S v Bartmann en Andere (158/93) [1995] ZASCA 159 (30 November 1995)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Fraud — Interpretation of "loss" in firearm license applications — Appellants convicted of fraud for false statements in firearm license applications regarding lost firearms — Appellants contended that the term "lost" could imply various meanings, including "unnoticed disappearance" — Court of Appeal held that the State failed to prove that the appellants' answers were false, as the term "lost" was ambiguous and could include the innocent interpretation of firearms being stolen or lost without notice.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 159
|

|

S v Bartmann en Andere (158/93) [1995] ZASCA 159 (30 November 1995)

Saak nr 158/93
/MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ABRAHAM ALBERTUS CILLIERS BARTMANN (SNR)
SPRINGBOK PATROLS (EDMS) BPK
ALERT SPRINGBOK PATROLS BK
ABRAHAM ALBERTUS CILLIERS
BARTMANN (JNR) APPELLANTE
-en-
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: VAN HEERDEN, VIVIER et MARAIS ARR. VERHOOR: 27 November 1995.
GELEWER: 30 November 1995.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die vier appellante, na wie ek as beskuldigdes 1, 2, 3 en
4
onderskeidelik sal verwys, is in die Johannesburgse
Streekhof skuldig bevind op verskeie aanklagte van bedrog (aanklagte 1 - 149 in
die geval van beskuldigdes 1, 2 en 4 en aanklagte 51-149 in die geval van
beskuldigde 3) asook op aanklagte dat hulle ter oortreding
van art 38 van die
Wet op Wapens en Ammunisie 75 van 1969 ("die Wet") versuim het om die verlies,
diefstal of vernietiging van wapens
binne die voorgeskrewe tyd te rapporteer
(aanklagte 152 en 153 in die geval van beskuldigde 1; aanklag 152 in die geval
van beskuldigdes
2 en 4 en aanklag 153 in die geval van beskuldigde 3).
Beskuldigde 1 is verder aan die onwettige besit van vuurwapens (aanklagte
681,
684, 685 en 686) skuldig bevind en beskuldigde 4 aan omkopery (aanklag 705). Op
aanklagte 152 en 153 is die beskuldigdes gewaarsku
en ontslaan. Op die aanklag
van omkopery is beskuldigde 4 'n boete van R100
3
of 20 dae gevangenisstraf opgelê. Op elkeen van die ander aanklagte
is 'n boete van R40-00 (met 'n altematief van tien dae gevangenisstraf
in die
geval van beskuldigdes 1 en 4) opgelê wat in sekere gevalle in geheel
opgeskort is. Die besknldigdes se appélle
na die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling het grotendeels geslaag deurdat die skuldigbevindings en
vonnisse op al die aanklagte met
die uitsondering van aanklagte 152, 153 en 705
tersyde gestel is. Die skuldigbevinding op laasgemelde aanklag is bekragtig en
die
vonnis verhoog tot 'n boete van R2000-00 of een jaar gevangenisstraf plus 'n
verdere een jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar op
sekere voorwaardes
opgeskort is. Die Hof a quo het aan die beskuldigdes verlof verleen om na
hierdie Hof teen die skuldigbevindings
op aanklagte 152 en 153 te appelleer en
aan beskuldigde 3 om teen die vonnis op aanklag 705 te appelleer. Laasgemelde
appêl
is laat vaar. Die Hof a quo het verder
4
ingevolge art 311 (1) (a) van die Strafproseswet 51 van 1977 aan die
Prokureur-generaal van die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling
verlof verleen om
teen sy beslissing oor 'n regsvraag ten gunste van die beskuldigdes op die
bedrogaanklagte na hierdie Hof te appelleer.
Die feite wat óf gemeensaak was by die verhoor óf nie
langer in geskil is nie, kan as volg saamgevat word. Beskuldigde
2 is 'n private
maatskappy en beskuldigde 3 'n beslote korporasie wat seknriteitsondememings
vannit dieselfde sakepersele, en blykbaar
met dieselfde werknemers, bedryf.
Hnlle werksaamhede behels onder andere die voorsiening van gewapende wagte aan
kliënte waarvoor
elkeen in eie naam van tyd tot tyd vnurwapens aangeskaf en
lisensies daarvoor bekom het. Te alle wesenlike tye was beskuldigde 1
die
besturende direkteur van beskuldigde 2 en die enigste lid van beskuldigde 3 en
was beskuldigde 4 'n direkteur van
5
beskuldigde 2 en in diens van beskuldigdes 2 en 3. Beskuldigdes 1 en 4 is
in hul persoonlike hoedanighede aangekla en beskuldigde
1 het verder in sy
hoedanigheid van verteenwoordiger van beskuldigdes 2 en 3 verskyn.
Dit is gerieflik om eerste met die Staat se appêl te handel. Al die
aanklagte van bedrog spruit uit beskuldigdes 2 en 3 se aansoeke
om
vuurwapenlisensies. Aanklagte 1 tot 50 het betrekking op aansoeke om lisensies
wat deur beskuldigde 2 by die Kommissaris van die
Suid-Afrikaanse Polisie ("die
Kommissaris") ingedien is terwyl aanklagte 51 tot 149 handel met beskuldigde 3
se aansoeke. Ingevolge
artikel 2 van die Wet mag niemand, met sekere
ontersaaklike uitsonderings, 'n vuurwapen besit sonder dat hy 'n lisensie hou om
daardie
wapen te besit nie. Art 3 van die Wet bepaal onder andere dat die
Kommissaris op aansoek op die voorgeskrewe wyse deur 'n bevoegde
persoon na
goeddunke maar
6
behoudens sekere bepalings van die Wet aan bedoelde
persoon
'n lisensie kan uitreik om die in daardie lisensie omskrewe
wapen
te besit. In die geval van aanklagte 1 - 50 is die
voorgeskrewe
vorm SAP 271 deur mnr C J F Bartmann, 'n direkteur of
dienaar
van beskuldigde 2, onderteken terwyl beskuldigde 4 die
betrokke
vorms ten opsigte van aanklagte 51 - 149 onderteken het.
Die landdros het bevind dat ten opsigte van elke
aansoekvorm
bedrog gepleeg is deurdat "nee" geantwoord
is op die volgende
vraag wat op die aansoekvorm verskyn:
"5. Het u al voorheen 'n wapen wat in u besit was, verloor? Indien wel,
meld waar, wanneer en onder watter omstandighede."
Die landdros het bevind dat die antwoorde vals was deurdat die
beskuldigdes geweet het dat hulle die wapens genoem in die aanhangsels
tot die
klagstaat verloor het.
Dit was gemene saak by die verhoor dat ten tyde van die
7
ondertekening van elke aansoekvorm die beskuldigdes geweet het dat wapens
voorheen uit hulle besit gesteel of geroof is. Die verweer
was egter dat die
beskuldigdes in die aansoekvorms niks meer te kenne wou gegee het nie as dat
wapens nog nie voorheen ongemerk uit
hulle besit weggeraak het nie, dit wil
sê dat hulle gedink het dat die vraag en antwoord slegs betrekking gehad
het op wapens
wat ongemerk weggeraak het en nie op wapens wat gesteel of geroof
is nie. Die verweer was dat die beskuldigdes die woord "verloor"
in sy
primêre betekenis van ongemerk wegraak verstaan het en dat al wat hulle
gevolglik bedoel het om te sê, was dat
geen wapen voorheen verloor is
deurdat dit ongemerk weggeraak het nie, wat 'n korrekte antwoord sonder
wanvoorstelling was. Die verweer
was verder dat die woord "verloor" in elk geval
vatbaar was vir verskeie betekenisse sodat, selfs al sou dit die ontdaanmaking
deur
middel van roof en diefstal insluit, dit ten minste ook die
betekenis
8
dra van ongemerk laat wegraak soos mens 'n knoop sou
verloor.
Die bewyslas het dan op die Staat gerus om die
moontlike
onskuldige betekenis uit te sluit. In die afwesigheid van
enige
getuienis dat die aansoekdoeners, deur "nee" op die vraag
te
antwoord, iets anders bedoel het as dat geen wapen
voorheen
ongemerk weggeraak het nie, het die Staat, aldus die betoog, hom
nie van hierdie bewyslas gekwyt nie. Die landdros het die
verweer
verwerp maar die Hof a quo het dit in die volgende
woorde
gehandhaaf:
"Na my mening staan dit vas dat 'verloor' 'n woord van besonder wye
betekenis is en dat dit in sy sogenaamde primêre betekenis
beteken
'ongemerk laat wegraak'. Eers wanneer 'verloor' gebruik word in die disjunkte
vorm volgens Professor van Jaarsveld, moet
daar iets bygevoeg word by die woord
verloor voordat 'n mens weet wat dit is naamlik 'ek het my vuurwapen verloor
deur diefstal'
anders sal dit beteken dat ek het my vuurwapen ongemerk laat
wegraak. Daar is sonder twyfel meriete in die argument van mnr Mostert.
Dit word
betoog dat die betekenis van
9
'diefstal' en 'vernietiging' nie díe enigste redelike moontlike
afleiding te make is van die feite nie en dat die onskuldige
betekenis van
verloor naamlik ongemerk laat wegraak nie uitgesluit is nie in welke geval dit
natuurlik beteken dat die Staat nie
sy bewyslas gekwyt het om te bewys dat die
antwoord op vraag 5 vals was nie."
Die Hof a quo het
gevolglik bevind dat die woord "verloor" in die konteks van die betrokke vraag
meerdere betekenisse kan hê,
insluitende die onskuldige betekenis van
ongemerk laat wegraak, met die gevolg dat die Staat nie bewys het dat die
antwoord op die
vraag vals was nie.
Alhoewel die regsvraag wat deur die Hof a quo geformuleer is, ietwat
anders daar uitsien, is ons deur die advokaat namens die Staat
gevra om te
beslis dat die woord "verloor" in die SAP 271-vorm slegs een betekenis het en
dat daardie betekenis noodwendig die verlies
deur diefstal of roof insluit. Hy
het gevolglik betoog dat die "nee" antwoord op die betrokke vraag noodwendig
'n
10
wanvoorstelling daargestel het dat wapens nie voorheen gesteel of geroof
is nie.
Namens die beskuldigdes is in hierdie Hof in limine betoog dat die Hof a
quo se beslissing nie een oor 'n regsvraag was nie en dat
dit gevolglik nie
vatbaar was vir 'n appél ingevolge art 311 van Wet 51 van 1977 nie. Dit
is betoog dat die Hof a quo se beslissing
oor 'n feitevraag gegaan het, naamlik
of die Staat 'n wanvoorstelling bewys het. Dit is nie nodig om te beslis of die
Hof se bevinding
dat die woord "verloor" meerdere betekenisse kan hê, 'n
beslissing oor 'n regsvraag is al dan nie. In die veronderstelling
dat dit wel
die geval is, moet die regsvraag, soos nou geformuleer, teen die Staat beslis
word. Dit is duidelik dat die woord "verloor"
in die betrokke konteks
verskillende betekenisse kan hê, wat nie noodwendig ontdaanmaking deur
middel van roof en diefstal
insluit nie. Sien byvoorbeeld HAT,
11
2de uitgawe sv "verloor" op bl 1254. Daaruit volg dat die Hof a quo tereg
beslis het dat die Staat geen wanvoorstelling bewys het
nie.
Volledigheidshalwe noem ek dat die Hof a quo ook aan die Staat verlof
verleen het om te appelleer teen sy bevinding dat indien die
woord "verloor"
vatbaar is vir verskillende betekenisse, die Staat die bewyslas dra om daardie
betekenis wat die beskuldigdes bevoordeel,
uit te sluit. Dit is nie voor ons
betoog dat die Hof a quo 'n verkeerde maatstaf toegepas het nie, maar slegs dat
die beskuldigdes
se betekenis van die woord "verloor", so verregaande is dat die
Staat nie daardie moontlikheid hoef uit te geskakel het nie. Hierdie
is geen
regsvraag nie maar 'n feitebevinding naamlik dat die Staat op die feite nie
bewys het dat die voorstellings vals was nie.
Dit is nie vatbaar vir
appèl deur die Staat nie.
Ek kom nou by die beskuldigdes se appèlle teen die
12
skuldigbevindings op aanklagte 152 en 153. In hierdie aanklagte is dit
die beskuldigdes ten laste gelê dat hulle in stryd met
art 38, gelees met
arts 39 (1) (h) en 40 (2) van die Wet, versuim het om die verlies, diefstal of
vemietiging van wapens binne die
voorgeskrewe tyd (destyds 48 uur) aan te meld.
Art 38 het in die tersaaklike tydperk as volg gelees :
"38. Wanneer 'n wapen in die besit van 'n persoon verloor, gesteel of
vernietig word, moet hy, binne 48 uur nadat hy van die verlies,
diefstal of
vemietiging van die wapen bewus geword het, persoonlik of deur iemand deur hom
daartoe gemagtig die verlies, diefstal
of vemietiging by 'n polisieman by 'n
polisiestasie aan diens aanmeld en, op versoek van daardie polisieman, aan hom
die besonderhede
met betrekking tot die wapen, die plek waar en die tyd wanneer
dit verloor, gesteel of vernietig is, verstrek wat die polisieman
vereis."
Ingevolge art 39 (1) (h) is iemand wat versuim om aan die bepalings van
art 38 te voldoen, aan 'n misdryf skuldig. Art 40
13
(2) (b) bepaal dat wanneer daar by 'n vervolging weens die versuim om die
verlies, diefstal of vernietiging van 'n wapen aan te meld
soos deur art 38
vereis, bewys word dat die beskuldigde persoon te enige tyd in besit was van die
betrokke wapen of die houer is
van 'n lisensie of magtiging om die wapen te
besit, daar vermoed word, totdat die teendeel bewys is,
"(b) dat hy versuim het om die verlies, diefstal of vernietiging van die
wapen aan te meld soos aldus vereis, indien daar bewys word
dat daardie wapen
verloor, gesteel of vernietig is."
Die verhoorlanddros het bevind dat daar in die geval van die diefstal ens
van drie wapens versuim is om aan die bepalings van art
38 te voldoen. Twee
daarvan, naamlik no 1304690, wat op 30 Desember 1985 geroof is, en no 583058,
wat op 24 Januarie 1983 gesteel
is, was in beskuldigde 2 se naam gelisensieer en
vorm die onderwerp van aanklag 152. Beskuldigdes 1, 2 en 4 is aan
14
hierdie aanklag skuldig bevind. Die derde wapen, no 1901046, wat op 14
September 1987 gesteel is, was in beskuldigde 3 se naam gelisensieer
en vorm die
onderwerp van aanklag 153. Beskuldigdes 1 en 3 is aan hierdie aanklag skuldig
bevind.
Dit is namens die beskuldigdes aanvaar dat daar in die geval van al drie
bogemelde wapens voldoende bewys gelewer is deur die Staat
om die vermoede
geskep deur art 40 (2) (b) in werking te stel. Die bewyslas het gevolglik op die
beskuldigdes gerus om die aanmelding
van die verlies, diefstal of vemietiging
van die betrokke wapens binne die voorgeskrewe tydperk op 'n oorwig van
waarskynlikhede
te bewys.
Die beskuldigdes het geeneen getuig of enige getuienis aangebied by die
verhoor nie. Vir die betoog dat die verdediging hom van die
bewyslas gekwyt het,
is op die getuienis van die staatsgetuies Oosthuizen en Moulton sowel as op
die
15
waarskynlikhede gesteun. Oosthuizen was vanaf die begin
van
Februarie 1986 tot einde Februarie 1987 in diens van
beskuldigdes
2 en 3. Vanaf Mei 1986 was hy in beheer van alle
vuurwapens.
Sy getuienis was dat daar 'n register gehou is van alle
vuurwapen-
lisensies sowel as 'n register waarin inskrywings gemaak
is wanneer
vuurwapens aan die wagte uitgereik is en dit weer aan die
einde van
die wagte se diensbeurte terugbesorg is. Hierdie registers
is by die
verhoorhof as bewysstukke ingehandig en dit was gemene
saak dat
dit 'n betroubare beeld bied van beskuldigdes 2 en 3 se
wapenbesit.
Toe Oosthuizen beheer geneem het van die vuurwapens
in
beskuldigdes 2 en 3 se besit het hy die bestaande
registers
nagegaan, dit vergelyk met die vuurwapens op hande en 'n
lys
saamgestel van alle vermiste vuurwapens, die datum
waarop
elkeen laas aan 'n wag uitgereik is, of die verlies aangemeld
is by
die polisie en indien wel, die polisie se
verwysingsnommer.
16
Gedurende Febmarie 1987 het Oosthuizen weer 'n opname gemaak en die lys
aangesuiwer. Oosthuizen het getuig dat dit standaard-prosedure
was om alle
verliese van vuurwapens onmiddellik by die polisie aan te meld. Dié
praktyk het ontstaan uit 'n opdrag tot daardie
effek wat met noulettende sorg
nagekom is. Indien 'n wag sy vuurwapen verloor, moes hy dit dadelik self by die
polisie aanmeld en
ook die verlies by die kantoorpersoneel rapporteer wat op
hulle beurt die polisie in kennis gestel het. Dié praktyk het gegeld
toe
Oosthuizen daar begin werk het en dit is steeds gevolg toe hy daar weg is.
Oosthuizen het voorbeelde gegee van gevalle waar verliese
binne 'n uur of twee
by die polisie aangemeld is.
Oosthuizen se getuienis is gestaaf deur Moulton wat vanaf November 1988
tot Mei 1989 'n bedryfsbestuurder by beskuldigde 2 se tak
in Durban was. Hy het
getuig dat dit by al die takke van die groep standaard-praktyk was om
onmiddellik die verlies van 'n
17
vuurwapen by die polisie aan te meld. Hy het ook 'n voorbeeld gegee van
'n verlies wat tydig aangemeld is.
Oosthuizen se getuienis oor die
standaard-praktyk om dadelik die verlies van vuurwapens by die polisie aan te
meld, is deur die verhoorhof
aanvaar. Op grond van sy getuienis is ten opsigte
van vier vuurwapens wat gedurende sy dienstydperk verlore geraak het, bevind dat
die vermoede bevat in art 40 (2) (b) wel deur die verdediging weerlê is.
Die verhoorlanddros verwys in die loop van sy uitspraak
na 'n aantal gevalle
waar die verlies van 'n vuurwapen wel by die polisie aangemeld is. Dit blyk ook
uit kolomme 3 en 6 van Aanhangsels
A en B tot die klagstaat dat in 'n groot
aantal gevalle die verlies of diefstal van vuurwapens wel deur die beskuldigdes
by die polisie
aangemeld is.
Die verhoorlanddros en die Hof a quo het bevind dat die getuienis van
Oosthuizen en Moulton onvoldoende was om die
18
gemelde vermoede te weerlê in dié gevalle waar die verlies
of diefstal nie in hulle dienstermyne plaasgevind het nie.
Vuurwapen no 1304690
is op 30 Desember 1985 gesteel, slegs enkele weke voordat Oosthuizen se
dienstydperk op 1 Februarie 1986 begin
het. Soos ek reeds gemeld het, was sy
getuienis dat die praktyk om die verlies van vuurwapens dadelik aan te meld, toe
reeds gevestig
was. Al die waarskynlikhede dui daarop dat die praktyk ook op 30
Desember 1985 gevolg is. Wat wapen no 1901046 betref, is daar direkte
getuienis
te vind in die vorm van inskrywings in beide die lisensie- en
uitreikingsregisters dat die verlies van hierdie wapen op
14 September 1987 wel
aangemeld is by die polisie. In die lig van die uitdruklike erkenning deur
adjudant-offisier Annandale dat
soms nagelaat word om die aanmelding van
wapenverliese in die misdaadregisters aan te teken, kan die feit dat die
aanmelding van
die verlies van vuurwapens no's 1304690 en 1901046 nie uit
die
19
polisierekords blyk nie, nie veel gewig dra nie. Die beskuldigdes is
gevolglik ten opsigte van hierdie twee vuurwapens verkeerdelik
skuldig bevind
dat hulle versuim het om aan die bepalings van art 38 van die Wet te
voldoen.
Wat betref wapen no 583058 wat op 24 Januarie 1983 gesteel is, het die
advokaat namens die beskuldigdes tereg toegegee dat weens die
lang tydsverloop
hy nie kan betoog dat die beskuldigdes bewys het dat die praktyk om die verlies
van vuurwapens dadelik aan te meld,
toe reeds bestaan het nie. Daar is egter
betoog dat beskuldigdes 1 en 4 ingevolge art 332(5) van Wet 51 van 1977 nie op
aanklag 152
skuldig bevind kan word nie by gebreke aan bewys dat hulle nie aan
die pleging van die misdryf deelgeneem het en dit ook nie kon
verhoed het nie.
Geen getuienis van enige aard is deur beskuldigdes 1 en 4 in hierdie verband
aangebied nie. Soos ek reeds aangedui
het, was daar ook
20
geen getuienis dat daar op die stadium toe hierdie vuurwapen gesteel is,
naamlik 24 Januarie 1983, enige stelsel bestaan het om te
sorg dat die diefstal
van vuurwapens dadelik aangemeld word nie. Gevolglik is die bewyslas ingevolge
hierdie sub-artikel nie gekwyt
nie en beskuldigdes 1, 2 en 4 is ten opsigte van
die verlies van vuurwapen no 583058 tereg skuldig bevind. In die
veronderstelling
dat die beskuldigdes se appèlle nie ten volle sou slaag
nie, het hulle advokaat nie vir enige kostebevel teen die Staat gevra
nie.
Die volgende bevel word gemaak:
1.
Beskuldigdes 1,
2 en 4 se appèlle teen hul skuldigbevindings op aanklag 152 word
afgewys;
2.
Beskuldigdes 1 en
3 se appèlle teen hul skuldigbevindings op aanklag 153 word
gehandhaaf;
3.
Die
appèl van die Staat word
afgewys.
W. VIVIER
AR.
Van Heerden AR)
Marais AR) Stem saam.