About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1997
>>
[1997] ZASCA 83
|
|
Regering van die Republiek van Suid-Afrika v Disotto en Andere (8/96) [1997] ZASCA 83; 1998 (1) SA 728 (SCA); [1998] 1 All SA 9 (A); (29 September 1997)
Saak No 8/96
DIE HOOGSTE HOF VAN APP
L
VAN SUID-AFRIKA
In die saak tussen:
DIE REGERING VAN DIE REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
APPELLANT
en
LINO PIETER DISOTTO
le RESPONDENT
PETRUS PAULUS JOCHEMUS
VAN DER VYVER
2e RESPONDENT
SYMINGTON & DE KOK
3e RESPONDENT
VOOR: SMALBERGER, HOWIE, MARAIS, SCHUTZ ARR en STREICHER Wnd AR
DATUM VERHOOR: 18 SEPTEMBER 1997
DATUM GELEWER: 29 SEPTEMBER 1997
UITSPRAAK STREICHER, Wnd AR:
Die tweede respondent het 'n aansoek teen die eerste respondent gebring met betrekking tot die mielie- en grondbone-oes
2
op die eerste respondent se plaas Drie Doorns, Bothaville. Na aanleiding van die aansoek het die hof 'n bevel gemaak ingevolge waarvan
onafhanklike kontrakteurs sou toesien tot die afhandeling van die oes. Die volle opbrengs van die oes en oesreste moes in trust inbetaal
word by die derde respondent, Dit moes deur die derde respondent in 'n rentedraende trustrekening gehou word hangende die finale
beregting van 'n aksie wat deur die tweede respondent teen die eerste respondent ingestel sou word. Ingevolge die hofbevel is 'n
bedrag van R92 987,10 in trust by die derde respondent inbetaal. 'n Aksie ten opsigte van die geld wat so inbetaal is, is deur die
tweede respondent teen die eerste respondent ingestel en is geskik op die basis dat die eerste respondent toegestem het dat die bedrag
aan die tweede respondent betaal word.
3
Die appellant het aansoek gedoen teen die eerste, tweede en derde respondente vir 'n verklarende bevel dat hy die eienaar is van R56
529,89 van die bedrag wat in trust by die derde respondent inbetaal is. Die appellant beweer dat hy die eiendomsreg in die betrokke
oes verkry het as sekuriteit vir geld wat aan hom verskuldig is deur die eerste respondent. Hy voer aan dat hy, as gevolg van sodanige
eiendomsreg, geregtig is op die bedrag van R56 529,89. Die appellant se aansoek, wat slegs deur die tweede respondent geopponeer
is, is deur die hof a quo van die hand gewys met koste. Met verlof van die hof a quo kom die appellant nou in ho
r beroep teen die afwysing van sy vordering.
Die appellant se aanspraak op die bedrag van R56 529,89 is gebaseer op die bepalings van die Wet op Landboukrediet 28 van 1966 ("die
Wet") en ooreenkomste deur hom
4
aangegaan met die eerst
respondent.
Die Wet maak ingevolge artikel 10 daarvan voorsiening vir die verlening deur 'n Landboukredietraad ("die Raad") van bystand
by wyse van 'n lening, op die bedinge en voorwaardes deur die Raad bepaal, aan persone wat boerdery beoefen of ondemeem om dit te
beoefen. Die Raad het ingevolge hierdie bepaling bystand vir die aankoop van sekere roerende goed aan die eerste respondent verleen
by wyse van twee lenings ten bedrae van R56 668 en R68 740 onderskeidelik.
Artikel 38 van die Wet bepaal soos volg:
"38(1) Wanneer daar ingevolge hierdie Wet 'n voorwaarde gestel word dat die eiendomsreg op roerende goed op die Staat oorgedra
moet word as sekuriteit of gedeeltelike sekuriteit vir -
(a)
bystand aan 'n persoon verleen; of
(b)
enige bedrag ingevolge hierdie Wet op 'n persoon verhaalbaar,
5
gaan die Minister en daardie persoon 'n ooreenkoms aan waarby bedoelde eiendomsreg aldus oorgedra word. (2) Sodra so 'n ooreenkoms
aangegaan is, word die roerende goed waarop dit betrekking het, ondanks andersluidende wetsbepalings of bepalings van die gemene
reg, die eiendom van die Staat."
Die omskrywing, in artikel 1 van die Wet, van "roerende
goed", verskil in bewoording van die omskrywing in die Engelse teks
van "movable property". Die omskrywing lees soos volg (die ter sake
sinsnede in die Engelse teks word in hakies aangedui):
"Ook gewasse, gesaaides of vrugte, hetsy dit geoes is al dan nie, en met betrekking tot roerende goed wat uit hoofde van 'n in
artikel 38 bedoelde ooreenkoms die eiendom van die Staat is, ook-
(a)
roerende goed wat bedoelde roerende goed uit hoofde van 'n in artikel 39 bedoelde voorwaarde of voorskrif vervang of aanvul;
(b)
in die geval van roerende goed wat uit lewende hawe bestaan, die aanteel daarvan en enige produk wat uit sodanige lewende hawe of
aanteel verkry word;
(c)
in die geval van roerende goed wat bestaan uit gewasse, gesaaides of vrugte, hetsy dit geoes is al dan nie, of
6
enigiets wat by die kweek van gewasse, gesaaides of vrugte gebruik word, alle gewasse, gesaaides of vrugte (all such crops or fruit),
hetsy dit geoes is al dan nie, wat nadat die bedoelde ooreenkoms aangegaan is, deur die persoon wat dit aangegaan het, gekweek word."
Ek sal hiema na "gewasse, gesaaides of vrugte" verwys as "gewasse".
Dit volg dus dat, waar die eiendomsreg in roerende goed, bestaande uit gewasse of iets wat by die kweek van gewasse gebruik word,
by ooreenkoms ingevolge artikel 38 oorgedra word aan die Staat, alle gewasse (volgens die bewoording van die Afrikaanse teks) of
al sulke gewasse (volgens die bewoording van die Engelse teks) ook roerende goed is waarvan die eiendomsreg ingevolge artikel 38
oorgedra kan word aan die Staat.
Ingevolge artikel 38 het die appellant en die eerste respondent 'n skriftelike ooreenkoms aangeg
an ten opsigte van elk
7
van die voormelde
eningsbedrae. In elk van die ooreenkomste is die
roerende goed vir die aankoop waarvan bystand verleen is,
gespesifiseer. Behalwe dat die bedrae verskil, is die bewoording van
die twee ooreenkomste identies.
Klousule B(a) van die ooreenkomste bepaal:
"(a) Die eiendomsreg op 'die goed' berus by ontvangs daarvan deur die Skuldenaar by die Staat as sekuriteit vir enige bedrag
plus rente kragtens die Wet deur die Departement op die Skuldenaar verhaalbaar kragtens hierdie ooreenkoms."
In die ooreenkomste word "die goed" omskryf as die
roerende goed vir die aankoop waarvan bystand verleen is,
insluitende, in ooreenstemming met die woordomskrywing van
"roerende goed" in die Wet, alle gewasse, gesaaides of vrugte, hetsy
dit geoes is al dan nie, wat nadat die ooreenkomste aangegaan is,
deur die persoon wat dit aangegaan het, gekweek word.
8
Die goed, vir die aankoop waarvan bystand verleen is, word soos volg in die ooreenkomste beskryf:
"(a)
Saad
(b)
Kunsmis
(c)
Brandstof/smeermiddels
(d)
Spuitstof
(e)
Onderdele/herstelkoste aan trekkers/implemente"
Volgens die appellant is 'n bedrag van R85 107,74 plus rente aan hom verskuldig uit hoofde van die ooreenkomste. Die appellant voer
aan dat die eerste responden
die betrokke oes gekweek het. Hy beweer dat hy, uit hoofde van die bepalings van artikel 38 van die Wet en die bepalings van die
voormelde ooreenkomste, die eienaar van die oes was en dat hy gevolglik die eienaar is van die geld wat in die trustrekening van
die derde respondent inbetaal is.
Die rweede respondent daarenteen ontken da
die oes
9
deur die eerste respondent gekweek is en dat die eerste respondent enige aanspraak daarop gehad het. Volgens hom het hy 'n lening
aan die eerste respondent gemaak. Hy beweer dat hy, ten einde die geld aan hom verskuldig te verhaal, uitdruklik met die eerste respondent
ooreengekom het:
(a)
Dat hy geregtig sou wees om 'n oes op die plaas Drie Dooms te vestig op sy koste.
(b)
Dat die eerste respondent die vestiging en nasorg van die oes en ook die stroop daarvan namens hom sou administreer.
(c)
Dat 'n bedrag van Rl 200 per maand as maandelikse salaris deur hom aan die eerste respondent betaalbaar sou wees.
(d)
Dat hy verantwoordelik sou wees vir die betaling van alle lone ten opsigte van die vestiging, versorging en afhaal
10
van die oes.
(e)
Dat hy verantwoordelik sou wees vir die koste daaraan verbonde om die eerste respondent se bakkie in 'n lopende toestand te bring.
(f)
Dat hy verantwoordelik sou wees vir die herstelkoste aan die implemente van die eerste respondent wat gebmik word met betrekking tot
die oes.
(g)
Dal die eerste respondent twee trekkers beskikbaar sou stel, welke
rekkers herstel moes word en dat hy, die tweede responden
, verantwoordelik sou wees vir die herstelkoste.
Die tweede respondent beweer verder dat hy twee trekkers, twee ploe
en 'n groot vragmotor beskikbaar gestel het en dat hy alle koste met betrekking tot die "insit van die oes", soos byvoorbeeld
koste in verband met saad, diesel, kunsmis, mielies, lone
11
en spuitstof, betaal het. Volgens hom het hy al sy verpligtinge
ingevolge die ooreenkoms nagekom en het die totale bedrag deur
hom spandeer ten opsigte van die vestiging van die oes R131 700
beloop.
Beckley R het bevind:
"Na. my mening is dit duidelik dat die applikant slegs eiendomsreg op 'die goed' verkry wat aan 'die skuldenaar' (d.w.s. die
eerste respondent) verskaf word en wat gebruik word in die verboning van gewasse, gesaaides of vrugte. In die onderhawige geval is
dit gemeensaak dat die betrokke oeste nie verbou is met 'die goed', d.w.s. die saad, kunsmis, brandstof en onderdele wat deur die
applikant (dic Departement) aan die eerste respondent voorsien en verskaf is nie, maar inderdaad met die saad, kunsmis, ens. wat
deur die tweede respondent voorsien en verskaf is. Die enigste betrokkenheid van die eerste respondent by die betrokke oeste, is
dat die oeste geproduseer is op sy eiendom. Hy sou geen direkte aanspraak h
op die oes nie en het geen finansi
le belang daarin gehad nie, in die sin dat hy 'n deel van die opbrengs sou ontvang nie."
Die appellant betoog dat Beckley R fouteer het. Hy voer
12
aan dat hy die eienaar geword het van alle gewasse wat na die aangaan van die ooreenkomste deur die eerste respondent gekweek is,
hetsy vir sy eie rekening hetsy ten behoewe van 'n derde. Hy voer verder aan dat dit so is onafhanklik daarvan of die betrokke roerende
goed, wat as sekuriteit aan hom oorgedra is, by die kweek daarvan gebruik is,
Die tweede respondent betoog dat die Wet beperkend uitgel
moet word. Hy voer aan dat Beckley R tereg bevind het
-
dat slegs die eiendomsreg in gewasse wat deur die eerste respondent gekweek is aan die Staat oorgedra kon word; en
-
dat die betrokke gewasse nie deur die eerste respondent gekweek is nie.
Wa
betref gewasse wat na die aangaan van 'n ooreenkoms gekweek is, betoog die tweede respondent dat slegs
13 gewasse, by die kweek waarvan roerende goed, wat ingevolge artikel 38 as sekuriteit aan die Staat oorgedra is, gebruik is, kwalifiseer
as "roerende goed' wat ingevolge die artikel aan die Staat oorgedra kan word.
By die vertolking van die Wet moet die woorde daarvan in hulle gewone, grammatikale betekenis verstaan word tensy dit uit die samehang
van die Wet blyk dat so 'n vertolking aanleiding tot 'n absurditeit sal gee of tot 'n resultaat sal lei wat strydig met d
e duidelike bedoeling van die Wetgewer is, in welke geval van die gewone grammatikale betekenis van die woorde afgewyk kan word ten
einde aan die duidelike bedoeling van die Wetgewer gevolg te gee (Landboukredietraad v Vrystaat Lewendehawe Ko
perasie Bpk
1990 (1) SA 106(A)
op 112F).
Beide die Wet en die ooreenkomste vereis vir die
14 oordrag aan die Staat van die eiendomsreg in gewasse, wat na die
aangaan van die ooreenkomste gekweek is, dat hulle gekweek moes
wees deur die persoon met wie die Staat die ooreenkomste aangegaan
net.
-
Die appellant voer aan dat die woorde "deur die persoon . . . gekweek word" uitgel
moet word om te beteken "deur die persoon . . . hetsy vir homself hetsy vir 'n ander persoon gekweek word".
Die Wet moet beperkend vertolk word omrede dit 'n ingrypende inbreukmaking op die gemeneregtelike beginsels met betrekking tot die
oordrag van eiendomsreg daarstel en ander skuldeisers daardeur benadeel kan word (vgl Carolus Kraal Farms
1994(3) SA 407(A) op 423D).
15
Die uitleg deur die appellant aan die hand gedoen strook nie met die gewone grammatikale betekenis van die woorde deur die wetgewer
gebruik nie. Verder sou so 'n uitleg in stryd wees met die vereiste dat die Wet beperkend vertolk moet word. So 'n uitleg kan ook
'n resultaat tot gevolg h
wat beswaarlik deur die wetgewer beoog kon gewees het. Dit kan naamlik tot gevolg h
dat gewasse wat deur 'n persoon as werknemer vir 'n niksvermoedende derde gekweek word, op daardie derde persoon se plaas, met daardie
persoon se saad en ander benodigdhede, die eiendom van die Staat word.
Ingevolge 'n behoorlike uitleg van die Wet kon slegs die eiendomsreg in gewasse wat na die aangaan van die ooreenkomste deur die eerste
repondent self (of namens hom) gekweek is, dus ingevolge artikel 38 aan die Staat oorgedra word.
16
Die tweede respondent se bewerings aangaande die ooreenkoms tussen hom en die eerste respondent met betrekking tot die vestiging van
die oes op die eerste respondent se plaas en sy bewerings dat hy sy verpligtinge ingevolge die ooreenkoms nagekom het en dat hy alle
insetkoste met betrekking tot die oes betaal het, is nie deur die appellant betwis nie. Onder die omstandighede is dit duidelik dat
die mielies en grondbone wat geoes is nie deur die eerste respondent gekweek is soos vereis deur artikel 38 en die ooreenk
mste tussen die appellant en die eerste respondent nie. Ten beste vir die appellant het die eerste respondent die mielies en grondbone
wat geoes is ten behoewe van die tweede respondent gekweek.
Dit volg dus dat die appellant nie die eienaar was van die betrokke oes nie. Dit volg verder da
die appellant nie uit hoofde
17
van eiendomsreg in die oes aanspraak kan maak op die opbrengs wat by die derde respondent inbetaal is nie.
Die Wet plaas geen beperking op die werklik roerende goed wat ingevolge artikel 38 aan die Staat in eiendomsreg oorgedra kan word
nie. Insoverre Beckley R bevind het dat gewasse, gesaaides of vrugte, wat na die aangaan van die ooreenkoms ingevolge artikel 38
gekweek is, slegs in eiendomsreg oorgedra kan word indien dit inderdaad deur gebruikmaking van daardie goed gekweek is, is die korrektheid
van die bevinding te betwyfel. In die lig van die voorgaande is die egter onnodig om te beslis of die oes, indien dit wel gekweek
was deur die eerste respondent, sou kwalifiseer as gewasse waarvan die eiendomsreg aan die Staat oorgedra kon word ingevolge artikel
38 van die Wet, nieteenstaande
18
die feit dat die roerende goed wat aan die Staat oorgedra is, nie by die kweek daarvan gebruik is nie. Dit is ook onwenslik om hierdie
geskilpunt te beslis inter alia aangesien die verskil in bewoording tussen die Afrikaanse en Engelse teks van die Wet, waarna hierbo
verwys is, moontlik ter sake is en geen volledige argument ten aansien van die effek, indien enige, van die verskil in bewoording
voorgedra is nie.
Die bovermelde geskilpunte was die hoofgeskilpunte tussen die partye. In die lig van my siening ten aansien van daardie geskilpunte
is dit onnodig om te beslis of die appellant, indien hy wel die eienaar van die oes geword het, 'n geldige aanspraak sou h
op die geld wat by die derde respondent inbetaal is.
19
Die app
l word gevolglik van die hand gewys met koste.
P E STREICHER
Wnd App
lregter
SMALBERGER, AR
)
HOWIE, AR
) STEMSAAM
MARAIS, AR
)
SCHUTZ, AR
)