Kommissaris van Binnelandse Inkomste and Another v Willers and Others (483/1996) [1999] ZASCA 24; [1999] 2 All SA 342 (A) (30 March 1999)

70 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Inkomstebelasting — Actio Pauliana — Bedoeling om te bedrieg — Belastingpligtige, 'n private maatskappy, was nie in staat om belasting te betaal nie en is gelikwideer — Aksie ingestel teen aandeelhouers en voormalige likwidateur na vervreemding van maatskappy se enigste bate — Aandeelhouers het opbrengs van die bate ontvang, wat die maatskappy se vermoë om belasting te betaal benadeel het — Aanspraak teen voormalige likwidateur gebaseer op sy versuim om terugbetalings van aandeelhouers te vorder — Geen bewys van opsetlike benadeling van die Kommissaris deur die voormalige likwidateur — Nalatigheid nie bewys nie, aangesien die voormalige likwidateur nie bewys kon lewer dat hy voldoende bedrae teruggevorder het nie.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1999
>>
[1999] ZASCA 24
|

|

Kommissaris van Binnelandse Inkomste and Another v Willers and Others (483/1996) [1999] ZASCA 24; [1999] 2 All SA 342 (A); 1999 (3) SA 19 (SCA) (30 March 1999)

Rapporteerbaar
Saak nr: 483/96
IN
DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
In
die saak tussen:
Die
Kommissaris van Binnelandse Inkomste
1ste Appèllant
Mark
Bryen N.O.
2de Appèllant
en
William
Andrew
Willers
1ste
Respondent
Albert
van Zyl Willers
2de Respondent
Jan
Bernardus Willers
3de Respondent
GJ
Holy
4de Respondent
Pieter
de Witt
5de Respondent
Meester
van die Hooggeregshof van Suid-Afrika
(Transvaalse
Provinsiale Afdeling)
6de Respondent
Coram
:
Hefer,
Marais, Schutz, Plewman ARR en Madlanga Wnr AR
Datum van
verhoor
:
18
Maart 1999
Datum van
uitspraak
:
30
Maart 1999
Inkomstebelasting
- Belastingpligtige nie in staat om te betaal - Actio Pauliana -
Bedoeling om te bedrieg.
U I T S P R A A K
Hefer AR
[1] Inkomstebelasting
is natuurlik betaalbaar deur die persoon aan wie die inkomste
waarop dit gehef word, toegeval het. In
die gewone loop van sake
word dit van hom verhaal. In die onderhawige geval is die
belastingpligtige `n private maatskappy,
Bergbries (Edms) Bpk
(‘Bergbries’), wat vrywillig deur sy lede gelikwideer
is, en geen bates besit nie, en nie in
staat is om sy belasting te
betaal nie. Die aksie is gemik teen persone wat voor likwidasie
voordeel getrek het uit die vervreemding
van die maatskappy se
enigste bate, en teen `n voormalige likwidateur wat na likwidasie
nagelaat het om eise in te vorder wat
Bergbries na bewering in staat
sou gestel het om die belasting te betaal.
[2] Die Kommissaris (as
eerste eiser) en die huidige likwidateur (as tweede eiser) het die
aksie in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling ingestel. Vier lede
van die Willers familie is as eerste, tweede, derde en vierde
verweerders gevoeg en die voormalige
likwidateur wat inmiddels van
sy amp onthef is, as vyfde verweerder. In die dagvaarding is
verskillende bedrae uit hoofde van
verskeie alternatiewe
skuldoorsake van die verweerders geëis.
[3] Aanvanklik het die
verweerders `n eksepsie teen die besonderhede van eis geneem wat
later deur hierdie Hof beslis is in
Kommissaris
van Binnelandse Inkomste en `n Ander v Willers en Andere
1994
(3) SA 283
(A). Om moontlike verwarring te vermy moet daarop gewys
word dat sommige van die feitebewerings waarop die eise destyds
gebaseer
was later verkeerd geblyk te gewees het. (Op daardie
stadium was die eisers se saak gebaseer op betalings wat die
voormalige
likwidateur na bewering aan Bergbries se aandeelhouers
gemaak het. Sulke betalings het inderdaad nooit geskied nie; soos
aanstons
sal blyk, het Bergbries voor likwidasie sy vaste eiendom
verkoop en die opbrengs onder sy aandeelhouers verdeel. Via twee
filiale
wat die ontvangde geld elk op sy beurt onder sy eie lede
verdeel het, het bykans die totale bedrag wat oorspronklkik uit
Bergbries
se koffers gevloei het, uiteindelik in die sakke van die
eerste vier verweerders beland.) Na hierdie Hof se uitspraak is die
besonderhede van eis gewysig, nie net om hierdie aspek van die saak
reg te stel nie, maar ook deur die byvoeging van `n rits verdere

alternatiewe skuldoorsake.
[4] Die verhoor op die
gewysigde pleitstukke het voor Southwood R plaasgevind. Die enigste
getuies was twee amptenare verbonde
aan die Kommissaris se kantoor
in Pretoria wat deur die eisers geroep is. Hulle getuienis dra niks
by tot die geskilpunte wat
tans ter sprake is nie. Origens het die
partye hulle verlaat op dokumente wat by ooreenkoms sonder formele
bewys ingehandig
is. Sommige hiervan, mag ek dadelik sê, is
nuttig; ander is van geen nut nie of van twyfelagtige
toelaatbaarheid teenoor
bepaalde verweerders, soos dikwels die geval
is wanneer massiewe bundels ingehandig word sonder om eers die
bewyswaarde van elke
dokument te oorweeg. Nadat die eisers sommige
skuldoorsake laat vaar het, het Southwood R op al die oorblywendes
uitspraak teen
die eisers gelewer maar verlof verleen om te
appelleer.
[5] In hierdie Hof het
die eisers se advokate nog `n skuldoorsaak laat vaar. Voordat ek met
die wat nou nog oorbly handel, is
dit nodig om kortliks die verloop
van gebeure te beskryf aan die hand van feite wat nie in geskil is
nie.
[6] Ongeveer `n jaar
voor likwidasie het Bergbries se direkteure die enigste vaste bate
van die maatskappy verkoop en die opbrengs
onder die aandeelhouers
verdeel. Soos reeds aangedui, het bykans die hele bedrag via
filiale uiteindelik in die eerste vier
verweerders se sakke beland.
Hulle was almal aandeelhouers en/of direkteure van Bergbries en/of
die filiale.
[7] Die bedrae wat
Bergbries aan sy aandeelhouers betaal het, is teen laasgenoemde se
leningsrekenings gedebiteer en daarna deur
al die betrokkenes
behandel as lenings wat op aanvraag terugbetaalbaar was. Die rede
was dat die maatskappy se ouditeure (`n
firma genaamd Pim Goldby)
die direkteure vroegtydig gewaarsku het dat die wins uit die
verkoping moontlik onderhewig sou wees
aan inkomstebelasting en die
gedagte was dat, sou Bergbries inderdaad belas word, elke
aandeelhouer `n terugbetaling sou maak
sodat die belasting betaal
kon word.
[8] Die voormalige
likwidateur was `n vennoot in Pim Goldby. Enkele maande na sy
aanstelling het hy `n eerste en finale likwidasie-
en
distribusierekening by die Meester ingehandig waarin die
aandeelhouers se leningsrekenings in die vorm van eise ten gunste

van die maatskappy as die enigste bates getoon is. Nadat
voorsiening gemaak is vir betreklik geringe administrasiekoste is
die balans vir distribusie aan die aandeelhouers toegewys maar,
klaarblyklik omdat dit teen die leningsrekenings verreken is,
nie
aan hulle uitbetaal nie. Om dieselfde rede was dit op daardie
stadium ook nie nodig om die leningsrekenings in te vorder
nie. Na
die inhandiging van die rekening het die Kommissaris vorendag gekom
met `n eis vir inkomstebelasting ten opsigte van
die wins op die
verkoopte eiendom. Hoe sake daarna verloop het, sal beskryf word in
die behandeling van die eise teen die voormalige
likwidateur. Al
wat nodig is om op hierdie stadium te sê, is dat die rekening
uiteindelik in ongewysigde vorm geadverteer
is en ter insae gelê
het. In die afwesigheid van beswaar deur die Kommissaris, het die
Meester dit later bekragtig. Nog
later is die voormalige
likwidateur van sy amp onthef en die tweede eiser in sy plek
aangestel.
[9] Ek behandel
vervolgens elke skuldoorsaak afsonderlik. Die eise teen die
voormalige likwidateur is `n gerieflike beginpunt.
Die eise teen die
voormalige likwidateur.
[10] In die gewysigde
Besonderhede van Vordering is hierdie eise soos volg geformuleer:
‘35
bis
.1 Vyfde
verweerder was nie later as begin April 1986 bewus van die bedrag
wat Bergbries ten opsigte van inkomstebelasting aan
Eerste Eiser
verskuldig was nie;
35
bis
.2 Vyfde
verweerder was verder te alle wesenlike tye bewus daarvan dat
Bergbries die uitbetalings aan sy aandeelhouers gemaak
het soos in
paragrawe 32
bis
.1
en 32
bis
.2
hierbo uiteengesit;
35
bis
.3 Nadat
Vyfde Verweerder bewus geword het van die bedrag wat Bergbries ten
opsigte van inkomstebelasting aan Eerste Eiser verskuldig
was, het
daar `n regsplig op hom gerus
om
uit vermelde bedrae wat deur Bergbries uitbetaal is voldoende bedrae
terug te vorder om, wanneer hy deur Eerste Eiser versoek
word om dit
te doen, die bedrag aan Eerste Eiser verskuldig aan hom te kan
betaal
;
35
bis
.4 Vyfde
Verweerder het gemelde regsplig wat op hom gerus het, opsetlik,
alternatiewelik
nalatiglik, verbreek
deur
te versuim om uit vermelde bedrae wat deur Bergbries uitbetaal is
voldoende bedrae terug te vorder om hom in staat te stel
om as
likwidateur van Bergbries die bedrag wat Bergbries ten opsigte van
inkomstebelasting aan Eerste Eiser verskuldig was, te
kon betaal
;
35
bis
.5
As
gevolg van Vyfde Verweerder se vermelde opsetlike,
alternatiewelik
nalatige, verbreking van die regsplig wat op hom gerus het,
is
Bergbries tans nie in staat om enige gedeelte van die
inkomstebelasting wat hy aan Eerste Eiser verskuldig is, te kan
betaal
nie;
35
bis
.6 As
‘n verdere gevolg van Vyfde Verweerder se vermelde opsetlike,
alternatiewelik
nalatige, verbreking van die regsplig wat op hom gerus het, ly
Eerste Eiser skade in `n bedrag van R3 264 234,00 welke skade

die bedrag verteenwoordig wat Eerste Eiser in staat sou gewees het
om van Bergbries te kon vorder indien Vyfde Verweerder nie
die
regsplig wat op hom gerus het, verbreek het, soos hierbo uiteengesit
nie ......
48
bis
.1 Tweede
Eiser herhaal paragrawe 35
bis
.1,
35
bis
.2,
35
bis.
3
en 35
bis
.4
hierbo;
48
bis
.2
As
`n verdere gevolg van Vyfde Verweerder se vermelde opsetlike,
alternatiewelik
nalatige, verbreking van die regsplig wat op hom gerus het,
ly
Tweede Eiser in sy hoedanigheid vermeld skade in `n bedrag van R3
264 234,00 welke bedrag die kapitale bedrag inkomstebelasting
deur
Bergbries aan Eerste Eiser verskuldig, verteenwoordig ...’
(Die doel van die
beklemtoning is om aandag te vestig op die feit dat die eisers se
saak teen die voormalige likwidateur uitsluitlik
op die verbreking
van `n besondere regsplig gebaseer is en op die aard en omvang van
die regsplig waarop hulle steun.)
[11] Die herhaalde
verwysing in die Besonderhede van Vordering na die voormalige
likwidateur se ‘opsetlike,
alternatiewelik
nalatige’ verbreking van sy regsplig is opvallend. In hierdie
Hof het Mnr Delport namens die eisers te kenne gegee dat
hulle
steeds op `n
opsetlike
verbreking steun in die sin dat die voormalige likwidateur
daadwerklik bedoel het om die Kommissaris te benadeel. Die
eenvoudige
antwoord op hierdie deel van die betoog is dat so ‘n
bedoeling nie gepleit is nie en nog minder bewys is. Soos ek
aanstons
sal aantoon wanneer ek sy beweerde nalatigheid behandel,
mag daar op die waarskynlikhede `n volkome onskuldige verduideliking

wees waarom die voormalige likwidateur versuim het om terugbetalings
van die aandeelhouers te vorder.
[12] By die beoordeling
van die vraag of nalatigheid bewys is, moet beklemtoon word dat dit
slegs gaan om die voormalige likwidateur
se versuim om (soos in
paragraaf 35
bis.
3
beweer) ‘voldoende bedrae
terug
te vorder
’.
Ek sê dit omdat hy, soos reeds genoem, ook versuim het om
die likwidasie- en distribusierekening te wysig deur
die invoeging
van die Kommissaris se eis. Waarom hy die rekening nie reggestel
het nadat alle twyfel uit die weg geruim is oor
Bergbries se
aanspreeklikheid vir betaling van die belasting nie, maar dit
inteendeel geadverteer en die Meester se bekragtiging
daarvan verkry
het, weet ons nie. In die afwesigheid van `n verduideliking het Mnr
Burman namens hom toegegee dat hy
prima
facie
grof nalatig was. Hierdie toegewing neem die eisers se saak egter
niks verder nie omdat die werklike vraag is of nalatigheid,
in die
enkele opsig dat hy versuim het
om
bedrae terug te vorder,
bewys is.
[13] Vir `n antwoord op
hierdie vraag is ons aangewese op die inligting wat die dokumente
verskaf. Daaruit blyk die volgende:
(a) Die voormalige
likwidateur het Bergbries se inkomstebelastingopgawe ten opsigte van
die jaar waarin die eiendom verkoop is
gedurende April 1985
ingehandig. Daarin het hy die verkoping openbaar. Toe die
Kommissaris hom kort daarna versoek het om redes
te verskaf waarom
die wins nie belas moes word nie, het hy die saak na die direkteure
of hulle prokureurs verwys en laasgenoemde
het die redes aan die
Kommissaris verskaf.
(b) Desondanks het die
Kommissaris gedurende Maart 1986 `n eis vir betaling van die
belasting ingelewer en op 1 April 1986 het
`n aanslag gevolg.
(c) By ontvangs van die
eis het die voormalige likwidateur terugbetalings van Bergbries se
aandeelhouers aangevra. Sy brief aan
elke aandeelhouer eindig met
die waarskuwing dat

[i]ndien die
aanslag nie betaal word nie sal die Ontvanger teen die Maatskappy
vonnis neem, die hof sal `n likwidateur aanstel
wie op sy beurt sal
optree om [die aandeelhouers se leningsrekenings] in te vorder.’
(d) Geen terugbetaling
het egter geskied nie omdat die direkteure beswaar aangeteken het
teen die aanslag. Toe die beswaar van
die hand gewys is, het hulle,
eers na die Spesiale Hof, en later na hierdie Hof geappelleer en met
die Kommissaris gereël
dat die belasting nie betaal sou word
terwyl die appèlle hangend was nie. Die appèl na
hierdie Hof is eers gedurende
Februarie 1990 teruggetrek.
(e) Intussen het die
vraag ontstaan of die leningsrekenings nog afdwingbaar was. In `n
memorandum wat die prokureurs vir `n
aandeelhouer in een van die
filiale gedurende Junie 1988 voorberei het met die oog op die
verkryging van `n advokaat se mening,
verskyn die volgende:

Soos u sal merk
is konsultant en die ouditeure (Pim Goldby) in dispuut met
betrekking tot die aanspraak van konsultant as sou
die eis van
Bergbries reeds verjaar het ...
Pim Goldby het aangedui
dat hulle bereid is om te berus by die regsmening van `n Senior
Advokaat na aanleiding van die dispuut.’
(f) Die betrokke
advokaat se mening is eers `n jaar later verskaf. Die strekking
daarvan was dat die leningsrekenings inderdaad
verjaar het.
(g) Later gedurende 1989
het een van Bergbries se direkteure `n opinie oor dieselfde vraag
van `n ander advokaat gekry. Hoewel
in hierdie opinie gewys is op
art 13(1) van die Verjaringswet waarvolgens voltooiing van verjaring
uitgestel word indien die
skuldeiser `n regspersoon is en die
skuldenaar `n bestuurslid daarvan, was die slotsom dat dit wou
voorkom asof minstens die
die leningsrekening van die betrokke
direkteur inderdaad verjaar het. Of hierdie opinie ooit tot die
kennis van die voormalige
likwidateur gekom het, blyk nie uit die
dokumente nie.
[14] Word al hierdie
feite in ag geneem, meen ek nie dat nalatigheid ten opsigte van die
voormalige likwidateur se versuim om
fondse terug te vorder, bewys
is nie. Dit is verstaanbaar dat hy dit nie gedoen het nie gedurende
die tydperk van onsekerheid
wat geskep is deur die beswaar teen die
aanslag en die appèlle : sou hy op daardie stadium
aangedring het op betaling
sou die antwoord heelwaarskynlik (en
tereg) gewees het dat die Kommissaris uitstel verleen het vir
betaling en dat Bergbries
se aanspreeklikheid vir belasting in elk
geval nie `n uitgemaakte saak was nie. En nadat die onsekerheid
gedurende Februarie
1990 verdwyn het, het hy nog steeds gesit met
minstens een advokaatsopinie tot die effek dat die leningsrekenings
verjaar het.
[15] Dit moet verder nie
uit die oog verloor word nie dat die voormalige likwidateur
ooreenkomstig die bepalings van art 386(3)(c)
gelees met art
386(4)(a) van die Maatskappywet nie by magte was om aksie in te stel
sonder die magtiging van Bergbries se lede
nie. Boonop is alle
aanduidings dat hy oor geen fondse vir `n geding teen die
aandeelhouers beskik het nie; selfs die administrasiekoste
is betaal
uit inbetalings wat laasgenoemde spesiaal vir die doel gemaak het.
Prima
facie
was sy hande afgekap.
[16] Weens hierdie redes
is ek van oordeel dat Southwood R tereg tot die gevolgtrekking gekom
het dat die eise teen die voormalige
likwidateur van die hand gewys
moes word. Dit is nie nodig om die redes te behandel wat die
geleerde regter aangevoer het vir
die mislukking van die eise nie.
Die actio Pauliana.
[17] Die partye is dit
eens dat enige regshandeling waardeur `n skuldenaar
in
fraudem creditorum
van sy goed vervreem, vernietig kan word onder die moderne vorm van
die
actio
Pauliana
.
In die lig van uitsprake soos dìe in
Fenhalls
v Ebrahim and Others
1956(4) SA 723 (D) op 727D-G en
Commissioner
of Customs and Excise v Bank of Lisbon International Ltd and Another
1994(1) SA 205 (N) op 209D-J het Mnr Delport aanvaar dat `n
suksesvolle eis om vernietiging bewys verg, onder andere, dat die

regshandeling `n vermindering van die skuldenaar se bates tot gevolg
gehad het en verrig is met die doel om te bedrieg in die
sin van `n
bedoeling om skuldeisers, of `n besondere skuldeiser, te benadeel.
[18] Omdat
fraus
creditorum
gewoonweg beweer word in die konteks van die vervreemding van bates
voor die insolvensie van die skuldenaar of die likwidasie
van `n
maatskappy, kon verwag word dat die eis in die onderhawige geval
gemik sou gewees het op die aanvanklike verdeling van
Bergbries se
bates onder sy aandeelhouers. Dit is egter nie wat die opsteller
van die Besonderhede van Vordering in gedagte
gehad het nie. Die
kern van die eis blyk uit die volgende bewerings:

32
ter.
5 Eerste
tot vierde verweerders, in hul hoedanighede as direkteure en
aandeelhouers van Bergbries, het dit
bewerkstellig
dat Bergbries,
alternatiewelik
Vyfde Verweerder in sy hoedanigheid vermeld, nie `n voldoende
gedeelte van die bedrae uitbetaal teruggevorder het
om die bedrag aan Eerste Eiser verskuldig aan hom te kan betaal
nie, welke optrede plaasgevind het met die bedrieglike oogmerk
om te
verhoed dat Eerste Eiser in staat sou wees om die bedrag wat
Bergbries aan hom verskuldig is van Bergbries te kan verhaal;
32
ter
.6 As
gevolg van Eerste tot Vierde Verweerders se bedrieglike optrede soos
in die vorige paragraaf uiteengesit, is Eerste Eiser
tans nie in
staat om die bedrag wat Bergbries aan hom verskuldig is van
Bergbries te verhaal nie;
32
ter
.7 In
die vooropstelling is Eerste tot Vierde Verweerders, gesamentlik en
afsonderlik, die een betalende die ander kwytgeskeld
te word,
regtens verplig om aan Eerste Eiser `n bedrag van R3 264 234,00 te
betaal, welke bedrag die kapitale bedrag inkomstebelasting

verteenwoordig wat deur Bergbries aan Eerste Eiser verskuldig is
tesame met rente daarop ...’ (Beklemtoning bygevoeg.)
[19] Mnr Delport het
verduidelik dat hierdie skuldoorsaak, soos die vorige een,
betrekking het op die feit dat die voormalige
likwidateur nie die
leningsrekenings ingevorder het nie. Volgens hom kom kwytskelding
van `n skuld neer op die vervreemding
van `n bate en het die
voormalige likwidateur die eerste vier verweerders kwygeskelt;
daarom is aan die eerste bewysvereiste
voldoen. Omdat die
kwytskelding
ex
titulo lucrativo
geskied het (wat die aandeelhouers betref), het hy voorts
geredeneer, is dit nie nodig om `n bedrieglike opset te bewys nie.
[20] Aanvanklik moet ek
sê dat ek dit moeilik vind om die redenasie te korreleer met
die bewerings in die Besonderhede van
Vordering. Ek behandel nie
die verwarrende bewering in par 32
ter
.5
dat
Bergbries
nie van die uitbetaalde geld teruggevorder het nie omdat dit in die
samehang van die hele saak totaal onsinnig is en Mnr Delport
nie
daarvan gewag gemaak het in sy betoog nie. Word die res van paras
32
ter
.5
en 32
ter.6
saamgelees en in verband gebring met die voorafgaande gedeelte van
par 32
ter
wat ek nie aangehaal het nie, word die Kommissaris se saak duidelik.
In die voorafgaande gedeelte word die geskiedenis van die

uitbetalings en die manier waarop `n gedeelte van die geld na die
eerste vier verweerders gevloei het, beskryf; origens word
slegs
beweer dat die Kommissaris laatstens vanaf April 1986 `n skuldeiser
van Bergbries was, dat die maatskappy na die uitbetalings
nie oor
fondse beskik het om die belasting te betaal nie en dat geeneen van
die eerste vier verweerders enige teenprestasie gelewer
het vir die
geld wat hulle ontvang het. Opgesom is die saak wat gepleit is dat
die eerste vier verweerders op bedrieglike wyse
bewerkstellig het
dat die voormalige likwidateur nie geld van hulle teruggevorder het
wat hulle sonder teenprestasie ontvang
het nie.
[21] In die lig hiervan
kom die beroep op die
actio
Pauliana
my
misplaas voor. ‘n Opvallende leemte is die afwesigheid van ‘n
bewering van `n bedrieglike bedoeling aan die kant
van die
voormalige kurator. Dit is nie korrek dat dit onnodig is om
sodanige opset te beweer en te bewys in gevalle waar die
ontvanger
`n bate
ex
titulo lucrativo
verkry het nie.
Die
passasie in die uitspraak in
Coetzer v Coetzer
1975(3) SA 931 (E) op 936F waarop gesteun word, lui soos volg:

Generally
speaking this
actio
required a collusive dealing
in
fraudem creditorum
by the two parties to the transaction, but where the alienee
acquires the property
ex
titulo lucrativo
it is not necessary to show that he was a party to or knew of the
fraud.’
Die laaste opmerking het
slegs betrekking op die ontvanger (kyk ook
Commissioner
of Customs and Excise supra
op 209I-J). In
Heedendaegse
Rechtsgeleertheyt
5.6.17 verduidelik Huber soos volg (volgens Gane se vertaling):

As regards the
possessor the distinction is made whether he obtained the property
on a lucrative or onerous title. If he obtained
it on an onerous
title, such as purchase or barter, then the property cannot be
reclaimed from him, unless it is clear that he
knew of the fraud:
but with a lucrative title, like donation, legacy or such like this
action holds good, even though the possessor
did not know of any
fraud.’
Op gesag, onder andere,
van hierdie uiteensetting is in
Commissioner
of Customs and Excise
op 210C-D opgemerk:

There is
therefore authority for the view that an
actio
in factum
lies for the recovery of property from a person who has acquired the
property gratuitously or without valuable consideration
from someone
who has alienated the property
in
fraudem creditorum
even
though the person who acquired the property was innocent of the
fraud.’
Dit beteken nie dat `n
bedrieglike opset aan die kant van die
vervreemder
nie
vereis word nie. So `n bedoeling is juis die wesenlike grondslag
van die
fraus
creditorum
begrip. Dit mag wees dat die verkryging van `n bate
ex
titulo lucrativo
sonder
bedrieglike opset aanvegbaar is
as `n
vervreemding sonder teenwaarde in geval van die vervreemder se
insolvensie maar sonder bewys van laasgenoemde se bedrieglike
opset
kan dit nie tersydegestel word as
in
fraudem creditorum
nie.
[22] In die onderhawige
geval is daar, afgesien van die afwesigheid van gepaste bewerings in
die Besonderhede van Vordering, geen
getuienis van `n bedrieglike
opset aan die kant van die voormalige likwidateur nie. Inteendeel,
in die lig van die feite in paragraaf
13 hierbo en my opmerkings in
paragrawe 14 en 15, dui die beskikbare getuienis eerder op `n
onskuldige rede waarom die leningsrekenings
nie ingevorder is nie.
[23] Bloot weens hierdie
leemte in die Kommissaris se saak kan die eis nie gehandhaaf word
nie, maar ek ag dit gerade om die volgende
by te voeg:
(a) Niks wat in die
Besonderhede van Vordering beweer of in die beskikbare getuienis te
vinde is, regverdig die afleiding dat
die versuim om die
leningsrekenings in te vorder teweeggebring is deur enige optrede,
bedrieglik of andersins, van die eerste
vier verweerders nie.
(b) Hoewel ek
argumentshalwe bereid is om te aanvaar dat `n aksie onder die
actio
Pauliana
betrekking kan hê op die vervreemding van bates na insolvensie
of likwidasie en dat die kwytskelding van `n skuld op die

vervreemding van `n bate neerkom, word dit nie in die Besonderhede
van Vordering beweer, en is daar ook geen getuienis, dat die

voormalige likwidateur die aandeelhouers kwytgeskeld het nie.
Inderdaad het hy versuim om die leningsrekenings in te vorder
maar
dit volg geensins dat hy die skuldenaars kwytgeskeld het van
betaling nie.
Onregmatige
toeëining
[24] `n Volledige
uiteensetting van hierdie skuldoorsaak soos dit in die Besonderhede
van Vordering verskyn, is nie nodig nie.
Dit is gebaseer op die
feit dat al die partye die bedrae wat Bergbries aan sy aandeelhouers
betaal het, beskou het as lenings
wat op aanvraag terugbetaalbaar
was, en op die eerste vier verweerders se versuim om terug te
betaal. Bondig gestel kom dit
daarop neer dat die eisers skade gely
het as gevolg van die hierdie verweerders se onregmatige toeëining
van die geld wat
elkeen ontvang het. Die beweerde toeëining
het egter nie plaasvind by die aanvanklike ontvangs van die geld
nie; dit het
eers later geskied toe die Kommissaris belasting gehef
het en die betrokke verweerders besluit het om nie terug te betaal
nie.
[25] Ek vind dit ook nie
nodig om die betoog namens die eisers volledig te bespreek nie want
daar steek klaarblyklik niks in nie.
Wesenlik word beweer dat die
eerste vier verweerders `n gedeelte van die geld van Bergbries
gesteel het. Maar ons weet dat
Bergbries self die opbrengs van die
verkoping oorbetaal het. Omdat daar gevolglik geen sprake kan wees
van diefstal op daardie
stadium nie, poog die eisers om `n latere
dieftige handeling te konstrueer wat net eenvoudig nie bestaan nie.
Mnr Delport het
aanvanklik aangevoer dat Bergbries die geld
oorbetaal het met die spesifieke doel om inkomstebelasting wat
moontlik gehef sou
word,
daaruit
te
betaal. Volgens hom was die aandeelhouers (en ek neem aan alle
andere wat later daarvan ontvang het) verplig om terugbetalings
uit
die ontvangde geld
te maak; en toe hulle versuim het om hierdie plig na te kom, het
hulle diefstal gepleeg. Gewys op die klaarblyklike onhoudbaarheid

van so `n redenasie (wat in elk geval niks meer as blote
bespiegeling is nie), het hy volstaan met `n ewe onrealistiese en
spekulatiewe submissie dat die aandeelhouers verplig was om fondse,
hetsy van hulle eie of afkomstig van Bergbries, beskikbaar
te hou
vir betaling op aanvraag. Dit is nie nodig om die opsigtelike
leemtes in hierdie submissie uit te wys nie en daar is
in elk geval
geen getuienis dat die verweerders nie fondse beskikbaar gehou het
nie.
[26] Die eisers het
hulself in die uiteensetting van hierdie skuldoorsaak die taak op
die hals gehaal om feite te bewys wat die
versuim van die ontvangers
van die geld om hulle verpligtings na te kom, van blote kontrakbreuk
tot diefstal sal verhef. Hulle
het nie daarin geslaag nie en die
eise is tereg van die hand gewys.
Ongeregverdigde
verryking
[27] Die bewerings onder
hierdie hoof verskyn in par 32
bis
van
die Besonderhede van Vordering. Nadat die nou bekende geskiedenis
van die uitbetalings en die effek van die afwesigheid van

terugbetalings in die voorafgaande sub-paragrawe beskryf is en
aangedui is wat elkeen van die eerste vier verweerders ontvang
het,
word die volgende beweer:

32 bis.10 Vyfde
Verweerder het nagelaat om van elk van Eerste, Tweede, Derde en
Vierde Verweerders die bedrae in die vorige paragraaf
uiteengesit,
terug te vorder in die
bona
fide
en redelike, maar foutiewe geloof dat elk van die verweerders
geregtig was om die volle bedrag van elke oorbetaling te ontvang;
32
bis
.11
In
die alternatief en kumulatief tot paragraaf 32
bis
.10:
Nòg Eerste, nòg
Tweede, nòg Derde, nòg Vierde Verweerder het enige
teenprestasie aan Bergbries gelewer
ten aansien van die bedrag wat
elk van hul ontvang het uit die uitbetalings wat deur Bergbries
gemaak is.’
Daarna word beweer dat
die eerste vier verweerders, elk in `n bepaalde bedrag,
ongeregverdig ten koste van die Kommissaris en
die huidige
likwidateur verryk is.
[28] Omdat hierdie
skuldoorsaak ook mank gaan aan `n gebrek aan getuienis vind ek dit
weereens nie nodig om die bewerings in die
Besonderhede van
Vordering en die betoog daaroor volledig te bespreek nie. Ek is ook
nie van plan om uit te wei nie oor die
eienaardigheid van `n beroep
op die
condictio
indebiti
in
`n geval waar dit nie gaan om die terugvordering van `n
onverskuldigde betaling nie, maar om die versuim om `n bedrag in te

vorder wat na bewering verskuldig is. Die verhoorregter het die
condictio
onvanpas
gevind
in so
`n geval maar, hoewel dit ontgetwyfeld tot allerlei komplikasies kan
lei, is ek bereid om argumentshalwe te aanvaar dat
daar nie
beginselbesware teen so `n aanwending kan bestaan nie.
[29] Die werklike
probleem wat ek met die beroep op die
condictio
indebiti
het,
is dat daar oor kernelemente geen getuienis is nie. Daar is geen
getuienis dat die voormalige likwidateur onder die foutiewe
indruk
was dat die ‘verweerders geregtig was om die volle bedrag van
elke oorbetaling te ontvang’ nie. Ons weet
eenvoudig nie wat
sy indruk was nie. Nog minder is daar getuienis dat so `n indruk
inderdaad foutief was; trouens, die eisers
het deurgaans in beide
howe aanvaar dat die betalings uit hoofde van `n leningsooreenkoms
geskied het . Op watter basis kan
dan beweer word dat die
ontvangers nie geregtig was om die geld te ontvang nie?
[30] Wat die ander
condictio
betref,
begryp ek nie hoe beweer kan word dat die betalings
sine
causa
geskied het bloot omdat daar geen teenprestasie was nie waar die
eisers aanvaar dat dit uit hoofde van `n leningsooreenkoms gemaak

is. `n Geskenk kan tog nie as `n betaling
sine
causa
teruggevorder word op grond van die afwesigheid van teenprestasie
nie; en so ook nie `n lening nie.
[31] Boonop is ek nie
oortuig dat die reëling waarvolgens Bergbries die geld aan sy
aandeelhouers betaal het inderdaad as
`n leningstransaksie beskryf
kan word nie. Natuurlik is dit hoe die partye dit beskou het, en
dat dit stellig `n gepaste metode
was om die reëling
boekhoukundig te behandel, is waar. Maar, volgens verskeie
uitsprake van hierdie Hof en ander howe,
is die ware aard van `n
transaksie nie te vinde is in die naam wat die partye dit gee nie;
soms gebeur dit juis dat hulle die
aard daarvan probeer verberg deur
dit in te klee as iets wat dit nie werklik is nie (
Zandberg
v Van Zyl
1910
AD 302
op 309); en, selfs waar dit nie geval is nie, moet effek
steeds gegee word aan die ware aard van die transaksie. Pim Goldby

het die reëling destyds beskryf as ‘the understanding
that should tax arise, the required amount would be repaid to
the
company,’ wat omgekeerd beteken dat geen terugbetalings sou
geskied het indien belasting nie gehef sou word nie. Die

onderliggende transaksie kan nouliks as `n lening beskryf word
wanneer iemand aan `n ander `n bedrag betaal wat moontlik nie

terugbetaalbaar sal wees nie; en verder kom dit my nie waarskynlik
voor dat Bergbries se direkteure lenings in die ware sin van
die
woord beoog het nie. Die beskikbare aanduidings is eerder dat hulle
wou toesien dat die opbrengs van die verkoping vir die
voordeel van
die familielede aangewend word. Maar hulle was gewaarsku teen die
moontlikheid van inkomstebelasting, vandaar die
verstandhouding
waarop die geld uitbetaal is. Die reëling kan eerder beskryf
word as `n voorwaardelike onderneming deur
die ontvangers om geld
beskikbaar te stel vir die betaling van die belasting indien
belasting inderdaad gehef word.
[32] Geen getuienis is
natuurlik beskikbaar wat verdere lig op hierdie aspek van die saak
kan werp nie, maar die konstruksie in
die voorafgaande paragraaf is,
indien nie waarkynliker nie, minstens net so waarskynlik as die
ander een. Indien dit korrek
is, kan daar geen sprake wees van
betalings wat
sine
causa
gemaak is nie.
[33] Myns insiens is
hierdie eise ook tereg van die hand gewys.
[34] Ten slotte is daar
enkele opmerkings wat gemaak moet word :
(a) In beide howe het
die eisers se advokate die groot aantal alternatiewe skuldoorsake
gewyt aan die feit dat hulle kliënte
nie vooraf volle kennis
gedra het van die verloop van sake sedert die verkoping van
Bergbries se eiendom nie. In die lig van
die Kommissaris se wye
bevoegdhede om inligting vir belastingdoeleindes te bekom, begryp ek
die verduideliking nie. Indien enigiets,
bevestig dit net my indruk
dat die aksie sonder behoorlike ondersoek ingestel is en daarna
voortgesit is deur die eisers se saak
eenvoudig aan te pas by
ongekontroleerde bewerings in die verweerders se pleitstukke. Ek
begryp ook nie waarom die Kommissaris
nie beswaar gemaak het teen
die likwidasie- en distribusierekening nie. Een van sy getuies het
getuig dat die staatskoerante
waarin kennis gegee word van sulke
rekenings wat ter insae lê, gereeld nagegaan word, juis om te
verseker dat beswaar waar
nodig aangeteken word. Om die een of
ander onverklaarde rede het dit in hierdie geval nie geskied nie of
is die kennisgewing
nie opgemerk nie.
(b) By die aanvang van
die verhoor is die verhoorregter meegedeel dat die boedel van die
vierde verweerder (Mev Holy) intussen
gesekwestreer is. Die verhoor
het gevolglik slegs teen die ander verweerders voortgegaan. Sover
bekend is Mev Holy se saak
nog hangende in die Hof
a
quo.
In hierdie Hof is ons verwittig dat dieselfde lot die eerste
verweerder (Mnr William Andrew Willers) sedert die verhoor toegeval

het. Die sake teen die betrokke twee verweerders word dus nie
geraak deur hierdie uitspraak nie.
Die volgende bevel word
gemaak:
1. Die appèl teen
die tweede, derde en vyfde respondente word van die hand gewys met
koste wat, in die geval van die vyfde
respondent, die koste van twee
advokate insluit.
2. Die
appèl teen die eerste respondent word
sine
die
uitgestel.
___________________
HEFER AR
Stem saam: Marais AR
Schutz AR
Plewman AR
Madlanga Wnr AR