Louw v W P (Ko-operatief) Bpk. (579/95) [1997] ZASCA 96; 1998 (2) SA 418 (SCA); [1998] 1 All SA 355 (A); (19 November 1997)

82 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Final sequestration — Appeal against sequestration order — Appellant's estate sequestrated following husband's insolvency — Appellant contending her insolvency not proven — Appellant's liabilities exceeding assets — Court finding appellant's suretyship obligations substantial and enforceable — Appeal dismissed, final sequestration order upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1997
>>
[1997] ZASCA 96
|

|

Louw v W P (Ko-operatief) Bpk. (579/95) [1997] ZASCA 96; 1998 (2) SA 418 (SCA); [1998] 1 All SA 355 (A); (19 November 1997)

REPUBL1EK VAN SUID-AFRIKA
Saak nr 579/95
In die saak tussen:
MARIA MAGDALENA LOUW
APPELLANT
- en -
W P (KO
PERATIEF) BEPERK
RESPONDENT
CORAM: Vivier, Eksteen, Schutz, Zulman et Streicher JJA.
VERHOOR: 3 November 1997.
GELEWER: 19 November 1997.
UITSPRA
AK
2
VIVIER AR:
Die appellant se boedel is op aandrang van die respondent op
20 Maart 1995 voorlopig en op 7 Augustus 1995 finaal in die
Kaapse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof gesekwestreer.
Die aansoek om die voorlopige sekwestrasie van die appellant se
boedel as 'n saak van dringendheid was reeds op 25 Junie 1991
geliasseer. Met verlof van die Hof a quo kom die appellant nou in
hoer beroep teen die finale sekwestrasiebevel.
Die sekwestrasie van die appellant se boedel is voorafgegaan
deur die sekwestrasie van die boedel van haar eggenoot, Coenraad
Johannes Henoch Louw ("Louw"), met wie sy buite gemeenskap
van goedere getroud is. Sy boedel is op aandrang van die
respondent op 16 Mei 1990 voorlopig en op 15 Augustus 1990
finaal gesekwestreer. Louw se app
l na hierdie Hof teen sy finale
sekwestrasiebevel is op 28 Maart 1991 afgewys. Sien Louw v W P
Ko
perasie
Bpk 1991(3) SA 593 (A).
3
Op 3 April 1986 het die appe
lant 'n borgkontrak geteken
waarin sy haar as borg en mede-hoofskuldenaar in solidum teenoor die respondent verbind het v
r die betaling van alle bedrae,
ontstaande uit welke skuldoorsaak ookal, wat Louw op daardie stadium aan die respondent verskuldig was of in die toekoms
verskuidig sou wees. As sekuriteit het die appellant drie
verbandaktes oor haar plaas Wittedam ten gunste van die respondent
gepasseer. Ek handel later meer volledig met die drie verbandaktes.
Toe Louw se app
l in hierdie Hof gedien het, was dit nie
langer in geskil dat hy die respondent ongeveer R15 m geskuld het
toe sy boedel gesekwestreer is nie. In die huidige saak het die
appellant die presiese bedrag van Louw se skuld op verskeie gronde
betwis, maar volgens berekenings in die stukke voor ons is dit
duidelik dat selfs indien al haar besware gehandhaaf sou word,
4
Louw se skuld nog steeds in die omgewing van R9 m na Rll m
beloop het. Dit is nodig om iets meer omtrent die agtergrond tot
Louw se sekwestrasie te s
.
Louw was sedert 1951 'n lid van die respondent en het tot sy sekwestrasie op groot skaal geboer. Hy het onder andere drie plase
in eie naam besit en nog vier deur twee beslote korporasies waarvan
hy die alleen-beheerder was. Oor die jare het die respondent op
lopende rekening goedere aan Louw verkoop en gelewer, werk vir
hom gedoen en materiaal aan hom verskaf. Gedurende die
tagtigerjare het Louw se finansi
le posisie weens verskeie faktore
agteruitgegaan sodat hy nie meer sy skulde kon betaal nie. Nadat
van sy ander skuldeisers verstekvonnis teen hom geneem en begin
het om eksekusie te hef teen sy plase, het die respondent hom op verskeie maniere finansieel begin bystaan. So het die respondent
byvoorbeeld gedurende die tydperk van 31 Maart 1987 tot Januarie
5
1990 betalings ter delging van sy skuld aan Boland Bank Bpk, Die
Trust Bank van Afrika Bpk en die Landbank gemaak wat teen
Louw se lopende rekening gedebiteer is. 'n Totale bedrag van meer
as R4,5 m is op hierdie wyse betaal sodat die respondent Louw se
enigste noemenswaardige skuldeiser geword het. Ter bevestiging
van Louw se verpligtinge teenoor die respondent is 'n skr
ftelike
ooreenkoms op 27 April 1987 tussen die respondent enersyds en
Louw, die appellant en een van die beslote korporasies andersyds
aangegaan waarin Louw, die appellant en die betrokke beslote
korporasie ondemeem het om drie van die plase teen sekere
minimum pryse te verkoop vir 'n totale opbrengs van R2 m en om
nog ander bates, beide roerend en onroerend, te verkoop om 'n
verdere R2 m op te lewer. Die opbrengste moes aan die respondent oorbetaal word. Op 27 Mei 1988 is 'n tweede
skr
ftelike ooreenkoms gesluit nadat daar niks gekom het van die
6
verkope wat in die eerste ooreenkoms beoog is nie. Die partye tot
die tweede ooreenkoms, die sogenaamde samewerkingsooreenkoms,
was die respondent enersyds en Louw, die appellant en die twee
beslote korporasies, gesamentlik beskryf as "die eienaar",
andersyds. In die aanhef word geboekstaaf dat die eienaar tot op
datum van die ooreenkoms in hoofsaak van die respondent gebruik
gemaak het ter finansiering van sy boerderybedrywighede en nie sy
verpligtings ten opsigte van kapitaal- en rentebetalings kon nakom
nie. Die ooreenkoms het bepaal dat 'n boerderykomitee bestaande
uit verteenwoordigers van die respondent en die eienaar die bestuur
en beheer van die boerderybedrywighede op die eienaar se
eiendomme sou oomeem. Die respondent sou direk die boerdery-
inkomste ontvang en daaroor beskik. Die appellant was 'n party
tot die twee ooreenkomste omdat sy direk by Louw se boerdery,
insluitende di
op haar eie plaas Wittedam, betrokke was en
7
aankope vir laasgemelde plaas op Louw se rekening geskied het.
Die appellant was ook lid van die boerderykomitee wat Louw se
finansi
le posisie op 'n deurlopende grondslag gemonitor het. Die
pogings om Louw van finansi
le ondergang te red, het misluk en
nadat die samewerkingsooreenkoms be
indig is, is Louw se boedel
gesekwestreer.
Die aansoek om die voorlopige sekwestrasie van die appellant
se boedel is, soos reeds gemeld, op 25 Junie 1991 geloods. Ten
einde die lang vertraging totdat die finale sekwestrasiebevel
toegestaan is, te verduidelik, skets ek kortliks die verdere verloop
van die saak in die Hof a quo. Op 25 Julie 1991 het die
appellant haar opponerende eedsverklaring ingelewer waarin sy
benewens 'n menigte verwere op die meriete ook 'n aantal punte in limine
geopper het. Haar eedsverklaring met aanhangsels beslaan
nagenoeg 230 bladsye. Op 26 November 1991 het sy 'n
8
aanvullende eedsverklaring geliasseer. Nadat repliserende
eedsverklarings deur die respondent ingelewer is, is die saak ter
rolle geplaas vir 10 Februarie 1992. Op 7 Februarie 1992 het die
appellant aansoek gedoen dat die verhoor uitgestel word en by
ooreenkoms is die verhoor tot 22 April 1992 uitgestel vir
beredenering van slegs die punte in limine. Voordat uitspraak
gelewer kon word, het die appellant op 1 Julie 1992 'n aansoek
geliasseer vir verlof om 'n verdere be
digde verklaring in te lewer
waarin sy ook gevra het dat uitspraak op die punte in limine
oorgehou word hangende die beslissing oor die toelating van die
verdere eedsverklaring. Dit is onseker wat die lot van hierdie
aansoek was. Op 23 Oktober 1992 het Kuhn R uitspraak gelewer
op die punte in limine en ten gunste van die appellant beslis dat die
sekerheidstelling nie voldoen het aan die bepalings van art 9(3) van
die Insolvensiewet 24 van 1936 nie. Verlof is aan die respondent
9
verleen om op dieselfde stukke soos aangevul die aansoek om
voorlopige sekwestrasie te hemu. Dit is gedoen en die aansoek is
ter rolle geplaas vir 19 November 1992. By ooreenkoms tussen
die partye is die verhoor uitgestel na 6 Febmarie 1993. Op
laasgemelde datum het die appellant twee verdere aansoeke gebring:
die eerste vir verlof om 'n verdere aanvullende eedsverklaring in te
dien en die tweede om blootlegging en voorlegging vir insae van
dokumente in terme van Hofre
l 35(1) en (12) te bekom. Uitspraak
in die twee aansoeke is voorbehou en op 17 Mei 1993 is beide
aansoeke van die hand gewys. Die verhoor van die voorlopige
sekwestrasie-aansoek is hiema op twee verdere geleenthede uitgestel
en het uiteindelik op 7 Maart 1995 voor Traverso R gedien. By
die verhoor is 'n derde opponerende eedsverklaring deur die
appellant, gedateer 26 Augustus 1994, ingedien. Na die uitreiking
van die voorlopige sekwestrasiebevel en voor die finale
10
sekwestrasiebevel is verdere eedsverklarings deur beide partye geliasseer sodat die oorkonde uiteindelik ongeveer elf honderd
bladsye beslaan het.
Die vele aanvanklike verwere op die meriete ten spyt, is
wesenlik slegs twee verwere by die keerdag van die voorlopige
sekwestrasiebevel geopper. Dieselfde twee verwere is op app
l in
hierdie Hof herhaal.
Die eerste daarvan was dat die appellant se daadwerklike
insolvensie nie bewys is nie. Hierdie verweer het berus op die
betoog dat haar skuld as borg teenoor die respondent verjaar het vir
soverre dit die totale kapitaalbedrae van R2,4 m wat ingevolge die
verbande verseker was, oorskry, met die gevolg dat haar skulde
nie haar bates oorskry nie. Dit was gemene saak dat, afgesien
van die appellant se skuld aan die respondent, haar ander laste
Rl 023 446-56 bedra, bestaande uit haar skulde van R709 956-14
11
aan die Landbank, R13 490-42 aan diverse ander skuldeisers en
R300 000-00 ten opsigte van die beesboerdery wat gesamentlik deur
haar en Louw op haar plaas Wittedam bedryf word. Dit was
uiteindelik nie in geskil dat die appellant bates van R3 504 425-00
het nie. Hierdie bedrag word saamgestel uit die bedrag van
R2 037 185-00 synde die markwaarde van die grond en geboue van
die plaas Wittedam en die bedrag van Rl 467 240-00 synde die
helfte van die waarde van die beeskudde. Die appellant se totale bates oorskry dus haar ander laste met R2 480 978-44 wat beteken
dat indien haar skuld teenoor die respondent beperk is tot R2,4 m
soos namens haar betoog, sy nie daadwerklik insolvent is nie.
Die appellant se skuld teenoor die respondent bestaan uit haar
borgverpligting ten opsigte van Louw se skuld aan die respondent.
Die Hof a quo se bevinding, gebaseer op berekenings van die
rekenmeester Downard, dat met inagneming van rente die
12
appellant se totale skuld ingevolge haar borgkontrak minstens R6 463 446-00 beloop, was nie emstig voor ons betwis nie. Dit
was gemene saak dat die hoofskuld nie later nie as 30 April 1990
opeisbaar geword het omdat na hierdie datum geen verdere krediete
deur die respondent aan Louw verskaf was nie. Die hoofskuld sou
gevolglik op 30 April 1993 verjaar het tensy die skuld deur verband
verseker is, in welke geval dit eers na 30 jaar sou verjaar (art
ll(a)(i) van die Verjaringswet 68 van 1969). Dit was nie die
appellant se saak dat die hoofskuld verjaar het nie. In hierdie verband wys ek daarop dat, afgesien van die bestaan van verbande
deur Louw gepasseer ter versekering van die hoofskuld, die
hoofskuld die onderwerp was van 'n eis ingedien teen Louw se
insolvente boedel wat die voltooiing van verjaring ten opsigte van
die hoofskuld ingevolge art 13 (l)(g) van die Verjaringswet uitgestel
het.
13
Die appellant se saak, met 'n beroep op die beslissing in
Rand
Bank
Ltd
v De
Jager
1982 (3) SA 418
(K), was
dat
die
borgskuld onafhanklik van die hoofskuld verjaar. Indien
veronderstel word, sonder om dit enigsins te beslis, dat dit wel
die geval is, is die eerste vraag of, op 'n behoorlike uitleg van die
drie betrokke verbandaktes, die appellant se skuld slegs tot die
totale kapitaalbedrae van R2,4 m daaringevolge verseker was.
Die jongste van die drie verbandaktes, genommer B 27251, was
geregistreer op 12 Julie 1987 en die relevante bepalings was
wesenlik dieselfde is as di
van die vorige twee verbandaktes. Ek
verwys voorts na die bepalings van die jongste verband. In
klousule 1 word geboekstaaf dat die verbandgewer aan die
verbandhouer die bedrag van R2 m as kapitaal en R400 000-00
as die bykomende bedrag verskuldig is. Saam met die
kapitaalbedrae van R400 000-00 ingevolge die vorige twee
14
verbande is die totale kapitaalbedrag verseker ingevolge die drie
verbandaktes dus R2,4 m. Die bykomende bedrag word omskryf
as daardie bedrae, gelde, uitgawes en kostes deur die verbandhouer
voorgeskiet, uitbetaal of gedebiteer ingevolge die verband=
voorwaardes. Klousule 2 bepaal dat die verband as voortdurende
dekkende sekuriteit dien vir enige skuld van watter aard ookal wat
verskuldig was ten tyde van die verlyding van die verbandakte
asook vir toekomstige skulde in die algemeen wat daama deur die
verbandgewer aan die verbandhouer verskuldig mag word vir enige
bedrag uit welke oorsaak ookal tot die gesamentlike bedrag van die
kapitaal en die bykomende bedrag.
K
ousules 4,5 en 6 van die verband maak voorsiening vir die
heffing van finansieringskoste deur die verbandhouer teen koerse
deur hom van tyd tot tyd bepaal. Klousule 8 bepaal as volg :
"8. As sekurite
t vir die behoorlike en stiptelike betaling
van die kapitaalbedrag, bykomende bedrag,
15
finanasieringskoste en alle ander gelde en bedrae
opeisbaar, of wat te enige tyd verskuldig mag wees of
verskuldig mag word aan die Verbandnemer of wat uit
enige oorsaak hoegenaamd ontstaan, en vir die
behoorlike vervulling deur die Verbandgewer van alle
en iedere terme en voorwaardes van hierdie verband,
verbind die Komparant q.q. h
ermee spesiaal as 'n
vierde verband die volgende eiendom ..."
By die uitleg van bogemelde klousules moet die bepalings
van art 51 van die Registras
e van Aktes Wet 47 van 1937 nie uit
die oog verloor word nie. Art 51 (1) bepaal as volg:
" 51. (1) Geen verbandakte of notari
le verband wat na die
inwerkingtreding van hierdie Wet geattesteer of geregistreer
is, is regsgeldig ter verlening van voorkeur of voorrang ten
opsigte van 'n skuld wat na die registrasie van sodanige
verbandakte of notari
le verband aangegaan is nie, tensy -
(a) in die verbandakte of notari
le verband
uitdruklik beding word dat die verbandakte of
notariele verband bestem is om toekomstige skulde oor die algemeen of een of ander
16
bepaalde daarin genoemde toekomstige skuld te
verseker; en
(b) 'n som in die verbandakte of notari
le verband
vasgestel word as 'n bedrag waarbo toekomstige
skulde nie deur die verbandakte of notari
le
verband verseker word nie.
(2) Indien 'n verbandakte of 'n notari
le verband betaling
deur die verbandskuldenaar heet te verseker van die koste
daaraan verbonde om die sekuriteit in stand te hou en te
gelde te maak of van brandassuransiepremies, of van die
koste van kennisgewing of van bankprovisie, word daardie
koste en vorderings nie geag toekomstige skulde in die sin
van sub-artikel (1) te wees nie."
Omdat die huidige verbande voorsiening maak vir
toekomstige skulde was dit nodig, ten einde die toekomstige skulde
te verseker, om die perk waama art 51(l)(b) verwys, vastestel.
Dit is die klaarblyklike rede vir die woorde "tot die gesamentlike
bedrag van die kapitaal en die bykomende bedrag" in klousule
2. Daar is egter namens die appellant betoog dat die perk slegs
17
sover as die kapitaalbedrag strek omdat die bykomende bedrag
ingevolge art 51(2) nie geag word toekomstige skulde te wees nie.
Daar is voorts betoog dat daar in elk geval geen bewering op die
stukke gemaak is dat die appellant enige bykomende bedrae
verskuldig is nie, sodat slegs die kapitaalbedrag 'n versekerde skuld
daarstel. Daar is geen meriete in die betoog nie. Ingevolge art
51(2) word sekere koste en vorderings wel vir doeleindes van art
51(1) nie geag toekomstige skulde te wees nie. Die begrip
"bykomende bedrag" soos omskryf in klousule 1 van die verband
strek egter veel wyer as d
e koste en vorderings waarvan art 51(2)
melding maak en sluit feitlik alle toekomstige skulde in. Volgens
die duidelike bewoording van klousule 2 dien die verband as
sekuriteit vir alle toekomstige skulde, "uit welke oorsaak ookal",
tot die "gesamentlike bedrag van die kapitaal en die bykomende
bedrag". Dit beteken dat die perk vir alle toekomstige skulde van
18
watter aard ookal, op die totaal van die kapitaal- en bykomende bedrag vasgestel word. Alle skulde tot op daardie bedrag is dus
verseker onder die verbande. Die feit dat daar geen bykomende
bedrae verskuldig mag wees nie, verminder nie die perk wat m
klousule 2 vasgestel is nie. Vgl Kursan and Another v Eastern Province
Buildings Society 1996(3) SA 17(A) op 21 C-F.
n die drie verbande is 'n totale kapitaal- en bykomende
bedrag vasgestel in die som van R2,87 m. Hierdie skuld was
gevolglik deur verband verseker en sou eers na 30 jaar verjaar. Dit
is baie meer as die voormelde voordelige balans van die appellant
se bates en beteken dat sy daadwerklik insolvent is. Dit is
gevolglik nie nodig om te beslis of die appellant se renteskuld bo
R2,87 m ook ingevolge die verbande verseker was nie. Dit is
ook nie nodig om die betoog te behandel dat die uitstel van
verjaring van die hoofskuld ingevolge art 13(l)(g) van die
19
Verjaringswet nie die loop van verjaring van die borg se skuld
onderbreek het nie.
Namens die appellant is in die altematief betoog dat sy in elk geval van haar verpligtinge as borg vrygestel is deur die respondent
se optrede wat die bepalings van die borgkontrak verbreek en haar posisie as borg verswaar het. Hierdie optrede sou eerstens daarin
bestaan het dat saamgestelde in plaas van enkelvoudige rente op
Louw se uitstaande rekening gehef is tot Augustus 1988 en tweedens dat respondent daama saamgestelde in plaas van
enkelvoudige rente op voorskotte wat ultra vires sy statuut was,
gehef het.
Voor 26 Augustus 1988 het art 107 (1) van die respondent se
statuut as volg bepaal :
"Lede sal rente betaal aan die kooperasie op alle bedrae
verskuldig aan die kooperasie van watter aard ookal, teen 'n
koers wat van tyd tot tyd deur die raad bepaal word."
20
Op 26 Augustus 1988 is art 107 (1) gewysig deur die
byvoeging van die volgende sin : "In hierdie artikel beteken rente
saamgestelde rente".
Voor sy wysiging het art 107(1) reeds voorsiening gemaak
vir
die betaling van rente "op alle bedrae verskuldig aan die ko
perasie
van watter aard ookal". Hierdie woorde is wyd genoeg om ook
rente reeds verskuldig in te sluit. Ek is gevolglik van mening dat
saamgestelde rente deur die respondent se statuut geoorloof was
selfs voor die wysiging. In die lig van die bewoording van die
statuut is die huidige geval onderskeibaar van 'n saak soos Boland
Bank Ltd v The Master and
Another
[1991] ZASCA 65
;
1991 (3) SA 387
(A) op 389
F-G waarop die advokaat namens die appellant gesteun het.
Volgens berekenings in die stukke is dit verder duidelik dat
selfs indien enkelvoudige rente teen die respondent se laagste koers
van toepassing op uitstaande rekenings teen Louw se skulde gehef
21
was, Louw se skuld nog steeds die appellant se skuld ingevolge
haar borgkontrak met etlike miljoene rande sou oortref het sodat
daar geen sprake kan wees dat haar posisie as borg verswaar is deur
die heffing van saamgestelde rente nie.
Ek behandel vervolgens die betoog dat die appellant se
posisie as borg verswaar is deurdat rente op beweerde ultra vires
voorskotte gehef is. Dit was gemene saak dat die respondent ter
delging van Louw se skulde gedurende die tydperk Maart 1987 tot
Januarie 1990 'n totale bedrag van meer as R4,5 m aan sy ander
groot skuldeisers Boland Bank Bpk, Die Trust Bank van Afrika
Bpk en die Landbank betaal het. Dit was verder gemene saak dat
die respondent sekere leweransiers betaal het vir goedere wat direk
aan Louw gelewer is ("die sg direkte fakture"). Die betalings aan
ander skuldeisers en leweransiers is teen Louw se rekening
gedebiteer en saamgestelde rente is daarop gehef.
22
Die respondent, synde 'n ko
perasie, is 'n statut
re liggaam
wat sy bevoegdhede aan die Ko
perasiewet 91 van 1981 ontleen.
Die bevoegdhede van ko
perasies word vervat in art 49 van die
Ko
perasiewet, die tersaaklike gedeeltes waarvan as volg lees :
"49(1) 'n Ko
perasie kan, behoudens die bepalings van
hierdie Wet en die uitsluitings en kwalifikasies in sy statuut
vervat, alles doen wat redelikerwys nodig is om sy doelstellings uit te voer, en in besonder -
(u) aan sy lede geld voorskiet."
Artikel 7 van respondent se statuut handel met sy
bevoegdhede en die relevante gedeeltes daarvan lees as volg:
"7(1) Die ko
perasie kan behoudens die bepalings van die
Wet en die statuut alles doen wat nodig is om sy
doelstellings uit te voer en kan in besonder die
bevoegdhede soos uiteengesit in artikel 49(1) van die
Wet uitvoer maar onderhewig aan die volgende uitsluitings en kwalifikasies.
(b) die bevoegdhede wat deur die ondergenoemde
23
subartikels van artikel 49(1) van die Wet
gemagtig word, word soos volg gekwalifiseer
(iv) by die uitvoering van subartikel l(u) mag
die kooperasie geld aan sy lede voorskiet
slegs as voorskotte op landbouprodukte
deur hulle aan hom afgelewer en as
voorskotte vir die betaling van ..."
(Die uitsonderingsgevalle wat volg is nie
van toepassing nie.)
Namens die appellant is betoog dat die betalings van appellant se skulde sowel as direkte fakture beide verbode voorskotte daarstel
en gevolglik nietig is ingevolge para 7(l)(b) van die respondent se statuut. In hierdie verband het beide partye aanvaar dat die woorde
in para 7(l)(b), "geld aan sy lede voorskiet", na 'n lenings=
ooreenkoms in gemeenregtelike sin verwys.
Wat betref die betalings aan Louw se skuldeisers, stel die
blote betaling deur A van B se skuld aan C volgens ons reg nie
24
opsigself 'n leningsooreenkoms tussen A en B daar nie. A sou in
die algemeen 'n verhaalsreg h
teen B wat gegrond is op
onregmatige verryking maar in die afwesigheid van 'n ooreenkoms
tussen A en B ingevolge waarvan A aan B geld leen deur middel
van die betaling van B se skuld aan C, volg dit nie uit die blote feit
van betaling dat die betaling ingevolge 'n leningsooreenkoms
geskied het nie. Sien Odendaal v Van Oudtshoorn
1968 (3)
SA 433
(T) op 437 A; Standard Bank Financial Services Ltd v Taylam
(Pty)
Ltd
1979 (2) SA 383
(C) op 387 D-G en Kirsten and
Another
v Bankorp Ltd and Others
1993 (4) SA 649
(C) op
659 G-I. In die huidige saak is daar geen feite hoegenaamd
waarop bevind kan word dat daar 'n leningsooreenkoms aangegaan
is tussen Louw en die respondent vir die betaling deur die
respondent van Louw se skulde aan die ander skuldeisers nie.
Inteendeel, indien daar so 'n leningsooreenkoms aangegaan was,
25
sou mens 'n verwysing daarna verwag het in die ooreenkomste van
27
April
l987
en
27
Mei
l988, wat
nie
die
geval is
nie. Al
wat
bekend is, is die feit van die betalings wat teen Louw se lopende
rekening gedebiteer is. Daar kan gevolglik nie bevind word dat
die respondent deur die betalings geld aan Louw geleen het nie en
dat die betalings ultra vires die statuut was nie.
Wat die sogenaamde direkte fakture betref, blyk dit dat in di
gevalle waar die respondent nie goedere wat Louw benodig het in
voorraad gehad het nie, Louw gemagtig is om die goedere direk
van 'n ander verskaffer te bestel en lewering daarvan te ontvang.
Die respondent het dan die ander verskaffer betaal en Louw se
rekening gedebiteer. Wat ookal die presiese aard van sulke
transaksies is, is daar geen basis op die stukke om die betalings
deur die respondent as lenings aan Louw te beskou nie. Dit wil
voorkom dat dit niks meer as 'n werkswyse was wat die respondent
26
gevolg het vir die verskaffing van benodighede aan sy lede wat
heeltemal geoorloof sou wees ingevolge art 7(1) van sy statuut en
art 49(1) van die Ko
perasiewet 91 van 1981. Gevolglik kan ook
nie bevind word dat die betalings van direkte fakture ultra vires
respondent se statuut was nie.
Daar is ten slotte namens die appellant betoog, met 'n beroep
op die beslissing in Kalil v Decotex (Pty) Ltd and Another
1988
(1) SA 943
(A) op 980 B-D, dat die sekwestrasiebevel nie toegestaan moes gewees het nie omdat die appellante haar aanspreeklikheid op bona fide
en redelike gronde betwis. Ek
stem nie saam nie. Soos hierbo blyk, was die uiteindelike verwere
gebaseer op 'n uitleg van die betrokke verbandaktes en die
respondent se statuut. Geen oorblywende feitegeskille het hierby 'n rol gespeel nie. Die sogenaamde Badenhorst-re
l waarna in die Kalil
-saak verwys is op 980 D-G kan dus geen toepassing in die
27
huidige saak vind nie. Sien ook Re a Company, ex parte Fin Soft
Holdings
SA
1991 BCLC 737
(Ch
D) op
738f-740c.
Gevolglik word die app
l met koste, insluitende die koste van
twee advokate, afgewys.
W VIVIER AR.
EKSTEEN AR)
SCHUTZ AR)
ZULMAN AR)
STREICHER AR) Stem saam.