About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1997
>>
[1997] ZASCA 102
|
|
S v Martin en 'n Ander (350/94) [1997] ZASCA 102 (21 November 1997)
IN DIE HOOGSTE HOF VAN APP
L VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer 350/94
In die saak tussen
DEON MARTIN
Eerste Appellant
PHILIPPUS CORNELIUS KLOPPERS
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM: NIENABER, SCHUTZ eT PLEWMANARR VERHOOR: 11 NOVEMBER 1997 GELEWER: 21 NOVEMBER 1997
UITSPRAAK
/NIENABER AR
NIENABER AR:
Die twee appellante, onderskeidelik 'n area kommandant en 'n hoofkommandant van die Afrikaner Weerstandsbeweging ('AWB'), is elk op
vier moordklagtes ter dood veroordeel en op 'n verskeidenheid van ander klagtes, waaronder ses klagtes van poging tot moord, addisioneel
tot 'n effektiewe tydperk van gevangenisstraf van twintig jaar gevonnis. Hulle was die gesamentlike bevelvoerders van 'n groep van
altesaam nege AWB-lede wat op Sondagaand, 12 Desember 1993, op die vooraand van 'n bepiande massa-saamtrek van die AWB by die Voor
rekkermonument, Pretoria, by Randfbntein bymekaar gekom en besiuit het om 'n kamma-padblokkade op te stel.
Blykens die eersfe appellant se verklaring aan die poiisie was die doei van die ekspedisie 'om van die kaffers voor te keer en te
moer en te intimideer'; volgens die tweede appellant was dit om vuurwapens en ammunisie te buit met die oog op die oorlog wat na
verwagting sou uitbreek ten einde die beplande algemene verkiesing van 27 April 1994 te
2
NIENABER AR:
Die twee appellante, onderskeidelik 'n area kommandant en 'n hoofkommandant van die Afrikaner Weerstandsbeweging ('AWB'), is elk op
vier moordklagtes ter dood veroordeel en op 'n verskeidenheid van ander klagtes, waaronder ses klagtes van poging tot moord, addisioneel
tot 'n effektiewe tydperk van gevangenisstraf van twintig jaar gevonnis. Hulle was die gesamentlike bevelvoerders van 'n groep van
altesaam nege AWB-lede wat op Sondagaand, 12 Desember 1993, op die vooraand van 'n beplande massa-saamtrek van die AWB by die Voortrekkermonument,
Pretoria, by Randfontein bymekaar gekom en besluit het om 'n kamma-padblokkade op te stel.
Blykens die eerste appellant se verklaring aan die polisie was die doel van die ekspedisie 'om van die kaffers voor te keer en te
moer en te intimideer'; volgens die tweede appellant was dit om vuurwapens en ammunisie te buit met die oog op die oorlog wat na
verwagting sou uitbreek ten einde die beplande algemene verkiesing van 27 April 1994 te
3
verhinder. Die uiteinde: 'n aaklige tragedie.
Op een na was die AWB-groep almal met vuurwapens gewapen en in kamoufleer-mondering geklee. Onder die wapentuig was daar twee haelgewere,
twee tuisgemaakte haelgewere (bekend as 'pype'), en 'n aantal handwapens waaronder die tweede appellant se .38 Arminius rewolwer.
'n Prioriteit, nadat hulle opgeroep is om by Uncle Harry se padkafee in Randfontein te vergader, was drank. Eers is 'n bottel whisky
uitgedrink. Daarna is hulle met nog brandewyn in twee motors vort, die eerste appellant se Mercedes Benz en 'n wit Nissan Sentra
van een van die groep, die registrasienommers van albei waarvan met maskeerband verbloem is. Kort-kort is daar stilgehou om eers
weer te drink. Op pad na hul bestemming is twee swart voetgangers uit die bloute aangeval en aangerand. Die padblokkade is by die
Rodora-kruising op die Krugersdorp-Ventersdorp-pad opgestel. Van 'n simpatiseerder het hulle vooraf 'n blou lig en glim-toerusting
in die hande gekry. Die Nissan Sentra, wat soos 'n motor van die verkeersdepartement gelyk het, is langs die pad gestasioneer
4
met die blou lig daarop gemonteer. Die plan was dat die twee appellante in die Mercedes Benz verkennerswerk sou doen: hulle sou voomit
ry op soek na potensi
le slagoffers; sodra hulle 'n geskikte motor met swart insittendes gewaar sou hulle vinnig omspnng, die teiken-motor verbysteek, hul
ligte vir die Sentra f
ikker, wat die teken sou wees dat die blou lig aangeskakel moes word. Die aankomende voertuig sou dan voorgekeer en van die pad afgetrek
word. So ges
, so gedaan. Verskeie voertuie is op di
wyse tot stilstand gedwing. Abel Seboholi was een van die slagoffers. Hy het 'n Datsun bakkie bestuur. Nadat hy van die pad afgetrek
is, is hy aangerand maar, gelukkig vir hom, toegelaat om weer te ry. Hy is onmidde
lik na die polisie in Randfontein waar hy die insident aangemeld het. (Niks in die getuienis dui daarop dat die po
isie enige ag op hierdie klagte geslaan het nie.) Die insittendes van 'n Honda Ballade en 'n Toyota Cressida was nie so gelukkig nie.
Volgens die staatsaak was daar drie insittendes in die Honda en sewe in die Toyota, waaronder drie kinders. Huile is aanges
om in 'n ry op die grond te gaan sit. Die kernbevinding van die verhoorhof
5
(Stegmann R en twee assessore in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling)
lui soos volg:
'Kort na 23:00 is 'n Honda Ballade met drie insittendes en 'n Toyota Cressida met sewe insittendes by die padblokkade gestop. Nadat
die insittendes onwettiglik by wyse van visentering aangerand is, en in sekere gevalle by wyse van aanranding met die opset om ernstig
te beseer, het ses of sewe lede van die sameswering in die pad bymekaargekom terwyl twee of drie oor die sittende ry mense waggehou
het. Uit wat daarop gevolg het bevind ons dat daar net een redelike afleiding is wat gemaak kan word, naamlik dat daar toe, op die
laatste, besluit is (as dit nie reeds vroe
r in beginsel besluit was nie en op daardie stadium net bevestig was) dat die sameswering of gemeenskaplike oogmerk onmiddellik uitgebrei
moet word tot 'n onwettige gewapende aanval op die padverbruikers wat in 'n ry langs die pad gesit het. Daar is ooreengekom dat die
gewapende lede van die beskuldigdes se mag, dit wil s
almal behalwe Diedericks wat net 'n knuppel gedra het, hulle vuurwapens sou laai en gereed maak om wesenlik gelyktydig op die sittende
mense te skiet voordat enigiemand sou kon opspring en in die donkerte verdwyn.
Die oogmerk van die twee beskuldigdes was om die hele groep padverbruikers uit te wis en om sover moontlik geen getuienis agter te
laat wat hulle moontlik met die misdaad sou kon verbind het. Hierdie sameswering of gemeenskaplike oogmerk is onmiddellik daarna
uitgevoer.'
6
Vier van die mense is dood, twee op die toneel, een waarvan 'n dertienjarige kind, en twee later in die hospitaal. Die vier moordklagtes
het op hulle betrekking. Daarna is nog drie ernstig beseer, terwyl van die ander gelukkiger was. Dit het gelei tot die ses klagtes
van poging tot moord. Van die slagoffers is ook van hul besittings en klerasie beroof. Die verhoorhof kon nie bevind dat die twee
appellante van die goed gevat het nie sodat hulle op die roofklag slegs van aanranding met die opset om ernstig te beseer, skuldig
bevind is. Na die aanval is die Honda en die Toyota aan die brand gesteek, maar op die twee klagtes van saakbeskadiging is die appellante,
op die getuienis, onskuldig bevind. Voor die groep AWB-aanvallers hulle uit die voete gemaak het, het die eerste appellant, volgens
sy eie erkenning, die oor van een van die oorledenes, wat eers vyf dae later oorlede is, met sy jagmes afgesny. Op pad terug het
hy die oor in sy motor aan die tweede appellant oorhandig wat dit in 'n plastieksak toegedraai en die volgende dag aan 'n generaal
van die AWB gaan oorhandig het.
7
Die twee appellante appelleer teen hul skuldigbevindings, wat die moordklagtes betref uit hoofde van art 316A van die Strafproseswet,
1977; en wat die klagtes van poging tot moord betref uit hoofde van verlof wat die verhoorhof aan hulle verleen het. Teen die orige
skuldigbevindings en vonnisse is daar geen app
l nie.
Die uitspraak van Stegmann R is lank en volledig. Dit vorm deel van die oorkonde en kan aldus geraadpleeg word. Dit is nie my voorneme
om die hele paadjie met al sy droewige besonderhede netso te bewandel nie. Ek bepaal my by die gronde waarop namens die appellante
betoog is dat hulle verkeerdelik skuldig bevind is.
Daardie gronde is twe
rlei van aard. In die eerste plaas is betoog dat die gehalte van die staatsgetuies, veral die getuienis van Shabangu, so swak was
dat hul getuienis onaanvaarbaar en gevolglik onbetroubaar is. Vervolgens, en voortspruitend daaruit, is betoog dat die appellante
se weergawe nl. dat hulle spontaan gereageer het op 'n sarsie skote wat vanuit die donker op hulle afgevuur is, redelik moontlik
waar kan wees. En as dit
8
so is, is die implikasie dat hulle glad nie in die rigting van die oorledenes en die beseerdes geskiet het nie en dus nie vir die
dood en beserings van die oorledenes en die beseerdes verantwoordelik kon wees nie. Die skuld daarvoor pak hulle re
lreg op hul makkers.
Ek begin by die kwessie van die geloorwaardigheid van die belangrikste staatsgetuies. Shabangu was die enigste oorlewende van die
drie insittendes in die Honda. Hy en twee van die oorledenes, Kau More (die oorledene in klagte 4) en Teboho Makhuza (die oorledene
in klagte 2) was van Mafikeng na Springs onderweg. More was die bestuurder. Volgens Shabangu was hy, voor die voorval by die padblokkade,
van die bestaan van die Cressida totaal onbewus. Toe hulle die blou lig by die padblokkade gewaar, is hulle voorgekeer en aanges
om langs die pad te gaan sit. Eers toe het die Toyota Cressida op die toneel verskyn.
n bewysstuk F ('n verklaring wat voor die aanvang van die verhoor namens die appellante kragtens die bepalings van art 20(4)(a)(i)
en (ii) van Wet 126 van 1992 voorberei is) het die appellante erken dat daar drie insittendes in
9
die Honda was toe dit by die padblokkade aangekom het. Hul daadwerklike
getuienis is anders. Dit word soos volg deur die verhoorhof saamgevat:
In hul getuienis het beskuldigdes 1 en 2 dit anders gestel. Hulle het elkeen getuig dat, hulle, soos gere
l, in die Mercedes Benz na die westekant toe gery het om aankomende voertuie met swart insittende uit te soek. Die Nissan Sentra het
toe by die T-aansluiting bly staan en die blou lig wat daarop gemonteer was was afgeskakel. Op pad na die westekant toe het hulle
by twee voertuie wat in die teenoorgestelde rigting gery het, verbygegaan. Dit was die betrokke Honda Ballade en die Toyota Cressida.
Albei het swart insittendes gehad. Hulle het teen dieselfde spoed taamlik naby aan mekaar gery. Die beskuldigdes het die indruk gekry
dat die twee motors in mekaar se geselskap ry. Hulle het die twee voertuie as gepaste slagoffers vir die padblokkade beskou.
Beskuldigde 1 het toe 'n U-draai gemaak en vinnig terug ooswaarts gery. Hy het die Honda Balade en die Toyota Cressida verbygesteek.
Die beskuldigdes het nog steeds die indruk gekry dat die twee voertuie in mekaar se geselskap ry. Nadat die Mercedes Benz by hulle
verby was het beskuldigde 1 die hoofligte geflikker. Dit was die ooreengekome sein. Andr
Visser het, soos gere
l, die blou lig op die Nissan Sentra aangeskakel. Die Mercedes Benz het by die padblokkade aangekom. Beskuldigde 1 het dit op die
grondskouer langs die teerpad 'n paar meter ten weste van die Nissan Sentra tot stilstand gebring. Die Honda Ballade en die Toyota
Cressida het nie so gou soos beskuldigdes dit verwag het, aangekom
10
nie.
Beskuldigde 1 het getuig dat hy na die westekant, waarvandaan die twee voertuie sou aankom, die geluid gehoor het van twee voertuigdeure
wat toegemaak word. Beskuldigde 1 het afgelei dat die Honda Ballade en die Toyota Cressida ongeveer 200 meter ten weste van die padblokkade
iets of iemand afgelaai het. Dit het hom ongemaklik laat voel en hy het vir ander lede van die AWB groep ges
om versigtig te wees vir moeilikheid wat in die volgende geval mag kom. Die Honda Ballade en die Toyota Cressida het daama wesenlik
gelyktydig by die padblokkade aangekom. Hulle is van die pad afgetrek. Hulle het tot stilstand gekom met die Honda Ballade 'n meter
of twee na die oostekant van die chevronbord en die Toyota Cressida 'n meter of twee agter die Honda Ballade en langs die chevronbord.
Die AWB lede het die insittendes laat uitklim. Daar was slegs twee insittendes in die Honda Ballade (en nie drie soos in bewysstuk
F aangedui nie), en sewe insittendes in die Toyota Cressida.'
Van die sewe insittendes in die Toyota Cressida het drie getuig: Petrus Mothupi, sy broer Abram en William Segotsane. Almal van hulle
het ontken, soos Shabangu ook, dat die Honda en die Toyota in konvooi saamgery het. Die insittendes van die onderskeie motors het
mekaar trouens glad nie geken nie. Al drie getuig dat die Cressida 'n ent voor die
11
padblokkade stilgehou het om die kinders in die voertuig kans te gee om water af te slaan. Segotsane getuig wel dat hy opgelet het
dat 'n Honda by daardie plek vir 'n oomblik gestop het en toe by hulle verby is. Kort na hulle weer begin ry het, is hulle by die
blou lig voorgekeer. Die Honda was reeds daar. Dit is oor die vraag of daar op daardie stadium ook 'n wit bakkie op die toneel was,
dat daar teenstrydighede in die getuienis van die verskillende staatsgetuies ontstaan het.
Dat daar 'n bakkie op die toneel was wat gestop het, en weer met behulp van die AWB-lede aan die gang gestoot is, is onteenseglik
so. Albei die appellante en Matthews, 'n mede AWB-lid wat vir die staat getuig het, sowel as ander van die staatsgetuies, getuig
daaroor. Maar volgens die appellante het dit gebeur voor die Cressida en die Honda op die toneel verskyn het, wat onversoenbaar is
met die getuienis van Shabangu dat die Honda eerste gestop het, daarna die Cressida en eers daarna die bakkie. Petrus Mothupi en
sy broer Abram, passasiers in die Cressida, getuig weer dat die bakkie daar was voor hulle gearriveer het terwyl 'n mede-passassier
12
in die Cressida, Segotsane, getuig het dat die bakkie eers gearriveer het
nadat die Honda en die Cressida daar aangekom het. Gelet op di
teenstrydighede is daar namens die appellante betoog dat die staatsgetuies
die saak so dikwels met mekaar bespreek, en hul getuienis dermate
aangepas het, dat hul weergawes nie meer hul eie was nie.
Dit is so dat die getuies almal by 'n vorige verhoor teen die ander
AWB-lede getuig het en dat dit nie die eerste keer is dat die storie van die
bakkie ter sprake gekom het nie. Die verhoorhof bevind in di
verband dat
die betoog namens die appellante korrek is:
'Waarskynlik was daar nooit so 'n bakkie op die toneel toe die Honda Ballade en die Toyota Cressida daar was nie. Dit was 'n aanduiding
dat die ooggetuies die gebeure agterna onder mekaar bespreek het; dat hulle by iemand verneem het dat so 'n bakkie op een of ander
stadium daar was; en dat hulle om een of ander duistere rede besluit het om almal iets oor so 'n bakkie te s
. Die gevolg was dat daar aansienlike weersprekings oor die bakkie was. Hulle het sodoende 'n situasie geskep waarin dit vir ons nodig
was om baie noukeurig en versigtig na hulle betroubaarheid as getuies te kyk. Nadat ons dit gedoen het is dit vir ons duidelik dat
die onbevredigende situasie rondom die bakkie geensins 'n einde aan die staatsaak maak nie.
13
Inteendeel, as die bakkie episode, waaroor die getuies klaarblyklik weersprekende weergawes gegee het, op eenkant gelaat word, is
daar geen ander noemenswardige kritiek teenoor die staatsgetuies wat gemaak kan word nie.'
Met di
benadering gaan ek akkoord.
Met hierdie cavaet voor o
word dit nodig om die appellante se verweer, as sou hulle in noodweer gehandel het, in die lig van veral hul eie getuienis en die
waarskynlikhede te beoordeel. Di
noodweer-verweer is op die tweede dag van die verhoor vir die eerste keer geopper. Dit vind 'n mate van aansluiting by die getuienis
dat die Cressida en, so het die appellante geglo, ook die Honda, 'n ent voor die padblokkade stilgehou het. Dat dit die agterdog
van die AWB-kader gaande gemaak het, is gewis. Die insittendes van die twee voertuie is hardhandig ondervra en Petrus Mothupi, wat
'n passassier in die Cressida was, is met die Mercedes Benz teruggeneem na die plek waar die Cressida vroe
r stilgehou het. Hy is aanges
om te wys wat daar afgelaai is maar niks van belang is gevind nie. So is aan die appellante gerapporteer maar albei van hulle getuig
dat hulle
15
sonder dwang of onbehoorlike be
nvloeding aan die polisie gemaak is, is
daar selfs 'n sweempie van 'n suggestie van so 'n verweer nie. By geeneen
van die uitwysings is enige poging aangewend om die plek of rigting aan
te wys vanwaar die skote na bewering uit die donker op hulle gevuur sou
gewees het nie. Die versuim om hierdie verweer, wat die pit van hul
verdediging is, by d
e eerste die beste geleentheid te opper, kon nie deur die
appellante in getuienis verklaar word nie en bly onverklaarbaar.
In die tweede plaas is hierdie weergawe in stryd met wat die
appellante vooraf aan die polisie verduidelik het. Aldus het die eerste
appellant in sy verklaring aan kapt. Kruger ges
:
'Iemand van ons het gevra of hulle aan die ANC behoort en een van hulle het ges
"Ja" en ek het twee skote gehoor klap. Ek het in die algemeen geskiet, 5 skote met my haelgeweer. Dit was baie donker en
ek kon nie mooi sien nie.'
Tydens die uitwysing het hy aan majoor Heiliger verklaar: 'Die oorledenes het hier gesit toe ons hulle geskiet het.' (My kursivering).
Die tweede appellant het aan maj. Dempsey ges
: 'Een van die haelgewere aan my
14
desondanks vermoed het dat iets of iemand daar afgelaai was. Terwyl hulle by die padblokkade gestaan het, so getuig die eerste appellant,
het daar skielik twee skote uit die donker geklap: die een het soos 'n haelgeweerskoot geklink, die ander soos di
van 'n handwapen. Die eerste appellant het aanvaar, so getuig hy, dat daar op hulle aangel
word. Hy skiet dadelik terug, in die rigting vanwaar die skote kom, wat 'n ander rigting was as waar die insittendes van die Honda
en die Cressida op daardie stadium in 'n ry langs mekaar op die grond gesit het. Terselfdertyd begin die ander lede van die AWB ook
skiet. Die tweede appellant beaam hierdie weergawe. Hy hoor net een skoot vanuit die noordekant, uit die donker, in welke rigting,
weg van die mense op die grond, hy die vuur onmiddellik beantwoord.
Die groot vraag is of hierdie weergawe redelik moontlik waar kan wees.
Soos reeds vermeld is dit op 'n relatiewe laat stadium vir die eerste keer geopper. N
rens in die appellante se verklarings of uitwysings wat
16
linkerkant het afgegaan. Toe begin almal te skiet.' Uit die samehang van die verklaring as geheel is dit klinkklaar dat hy na die
haelgewere van sy eie groep verwys het.
Op die appellante se rekonstruksie van wat die skietery alles voorafgegaan het, moes Shabangu en More by die plek afgeklim het waar
die twee motors sou gestop het, 'n ent duskant die padblokkade, en dit kon alleen maar gewees het met die oogmerk om deur die veld
te loop om 'n aanval vanuit die donkerte op die padblokkades se bemanning te loods. Dit sou dan die geval wees in weerwil daarvan
dat Makhuza (die oorledene in klagte twee vermeld) die Honda verder na die padblokkade sou moes bestuur het, wetende dat hy hom doelbewus
in sy makkers se direkte spervuur sou vasloop. Op daardie hipotese sou daar ook nie drie insittendes in die Honda gewees het toe
dit by die padblokkade aangekom het nie (soos die appellante aanvanklik beweer het), of twee (soos hulle later beweer het), maar
slegs een. Dit sou dan Shabangu en More wees wat met 'n haelgeweer en 'n handwapen gewapen op die gewapende AWB-mag sou losbrand.
Dit
17
is daardie skote wat kwansuis weer deur die appellante beantwoord sou gewees het waartydens More in die donker in die kop getref is.
Terselfdertyd sou die ander AWB-lede ook begin skiet het, vreemd genoeg in 'n ander rigting, op 'n afstand van 'n paar tre
, na die persone wat in 'n ry langs die pad gesit het.
Steun vir di
scenario word in veral die volgende feite gesoek: die plek waar More se lyk later gevind is, wat die plek sou aandui waarheen die
appellante gevuur het; en die vind van 'n haelgeweer-pluisie in die nabyheid van More se lyk, wat die plek sou aandui vanwaar More
gevuur het. Shabangu se getuienis was egter dat hy die swaargewonde More van die plek weggesleep het waar More langs die pad raakgeskiet
is omdat hy bang was dat die Honda wat deur die AWB-lede aan die brand gesteek is, sou ontplof. Di
stukkie getuienis van Shabangu, so is namens die appellante betoog, kan nie waar wees nie, want daar was geen bloedspoor gevind wat
na die plek lei waar More se lyk ontdek is nie. Tereg antwoord die staat dat die aanwesigheid van die pluisie en die afwesigheid
van 'n
18
bloedspoor, op verskeie moontlike maniere verklaar kon word, waaroor
mens alleen maar kan spekuleer, en dat dit op sigself geen duidelike bewys
na
f die een
f die ander kant daarstel nie. Dat Shabangu self nie
raakgeskiet is nie, is ook niksseggend - ook van die ander mense wat daar
gesit het, is nie verwond nie.
Waarop daar namens die appellante geen afdoende antwoord verstrek
kon word nie, is dat twee koe
lpunte (wat volgens die ballistiese getuienis
en by wyse van 'n proses van eliminasie alleen maar van die tweede
appellant se Armenius vuurwapen afkomstig kon gewees het) tydens die
lykskouings onderskeidelik in die kop van More en in die klere van
Makhuza gevind is. Makhuza was, volgens die appellante se eie
rekonstruksie, die bestuurder van die Honda en was dus nie deel van die
gewaande aanvalsmag nie. Volgens die staatsgetuies het Makhuza langs
More op die grond gesit. Die hof bevind:
'Aangesien More se linkerskouer teenaan Makhuza was, moet die waarskynlikheid dat die koe
l wat in Makhuza se klere gevind is, die koe
l is wat deur More se linkerskouer ge
rek het, redelik hoog wees.
19
Daardie koe
l is sonder twyfel uit beskuldigde 2 se rewolwer afgeskiet. Daar bestaan met ander woorde 'n waarskynlikheid dat beskuldigde 2 vir
More in die skouer geskiet het.
Die tweede skietwond wat op More se lyk gevind is, is deur 'n koe
l wat bokant sy linkeroor sy kop binnegedring het veroorsaak. Die koe
l het deur sy brein getrek, en ook deur sy skedel regs agter. Daar het die koe
l gestop. Dr. Theron het dit daar uitgehaal. Dit is nou bewysstuk 17.'
Gesien die omstandighede waaronder die skote volgens die appellante afgevuur is, kan die moontlikheid dat dit 'n opslagkoe
l was wat in Makhuza se klere gevind is, met vrymoedigheid buite rekening gelaat word. En dit bewys dat die tweede appellant wel in
die rigting van die mense langs die pad geskiet het.
Onmiddellik na die aanval was alles skielik stil. Die meeste van die AWB-lede het hulle in die een voertuig uit die voete gemaak.
Die twee appellante en twee ander lede het agtergebly en in die lig van 'n flits doppies gesoek. Die eerste appellant het die oor
van een van die slagoffers, toe nog lewend, afgesny. Klaarblyklik was die appellante op daardie stadium nie begaan oor die moontlike
teenwoordigheid van 'n gewapende
20
mag aanvallers in die donker nie. Trouens geen vuurwapens waarmee die aanval teen hulle geloods kon gewees het, is di
aand of die volgende oggend deur die polisie op die toneel gevind nie.
Een ding, alles in ag genome, is duidelik: die appellante se noodweer-verweer is pure fiksie. Die verhoorhof verwerp dit as vergesog.
Ek stem saam.
Die optrede van die appellante voor, tydens en na die gewraakte gebeure, dui daarop dat hulle laatstens toe die aanval op hul weerlose
slagoffers geloods is, die gemeenskaplike oogmerk gehad het om hul slagoffers om die lewe te bring. Die aard en omvang van die beserings
wat die oorledenes en die beseerdes opgedoen het, is op geen ander wyse verklaarbaar nie. Die verhoorhof bevind dat die vorm van
opset waarmee hulle opgetree het dolus directus was. Daar is nie namens die appellante betoog dat hierdie bevinding verkeerd sou
wees indien die noodweer-verweer faal nie.
Die appellante se app
l teen hul skuldigbevindings kan gevolglik nie
21
slaag nie. Wat die doodvonnisse betref, is dit die gebruik om in gevalle soos hierdie die aangeleentheid na die verhoorhof terug te
verwys om opnuut oor die kwessie van vonnis te besin. Die volgende bevele word gemaak:
1.
Die eerste en tweede appellante se app
lle teen hul skuldigbevindings ten opsigte van klagtes 1 tot 10 word van die hand gewys.
2.
Die eerste en tweede appellante se app
lle teen die doodvonnisse wat hulle ten opsigte van klagtes 1 tot 4 opgel
is, slaag en sodanige vonnisse word tersyde gestel.
3.
Die hele aangeleentheid word na die verhoorhof terugverwys vir die oplegging van behoorlike vonnisse ten opsigte van klagtes 1 tot
4.
P M Nienaber App
lregter
Stem saam: Schutz AR Plewman AR