About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1999
>>
[1999] ZASCA 67
|
|
Vaal Reefs Exploration and Mining Company v Burger (264/97) [1999] ZASCA 67; [1999] 4 All SA 253 (A); 1999 (4) SA 1161 (SCA) (21 September 1999)
DIE
HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN
SUID-AFRIKA
SAAKNOMMER: 264/97
In die
saak tussen:
VAAL
REEFS EXPLORATION
AND
MINING COMPANY LIMITED Appellant
en
BRENDA
BENJAMIN BURGER Respondent
Hof: VAN HEERDEN Adj HR, GROSSKOPF, HARMS, MARAIS en
STREICHER ARR
Verhoor: 27 AUGUSTUS 1999
Gelewer: 21 SEPTEMBER 1999
Sleutelbegrip:
Art 15 van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984
U
I T S P R A A K
HARMS AR/
HARMS
AR:
[1] Sedert
die opheffing van die maritale mag het 'n vrou getroud binne
gemeenskap van goed dieselfde bevoegdhede met betrekking
tot die
aangaan van skulde wat van die gemeenskaplike boedel verhaal kan
word as wat die man vantevore gehad het. In die algemeen
gesproke
mag elke gade sonder die ander se toestemming nou regshandelinge
aangaan wat die gemeenskaplike boedel betrek (Wet op
Huweliksgoedere
88 van 1984, veral arts 13, 14 en 15(1)). Daar is uitsonderings
waarvan twee vervat in art 15(2) tans ter sake
is. Een gade mag nie
sonder die skriftelike toestemming van die ander gade -
"(c) enige ..... vaste deposito's of enige
derglike bates, of 'n belegging deur of ten behoewe van die ander
gade in 'n finansiële
instelling, wat deel van die
gemeenskaplike boedel uitmaak, ..... sedeer of verpand nie;”
of
“
(h) hom as borg verbind nie."
Terloops,
in hierdie Wet sluit die manlike nog die vroulike in. In die geval
van borgstelling word bykomend vereis dat die toestemming
deur twee
bevoegde getuies geattesteer moet word (art 15(5)). 'n Transaksie
sonder die voorgeskrewe toestemming is nietig tensy
die derde party
nie geweet het en rederlikwys nie kon geweet het dat die transaksie
in stryd met die verbod gesluit is nie (art
15(9)(a)). Indien 'n
gade toestemming weerhou of "wanneer die toestemming om 'n
ander rede nie verkry kan word nie"
mag die hof toestemming
verleen (art 16(1)).
[2] Op
7 Desember 1994 teken mev Burger (die respondent) 'n dokument waarin
sy 'n vaste deposito van R500 000 by Saambou
Bank aan die
appellant sedeer en haarself as borg en mede-hoofskuldenaar jeens
die appellant verbind. Omdat die bewoording van
die onderneming ter
sake is, haal ek dit aan:
"The
Procurement Manager
Vaal
Reefs Exploration and Mining Company Limited
.
. ..
AGREEMENT
BETWEEN VAAL REEFS EXPLORATION AND MINING COMPANY LIMITED (COMPANY)
AND MICHETTE MINING SERVICES (PTY) LTD (CONTRACTOR)
FOR THE MINING
OF AFRIKANDER LEASE DIVISION
With reference to the abovementioned agreement I, Mrs
Brenda Benjamin Burger, ID No. 4305050064004 hereby cede all title
to Bank
Account No. 11994091009 held at Saambou Bank, Potchefstroom
to Vaal Reefs Exploration and Mining Company Limited and hereby bind
myself jointly and severally as Surety and co-principal debtor in
solidum with the contractor for the sum of . . . FIVE HUNDRED
THOUSAND RAND (R500 000,00) in respect of the contractor fulfilling
all his obligations in terms of the contract and I hereby
specifically renounce the benefit of the exceptions non causa debiti
and ordinis seu excussionis and division.
I agree that, should you grant the contractor any
extension of time for the fulfilment of the said contract, such
extension shall
not affect your rights in terms of this bond.
Upon me receiving written notice from the Procurement
Manager, Vaal Reefs Exploration and Mining Company Limited, that the
contractor
is in default in terms of the contract, I undertake to
pay the face value of this bond forthwith to the company,
irrespective
of the reason which caused the contractor to default.
Such payment being without prejudice to any rights the company may
have
in terms of the contract.
This bond is neither negotiable nor transferable. This
bond shall remain valid until the contractor's obligations have been
fulfilled
in terms of the contract.”
Sy
teken as "Mrs Brenda Benjamin Burger" en twee getuies
attesteer die onderneming.
[3] Mev
Burger is sedert 13 Julie 1963 met ene Victor Burger getroud. Die
huwelik is in gemeenskap van goed. Hy is tydens 'n
motorongeluk
beseer en as gevolg daarvan het die Hooggeregshof (TPA) op 17 Maart
1992 hom op aansoek van mev Burger "geestelik
verstoord
verklaar ..... en derhalwe onbekwaam ..... om sy eie belange te
behartig." Sy is aangestel as die kurator ten
aansien van sy
persoon en goedere en die magte en bevoegdhede waarmee sy beklee is,
is in 'n aanhangsel uitgestip. Van belang
is par 4 en 6:
“
4. Om enige eiendom wat aan die pasiënt
behoort, of waarin hy 'n belang mag hê te verhuur, verruil,
onderverdeel of
vervreem; of vir enige regsgeldige rede te verpand,
of met verband te beswaar.”
“
6. Om enige bevoegdheid uit te oefen, of om
toestemming te verleen wat benodig word vir die uitoefening van
sodanige bevoegdheid;
waar sodanige bevoegdheid in die pasiënt
gevestig is vir sy eie voordeel, of waar die bevoegdhede van 'n
voordelige aard
vir die pasiënt skyn te wees.”
[4] Met dié dat die hoofskuldenaar nie sy
verpligtinge teenoor die appellant nakom nie, spreek die appellant
met 'n beroep
op die sessie en ook op die borgstelling vir mev
Burger aan, o a, om betaling van R500 000 (sy het, terloops, ten
spyte van die
sessie die deposito onttrek). Mev Burger verweer
haarself teen die eis veral op grond daarvan dat die sessie en
borgstelling
nie jeens haar geldig en bindend is nie. Nadat die
appellant in repliek met sekere van hierdie bewerings gehandel het
en verder
in geskil getree het , is die hof benede versoek om
vooraf te oorweeg of die sessie en borgstelling geldig is. Aan die
versoek
is voldoen en na die aanhoor van getuienis is beslis dat
haar onderneming nietig is. Die eis is met koste afgewys. Verlof
tot
appèl is deur die verhoorhof geweier maar 'n aansoek om
verlof gerig aan die Hoofregter was suksesvol.
[5] Met
verwysing na die bepalings van art 15 van die Wet beweer mev Burger
ten aanvang dat haar man nie sy skriftelike toestemming
tot die
sessie ingevolge art 15(2)(c) of tot die borgstelling in terme van
art 15(2)(h) gegee het nie. (Dit is gemeensaak dat
die hof nie die
transaksie ingevolge art 16(1) gemagtig het nie.) Die repliek van
die appellant is te dien effekte dat mev Burger,
vanweë haar
aanstelling as kurator, nie haar man se toestemming benodig nie en
dat, in ieder geval, sy namens hom aan haarself
toestemming gegee
het toe sy die dokument onderteken het.
[6] De
Villiers R het ten aansien van hierdie geskilpunt bevind dat die
hofbevel aan mev Burger die bevoegdheid verleen om aan
haarself
toestemming te gee om 'n borgakte te sluit. (Ek hou voorlopig sy
benadering oor die sessie ietwat agterweë.) Namens
mev Burger
is in die hof benede en hier ook betoog dat dit verkeerd is omdat 'n
borgstelling nie, ooreenkomstig die bewoording
van par 6, vir die
voordeel van Burger kon wees nie. Die verhoorhof het egter beslis
dat die bevoegdheid wat in Burger “vir
sy eie voordeel
gevestig het” juis die bevoegdheid was om toestemming tot
borgstelling te verleen en dat dít is
wat in mev Burger setel
en dat dit iets anders is as om te sê dat alleen waar die
uitoefening van die bevoegdheid voordeel
vir die pasiënt
(Victor Burger) inhou dit uitgeoefen kan word. Tensy die kar voor
die perde ingespan is, voorveronderstel
sowel die pleit en die
uitspraak as die betoog dat die hofbevel borgstelling magtig.
[7] Ten spyte van sy bevinding dat
par 6 die verlening van toestemming magtig, het De Villiers R beslis
dat mev Burger regtens
nie die bevoegdheid aan haarself kon verleen
nie omdat daar voldoende steun vir die beginsel sou bestaan dat een
persoon nie
as verteenwoordiger van 'n ander met homself 'n kontrak
kan sluit nie. Eweneens sou mev Burger nie regtens as
verteenwoordiger
van haar man aan haarself in haar persoonlike
hoedanigheid skriftelike toestemming kon verleen om die borgkontrak
aan te gaan
nie. Die beginsel waarop die verhoorhof steun, het
skynbaar sy ontstaan in prof J C De Wet se oorspronklike bydrae in 1
LAWSA
par 107. Hy het dit as vanselfsprekend beskou dat een persoon
nie as verteenwoordiger van 'n ander met homself 'n kontrak kan
sluit nie omdat "a contract is a juristic act for which
expressions of common intention by at least two persons are
required"
en omdat "a contract can only come into being by
agreement between at least two persons." So ook Du Plessis in
1 LAWSA
1
st
re-issue par 106. Ek vind egter nie 'n soortgelyke opmerking deur
prof De Wet in
Kontraktereg
en Handelsreg
5e
uitgawe nie. Hierdie motivering vir die reël is natuurlik nie
van toepassing en kan nie van toepassing gemaak word op
die huidige
geval nie omdat toestemming soos in art 15(2) in die vooruitsig
gestel, 'n bloot eensydige regshandeling is.
[8] 'n Mens sou amper kon sê
cessante ratio
cessat lex
, maar
dit sou impliseer dat ek dit met prof De Wet eens is oor die bestaan
van 'n algemene regsreël soos deur hom geformuleer.
Daar
is gevalle waar die reg nie sulke transaksies gedoog nie.
Voorbeelde is waar 'n voog sy pupil se goed koop of 'n verkoopsagent
self die saak inkoop (vgl
Osry
v Hirsch, Loubser & Co Ltd
1922 CPD 531)
maar hierdie gevalle word gewoonlik onder die hofie
van troubreuk tuisgebring
(Kontraktereg
en Handelsreg
p
387). Die geval wat in
Gutman
NO v Standard General Insurance Co Ltd
1981 (4) SA 114
(C) ter sprake gekom het, kan egter beswaarlik oor
dieselfde kam geskeer word. Daar het die eienaar van 'n besigheid
die besigheid
verkoop aan 'n maatskappy wat, vir huidige doeleindes,
aan hom alleen behoort het. Die bevinding in
Gutman
dat vanweë
die feit dat die eienaar ook namens sy maatskappy opgetree het die
kontrak nietig is, is onrealisties. Die behoeftes
van die
regsverkeer is nie in ag geneem nie. Om 'n paar retoriese vrae te
vra: Hoe leen 'n alleen-aandeelhouer en enkeldirekteur
geld aan sy
maatskappy of omgekeerd? Hoe word bates tussen sulke partye
vervreem? Hoe geskied transaksies tussen verwante maatskappye?
Dis
immers 'n alledaagse verskynsel dat 'n persoon in twee hoedanighede
optree. Afgesien van die praktiese, stem ek nie met
prof De Wet se
teoretiese grondslag saam nie. Die wil van die verteenwoordiger is,
van regsweë, die wil van die sg prinsipaal
en nie sy eie nie.
As die verteenwoordiger in 'n geval soos
Gutman
kontrakteer, vind die uitdrukking van 'n gesamentlike bedoeling van
twee persone plaas. Samevattend dus op hierdie aspek, ek
is van
oordeel dat daar regtens geen belet op mev Burger rus om haarself in
'n geval soos die huidige toestemming te verleen
nie.
[9] Hierdie
uitstappie bring 'n mens ongelukkig nie nader aan die oplossing nie.
Die vraag wat na regte gevra moet word, betrek
die trefwydte van
art 15, veral die toestemmingsvereiste. Dit kan gerieflik aan die
hand van 'n voorbeeld of twee getoets word.
Bv, art 15(3)(a) magtig
die een gade om met die toestemming, wat selfs mondeling of
stilswyend kan wees, sekere losgoed te vervreem.
Die hofbevel
voorsien aan mev Burger die identiese bevoegdheid. Sy wil 'n
meubelstuk verkoop. Sy mag, volgens die hofbevel
sonder meer en
volgens die Wet met haar man se toestemming. Moet sy nou in haar
hoedanigheid as kurator haarself mondeling of
stilswyend toestemming
gee? 'n Verder illustrasie: Sy wil vaste eiendom verkoop. Kragtens
art 15(2)(a) benodig sy die skriftelike
toestemming van haar man
geattesteer deur twee bevoegde getuies. Volgens die hofbevel het sy
die bevoegdheid sonder 'n toestemming,
skriftelik of andersins.
Moet sy nou aan haarself die statutêr vereiste toestemming met
al die gekoppelde formaliteite
gee of moet sy die hof ingevolge art
16(1) nader om 'n toestemming wat sy alreeds het? Na my oordeel
toon hierdie eenvoudige
voorbeelde dat die vereiste van toestemming
soos vervat in art 15 nie van toepassing kan wees op 'n buitengewone
geval soos die
huidige waar die handelende eggenoot uit 'n ander
bron 'n bestaande magtiging het om die boedel te bind nie. Enige
ander gevolgtrekking
lei tot absurde gevolge, iets wat die
wetsuitlegger moet vermy. Die vraag of mev Burger aan haarself
toestemming kon gee en
inderdaad gegee het, verval gevolglik.
[10] Die
feit dat die vormvereistes van art 15 nie op mev Burger van
toepassing is nie, beteken nie noodwendig dat sy sonder
meer die
gemeenskaplike boedel kan verbind nie. Haar bevoegdheid om die
boedel te verbind, spruit immers uit die hofbevel.
In hierdie
verband is haar verweer dat 'n sessie nie binne haar algemene
bevoegdhede as kurator val nie.
[11] Die sessie van die
bankrekening is, ten spyte van die bewoording, klaarblyklik nie 'n
uit-en- uit sessie nie. Inderdaad
is dit 'n sessie van die regte in
die vaste deposito van R500 000 ter versekering van 'n skuld.
Par 4 van die aangehaalde
hofbevel verleen wel aan mev Burger die
bevoegdheid om enige eiendom wat aan Victor Burger (oftewel die
gemeenskaplike boedel)
behoort "vir enige regsgeldige rede te
verpand". Aangesien 'n sessie ter versekering van 'n skuld 'n
vorm van verpanding
is, het mev Burger dus die bevoegdheid kragtens
die hofbevel om so 'n sessie te bewerkstellig. Wat art 15 betref,
het die hof
benede in die lig van 'n toegewing aanvaar dat sy
vanweë die bepalings van art 15(2)(c) saamgelees met art 15(7)
bevoeg
was om hierdie regte sonder haar man se toestemming
regsgeldig
in
securitatem debiti
te sedeer. Of hierdie uitgangspunt korrek is al dan nie is eintlik
nie ter sake nie omdat ek reeds bevind het dat die
toestemmingsvereiste
hoegenaamd nie op die saak van toepassing is
nie.
[12] Na
regte behoort dit op enigeen van die twee benaderings die einde van
haar verweer te wees. Die verhoorregter het hierdie
probleem oorkom
deur te bevind dat die borgstelling nietig is (ek behandel sy redes
hierna) en dat die sessie met dieselfde lot
getref word omdat die
sessie aksessoor tot die borgverpligting is, 'n benadering wat
namens mev Burger onderskryf word. Volgens
my oordeel staaf nóg
die onderneming nóg die getuienis die siening dat die sessie
aksessoor tot die borgverpligting
is. Aksessoor is die sessie wel,
maar t o v die hoofskuld. Beide die sessie en die borgstelling
onderskryf die hoofskuld.
Hulle staan langs mekaar maar die een is
nie ondergeskik aan of afhanklik van die ander nie. Die twee is
volgens algemene beginsels
skeibaar. Die moontlike nietigheid van
die borgstelling raak dus nie die geldigheid van die sessie nie.
Die afdwingbaarheid
van die hoofskuld is immers nie in geskil nie.
Hierdie gevolgtrekking bring ook 'n einde aan die betoog dat die
verpanding slegs
geldig kan wees as dit ooreenkomstig die hofbevel,
"vir 'n regsgeldige rede" geskied en dat, omdat die
borgstelling
nietig is, die sessie nie om 'n regsgeldige rede
plaasgevind het nie.
[13] Die
vraag of die hofbevel, in besonder par 6 daarvan, aan mev Burger die
bevoegdheid verleen om namens haar man 'n borgverpligting
aan te
gaan, is - anders as die sessie - nie op die pleitstukke 'n geskil
nie. Soos gepleit en betoog, is die vraag of sy die
bevoegdheid
gehad het om aan haarself namens haar man toestemming te verleen om
deur haar handtekening die gemeenskaplike boedel
te bind. Hierdie
bevoegdheid om toe te stem, het die verhoorhof in die hofbevel
gevind, maar bevind dat die formele toestemmingsvereiste
van art 15
(2) ontbreek. Ek het reeds die gles in die tweede been uitgewys.
Die eerste been is dus ontersaaklik.
[14]
Ten tye van die hofbevel was die bepalings van artikels 14, 15 en 16
van die Wet nie op hierdie huwelik van toepassing
nie omdat die
huwelik voor die inwerkingtreding van die Wet gesluit is. Alvorens
sy die onderneming geteken het, is art 11 van
die Wet gewysig en
sedertdien is die gemelde artikels op alle huwelike binne gemeenskap
van goed van toepassing, ongeag die datum
van sluiting daarvan (art
29 van die Vierde Algemene Regswysigingswet 132 van 1993).
Gevolglik het mev Burger eers haar statutêre
bevoegdheid gekry
om 'n borgkontrak te sluit nadat die hofbevel verleen is. Of die
hofbevel 'n soortgelyke magtiging bevat,
hang af van die uitleg van
par 6 en, meer in besonder, of die bevoegdheid omsluit word deur die
frase "enige bevoegdheid"
wat daarin voorkom. Hoewel die
begrip met die eerste oogopslag onbegrens skyn te wees, is dit
opvallend dat die ander paragrawe
van die bevel spesifieke
bevoegdhede soos vervreemding, verpanding en dies meer uitdruklik
verleen. Dit is dus onwaarskynlik
dat so 'n verreikende bevoegdheid
soos borgstelling onder 'n algemene bewoording tuisgebring sou word.
Opmerklik is verder dat
die vermoë van mev Burger "om
enige bevoegdheid uit te oefen" daardeur gekwalifiseer word dat
"sodanige bevoegdheid
in [Victor Burger] gevestig is vir sy eie
voordeel." Dis nie moontlik om die gemeenregtelike vermoë
van die beheerder
van die gemeenskaplike boedel om die boedel deur
'n borgakte te bind, onder daardie kwalifikasie tuis te bring nie.
[15] As
mev Burger volgens die hofbevel nie die bevoegdheid gehad het om die
gemeenskaplike boedel met 'n borgakte te bind nie,
ontstaan die
vraag of die wetswysiging aan haar hierdie bevoegdheid gegee het.
Aangesien die vraag nie voor ons gedebatteer
is nie, laat ek die
probleem onopgelos.
[16] Al
sou die borgstelling ongeldig wees, affekteer dit nie die sessie se
geldigheid nie. Gevolglik moet die appèl
slaag. Omdat daar
uitstaande geskilpunte is, word die bevel van die hof benede met 'n
verklarende bevel vervang. Hierdie saak
illustreer egter die
noodsaak om by die aanstelling van kuratore meer aandag te skenk aan
die formulering van hulle magte. Die
bevel ter sprake is op lukrake
wyse opgestel en die bewoording is nie alleen onbevredigend nie maar
ook teenstrydig. Selfs die
gebruik van leestekens is ontoepaslik.
Die bevoegdhede van kuratore moet spesifiek omlyn word en daar
behoort onderskei te word
tussen bevoegdhede wat 'n kurator sonder
meer kan uitoefen, dié wat met die Meester se goedkeuring
uitgeoefen moet word
en daardie wat hoegenaamd nie toegeken word
nie. Borgstelling behoort nie in die eerste kategorie te val nie.
[17] Die appèl slaag met
koste en die bevel van die hof
a
quo
word vervang
met 'n bevel wat -
(a) verklaar dat die onderneming van 7 Desember 1994
nie ongeldig is weens die bewerings gemaak in par 8 en 9(a) van die
pleit
nie;
(b) die verweerderes gelas word om die koste verbonde
aan die aparte beregting te betaal.
_____________________
L
T C HARMS
APPèLREGTER
Stem
saam:
GROSSKOPF
AR
STREICHER
AR
MARAIS/AR
MARAIS
AR:
[1] Ek het die voordeel
gehad om die uitspraak van
Harms
AR
te lees. Ek is
dit met hom eens dat die appèl moet slaag maar om ander
redes.
Ek glo nie dat
dit op die pleitstukke die hof vrystaan om te bevind dat die sessie
aksessoor t.o.v. die hoofskuld is en nie die
borgverpligting nie.
Appellant (eiser) se
saak was juis die teendeel. In bede (c) het appellant uitdruklik
gevra vir ‘n verklarende bevel “declaring
the plaintiff
to be holding as security
for
the aforesaid claim against the defendant
[nie die hoofskuldenaar nie] the proceeds standing to the credit of
account number 11994091009 with Saambou Bank and declaring
the
plaintiff to be entitled to the proceeds so standing to the credit
of such account up to a maximum of R500 000,00".
(My
beklemtoning.) As appellant sou beweer het dat die sessie ter
onderskraging van die hoofskuldenaar se verpligting gegee
was, sou
respondent dit moontlik betwis het en, indien nodig, in die
alternatief gepleit het dat, as die ooreenkoms anders vertolk
moet
word dit nie ‘n juiste weerspieëling van die
gemeenskaplike bedoeling was nie.
[2] Die bede berus ook, na
my mening, op die korrekte vertolking van die dokument. Nêrens
is daar enigiets daarin
te vinde wat sou aandui dat die sessie nie
ter ondersteuning van die borgstelling was nie maar ter
ondersteuning van die hoofskuldenaar
se skuld.
Trouens,
sonder die meegaande borgstelling sou dit moeilik gewees het om te
konkludeer dat die sessie nie ‘n uit en uit
sessie maar ‘n
sessie
in
securitatem debiti
was.
Selfs as die
mondelinge getuienis voor die hof
a
quo
as toelaatbaar
beskou word nieteenstaande die afwesigheid van enige eis vir
rektifikasie deur die appellant, is daar geen stawing
vir so ‘n
bevinding nie. Dit is nie verbasend nie want, soos ek voorheen gesê
het, was dit nie die appellant se
saak dat die sessie ter
ondersteuning van die hoofskuld was nie. Toe die appellant se
advokaat die appellant se saak geopen
het, het hy gesê “Your
Lordship will note, it is a composite document this. It has two
elements; it has a cession
and it has a suretyship. No doubt the
defendant will contend that it (sic) is inextricably tied up and
interdependent.”
Die respondent se advokaat het op sy beurt
die volgende gesê: “In the plaintiff’s particulars
of claim what
they claim is firstly .................. payment of
the amount of R500 000,00 which is the amount of the suretyship, and
then
in prayer (c) a declarator to the effect that the plaintiff is
holding as security the cession of the investment. So what
plaintiff
(my onderstreping) contends is that they are interrelated and the
cession was done as a security, and the argument of the defendant
in
that regard would be that that is specifically excluded by the
powers bestowed on the curatrix in terms of the court order.
She
cannot cede anything unless it is for a valid reason.” Hy het
later gesê: “If your Lordship finds that
the suretyship
was valid, then the matter will continue as to whether there was any
indebtedness, and everything is dependent
on the principal debtor’s
indebtedness. If your Lordship finds that the suretyship is valid
(
sic
- hy het klaarblyklik “invalid” bedoel) in law, then the
defendant contends that the plaintiff’s claim cannot
succeed
at all.” Kort daarna het die hof gesê: “You say a
finding on the validity of the suretyship is simultaneously
a
finding on the validity of the cession?” Die antwoord was:
“Yes, and I would point out to your Lordship that in
terms of
the powers given to the curatrix, ............. she cannot pledge
anything....................................”
Laasgenoemde
verwysing was na die woorde “of vir enige regsgeldige rede te
verpand, of met verband te verswaar”
in paragraaf 4 van die
aanhangsel tot die hofbevel. Daar was daarna geen poging aangewend
om aan te toon dat die sessie nie
ter ondersteuning van die
borgstelling was nie of dat dit van die borgstelling skeibaar was
nie.
[3] Ek glo nie dat dit gesê
kan word dat die sessie en die borgstelling volgens algemene
beginsels skeibaar is
nie. Geen sodanige betoog is deur appellant
se advokaat geopper nie. Die blote feit dat die sessie se ware
juridiese kleur
(
in
securitatem debiti
)
slegs bepaalbaar is as gevolg van sy koppeling aan die borgstelling
is op sigself ‘n sterk aanduiding dat hulle nie bedoel
was om
skeibaar te wees nie.
[4] Nog ‘n aanduiding
dat hulle nie selfstandige en skeibare verpligtings is nie is dat
die enigste verwysing in
die betrokke dokument na ‘n beperking
van aanspreeklikheid tot die bedrag van R500 000,00 in die
borgstelling gedeelte
daarvan(as daar van gedeeltes gepraat kan
word) te vinde is. As die borgstelling weggedink word, word die
sessie nie alleen
‘n uit en uit sessie nie maar ook ‘n
sessie van al die geld wat tot die krediet van die betrokke rekening
mag staan.
Selfs as dit nog steeds as ‘n sessie
in
securitatem debiti
beskou sou kan word, en selfs as aanvaar kan word dat die sessie ter
ondersteuning van die hoofskuld was, as die bedrag bv R600
000,00
was en as die hoofskuldenaar dieselfde of ‘n groter bedrag
verskuldig was, sou dit volg dat die hele R600 000,00
deur die
skuldeiser aangewend sou kon word ter betaling van die skuld. Dit
was seer sekerlik nie die bedoeling van die partye
nie en dit sou
lynreg met die gewone betekenis van die betrokke dokument bots.
[5] Die gevolg hiervan is
dat die saak benader moet word op die grondslag dat, soos deur die
hof
a quo
bevind, die sessie en die borgstelling nie van mekaar geskei kan
word nie en dat, as dit so is dat die borgstelling ongeldig
is, dit
moet volg dat die sessie, as aksessore verpligting, onafdwingbaar
is. Dit is derhalwe nodig om te beslis of daar enige
ander
grondslag is waarop bevind kan word dat die sessie en borgstelling
geldig en afdwingbaar is.
[6]
Uit die aard van die saak kon die hof wat mev Burger as
kurator aangestel het nie die bepalings van art 14 en 15
in gedagte
gehad het nie want daardie bepalings was destyds nie van toepassing
op die huwelik nie. Daar was destyds geen statutêre
beperking
op die gemeenregtelike bevoegdheid van die pasiënt om ‘n
borgstelling aan te gaan en die gemeenskaplike
boedel daardeur te
verbind nie. Toe die hof besluit het om die pasiënt se gade as
sy kurator aan te stel wel wetend dat
hulle binne gemeenskap van
goedere getroud is, moes dit besef het dat, as gevolg van die
aanstelling, mev Burger die enigste
persoon sou wees met die
bevoegdheid om namens beide hom en die gemeenskaplike boedel op te
tree. Gegewe die intieme verhouding
tussen haar en die pasiënt,
die mutualiteit van belange, en die praktiese probleme waarvoor sy
te staan sou kom in haar
daaglikse lewe indien sy nie vir alle
doeleindes met die bevoegdhede van die pasiënt beklee sou word
nie, was dit te verwagte
dat die hof wye magte aan haar sou
toestaan.
[7] Volgens paragraaf 2 van
die bevel word mev Burger “aangestel .......as kurator tot sy
persoon en goedere en
met die bevoegdheid en magtiging
beklee........... om in die algemeen alle sake met betrekking tot sy
persoon en goedere te behartig,
ooreenkomstig die voorskrifte van
aanhangsel ‘A’ ........”. Sommige van die
voorskrifte is deur
Harms
AR
aangehaal. As
daar gekyk word na die verreikende magte deur die hof aan mev Burger
verleen, is die moeilik om te bevind dat
sy nie gemagtig was om ‘n
borgstelling aan te gaan wat die gemeenskaplike boedel sou verbind
nie.
Trouens, as sy
nie daardeur gemagtig was om dit te doen nie, sou daar destyds
niemand gewees het wat bevoeg sou wees om dit te
doen nie. Ek vind
dit moeilik om te aanvaar dat dit die hof se bedoeling was.
[8] Toe die tersaaklike
bepalings van die Wet toepaslik gemaak is op huwelike binne
gemeenskap van goed wat voor die
inwerkingtreding van die Wet
gesluit is, was Mev Burger alreeds deur die hof as kurator aangestel
en gemagtig om haar eggenoot
en die gemeenskaplike boedel
ooreenkomstig ‘n borgstelling te verbind. Die feit dat die
wysiging van die Wet daarna op
hulle van toepassing geword het, het
meegebring dat sy in haar eie reg magte bekom het wat sy nie
voorheen gehad het nie, maar
dit het nie die magte deur die hof aan
haar verleen toe sy as kurator aangestel is tot ‘n einde
gebring of beperk nie.
Sy het bevoeg geword as gevolg van art 14
van die Wet om ‘n borgstelling namens haarself aan te gaan en
die gemeenskaplike
boedel daardeur te verbind mits sy haar eggenoot
se skriftelike toestemming bekom het.
Sy
was alreeds bevoeg as gevolg van haar aanstelling deur die hof om
namens haar eggenoot ‘n borgstelling aan te gaan en
die
gemeenskaplike boedel te verbind. Die gekombineerde uitwerking van
die aanstelling as kurator en die wysiging van die Wet
was in wese
om sy en haar eggenoot se juridiese bevoegdhede in haar te verenig.
[9] Ek is met
Harms
AR
dit eens dat so
‘n geval nie deur art 15 (2) geraak is nie. Die bepaling het
betrekking op ‘n situasie waar die
gade wat die betrokke
regshandeling wil verrig die toestemming van die ander gade nodig
het en dit nog nie het nie. In hierdie
geval was mev Burger beklee
met die bevoegdheid om die regshandelinge te verrig wat sy verrig
het. Om die redes deur
Harms
AR
uitgestip sou
dit absurd wees om daarop aan te dring dat sy toestemming aan
haarself op die formalistiese wyse in die Wet uiteengesit
moet gee
voordat sy ‘n party tot ‘n regsgeldige transaksie kan
wees.
[10] Ek stem ook saam met
Harms AR
se opmerkings i.v.m. prof de Wet se siening in sy
oorspronklike bydrae in 1 LAWSA par 107 dat “a contract can
only come into being by agreement between at least two
persons”.
[11] Na my mening moet die
appèl slaag met koste en die bevel van die hof
a
quo
vervang word
met die volgende bevel:
“
(a) It is declared that the
cession
in
securitatem debiti
and the suretyship obligation contained in the undertaking of 7
December 1994 are valid in law and binding upon the joint estate;
(b) Defendant is ordered to pay the costs attributable
to the separate hearing of specific issues.”
R
M MARAIS
APPèLREGTER
VAN
HEERDEN AHR
Ek
gaan akkoord met die siening van Harms AR dat, op ‘n uitleg
van die tersaaklike dokument, die sessie nie aksessoor tot
die
respondent se borgverpligting is nie. Ek twyfel egter of so ‘n
konstruksie behoorlik in die pleitstukke geopper of
in geskil gestel
is. Aangesien ek saamstem met die mening van Marais AR dat die
borgstelling geldig is, is dit egter onnodig
om verder op hierdie
aspek in te gaan .
Ek
stem dus ook saam met die bevele wat Marais AR in die vooruitsig
stel.
HJO
VAN HEERDEN
ADJUNK
HOOFREGTER