Delwerswaaksaamheidskomitee Wolmaransstad v Oersonskraal Diamante BK (609/95) [1997] ZASCA 42 (20 May 1997)

50 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Interdict — Final interdict — Appellant seeking final interdict against respondent for alleged disturbance of diamond-bearing gravel — Respondent contesting allegations — Appellant failed to discharge onus of proof regarding disturbance — No request for referral to oral evidence made in lower court — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1997
>>
[1997] ZASCA 42
|

|

Delwerswaaksaamheidskomitee Wolmaransstad v Oersonskraal Diamante BK (609/95) [1997] ZASCA 42 (20 May 1997)

Saaknommer: 609/95
In sake die app
l van
Die Delwerswaaksaamheidskomitee Wolmaransstad Appellant
teen
Oersonskraal Diamante BK
Respondent
HOF: VAN HEERDEN, E M GROSSKOPF, VIVIER, F H GROSSKOPF en PLEWMAN ARR
Verhoordatum: 8 Mei 1997
Redes ingehandig:
20 Mei l997
REDES VIR UITSPRAAK
2
Van Heerden AR:
In hierdie geval het die appellant aanspraak gemaak op 'n finale interdik. Afgesien van ander oorwegings kon die applikant uit hoofde
van sy funderende verklaring so 'n bevel verkry het slegs indien bewys is, soos wel beweer is, dat die respondent se uitgrawings
diamanthoudende gruis versteur het. Hierdie bewerings was egter heftig deur die respondent bestry en dit was en is onmoontlik om
op die stukke te bevind dat die appellant hom van sy bewyslas gekwyt het. Blykens die uitspraak het die appellant nie in die hof
benede gevra dat die geskil vir die aanhoor van mondelinge getuienis verwys moes word nie, en selfs indien hierdie hof op appel in
so 'n geval 'n aansoek vir dusdanige doel sou kon terugverwys, is daar nie voldoende gronde waarom in casu die veronderstelde diskresie
ten gunste van die appellant uitgeoefen moet word nie. Inteendeel. Die uitgrawings is vermoedelik reeds lankal afgehandel en slegs
kos
e is tans ter sprake.
3
Die appellant se advokaat het egter getrag om te steun op die volgende
passasie in die repliserende verklaring:
"Dit spreek vanself dat, afhangende van die afmeting van die kleims, 'n besondere delwer uiters benadeel kan word indien hy eers
'n hoop grond bo-op sy "kleim" moet verwyder, alvorens hy kan begin delf, terwyl 'n ander delwer reeds in die diamantdraende
gruis is, en onmiddellik kan delf. Die verdere verwarring wat kan ontstaan wanneer 'n delwer met 'n "gat"-kleim, daarop
aanspraak maak dat van sy diamante l
op 'n "hoop"-kleim, spreek vir sigself."
Die eerste antwoord op hierdie betoog is dat die appellant nie geregtig was om
in sy repliserende verklaring op 'n nuwe "skuldoorsaak" te steun nie. Die
tweede is dat die appellant in 'n verteenwoordigende hoedanigheid ageer en dat
hy hom nouliks kan beroep op optrede wat miskien 'n paar van sy lede mag
benadeel maar die meerderheid mag bevoordeel.
Om hierdie redes is die app
l by die verhoor daarvan met koste afgewys.
H J O VAN HEERDEN
Stem Saam
APP
LREGTER
E M Grosskopf AR Vivier AR
F H Grosskopf AR Plewman AR