S v Odendaal (125/95) [1995] ZASCA 160 (30 November 1995)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Self-defence — Appellant convicted of two counts of murder and two counts of attempted murder following a shooting incident during a protest march — Appellant claimed he acted in self-defence, asserting he was unaware of the unlawfulness of his actions — Evidence indicated that the protest was peaceful prior to the shooting, with no imminent threat to the appellant — Court found that the appellant's belief in the necessity of self-defence was not reasonable — Convictions upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 160
|

|

S v Odendaal (125/95) [1995] ZASCA 160 (30 November 1995)

Saak nr 125/95
/MC
IN DDE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
IGNATTUS MICHAEL KRUGER ODENDAAL
APPELLANT
-en-
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: CORBETT HR et VAN HEERDEN, VIVIER,
HARMS et OLIVIER ARR.
VERHOOR: 20 NOVEMBER 1995.
GELEWER: 30 NOVEMBER 1995.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die appellant is in die Rondgaande Plaaslike Afdeling
op
Potchefstroom deur Le Roux R en assessore op twee
aanklagte elk van moord (aanklagte 1 en 2) en poging tot moord (aanklagte 3 en
4)
skuldig bevind, Op elke moordaanklag is hy tot 16 jaar gevangenisstraf
gevonnis en op elke aanklag van poging tot moord tot 12 jaar
gevangenisstraf.
Dit is gelas dat die vonnisse saamlopend uitgedien word. Met die verlof van die
Hof a quo appelleer hy na hierdie
Hof teen sy skuldigbevindings en vonnisse. Al
vier aanklagte spruit uit 'n skietvoorval tydens 'n protesoptog deur
ANC-ondersteuners
("die groep") op 17 April 1993 in Vanderbijlpark. Reg teen die
einde van die optog, toe die groep in een van die hoofstrate van Vanderbijlpark,
Frikkie Meyerboulevard, beweeg het en besig was om uiteen te gaan, het die
appellant in sy voertuig ("die bakkie") tussen die agterste
lede van die groep
inbeweeg en op hulle geskiet. Die íwee oorledenes
3
in aanklagte 1 en 2 is noodlottig gewond en die twee klaers in aanklagte
3 en 4 ernsíig beseer.
Die appellant se verweer was dat hy in
noodweer gehandel het en altematiewelik nie die vereiste
wederregtelikheidsbewussyn gehad het
nie deurdat hy gehandel het in die waan dat
sy optrede deur noodweer geregverdig was.
Die onbetwiste feite kan as volg saamgevat word. Die groep, wat uit 'n
paar duisend mense bestaan het, het die betrokke oggend vanaf
die woonbuurt
Boipatong net buite Vanderbijlpark na die polisiestasie in die middedorp per
voet beweeg waar hulle 'n versoekskrif
oorhandig het. Die optog het plaasgevind
teen die destydse agtergrond van politieke onrus en geweldpleging oral in die
land, veral
na die moord op die ANC-leier, mnr Chris Hani, 'n week vroeër,
en is gehou in weerwil daarvan dat die plaaslike stadsraad sy
toestemming
daartoe geweier het. Na die
4
oorhandiging van die versoekskrif het die groep omgedraai en langs
dieselfde roete as wat hulle gekom het, terugbeweeg in die rigting
van
Boipatong. Kort voor twee-uur die middag het die groep in 'n noordelike rigting
in Frikkie Meyerboulevard, 'n dubbelweg wat in
die middel geskei word deur 'n
grasstrook, beweeg. Voor 'n woonstelgebou aan die westekant van Frikkie
Meyerboulevard, ongeveer een
en 'n half kilometer suid van waar Milanweg by
Frikkie Meyerboulevard aansluit, het die appellant na die optog staan en
kyk.
Tot op daardie stadium was die optog vreedsaam en het dit sonder enige
voorvalle verloop. 'n Groot polisiemag van meer as eenhonderd
man was ontplooi
waarvan sommige lede langs die roete opgestel was, ander die optog in
polisievoertuie gevolg het en nog ander op
motorfietse langs die groep
patrolleer het. 'n Aantal vredesmonitors het ook die groep te voet en in
voertuie vergesel.
5
Nadat die optog by hom verby is, het die appellant in sy bakkie by die
voertuie agter die optog aangesluit en verder saam met hulle
beweeg. Daar was
verskeie gepantserde voertuie van die polisie ("Casspirs") in die stoet en die
appellant het by een van hierdie
voertuie verbygery. Waar Milanstraat 'n
T-aansluiting met Frikkie Meyerboulevard aan laasgenoemde se oostekant maak, was
die groep
besig om vinniger te beweeg, moontlik om gouer by Boipatong te kom wat
toe binne sig was, en moontlik om by die busse te kom wat
verder aan gewag het
om lede van die groep na ander woonbuuríe terug te neem. Die groep het
gevolglik in daardie omgewing
in Frikkie Meyerboulevard begin versprei. Namens
die appellant is veel klem gelê op die feit dat lede van die groep op
daardie
stadium na die baan wat verkeer in 'n noordelike rigting dra ("die
noordelike baan") oorgekom het om kortpad te neem na die busse
oor die oop stuk
grond aan die westekant van die
6
pad en ook omdat die middelman in daardie omgewing vemou het tot slegs
2,5 meter. Op die appellant se eie weergawe, egter, was daar
geen samedromming
by sy voertuig nie en is dit duidelik dat slegs enkele lede van die groep in die
omgewing van sy bakkie was toe
hy ongeveer regoor die T-aansluiting begin het om
op die groep te vuur. Die getuienis hieromtrent was die volgende.
Mev E Coni, 'n monitor van die vredeskomitee, wat die hele optog vergesel
het, was een van die eerste persone wat by die appellant
se bakkie gekom het
nadat hy begin skiet het. Hierdie feit word bevestig deur 'n reeks foto's wat 'n
koerant-fotograaf, mnr J H Botha,
vanaf die oostekant van Frikkie Meyerboulevard
van die appellant geneem het terwyl hy besig was om te vuur en van die
onmiddellik
daaropvolgende gebeure. Die foto's is by die Verhoorhof as
bewysstukke ingehandig. Botha het langs adjudant-offisier Eybers ongeveer
30
meter vanaf die appellant gestaan en
7
beide het namens die staat getuig. Volgens mev Coni het sy op die
sypaadjie aan die westekant van Frikkie Meyerboulevard, ongeveer
twee of drie
tree voor die bakkie gestap toe sy die eerste skote hoor. Sy het onmiddellik
omgedraai en na die bakkie, wat toe stilgestaan
het, gehardloop. Die appellant
se arm was by die venster aan die bestuurder se kant uit en hy was besig om te
skiet. Sy het twee
mense in die pad sien lê. Daar was 'n paar van die
agterste lede van die groep naby die bakkie maar haar indruk was dat hulle
slegs
daarop ingestel was om betyds die busse te haal. Daar was geen samedromming naby
die bakkie nie. Sy het met haar vlaggie teen
'n venster van die bakkie gekap
sodat die appellant kon ophou vuur. 'n Hele aantal polisiemanne het toe daar
aangekom. Sy het nog
twee mense gesien wat raakgeskiet was. Volgens mev Coni was
die toestand voor die skietery goed onder beheer en het niemand in enige
gevaar
verkeer nie.
8
Polisiemanne was oral te sien. Lede van die AWB-beweging het tot kort
voor die skietery langs die groep beweeg en beledigings is oor
en weer tussen
hulle en lede van die groep geslinger, maar toe die skietery plaasvind was die
AWB-lede reeds deur hul leier teruggeroep.
Eybers se getuienis was dat hy die bakkie opgemerk het nog voor die
eerste skoot gevuur is. Die grootste gedeelte van die optog was
verby en slegs
die laastes van die groep was op daardie stadium nog in die omgewing. Van hulle
het verby die bakkie gehardloop. Hy
het gesien dat die appellant sy regterarm by
die venster uitsteek met 'n vuurwapen in die hand en dat hy begin vuur. Op
daardie stadium
was daar geen lede van die groep naby die bakkie nie. Hy het vyf
skote kort agtermekaar gehoor en mense gesien val. Hy het saam met
ander
polisiemanne vorentoe gestorm en die appellant is oorrompel. Daar was geen
klipgooiery of enige
9
ander voorvalle voor die skietery nie en hy bet geen wapens gesien nie.
Daar was omtrent veertig lede van die polisiemag in uniform
in die
nabyheid.
Botha het getuig dat hy staan en kyk het hoe die laaste
lede van die groep verby draf toe hy skote hoor val. Hy het instinkmatig begin
om foto's te neem en deur sy kameralens die bakkie gesien en die appellant wat
besig was om te skiet. Hy het ook geen samedromming
van mense by die bakkie
gesien nie. Die eerste foto wat Botha geneem het toon die bakkie aan die
linkerkant van die noordelike baan
van Frikkie Meyerboulevard en, volgens Botha,
omtrent 20 meter van die noordelike baan voor die bakkie. Nader aan die kamera
is 'n
gedeelte van die middelman en die baan wat verkeer in 'n suidelike rigting
dra ("die suidelike baan") van Frikkie Meyerboulevard.
Volgens die posisie van
mev Coni, wat na die bakkie aangehardloop kom en minder as 'n
10
tree voor die bakkie is, is dit duidelik dat die foto geneem is enkele
sekondes nadat die eerste skoot gevuur is. Die appellant sit
agter die
stuurwiel, sy regterarm is by die venster uit en rus op die deur en sy
regterhand met 'n vuurwapen daarin is omhoog in
'n skietposisie en wys vorentoe,
dit wil sê in 'n noordelike rigting. Behalwe mev Coni is daar niemand in
die noordelike rybaan
van Frikkie Meyerboulevard voor of langs sy bakkie nie. Op
die middelman regs voor hom lê 'n persoon op die naat van sy rug,
twee
ander persone is op die middelman regs en effens agter die appellant en twee
persone is op die suidelike baan van Frikkie Meyerboulevard.
Aan die linkerkant
van die bakkie is die eerste polisieman reeds op die toneel. Die persoon wat op
die middelman lê, is mnr
N J Msibi, die klaer in aanklag 4. Van die ander
foto's toon dat die oorledenes in aanklagte 1 en 2 op die suidelike rybaan van
Frikkie
Meyerboulevard geval het. Die klaer
11
in aanklag 3, mnr K J Duitlwileng, het daarin geslaag om weg te hardloop
en verskyn nie op die foto's nie. Dit is duidelik uit die
foto's dat talle
polisiemanne binne sekondes op die toneel was.
Konstabel Fouche was die bestuurder van 'n pantserbakkie in die stoet
voertuie agter die optog. Sy getuienis was dat nadat die appellant
by die stoet
aangesluit het, hy begin het om tussen die voertuie voor hom deur te vleg ten
einde nader aan die voorpunt van die stoet
te kom. Dit het hom agterdogtig
gemaak en hy het die bakkie agtervolg maar kon nie nader as drie voertuie van
die bakkie af kom nie.
Nadat die bakkie reg voor in die stoet gekom het, het hy
gesien dat die appellant sy hand met 'n vuurwapen daarin by die venster
uitsteek
en het hy skote gehoor. Fouche het gestop, uitgespring en nader gehardloop. Toe
hy by die bakkie kom, was daar reeds ander
polisiemanne daar en die appellant is
aan hom oorhandig om na die aanklagkantoor te neem.
12
Die twee klaers in aanklagte 3 en 4 het ook getuig. Duitlwileng se
getuienis was dat hy een van die groep was en dat hy in die noordelike
baan van
Frikkie Meyerboulevard geloop het. Hy is by die bakkie, wat stadig beweeg het,
verby. Ander lede van die groep het gehardloop.
Daama het hy 'n skoot gehoor,
omgekyk en 'n persoon agter hom gesien wat geval het. Die bakkie was toe
ongeveer drie meter agter
hom. Hy het weggehardloop maar is op sy linker voorarm
raakgeskiet. Hy was vyf maande in die hospitaal en kan nou net twee vingers
van
sy linkerhand gebruik. Msibi, ook een van die groep, se getuienis was dat die
groep begin hardloop het kort voor die skietery
en dat sommige van hulle agter
geraak het. Hy was onder die agterstes en het op die suidelike baan van Frikkie
Meyerboulevard geloop
toe hy 'n geskree van AWB-lede vanaf die oostekant van die
pad
13
hoor. Hy het die bakkie links agter hom gesien, gedink dat die bestuurder
'n ANC-monitor was en was besig om na links te draai om
na die bakkie toe te
gaan toe hy in die rug geskiet is. Gelukkig was dit 'n skrams skoot wat onder sy
regterarm uit is en toe deur
die bo-arm getrek het. Hy het steeds las van die
arm. Volgens Msibi is hy geskiet in die T-aansluiting van Milanstraat en Frikkie
Meyerboulevard. Dit is 'n hele paar tree suid van waar die bakkie tot stilstand
gekom het. Volgens die getuienis van beide klaers
was daar geen lid van die
groep naby die bakkie nie. Die appellant se getuienis was dat hy om ongeveer
halfeen die betrokke middag
vanaf sy huis buite Vanderbijlpark na die middedorp
gery het om sy pos te gaan haal. Hy bedryf sy eie konstruksiebesigheid en het
sekere tenderdokumente verwag. Hy het vooraf gehoor dat 'n optog beplan word vir
daardie dag maar het
14
gemeen dat dit afgelas is omdat die stadsraad sy toestemming geweier het.
Op pad na die poskantoor die middag is hy in Frikkie Meyerboulevard
deur 'n
verkeersbeampte voorgekeer en hy het toe besef dat daar iets aan die gang is in
daardie straat. Hy het 'n alternatiewe roete
na die poskantoor gebruik. Op pad
temg huis toe het hy 'n samedromming gesien en verneem dat die ANC-optog in
aantog was. Hy was
nuuskierig om dit te sien en het in Frikkie Meyerboulevard
ingedraai en voor 'n woonstelgebou gaan staan en kyk hoe die optog enkele
meters
van hom af verbygaan. Toe die optog en die grootste gedeelte van die stoet
voertuie verby hom is, het hy tussen die laaste
twee Casspirs by die stoet
aangesluit. Hy het by een van hulle verbygery en gesien dat daar nog 'n Casspir
voor hom was. Hy het daarna
geen verdere voertuie in die stoet verbygegaan nie.
Toe hulle die aansluiting
15
van Milanstraat nader, het sommige van die groep vinniger begin beweeg
sodat van die ander agter geraak het. Hierdie agterhoede was
aanvanklik op die
suidelike baan maar het toe begin oorkom na die noordelike baan sodat die
appellant hom skielik tussen lede van
die groep bevind het. Dit het hom benoud
gemaak. Hy kon nie na links van die pad aftrek nie omdat daar 'n metaalreling
langs die
pad was. Aan die linkerkant van die reling het AWB-lede en ander
gewapende privaatpersone geloop. Feitlik regoor die aansluiting
van Milanstraat
het die AWB-lede omgedraai, waarop 'n lid van die groep voor die appellant in
die pad vasgesteek en vir die AWB-lede
geskree het: "Cowards, don't turn
around". Nog drie of vier ander lede van die groep het by die eerste een
aangesluit en een het
op en af gespring en geskree: "One settler, one bullet".
'n Ander, wat reg langs die bakkie was, het geskree:
16
"Kill the farmer, kill him" terwyl hy na die appellant kyk. Die appellant
het geglo dat die woorde vir hom bedoel was en dat sy lewe
in gevaar was. Links
van hom was die metaalreling en regs was lede van die groep. Hy het petrol
getrap om vorentoe te ry en die bakkie
het gestol, 'n tree of wat vorentoe geruk
en gaan staan. Hy het sy vuurwapen, wat in 'n geweersakkie voor by sy broek se
lyfband
ingedruk was, nitgehaal, sy hand by die venster uitgesteek en begin
skiet. Die appellant het aanvanklik gesê dat hy vyf skote
aaneen geskiet
het. In kruisverhoor het hy gesê dat hy eers net drie skote geskiet het,
waarvan hy glad nie bewus is nie, en
later nog twee nadat hy iemand op die dak
van die bakkie hoor slaan het en gedink het dat hy aangeval word. Hy het al die
skote na
regs geskiet sonder om dit doelbewus te doen en sonder om te mik. Hy
het toegegee dat die optog vreedsaam verloop het totdat een
van die groep
geskree het "Kill the farmer, kill him".
17
Dit was die werklike rede waarom hy geskiet het. Hy het andersins nie
bedreig gevoel deur enige samedromming nie en die geskree oor
en weer tussen die
groep en die AWB-lede het ook nie vir hom gevaarlik voorgekom nie. Toe hy skiet
was daar 'n Casspir vyftig tree
voor hom en nog een vyftig tree agter hom. Hy
het nie ander polisiemanne naby hom gesien nie. Hy het wel vir mev Coni reg voor
sy
bakkie gesien. Nadat hy geskiet het, was die polisie gou by en is hy dadelik
weggeneem. Ongeveer twee en 'n half uur later het hy
'n skriftelike verklaring
aan die polisie gemaak waarin hy onder andere gesê het dat hy geskiet het
nadat die skare begin spring
en skreeu en vloek het en die slagspreuk "One
settler one bullet" geskree het.
Die vuurwapen waarmee die appellant geskiet het, is 'n ,357 rewolwer wat
deur die Verhoorhof as 'n swaar kaliber wapen beskryf is.
Die appellant het
getuig dat wanneer hy sy huis
18
verlaat hy altyd die wapen en 'n handvol ekstra patrone saam met hom
neem. Die polisie het na die skietery twee-en-twintig lewendige
patrone in sy
sak gevind.
Namens die appellant is in hierdie Hof betoog dat die Verhoorhof
verkeerdelik bevind het dat hy nie in noodweer gehandel het nie.
Daar is betoog
dat 'n aantal faktore gelyktydig saamgewerk het om 'n gevaarsituasie te skep
waarin die appellant geregverdig was
om te skiet. Daar is verder betoog dat die
Verhoorhof se bevinding tot die teendeel gebaseer was op afleidings uit die
staatsgetuies
se waamemings nadat die eerste skote reeds geklap het en dat die
appellant se weergawe van die gebeure voor hy geskiet het, onbetwis
staan en
verkeerdelik deur die Verhoorhof verwerp is.
Wat die betoog betref dat verskeie faktore 'n gevaarsituasie geskep het,
het ek reeds daarop gewys dat al die getuienis,
19
insluitende dié van die appellant, dit duidelik maak dat daar geen
samedromming by sy bakkie was nie. Dit was nie in geskil
dat die optog vreedsaam
en sonder voorvalle verloop het nie en dat daar geen konfrontasie gedreig het
tussen die groep en die AWB-lede
nie. Die appellant het trouens self getuig dat
hy nie bedreig gevoel het deur die oor en weer geskree tussen die groep en die
AWB-lede
nie. Polisiemanne was oral teenwoordig en die appellant het geweet dat
polisievoertuie voor en agter hom in die stoet was. Afgesien
van die
doodsdreigement wat volgens die appellant die werklike rede vir die skietery
was, is daar, na my mening, nie sprake van enige
ander faktor wat 'n
gevaarsituasie geskep het nie.
Die betoog dat die staatsgetuies slegs getuig het oor waarnemings nadat
die eerste skote geklap het, is gebaseer op enkele passasies
in die uitspraak
van die Verhoorregter in die
20
aansoek om verlof om te appelleer en is nie geregverdig nie. In hierdie
gedeeltes van sy uitspraak sê die Verhoorregter dat
daar nie ooggetuienis
was van die gebeure onmiddellik voor die skietery nie en dat die Hof aangewese
was om afleidings te maak uit
die getuies se waarnemings nadat die eerste skote
geval het. Dit wil voorkom asof die Verhoorregter die getuienis van Eybers en
Coni
uit die oog verloor het wat die Hof a quo in sy uitspraak by
skuldigbevinding aanvaar het. Ek wys in die verbygaan daarop dat die
Verhoorregter nie die korrekte toets toegepas het toe hy verlof verleen het om
te appelleer nie. Die vraag was of daar 'n redelike
vooruitsig op sukses in die
appèl sou wees (S v Sikosana
1980 (4) SA 559
(A)) en nie, soos die
Verhoorregter dit gestel het, of "'n ander hof miskien wel tot 'n ander slotsom
sou kon kom nie".
Om terug te keer na die ooggetuienis van die gebeure voor die eerste
skoot geskiet is, het Eybers getuig dat hy gesien het dat
21
die appellant sy hand by die venster uitsteek voordat die skote geklap
het. Daar was toe geen lede van die groep naby die bakkie nie.
Volgens mev Coni
het sy die bakkie reeds voor die skietery dopgehou omdat sy nie kon verstaan wat
die bakkie in die optog gemaak
het nie. Lede van die groep het by die bakkie
verby-gehardloop en geeneen het enige bedreiging vir die appellant ingehou nie.
Sy
het niemand enige dreigemente hoor skree nie. Botha se foto's is wel geneem
nadat die eerste skote geklap het, maar dit is volgens
alle aanduidings so gou
daarna geneem dat dit duidelike stawing bied vir die staatsgetuies dat daar
niemand naby die bakkie was wat
die appellant bedreig het nie.
Die appellant se weergawe dat een van die groep van reg langs sy bakkie
geskree het, "Kill the farmer, kill him" is deur die Hof a
quo as vals verwerp.
In sy verklaring aan die polisie het die appellant niks van hierdie dreigement
gesê nie. Alhoewel die
22
verklaring nie sy volledige weergawe bevat nie, sou mens verwag dat as
dit die waarheid was, hy dit heel eerste aan die polisie sou
gesê het
omdat dit, volgens sy latere getuienis, die eintlike rede vir die skietery was.
Instede daarvan gee hy in sy verklaring
te kenne dat hy geskiet het nadat baie
lede van die groep begin het om te spring, skreeu en vloek en die slagspreuk
"One settler,
one bullet" geskree het. Strydig hiermee getuig hy dat hy nie
bedreig gevoel het deur die groep nie.
Die appellant se getuienis is in verskeie opsigte weersprekend en
onwaarskynlik. Ek het reeds daarop gewys dat hy aanvanklik gesê
het dat hy
vyf skote aaneen geskiet het, terwyl sy verdere getuienis was dat hy eers drie
en toe later nog twee skote gevuur het.
Die appellant het getuig dat hy wild
geskiet het omdat hy doelbewus geraas wou maak om sy aanvallers te laat skrik.
Terselfdertyd
getuig hy dat hy nie eens bewus was daarvan dat hy
23
die eerste skote gevuur het nie. Hy kon nie verduidelik waarom, indien hy
bloot 'n geraas wou maak, hy nie in die lug gevuur het nie
of waarom, indien hy
wild geskiet het, vier uit die vyf skote mense getref het nie. Indien die
appellant inderdaad bedreig gevoel
het, sou mens verwag dat hy op die persone
wat hom bedreig het, sou gevuur het. Daar is egter geen aanduiding dat die
persone wat
getref is, hom bedreig het nie. Die getuienis van die klaers is
trouens tot die teendeel. Die appellant kon ook nie verduidelik waarom
hy nie
eenvoudig sy venster toegemaak het en die polisie se aandag getrek het nie.
Hulle sou binne oomblikke by gewees het, soos
wel gebeur het nadat hy geskiet
het. 'n Verdere aspek wat twyfel werp op sy weergawe is die feit dat mev Coni,
wat twee of drie tree
voor die bakkie was, nie die doodsdreigement gehoor het
nie.
Die objektiewe feite weerspreek die appellant se getuienis.
24
Hy neem 'n vuurwapen en twee-en-twintig los patrone saam met hom as hy
die pos gaan uithaal en sy verduideliking is dat hy uit vrees
en waaksaamheid
vanweë die toestand van geweld in die land_ nie sy huis daarsonder verlaat
nie. Nogtans gaan staan hy op 'n
plek langs die roete waar die hele optog binne
enkele meters van hom af verbygaan, sluit by die polisievoertuie agter die optog
aan
en vleg tussen die voertuie deur om nader aan die groep te kom. Dit is nie
die optrede van 'n persoon wat bevrees is nie.
In al die omstandighede is daar geen rede om met die aanvaarding van die
staatsgetuienis en die verwerping van die weergawe van die
appellant deur die
Hof a quo in te meng nie. Die Hof a quo het gevolglik tereg bevind dat die
appellant nie in enige gevaar verkeer
het toe hy geskiet het nie en dat hy ook
nie in enige waan verkeer het dat hy bedreig word nie, maar dat hy geskiet het
met die opset
om te dood. Hy is tereg skuldig bevind.
25
Wat die appèl teen die vonnisse betref, het die Hof a quo geen
mistasting of ander onreëlmatigheid begaan nie en daar
kan ook nie
gesê word dat die vonnisse buitensporig is nie.
Die appèl word afgewys.
W.
VIVIER AR.
CORBETT HR)
VAN HEERDEN AR)
HARMS AR)
OLIVIER AR) Stem saam.