S v Nteo (482/96) [1997] ZASCA 106 (26 November 1997)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of firearm — Appellant convicted of illegal possession of an unlicensed firearm — Appellant found with two 7.65 mm pistols, one licensed and one unlicensed — Appellant's explanation for possession of the unlicensed firearm rejected by the magistrate — Appeal against sentence only, not conviction — Whether sentence imposed was disproportionate or unreasonable — Court finds no substantial misdirection by the magistrate and upholds the sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1997
>>
[1997] ZASCA 106
|

|

S v Nteo (482/96) [1997] ZASCA 106 (26 November 1997)

SAAKNOMMER: 482/96
DIE
HOOGSTE HOF VAN APP
L
VAN
SUID-AFRIKA
In die saak tussen:
KLIPPIES NTEO
Appellant
en
DIE STAAT
Re
spondent
CORAM:
Van
Hee
rden AHR, Marais et Streicher ARR
VERHOOR
: 20 November 1997
GELEWER
: 26 November 1997
U
ITSPR
AAK
MARAIS AR/
2
MARAIS AR:
Die appellant is aan 'n oortreding van art 2 van Wet 75
van 1969 skuldig bevind deurdat hy op 19 Februarie 1995 in die
distrik van Ladybrand onwettiglik 'n 7.65 mm pistool in sy besit gehad het sonder dat hy die nodige lisensie vir sodanige besit gehad
het. Hy
is tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis. 'n App
l teen die
skuldigbevinding en vonnis het in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale
Afdeling misluk. Met verlof deur laasgenoemde hof toegcstaan
appelleer die appellant na hierdie hof maar slegs teen die opgelegde
vonnis.
Hierdie hof het die vraag geopper of die vonnis dalk nie
te lig was nie en 'n geleentheid is aan die appellant gebied om daaroor
te betoog. Na verdere oonveging is ons dit eens dat daar geen
regverdiging vir 'n verswaring van die opgelegde straf is nie en dat,
3
soos tereg deur die appellant aangevoer, die landdros (synde 'n
distrikshoflanddros) geen jurisdiksie gehad het om 'n swaarder straf op
te l
nie. Ek wend my dus tot die vraag of die appellant se app
l teen
die vonnis behoort te slaag al dan nie.
Die feitlike agtergrond is kortliks dat appellant, 'n
huurmotoreienaar, by 'n pad blokkade by die Maserugrenspos in die
distrik van Ladybrand deur die polisie in besit gevind is van twee 7.65
mm pistole en tien 7.65 patrone. Vir een van die pistole het hy 'n lisensie gehad. Die pistool het hy onder sy lyfband gehad. Vir
die
ander het hy geen lisensie gehad nie. Dit was in 'n skouerholster
onder sy trui en die tien patrone is in daardie pistool gevind. Sy
verduideliking aan die hof vir sy besit van laasgenoemde pistool was
dat hy op die beirokke dag 'n vergadering te Maserubrug bygewoon
het. Die vergadering het oproerig geword. Na die vergadering en
4
terwyl hy op pad was na 'n voertuig het hy die pistool raak geskop.
Hy het dit opgetel en gehou. Hy was van plan om dit na 'n
polisiestasie te Ladybrand te neem vir oorhandiging aan die polisie.
Sy relaas is deur die landdros verwerp. Toe hy ter versagting van
vonnis getuig het, het hy ges
"Ek voel steeds dat ek onskuldig is".
Die gevolg was dat daar gee verduideliking hoegenaamd voor die landdros was waarom hy in besit van die tweede ongelisensieerde
pistool was en wat hy in gedagte gehad het om daarmee te maak nic.
Sy persoonlike omstandighede is die volgende. Hy is in
1942 gebore en was dus 53 jaar oud toe die misdryf gepleeg is. Hy
is getroud en het 7 afhanklike kinders. Hy is 'n huurmotoreienaar met
'n inkomste van R 1000,00 per maand. Sy vorige botsings met die
gereg het lank gelede plaasgevind en het te make gehad met onwettige
padvervoer en wat in die SAP 69 vorm beskryf word as "verkryging
5
van produkte sonder sertifikaat". In al drie gevalle is boetes opgel
.
Dit behoort ook gemeld te word dat die landdros in die huidige saak
beveel het dat die onbevoegdheidsverklaring vervat in art 12 (1) van
die Wet nie sou volg nie, m a w dat nieteenstaande sy huidige skuldigbevinding en vonnis die appellant nie onbevoegd om 'n vuurwapen
te besit verklaar behoort te word nie.
Sprekende vir myself moet ek erken dat die vonnis deur
die landdros opgel
my onrustig laat voel het. Die persoonlike
omstandighede van die beskuldigde tel sterk in sy guns en die feit dat hy geskik gevind is om gelisensieer te wees om presies dieselfde
soort
vuurwapen te besit is 'n buitengewone faktor en aanduidend van goeie
karakter en die bestaan van 'n goeie rede om 'n vuurwapen soos
hierdie te besit. Ek sou nie dieselfde vonnis opgel
het nie maar dit
is nie die toets wat op app
l teen 'n vonnis toegepas moet word nie.
6
Daar moet ondersoek word of enige wesenlike mistasting deur die
vonnisoplegger gepleeg is. Indien ja, staan dit 'n hof van app
l vry
om sy eie onbelemmerde oordeel te gebruik om vonnis opnuut te bepaal. Indien nie, moet gevra word of die opgelegde vonnis
onredelik, of skokkend, of steurend onvanpas is. Die blote feit dat dit
nie die vonnis is wat die hof van app
l sou opgel
het nie is op sigself
nie voldoende om die gevolgtrekking te regverdig dat die vonnis waarteen geappelleer word as onredelik, of skokkend, of steurend
onvanpas beskou moet word nie. Dit is slegs waar die verskil so
treffend is dat daardie beskrywings van die opgelegde vonnis
geregverdig is dat inmenging behoort plaas te vind. Of die opgelegde vonnis tereg so beskryf kan word is 'n kwessie van graad en alhoewel
die skeidingslyn konseptueel gesproke duidelik genoeg is, is dit in die
praktyk dikwels besonder moeilik om te bepaal of die skeidingslyn
7
oorskry is al dan nie.
Die onwettige besit van vuurwapens is altyd as 'n ernstige
misdaad beskou om ooglopende redes wat nie weer herhaal hoef te
word nie. In onlangse tye het hierdie euwel soos onkruid floreer. Die land staan gebuk onder 'n reuse arsenaal van onwettige vuurwapens
die
toeganklikheid waarvan vir kriminele elemente al hoe makliker word.
Dit lei tot die pleging van al hoe meer ernstige misdade gekenmerk
deur die gebruik van sodanige onwettige vuurwapens. Dit bring
natuurlik nie mee dat elke en iedere geval van onwettige besit van 'n
vuurwapen noodwendig met gevangenisstraf gestraf moet word nie
maar die intrinsieke ernstigheid van die misdryf moet nie misken of
onderskat word nie. As die appellant 'n verduideliking vir sy besit van
'n tweede pistool sou verskaf het wat die hof sou toegelaat het om die
misdryf in 'n minder ernstige lig te sien, sou hy waarskynlik nie
8
hierdie besondere straf opgel
gewees het nie. Hy het nie en hy kan
die hof nie kwalik neem nie as die hof sou aflei dat hy iets beoog het
wat nie tot sy krediet sou gestrek het nie.
Geen wesenlike mistasting deur die landdros word deur
die appellant se advokaat uitgewys nie. Daar is sonder veel oortuiging
gesuggereer dat die landdros misgetas het deur nie die feit dat die
appellant gelisensieer was om 'n soortgelyke pistool te besit behoorlik
in ag te neem nie. Dat die landdros bewus was van die betrokke feit
blyk duidelik vanuit sy opsomming van die feite van die geval. Dit
is waar dat daar geen spesifieke bespreking van die implikasies daarvan in die landdros se uitspraak te vinde is nie maar dat die
landdros die appellant as basies goeie mensmateriaal beskou het blyk
vanuit sy beslissing om nie die appellant onbevoegd om 'n vuurwapen
te besit te verklaar nie.
9
Die lotgeval van die app
l wentel dus om die vraag of die
verskil tussen die vonnis wat hierdie hof sou opgel
het en di
deur
die landdros opgel
so treffend is dat laasgenoemde vonnis as
onredelik of skokkend of steurend onvanpas beskryf kan word. Na my
mening moet die antwoord daarop negatief wees. Die app
l word van
die hand gewys.
R M MARAIS APP
LREGTER
Van
Heerden AHR)Stem
saam
Streicher AR)