About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1999
>>
[1999] ZASCA 56
|
|
S v Venter (1) (381/1997) [1999] ZASCA 56; 1999 (2) SACR 231 (SCA) (8 September 1999)
RAPPORTEERBAAR
SAAKNOMMER:
381/97
IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
In die saak tussen:
ABRAM PAULUS
VENTER
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM: HARMS, MARAIS
et
SCOTT ARR
VERHOORDATUM: 2
SEPTEMBER 1999
LEWERINGSDATUM:
8
SEPTEMBER 1999
Voorbehoue regsvraag in terme van art
319 van Strafproseswet - betekening van stukke op pro deo advokaat na
beskuldigde se ontslag
kan nie as betekening op hom beskou word nie
- die vraag moet ’n regsvraag wees en nie ’n verskuilde
feitevraag nie
-
Magmoed
v Janse van Rensburg and Others
1993(1) SA 777 (A) toegepas - roof gepleeg slegs wanneer daar ’n
verbintenis bestaan tussen elemente van diefstal en geweldpleging.
U
I T S P R A A K
SCOTT
AR
/...
SCOTT AR
:
[1] Die appellant, tesame met ’n mede-beskuldigde
(‘beskuldigde 2’), het in die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling
voor Coetzee R en assesore op een aanklag van moord en een
aanklag van roof met verswarende omstandighede tereggestaan. Die
appellant,
wat tydens die verhoor 18 jaar oud was, is onskuldig
bevind aan moord maar skuldig bevind aan roof met verswarende
omstandighede.
Hy is gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf, waarvan 2
jaar voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort is. Beskuldigde 2, wat tydens
die
verhoor 17 jaar oud was, is onskuldig bevind op beide aanklagte.
[2] Na afhandeling van die saak en
op versoek deur die staat is twee regsvrae vir oorweging deur hierdie
hof in terme van artikel
319 van die Strafproseswet 51 van 1977 deur
die verhoorregter voorbehou.
Die
eerste vraag handel slegs met die posisie van die appellant; die
tweede vraag slegs met die posisie van beskuldigde 2.
Volgens
die staat moes die hof altwee om verskillende redes aan moord, of
minstens ’n geoorloofde misdryf ingevolge art 258
van die
Strafproseswet, skuldig bevind het. Verlof is terselfdertyd aan die
appellant verleen om teen sy skuldigbevinding aan roof
met
verswarende omstandighede te appelleer en sy appèl dien tans
voor hierdie hof. Beskuldigde 2 is egter nie ’n
party tot die
appèl nie; daar is ook geen verskyning namens hom in hierdie
hof nie.
[3] Voordat die geskilpunte in die
appèl oorweeg word, is dit nodig om eers die feite van die
saak kortliks uiteen te sit.
Die oorledene, Leonard Tayitayi, is op 5
Desember 1994 te Vrededorp, Gauteng, vermoor. Voortspruitend uit sy
dood is vier persone
aanvanklik aangekla, die appellant en
beskuldigde 2 in die huidige saak (‘die twee beskuldigdes’)
asook twee broers,
Reinhard en Jaco Goosen. Reinhard Goosen het
skuldig gepleit aan moord asook diefstal van geld van sy ma. Jaco
Goosen het skuldig
gepleit aan moord en roof met verswarende
omstandighede, d w s dieselfde aanklagte as in die huidige saak. Die
twee beskuldigdes
het onskuldig gepleit en ’n skeiding van
verhore is gelas. In die hof
a
quo
was die twee
Goosen broers die enigste ooggetuies.
[4] Dit blyk dat in die laat middag
op Maandag 5 Desember 1994 die twee beskuldigdes, die Goosen broers
en ander persone by die
woonstel van die appellant se ma te Vrededorp
gesit en drink het.
Die
groep het die appellant se ma asook sy stiefpa ingesluit.
Dit
blyk ook dat hulle almal ’n aansienlike hoeveelheid drank
ingeneem het. Om en by 10 nm het die Goosen broers tesame met
die
appellant se broer, Riaan Venter, en ene Evert van der Merwe nog
drank by ’n sjebeen gaan koop. Op pad terug het hulle
die
oorledene opgemerk. Laasgenoemde het iets gemompel en toe omgedraai
en begin hardloop. Die Goosen broers het hom agterna gesit
en
ingehaal. Die ander twee, Riaan Venter en Evert van der Westhuizen,
het aangestap. Volgens die Goosen broers het hulle die oorledene
albei met die vuis in die gesig geslaan. Nadat hy bewusteloos op die
grond geval het is hy deur altwee geskop. Hulle het getuig
dat hulle
in dié stadium die oorledene slegs teen sy lyf geskop het. ’n
Lykskouing wat op 8 Desember 1994 uitgevoer
is, het egter aangetoon
dat die beserings tot die oorledene se gesig en kop beperk was. Geen
beserings is aan die lyf deur die
pataloog tydens die lykskouing
waargeneem nie. Die oorsaak van dood was ‘n duik-fraktuur aan
die skedel en ’n subdurale
bloeding.
[5] Na hierdie aanval het die oorledene, volgens die
Goosens, doodstil bly lê. Hulle is toe terug na die woonstel
waar hulle
vir die groep vertel het, blykbaar met ‘n groot mate
van trots, wat hulle gedoen het. Omtrent 15 tot 20 minute daarna is
die Goosen broers saam met die twee beskuldigdes terug na die toneel.
Die oorledene het nog op dieselfde plek roerloos bly lê.
Volgens hulle het hulle almal die oorledene toe geskop en geslaan.
Aanvanklik het hulle te kenne gegee dat dit net die twee beskuldigdes
was wat die oorledene in die gesig geskop het. Later het hulle erken
dat hulle ook die oorledene teen sy kop en in die gesig geskop
het.
[6] Die appellant het ook getuig. Hy het alle deelname
aan die aanranding ontken. Volgens hom het hy en beskuldigde 2 bloot
uit
nuuskierigheid die Goosens terug na die toneel vergesel. Hy sê
dit was slegs die Goosen broers wat die oorledene toe aangerand
het.
Hy het egter erken dat hy op ‘n stadium die oorledene se
polshorlosie van sy arm afgehaal het. Hy sê hy het dit
gedoen
op versoek van Jaco Goosen wat die horlosie toe dadelik uit sy hand
gevat het. Sy weergawe aangaande die horlosie is deur
Jaco Goosen
bevestig. Beskuldigde 2 het geswyg.
[7] Die hof
a
quo
was van mening
dat die Goosen broers nie oop kaarte met die hof gespeel het nie en
dat daar nie op hulle getuienis gesteun kon
word nie, veral wanneer
dit by die implisering van die appellant en beskuldigde 2 kom. Die
Goosens is beskryf as ‘twee van
die swakste getuies wat ons in
’n lang tyd voor ons in hierdie hof gehad het’. In die
omstandighede was die hof
a
quo
van mening dat
daar geen betroubare getuienis bestaan het om beskuldigde 2 te
impliseer nie en dat die enigste getuienis teen die
appellant waarop
die staat kon steun sy eie getuienis aangaande die neem van die
horlosie was. Beskuldigde 2 is derhalwe onskuldig
bevind op altwee
aanklagte en die appellant is onskuldig bevind aan moord maar skuldig
bevind aan roof met verswarende omstandighede.
[8] Dit is gerieflik om die posisie
van beskuldigde 2 eers te oorweeg. Uitspraak is deur die hof
a
quo
op 13 Februarie
1996 gelewer en op daardie datum is beskuldigde 2 onskuldig bevind en
ontslaan. Die staat se ‘Kennisgewing
van Aansoek om Voorbehoud
van Regsvrae’, gedateer 27 Februarie 1996, is op beskuldigde se
pro deo advokaat beteken. Die kennisgewing
is blykbaar ook per
geregistreerde pos aan beskuldigde 2 by sy laasbekende adres gestuur.
Die kennisgewing het egter onafgehaal
teruggekom. Omtrent 8 maande
daarna en op 24 Oktober 1996 is die aansoek aangehoor. Beskuldigde 2
se pro deo advokaat het dit onsuksesvol
teengestaan. Dit blyk dat sy
toe daarna niks meer met die saak te doen gehad het nie. Daar is
geen aanduiding dat beskuldigde
2 enige kennis van die aansoek gehad
het nie of dat die advokaat tydens die aansoek op sy instruksies
opgetree het nie. Daar is
ook geen aanduiding in die oorkonde dat hy
kennis dra van die huidige verrigtinge of dat die verhoorregter ’n
voorbehoue
regsvraag na hierdie hof verwys het nie.
[9] Nóg die Strafproseswet
nóg die hofreëls maak uitdruklike voorsiening in ’n
geval soos die huidige
vir die betekening op ’n beskuldigde of
sy regsverteenwoordiger van dokumente soos bv die staat se aansoek om
die voorbehoud
van ’n regsvraag, ’n afskrif van die
regsvraag soos deur die verhoorhof vasgestel word, of ’n
kennisgewing van
die datum van die aanhoor van die regsvraag deur
hierdie hof. Dit is egter vanselfsprekend dat dokumente soos die
bogemelde wel
beteken moet word sodat ’n beskuldigde die
geleentheid verleen word om sy saak voor hierdie hof te plaas. Die
teendeel sou
met die
audi
alteram partem
reël
teenstrydig wees en is ondenkbaar. (Sien
R
van Wyk and Another
1960 (2) SA 106
(C).) Namens die staat is betoog dat weens die
betekening van die kennisgewing van aansoek op beskuldigde 2 se pro
deo advokaat
en haar verskyning by die aanhoor van die aansoek, daar
voldoende betekening op beskuldigde 2 was en dat hierdie hof derhalwe
geregtig
is om met die beregting van die regsvraag aangaande
beskuldigde 2 voort te gaan. Ek kan nie saamstem nie. Wat die posisie
in die
geval van ’n skuldigbevinding ookal mag wees - en ek
spreek geen mening hieroor uit nie - is dit m i
vanselfsprekend
dat in die afwesigheid van enigiets tot die teendeel
die mandaat van ’n advokaat om sy kliënt in ’n
strafsaak
te verteenwoordig outomaties by die kliënt se ontslag
beëindig word. Hierdie benadering is ooreenstemmend met die
gewone
beginsel dat wanneer ’n opdrag uitgevoer is, die mandaat
outomaties tot ’n einde kom. (Vgl
De
Villiers and Macintosh
:
The Law of Agency in South Africa 3 ed op 611; sien ook
Pothier’s
Treatise on the Contract of Mandate
,
vertaal deur Rogers en De Wet, par 143 op 81.) Enige betekening op
beskuldigde 2 se pro deo advokaat na die beskuldigde se ontslag
kan
dus nie as betekening op hom beskou word nie. Dit volg dat na my
mening die regsvraag aangaande beskuldigde 2 nie behoorlik
voor
hierdie hof is nie en moet van die rol geskrap word.
[10] In elk geval en al word dit aanvaar dat betekening
op die pro deo advokaat as betekening op beskuldigde 2 beskou kan
word,
is ek van mening dat die omstandighede sodanig is dat gewone
beginsels van geregtigheid en billikheid verhoed dat met die
beregting
van die regsvraag voortgegaan word. Soos reeds gemeld, is
daar geen verskyning namens beskuldigde 2 in hierdie hof nie. Daar is
ook geen aanduiding dat hy enige kennis van hierdie verrigtinge dra
nie.
[11] Die voorbehoue regsvraag wat betrekking het op die
appellant (soos deur die verhoorregter vasgestel) lees soos volg:
“
Of ’n skuldigbevinding aan moord, of
minstens ’n bevoegde uitspraak op daardie aanklag soos bedoel
in artikel 258 van
die Strafproseswet 51 van 1977 nie noodwendigerwys
vir die [appellant] aangewese is in die lig van feitelike bevindings
en/of bewese
feite soos bevind in hierdie verhoor nie”.
In
S
v Nkwenja en ’n
Ander
1985 (2) 560 (A) op 567A - F het hierdie hof beklemtoon dat wanneer
’n regsvraag soos in art 319 van die Strafproseswet voorbehou
word, daar sekerheid oor al die feite waarop die vraag betrekking
het, moet bestaan en dat die verhoorhof daardie feite in sy uitspraak
as deel van die voorbehoue vraag moet vermeld. Die vraag, soos deur
die geleerde regter vasgestel, is dus nie behoorlik voorbehou
nie.
Daar is egter ’n ander en miskien belangrike aspek van die
vraag wat aandag verg. Soos duidelik uit art 319 blyk, is
dit net ’n
regsvraag wat voorbehou kan word. Is die vraag wat hierbo aangehaal
word inderdaad ’n regsvraag of bloot
’n verskuilde
feitevraag? Die verskil is nie altyd so voor die hand liggend nie.
In
Magmoed v Janse
van Rensburg and Others
[1992] ZASCA 208
;
1993 (1) SA 777
(A) op 808A - B tref Corbett HR ’n verskil
tussen die vraag of bepaalde bewese feite ‘n beskuldigde se
handelinge binne
die omvang van ’n besondere misdaad bring en
die vraag of ‘the evidence establishes one or more of the
factual ingredients
of a particular crime, when there is no doubt or
dispute as to what those ingredients are’.
[12] Die eerste vraag is ’n
regsvraag. Wat behels word is ‘an inquiry as to the essence
and scope of the crime charged’.
Die tweede vraag is ’n
blote feitevraag. In die onderhawige geval is dit duidelik dat die
hof
a quo
nie die appellant se ontkenning van enige deelname aan die aanranding
op die oorledene verwerp het nie. Om sy skuld te bewys
moes die
staat daarom op die leerstuk van gemeenskaplike opset steun, d w s op
grond van ’n beweerde toetredingshandeling
aan die kant van die
appellant. Die feitelike vereistes wat regtens nagekom moet word om
’n gemeenskaplike opset in sulke
omstandighede te bewys, is in
S v Mgedezi and
Others
1989 (1) SA
687
(A) op 705 I - 706 C uiteengesit. Hierdie vereistes is deur die
hof
a quo
aanvaar. Wat wel in geskil was, is die vraag of die getuienis voor
die hof voldoende was om daardie vereistes te bewys.
Dat
dit die geval was, blyk uit die volgende passasie in die hof
a
quo
se uitspraak.
“Dit is betoog dat beskuldigde
1 [appellant] deur middel van die leerstuk van gemeenskaplike doel,
‘common purpose’
skuldig is aan moord deurdat hy die
horlosie verwyder het maar na ons mening het die Staat nie die
bewyslas gekwyt om vereistes
[3,] 4 en 5 in
S
v Mgedezi and Others
1989 (1) 687 op 705 en 706 te bewys nie -
‘In
the first place he must have been present at the scene where the
violence was being committed.’
Daaraan is voldoen.
‘
Secondly he must have been aware of the assaults
of the inmates of room 12.’
Hy was bewus gewees van die aanranding op die
oorledene.
‘Thirdly he must have intended to make common
cause with those who were actually perpetrating the assault.’
Daar is nie aanvaarbare getuienis dat hy gemeenskap
gemaak het met die plegers van die aanranding nie.
‘Fourthly he must have manifested his sharing of
the common purpose with the perpetrators of the assault by himself
performing
some act of association with the conduct of the others.’
Daar is nie aanvaarbare getuienis dat dit gebeur het
nie.
‘
Fifthly, he must have had the
requisite
mens rea
;
so, in respect of the killing of the deceased, he must have intended
them to be killed.’
Daar is geen getuienis van
dolus
directus
nie.
‘
or he must have foreseen the possibility of their
being killed and performed his own act of association with
recklessness as to
whether or not death was to ensue.’
Dit kan nie gesê word dat sy
daad om die horlosie te verwyder van so ’n ‘aard was dat
dit gereken kan word as
dolus
eventualis
met
betrekking tot die moord nie’. ”
Die bevindings wat die hof
a
quo
in hierdie
passasie gemaak het is blote feitebevindings. Dit is egter die
juistheid van hierdie bevindings wat in werklikheid die
onderwerp is
van die voorbehoue vraag. Dit volg dat dit niks ander as ’n
feitelike vraag is nie en val nie binne die bestek
van art 319 van
die Strafproseswet nie. (Sien bv die
Magmoed
saak,
supra,
op 802 E - 811 G waar hierdie hof tot die slotsom gekom het dat ’n
soortgelyke vraag nie ’n regsvraag was nie en dus
nie ’n
vraag wat regtens in terme van art 319 voorbehou kon word nie.) In
die omstandighede bestaan daar geen grondslag waarop
hierdie hof met
die verhoorhof se bevinding aangaande die aanklag van moord kan
inmeng nie.
[13] Ek behandel nou die appellant
se skuldigbevinding aan roof. In die hof
a
quo
is dit namens
die appellant betoog dat daar nie bewys is dat toe die horlosie vanaf
die oorledene geneem is, hy nog geleef het
nie. Die hof
a
quo
het tot die
slotsom gekom dat dit wel bewys is en weens die appellant se
erkenning dat hy die horlosie geneem het, hy aan roof
skuldig is.
Vir doeleindes van die appèl sal ek aanvaar dat die oorledene
nog geleef het. Die vraag wat ontstaan, is of
die appellant nogtans
skuldig is aan roof.
[14] Dit is geykte reg dat die
misdaad van roof slegs gepleeg word wanneer daar ’n verbintenis
bestaan tussen die elemente
van diefstal en geweldpleging. Met
ander woorde die gebruik van geweld of ’n dreigement van geweld
moet met die bedoeling
wees om daardeur die slagoffer se wil tot
weerstand uit te skakel of sy weerstand te oorkom of te verhoed sodat
die slagoffer se
goed geneem kan word. (Sien bv
S
v Moloto
1982 (1)
SA 844
(A) op 850 B - C;
S
v Witbooi
1984 (1)
SA 242
(K) op 245 H - 246 A;
Ex
parte Minister van Justisie : In re S v Seekoei
1984 (4) 690 (A) op 707 B - C.)
[15] Dit blyk uit die getuienis van
die Goosen broers dat die motivering vir die aanval op die oorledene
blote boewery was. Nadat
die oorledene bewusteloos geslaan is het die
Goosens hom nog geskop. Hulle is toe terug na die woonstel sonder om
sy horlosie of
enigiets van hom af te neem. Daar was niks om hulle te
verhoed om sy goed te neem indien die motivering vir die
geweldpleging diefstal
was nie. Met hulle terugkoms op die toneel
saam met die beskuldigdes is die oorledene weer op ’n brutale
wyse aangerand.
Weereens was hierdie aanval glad nie nodig om die
oorledene se goed te steel nie. Hy het nog altyd bewusteloos en in
’n
weerlose toestand bly lê. Alles dui daarop dat die
verwydering van die horlosie ’n nagedagte was. Daar is in elk
geval
geen grondslag vir ’n afleiding dat die aanranding
gepleeg is met die opset om die oorledene se goed te steel nie. Na my
mening het die staat dus nie daarin geslaag om roof te bewys nie en
moes die hof
a quo
die appellant aan diefstal skuldig bevind het. Dit volg dat die appèl
moet slaag.
[16] Die kwessie van vonnis moet
opnuut oorweeg word. Tydens pleging van die misdaad was die appellant
16 jaar en 11 maande oud.
(Hy is nou 21 jaar oud.) Hy was ook ’n
eerste oortreder. Dit is gemene saak dat hy die horlosie op versoek
van Jaco Goosen
geneem het en dat laasgenoemde toe dadelik die
horlosie van hom afgeneem het. Aan die anderkant, kan die gruwelike
omstandighede
waaronder die diefstal gepleeg is nie oor die hoof
gesien word nie. In al die omstandighede is ek van mening dat
gevangenisstraf
vir ’n tydperk van 6 maande ’n paslike
vonnis sou wees. Die appellant is op 13 Februarie 1996 in die hof
a
quo
gevonnis. Ons
is deur sy advokaat in kennis gestel dat hy nie borg hangende appèl
toegestaan is nie en dat hy moontlik nog
besig is om die opgelegde
gevangenisstraf uit te dien. Indien dit die geval is, volg dit dat
hy onmiddellik vrygelaat moet word.
[17] Die volgende bevel word toegestaan:
(a) Die
appellant se appèl slaag; sy skuldigbevinding en vonnis word
tersyde gestel en met die volgende vervang.
“Beskuldigde
1 word skuldig bevind aan diefstal en word gevonnis tot 6 maande
gevangenisstraf.”
(b) Die twee vrae wat deur die hof
a quo
vir oorweging deur hierdie hof ingevolge die bepalings van art 319
van die Strafproseswet voorbehou is, word van die rol geskrap.
D
G SCOTT AR
HARMS AR - Stem saam
MARAIS/AR
MARAIS AR:
[1] Ek beskou die diefstal
deur die appellant gepleeg in ‘n baie ernstige lig.
Hy
het die geleentheid deur die brutale en wrede aanranding van sy
makkers op die oorledene gebied, uitgebuit. Die neem van die
weerlose slagoffer se horlosie in sodanige omstandighede was ‘n
gemene en gevoellose daad. Die oorledene was klaarblyklik
nie ‘n
welgestelde persoon nie en die verlies van die horlosie sou vir hom
aansienlik gewees het. Die beskuldigde was nagenoeg
17 jaar oud toe
die misdaad gepleeg is en alle aanduidings was dat hy die leefwyse
van ‘n volwassene alreeds begin ervaar
het. Hy was nie meer op
skool nie.
[2] Ek sou hom
heelwaarskynlik of na ‘n verbeteringsskool verwys het of, as
die prognose vir suksesvolle rehabilitasie
ongunstig was, hom
tot tronkstraf vir ten minste een jaar gevonnis het. Aangesien
hierdie ‘n minderheidsiening is, is dit
nie nodig om verder
daarop in te gaan nie. In alle ander opsigte stem ek met my kollegas
saam.
R M MARAIS
HARMS, MARAIS ET SCOTT ARR