEVAL.
[19]
Mnr. Treurnicht SC, namens appellant, het betoog dat die aangaan van
die termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005, in effek
die
Barnards in staat gestel het om hulle verpligting ingevolge die
aandelekoopooreenkoms van 30 November 2005, na te kom, naamlik
om die
vennootskap se verskuldigheid aan respondent te vereffen. Hy het
gevolglik aangevoer dat die gemelde termynleningsooreenkoms
op n
oortreding van die verbod vervat in artikel 38 (1) van die
Maatskappyewet, neerkom.
[20]
Mnr. Vivier, namens respondent, het egter aangevoer dat die
termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005, n alleenstaande gewone
kommersiele geldleentransaksie tussen appellant en respondent was,
wat nie een van die twee kernelemente van artikel 38 (1), te wete
(a)
geldelike bystand deur appellant en (b) vir die doel van of in
verband met die koop van aandele in appellant, bevat het nie.
Hy het
betoog dat respondent, te alle relevante tye voor en tydens sluiting
van die termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005,
gefokus het op
die beveiliging van respondent se posisie as skuldeiser ten aansien
van die verskuldigheid van die vennootskap aan
respondent, en nie op
die verlening van enige geldelike bystand deur appellant aan die
Barnards vir die nakoming van hulle verpligting
ingevolge die
aandelekoopooreenkoms van 30 November 2005 nie. Derhalwe was enige
verlening van geldelike bystand op hierdie wyse
deur appellant aan
die Barnards vir die aankoop van aandele in appellant, aldus Mnr.
Vivier, nie die direkte doel ("direct object")
van die
gemelde termynleningsooreenkoms nie, maar hoogstens die uiteindelike
gevolg daarvan. Dit het tot gevolg dat die verbod vervat
in artikel
38 (1) van die Maatskappyewet, nie oortree is deur die sluiting van
die termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005 nie.
[21]
Hierdie argument van Mnr. Vivier verg, soos reeds gemeld, dat die
termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005 as n alleenstaande
gewone
kommersiele geldleentransaksie tussen appellant en respondent beskou
moet word. So n benadering negeer egter die belangrike
feit dat al
die partye, insluitende respondent, te alle relevante tye op hoogte
was van die onderhandelinge en besluite aangaande
die wyse waarop die
betrokke ooreenkomste tussen die onderskeie partye gestruktureer sou
word. Dit was dus nie n geval waar respondent,
as n onafhanklike
finansieringsinstansie wat onbewus was van die relevante feite hierbo
uiteengesit, genader is om finansiering aan
appellant te verskaf nie.
Inteendeel, was respondent ten volle op hoogte van die inhoud van die
ooreenkoms waarkragtens die Barnards
die aandele en leningsrekeninge
gekoop het en hulle gepaardgaande verpligting om as deel van die
koopprys die skuldverpligtinge van
die vennootskap teenoor
respondent, oor te neem. Verder was respondent ten volle bewus
daarvan dat die nakoming van hierdie verpligting
van die Barnards,
sou geskied deur die vereffening daarvan deur appellant met behulp
van die finansiering wat bekom sou word van
respondent ingevolge die
termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005.
[22]
Mnr. Vivier steun vir sy betoog op die beslissing in
Saambou
Nasionale Bouvereniging v Ligatex (Pty) Ltd
1976
(1) SA 868
(OK). In die
Saambou
-saak
het ene Stuart geld by Saambou geleen (in die naam van Ligatex) om
ene Kriel gedeeltelik te betaal vir aandele wat Stuart in
Ligatex by
Kriel gekoop het. Die hof het bevind dat alhoewel die ooreenkoms
tussen Stuart en Kriel in verband met die wyse van betaling
vir die
aandele, strydig met artikel 38 (1) se voorganger en derhalwe nietig
was, dit nie die geldigheid geraak het van die aparte
geldleen-ooreenkoms tussen Ligatex en Saambou (die opbrengs waarvan
aangewend is om vir die aandele te betaal) nie.
[23]
Daar is egter n wesenlike verskil tussen die
Saambou
-saak
en die onderhawige geval. Saambou was onbewus waarvoor die opbrengs
van die lening aangewend sou word, terwyl respondent ten
volle bewus
was waarvoor die opbrengs van die termynleningsooreenkoms van 8
Desember 2005 aangewend sou word. Dit sou dien om die
vennootskap se
skuld aan respondent te vereffen, wat in effek sou beteken dat
appellant daardeur geldelike bystand aan die Barnards
sou verleen om
hulle verpligting uit hoofde van die koopooreenkoms van 30 November
2005, na te kom.
[24]
Ek stem nie saam met die betoog dat die feit dat respondent ten volle
bewus was waarvoor die opbrengs van die termynleningsooreenkoms
van 8
Desember 2005 aangewend sou word, negeer moet word nie. Die
ooreenkoms tussen die Barnards en die Greylings om vir appellant
te
gebruik om die Barnards se verpligting uit hoofde van die gemelde
koopooreenkoms na te kom, word klaarblyklik deur die verbod
in
artikel 38 (1) getref. Waarom, gegewe respondent se intieme kennis
van wat werklik hier tussen die partye plaasgevind het, moet
respondent dan as n onafhanklike derde party, en die
termynleningsooreenkoms as n afdwingbare alleenstaande gewone
kommersiele transaksie,
beskou word?
[25]
Na my mening is daar twee redes waarom dit regtens onhoudbaar sou
wees om aan die hand van die tersaaklike feite van hierdie
geval, die
betoog van Mnr. Vivier te handhaaf. Eerstens, is dit onteenseglik so
dat die termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005,
n integrale en
wesenlike deel van die hele skema was wat die betrokke partye beplan
en in werking gestel het. Sonder respondent se
medewerking, om by
wyse van die termynleningsooreenkoms vir appellant in staat te stel
om die skuldverpligtinge van die vennootskap
oor te neem, en daardeur
die Barnards te help om hulle verpligting ingevolge die
aandelekoopooreenkoms na te kom, sou dit wat die
partye beplan het,
nie in werking gestel kon word nie. Die termynleningsooreenkoms van 8
Desember 2005, was gevolglik n wesenlike
en integrale deel van die
oorhoofse skema wat die partye beplan en in werking gestel het.
[26]
In
Lipschitz
N.O. v UDC Bank Ltd,
supra,
te 808B-C, het die Appelhof die volgende beslis ten aansien van 'n
soortgelyke argument by die toepassing van artikel 86 (bis)
(2) van
Wet No. 46 van 1926 (artikel 38 (1) se voorganger):
"The
separate document recording the cross-guarantee was undoubtedly an
essential and integral part of a design for the obtaining
of the
second loan and it was no less an integral and inseparable part of
such design and of the loan agreement than it would have
been had all
been contained in one document signed by all the parties concerned
and clearly reflecting the provision of the cross-guarantee
as a
condition of the granting of the loan. The agreement of loan,
therefore, was in breach of section 86 bis (2) and illegal..."
[27]
Daar kan voorts verwys word na
Henochsberg,
supra,
bl. 77, waar die volgende gese word ten aansien van so 'n beweerde
alleenstaande ooreenkoms met n derde party, in omstandighede
waar
daar n gepaardgaande oortreding is van die verbod vervat in artikel
38 (1) van die Maatskappyewet:
"It
is also void, it is respectfully submitted, if it is an inseparable
part of an agreement by which the company gives, or is
to give,
financial assistance, within the meaning of section 38 (1)".
[28]
Tweedens, en na my mening selfs meer belangrik, is die geykte
regsbeginsel dat wanneer partye n ongeoorloofde oogmerk het met
die
sluiting van 'n ooreenkoms, die ooreenkoms ongeldig en onafdwingbaar
is. In
Kennedy
v Steenkamp
1936
KPA 113, word dit as volg gestel te 116:
"In
general it can be stated that an apparently lawful promise if
knowingly made for an illegal purpose will not be enforced..."
[29]
In die onderhawige geval het respondent die termynleningsooreenkoms
van 8 Desember 2005, met appellant aangegaan, welwetende
dat die
opbrengs daarvan aangewend sou word om die vennootskapskuld van die
Greylings te delg, met die gevolg dat appellant op hierdie
wyse die
Barnards finansieel sou bystaan ten einde die koopprys vir die
aankoop van appellant se aandele, te vereffen. Ek mag hier
byvoeg dat
dit inderdaad n voorwaarde by die toestaan van die lening deur
respondent was, dat die opbrengs aangewend moes word om
die
vennootskapskuld te delg. Respondent was dus ten volle bewus daarvan
dat die sluiting van die termynleningsooreekoms van 8 Desember
2005,
in effek, tot gevolg sou he dat die verbod vervat in artikel 38 (1)
van die Maatskappyewet, oortree sou word. Weens appellant
en
respondent se kennis van hierdie ongeoorloofde doel waarvoor die
opbrengs van die termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005
bestem
was, is die termynleningsooreenkoms gevolglik nietig en
onafdwingbaar.
[30]
Die voormelde gevolgtrekking word aldus deur
Henochsberg,
supra,
bl. 77, onderskraag:
"But
an agreement between the company and a third party- ie someone other
than the seller or the purchaser of the shares- by
which e.g the
company obtains money which it intends to use in contravention of
section 38 (1) is not void where the third party
is unaware of such
intention.... it is respectfully submitted that, if the third party
knows that the performance in terms of his
agreement with the company
is to be used by the latter to contravene section 38 (1), such
agreement is void."
Dieselfde
mening word ook uitgespreek deur die volgende skrywers: A J
Kerr
1976 SALJ 3
; R C Beuthin 1976 Annual Survey 306-307; en A N
Oelofse
1980 TSAR 47.
[31]
Soos reeds gemeld, is ek van oordeel dat die beslissing in
Saambou
Nasionale Bouvereniging v Ligatex,
supra,
waarop Mnr. Vivier steun, in n wesenlike opsig onderskeibaar is,
naamlik dat Saambou geen kennis gedra het van die ongeoorloofde
doel
wat die partye beoog het met die aangaan van die betrokke
leningsooreenkoms nie. In hierdie verband is ek dit eens met A J
Kerr,
1976 SALJ 143
, waar die geleerde skrywer dit beklemtoon dat die
bevinding in die
Saambou
-saak
steeds gesien moet word teen die besondere agtergrond van die
relevante feite van daardie saak. Daar het Eksteen R, onder andere,
beslis dat:
"The
fact that...the directors, acting in terms of an entirely separate
agreement, utilised the funds so incurred by the company
in an
illegal manner cannot detract from (the) legal enforceability of the
prior legal transaction."
(te
872D).
Soos
Kerr tereg aantoon, is die konteks waarin die Saambou-beslissing
verstaan moet word, die volgende:
"The
'entirely separate agreement'
(die
leningsooreenkoms tussen Ligatex en Saambou)
is
to be understood to be one with a party who had no knowledge of the
intended illegality. Separate transactions may all be illegal
if they
are part of a scheme and are between parties with knowledge."
[32]
Dit volg dus, na my mening, dat die termynleningsooreenkoms van 8
Desember 2005, nie as n alleenstaande gewone kommersiele transaksie
beskou kan word, soos betoog deur Mnr. Vivier nie. Inteendeel, is ek
van oordeel dat, veral weens die intieme kennis van respondent
aangaande die doel wat met hierdie termynleningsooreenkoms beoog was,
die ooreenkoms ook deur die verbod vervat in artikel 38 (1)
van die
Maatskappyewet, getref word.
[33]
Mnr. Vivier het egter verdere gronde aangevoer waarom appellant nie
behoort te slaag nie. Eerstens, wys Mnr. Vivier daarop dat
die
aandelekoopooreenkoms van 30 November 2005, nie enige gedeelte van
die koopprys toegedeel het aan enige komponente van die koopsaak,
te
wete die aandele in of die leningsrekeninge teen appellant, nie. Hy
betoog derhalwe dat dit nie moontlik is om vas te stel watter
gedeelte, indien enige, van die opbrengs van die termynlening van 8
Desember 2005, aangewend is ter betaling van die aankoop van
die
aandele in appellant nie. In die lig daarvan is daar, aldus Mnr.
Vivier, nie bewys dat die termynleningsooreenkoms van 8 Desember
2005, getref word deur die bepalings van artikel 38 (1) van die
Maatskappyewet nie.
[34]
Ek stem egter nie saam met hierdie betoog nie. Soos aangevoer deur
Mnr. Treurnicht, is daar nie ingevolge die koopooreenkoms
enige
toedeling gemaak van die koopsaak in verskillende komponente, naamlik
die aandele in of die leningsrekeninge teen appellant
nie. Die
koopsaak is dus ondeelbaar en maak die koopooreenkoms bloot
voorsiening vir betaling van 'n ondeelbare koopprys van R2 miljoen.
Enige bedrag wat dus uit die opbrengs van die termynleningsooreenkoms
van 8 Desember 2005, as betaling aangewend is, het ter betaling
van
die onverdeelde koopsaak, wat beide die aandele en die
leningsrekeninge ingesluit het, geskied. Soos tereg deur Mnr.
Treurnicht
betoog, word enige hulpverlening deur appellant om n
gedeelte van sodanige ondeelbare koopprys uit die opbrengs van die
termynlening
te betaal, gevolglik deur die verbod vervat in artikel
38 (1) getref.
[35]
n Verdere argument wat deur Mnr. Vivier aangevoer is, is dat die
aanwending van die opbrengs van die termynleningsooreenkoms
van 8
Desember 2005 om die vennootskap se bankskuld te betaal,
terselfdertyd ten doel gehad het om appellant, as verbandgewer, se
skuld teenoor respondent te vereffen, en die termynleningsooreenkoms
dus nie die direkte doel gehad het om finansiele bystand aan
die
Barnards te verleen vir die aankoop van appellant se aandele nie.
[36]
Na my mening hou hierdie betoog nie rekening met die feit dat die
betrokke verbande bloot dekkingsverbande is nie. Dit is gemenesaak
tussen die partye dat die ses verbande wat oor appellant se eiendom
geregistreer is, bloot dien as sekuriteit vir die behoorlike
betaling
van enige bedrag wat die vennootskap aan respondent verskuldig mag
wees. Enige verskuldigheid van appellant uit hoofde van
die betrokke
verbande is dus aksessoor tot die vennootskap se skuld aan
respondent.
[37]
Die betrokke verbandaktes, gelees met die res van die stukke voor die
hof, toon ook nie dat enige bedrag daarkragtens opeisbaar
en
betaalbaar was deur appellant aan respondent nie. Klousule 6 van die
verbandaktes bepaal voorts dat die terugbetaling van enige
bedrag wat
deur appellant aan respondent verskuldig is uit hoofde van die
betrokke verbande, moet geskied ooreenkomstig sodanige
skriftelike
ooreenkoms(te) as wat van tyd tot tyd deur appellant en respondent
aangegaan mag word. Respondent steun egter nie op
enige sodanige
ooreenkoms(te) om te toon dat appellant enige bedrag uit hoofde van
die dekkingsverbande aan respondent verskuldig
is nie. Dit volg dus
dat appellant, as verbandgewer, geen skuld teenoor respondent gehad
het om te vereffen nie.
[38]
In die omstandighede kan dit nie bevind word dat die direkte doel (of
minstens die mede-direkte doel) van die termynleningsooreenkoms
van 8
Desember 2005, was om appellant se skuld as verbandgewer teenoor
respondent te vereffen nie. Derhalwe doen Mnr. Vivier se betoog
in
hierdie verband nie afbreuk aan my bevinding dat die
termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005, deur die verbod vervat
in artikel
38 (1) van die Maatskappyewet getref word nie.
[39]
Die partye is dit eens dat indien appellant se beroep op artikel 38
(1) van die Maatskappyewet gegrond is, soos ek inderdaad
bevind het,
die termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005 nietig en
onafdwingbaar is. Wanneer die onderliggende transaksie waaruit
die
skuld ontstaan wat deur n verband verseker word, geen afdwingbare
vordering onderle nie, is daar nie n skuld wat deur die verband
verseker word nie. Sien
Thienhaus
N.O. V Metje & Ziegler Ltd and Another
1965
(3) SA 25
(A) te 32F-H. Die enigste skuld waarop respondent steun as
grondslag vir die afdwingbaarheid van die ses verbande wat oor
Karoovlakte
geregistreer is, is die termynleningsooreenkoms van 8
Desember 2005.
Weens
die nietigheid daarvan word die betrokke verbande dus nie deur enige
afdwingbare vordering onderle nie, met gevolg dat appellant
geregtig
behoort te wees op die kansellasie daarvan.
RESPONDENT
SE BEROEP OP VERRYKING
[40]
In die finale instansie het Mnr. Vivier betoog dat indien die
termynleningsooreenkoms van 8 Desember 2005 nietig en onafdwingbaar
is, respondent op grond van verryking n eis teen appellant het, en
wel met die
condictio
ob turpem vel iniustam causam.
Hierdie
condictio
bepaal
dat indien geld of ander eiendom deur een party aan n ander oorgedra
is uit hoofde van n onwettige ooreenkoms, dit wat aldus
oorgedra is,
terug gevorder kan word op grond van verryking.
[41]
In hierdie verband steun Mnr. Vivier op klousule 4 van die betrokke
dekkingsverbande, wat bepaal dat die verbande as sekuriteit
dien vir
enige bedrag geld wat appellant in die toekoms, voortspruitend uit
welke skuldoorsaak ookal, aan respondent verskuldig mag
wees. Hy voer
derhalwe aan dat die betrokke verbande steeds as sekuriteit dien vir
n geldige en afdwingbare skuld, naamlik n verrykingseis
teen
appellant vir die opbrengs van die termynlening van 8 Desember 2005,
wat respondent aan appellant betaal het.
[42]
Daar is, na my mening, ook nie meriete in hierdie verweer van
respondent nie. Die kort antwoord daarop is, soos betoog deur Mnr.
Treurnicht, dat appellant nie enige deel van die opbrengs van die
gemelde termynlening ontvang het nie en derhalwe nie verryk, maar
wel
verarm is. Soos reeds hierbo aangetoon, is die opbrengs van die
termynlening, op respondent se spesifieke aandrang, aangewend
om die
vennootskap se skuld aan respondent te betaal. Al waarmee appellant
dus gelaat is na die aanwending van die opbrengs van die
termynlening
van 8 Desember 2005 ter vereffening van die vennootskapskuld, is n
skuld teenoor respondent. Aangesien verryking die
feitelike situasie
beskryf waar een persoon se boedel sonder regsgrond vergroot is ten
koste van n ander se boedel, volg dit dat
die wesenlike vereiste van
verryking op die feite van hierdie geval ontbreek.
[43]
Daar is na my mening ook n verdere rede waarom respondent se
beroep
op verryking nie kan slaag nie, naamlik die beginsel dat n party
wat
in
pari delicto
was,
nie op die
condictio
ob turpem vel iniustam
causam
kan
steun nie. In
Afrisure
CC and Another v Watson N.O. and
Another
2009
(2) 127 (HHA) te paragraaf 39, word dit as volg gestel:
"...the
condictio ob turpem vel iniustam causam can in principle only be
successfully instituted by a plaintiff whose own conduct
was free
from turpitude, i.e who did not act dishonourably..."
Dit
is wel so dat die
par
delictum
reel
se werking deur die hof beperk kan word op grond van "simple
justice between man and man" (Sien
Jajbhay
v Cassim
1939
AA 537). Ek is egter van oordeel dat in 'n geval soos die
onderhawige, waar respondent wetend n party was tot die daarstelling
van die skema ter verbreking van die verbod vervat in artikel 38 (1)
van die Maatskappyewet, daar nie sprake behoort te wees van
die
verslapping van die
par
delictum
reel
ten gunste van respondent nie.
GEVOLGTREKKING
[44]
Uit hoofde van die voorafgaande is ek van oordeel dat die appel moet
slaag.
[45]
Bygevolg doen ek aan die hand dat die volgende bevel gemaak word:
1.
Die appel word met koste gehandhaaf.
2.
Die bevel van die hof
a
quo
word
tersyde gestel en met die volgende vervang:
'"n
Bevel word verleen ooreenkomstig paragrawe 2 tot en met 5 van die
applikant se kennisgewing van mosie."
P.B
FOURIE, R
Ek
stem saam
N
J Yekiso, R
Ek
stem saam en dit word aldus gelas.
J
H M Traverso, ARP