Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk. Saayman NO (650/93) [1997] ZASCA 62; 1997 (4) SA 302 (SCA); [1997] 3 All SA 391 (A); (30 May 1997)

82 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Capacity to contract — Mental incapacity — Appellant sought to enforce a suretyship and cession executed by the respondent's mother, who was alleged to have been mentally incapacitated at the time of signing — Court a quo found on a balance of probabilities that the mother lacked the necessary insight into the implications of the contract, rendering her incapable of being bound by it — Appeal dismissed, upholding the lower court's finding of mental incapacity.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1997
>>
[1997] ZASCA 62
|

|

Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk. Saayman NO (650/93) [1997] ZASCA 62; 1997 (4) SA 302 (SCA); [1997] 3 All SA 391 (A); (30 May 1997)

DIE
HOOGSTE HOF VAN APP
L
VAN
SUID-AFRIKA
Saak
No 650/93
In die saak tussen:
EERSTE
NASIONALE BANK
VAN
SUIDELIKE AFRIKA BEPERK
APPELLANT
en
ELISABETH ANNA SAAYMAN NO RESPONDENT
VOOR
: HEFER, VIVIER, OLIVIER, ZULMAN ARR en STREICHER Wnd AR
DATUM VERHOOR
: 5 en 6 MEI 1997
DATUM GELEWER
: 30 MEI 1997
UITSPR
AAK
STREICHER, Wnd AR
:
Hierdie is 'n app
l leen 'n beslissing
van Conradie R in
2
die Kaapse Provinsiale Afdeling ingevolge waarvan hy die appellant
beveel het om sekere aandelesertifikate aan die respondente (die
eiseres in die hof a quo te oorhandig en ingevolge waarvan hy 'n
teenvordering van die appellant ("ENB") van die hand gewys het.
Die respondente tree op in haar hoedanigheid as die
knrator bonis van haar moeder, mev Malherbe. ENB se teeneis en
verweer teen die respondente se vordering was gebaseer op 'n
borgakte en 'n sessie wat deur mev Malherbe onderteken is op 2 Mei
1989. Die hof a quo het bevind dat op 'n oorwig van
waarskynlikhede bewys is dat mev Malherbe gees
esongesteld was
toe sy die borgkontrak en sessie onderteken het en dat sy so min
insig in die impak wat dit moontlik op haar eiendom kon h
, gehad
het, dat sy in alle billikheid nie aan d
e kontrak gebonde gehou
behoort te word nie.
3
Mev Malherbe is gebore in 1904. Haar vader was 'n kieremaker wat na Suid-Afrika ge
mmigreer het. Na haar
skoolopleiding in Suid-Afrika het sy tegniese opleiding as 'n
kleremaakster in Duitsland ondergaan. Sy is later getroud. Twee kinders, die respondente en 'n seun, Willem, is uit die huwelik
gebore. Nadat sy getroud is, het sy, afgesien van die vervulling van
haar huishoudelike pligte, nie gewerk nie. Haar eggenoot het al die
finansi
le sake van die gesin hanteer tot ongeveer twee jaar voordat
hy in 1967 oorlede is. Op daardie stadium het hy so agteruitgegaan
dat mev Malherbe tekenmagte op sy bankrekening moes verkry. Die
gesin het 'n huis, genaamd Immergroen, te Stellenbosch bewoon en
tydens die verhoor het mev Malherbe steeds in die huis gewoon.
Haar eggenoot was vir 40 jaar lank 'n professor in landbou aan die
Universiteit van Stellenbosch. Hy het as 'n stokperdjie sy spaargeld
4
in aandele bel
. Die pensioengeld wat hom toegekom het, het hy in
een som geneem en d
t ook in aandele bel
. By sy afsterwe het hy 'n
aansienlike aandeleportefeulje, bestaande uit aandele genoteer op die
Johannesburgse effektebeurs, asook die eiendom Immergroen, aan
mev Malherbe nagelaat. Na haar vader se dood het mev Malherbe
ook sy huis in Tamboerskloof, Kaapstad ge
rf. Sy was gevolglik 'n besonder welgestelde weduwee. Die inkomste waarvan sy geleef het,
het bestaan uit die dividende op die aandele wat sy geerf het en
huurinkomste ten opsigte van die huis in Kaapstad.
Die respondente het 'n M.A. graad in sielkunde verwerf.
Willem is volgens die respondente besonder kunstig. Hy het die foto's
geneem en die illustrasies gedoen vir verskeie boeke, onder andere,
'n boek getiteld "The Cape House Interior" wat in 1985 gepubliseer
5 is.
Kort na die dood van haar eggenoot was mev Malherbe
nog redelik fiks. Sy het elke dag dorp toe gestap om haar mkopies te
gaan doen. Sy was lief gewees om aan uitstappies deel te neem. Sy
het baie daarvan gehou om sosiaal te verkeer en het aan verskillende
verenig
ngs behoort. Vanaf 1972 het sy progressief meer hardhorend
geraak. In 1975 het sy 'n terugslag beleef en was sy vir veertien dae
bedl
end. Sy was duiselig, het gevoel of haar kop draai, kon omtrent
nie eet nie en was naar. M
ni
re sindroom is gediagnoseer.
Die respondente het getuig dat sy haar moeder vanaf die
dood van haar vader feitlik op 'n daaglikse basis gesien het. Volgens
haar het mev Malherbe na die voormelde terugslag baie
agteruitgegaan. Sy het in die verlede begin leef en oor en oor
dieselfde stories oor die ou dae vertel. Sy was egter steeds in staat
6
om 'n gesprek te voer oor aangeleenthede wat binne haar belangstellingsveld geval het.
Vanaf 1980 het mev Malherbe gereeld teenoor die
respondente gekla dat sy verskriklik sleg voel. Sy het gekla dat haar kop draai, dat sy 'n geklop in haar kop voel en 'n gesuis in
haar ore
het. Sy kon dan op niks konsentreer nie en kon maar net l
. Met
verloop van tyd het die aanvalle vererger. Soms het mev Malherbe
geval en beserings aan haar kop opgedoen. Vanaf 1986 het sy
gloukoom in die een oog gehad wat haar feitlik blind in die oog
gemaak het. In die ander oog het sy katarakke ontwikkel wat veral
haar naby sig aangetas het. Sedert 1984 het sy met behulp van 'n
vergrootglas gelees.
Vanaf 1980 het die respondente haar moeder gereeld
dorp toe geneem vir inkopies. Op 1 Julie 1988 is mev Malherbe egter
7
aangerand. Daama was sy baie angstig en wou sy nie meer buite die
huis gaan nie. Sy het nie meer dorp toe gegaan nie en die respondente het haar inkopies vir haar gedoen.
Dr Von Delft was sedert 1973 die huisdokter van mev
Malherbe. Uit sy getuienis blyk dit dat sy gely het aan uitermate ho
bloeddruk waarvoor sy medikasie moes gebruik. Sy het op verskeie
geleenthede gekla van duiseligheid. Verskeie kere deur die jare is
M
ni
re se sindroom, vertigo, kloudikasie (pyn in die bene a.g.v.
ontoereikende bloedvoorsiening), tinnitis, neuralgie en kor
stondige
serebrale iskemie (ontoereikende bloedvoorsiening) gediagnoseer.
Gedurende die periode 1984 tot 1989 is kortstondige serebrale iskemie op vier geleenthede gediagnoseer. Op een geleentheid
gedurende 1980 is serebra
e synkopee ('n tydelike verlies van
bewussyn as gevolg van onvoldoende bloedvloei na die brein)
8
gediagnoseer en op 8 Januarie 1993 is spanning en depressie
ged
agnoseer.
Op die getuienis voor die hof is dit moeilik om met
presiesheid vas te s
el wat met mev Malherbe se aandele gebeur het.
Mev Malherbe het self getuig, maar mens kry die indruk dat sy as 'n
bewysstuk voor die hof geplaas is en nie as 'n getuie geroep is nie.
Gevra waar haar aandele vandag is, het sy geantwoord: "Ek weet nie,
ek het nie meer aandele nie." Op die vraag of dit deur Willem is wat sy die aandele verloor het, het sy geantwoord: "Ek
weet nie, ek weet
nie. Ek weet nie wie die oorsaak daarvan is nie."
Volgens die respondente het mev Malherbe baie
spaarsamig geleef, tot so 'n mate dat sy as vrekkerig beskryf kon
word. Sy het nie geld op haarself nie maar wel op die kunste
spandeer soos in die geval van die pub
ikasie van die voormelde
9
boek. Sy het alles opgegaar soos onder andere wyn- en
marmitebottels. Sy het die warmwatersilinder van tyd tot tyd
afgeskakel om elektrisiteit te bespaar. Al haar aankope het sy in
kontant gedoen.
Kort na haar man se dood het mev Malherbe van haar
aandele verkoop en 'n eiendom in die Strand gekoop. Sy het ook die
aandele in 'n maatskappy Franken
nvestments (Edms) Bpk, wat die
eienaar van drie erwe te Kuilsrivier was, gekoop. In die laat
sewentiger jare het sy die aandele in Franken Investments oorgedra
aan Willem sodat hy huise op die drie erwe kon bou. Haar aandele
in Cosmodata (Edms) Bpk, die maatskappy in wie se naam die
eiendom in die Strand geregistreer is, het sy aan die respondente
oorgedra. In 1981 het sy haar Remgro en Tegkor aandele in drie
verdeel. Een derde van daardie aandeelhouding het sy oorgedra aan
10
Franken Investments, een derde aan Cosmodata en een derde het sy
self behou. Op daardie stadium het haar aandele portefeulje ook nog
talle ander waardevolle aandele bevat.
In 1982 het mev Malherbe 'n borgakte, beperk tot 'n
bedrag van R120 000, ten guns
e van Volkskas onderteken ten
opsigte van die skulde van Oewerpark (Edms) Bpk, een van Willem
se maatskappye. Sy het terselfdertyd, ingevolge 'n algemene
pandakte, en as sekuriteit, aandele aan die bank gesedeer.
Gedurende 1985 het mev Malherbe finansi
le hulp ten
bedrae van R80 000 ten opsigte van die publikasie van die voormelde boek "The Cape House Interior" verleen. Die winste van
die boek sou
na die Stellenbosch Museum gaan.
Op 6 Desember 1985, 30 September 1986 en 6 Oktober
1986 het mev Malherbe onbeperkte borgaktes ten gunste van
11
Volkskas geteken ten opsigte van Willem se maatskappye, Franken
Investments (Edms) Bpk, Kenmerk Bouers (Edms) Bpk en Oewerpark (Edms) Bpk onderskeidelik.
Volgens die bestuurder van die Nedbank-tak te
Stellenbosch gedurende die jare 1986 tot 1991, het Dalsig Minerale
Beperk (een van verskeie Dalsig maa
skappye) op 13 Januarie 1987
'n rekening by Nedbank geopen. 'n Oortrokke rekening fasiliteit is
aan Dalsig Minerale toegestaan en 'n onbeperkte borgakte is van mev
Malherbe,
f ten opsigte van die skuld van Dalsig M
nerale
f ten opsigte van die skuld van Willem, wat ook die rekening gewaarborg
het, verkry. Die datum waarop die borgakte onderteken is, is
onbekend. As sekuriteit het Nedbank die volgende aandele van mev
Malherbe ontvang:
2664 Genbel Investments Limited
12
2890 UBS
Beherende Beperk
11500 Volkskas Groep Beperk
32495 Richemont Securities AG
50000 Tegniese Beleggingskorporasie Beperk.
Willem het 'n finansi
le belang in die Dalsig
maatskappye gehad en was ook 'n direkteur van die maatskappye.
Op 10 November 1988 het mev Malherbe 'n onbeperkte
borgakte ten gunste van Trust Bank ten aansien van die skulde van Dalsig Diamante (Edms) Bpk onderteken. Ongeveer dieselfde tyd het
sy twee standaard beperkte blanko pandaktes en 'n standaard
algemene pandakte, ook in blanko, ten gunste van Trust Bank
onderteken. Verder het mev Malherbe 16 vorms, wat deur Trust
Bank gebruik word om kennis te gee dat regte in aandele aan Trust
Bank gesedeer is en dat die dividende ten opsigte van die aandele aan
13
Trust Bank betaal moet word, in blanko onderteken. Mev Malherbe
het ook agt blanko aandele-oordragvorms onderteken. Al die
voormelde handtekeninge is waarskynlik deur middel van Willem
verkry. Die dokumente is almal deur Dalsig Diamante aan Trust
Bank gelewer.
Op 13 Desember 1988 het Dalsig Mynbou Bpk soos volg
aan mev Malherbe geskryf:
"
i/s Onder genoemde effekte geregistreer in u naam
54 000 Richemont Securities AG depositobewyse
54 000 Rembrandt Groep Beperk 10 000 Fedfood Beperk
300 Allied Technologies Bpk 20 620 Zandpan Gold Mining Co Ltd Ons erken hiermee dat u bogenoemde goedgunstiglik
beskikbaar gestel het om te dien as sekuriteit vir lenings wat
Dalsig Mynbou Beperk mag aangaan. Die maatskappy onderneem om:
(a)
Bogenoemde aandeelsertiGkate aan u
terug te besorg
na
dertig dae kennisgewing.
(b)
Binne sewe dae na verklaring u
bankrekening te
krediteer
met die ekwivalent van dividende of ander voordele
(a)
14
wat u mag verbeur indien bogenoemde effekte gedurende die
leningsperiode tydelik vervreem word."
Op dieselfde dag
het Dalsig Minerale Bpk 'n identiese
brief aan mev Malherbe geskryf ten opsigte van die volgende
aandele:
32 495
Richemont Securities AG Depositobewyse
50 000
Tegniese Beleggings Korporasie Bpk
11 500
Volkskas Groep Bpk
2 664
Genbel Investments Ltd
2 890
UBS Holdings Ltd
Gedurende Desember 1988 is die aandele wat aan Dalsig
Mynbou beskikbaar gestel is, verkoop. Mev Malherbe was hoogs
ontsteld toe sy van die verkoping hoor. In haar dagboek het sy op 10
Februarie 1989 afwisselend in Afrikaans, Engels en Duits haar seun Willem blameer dat hy haar 'n gekke ding laat teken het, dat hulle
haar kapitaal verkoop en verkwansel het, dat sy nou sou moes sien hoe om klaar te kom sonder 'n inkomste, dat hulle haar genadeloos
15
in die rug gesteek het, dat hulle ormosele donkies was wat "gilt edged
shares" in die vullisblik gegooi het en dat die Rembrandt en Tegkor
aandele, wat sy en haar man so goed opgepas het, vir ewig weg is.
Sy het verder geskryf (die Engelse gedeelte is uit Duits in Engels
vertaal):
"(T)hat which could have helped you and your two children in
emergency one day you despised and threw away when it does
not even belong to you. You had your 10000. Why did you
not put them in a safe place? Then you would have been an
honest millionaire today without any troubles. No you are so
clever and think you know better. A bird in the hand, then
you know what you've had.
I
think damn little of your ethics.
Pappa sou tot in sy siel geskok wees om te dink dat so iets
met sy swaar verdiende spaargeld ooit kon gebeur. As so iets
met 'n trust, 'n prokureur, 'n bank gebeur is dit bedrog, maar 'n
vrou wat haar laat iets wys maak, is 'n slagoffer wat eenvoudig stil bly om 'n skandaal te vermy. So iets kan moord laat gebeur
as die verkeerde persoon daar inmeng. - En dit moet ek teen
alle koste vermy, al stik ek van woede.
Ek moet nou so spoedig moontlik oor die paar bates wat ek
nog hou, 88 en 14 en my lewenspolis re
lings tref, sodat dit
16
nie ook nog op die brandstapel beland."
(Die "88" en "14" verwys na mev Malherbe se huise in Kaapstad en
Stellenbosch onderskeidelik.)
Volgens 'n aantekening in haar dagboek gedateer 11
Februarie 1989, het mev Malherbe vir Willem dieselfde aand gesien
en het hy belowe om 30 dae na aanvraag die Rembrandt en Tegkor
aandele "terug te plaas" en om enige diw
dend verlies te vergoed,
Op 2 Mei 1989 het mev Malherbe die borgakte, beperk
tot 'n bedrag van Rl 500 000, ten gunste van ENB onderteken ten
opsigte van die skulde van Dalsig Mynbou. By dieselfde geleentheid
het sy ook die algemene sessie aan ENB van alle aandele wat aan
ENB gelewer word, onderteken. Op daardie stadium was 'n bedrag
van Rl 050 000 deur Dalsig Minerale aan Nedbank op 'n oortrokke
lopende rekening verskuldig en was Nedbank nie bereid om verdere
17
fasiliteite aan Dalsig Minerale toe te staan nie. Dalsig Minerale se
skuld teenoor Nedbank is gedelg deur middel van 'n tjek getrek op
Dalsig Mynbou se nuut geopende lopende rekening by ENB. Die
aandele van mev Malherbe, wat deur Nedbank as sekuriteit gehou is,
is daarteen, ingevolge 'n skriftelike versoek onderteken deur mev
Malherbe en gedateer 28 April 1989, deur Nedbank aan ENB
gelewer. Terselfdertyd het Dalsig Mynbou die ongeveer R3m skuld
van ene Keegan teenoor ENB oorgeneem teen d
e verkryging van
Keegan se aandele in Worcester Gold Mining Limited. ENB het die Worcester aandele gehou as sekuriteit ten opsigte van Keegan se
skuldverpligting wat reeds afgeskryf was. Volgens Van Heerden, wat
namens ENB die transaksie met Dalsig Mynbou onderhandel het, was
ENB nie in staat om 'n waarde op die Worcester aandele te plaas nie.
Luidens die bewoording van die borgakte onderteken deur mev
18
Malherbe het sy haar ook as borg verbind ten opsigte van die
ongeveer R3m skuld wat so deur Dalsig Mynbou oorgeneem is. ENB
het egter nie bedoel dat dit die geval moes wees nie.
Die borgakte en sessie is onderteken te ENB se
Stellenbosch-tak en wel voor die bestuurder, mnr Perold. Mev,
Malherbe was vergesel van Willem. Perold het haar meegedeel dat
die dokumentasie bestaan uit 'n waarborg vir Rl
m ten gunste van
Dalsig en 'n sessie van die aandele wat van Nederlandse Bank af sou
oorkom. Mev Malherbe het daarop die dokumente onderteken sonder
om hulle te lees.
Dalsig Minerale en Dalsig Mynbou het later 'n versoek
aan ENB gerig dat die lopende rekening van Dalsig Mynbou
oorgeplaas word in die naam van Dalsig Minerale. Op daardie
stadium, November 1989, het mev Malherbe weer 'n borgakte, beperk
19
tot 'n bedrag van Rl 500 000, ten guns
e van ENB ten opsigte van
die skuld van Dalsig Minerale geteken. Volgens Van Heerden het die
oorname egter nooit geskied nie.
Soos blyk uit 'n brief gedateer 2 Augustus 1990 het mev
Malherbe gedurende 1990 weereens aandele aan Dalsig Minerale
oorhandig. Die brief deur Dalsig Minerale lees soos volg:
"Bogenoemde maatskappy erken hiermee ontvangs van
ondergenoemde aandeel sertifikate en ondemeem om hulle
laastens op 1 November 1990 aan u terug te besorg:
5 598 Federale Volksbeleggings 3 000 Bankorp 1 680 Stanbic 600 Powertech 500 Boland Bank 348 Freegold 100 S A Eagle Insurance 49 Ofsil
U hulp word op prys gestel!"
In Junie 1991 is Dalsig Mynbou gelikwideer. Op 4 Junie
1991 het ENB aan mev Malherbe geskryf dat dit nodig mag word om
20
haar aan te spreek vir betaling onder haar borgakte ten opsigte van
Dalsig Mynbou se skuld en, indien nodig, om haar aandele, wat as
sekuriteit gehou word, te gelde te maak. In antwoord op hierdie brief
het mev Malherbe 'n brief gedateer 20 Junie 1991 onderteken waarin
sy ENB versoek om in die toekoms alle korrespondensie na die adres
van die Dalsig maatskappye te stuur.
Ingevolge 'n testament gedateer 5 Augustus 1991 het
mev Malherbe relatief Wein bedrae geld, die hoogste waarvan R5 000
was, bemaak aan instansies en aan broerskinders en kleinkinders. Sy
het haar persoonlike losgoed, wat die respondente wou h
, aan die
respondente bemaak en het die res van haar boedel bemaak aan 'n
trust. Die inkomste van die trust sou Willem toekom. By Willem se
afsterwe sou die trust tot 'n einde kom en sou die trustbates oorgaan
na sy afstammelinge. Sy het vir Willem en 'n Mnr Greeff, 'n
21
rekenmeester, aangestel as eksekuteurs van haar boedel en as
administrateurs van die
rust.
Ingevolge 'n kodisil gedateer 22 Augustus 1991 sou
Willem, in die lig van feite wat aan die lig gekom het, nie meer een
van die eksekuteurs of administrateurs wees nie. Ingevolge 'n verdere
kodisil gedateer 29 Augustus 1991 is al die spesiale bemakings,
behalwe die bemaking van die losgoed aan die respondente, gekanselleer.
Gedurende Augustus 1991 het die respondente verneem
dat Dalsig Mynbou gelikwideer word. Net daarna het sy vemeem dat
Trust Bank beslag gel
het op mev Malherbe se huis
n Kaapstad. Volgens die respondente kon mev Malherbe nie s
watse dokumente
sy alles geteken het nie. Die respondente het daarna 'n algemene
prokurasie, gedateer 14 Augustus 1991, van mev Malherbe verkry.
22
Volgens die respondente was sy baie verbaas toe sy van
die inhoud van mev Malherbe se testament te hore gekom het en kon
sy nie glo dat dit haar moeder se bedoeling korrek weergegee het nie,
veral nie in die lig van die feit dat mev Malherbe baie lief was vir
haar (respondente) se seun nie. Op respondente se navraag het mev Malherbe haar meegedeel dat haar bedoeling inderdaad was dat haar
boedel in gelyke dele tussen haar twee kinders verdeel moes word.
Op 13 September 1991 het mev Malherbe 'n totaal nuwe
testament onderteken. Ingevolge die testament het sy haar boedel in
gelyke dele aan Willem en die respondente bemaak met die
voorbehoud dat Willem se skuld teenoor haar, uit hoofde van haar
aandele wat hy gerealiseer het vir sy eie skuld, verhaal en in
verrekening gebring moes word.
Gedurende September 1991 en na aanleiding van 'n
23
aansoek deur respondente het die Hof bevind dat mev Malherbe onbekwaam was om haar sake te behartig en is die respondente
aangestel as haar kura
or bonis.
Ten einde te bewys dat mev Malherbe
handelingsonbevoegd was op 2 Mei 1989 toe sy die borgakte en
sessie onderteken het, het die respondente die getuienis van mev
Malherbe se huisdokter, dr Von Delft, twee psigiaters, drs Swanepoel
en Quail en 'n kliniese sielkundige, mev Spangenberg aangebied.
Dr Swanepoel het in 1991 'n konsultasie met mev
Malherbe gevoer ten einde haar toestand te evalueer. Hy het
demensie gediagnoseer en het die mening gevorm dat haar vermo
tot gesonde oordeel belemmer is en dat sy nie in staat was om die
inhoud van "wetlike dokumente", meer spesifiek borgaktes, te begryp
of te verstaan nie. Haar hele respons het aan hom getoon dat sy
24
beslis nie die implikasies van dit wat met haar gebeur het besef het
nie. Hy was verder van mening dat daar moontlik reeds sedert 1989
demensie teenwoordig was.
Mev Spangenberg het na aanleiding van psigometriese
toe
se wat sy gedurende Augustus 1991 op mev Malherbe gedoen het,
tot die gevolgtrekking gekom dat mev Malherbe nie 'n konsep kon
vorm, of die implikasies kon begryp, van die ter sake dokumente nie.
Sy het verder getuig dat afgesien van die toetse, en as sy mev
Malherbe bloot op grond van haar kliniese waamemings moes
beoordeel, sy ook tot die gevolgtrekking sou kom dat haar kognitiewe
funksies belemmer is.
Dr Von Delft het getuig dat, oor die 20 jaar wat hy mev
Malherbe ken, daar 'n verswakking in begripsvermo
, oordeel en
insig
ngetree het. Na sy mening is dit "hoogs onwaarskynlik dat sy
25
op haar ho
ouderdom en met inagneming van haar kroniese
serebrale siektetoestand rasioneel opgetree het toe sy onder invloed
van ander partye sekere borgskappe en sekuriteite vir banklenings
gegee of gelewer het."
Dr Quail het met mev Malherbe gekonsulteer op twee
geleenthede naamlik op 29 Maart en 29 April 1993. Op nie een van
die geleenthede kon hy betekenisvolle besonderhede van haar bekom
ten aansien van die dokumente wat sy geteken het nie. Hy is van
mening dat mev Malherbe aan pseudo-demensie ly. 'n Persoon wat
aan pseudo-demensie ly, toon as gevolg van depressie die simptome van 'n persoon wat aan demensie ly. Sy mening het hy onder andere
gebaseer op die feit dat haar kognitiewe funksionering wesenlik
verskil het op die twee geleenthede wat hy haar gesien het. Hy het
getuig dat, met die inligting tot sy beskikking, dit onmoontlik was om
26
te s
of dit ook die geval was toe sy die gewraakte dokumente
onderteken het. Hy het wel ook getuig dat sy moontlik reeds in 1989
aan demensie gely het maar het dit betwyfel.
Nie een van die deskundige getuies wat geroep is deur
die appellant het met mev Malherbe gekonsulteer nie. In die lig van
die bevindings van die respondente se deskur
diges was dr Holmes,
'n psigiater, van mening dat daar wel tekens mag gewees het van
demensie maar volgens hom was daar nie voldoende sodanige tekens
om demensie te kon diagnoseer nie. Na sy mening is dit meer
waarskynlik dat mev Malherbe gely het aan goedaardige veroudering
("benign senescence") en dat 'n afname in haar intellektuele funksionering die gevolg kon wees van pseudo-demensie, 'n sekond
re gevolg van depressie. Die deskundiges was redelik eenstemmig dat blote ouderdom nie begrip en insig wesenlik
27
affek
eer nie.
Beide mnr Loebenstein, 'n kliniese sielkundige en dr
Reid, 'n neuroloog, het in hulle getuienis die waarde van die
psigometriese toetse bevraagteken. Hulle was van mening dat dit
onverstandig is om 'n bejaarde persoon se kognitiewe funksionering
twee jaar na 'n gebeurtenis aan die hand van sodanige toetse te
probeer bepaal. Volgens dr Reid kon hy nie in die verslae van die
respondente se deskundige getuies enige kliniese getuienis van
demensie vind nie. Volgens hom is dit moontlik dat mev Malherbe
multi-infarkt demensie of 'n arteriosklerotiese demensie kon h
maar
het haar deskundiges nie op die korrekte wyse te werk gegaan om dit
aan te toon nie, deurdat hulle nie die korrekte toetse soos
byvoorbeeld 'n breinskandering aangewend het nie.
Dr Potocnic, 'n psigiater, stem saam met dr Quail dat die
28
kliniese beeld van mev Malherbe een van pseudo-demensie is maar
dat nie ges
kan word dat dit ook die geval was by die ondertekening
van die betrokke dokumente nie.
Die verhoorregter se indruk van mev Malherbe was dat
sy 'n tenger, grys vroutjie was wat nie in staat sou wees om haar eie
sake te behartig nie. Die verhoorregter het opgemerk dat, totdat 'n
mens so 'n pasi
nt gesien het, dit nie geredelik begryplik was waarom
sy in die element
re toetse, wat sy afgel
het, so swak gevaar het nie.
Aangesien beide demensie en pseudo-demensie die
handelingsbevoegdheid van 'n persoon afYekteer het hy dit nie nodig
gevind om te kies tussen die twee moontlikhede nie. Hy het daarop
gewys dat mev Malherbe voor Mei 1989 'n intense emosionele skok
beleef het en dat sy toe reeds kortstondige iskemiese aanvalle
ondervind het. Suiwer medies gesproke het daar volgens die
29
verhoorregter 'n sterk moontlikheid bestaan dat mev Malherbe in Mei
1989 aan depressiewe pseudo-demensie of multi-infarkt demensie of
albei gely het en dat sy as gevolg daarvan kognitief belemmer was.
Hierdie moontlikheid word na die oordeel van die verhoorregter tot
'n waarskynlikheid versterk wanneer daar gelet word op die
verstommende optrede van mev Malherbe. Hy het gevolglik bevind
dat bewys is dat mev Malherbe op 2 Mei 1989, toe sy die
borgkontrak en sessie geteken het, so min insig gehad het in die
impak wat dit moontlik op haar eiendom kon h
, dat sy in alle
billikheid nie aan die kontrak gebonde gehou behoort te word nie.
Mev Malherbe kan slegs aan die borgakte en sessie, wat
deur haar onderteken is, gebonde gehou word indien sy oor die
nodige geestesvermo
ns beskik het om te verstaan wat sy besig was
om
e doen en om te besef wat die moontlike gevolge daarvan kon
30
wees. Die regsposisie is soos volg uiteengesit deur Innes AR in Pheasant
v Warne
1922 AD 481
op 488:
"(A)nimus is an essential element in contractual obligations. In
ordinary cases the animus is deduced, and can only be
deduced, from the outward manifestation of intention whether
spoken or written. But once it is clear that the necessary
intelligence is wanting then there can be no animus or
consenting mind. . . . (I)t is now recognised that persons may
be of such mentality as to require special protection and
control, even though they might not be accurately described as
mente capti in the sense in which that term is used in the
books. . . And a court of law called upon to decide a question
of contractual liability depending upon mental capacity must
determine whether the person concerned was or was not at the
time capable of managing the particular affair in question - that
is to say whether his mind was such that he could understand
and appreciate the transaction into which he purported to
enter."
In die lig van die deskundige getuienis is dit moontlik
dat mev Malherbe op 2 Mei 1989, hetsy vanwe
demensie, hetsy
vanwe
pseudo-demensie, nie oor die vermo
beskik het om te
verstaan wat sy besig was om te doen en om die gevolge daarvan te
31
besef nie. Of sy waarskynlik inderdaad nie oor sodanige vermo
beskik het nie sal aan die hand van die feitlike getuienis bepaal moet
word.
Na my mening, en vir die redes hiema vermeld, dui die
feite wat voor die verhoorhof geplaas is daarop dat mev Malherbe
waarskynlik nie by die ondertekening van die borgakte en sessie oor
die vermo
beskik het om te verstaan wat sy besig was om te doen nie en om te besef wat die moontlike gevolge van haar handelinge
was nie:
1.
Na die aanranding op haar in Julie 1988 het mev Malherbe nie
eers meer eenvoudige transaksies, soos die aankoop van
huishoudelike benodigdhede, aangegaan nie maar het haar
dogter dit vir haar gedoen.
2.
Die ondertekening van 'n onbeperkte borgakte en 'n sessie van
waardevolle aandele ten gunste van Dalsig Minerale Bpk, 'n
1.
32
publ
eke maatskappy waarin haar seun slegs 'n 26% belang
gehad het, sonder om enige persoonlike voordeel daaruit te
trek, is nie die soort van handeling wat mens van 'n persoon
sal verwag wat spaarsamig leef en wat afhanklik is van die
diwidendinkomste op die aandele nie. Mev Malherbe het wel
reeds in 1982 en weer daama in 1985 en 1986 haar as borg
verbind. In 1982 het sy egter 'n borgakte wat beperk was tot 'n
bedrag van R120 000 geteken en in al die gevalle het sy haar
verbind ten opsigte van die skulde van haar seun se
maatskappye. In 1982 is aan haar verduidelik wat sy teken
maar dit is nie bekend of sy in 1985 en 1986 geweet het wat
sy teken nie.
3. Mev Malherbe se ondertekening, gedurende November 1988,
van dokumente met betrekking tot Dalsig Diamante, van
33
blanko pandaktes en van blanko aandele-oordragvorms was
uiters onverantwoordelik. Weereens het sy waarskynlik geen
persoonlike voordeel getrek uit die transaksie nie en weereens het sy in stryd met haar aard en eie belange opgetree.
4. Die beskikbaarstelling van 'n groot gedeelte van mev Malherbe
se aandeleportefeulje aan Dalsig Mynbou, 'n publieke
genoteerde maatskappy, om te dien as sekuriteit vir lenings wat
die maatskappy mog aangaan, op die basis dat die aandele verkoop kon word maar op 30 dae aanvraag terugbesorg sou
word en dat diwidende op vervreemde aandele binne 7 dae
nadat hulle verklaar is, betaal sou word, is nie 'n transaksie wat
'n mens sou verwag van iemand wat enige benul het van wat
hy of sy besig is om te doen nie.
5. Indien mev Malherbe die inboud van die brief, gedateer 13
34
Desember 1988, van Dalsig Mynbou verstaan het en sy bedoel
het om die transaksie soos daarin uiteengesit aan te gaan, sou
sy besef het dat sy toestemming verleen het
ot die
vervreemding van haar aandele. Dit blyk duidelik uit die
aantekening wat sy op 10 Februarie 1989 in haar dagboek gemaak het dat sy dit nie besef het nie.
6. Verder, indien mev Malherbe op 10 Februarie 1989 toe sy die aantekening in haar dagboek gemaak het, werklik begryp het
wat met haar aandele gebeur het en besef het wat die gevolge
daarvan was, sou Willem se onderneming die aand van 10
Februarie 1989 om die aandele 30 dae na aanvraag terug te
besorg en om ondertussen die diwidendverlies te vergoed, haar geensins gerusgestel het nie. Sy sou besef het dat dit net 'n herhaling
was van 'n vroeere ondememing en in die lig van die
35
aantekening in haar dagboek vroe
r die dag so
u mens verwag het dat sy onmiddellik die aandele sou opvra.
7. Op 10 Februarie 1989 toe mev Malherbe die aantekening in
haar dagboek gemaak het, het sy skynbaar besef hoe belangrik
dit vir haar was om haar aandele te behou en hoe dwaas dit
was om 'n dokument te teken wat tot gevolg gehad het dat die
aandele verkoop is. Sy het ook neerhalend na Dalsig verwys en
twyfel uitgespreek of die aandeelhouers enige diwidende sou
kry uit daardie "fairytale". Op daardie stadium het sy gevoel
dat haar aandele verkoop is vir 'n lugkasteel, dat haar seun 'n
onnosele onverantwoordelike "donkie" was en dat hy haar in
die rug gesteek het. Sy het ook verwys na haar seun se
dwaasheid om sy eie aandele te vervreem. In die lig van die
voorgaande is mev Malherbe se ondertekening van die
36
borgakte en sessie op 2 Mei 1989, ten opsigte van die skuld
van Dalsig Mynbou, verklaarbaar slegs op die bas
s dat sy
vergeet het van die verkoop van haar aandele en nie besef het
dat 'n moontlike gevolg van die borgakte en sessie was dat
haar oorblywende aandele verkoop kon word ter delging van
die skuld van Dalsig Mynbou nie. Dit is wel so dat die
waarborg t.o.v. Dalsig Mynbou se skuld die waarborg ten
opsigte van Dalsig Minerale se skuld vervang het maar Dalsig Minerale se skuld was op daardie stadium slegs Rl 050 000 en ditjs Dalsig
Mynbou wat tot die onsteltenis van mev Malherbe
haar aandele verkoop het.
Die blote feit dat mev Malherbe nie besef het wat
die gevolge van haar handelinge kon wees nie bewys natuurlik
nie dat sy nie oor die vermoe beskik het om dit te besef nie.
37
Sy het egter soveel handelinge verrig wat daarop dui dat sy nie
besef het wat die gevolge daarvan kon wees nie, dat op 'n oorwig van waarskynlikhede bevind kan word dat sy nie oor
die vermo
beskik het om dit te besef nie.
8. 'n Verdere aanduiding dat mev Malherbe reeds op 2 Mei 1989
nie oor die vermo
beskik het om haar finansi
le sake te
behartig nie, is die feit dat sy op daardie dag vir Perold
meegedeel het dat sy baie Rembrandt aandele het. Sy het op
daardie stadium nie meer Rembrandt aandele gehad nie.
Dit is betoog dat die feit dat die respondente, 'n
sielkundige, nie op 'n vroe
r stadium aansoek gedoen het vir d
e
aanstelling van 'n kurator bonis nie en dat sy nie op 'n vroe
r stadium
vir Willem gekonfronteer het nie, daarop dui dat mev Malherbe
gedurende 1989 nog handelingsbevoegd was. Dit is egter
38
onwaarskynlik dat die respondente, voordat sy ondersoek ingestel het,
nadat sy van die dreigende verkoping van mev Malherbe se huis
vemeem het, bewus was van die volle omvang van mev Malherbe se
handelinge. Daar is ook geen getuienis ten aansien van die vraag of
sy haar broer ooit gekonfronteer het met wat hy sy moeder
aangedoen het nie. Verder is dit verstaanbaar dat die respondente,
soos deur haar getuig, traag was om 'n hof te nader vir 'n bevel dat
haar moeder nie meer in staat was om haar eie sake te behartig nie.
Toe mev Malherbe die borgakte ten opsigte van die
skuld van Oewerpark onderteken het, het die bankbestuurder, mnr
Brand, aan haar verduidelik wat sy teken. Gedurende 1986/7 het mev
Malherbe by geleentheid kommer teenoor Brand uitgespreek oor haar
borgskap. Tydens die gesprek het Brand haar meegedeel dat hy 'n
bietjie bekommerd was oor Wil
em se sakeverhouding met Wilhelm
39
Smith. Dit is betoog dat hierdie getuienis aantoon dat mev Malherbe
moes begryp het wat 'n borgakte was en dat sy besef het wat die
moontlike gevolge van die ondertekening van 'n borgakte kon wees.
Na my mening verleen hierdie getuienis eerder steun aan die ander
aanduidings dat mev Malherbe teen 1988/9 nie besef het wat sy besig
was om te doen nie. Ten spyte van die bankbestuurder se
waarskuwing betreffende Wilhelm Smith het sy voortgegaan om,
sonder enige voordeel vir haarself, dokumente te teken ingevolge
waarvan haar aandele, wat vir haar kosbaar was, selfs vir verkoping
beskikbaar gestel is aan maatskappye waarvan hy die besturende
direkteur was.
Drs Holmes, Reid en Potocnic was van mening dat die
aantekening wat mev Malherbe op 10 Februarie 1989 in haar
dagboek gemaak het, daarop dui dat sy in staat was tot abstrakte
40
denke en dat sy
nsig gehad het in haar situasie. Dit blyk uit die
aantekening dat mev Malherbe besef het dat sy van haar aandele
verloor het maar nie dat sy geweet het presies hoe dit gekom het dat
dit gebeur het nie. Verder, alhoewel sy moontlik ten tyde van die
aantekening besef het watter ramp haar getref het vanwe
haar seun
se uiters onverantwoordelike optrede, was daardie insig, soos hierbo
aangetoon, van korte duur.
Perold het tydens die ondertekening van die borgakte en
sessie op 2 Mei 1989 nie die indruk gekry dat mev Malherbe nie
geweet het waaroor dit gaan of dat sy temeergedruk was nie en het
met haar 'n gesprek gevoer oor sy vrou, die tuinbouklub en die straat-
tee. Dit is betoog dat dit daarop dui dat sy wel handelingsbevoeg
was ten tyde van die ondertekening. Mnr Perold is egter geen
deskundige nie. Hy is in geen posisie om op grond van 'n kort
41
gesprekkie aangaande alledaagse dinge, 'n mening te waag oor
aangeleenthede wat vir die deskundiges probleme oplewer nie.
Dieselfde geld wat betref die betoog dat die feit dat ervare persone
mev Malherbe toegelaat het om testamente en 'n algemene prokurasie
te onderteken, daarop dui dat sy op daardie stadium, d.w.s. 1991, nog
handelingsbevoeg was.
Die appellant het betoog dat die feit dat mev Malherbe
op haar eie gewoon het en haar self versorg het daarop dui dat sy
nog haar eie belange kon behartig en dat sy handelingsbevoeg was
gedurende 1989. Behalwe dat mev Malherbe 'n gedeelte van die huis
verhuur het, het sy tydens die verhoor steeds op haar eie gewoon en
haarself versorg. Dit kan beswaarlik geargumenteer word dat mev
Malherbe tydens die verhoor handelingsbevoeg was. Tydens die
verhoor is die borgakte aan haar gegee om te lees. Sy het die
42
dokument toe as 'n skuldbewys beskryf en ges
dat aan haar ges
is
dat sy dit geteken het. Sy kon nadat sy dit gelees het nie s
vir wie
dit was nie. Sy het verder getuig dat sy net met een bank te doen
gehad het en dat sy gedog het dat haar aandele veilig was by die
bank. Die appellant se advokaat het nie aangevoer dat sy slegs
voorgegee het dat sy onkundig was nie en het haar nie 'n enkele
vraag gevra nie.
Dit is betoog dat die feit dat die respondente mev
Malherbe gedurende September 1991 geneem het om 'n testament te
teken, daarop dui dat sy haar moeder op daardie stadium as
handelingsbevoegd beskou het. In die l
g van die feit dat die
respondente op daardie stadium reeds stappe gedoen he
om aangestel
te word as kurator bonis vir haar moeder, kan dit egter nie die geval
wees nie.
43
Mev Malherbe he
selfs nog vir die periode Maart 1989
tot Februarie 1990 'n staat bevattende besonderhede van haar
diwidend-inkomste, besonderhede betreffende die verhuring van haar
huis in Kaapstad en haar inkomste en uitgawes met betrekking tot die
huis, opgestel. Dit is betoog dat dit 'n aanduiding was dat sy nog haar
eie sake kon behartig. Die opskryf van hierdie besonderhede was
egter bloot 'n meganiese handeling wat sy reeds jare gedoen het en
toon na my mening nie dat sy nog die nodige insig gehad het om
haar eie finansi
le sake te behartig en borgkontrakte te sluit nie.
Ek is dus van mening dat die respondente op 'n oorwig
van waarskynlikhede bewys het dat mev Malherbe op 2 Mei 1989
geestesongesteld was toe sy die borgkontrak en sessie onderteken het
tot so 'n mate dat sy nie besef het dat haar oorblywende aandele as
gevolg daarvan moon
lik verkoop kon word ter delging van Dalsig
44
Mynbou se skuld nie.
Die verhoorregter het dus tereg bevind dat mev Malherbe
nie handelingsbevoegd was nie omrede sy nie die nodige insig ten
opsigte van die betrokke transaksies gehad het nie.
Die app
l word gevolglik van die hand gewys met koste
insluitende die koste van twee advokate.
P E STREICH
R Wnd APP
LREGTER
HEFER, AR )
VIVIER, AR ) STEM SAAM
ZULMAN, AR )
RAPPORTEERBAAR
evdw/
Saaknommer: 650/93
IN DIE HOOGSTE HOF VAN APP
L VAN SUID-AFRIKA
In die app
l van :
EERSTE NASIONALE BANK VAN
SUIDELIKE AFRIKA BEPERK
Appellant
en
ELISABETH ANNA SAAYMAN N.O
Respondente
Hof
:
Hefer, Vivier, Olivier, Zulman ARR en
Streicher Wnd AR
Verhoordatum
: 5, 6 en 7 Mei 1997
Uitspraak gelewer
: 30 Mei 1997
UITSPRAAK
2
OLIVIER AR
Ek het die geleentheid gehad om die uitspraak van my
ampsbroeder Streicher te lees. Ek stem egter nie saam dat die
pasi
nt tydens ondertekening van die gewraakte borgakte en sessie-
dokument handelingsonbevoegd was nie. Myns insiens het die
respondente haar nie van die bewyslas wat sy gedra het, gekwy
nie.
Hoe dit ook al sy, ek bereik dieselfde resultaat as my ampsbroeder
deur 'n ander normkompleks op die feite toe te pas, naamlik die
moderne, uitgebreide regsbeginsels van die bona fides.
Die respondent het in haar gewysigde verweerskrif op die
teeneis gepleit dat die afdwinging van die borgakte en sessie-
dokument cotra bonos mores is. Derhalwe, so meen ek, is dit
aangewese om die hedendaagse rol van die openbare belang en die bona
fides by die kontraksluiting weer eens te oorweeg.
3
Vir die doeleindes van hierdie uitspraak hoef ek nie die
ontstaan en ontwikkeling van die bona fide-begrip in die Romeinse
reg en die Romeins-Hollandse reg te herondersoek nie. Dit is al vele
male gedoen, ten slotte ook deur Jansen AR in Bank of
Lisbon and
South Africa Ltd v de Ornelas and Another 1988(3) SA 580(A) op
612 F-H, 'n uitspraak waarin ook vrugbare regsvergelykende
perspektiewe geskets word.
Die funksie van die bona fide-begrip (ook genoem die goeie
trou) was eenvoudig om gemeenskapsopvattings ten aansien van
behoorlikheid, redelikheid en billikheid in die kontraktereg te
verwesenlik.
Reeds vroeg in hierdie eeu het juis hierdie Hof die voortou
geneem om die bona fide-beginsel te erken en te verwesenlik. Neugebaur & Co Ltd
v Hermann
1923 AD 564
is 'n vroe
4
voorbeeld. Daar is beslis dat 'n afslaer nie verplig is om 'n bod, wat
gemaak is deur een van 'n groep bie
rs wat saamgespan het om nie
teen mekaar te bie nie, te aanvaar nie. Volgens die Engelse reg sou
die afslaer die bod moes aanvaar het; volgens die Amerikaanse reg
egter nie. Innes HR verklaar op 573:
Our law accords, in my opinion, more with the
American than with the English view. It is not so
much a question of public policy as of the
requirements of good faith. The principle is
fundamental that bona fides is required from both
parties to a contract of sale.
Net in die volgende jaar het hierdie Hof weer van die beginsel
gebruik gemaak om 'n grondslag vir die leerstuk van fiktiewe vervulling
van 'n voorwaarde te identifiseer en wel in MacDuff & Co., Ltd (in
liquidation) v Johannesburg Consolidated
Investment
Co Ltd
1924 AD 573.
Beide Innes HR (op 589) en Kotz
AR (op 610) beroep hulle op die bona
fide-beginsel.
5
Die tendens word voortgesit in 1925 in Weinerlein v Goch Buildings
Ltd
1925 AD 282
waar rektifikasie van 'n kontrak op die bona
fide
-beg
nsel
gebaseer word. Wessels AR verklaar op 292:
The commentators put it thus: As a general proposition your claim may be supported by a
strict interpretation of the law, but it cannot be
supported in this particular case against your particular adversary, because to do so would be inequitable and unjust, for it would
allow you,
under the cloak of the law, to put forward a
fraudulent claim ...
t is therefore clear that
under the civil law the Courts refused to allow a
person to make an unconscionable claim even
though his claim might be supported by a strict
reading of the law. This inherent equitable
jurisdiction of the Roman Courts (and of our
Courts) to refuse to allow a particular plaintiff to
enforce an unconscionable claim against a
particular defendant where under the special
circumstances it would be inequitable, dates back
to remote antiquity and is embodied in the maxim "summum
jus ab aequitate dissidens jus non est. "
Die eerste klanke van 'n enger siening tref mens juis in bogenoemde
6
uitspraak aan en wel by Kotz
AR. Alhoewel hy die "doctrine of equity"
in ons gemenereg erken, verklaar hy op 295:
Our common law, based to a great extent on the
civil law, contains many an equitable principle;
but equity, as distinct from and opposed to the
law, does not prevail with us. Equitable
principles are only of force in so far as they have
become authoritatively incorporated and recognised as rules of positive law.
Die probleem met h
erdie stelling is dat dit skyn uit te gaan van 'n
statiese, afgeslote sisteem: as billikheid nie reeds as 'n regsre
l gepositiveer
is nie, cadit quaestio. Beteken dit dat die bona fide-beginsel
rens in die
verlede uitgewerk is en nie in die toekoms tot nuwe regsre
ls of verwere
aanleiding kan gee nie? Hierdie dictum staan vernuwing en aanpassing in
die weg en reflekteer dat dit slegs die taak van die howe is om die reg te
vind en nie te skep nie, 'n siening wat nie by die gees van ons reg of die
behoeftes van ons gemeenskap pas nie. Dit is te betwyfel of Kotz
AR toe
7
hy bogemelde stelling gemaak het, in gedagte gehou het wat sy kollega,
Innes R (soos hy toe was) 'n aantal jare vroe
r, in Blower v Van Noorden
1909 TS 890
op 905 verklaar het:
There come times in the growth of every living
system of law when old practice and ancient
formulae must be modiRed in order to keep in
touch with the expansion of legal ideas, and to
keep pace with the requirements of changing
conditions.
Die bogemelde uitgangspunt en formulering van die bona fide-
beginsel deur Kotz
AR het baie jare later weerklank gevind in hierdie Hof
in die meerderheidsuitspraak in Bank of Lisbon and South Africa Ltd v De Ornelas
and Another, supra op 606 A-D, 'n uitspraak waarop ek later
terugkom.
Na Weinerlein v Goch Buildings Ltd, supra, het hierdie Hof, in
weerwil van die gewraakte stellings van Kotz
AR, egter gedoen waartoe
Innes R, soos hierbo aangehaal, ons juis wou inspireer, Die bona fide-
8 beginsel is in toenemende mate erken en gebruik om nuwe en billike
regsre
ls te skep en regverdige oplossing vir probleme te vind waar die
streng toepass
ng van bestaande regsre
ls in 'n bepaalde situasie tot groot
onbillikheid aanleiding sou gee. Dit is nie hier die plek om op elke
besonderheid te wys nie, omdat hierdie Hof in vele uitsprake onomwonde
aanvaar het dat die bona fide-beginsel in sy skeppende gedaante wel deel
van ons reg is, soos hieronder aangetoon sal word.
In Meskin, N.O. v Anglo-American Corporation of S.A. Ltd. and
Another 1968(4) SA 793(W) het Jansen R, toe nog 'n regter van 'n
Provinsiale Afdeling van die Hoogeregshof, sterk na vore getree as
kampvegter vir die praktiese verwesenliking van die bona fide-beginsel in
ons kontraktereg. Op 802 A het hy verklaar:
It is now accepted that all contracts are bonae fidei
(some are even said to be uberrimae fidei).
This involves good faith (bona fides) as a
criterion in interpreting a contract (Wessels, op.
9
cit., para. 1976) and in evaluating the conduct of
the parties both in respect of its performance
(Wessels, para. 1997) and its antecedent
negotiation. Where a contract is concluded the
law expressly invokes the dictates of good faith,
and conduct inconsistent with those dictates may in appropriate circumstances be considered to be
fraud; . . .
En weer, na aanleiding van die plig om inligting te openbaar by die
kontraksluiting, het hy ges
op 804 D:
It may, perhaps be questioned whether these
criteria do not go further in applying ethical
considerations in contrahendo than our authorities
recognise. On the other hand there can be no
doubt that in contrahendo our law expressly
requires bona fides, a concept of variable content in the light of changing mores and circumstances.
On the assumption (without deciding) that the
ultimate test suggested by Millner correctly
reflects the present state of our law, there is a
striking resemblance between that test and e.g.
"die algemene regsgevoel van die gemeenskap"
mentioned above in regard to delict generally.
Toe Jansen R na hierdie bank verhef is, het hy dieselfde benadering
10
konsekwent gehandhaaf, veral in Tuckers Land and Development
Corporation (Pty) Ltd v Hovis 1980(1) SA 645 (A) op 651 B - 652 G en
Bank of
Lisbon
and South Africa Ltd v De Ornelas and Another, supra, op
611 G - 617 H ev, in 'n minderheidsuitspraak. (Sien oor Jansen AR se
bydrae, Carole Lewis in 108 SA Law Journal 1991:249-264).
In ander uitsprake van hierdie Hof is die grondliggende waardes van
die goeie trou, billikheid en openbare belang in die kontraktereg ook
beklemtoon; veral wat betref die afdwing van kontrakte wanneer dit teen
die regsgevoel skrei. So, bv. het Hefer AR in Benson v SA Mutual Life
Assurance Society 1986(1) SA 776(A) gekonstateer dat 'n hof die diskresie
het om nie spesifieke nakoming van 'n kontrak te gelas nie. Hierdie
diskresie, so is verklaar op 783 C-E:
. . . is aimed at preventing an injustice - for cases
do arise where justice demands that a plaintiff be
denied his right to performance - and the basic
principle thus is that the order which the Court
11
makes should not produce an unjust result which
will be the case, eg, if, in the particular
circumstances, the order will operate unduly
harshly on the defendant. Another principle is
that the remedy of specific performance should
always be granted or withheld in accordance with
legal and public policy . . .
In verband met die afdwing van ooreenkomste wat die handelsvryheid
beperk, het die howe self 'n verreikende bevoegdheid om beperkinge op
sodanige ooreenkomste te plaas, ontwikkel en wel op grond van openbare
belang. In Magna Alloys and Research (SA) (Pty) Ltd v Ellis 1984(4) SA
874(A) het Rabie HR op 891 H-I ges
:
Omdat opvattings oor wat in die openbare belang
is, of wat die openbare belang vereis, nie altyd
dieselfde is nie en van tyd tot tyd kan verander,
kan daar ook geen numerus clausus wees van
soorte ooreenkomste wat as strydig met die
openbare belang beskou kan word nie. Dit sou
dus volgens die beginsels van ons reg moontlik
wees om te s
dat 'n ooreenkoms wat iemand se
handelsvryheid inkort teen die openbare belang is
indien die omstandighede van die betrokke geval
12
sodanig is dat die Hof daarvan oortuig is dat die
afdwing van die betrokke ooreenkoms die openbare belang sou skaad.
En op 893 G:
Die opvatting dat 'n persoon wat 'n beperking wil
afdwing nie die las dra om te bewys dat dit
redelik inter partes is nie, bring nie mee dat
oorwegings van die redelikheid of onredelikheid
van 'n beperking nie van belang is of kan wees
nie.
En op 895 D-E:
Die belangrike vraag is dus nie of 'n ooreenkoms
van so 'n aard is dat dit ab initio ongeldig is nie,
maar of dit 'n ooreenkoms is wat die Hof, gesien
die vereistes van die openbare belang, nie behoort
af te dwing nie.
Die opvatting dat alle kontrakte in ons reg bonae
fidei
is d.w.s. deur
die goeie trou beginsel beheers word, is ook deur hierdie Hof erken o.a. in
Paddock Motors (Pty) Ltd v Igesund 1976(3) SA 16(A) op 28; Magna
Alloys and Research (SA) (Pty) Ltd v Ellis, supra op 893 C ev; Mutual and
13 Federal
Insurane Co Ltd v Oudtshoorn Municipality 1985(1) SA 419(A)
op 433 B-C; LTA Construction Bpk
v Administrateur, Transvaal 1992(1)
SA 473(A) op 480 D-E; Sasfin (Pty) Ltd v Beukes 1989(1) SA 1(A) op
7
I
ev en weer 8 C-D; Botha (now Griessel) and Another v Finanscredit
(Pty) Ltd 1989(3) SA 773(A) op 782 J ev.
Die bona fides, wat weer gebaseer is op die redelikheidsopvattinge
van die gemeenskap, speel dus 'n wye en onmiskenbare rol in die
kontraktereg. Reinhard Zimmerman in sy bydrae Good Faith and Equity
in Southern Cross
- Civil Law and Common Law in South Africa
redakteurs R. Zimmerman en D. Visser 1996:217-260 toon oortuigend aan
dat gemelde beginselkompleks onderliggend is aan bekende regsinstellings
soos estoppel, rektifikasie, onskuldige wanvoorstelling, die kennisleer,
onbehoorlike be
nvloeding en dat dit 'n belangrike rol speel by die uitleg
van kontrakte, die inlees van stilswyende en ge
mpliseerde bedinge, die
14
openbaringsplig by kontraksluiting, fiktiewe vervulling van 'n voorwaarde
en die erkenning van repudi
ring as 'n vorm van kontrakbreuk.
Dit blyk ook dat daar 'n innige verband bestaan tussen die begrippe b
ona fide, openbare belang, openbare beleid en justa causa. Dit blyk uit
die analise van Smalberger AR in Sasfin (Pty) Ltd v Beukes, supra, op
7
I
- 8 G; uit die woorde van Hoexter AR in Botha (now Griessel) and
Another v Finanscredit (Pty) Ltd, supra, op 783 A-B dat openbare belang
gerig is op die noodsaaklikheid dat simple justice between man and man
gedoen moet word, en uit wat ges
is in Magna Alloys and
Research
(SA) Pt
y Ltd v Ellis, supra. (Sien ook Zimmerman Southern Cross 1996:259
voetnoot 326).
Dit kan na my mening tereg ges
word dat die bona fide-begrip in
die kontraktereg 'n onderdeel van die algemeen-geldende openbare belang-
beginsel is. Die bona fides word toegepas omdat die openbare belang dit
15
vereis.
Teen bogemelde agtergrond moet aandag geskenk word aan die exceptio
doli generalis. Hierdie regsmiddel is in die Romeinse reg geskep
deur die praetor en was daarop gemik om 'n eiser af tc weer wanneer hy
'n geding instel wat volgens die streng reg geoorloof is maar waar die bring
van die aksie self as dolus beskou is. Dolus het hier beteken groot
onbillikheid of onregverdigheid, d.w.s. strydig met die bona fides.
So 'n remedie was nie nodig by die negotia bonae fidei nie, want
daar kon die bona fides vryelik deur die regter se diskresie tereg kom,
aangesien van die regter verwag is om in elke sodanige geding die bona fides
toe te pas (Zimmerman Southern Cross 1996:218-219).
Toe alle kontrakte in die Romeins-Hollandse reg negotia bonae fidei
geword het, het die noodsaak aan 'n regsmiddel soos die exceptio doli generalis
weggeval. Die regter het egter steeds die diskresie behou om
16 bona
fides te laat geld. Paradoksaal vind mens egter nog in die Romeins-
Hollandse reg dat 'n beroep gedoen word op di
exceptio. (Volgens
Zimmerman Southern Cross 1996: "Somewhat surprisingly . . .") En ons
vind sedert 1893 (Smith and Rance v Phillips; B. Lazarus v Levy and the
Glencairn GM Co.
1893 Hertzog 50)
'n lewendige meningsverskil, ook in
uitsprake van die howe, of hierdie regsmiddel in ons reg bestaan. (Vir 'n
oorsig sien Zimmerman Southern Cross 1996:232 ev). Dit het weinig
invloed op die praktyk uitgeoefen, want
. . . i
can operate usefully, as Jansen J once put
it metaphorically, only "when a claim has run the
gauntlett of all other principles and still survives
(otherwise the exceptio would be mere
surplusage). It cannot rest on error, fraud, or
duress in the ordinary legal sense of these words
nor is it estoppel. To be distinctive it must
transcend the principles associated with these
concepts." [North Vaal Mineral Co Ltd v Lovasz
1961(3) SA 604(T) op 607]. Estoppel, in
particular, covers (or can be made to cover) much of the ground claimed by the exceptio doli, but so
17
do the defences of rectification and
mispresentation. With every new sub-doctrine to
which it gives birth, the range of application of
the exceptio doli is reduced. In a way, it is a case
of the children swallowing up their mother.
(Zimmerman Southern Cross 1996:233).
Teen hierdie agtergrond kan nou teruggekeer word na die uitsprake
in Bank of Lisbon and South Africa
Ltd
v De Ornelas and Another, supra.
Die meerderheidsuitspraak het veel kritiek uitgelok. (Sien o.a. H.J.
Erasmus
106 SALJ 1989:676
ev; Van der Merwe, Lubbe en Van
Huyssteen
106 SALJ 1989:235
ev; Kerr, The Principles of the Law of Contract
, 4 e uitgawe 1989:483 ev; 488 ev; Lubbe en Murray in Farlam
and Hathaway Contract Cases Materials and Commentary, 3e uitgawe
1988:391 ev; Carole Lewis
108 SALJ 1991:262
ev; Reinhard
Zimmerman
3 Stellenbosch Law Review 1992:5
ev; Reinhard Zimmerman Southern
Cross 1996:254-255.)
Die effek van die meerderheidsuitspraak was hoofsaaklik dat die
18 exceptio
doli-generalis dood is en ter ruste gel
moet word.
As 'n mens die bre
, dinamiese werking van die bona fide-beginsel
aanvaar, dan volg dit eintlik vanselfsprekend dat die exceptio doli generalis
by daardie naam en as 'n spes
Geke beperkte verweer wat nou juis gepleit
moet word, oorbodig is. (Sien ook Zimmerman Southern Cross 1996:239
tot dieselfde effek). In daardie sin is die kritiek teen die gemelde uitspraak
ongeregverdig. Die probleem is egter dat die meerderheidsuitspraak gelees
kan word om te kenne te gee dat die bona fide-beginsel self ook nie meer
in praktiese terme 'n rol speel nie. In wat duidelik 'n weerklank van die
hierbo-bespreekte opvatting van Kotz
AR is, verklaar Joubert AR op
605
I
- 606 D:
Nor can
I
find any evidence of the existence of a general substantive defence based on equity. This
is not surprising inasmuch as the Dutch Courts,
unlike the English Courts until the Judicature Act
1873 became operative in 1875, did not
administer a system of equity as distinct from a
19
system of law. Roman-Dutch law is itself
inherently an equitable legal system. In
administring the law the Dutch Courts paid due
regard to considerations of equity but only where
equity was not inconsistent with the principles of
law. Equity could not override a clear rule of
law. That is a
so the position of our Courts as
regards their equitable jurisdiction. . . . More-
over,
I
cannot find any support in Roman-Dutch
law for the proposition that in the law of contract
an equitable exception or defence, similar in
effect to the exceptio doli generalis, was utilised
under the aegis of bona fides.
Maar dat dit nie die bedoeling van die meerderheidsuitspraak was om
die bona fide-beginsel of die rol van die openbare belang in die
kontraktereg in die ban te doen nie, staan m.i. vas. Dit is klaarblyklik dat
hierdie Hof self, sonder om altyd die terme bona fides te gebruik, die
onderliggende beginsel steeds toepas. Dit geskied soms onder die benaming
van
openbare belang
(public interest; public policy), soms met 'n beroep
op die bona fide-beginsel. Dit het reeds begin in Magna Alloys and
20 R
esearch (SA) (Pty) Ltd v Ellis, supra, 'n uitspraak wat in 1984, en dus
reeds v
r Bank of
Lisbon
and South
Africa Ltd v De Ornelas and Another
in 1988 gelewer is. Di
lyn is sterk deurgetrek in Sasfin (Pty) Ltd v
Beukes, supra (1989) en Botha (now Griessel) v Finanscredit (Pty) Ltd,
supra (1989); LTA Construction Bpk v Administrateur, Transvaal, supra,
(1992) 'n uitspraak van Joubert AR; en in Van der Merwe v Meades
1991(2) SA 1(A) op 4 H-J saamgelees met 10 F-H ook 'n uitspraak van
Joubert AR. (Sien oor laasgenoemde uitspraak, A.J. Kerr The replicatio
doli reaffirmed : The exceptio doli available in our law in
108 SALJ
1991:583
ev).
Ek voel myself dus vry om die beginsels van openbare belang, wat
die bona fide-beginsel insluit op die onderhawige feitestelsel toe te pas net
soos wat dit in Sasfin (Pty) Ltd v Beukes, supra en Botha (now Griessel)
v Finansdredit (Pty) Ltd, supra, en die ander genoemde uitsprake gedoen
21
is. Ek hou in gedagte die vermaning dat daardie beginsel oordeelkundig en
versigtig toegepas moet word. Dit is belangrik om weer die woorde van
Smalberger AR in Sasfin (Pty) Ltd v Beukes, supra, op 9 B-C te herhaal:
No court should therefore shrink from the duty of
declaring a contract contrary to public policy
when the occasion so demands. The power to
declare contracts contrary to public policy should,
however, be exercised sparingly and only in the
clearest of cases, lest uncertainty as to the valid
ty
of contracts result from an arbitrary and
indiscriminate use of the power. One must be
careful not to conclude that a contract is contrary
to public policy merely because its terms (or
some of them) offend one's individual sense of
propriety and fairness. In the words of Lord
Atkin in Fender v St John-Mildmay)/
1938 AC 1
(HL) at 12 ([1937] 3 AII ER 402 at 407B-C),
'the doctrine should only be
nvoked in clear
cases in which the harm to the public is
substantially incontestable, and does not depend
upon the idiosyncratic inferences of a few judicial
minds' (see also Olsen v Standaloft
1983 (2) SA
668
(ZS) at 673G). Williston on Contracts 3 rd
ed para 1630 expresses the position thus:
'Although the power of courts to invalidate
22
bargains of parties on grounds of public policy is
unquestioned and is clearly neccssary, the impropriety of the transaction should be
convincingly established in order to justify the
exercise of the power.'
Dit s
iets van die instinktiewe gevoel van versigtigheid waarmee
borgkontrakte beje
n word, dat die uitsprake wat in die meer moderne tye
die bona fide-beginsel die sterkste beklem
oon en toegepas het, juis met borgkontrakte en die beweerde aanspreeklikheid van borge handel.
In Rand Bank Ltd v Rubenstein 1981(2) SA 207(W) was die borgstellings gegee met die oog daarop om die hoofskuldenaar, 'n
maa
skappy, in staat te stel om in dorpsgebied te ontwikkel. Drie jaar later
skiet die skuldeiser 'n bedrag aan die hoofskuldenaar voor wat nie met
dorpsontwikkeling verband hou nie. Tydens die aangaan van hierdie
leningsooreenkoms was dit n
g die skuldeiser n
g die hoofskuldenaar se
bedoeling dat die voormelde borgstelling as sekuritei
vir die lening sou
23
dien. Later, na Hkwidasie van die hoofskuldenaar, gryp die skuldeiser die
borgkontrak aan, omdat dit in wye en onbeperkte terme die borgskuldenaar
aanspreeklik stel vir al die hoofskuldenaar se verpligtinge van welke aard
ookal teenoor die skuleiser.
Botha R wys die eis van die skuldeiser van die hand weliswaar met
gebruikmaking van die exceptio doli, maar juis omdat hy die afdwing van
die borgkontrak as strydig met die bona fides beskou:
In my judgment, the plaintiffs attempt to use the deed of suretyship for this purpose, for which it
was never intended, is a clear exhibition of bad
faith on its part.
n seeking to rely on the wide
wording of the deed of suretyship, it is attempting
to abuse the right it acquired for a particular
purpose at that time, and to convert that right into
a remedy in respect of a later unforeseen event,
the enforcement of which, in my assessment, in
the circumstances of this case, would undoubtedly
constitute unconscionable conduct on the part of
the plaintiff and would undoubtedly result in a gross injustice or great inequity towards the
defendant.
24
Counsel for the plaintiff, echoing misgivings
expressed in some of the cases referred to earlier,
submitted that it must be a matter of extreme difficulty for a Judge to decide whether the
enforcement of a right would amount to
unconscionable conduct or great inequity. With
great respect to others who have expressed such
misgivings,
I
do not share them. A Judge must
often, in the exercise of his judicial function,
move about in areas of relative uncertainty, where
he is called upon to form moral judgments
without the assistance of precise guidelines by
which to arrive at a conclusion. Examples in the
field of contracts are the determination of whether
a contract is contrary to public policy or contra bonos
mores (See. eg, Couzyn v Laforce
1955 (2)
SA 289(T).)
The application of broad
considerations of fairness and justice is almost an
every-day occurrence in a court of faw, for
instance, in relation to awards of costs.
I
do not
see why a Judge should shirk from performing
this kind of task, however diffcult it may seem to
be. Of course, in connection with the exceptio doli,
difficult questions may and do often arise as
to a Court's freedom to depart from the rules and
principles of the substantive law, and
I
certainly do not wish to minimise that kind of difficulty in
this Held. However, in this particular case with
25
which
I
am dealing,
I
do not perceive any d
fGcuIty of that kind.
Dit mag wel so wees dat die gesonde benaderingswyse in Rand
Bank Ltd v Rubinstein, supra, 'n terugslag toegedien is deur die
meerderheidsuitspraak in Bank of Lisbon and South Africa Ltd v Die
Ornelas
and
Another, supra. In daardie geval het die direkteure van 'n
maatskappy in die visbedryf hulself as borge verbind teenoor die bank vir
oortrekkingsfasiliteite in die maatskappy. Die borgaktes was egter, soos
die gebruik is, in uiters wye terme en wel vir
. . . due payment of every sum of money which may now or at any time hereafter be or become
owing by the debtor to the Bank
from whatsoever
cause or causes arising
, and for the due
performance of every other obligation;
howsoever arising
. which the debtor may now or
at any time hereafter be or become bound to perform in favour of the Bank. (My onderstreping).
'n Sekere sertifikaat van verhandelbare deposito is as meegaande
26
sekuriteit verskaf. Die maatskappy het mettertyd die oortrokke rekening
ten volle gedelg. Toe die borgskuldenaars teruggawe van die sertiGkaat
en die kansellasie van die borgakte aanvra, weier die bank om aan die
versoek gehoor te gee. Die argument van die bank was dat daar 'n verdere
kontrak met die maatskppy gesluit was in verband met die aankoop van
Amerikaanse dollars, dat die maatskappy kontrakbreuk gepleeg het, dat die
bank skade gely het en van voornemens is om 'n aksie om skadevergoeding
teen die maatskappy in te stel en, indien suksesvol, die borgskuldenare op
grond van die borgstelling aanspreeklik te hou. In die uitspraak tans ter
sprake beslis Joubert AR dat die woorde van die borgkontrak wyd genoeg
is om 'n aksie om skadevergoeding voortspruitende uit daardie aksie te dek,
sonder dat oorwegings van openbare belang en billikheid betrek is, anders
as wat in Rand Bank Ltd v Rubinstein, supra, gedoen is.
In die betoogshoofde van die borgskuldenare se advokate in hierdie
27
Hof in die Bank of
Lisbon
-saak is die aandag gevestig op die uitspraak in
Rand Bank Ltd v Rubenstein, supra, en is dit ook aangevoer dat daardie
saak nie van die huidige een onderskeidbaar is nie en toegepas moes word
(sien 591 A tot 592 F). Die meerderheidspuitspraak het egter nie na die
uitspraak in Rand Bank Ltd v Rubenstein, supra, verwys nie. In die
minderheidsuitspraak van Jansen AR word daarenteen spesifiek verklaar (op
617 J):
In my view it would offend the sense of justice of
the community to allow the Bank to use the strict wording of the documents to retain the securities after payment of the overdraft.
I fi
nd support for
this in the views expressed by Botha J in Rand
Bank Ltd v Rubenstein (supra) and that of the
Judge
a quo
in the present matter.
'n Situasie vergelykbaar met di
voor ons is di
wat in Sasfin (Pty)
Ltd v Beukes, supra, onstaan het. 'n Geneesheer gaan met 'n
finansieringsmaatskappy 'n ooreenkoms aan waarvolgens hy sy boekskulde
28
aan die maatskappy sal verkoop. Tegelykertyd onderteken hy 'n sessie-akte
in terme waarvan hy, in securitatem debiti, al sy eise, vorderingsregte en
ontvangste in die toekoms aan die maatskappy sedeer. Hierdie Hof het die
sessie uitgel
as sou dit die effek gehad het dat dit die maatskappy in
effektiewe beheer geplaas het van alle inkomste van die geneesheer,
afgesien daarvan of hy enige bedrag aan die maatskappy verskuldig was en
dat die maatskappy alle inkomste van die geneesheer kon behou selfs al
was die geneesheer niks aan hom verskuldig nie. Die resultaat kan wees
dat die geneesheer
. . . could effectively be deprived of his income
and means of support for himself and his family.
He would, to that extent, virtually be relegated to
he position of a slave, working for the beneGt of
SasGn (or, for that matter, any of the other
creditors (op 13 H-I).
Die Hof het bevind dat die kontrak uit hoofde van oorwegings van
openbare belang onafdwingbaar was (op 15
I).
29
Ek hou dit as my oortuiging na dat die besinsels van die goeie trou,
gegrond op openbare beleid, steeds in ons kontraktereg 'n belangrike rol
speel en moet speel, soos in enige regstelsel wat gevoelig is vir die
opvattinge van die gemeenskap, wat die uiteindelike skepper en gebruiker
van die reg is, met betrekking tot die morele en sedelike waardes van
regverdigheid, billikheid en behoorlikheid.
Natuurlik is dit so dat die uitspraak in Sasfin
Pty Ltd v
Beukes,supra,
nie gesien moet of kan word ". . . as a free pardon for recalcitrant and
otherwise defenceless debtors" nie (die woorde is die van Kriegler R in
Donelly v Barclays National Bank 1990(1), SA 375(W)). Die
terughoudendheid van Provinsiale en Plaaslike Afdelings van die destydse
Hooggeregshof om die bona fides tot sy reg te laat kom (vir 'n lys van
uitsprake sien Standard
Bank
of SA Ltd v Wilkinson 1993(3) SA 822 (K)
op 825 C-E.) - staan egter teenoor die meer toeskietlike houding van hierdie
30
Hof soos onder andere blyk uit Ex parte Minister of
Justice:
In re Donelly
v Barclays National Bank
Ltd
1995(3) SA 1 (A) op 8 H ev.
In Frankryk bepaal art 1134 lid 3 van die Code Civil dat kontrakte
in goeie trou uitgevoer moet word. Saam daarmee moet gelees word art
1135, wat voorskryf dat benewens die uitdruklike bedinge in 'n kontrak, ook
ingesluit moet word al die gevolge wat billikheid, gebruik en die reg aan
'n kontrak, volgens die aard daarvan, koppel. In Duitsland geld die goeie
trou beginsel uit hoofde van art 242 van die BGB. Daardie artikel:
have been used by the German courts with
remarkable freedom to adapt the law of contract
to changed economic and social circumstances
and attitudes . . . (Barry Nicholas The French Law
of Contract
, Oxford, 2e uitg 1992:154).
Net soos wat die Nederlandse reg voorsiening maak dat leemtes in
ooreenkomste regterlik aangevul kan word met behulp van die redelikheid
en billikheid, bevat di
regstelsel ook die teenoorgestelde norm: artikel
31
6:248
id 2 verklaar dat 'n deur ooreenkoms geldende re
l nie van
toepassing is nie, insoverre dit in die gegewe omstandighede volgens die maatstawwe van redelikheid en billikheid onaanvaarbaar is.
Hierdie beginsel is deur die regspraak geskep en staan bekend as die
leerstuk van die beperkende werking van die goeie trou. Die bepalings van
die vorige BW het aansienlike probfeme in verband met di
leerstuk geskep,
wat gelukkig tans in die nuwe BW uit die weg geruim is. Die leerstuk dat
die goeie trou van soveel belang is dat dit die uitdruklik ooreengekome
bepalings kan oorwoeker, het in die regspraak in die jare twintig en begin van die jare dertig reeds ontwikkel. Dit het egter dinamies
gegroei na die
Tweede W
reldoorlog, byvoorbeeld in uitsprake wat bevind het dat in die
gegewe omstandighede 'n beroep op 'n exonerasie- (uitsluitings) klousule
onredelik was en dat die klousule nie toegepas sal word nie. Hiema word
dit uitgebrei na talle ander gevalle en soorte bedinge. Vooraanstaande
32
Nederlandse juriste het hierdie nuwe bewegings gesteun, onder andere E.M.
Meijers, Star Busmann, Scholten, Van Oven, Zevenbergen en Wiarda. 'n
Rigtinggewende akademiese bydrae is die 1972 Amsterdamse proefskrif van
P. Abas, Beperkende werking van de goede trouw.
Die aanvanklike ontwerp van die nuwe BW het die beperkende
werking aan die begrip onbetaamlikheid
gekoppel, maar in die finale produk is die kriterium die maatstawwe van redelikheid en billikheid gekies.
Asser-Hartkamp merk op dat terwyl, in die negentiende eeu die goeie
trou-beginsel as vaag beskou is en as sou dit in ander artikels verwesenlik
wees en daar selde 'n beroep gedoen is op artikel 1374 lid 3, dit tans
beskou word as een van die hoekstene van die kontraktereg. Daar is 'n
'onverstelpend' aantal uitsprake waarin die beginsel onder die ou BW reeds
toegepas is, en Asser-Hartkamp meen dat die tendens voortgesit sal word.
Die gemelde skrywers argumenteer voorts dat dit onjuis is om in hierdie
33
gevalle (derogerende werking) te praat van 'hersiening van die ooreenkoms
deur die regter.' Nie die regter nie, maar die objektiewe reg l
op die
partye die dwingende plig om hul by die uitvoering van ooreenkomste
volgens die norme van redelikheid en billikheid te gedra en uit hoofde van daardie regsbeginsel kan hul kontraktuele regte gewysig
word. In geval van
dispuut konstateer die regter slegs welke wysiging die objektiewe reg
teweeggebring het.
Wat ook al die algemene toepassing van die goeie troue begrip mag
vereis, is dit duidelik dat daar in meer onlangse tye in verskeie stelsels
naverwant aan ons eie, 'n besondere toepassingsgebied van di
begrip
ontstaan het. Ek verwys na die tendens wat vereis dat waar een van die
kontrakspartye moontlik nie die kontraksterme kan verstaan nie, of waar dit
waarskynlik is dat 'n derde party onbehoorlike be
nvloeding of druk weens
familie-verwantskap sal uitoefen, dit die plig van die "sterkere" kontraktant
34
is om seker te maak dat die "swakker" party die kontraksterme ten volle
verstaan en inderdaad daartoe toestem.
Hierdie vereiste blyk uit 'n beslissing van die Nederlandse Hoge Raad
in hajziani v Van Woerden (HR 14 Januarie 1983; NJ 1983:457).
Hajziani, 'n Marokkaanse gasarbeider is in diens by Van Woerden.
Op 11 Julie 1979 teken hy 'n dokument waarin verklaar word dat hy met
die oog op 'n drie maande lange vakansie in Marokko sy diens be
indig.
Geheel 'vrijblijwend' verklaar Van Woerden in die dokument dat indien
daar by Hajziani se terugkeer v
r 11 Oktober 1979 'n betrekking by die
Grma bestaan, dit oorweeg sal word om hom weer in diens te neem. 'n
Volledige afrekeningstaat word ingesluit. Op 17 Desember 1979 keer
Hajziani terug en maak aanspraak daarop dat hy steeds by Van Woerden in
diens is. Hy beweer dat hy die dokument geteken het slegs as bewys van
ontvangs van die afrekeningsbedrag. Die regbank verwerp Hajziani se eis
35
maar op app
l slaag hy. Vir die Regbank was die vraag of Van Woerden
uit die ondertekening van die gemelde dokument nie sou kon aflei dat
Hajziani nie akkord gaan met diensbe
indiging nie. Die Hoge Raad meen
dat onder die besondere omstandighede die werkgewer hom met redelike
sorgvuldigheid daarvan sal moet vergewis dat die werknemer begryp het dat
sy instemming met diensbe
indiging versoek word.
Soortgelyk is die beslissing in Hajjout v Ijmah Metaalwarenfabriek
(HR 15 April 1983: NJ 1983:458).
Dis ook 'n geval van 'n gasarbeider wat 'n dokument teken waarin hy diensontslag aanvaar en later aanvoer dat hy nie bewus was van
die inhoud
van die dokument nie. Die Hof meen dat die vraag of die teenparty se
vertroue beskerm moet word, afhang van wat die teenparty in die
omstandighede afgelei het, moes of kon afgelei het. In hierdie soort gevalle
moet die werkgewer hom met redelike sorg kan vergewis dat die
36
werknemer bewus is van die strekking van sy verklaring.
Dieselfde re
l ontwikkel teen ongeveer dieselfde tyd in Engeland.
In
Kingsworth Trust Ltd v Bell And Others
[1986] l
All ER
423(CA)
wou Mnr. Bell geld leen by die eiser, 'n finansieringsmaatskappy. As
sekuriteit sou hy o.a. 'n verbandakte moes verleen oor die gemeenskaplike
woning van hom en sy eggenote. Laasgenoemde het 'n geldelike belang in die woning gehad met die gevolg dat sy ook 'n toestemmingsdokument
sou
moes onderteken. Die eiser stel vir Bell aan om die handtekening van sy
eggenote te bekom. Hy slaag daarin maar slegs deur 'n wanvoorstelling
teenoor haar te pleeg. Sy het geen onafhanklike advies ingewin v
r die
ondertekening van die dokument nie. Toe Bell versuim om die
leningskuld te delg, het die eiser beslag gel
op die woning uit hoofde van
'n hofbevel. Op app
l beslis die Court of Appeal by monde van Dillon LJ
dat Mnr. Bell as die eiser se agent opgetree het en die eiser se eis dus
37
onderhewig was aan verwere soos onbehoorlike be
nvloeding of
wanvoorstelling wat teen Mnr. Bell, as hyself eiser was, deur sy eggenote
opgewerp kon word (op 427d-g).
Die belang van hierdie beslissing l
egter in die laaste woorde
daarvan (op 428d-e):
The moral is that where a creditor (or intending lender) desires the protection of a guarantee or charge on property from a third
party other than
the debtor and the circumstances are such that the
debtor could be expected to have influence over
that third party, the creditor ought for his own
protection to insist that the third party has
independent advice. That is the obvious means of
avoiding the risk that the creditor will be held to
have left it to the debtor to procure the execution
of the relevant guarantee or security document by
the third party.
Ten slotte dien gewys word op die beslissing van die Court of Appeal
in 1992 in Barclays Bank
plc
v O'Brien and
Another
[1992] 4 All ER 983
(CA). Mnr. O'Brien en sy eggenote was mede-eienaars van die huis waarin
38
hul gewoon het. Hy was aandeelhouer in 'n maatskappy wat goedere
vervaardig het. Hy wou verhoogde oortrekkingsfasiliteite by die bank
beding vir die maatskappy. Die bank stem daartoe in, op voorwaarde onder andere dat die egpaar 'n verband oor die woning verleen.
Die
bankbestuurder het opdrag aan sy personeel gegee dat die inhoud en
betekenis van die dokumente wat geteken moes word aan beide egliede verduidelik word en dat hulle aangeraai moes word om, indien hulle
onseker is, onafhanklike regsadvies in te win. Die bankpersoneel het
hierdie opdragte geensins uitgevoer nie en slegs die dokumente aan die
O'Briens gegee om te onderteken. Beide van hulle het dit onderteken
sonder om dit te lees. Toe beslag op die woning gel
is deur die bank
weens nie-betaling van die rekening, voer Mev. O'Brien aan dat (i) sy deur
onbehoorike druk van haar eggenoot die dokument onderteken het en (ii)
dat hy 'n wanvoorstelling aan haar gemaak het oor die omvang van die
39
verbandverpligting. Sy voer aan dat hoewel sy geweet het dat sy 'n
verband ten opsigte van die gemeenskaplike woning geteken het, sy geglo
het dat dit beperk was slegs tot
60000 (inderdaad was dit ten bedrae van
jE135000) en dat dit slegs vir drie weke sou geld.
In die Court of Appeal is aangevoer dat aangesien Mnr. O'Brien nie die bank se verteenwoordiger was nie, sy wandade nie die bank toegereken
kan word nie.
Die Court of Appeal beslis egter ten gunste van Mev. O'Brien en wel
dat die verband teen haar slegs vir
60000 geld.
Scott LJ verwerp die benadering dat die bank se regte afhanklik
gestel moet word of Mnr. O'Brien as sy verteenwoordiger opgetree het (op 986f-g). Hy meen dat 'n dieperliggende grondslag vir die
vasstelling van 'n verweersgrond gevind moet word in daardie gevalle waar die skuldenaar
'n borgstelling of ander vorm van sekuriteit van 'n derde party moet verkry
40
en waar daar 'n besondere verhouding tussen die hoofskuldenaar en die
derde bestaan, soos by eggenoot en eggenote, kind teenoor ouer, ens.
In 'n omvattende uitspraak waarin die Engelse en Australiese
regspraak diepsinnig ontleed word, toon Scott LJ dat die Engelse reg op
twee gedagtes hink. Die een is om getroude vrouens en bejaarde ouers wat,
respektiewelik, vir hul eggenote of kinders, borg teken, eenvoudig oor
dieselfde kam te skeer as alle ander borge. Hulle kan hulself nie op
wanvoorstelling of onbehoorlike druk deur die eggenoot of kind beroep nie,
n
g kan hulle kom s
dat hul nie die borgkontrak gelees of verstaan het nie.
Die ander gedagte is juis om sulke borge in 'n spesiale kategorie te
plaas op grond van equity. Daardie groep sluit in
. . . all cases in which the relationship between
the surety and the debtor is one in which
influence by the debtor over the surety and
re
iance by the surety on the debtor are natural
and probable features of the relationship. In cases falling within this protected class, security given
41
by the surety would, in certain circumstances, be
unenforceable notwithstanding that the creditor
might have had no knowledge of and not have
been responsible for the vitiating feature of the
transaction (op 1008c-e).
Die beginsel wat nou van toepassing is o.a. as gevolg van die
uitspraak tans onder behandeling, word dan soos volg deur Scott
LJ uitgedruk (op 1008c-g):
In cases falling within this protected class, equity
would hold the security given by the surety to be
unenforceable by the creditor if: (i) the
relationship between the debtor and the surety and
the consequent likelihood of influence and
reliance was known to the creditor; and (ii) the surety's consent to the transaction was procured by undue influence or material misrepresentation
on the part of the debtor or the surety lacked an
adequate understanding of the nature and effect of
he transaction; and (iii) the creditor, whether by
leaving it to the debtor to deal with the surety or
otherwise, had failed to take reasonable steps to
try and ensure that the surety entered into the
transaction with an adequate understanding of the nature and effect of the transaction and
hat the
42
surety's consent to the transaction was a true and
informed one.
En voorts (op 1009c-e):
Each case within the protected class must, in the
end, depend on its own facts. But
I
would regard
a clear written recommendation to the surety to
take independent advice before signing the
security document as advisable in most cases.
I
would regard it as inadvisable for the security
document to be sent to the surety for signature
unless accompanied by a recommendation to that
effect.
I
would regard it as particularly
inappropriate for the creditor simply to entrust the
security document to the debtor with a view to
the debtor obtaining the surety's signature. I
f the
suretv is invited to sign the securitv document in
the creditor's offices. the creditor should, before
the document is signed, explain its nature and
effect to the surety. The background to all of this
is knowledge on the part of the creditor that
securitv is being taken from the suretv for the
benefit of the debtor and that the suretv is a
person who is likely to be influenced bv and to
have some degree of reliance on the debtor. In
these circumstances the creditor should be seeking
to ensure that unfair advantage is not taken of the
43
surety
. If, however, a creditor has taken
reasonable steps, such as advising the surety to
take independent advice, or, if the surety declines
to do so, offering a fair explanation of the
security document before the surety signs it,
I
can
see no reason why equity should intervene. (My
beklemtoning).
Wat die fe
te betref, bevind Scott LJ dat Mev. O'Brien inderdaad nie
die borgstelling verstaan het nie weens Mnr. O'Brien se wanvoorstelling
en dat die beginsels van equity tot haar redding moet kom. Regters Butler-
Sloss en Purchas LJJ het hulle met hierdie bevinding vereenselwig.
Ek keer terug na die geding voor hierdie Hof.
In die onderhawige geval was die pasi
nt toe sy gevra was om die
borgkontrak en die sessie-dokument te onderteken, reeds 85 jaar oud. Sy
kon skaars behoorlik sien of hoor. Sy was baie dae verward. Klaarblyklik
is sy deur haar lieflingseun om sy pinkie gedraai om een na die ander
dokument, wat vir haar erg benadelend was en geen enkele voordeel
44
ingehou het nie, te onderteken. Uit ander dokumente blyk dit dat sy
gedink het dat sy haar aandele slegs maar beskikbaar stel aan haar seun,
sonder benadeling van haar regte, en dat sy maar slegs teruglewering
daarvan hoef te vra om dit terug te kry. Toe sy die dokumente by die
appellant se tak op Stellenbosch gaan onderteken het, is die inslag daarvan
nie aan haar verduidelik nie en het sy dit onderteken sonder om dit te lees.
Die appellant het geen moeite gedoen om die omvang en betekenis van haar
handelinge aan haar te verduidelik nie of seker te maak dat sy dit verstaan
nie. Sy het haar klaarblyklik laat be
nvloed deur haar seun se voorstellings
oor wat haar verpligtinge is. Daarbenewens het sy ook dokumente
onderteken wat nie slegs sou dien om haar bestaande borgverpligtinge
teenoor Nedbank na die appellant te verplaas nie. Die dokumente wat sy
by appellant en in sy guns onderteken het, bevat nuwe verpligtinge waarvan
sy waarskynlik nie bewus was nie. Dit is duidelik dat al hierdie
45
implikasies nie deur die appellant aan haar verduidelik is nie.
In gemelde omstandighede meen ek dat die openbare belang
nie vereis dat die algemene beginsel, dat 'n handelingsbevoegde kontraktant
aan die ooreenkoms gebonde gehou moet word, strak deurgevoer moet
word. Die Nederlandse en Engelse beslissings hierbo aangehaal dui myns
insiens die aangewese benaderingswyse aan. Waar d
e borg, soos in h
erdie
geval, opsigtelik liggaamlik swak is en uit 'n gesprek met die skuldeiser laat
b
yk dat hy of sy verward is of moontlik nie die implikasies van die
borgkontrak goed verstaan nie, of waar die borg tot die kennis van die
skuldeiser 'n eggenote is wat vir die eggenoot borg s
aan of 'n bejaarde ouer
is wat vir 'n kind borgstaan, verg die openbare belang myns insiens dat die
skuldeiser seker maak dat die borg die volle en werklike betekenis en
implikasies van die borgkontrak en enige gevolglike sessies goed begryp.
Soos in Kingsworth Trust Ltd v Bell and Others, supra, en Barclays Bank
46 plc
v O'Brien and Another, supra, aangetoon, kan dit gedoen word deur aan
te dring dat die borg onafhanklike regsadvies kry of deurdat die skuldeiser
self die volle en werklike betekenis en implikasies van die borgkontrak en
ander dokumente aan die borg verduidelik.
Wat in die onderhawige geval gedoen is, skiet v
r te kort aan hierdie
vereistes. Onder die omstandighede is ek van mening dat die bona fides
verg dat die borgkontrak en sessie nie teen die pasi
nt afgedwing word nie.
Ek sou om hierdie rede die app
l van die hand wys met koste.