About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1999
>>
[1999] ZASCA 29
|
|
S v Victor (625/97) [1999] ZASCA 29 (20 May 1999)
Saaknommer
625/97
IN
DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN
SUID-AFRIKA
In
die saak van:
WILLEM DANIëL VICTOR
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HOWIE,
MARAIS ARR en MADLANGA Wr AR
DATUM VAN VERHOOR
: 14 Mei 1999
DATUM VAN UITSPRAAK
: 20 Mei 1999
U
I T S P R A A K
/
HOWIE
AR
:. . .
HOWIE AR
:
Appellant
is sewe jaar gevangenisstraf opgelê na skuldigbevinding in `n
streekshof op `n aanklag van sodomie en `n aanklag
van onsedelike
aanranding. Die klagtes is vir vonnisdoeleindes saamgeneem. Sy
appèl teen die vonnis is deur die Transvaalse
Provinsiale
Afdeling van die hand gewys. Met verlof van hierdie Hof appelleer hy
teen sodanige afwysing.
Op
grond van getuienis ter versagting deur mnr R N J van der Westhuizen,
`n korrektiewe beampte in die Departement van Korrektiewe
Dienste, en
mnr J F Truter, `n kliniese sielkundige, is namens appellant
aangevoer dat hy tot niks meer nie as korrektiewe toesig
gevonnis
moes gewees het.
Alhoewel
daar formeel net een aanklag van elk van die misdrywe was, bewys die
getuienis - in ooreenstemming met die klagstaat
- dat appellant die
klaer gedurende die tydperk 1991 tot 1995 herhaaldelik
onsedelik
aangerand en/of met hom sodomie gepleeg het.
Toe
die eerste voorval plaasgevind het was die klaer, `n skoolseun,
skaars twaalf jaar oud terwyl appellant, `n getroude huisvader,
41
was. Van beroep is appellant `n rekenaarprogrammeerder wat ook
rekenaars regmaak. Toe die klaer se rekenaar `n fout ontwikkel
het,
is dit op sy moeder se voorstel na appellant - van wie sy te hore
gekom het - vir herstelwerk geneem. Dit was toe die klaer
en sy
ouers die herstelde rekenaar mettertyd gaan haal het, dat hy
appellant ontmoet. Uit altwee se belangstelling in rekenaars
het
dit gevolg dat hulle saam rekenaarprogramme begin skryf het. Vir
daardie doel is die klaer dikwels met sy ouers se kennis
en
goedkeuring na appellant se huis. Uit die aard van die saak was
hulle die meeste van die tyd alleen. Liggaamlike kontak
het na `n
paar weke begin toe appellant aan die klaer se bobeen gevat het
terwyl lg op die rekenaar getik het. Die seun se reaksie
was om dit
te probeer vermy deur doelbewus tikfoute te maak sodat appellant die
tikwerk moes oorneem. Dit het egter aanhoudend
gebeur en met
verloop van tyd het appellant verdere geleenthede geskep waartydens
hulle alleen was wat niks met rekenaarwerk te
doen gehad het nie.
Hulle was dikwels in `n woonwa wat op appellant se perseel gestaan
het, waar hy toe pornografiese materiaal
te voorskyn gebring en die
klaer se belangstelling daarin probeer wek het. Boonop het
appellant nie net vir die klaer in rekenaarprogrammering
opgelei nie
maar hom rekenaarparte en ook ander geskenke gegee. Hy het die
klaer ook saamgeneem as hy rekenaars by bv skole
moes gaan regmaak,
in die loop waarvan hulle plekke besoek het wat vir die seun
interessant was. Die misdrywe is toe ook by
sodanige plekke
gepleeg.
In
die omstandighede kon die klaer hom nie daartoe bring
om fisiese kontak te weier of eers van appellant se huis
af weg te bly nie. Van betasting van die klaer se bene het dit tot
seksuele
kontak ontwikkel en uiteindelik, vanaf 1992, tot sodomie.
Laasgenoemde was by tye pynlik. Na die eerste betasting van die klaer
se geslagsdele het hy deeglik daaroor gedink of hy sy ouers daarvan
sou vertel. Omdat hy verwag het dat hulle baie ontsteld sou
wees,
het hy dit egter nie gedoen nie. Die seksuele kontak was alles op
appellant se eie bevrediging gemik. Daar is geen getuienis
dat die
klaer enige seksuele genot of bevrediging ervaar of gesoek het nie.
Trouens, hy het dikwels sy kommer uitgespreek dat
wat plaasvind
verkeerd was.
Dit
blyk dus dat die klaer in `n bose kringloop betrap is: hy het nie
die moed gehad om sy ouers te vertel nie en solank as
wat hy nie
weerstand gebied het nie het appellant sy geleenthede uitgebuit.
Hierdie situasie is alleenlik beëindig toe die
klaer uiteindelik
- hy was toe sestien of amper dié ouderdom - besluit het om
appellant “terug te kry” vir wat
hy aan hom gedoen het.
Hy het rekenaarpornografie wat appellant hom gegee het uitgedruk om
in lg se huis neer te sit waar sy
vrou dit sou kon sien. Hy het dit
uitgedruk maar alvorens hy die plan verder kon voer, het sy vader die
tersaaklike stuk ontdek
en hom ondervra. Die storie het toe
uitgekom en die saak is later aan die polisie se
kinderbeskermingseenheid gerapporteer.
Die
voorgaande is `n opsomming van die klaer se getuienis. Dit is
namens die Staat in hoof gelei nadat appellant aan albei klagtes
onskuldig gepleit het. Appellant, wat toe deur `n advokaat en later
deur `n prokureur verteenwoordig was, het op geen stadium
die klaer
se getuienis laat bestry of in twyfel trek nie en het daarna sy pleit
na skuldig op albei aanklagte verander. Hy het
ook nie getuig nie.
Appellant
is nie `n eerste oortreder nie. In 1989 is hy skuldig bevind op
twee klagtes van oortreding van art 14(1)(b) van Wet
23 van 1957
(pleging van `n onsedelike of onbehoorlike daad) ten opsigte van twee
jong seuns. Op elke klagte is die volgende
straf opgelê, t w
`n boete van R1000 of 6 maande gevangenisstraf en daarbenewens 6
maande opgeskort vir 5 jaar. Die
opskortingsvoorwaardes was,
eerstens, dat hy nie skuldig bevind word aan oortreding van art 14
(1) van Wet 23 van 1957 of onsedelike
aanranding gepleeg gedurende
die opskortingstydperk nie en, tweedens, dat hy hom vir een jaar aan
toesig deur `n proefbeampte sou
onderwerp.
Appellant
is op 29 Mei 1996 in die onderhawige saak skuldig bevind. Voor
hervatting van die saak vir vonnisdoeleindes op 21 Augustus
1996 het
mnr Van der Westhuizen `n verslag voorberei en het appellant hom tot
mnr Truter vir raad en behandeling gewend.
Mnr
Van der Westhuizen het in hoofgetuienis sy verslag bekragtig.
Daarvolgens het hy korrektiewe toesig ingevolge art 276 (1)(h)
van
die Strafproseswet 51 van 1977 aanbeveel. Sy redes was dat appellant
maklik moniteerbaar was, dat die “behandeling,
streng struktuur
en kontrole van korrektiewe toesig . . . die risiko [aan die publiek]
(kon) verlaag”, dat dit geblyk het
dat hy `n kandidaat vir
aanhouding binne gemeenskapsverband was en, laastens, dat hy na
bewering goed onder sielkundige behandeling
(deur mnr Truter)
gereageer het.
In
kruisondervraging erken die getuie dat sy taak was om appellant se
geskiktheid vir korrektiewe toesig te oorweeg en nie `n
straf voor te
stel nie. Hy gee ook toe dat gepaste behandelingsprogramme in `n
gevangenis beskikbaar is. Die ideaal, sê
hy, sou wees dat
appellant met die destydse behandeling voortgaan.
Mnr
Truter herhaal appellant se persoonlike en veral seksuele geskiedenis
soos deur lg aan hom oorgedra. Na bewering is appellant
op verskeie
geleenthede toe hy tussen sewe en nege jaar oud was deur `n
familielid gemolesteer. Alhoewel hy mnr Truter laat verstaan
het
dat hierdie geen traumatiese ervaring was nie, meen die getuie dat
appellant op daardie ouderdom sterker identifisering met
jong kinders
ontwikkel het en veiliger gevoel het om met hulle verhoudings aan te
knoop en intiem te verkeer. Derhalwe, toe seksuele
probleme na
bewering gedurende sy huwelik ontstaan het, het appellant hom tot
seuns gewend. Volgens mnr Truter ly appellant dus
aan `n seksuele
versteuring van `n patologiese aard wat met psigoterapie herstelbaar
is, welke behandeling hy begin toepas het
toe appellant hom na Mei
1996 genader het. Die behandelingsessies het ook appellant se vrou
ingesluit en volgens mnr Truter het
dit positiewe gevolge vir albei
eggenote gehad, wat goed daarvoor gemotiveer was. Appellant het
mettertyd sy probleem erken
waar hy dit vroeër ontken het en die
prognose vir hom en sy huwelikslewe was na die getuie se mening goed.
Hy het dus voortgesette
opvolgende individuele en gesinsterapie
aanbeveel wat onwaarskynlik in gevangenisverband prakties uitvoerbaar
sou wees, veral in
ag genome wat die getuie beskryf as `n drastiese
tekort aan sielkundiges in die gevangenis en ook in die lig van die
feit dat appellant
die behoefte het om sy selfwaarde in die
gemeenskap op te bou en te behou.
Wat
die vorige vonnis betref sê mnr Truter dat dit daartoe gelei
het dat appellant drie of vier sessies van sielkundige
behandeling
bygewoon het maar dat hy dit na bewering redelik oppervlakkig gevind
het. Die betrokke sielkundige het hom blykbaar
die indruk gegee dat
omdat sodomie met jong seuns dikwels in die Griekse en Romeinse tye
plaasgevind het sy gedrag nie so afkeurenswaardig
was nie. (Mnr
Truter het enige moontlike mededeling tot daardie effek, of appellant
se afleiding daaruit, in geen opsig onderskryf
of goedgekeur nie.)
Die vorige sielkundige het skynbaar appellant meegedeel dat gereelde
behandeling onnodig was en dat behandeling
voldoende sou wees net
soos die behoefte ontstaan. In hierdie omstandighede, aldus mnr
Truter, is die vorige terapie asook appellant
se motivering in die
wiele gery.
Wat
die klaer betref, het mnr Truter geredelik toegegee dat hy met
psigiese letsels gelaat is waarvoor hy intensiewe terapie sou
moet
kry om te vermy dat hy “in dieselfde voetspore loop as die
beskuldigde”. In hierdie verband is die klaer se vader
namens
die Staat geroep. Hy het getuig dat die misdrywe die seun wesenlik
negatief geaffekteer het ten opsigte van sy uitkyk
op die lewe, sy
gedrag, sy skoolwerk en sy houding en verhoudinge binne
gesinsverband. Een van die grootste probleme, volgens
die getuie,
was dat sy seun gereeld verby appellant se huis (wat naby syne geleë
is) moet ry en by dié geleenthede
waar hy appellant sien, raak
hy merkbaar gespanne. By meer as een geleentheid het hy sy ouers
gevra of hulle nie liewers kon
wegtrek nie.
Die
verhoorlanddros het hoofsaaklik om twee redes gevangenisstraf opgelê.
Die eerste was dat, te oordeel aan appellant
se vorige veroordeling
en sy gedrag in die onderhawige geval, hy `n gevaar vir jong seuns
was. Met daardie gevolgtrekking kan
geen fout gevind word nie. Hy
het egter ook die volgende rede verstrek:
“
I have considered a sentence with a fine. I have
also considered a sentence of correctional supervision, but I found
both sentences
to be inappropriate. The reason I found these to be
inappropriate is that the complainant does not stay far away from Mr
Victor,
and on his way to school and from school he must at some
stage or on some occasions pass near Mr Victor’s house and each
time he passes Mr Victor’s house, the memory comes back to him
and haunts him.”
Na
my mening is hierdie, alhoewel nie `n verkeerde feitestelling nie,
nogtans `n onhoudbare rede vir die oplegging van gevangenisstraf.
Logies toegepas, beteken dit dat die klaer se reaksie voldoende rede
vir so `n straf sou gewees het selfs al sou die ander feite
en
omstandighede `n buitestraf geregverdig het. Dít kan
onmoontlik korrek wees. Die streeklanddros het hom dus wanvoorgelig
en in `n mate wat sy benadering tot vonnisoplegging wesenlik
beïnvloed het. Dit staan hierdie Hof dus vry om vonnis opnuut
te oorweeg en op te lê.
Mnr
Truter se mening dat appellant aan `n patologiese seksuele
versteuring gely het, blyk met die waarskynlikhede ooreen te stem.
Sy gedrag is nouliks op enige ander grondslag verklaarbaar. Aan die
ander kant sou sy vorige oortreding hom ongetwyfeld geleer
het (as hy
dit nie vroeër ten volle besef het nie) wat die gemeenskap se
houding (soos weerspiëel in die tersaaklike
strafregtelike
bepalings) teenoor seksuele gedrag met jong seuns was. Dit het hom
ook die geleentheid gebied om te verneem dat
mens vir sy soort
probleem sielkundig behandel kan word. Daar is geen getuienis dat
sy versteuring drange laat ontstaan wat moeilik
weerstaanbaar is nie.
Hy het ook geen verduideliking verstrek waarom hy na sy eerste
oortreding nie meer doeltreffende sielkundige
hulp gesoek het nie.
Hy het dit vinnig genoeg gedoen onmiddelik na sy skuldigbevinding in
hierdie saak. Hy kon dit klaarblyklik
destyds gedoen het. Hy
moes geweet het dat die vorige behandeling ondoeltreffend was en dat
die seksuele neigings wat hom in
die moeilikheid gebring het, sou bly
voortbestaan. Die onvermydelike afleiding is dat hy onverskillig
ten opsigte van die gevolge
was. Dít en die feit dat hy
binne die opskortingstydperk van sy vorige vonnis weer oortree het,
is sterk verswarende faktore.
Die omstandighede openbaar minagting
teenoor die reg en verontagsaming van die belange en welsyn van die
klaer.
Dit
is ook verswarend dat hy berekend en sorgvuldig opgetree het om die
klaer te verlei en die daaropvolgende gebeure geheim te
hou; dat hy
vir alle praktiese doeleindes in `n vertrouensposisie was teenoor die
kind; en dat daar nie net een of twee voorvalle
hier was nie maar dat
hy die klaer se klaarblyklike onvermoë of versuim om sy ouers te
vertel, vir amper vyf jaar tot sy eie
voordeel en selfsugtige
bevrediging gebruik het.
Die omstandighede vereis dus dat
die afskrikkings- en vergeldingsoogmerke van strafoplegging in
hierdie saak sterk op die voorgrond
tree. Diegene wat neigings het
soos dié wat appellant geopenbaar het - en waarvan behoorlike
behandeling hom hopelik mettertyd
sal bevry - moet nie skuiling
probeer soek agter opvattings gebaseer op wat in antieke tye
plaasgevind het nie. Die regstelsel
van geen beskaafde land het
nagelaat om geslagtelike verkeer
per
anum
strafbaar te
maak waar dit sonder regsgeldige toestemming of met `n persoon onder
die leeftyd van toestemming plaasvind:
National Coalition for Gay & Lesbian Equality v Minister of
Justice
1999 (1) SA
6
CC 40 par 66.
Gevangenisstraf
vir `n wesenlike tydperk is derhalwe ongetwyfeld die gepaste straf in
appellant se geval. Dit is ongelukkig
dat dit sy gesin nadelig sal
affekteer. Dit is ook ongelukkig indien dit sy behandelingsprogram
tot `n mate ontwrig. Daardie
is egter die onvermydelike gevolge van
uitvoering van die Hof se plig om in die beste belang van die
gemeenskap as geheel en
veral van die kwesbare jeug op te tree.
Wat
`n gepaste tydperk van gevangenisstraf betref meen ek dat sewe jaar,
ongeag die verswarende faktore hier teenwoordig, nietemin
té
swaar is. Myns insiens sou vyf jaar aan al die behoeftes van die
saak voldoen en moet die appèl derhalwe slaag.
Die
volgende bevel word gemaak:
1. Die appèl slaag.
2. Die bevel van die hof
a
quo
word ter syde gestel en met die volgende
vervang:
“Die appèl slaag. Die vonnis
deur die verhoorhof opgelê word ter syde gestel en vervang met
`n vonnis (vir
doeleindes waarvan albei klagtes saamgeneem word) van
5 (vyf) jaar gevangenisstraf.”
_______________________
C T
HOWIE
MARAIS
AR)
CONCUR
MADLANGA
Wr AR )