About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1998
>>
[1998] ZASCA 111
|
|
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika (OVS) en 'n Ander v Verenigende Gereformeerde Kerk in SuiderAfrika (536/96) [1998] ZASCA 111; 1999 (2) SA 156 (SCA); [1999] 1 All SA 480 (A) (27 November 1998)
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
DIE
HOOGSTE HOF VAN APP
L
VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 536/96
In die
saak tussen :
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN AFRIKA (OVS)
Eerste Appellant
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN AFRIKA (PHORORO)
Tweede Appellant
- en-
VEREN
GENDE GEREFORMEERDE KERK
IN SUIDERAFRIKA
Respondent
Coram:
Hefer, Vivier, Harms, Zulman et Streicher ARR.
Verhoor: 6
November 1998 Gelewer: 27
November 1998
UITSPRAAK
VIVIER AR
2
VIVIER
AR:
Die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in
Afrika ("die NGKA") het by sy gewone vergadering van Julie 1991 besluit
om "struktureel" met die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-
Afhka ("die
NGSK") te
verenig("die
kerkvereniging"). By
dieselfde
vergadering is vooraf ingrypende wysigings van sy grondwet ("die
kerkorde") aangebring wat verband gehou het met die besluit tot
kerkvereniging. Daarna, op 14 April 1994, is 'n stigtingsinode met
verteenwoordigers van die NGSK gehou waar 'n nuwe kerk, die
Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika ("die VGK") gestig en
sy grondwet goedgekeur is. Verskeie gemeentes van die NGKA in die
Vrystaat ("die
NGKA-OVS") en Noordkaap
hoofsaaklik ("die NGKA-
Phororo") was van meet af nie gediend met die kerkvereniging en die
wysigings van die kerkorde wat dit voorafgegaan het nie. Hulle het die
3
houding ingeneem dat die wysiging van die kerkorde sowel as die
kerkvereniging ongeldig was en nie hulle bestaan as gemeentes van die
NGKA geraak het nie. Uiteindelik was ongeveer 100 NGKA gemeentes
(76 gemeentes in die Vrystaat en 26 gemeentes in die gebied van Phororo)
nie bereid om die kerkvereniging te aanvaar nie. Verskeie pogings om die
geskille op te los, het nie geslaag nie en die streeksinode van die NGKA-
OVS het inderdaad voortgegaan om 'n vergadering op 27 September 1995
te hou.
Daama het die VGK op 26 Februarie 1996 'n aansoek gebring in die
Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling vir 'n verklarende bevel dat die
NGKA en die NGSK op 14 April 1994 regsgeldig verenig het om die VGK
te vorm; dat die NGKA gevolglik nie meer bestaan nie; dat "alle regte,
voorregte, eiendomme, bates en laste van die regspersone van die NGKA
oorgedra is na die ooreenstemmende regspersone van die VGK" en dat die
4
streeksinode NGKA-OVS wat op 27 September 1995 vergader het, oor
geen regsbevoegdheid beskik het om enige regsgeldige handelinge namens
die voormalige NGKA in die Vrystaat te verrig het nie. Die hofaansoek
was aanvanklik gerig teen 161 respondente synde die individue en
gemeentes wat betrokke was by die streeksinodesitting van 27 September
1995. Nadat 'n tussentydse interdik toegestaan is wat nie tans ter sake is
nie, is die NGKA-OVS en NGKA-Phororo op hulle versoek as verdere
respondente gevoeg. Uiteindelik was hierdie twee respondente die
enigste wat die aansoek teengestaan het. Die Hof a quo (Van Coller R)
het die aansoek met koste toegestaan en aan die betrokke twee respondente
verlofverleen om teen sy uitspraak en bevele na hierdie Hof te appelleer.
Dit is ter aanvang nodig om kortliks te verwys na d
e gebeure wat die
algemene sinode van die NGKA se besluite op sy sitting van Julie 1991
voorafgegaan het. Die NGKA is op 7 Mei 1963 gestig na die vereniging
5
van die NG Bantoekerk in Suid-Afrika met die NG Sendingkerke in die
Oranje-Vrystaat, Transvaal en Natal. Soos blyk u
t die stukke voor ons,
het die vier kerke se gemeentes, ringe en sinodes (laasgenoemde as
streeksinodes) bly voortbestaan sonder enige oordrag van bates. Hierdie
kerkvereniging was dus, soos later sal blyk, wesenlik verskillend van die
kerkvereniging wat in die huidige saak ter sprake is. In 1975 het die
algemene sinode van die NGKA besluit om hom te beywer vir eenwording
met die ander drie lede van NG Kerkfamilie naamlik die NG Kerk, die
Refbrmed Church in Africa en die NGSK. Hierdie besluit is daama telkens
herbevestig. Gedurende 1987 het die sinodes van die NGKA en NGSK 'n
gesamentlike gesprekskornmissie ("die GSK"), waarop albei verteenwoordig
was, gestig met die oog op die veren
ging van slegs hierdie twee kerke. In
sy verslag wys die GSK daarop dat die vereniging van di
twee kerke as
'n begin beskou moet word en dat die uiteindelike doelwit van beide kerke
6
die eenwording van al die NG Kerke is. Die GSK het ook aanbeveel dat die
algemene sinode van die NGKA 'n verdere belydenisskrif, naamlik die
Belydenis van Belhar, wat reeds deel gevorm het van die belydenisskrifte
van die NGSK, aanvaar. Hiervoor was 'n wysiging van art 36.1 van die
NGKA se kerkorde nodig, soos ek later sal aantoon. Tydens 'n buitengewone vergadering van die algemene sinode van die NGKA
gedurende 1990 is daar toe gepoog om eenwording met die NGSK te
bewerkstellig maar die poging is laat vaar toe dit blyk dat dit nodig was om
eers die kerkorde te wysig. Dit is gedoen by die algemene sinodesitting in
Julie
l991.
By hierdie sinodesitting is art 36.1 en 36.2 van die kerkorde eers
eenparig gewysig ten einde die algemene sinode te magtig om op sy eie, en
met 'n twee-derde meerderheid, die belydenis van die NGKA te verander.
Art 36.1 en 36.2 het voorheen as volg gelui:
7
"36.1 Die wysiging van die belydenis van die
kerk kan alleen geskied met twee-derde meerderheid en nadat elke streeksinode
afsonderlik, met 'n twee-derde
meerderheid ten gunste daarvan besluit
het; en nadat alle kerke van Nederduitse
Gerefbrmeerde Kerkverband geraadpleeg
is.
36.2 Met uitsondering van die belydenis (Art 1)
mag die Algemene Sinode die kerkorde
wysig of aanvul met 'n twee-derde
meerderheidstem."
Soos gewysig, het art 36.1 en 36.2 as volg bepaal:
"36.1 Die wysiging en uitbreiding van die
belydenis van die Kerk kan alleen geskied
met twee-derde meerderheid deur die Algemene Sinode.
Enige besware van lidmate, Ring of
Streeksinodes teen sodanige wysigings of
uitbreidings mag by wyse van Gravamina
(beswaarskrifte) en/of memoranda aan die
volgende vergadering van die Algemene
Sinode voorgel
word vir oorweging.
8
36.2 Die Algemene Sinode mag die Kerkorde wysig of aanvul met 'n twee-derde meerderheid."
Die algemene sinode het verder eenparig bes
uit om 'n nuwe artikel,
genommer art 61, in die kerkorde in te voeg wat, volgens die notule, as volg
lees :
"61 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afr
ka
mag te enige tyd met 'n twee-derde
meerderheidsbesluit van die Algemene Sinode
met een of meer van die kerke wat in Art 2
genoem word strukturee
verenig. Wanneer die
NGKA sou besluit om met 'n ander kerk ofkerke te verenig moet die besluit deur die Algemene
Sinode met 'n twee-derde meerderheidstem
sowel as twee-derde meerderheidstem van die streeksinodes geneem word. Wanneer sodanige
besluit geneem is, hou die kerk op om as NGKA
te bestaan, en gaan op in die nuwe kerk. Alle
regte, voorregte, eiendomme, bates en laste van
die regspersone van die NGKA word daarmee
oorgedra aan die ooreenstemmende regspersone
van die verenigde kerk wat uit die vereniging
ontstaan."
9
Aangesien die NGSK een van d
e kerke is wat in art 2 genoem word,
het die wysiging beteken dat 'n twee-derde meerderheidsbesluit van die
algemene sinode alleen voldoende was vir kerkverenig
ng en die stigting van
'n nuwe kerk.
Voorts het die algemene sinode art 1.1 van die kerkorde gewysig
deur die Belhar Belydenis by die belydenisskrifte te voeg en daama die
volgende besluit geneem:
"1.1.34 Die Sinode besluit dat wanneer hy in
uitvoering van sy besluit om struktureel
met die NGSK in SA te verenig wettiglik
saam met die ver
eenwoordigers van die
NGSK tot 'n stigtingsinode gekonstitueer
is, die Algemene Sinode van die NGKA
kragtens art 61 van sy Kerkorde as
regspersoon sal ophou om te bestaan en te
ontbind, en dra al sy regte, voorregte,
eiendomme, bates, laste en verpligtinge,
niks uitgesonder nie, oor aan die
Algemene Sinode van die verenigde kerk wat uit die vereniging van die NGKA en
10
NGSK in SA ontstaan."
Volgens hierdie besluit ontbind die algemene sinode en dra sy bates
ens aan die algemene sinode van die nuwe kerk oor op die tydstip wanneer
die stigtingsinode wettiglik gekonstitueer is. Die algemene sinode was
klaarblyklik van mening dat hy nie by magte was om soortgelyke
ontbindingsbesluite ten opsigte van streeksinodes, ringe en kerkrade te neem
nie, of anders gestel, dat sy ontbindingsbesluit nie daardie liggame kon bind
nie. Daarom is drie verdere besluite geneem ten opsigte van die
streeksinodes, ringe
en
kerkrade. Inbesluite 1.1.35 en 1.1.36 word
aan
die
streeksinodes en ringe onderskeidelik opgedra om self ontbindingsbesluite
soortgelyk aan di
van die algemene sinode te neem. In besluit 1.1.37 word aan alle gemeentes opgedra om self stappe te neem vir die voortsetting van
die gemeente "as regspersoon met 'n nuwe identiteit". Geen sodanige
11
ontbindingsbesluite of
stappe is ooit deur die streeksinodes van die NGKA-
OVS of NGKA-Phororo of enige van die 102 gemeentes waarna
hierbo
verwys is, geneem nie.
Soos ek reeds gemeld het, het die algemene sinodes van die NGKA
en die NGSK op 14 April 1994 'n gesamentlike stigtingsinode gehou.
Volgens die betoog namens die VGK het die konstituering van die
vergadering die laaste twee sinne van art 61 in werking gestel en is 'n nuwe
kerk, die VGK, gestig.
Die eerste vraag wat ontstaan is of
die NGKA se algemene sinode by
magte was om art 61, wat o a aan hom die bevoegdheid verleen het om 'n
nuwe kerk te stig met die oordrag van alle bates van die NGKA se
regspersone aan die nuwe kerk, in die kerkorde te voeg. By die oorweging van hierdie vraag moet nie uit die oog verloor word nie dat
art
6
l nie aan
die algemene sinode die bevoegdheid verleen om sonder meer te ontbind
12
nie. Die bevoegdheid in art 61 is om te besluit om te verenig met 'n ander
kerk en wanneer die besluit geneem is, hou die NGKA op om te bestaan. Ingevolge die artikel volg ontbinding outomaties op die besluit
om te
verenig en is dit insidenteel tot die besluit om te verenig.
Namens die VGK is betoog dat die algemene sinode wel by magte
was om art 61 in te voeg uit hoofde van die wysigingsbevoegdheid wat aan
hom verleen is in art 36 van die kerkorde soos dit gelees het voor en na die
wysiging van laasgemelde artikel. Daar is verder betoog dat volgens 'n
juiste uitleg van die kerkorde die algemene sinode in elk geval, selfs sonder
art 61, die inherente of stilswygende bevoegdheid gehad het om sy gemelde
besluit tot kerkvereniging te neem.
Omdat art 36 in
sy konteks gelees moet word, is dit gerieflik om die
twee beto
grotendeels saam te behandel. Eerstens wys ek daarop dat
ons howe al meermale beslis het dat die NG Kerke vrywillige of
13
onderlinge verenigings is waarvan die lede kontraktueel gebind word deur
die betrokke kerkordes. Sien
De Vos
v
Die Ringskommissie van die Ring
van die NG Kerk, Bloemfontein, and
Another
1952 (2) SA 83
(0) op 93
F-H en die sake daar aangehaal;
Theron en Andere
v
Ring van Wellington
van die NG Sertdingkerk in Suid-Afrika en Andere
1976 (2) SA 1
(A) en
Du Preez en Andere
v
Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur
1994 (2) SA 191
(WPA) op 194. (In 'n ongepubliseerde proefskrif van
Pienaar,
Die Gemeenregtelike Regspersoon in die Suid-Afrikaanse
Privaatreg,
op 299 word die standpunt ingeneem dat lede nie kontraktueel
nie maar ingevolge wat genoem word interne verbandsreg gebonde is. Dit
kom vir huidige doeleindes op dieselfde neer.) Dit is ook nie nodig om
te beslis of die NGKA 'n regspersoon is of nie aangesien dit nie die
vertolking van die kerkorde raak nie (cf die
De V
os-saak,
supra,
op 93 H,
en
Wilken
v
Brebner and Others
1935 AD 176
op 180 en 188). Soos
14
ek later sal aantoon, is die plaaslike gemeentes van die NGKA wel
regspersone.
Die eksemplaar van die kerkorde wat voor ons geplaas is, bevat die
artikels van die algemene sinode van die NGKA sowel as die bepalings en
reglemente van die streeksinode van die NGKA-OVS. Beide is bindend
op die lede van die NGKA-OVS. Die advokate het ons meegedeel dat die
bepalings en reglemente wesenlik dieselfde is as di
van die NGKA-
Phororo.
Vir 'n behoorlike uitleg van die kerkorde is dit nodig om die woorde
daarvan te oorweeg met inagneming van die aard en opset van die kerkorde,
en ook na die samehang van die woorde in die kerkorde as geheel (Swart en
'n
Ander
v Cape
Fabrix
(Pty) Ltd 1979 (1)SA 195 (A)op 202 C).
Die sg bre
kontekstuele agtergrond sluit ook in wat genoem word die
matriks van
feite waarindiekerkorde geset is. Lord
Wilberforce het
15
dit
as volg gestel in Prenn v Simmonds
[1971] 3 All ER
237
(HL) (op
239 j):
"The time has long passed when agreements, even those under seal, were isolated from the matrix of facts in which they were set
and interpreted purely on internal
linguistic considerations ... We must enquire beyond
the language and see what the circumstances were with
reference to which the words were used, and the object,
appearing from those circumstances, which the person
using them had in view."
Later in the uitspraak het Lord Wilberforce die volgende beperking
geplaas op die bewysmateriaal wat gebruik kan word (op 241 f-g):
"In my opinion, then, evidence of
negotiations, or of
the
parties' intentions, ... ought not to be rece
ved, and
evidence should be restricted to evidence of
the factual
background known to the parties at or before the date of
the contract, including evidence of the 'genesis' and
objectively the 'aim' of
the transaction."
Hierdie beperking word ook in die uitsprake van ons howe erken. In
Delmas
Milling
Co Ltd v Du Plessis
1955 (3) SA 447
(A) op 454 G het
16
Schreiner AR toelaatbare omstandigheidsgetuienis beskryfas
"matters that were probably present to the minds
of the parties when they contracted (but not
actual negotiations and similar statements)."
Sien ook Cinema
City
(Pty) Ltd v Morgenstern Family Estates (Pty) Ltd
and Others
1980 (1) SA 796
(A) op 803 G - 805 H.
Wat
betref
die bre
kontekstuele agtergrond waarteen
die
kerkorde
vertolk moet word, is die belangrikste feit sekerlik, soos blyk uit die
be
digde verklaring van Prof Strauss, dat dit voorsiening maak vir 'n
gereformeerde of presbiteriale stelsel van kerkregering. Dit is in
teenstelling met ander stelsels van kerkregering soos die Roomse, die
episkopaalse of die kollegialistiese stelsels van kerkregering. (Geldenhuys,
Die regsposisie van die Kerkraad,Ring en Sinode soos toegepas in die
Gefedereerde Ned Ger Kerke in Suid-Afrika 25-34; Kleynhans,
Gereformeerde Kerkreg, Vol 1 64-90 en Pienaar, op cit 255-267). Al
17
drie hierdie skrywers noem as een van die hoofkenmerke van die
gereformeerde stelsel dat elke plaaslike gemeente die sigbare openbarring en
organisasie
van
die kerk en dus op sigself volledig
kerk
is. Die
plaaslike
gelowiges self vorm die kerk en daarom is die gereformeerde kerk uit sy
aard 'n belydenis-kerk (Geldenhuys op cit 33). Kerkverband tussen
kerke wat nie dieselfde belydenis het nie of wat dieselfde belydenisskrifte
verskillend vertolk en kerkregtelik verskillend georganiseer is, is nie
moontlik nie, aangesien eenheid in belydenis die samebindende faktor by
kerkverband is (Pienaar op cit 268-269). Alhoewel kerkverband met
ander gemeentes noodsaaklik is, kan 'n losstaande gemeente nie verhinder
word om hom 'n gereformeerde gemeente te noem nie. (Pienaar op cit
269, Geldenhuys op cit 142-146, Kleynhans, op cit vol 3 op 8).
Meerdere vergaderings nl die ringe, streeksinodes en algemene sinodes is,
soos ek later sal aantoon, tydelik van aard en raak nie die selfstandigheid
18
van die plaaslike gemeente ofkerk nie.
Dat die NGKA die verband of verbintenis tussen afsonderlike
plaaslike gemeentes is, blyk duidelik uit art 3.1 van die kerkorde wat soos
volg lui:
"3.1 Die Nederduitse Gereformeerde kerk in Afrika is
die verband van alle plaaslike gemeentes wat
bogenoemde belydenis en hierdie kerkorde aanvaar en wat in die toekoms deur die
kerkverband as gemeentes erken word."
Die belydenis waama hier verwys word, word uiteengesit in art 1, wat voor
die sitting van die algemene sinode in Julie 1991 soos volg gelees het:
"Artikel 1
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika is gebou
op die fbndament Jesus Christus, gegrond op die Bybel,
die heilige en onfeilbare Woord van God. Die leer wat
die kerk in ooreensternming met Gods Woord bely,
staan uitgedruk in:
1.1 Die Formuliere van Enigheid soos vasgestel op
die Sinode van Dordrecht in 1618-1619, naaml
k
19
die Nederlandse Geloofsbelydenis, die
Heidelbergse Kategismus, die vyf Dordtse Leerre
ls en 1.2 Die ekumeniese belydenisse, naamlik die
Apostoliese Geloofsbelydenis, die Belydenis van
Nicea en die Belydenis van Athanasius."
Die woorde "en die Belhar Belydenis"
s, soos reeds geme
d, deur
die algemene sinode by sy sitting gedurende Julie 1991 ingevoeg aan die
einde van art 1.1.
Volgens die woordomskrywing in hoofstuk 4 van die kerkorde is 'n
gemeente "die kerk van Christus op 'n bepaalde plek" en bestaan dit uit
gemeentelede en ampsdraers. "Kerk" word omskryf as die vergadering van
gelowiges wat, hoewel oor die hele w
reld versprei, tot openbaring kom in
die plaashke gemeentes. In die woordomskrywing word b
gevoeg dat die
verskillende plaaslike gemeentes verplig is om met mekaar in kerkverband
te tree.
20
Ons howe het tot dusver gemeentes van verskillende denominasies
konsekwent as regspersone beskou. Uit die kerkorde is dit duidelik dat
dit ook die geval is met elke plaaslike gemeente van die NGKA. As
regspersoon is die gemeente die wettige eienaar van sy goedere,
eiendomme en fondse. (Venter
en
Andere v Den Kerkeraad der
Gereformeerde
Kerk te Bethulie
1879 OVS 4
op
6; Prinsloo
and Others
v Ned. Herv. of
Geref Church
1889 SAR 220; Peach and Co v The
Jewish
Congregation of Johannesburg
1894 SAR 345; Dutch
Reformed
Church, Van Wijk's Vlei v Registrar of
Deeds
1918 CPD 375
op 377-8 en
Ex
parte Congregation
of
the Apostolic Church
1968 (3) SA
377
(W).)
Art 17 van die kerkorde maak voorsiening vir vier organe of
vergaderings van die NGKA naamlik die kerkraad, ring, streeksinode en
algemene sinode. Aan hierdie vergaderings word, vo
gens art 18, maar
21
onderhewig aan bepaling 78, die opsig oor, die regering van en die tug in
die kerk toevertrou. Volgens art 20 word die opsig en tug oor die
gemeente en die regering daarvan aan die kerkraad soos saamgestel uit
leraars of evangeliste, ouderlinge en diakens toevertrou. Die kerkraad is die
bestuursorgaan van die plaaslike gemeente, dit verteenwoordig die plaaslike
gemeente en neem besluite namens die gemeente. Dit dien reeds as die
eerste vorm van kerkverband (Kleynhans op cit vol 3 op 42). Bepaling
78 van die kerkorde lees as volg :
"
Bepaling
78
Die kerklike vergaderinge bepaal hulle werksaamhede
binne die grense van hulle bevoegdheid, sodat hulle niks
behandel wat uitsluitlik tot die bevoegdheid van 'n
ander kerkvergadering behoort nie."
Hierdie bepaling het sy oorsprong in art 30 van die Dordtse Leerre
ls
van 1618-1619 van die Gerefbrmeerde Kerke in Nederland na die
22
hervorming, wat as volg gelees het:
"In meerdere vergaderingen zal men niet handelen, dan
hetgeen dat in mindere niet heeft
afgehandeld kunnen
worden, ofdat tot de kerken der meerdere vergadering
in het gemeen behoort."
Bepaling 78 erken dus die selfstandigheid van die kerkraad deur aan die
ander kerkvergaderings 'n beperking op te l
ten einde te verhinder dat hulle
hul met sake wat van plaaslike aard is, en aan die kerkraad toevertrou is,
bemoei. Die kerkraad het dus eksklusiewe seggenskap oor die vele sake
wat die kerkorde aan hom opdra. Een daarvan is om namens die gemeente
met laasgenoemde se eiendomme te handel.
Die regering oor die geheel van saamverbonde kerke of gemeentes
word aan die meerdere vergaderings toevertrou. Gemeentes word deur
die streeksinodes in ringe gegroepeer. Die ring word saamgestel uit alle
leraars van gemeentes binne die ring se gebied en een ouderling of evangelis
23
of diaken uit elke gemeente. In die gemeentes waar meer as een leraar is,
dien een ouderling of evangelis of diaken per leraar op die ring. Tot die
werksaamhede van die ring behoort o a die stigting en ontbinding van
gemeentes (art 25.4). Die streeksinode word saamgestel uit alle leraars
binne sy gebied, saam met een ouderling ens soos die geval is met die ring.
Voorsiening word ook gemaak vir ander persone om in adviserende
hoedanigheid sitting te h
op die streeksinode. Art 30 bepaal dat die
streeksinode volle seggenskap oor sy eiendomme, finansies en
werksaamhede behou wat hy "voor vereniging gehad het ofdaarna verwerf
behalwe die wat volgens hierdie kerkorde aan die Algemene Sinode
oorgedra is of
sal word ..." Die "vereniging" waarna verwys word, is die
vereniging op 7 Mei 1963 soos hierbo gemeld. Art 29 omskryf die taak en
bevoegdhede van die streeksinode en hiertoe behoort, volgens art 29.2 "die
behartiging van alles wat die plaaslike kerke in die gebied in gemeen het,
24
met uitsondering van die sake wat by die Algemene Sinode tuishoort".
Die algemene sinode word saamgestel uit vier lede van elke
streeksinode en een leraar plus een ouderling of evangelis of diaken uit elke
ring binne die gebied van die samestellende streeksinodes. Daarbenewens
word sitting in 'n adviserende hoedanigheid verleen aan een
verteenwoordiger elk van die ander drie kerke in
die N G Kerkfamilie en
sekere ander persone (art 32).
Uit bogemelde bepalings blyk dit dat terwyl alle gemeentes direk
verteenwoordig is op die ringe en streeksinode, slegs sommige gemeentes
indirek deur die ringe en streeksinodes waaronder hulle sorteer op die
algemene sinode verteenwoordig word. Geen gemeente het 'n direkte verkose verteenwoordiger by die algemene sinode nie. Die algemene
sinode is verder, anders as die kerkraad, bloot tydelik van aard en is geen
permanente bestuursliggaam nie. Sy bevoegdheid eindig met die
25
uiteengaan van die
vergadering. Die algemene sinode is nie by magte om
'n besluit te neem in stryd met die kerkorde nie. (Geldenhuys op cit 251-
252, Pienaar op cit 295.) Tussen sinodesitting handel kommissies met
omskrewe funksies. Die motief agter die besluit, hoe lofwaardig ook al,
is irrelevant. Die volgende dictum van hierdie Hof in die saak van
Minister of
the
Interior and
Another
v Harris and Others
1952 (4) SA 769
(A) op 793 A-B geld ook vir die algemene sinode :
"If an Act is beyond the competence of a legislative
body, its motives are irrelevant, whether they be ethical,
legal or political."
Die algemene sinode is verder nie by magte om 'n bepaling in die kerkorde
te wysig ten einde 'n doel te bereik wat buite sy magte is nie. In Collins
v Minister of
the
Interior and
Another
1957 (1) SA 552
(A) het Schreiner
AR op 574 die volgende in hierdie verband ges
(op 574 E-F):
"In general the parts of a scheme take their character
26
from the whole. A scheme to defraud is an obvious
example. Another is a scheme to get round a legislative
obstacle."
Art 34 van die kerkorde omskryf die werksaamhede en bevoegdhede
van die algemene sinode. Daaronder val onder andere die behartiging van
die ekumeniese belange van die kerk (art 34.1); die administrasie van en
beskikking oor eie fondse en eiendomme (art 34.2); die bepaling van die
beleid wat gevolg moet word in verband met die werksaamhede wat deur die
streeksinodes behartig word (art 34.3); die behandeling van alle sake wat
deur die streeksinodes na hom verwys is en die beslissing oor tugsake wat
die leer van die kerk raak (art 34.4). Art 34(5) sluit die volgende in onder
die algemene sinode se werksaamhede :
"34.5 die aanwysing van die Bybelvertaling(s) wat
amptelik gebruik moet word, die vasstelling en vertaling
van die belydenisskrifte van die kerk, die kerkorde, die liturgiese formuliere en gebruike, die sangbundel en die
orde van die erediens."
27
Ek behandel later die juiste betekenis van hierdie sub-artike
.
Teen hierdie agtergrond kan die wysigings van die kerkorde deur, en
die besluite van die 1991 algemene sinode nou oorweeg word. Eerstens is
daar art 36. Voor die wysiging het art 36 van die kerkorde bepaal dat die
algemene sinode, met die uitsondering van die belydenis, die kerkorde kon
wysig of aanvul met 'n twee-derde meerderheidstem. Vir die wysiging
van die belydenis moes, soos ek reeds ges
het, elke streeksinode ook
afsonderlik met 'n twee-derde meerderheid ten gunste daarvan besluit.
Die beginsel wat hier gestel was, was dat elke gemeente van die kerk, deur
sy verteenwoordigers in die streeksinode, inspraak in 'n moontlike
wysiging van die belydenis moes h
. Ten opsigte van die belydenis, wat
deur Kleynhans, op cit vol 3 op 154 as die grondslag en beleid van die
kerk by uitnemendheid, beskryf word, was daar dus 'n beperking met
betrekking tot die bevoegdheid van die algemene sinode in die kerkorde
28
ingebou. Na my mening was die belydenis verskans in art 36 en die
algemene sinode was nie by magte om die verskansing te omseil deur 'n
eensydige wysiging van art 36 nie.
Wat betref die reg van die algemene sinode om ingevolge art 36.2
wysigings in die kerkorde aan te bring, moet verder gelet word op die
algemene beginsel wat Lord Tomlin in Hole v Garnsey
1930 AC 472
(HL) op 500 gestel het dat die bevoegdheid van 'n vrywilhge vereniging
om sy grondwet te wysig, beperk moet word tot wysigings wat
redelikerwys geag kan word binne die beskouing en bedoeling van die
partye was tydens die sluiting van die kontrak, inagnemend die aard en al die
omstandighede van die kontrak. In Swanepoel v OVS Nederduitse
Gereformeerde Kerk
1949 (4) SA 919
(O) het De Beer RP met
goedkenring na hierdie beginsel verwys maar in 'n vroe
re beslissing,
waarna nie in die Swanepoel-saak verwys is nie, Fairham v Cape
Town
29
Mutual
Aid Fund
1949 (1)SA 925 (C), was Ogilvie Thompson
Wnd R
nie bereid om die beginsel deur Lord Tomlin gestel, sonder kwalifikasie
te aanvaar nie. Op 928 het die geleerde regter ges
dat die beginsel
oorweeg moet word saam met 'n ander beginsel naamlik dat die hof
normaalweg me sal inmeng met dit wat te goeie trou gedoen word tot
voordeel van die betrokke vrywillige vereniging nie. Dit is nie nodig vir
huidige doeleindes om te oorweeg of
hierdie kwalifikasie geregverdig is nie.
Na my mening is dit duidelik dat by die invoegjng van art 61 die
algemene sinode die wysigingsbevoegdheid in art 36 gebruik het om 'n
resultaat te bereik wat nie alleen nooit bedoel kon gewees het nie, maar ook
strydig is met die hele oogmerk van die wysigingsbevoegdheid in art 36.
As deel van die bre
kontekstuele agtergrond kan verder aanvaar
word dat die waarskynlike bedoeling agter die kerkorde was dat die NGKA
vir altyd sou bestaan. So het Hoofregter Wessels in Wilken v Brebner
30 and
Others, supra, op 184, die volgende ges
:
"In the case of
a universitas or
collegium
, a church or
hospital, or what the German jurists call a 'stifftung', the intention is that the association shall continue for
ever and that it shall carry out the purposes of its
founder or founders."
Ek kan my kwalik voorstel dat toe die NGKA in 1963 gestig is, die
opstellers van die kerkorde iets anders in gedagte gehad het as dat die
NGKA vir altyd sou bestaan. Die getuienis was dat die gedagte van
kerkvereniging eers in 1975 ontstaan het. Dit is vir hierdie rede, meen ek,
dat geen uitdruklike voorsiening in die kerkorde gemaak is vir die ontbinding
van die NGKA of vir kerkvereniging nie. Die basis van die
wysigingsbevoegdheid in art 36.2 was dus die veronderstelling dat die
NGKA bly voortbestaan. Dit was gemik op die voortsetting, verbetering
en aanpassing van die kerkorde soos omstandighede van tyd tot tyd dit sou
vereis. Die invoeging van art 61, daarenteen, was daarop gemik om die
31
fundamentele doelstelling van die NGKA ongedaan te maak en het tot
gevolg gebad die stigting van 'n nuwe kerk, die ontbinding van die NGKA
en die bee
ndiging van die NGKA se kerkorde. Dit was n
e die
bedoeling agter art 36 nie en ook nie sy funksie nie. Na my mening was
die invoeging van art
6
l gevolglik
nie 'n wysiging
binne die betekenis van
art 36 nie en het die algemene sinode buite sy bevoegdheid gehandel toe hy
die artikel ingevoeg
het. Vgl Murray v
S A
Tattersall's
Subscription
Rooms
1910 WLD 35
op 41. Op
gesag
van
die
beslissing
in
Kahn
v Louw
NO
and Another
1951 (2) SA 194
(C) op 211 E-F is namens die
VGK aangevoer dat die bevoegdheid om die konstitusie van 'n vrywillige
vereniging te wysig die bevoegdheid insluit om die vereniging te ontbind.
Ek is nie oortuig dat so 'n algemene beginsel inderdaad bestaan nie; maar, selfs al sou dit die geval wees, gaan art 61 veel verder
as die ontbinding
van die NGKA Ek het reeds opgemerk dat die effek van die artikel is dat
32
ontbinding insidenteel sal wees tot 'n besluit om met 'n ander kerk te
verenig. Wanneer so 'n besluit geneem word, hou die NGKA, volgens art
61, op om as sulks te bestaan, gaan dit op in die nuwe kerk en word alle
regte, voorregte, eiendomme, bates en laste van die regspersone daarin
oorgedra aan die ooreenstemmende regspersone in die nuwe kerk.
Wesenlik kom dit daarop neer dat elke gemeente met al sy regte, voorregte,
bates ens eenvoudig opgeneem, en sonder enige deelname aan die besluit,
in 'n nuwe verband gedwing word.
Ek behandel vervolgens die betoog namens die VGK dat op 'n
behoorlike uitleg van die kerkorde die algemene sinode selfs sonder die
invoeging van art 61 die inherente of stilswygende mag gehad het om sy
besluit tot kerkvereniging te neem. Ek het reeds hierbo verwys na die
werksaamhede wat die kerkorde aan die algemene sinode opdra sowel as na
di
liggaam se verhouding teenoor die ander mindere kerkvergaderings.
33
Dit blyk duidelik uit die kerkorde dat die algemene sinode, anders as die drie
ander
kerkvergaderings, jurisdiksie het oor die saamgebonde gemeentes en
dat die ander vergaderings hulle aan sy uitsprake en besluite moet
onderwerp (bep 75). Soos verskillende skrywers oor die onderwerp,
aangehaal deur Geldenhuys, op cit 259, uitwys, is daar egter vele sake waaroor die algemene sinode geen jurisdiksie het nie. So is
dit nie by
magte om 'n besluit oor 'n gemeente se bates te neem nie of eensydig die
gemeente se aard of identiteit te verander of
te ontbind nie. Die NGKA is, soos reeds ges
, die verband tussen die gemeentes as afsonderlike
plaaslike kerke. Daaruit volg, meen ek, dat dit nie vir die algemene
sinode is waar, soos ook reeds ges
, die gemeente nie direk
verteenwoordig is nie, om eensydig die gemeente se kerkverband te
verander nie. Meer nog, as onamanklike regspersoon besit die
gemeente sy eie eiendom en bates en regtens kan sy eiendom hom nie teen
34
sy wil ontneem word nie. Dat dit die effek is van die algemene sinode se
besluit (1.1.34), is duidelik.
Dit is al meermale deur ons howe beslis dat die algemene sinode se
inherente bevoegdheid nie die reg insluit om sonder die goedkeuring van al
sy lede, dit wil s
al die gemeentes, die kerkverband te verander en 'n ander
kerk te stig nie. In die saak van The Nederduitsch Hervormde
Congregation of Standerton v The
Nederduitsch Hervormde
or
Gereformeerde
Congregation
of
Standerton 1893 SAR 69 was die feite
kortliks as volg. In Februarie 1885 het die onderskeie algemene sinodes
van die Nederduitsche Hervormde ("NH") en die Nederduitsche
Gereformeerde (NG") Kerke, feitlik eenparig besluit om te verenig en
'n nuwe kerk te stig wat, tot daar op 'n naam ooreengekom sou word,
voorlopig bekend sou staan as die Nederduitsche Hervormde of
Gerefbrmeerde Kerk ("NH of G"). Kort daarna is die boeke van die NH
35
gemeente van Standerton aan die NH of G gemeente aldaar oorhandig en
die sleutel van die kerk met die koster gelaat wat dit namens die NH of G
gemeente ontvang het. Sekere lidmate van die NH gemeente was nie
tevrede met die kerkvereniging nie en in 1892 het 'n leraar en 'n aantal
persone in die omgewing van Trichardtsfontein as kerkraad aanspraak
gemaak op die kerkgronde en kerkgebou op Trichardtsfbntein welke
eiendom voor die kerkvereniging aan die NH gemeente van Standerton
geskenk is. Hulle het hulself steeds as die NH gemeente van Standerton
beskou en het 'n hofaksie ingestel teen die nmve NH of G gemeente waarin
hulle die kerkeiendom terugge
is het. Die aksie is gehandhaaf in die
volgende woorde van Hoofregter
Kotze op 81-82.
'It is clear that if, at the time of the completion of
the
union in 1885, there were any members of the
Nederduitsch Hervormde
congregation who did not
concur in the union, or acquiesce in it at a later date,
those members must be considered to have remained
36
hervormd, and as still constituting the Hervormde
congregation of Standerton, and therefore as being
entitled to the ownership of the piece of donated land at
Trichardsfontein with the church buildings on it. This
follows from the nature of a corporation or religious
body (Universitas), such as a church association, and
from the doctrine applicable thereto. Thus Ulpian says
(Dig. 3. 4, 7, s. 2), 'Sed
si
universitas ad unum redit,
magis admittitur posse eum convenire et conveniri,
cum jus omnium in unum reciderit, et stet nomen
universitas
. (Compare Voet, 3. 4, s. 1.)
The two separate corporations, to wit, the
Hervormde
congregation and the Gereformeerde, resolved in 1885
to terminate their existence as such, and together to
form another and new corporation or body. This could
only be brought about by the consent or acquiescence of
each individual member of the two separate
corporations. The majority, that is the General
Church Assembly, could indeed bind the minority with
reference to everything which came within the scope
and object of
the corporation or church association, for
such power is within its authority; but when the majority
attempts to dissolve and terminate the corporation or
church association, by a resolution to unite it with
another association, and so to bring another and new
corporation into being, then the majority exceeds the
limits of
its authority; it is then acting ultra vires. The
37
General Church Assembly of the Nederduitsch
Hervormde
Church cannot, by its resolutions of 1882
and 1885 to unite with the Gereformeerde Church and form a new church or corporation, compel the members
of the former church who did not wish for union, to join
in it, however desirable and praiseworthy the union
may happen to be."
Namens die VGK is betoog dat Hoofregter Kotze in die
aangehaalde passasie niks meer ges
het nie as dat die Hervormde gemeente
van Standerton bly voortbestaan het. Ek stem nie saam nie. Hoofregter
Kotze behandel in die eerste gedeelte van die aangehaalde passasie, wat
eindig met die aanhaling van Ulpianus se Digesta-teks, wel die posisie van
die gemeente, maar gaan daama veel verder. Die Digesta-teks, volgens
die Watson-vertaling, lees as volg : "But if a corporate body is reduced
to one member, it is usually conceded that he can sue and be sued, since the
rights of all have fallen to one and the corporate body continues to exist in
name only". Dat een oorblywende gemeentelid die gemeente kan vorm,
38
moet in die huidige omstandighede, in die lig van die bepalings van die
kerkorde waarvolgens die kerkraad die gesagsorgaan is wat namens die
gemeente optree, moontlik gekwalifiseer word. Dit is egter nie vir huidige
doeleindes nodig om hierdie aspek te beslis nie. Dit raak nie die res van
die aangehaalde dictum van Hoofregter Kotze nie, waar hy met die
bevoegdheid van die algemene sinode handel. Daarin verklaar hy
onomwonde dat die algemene sinode nie gemagtig is om sonder die
toestemming van alle lede (of dit nou gemeentes of gemeentelede is) tot
kerkvereniging en die stigting van 'n nuwe kerk te besluit nie. Sien verder
The Nederduitsche Hervormde Congregation of Rustenberg v The
Nederduitsche Hervormde
or Gereformeerde Congregation of
Rustenberg
12 CLJ 140
op 141 waar die feite soortgelyk was aan di
van die
Standerton-saak; Dwane v Coza
and Others
17 EDC 8
op 18; Coates
(and
Cottrell
v St
John's
Benefit
Society
23 SC 38
op 40; Solomon v The
39 Alfred
Lodge
1917 CPD
177
o
p
l80
en 184 en Cape
United Sick Fund
Society
and Others
v Forrest and
Others
1956 (4) SA 519
(A)op
528
A
waar met goedkeuring na die Standerton-saak verwys is.
n die ongepubliseerde proefskrif van Fourie, Die Nederduitse
kom hy op 293 tot die gevolgtrekking dat die bevoegdheid om sonder die
toestemming van alle lidmate twee of meer kerke te ontbind en daarna
gesamentlik 'n nuwe kerk met 'n eie naam, belydenis, kerkorde en liturgie
vir die gemeentes te stig, slegs van owerheidswe
verkry kan word. As
'n voorbeeld hiervan verwys hy na 'n private wet, Die Nederduits
Gereformeerde Kerken Verenigings Akte 23 van 1911, wat voorsiening
gemaak het vir die vereniging van die NG Kerke in die destydse vier
provinsies. Hierdie wet het spesifiek voorsiening gemaak dat vereniging
regsgeldig kon geskied met die goedkeuring van die sinodebesluite deur
40
driekwart van die onderskeie kerkrade in al vier die provinsies (art 2).
Die agterliggende beskouing was dus dat die gemeentes se goedkeuring vir
kerkeenheid noodsaaklik was. Die vereiste meerderheid kon nie verkry
word nie en eers vyftigaar later, op 12 Oktober 1962, is kerkeenheid bereik
en die NG Kerk gestig. (Vir 'n bespreking van die wet en wat daarvan
geword het, sien die artikel van Dannenbring in 1966 (vol 83) SALJ op
520.)
In Amerika het die howe dieselfde houding ingeneem oor
kerkvereniging in die presbiteriale stelsel van kerkregering. Daar word
ook meerdere kerkvergaderings aangetrefwat ooreenkom met di
by ons
en die vraag wat telkens beantwoord moes word was of die betrokke
General Assembly (wat ooreenstem met ons algemene sinode) die
bevoegdheid uit sy grondwet verkry het om tot kerkvereniging en die
stigting van 'n nuwe kerk oor te gaan. Sien die Corpus Juris Seundum
41
vol 76 para 35 op 788-789 en para 70 op 847-848; American
Jurisprudence, 2de
uitgawe, vol
66, op
763 en Ramsey v
Hicks
91 NE
344 waar die hof op die feite van daardie saak bevind het dat die
bevoegdheid tot kerkvereniging wel bestaan het.
Vir die betoog namens die VGK dat die bevoegdheid tot
kerkvereniging en die stigting van 'n nuwe kerk stilswygend inbegrepe is in
die kerkorde, is op arts 34.1 en 34.5 gesteun. Soos reeds ges
, dra art
34.1 aan die algemene sinode die behartiging van die ekumeniese belange
van die kerk op. Die naam is reeds aanduidend van wat hier bedoel word.
Ekumenies (van die Griekse oikoumene) is volgens die Woordeboek van
die Afrikaanse Taal, 2de deel op 509, die hele bewoonde aarde of
verteenwoordigende die hele Christelike kerk, veral di
op gereformeerde
grondslag. Sien ook HAT op 198. Ekumeniese belange sou dus di
wees
wat die NGKA deel met alle Christene oor die hele w
reld soos di
met
42
kerke op gereformeerde grondslag in Suid-Afrika, di
met kerke van
gereformeerde belydenis en kerkregering in die buiteland en di
met ander
kerke van algemene Protestants-Christelike belydenis (sien art 59). Sien
Kleynhans op cit vol 3 op 106 en Heyns, Die Kerk, op 175-176.
Volgens laasgenoemde is dit gewoonlik die bande met kerke van ander
konfessionele oortuigings, kerkregtelike beginsels en liturgie wat in 'n
ekumeniese verhouding gestalte vind. Hierdie sub-artikel s
gevolglik
niks meer nie as dat die NGKA nie in afsondering moet leef en werk nie
maar eerder in samewerking met ander kerke. Die sub-artikel bevat, na
my mening, geensins 'n stilswygende bevoegdheid tot eensydige
kerkvereniging en kerkstigting nie.
Laastens is daar gesteun op die bevoegdheid van die algemene sinode
in art 34.5 om die "belydenisskrifte", die kerkorde ens vas te stel. Hierdie
sub-artikel beteken sekerlik nie dat die algemene sinode die belydenis en
43
kerkorde na willekeur met 'n gewone meerderheid kan wysig nie, en die
sub-artikel moet klaarblyklik onderhewig gelees word aan art 36 wat bepaal
hoe die wysiging van die kerkorde en die belydenis moet geskied. Soos ek
reeds bevind het, het die wysigingsbevoegdheid ingevolge art 36 nie die
bevoegdheid ingesluit om art 61 in te voeg nie. Dit volg dat as art 36 nie
die invoeging van art 61 gemagtig het nie, art 34 (5) dit ook nie kon doen
nie.
Vir die redes wat ek genoem het, is ek van mening dat die algemene
sinode buite sy magte gehandel het. Die gehe
e besluit van die algemene
sinode van die NGKA op sy vergadering van Julie 1991 om met die NGSK
te verenig (besluit 1.1.33) sowel as die besluite wat daarmee in verband
staan (besluite 1.1.34 tot 1.1.38) was gevolglik ultra vires en ongeldig.
Daarbenewens was die wysiging van art 36, soos ek reeds bevind het, ook
ongeldig.
44
Dit volg dat die Hof a quo verkeerdelik verklaar het dat die NGKA
nie meer bestaan nie, dat alle regte ens van die regspersone van die NGKA
oorgedra is aan die ooreenstemmende regspersone van die VGK en dat die
streeksinode NGKAOVS geen regsbevoegdheid meer besit nie. Wat
betref die Hof
a
quo se verklarende bevel dat die VGK regsgeldig gestig
is op 14 April 1994, is die geldigheid van die gebeure van daardie dag en
hoe dit geraak word deur die ongeldige besluite van die NGKA se algemene
sinode van Julie 1991, nooit in die stukke voor die Hof behoorlik
aangespreek en ondersoek nie. Daar was slegs terloopse verwysings na die
gebeure van daardie dag. Die notule van die stigtingsvergadering was nie
voor die Verhoorhof geplaas nie. Die NGSK was nie 'n party tot die
huidige saak nie. Alhoewel dit nie voor ons betoog is dat die VGK nie
regsgeldig tot stand gekom het nie en die NGKA-OVS en NGKA-Phororo
beide erken dat die VGK regsgeldig bestaan, was 'n verklarende bevel dat
45
die VGK regsgeldig gestig is, gevolglik nie geregverdig nie.
Die volgende bevel word gemaak -
1.
Die app
l slaag met koste wat die koste van twee
advokate op verhoor maar nie ten opsigte van die
argumentshoofde nie, insluit.
2.
Die bevel van die Hof a quo word vervang met die
volgende
bevel -
(a)
Die tussentydse interdik gedateer 22 Maart
1996 word ter syde gestel;
(b)
Die aansoek word afgewys met koste wat
die koste van twee advokate insluit.
W VIVIER AR
Hefer AR) Zulman AR)
Streicher AR) Stem saam.
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
DIE
HOOGSTE HOF VAN APP
L
VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 536/96
In die saak tussen :
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN AFRIKA (OVS)
Eerste Appelant
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN AFRIKA (PHORORO)
Tweede Appellant
- en -
VERENIGENDE GEREFORMEERDE KERK
IN SUIDER-AFRIKA
Respondent
Coram: Hefer, Vivier, Harms, Zulman et Streicher ARR.
Verboor: 6 November 1998 Gelewer: 27 November 1998
UITSPRAAK
HARMS AR/
2
HARMS
AR:
Kerkvereniging lei dikwels tot kerkskeuring. Ten spyte van die
geloof in een kerk soos uitgedruk in die ekumeniese belydenisse, is strukturele
eenheid in die Christelike kerk na tweeduisend jaar nie bereik nie. Oor die basis
van die geloof gaan dit gewoonlik nie maar oor die interpretasie en uitlewing
daarvan. Selfs binne dieselfde kerkverband bestaan verskille, bv ten aansien van die uileg en toepassing van belydenisskrifte. Eensgesindheid
binne dieselfde kerk
is ook nie juis volop nie. Dit leer die geskiedenis en illustreer die huidige saak.
Sonder om afbreuk te wil doen aan die uitspraak van Vivier AR,
waarmee ek dit eens is, vind ek dit tog dienstig om enkele aspekte, al is dit by
wyse van herhaling, vanuit 'n effe ander oogpunt te belig.
Geloofskwessies is nie vir geregshowe bedoel nie, maar as
instansies soos kerke hulle tot die burgerlike gereg wend, moet algemene
burgerlike beginsels aangewend word ter oplossing van die geskil. "Vgl De Vos v
3 Die
Ringskommissie van die Ring
van
die NG
Kerk,Bloemfontein,
and Another
1952 (2) SA 83
(O) 94. Tradisioneel word beginsels wat by ander vrywillige
verenigings geld, aangewend. Kontrakbeginsels geld, ook die re
ls van uitleg wat
van meer algemene aard is. Van besondere belang is die ultra vires-leerstuk want
as 'n kerkorgaan buite sy bevoegdheid handel, is 'n burgerlike hof verplig om die
handeling tersyde te stel, en is teologiese, kerklike (of ekklesiastiese), politieke (in
wyere sin) en praktiese oorwegings onsaaklik.
In Wilken v Brebner and Others
1935 AD 175
het Stratford AR, ten
opsigte van 'n politieke party, die benadering soos volg opgesom (op 187):
"And so we can phrase the present enquiry. What are the contractual rights of the individual members of this party? At
whose disposal were the funds of the party? What was the original
trust? . . . The agreement, the trust deed, the constitution, of this
party, whatever one may wish to call it, is in writing and we have
only to solve the questions submitted to us by ascertaining the meaning of a written document according to the well-established
rules of construction. And applying these rules it is relevant to have
regard to the general nature of the party, that is, to its aims and
4
aspirations. This is a political party having practical objects."
Hierdie aanhaling, met die nodige aanpassing, beheers die
onderhawige app
l. Vgl ook Cape United
Sick Fund
Society and Others v Forrest and
Others
1956 (4) SA 519
(A) 527 in
fine
- 528A. Stratford AR het
voortgegaan en verwys na die bekende General Assembly of
Free Church
of Scotland
v Lord Overtoun
[1904] AC 515
(HL) waar die bevoegheid van kerke
om saam te smelt o a aan die hand van 'n "inference from historical sequence of
events" beoordeel is. Vir doeleindes van sy uitspraak het hy na 'n
minderheidsbevinding op die feite verwys, maar die meerderheidsuitgangspunt -
soos Beyers AR uitgewys het (op 195) - was dat "the bond of union of a Christian
association may contain a power in some recognised body to control, alter, or
modify the tenets or principles at one time professed by the association; but the
existence of
such a power must be proved." Die kernvraag is of die VGK hierdie
5 bewyslas gekwyt het.
Deels is die VGK se advokate se betoog gebaseer op 'n
oorvereenvoudigde siening van wat die "kerk" is. Die woord "kerk" het meerdere
betekenisse (vgl 66
American
Jurisprudence, 2
e
uitgawe bl 756 - 757), soos ook
uit die kerkorde van die NGKA blyk. Dat "kerk" nie sinoniem is met die
Algemene Sinode nie, staan vas. "Sinode" is in gewone betekenis 'n algemene
kerkvergadering waar gemeentes mekaar ontmoet en het oorspronklik beteken die
ontmoetingspunt van twee of
meer paaie (HAT sv "sinode" wat tegelyk ook 'n kort
omskrywing van die verskillende soorte kerkregerings bevat en wat beweer dat
gereformeerdes volgens die presbiteriale stelsel geregeer word, iets wat die VGK
se advokate nie wil h
ons moet lees nie.) Die Algemene Sinode
"verteenwoordig" ook nie in alle opsigte die "kerk" nie. Sodra dit besef word,
word die algemene bevoegdhede van die Algemene Sinode in verband geplaas.
Aangesien die Formuliere van Enigheid by wyse van verwysing by
6
die kerkorde ingelyf is (art 1), vorm dit deel van die sg kontrak wat die NGKA
beheers en is die VGK se advokate se verset teen 'n venvysing daama of die
historiese konteks onverstaanbaar en nit die aard van hierdie saak te betrenr. Dat
die NGKA 'n gerefbrmeerde kerk is, s
sy naam en sy kerkorde. 'n Gereformeerde
kerk is een volgens - ten minste naastenby - die Calvinistiese tradisie (HAT sv
"gereformeer(d)"). Dit behels, o a, 'n regering deur presbiters, oftewel ouderlinge.
Vgl Ramsey v Hicks
91 NE 344
, 'n uitspraak van die Supreme Court of
ndiana.
Die leraar is ook maar 'n ouderling, hoewel lerend, terwyl die ander as regerend
omskryf word (art 4.1 van die kerkorde). Daarom oefen die leraar en die
ouderlinge die regering oor die gemeente uit (art 7.6 en 14.2). Demokraties is die
stelsel nie omdat in veral die bre
re NG kerkverband lidmate nie stemreg het nie,
selfs nie by die verkiesing van ouderlinge nie. Tog word die gemeente deur die
kerkraad regeer. Die bevoegdheid tot ontbinding van 'n gemeente of ter
verandering van die kerkverband berus egter nie by die kerkraad nie (vgl Du Preez
7
en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur
1994 (2) SA 191
(W). Dit beteken egter nie dat gereformeerde kerke kollegialisties is nie - elke
gemeente is nie 'n onafhanklike organisasie nie, "governed solely within itself,
either by a majority of its members or by such other local organism as it may have
instituted for the purpose of ecclesiastical govemment" (66 American
Jurisprudence, 2
e
uitgawe p 758).
Ook op die vlak van die Algemene Sinode geld eenvoudige
meerderheidsregering nie. "Regte" is verskans. Wat die "belydenis van die kerk"
betref, kan dit ooreenkomstig art 36.1 in sy oorspronklike vorm alleen gewysig
word mits aan drie formele vereistes voldoen is, nl (i) raadpleging van alle kerke
van die NG Kerkverband, (ii) 'n twee-derde meerderheidstem ten gunste van die
verandering deur elke streeksinode afsonderlik en eers daama (iii) 'n twee-derde
meerderheidstem van die Algemene Sinode. Grondwette en kerkordes verskans
regte van minderhede deur middel van selfopgelegde formaliteite. Andersins is
8
'n minderheid aan die sg tirannie van die meerderheid uitgelewer. Nie dat die
meerderheid nie ook aan die tirannie van die minderheid onderwerp word nie,
maar daar bestaan geen ander wyse om regte te verskans as deur middel van
formaliteite nie. Vanwe
die oogmerk van verskansing moet effek aan daardie
oogmerk gegee word en is beginsels wat hulle oorsprong in die konstitusionele reg
van 'n parlement met sg absolute mag het, nie toepaslik nie. Om te bepaal of art
36.1
teen wysiging deur art art 36.2 verskans is, vra mens die kemvraag, nl wat
die oogmerk van die verskansing in art 36.1 was. Omdat die bestaansreg van die
NGKA in sy belydenis te vinde is, moet aanvaar word dat die partye by die
aanvaarding van die kerkorde buitengewone gewig aan die relatiewe
onaantasbaarheid van die belydenis wou gee, veral gedagtig daaraan dat die
Formuliere van Enigheid sedert 1619 nie verander is nie en die ekumeniese
belydenisse na die beginjare van die Christelike kerk terugdateer. As art 36.1 en
36.2
as 'n eenheid gelees word, kan daar geen twyfel oor die aangeleentheid wees
36.1
9 nie.
Die vereiste van vooraf konsultasie met ander kerke in die NG
Kerkverband moet geweeg word aan die hand van die feit dat volgens die
voorwoord van die kerkorde die NGKA met die goedkeuring van die NG Kerke
gestig is en dat ooreenkomstig art 2 die NGKA homself as "een" ag met daardie
kerke. Die inspraak wat die streeksinodes in die aangeleentheid het, beteken in
effek dat twee-derdes van alle gemeentes vooraf moet toestem tot die voorgestelde
wysiging. Vgl bv Stellenbosch Municipality v Director of Valuations and Others
1993 (1) SA 1
(C) en Mulaudzi and Others v Chairman, Implementation
Committee, and Others
1995 (1) SA 513
(V).
In hierdie opsig toon die
Amerikaanse grondwet 'n mcrkwaardige ooreenkoms met die kerkorde, iets wat
volgens Ramsey v Hicks histories verklaarbaar is. Die Amerikaanse grondwet is
opgestel tydens die eerste Algemene Sinode van die Presbiteriaanse Kerk, beide
in Philadelphia; ook word beweer dat Alexander Hamilton die kerkorde
10
byderhand gehou het toe hy aan die grondwet gewerk het.
Indien die ingevoerde artikel 61 uit 'n suiwer privaatregtelike of
materialistiese hoek beskou word, is die onm
ddelike vraag waar die Algemene
Sinode die bevoegdheid verkry het om te beskik oor die voortgesette
regspersoonlikheid en bates van gemeentes. Vgl Cassim v
Molife
1908 TS 748
op veral 755. As 'n vereniging van regspersone die bevoegdheid het om sy
konstitusie te wysig, sluit dit by noodwendige implikasie in dat die vereniging die
pas gemelde beskikkingsbevoegdlieid het? As die vraag in die konteks van, s
, 'n
professionele of sportvereniging gevra word, is die antwoord 'n klaarblyklike nee.
Byvoorbeeld, as 'n provinsiale tennisvereniging 'n blote wysigingsbevoegheid van
sy grondwet het, kan hy hom tog nie die reg toe
ien om oor die bates van elke
klub wat by hom geaffilieer is, te beskik nie. By 'n kerk met 'n samestelling soos
die NGKA kan dit nie anders wees. Die Algemene Sinode kon dus nie by wyse
van 'n wysiging aan die kerkorde beskik oor die regspersoonlikheid, voortbestaan,
11
bates of laste van enige mindere vergadering nie. En omdat art 61 klaarblyklik
ondeelbaar is, maak hierdie wesenlike nietigheid die hele klousule ongeldig.
Na aanleiding van Stratford AR se verwysing na Free Church, is
aan die hand gedoen dat die pas gemelde gevolgtrekking nie te versoene sou wees
met die implisiete oogmerk van 'n kerk om uit te brei, te ontwikkel en te groei nie.
Met uitbreiding, groei en ontwikkeling van die NGKA self het art 61 niks te doen
nie, wel met die opheffing van sy en sy samestellende vergaderings se
voortbestaan. Die feit dat die VGK se aansoek afgewys word, beteken nie dat
kerkvereniging of -ontbinding regtens onmoontlik is nie, slegs dat dit moeilik is
en dat die wyse gevolg in hierdie geval ondeugdelik was.
LTC HARMS
APP
LREGTER
HEFER AR ) ZULMAN
AR ) Stem
saam STREICHER
AR )