S v Sekonyela (49/95) [1995] ZASCA 145 (27 November 1995)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Conviction based solely on confession — Appellant convicted of murder, assault, and robbery — Confession to neighbour deemed insufficient to establish guilt beyond reasonable doubt — Lack of corroborative evidence linking appellant to the crime scene — Appeal court finds reasonable doubt exists regarding appellant's involvement — Conviction and sentences set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 145
|

|

S v Sekonyela (49/95) [1995] ZASCA 145 (27 November 1995)

NIE RAPPORTEERBAAR SAAKNOMMER: 49/95
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
IN DIE SAAK TUSSEN:
SENEKANE VINCENT
SEKONYELA
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
CORAM
: SMALBERGER, STEYN et OLIVIER,
ARR
VERHOORDATUM
: 21 NOVEMBER 1995
LEWERINGSDATUM
: 27 NOVEMBER 1995
UITSPRAAK OLIVIER, AR:
Hierdie appèl illustreer maar net weer hoe versigtig daar met feite
gewerk moet word.
2
Op 2 Desember 1992 het 'n roof en moord plaasgevind op die plaas Rosedale, 8
kilometer vanaf Odendaalsrus. Die 67-jange eienaar, Mnr
Du Randt, is om die iewe
gebring deur die aanvallers; sy 65-jarige eggenote is gruwelik aangerand en 'n
aantal gewere en kledingstukke
is uit die huis gesteel. Die aanvallers het buite
op die werf 'n kapmes, 'n breekyster en 'n mansskoen agtergelaat. Ek verwys na
hierdie gebeure as die Odendaalsrus-saak.
Op 13 Oktober 1992 het 'n roof
plaasgevind op die plaas Trianon, in die distrik Wesselsbron. Die 75-jarige
plaaseienaar, Mnr Le Roux,
wat alleen op die plaas gewoon het, is aangerand en
vasgebind en in sy huis agtergelaat. Na hierdie gebeure word verwys as die
Wesselsbron-saak.
In Februarie 1993 het die appellant 'n verklaring aan
sy
3
buurman, ene Efrick Makofane ("Efrick"), met die volgende inhoud gemaak: dat
hy op 'n stadium na 'n sekere plaas gegaan het waar 'n
blanke opstal is; dat hy
nie alleen was nie; dat hy op die werf 'n blanke man vasgegryp het; dat die
blanke man terugbaklei het;
dat hy gevoel het dat die blanke hom oorweldig; dat
hy toe weggehardloop het en dat hy daarna 'n skoot gehoor het.
Appellant is aangekla op drie aanklagte - moord, aanranding en roof - ten
aansien van die Odendaalsrus-saak. Saam met hom was Piet
Mosioeu en Isaac Shai
aangekla.
Mosioeu en Shai is skuldig bevind aan die aanklagtes
voortspruitende uit die Odendaalsrus-saak maar ook, in 'n ander verhoor, aan
die
aankïagtes voortspruitende uit die Wesselsbron-saak.
Appellant is in die Odendaalsrus-saak - waaruit hierdie
appêl
4
voortspruit - aan die genoemde klagtes skuldig bevind en gevonnis. Op die
moordklag is hy 22 jaar gevangenisstraf opgelê, op
die aanrandingsklag 18
maande en op die roofklag 8 jaar gevangenisstraf.
Die basis van die skuldigbevindings teen appellant was uit-en-uit die
verklaring wat hy aan Efrick gemaak het. Die appellant het nooit
self getuig
nie. Daar was ook geen ander getuienis teen hom nie. Die hof
a quo
het
aanvaar dat hy volgens die verklaring homself op die misdaadtoneel geplaas het.
Die verontskuldigende deel van die verklaring
is as leuenagtig verwerp.
Die verhoorhof het sy aansoek om na hierdie Hof te appelleer, afgewys. Dit is
egter deur hierdie Hof toegestaan.
By die verhoor van die appèl het Mnr Visser, wat, soos in die verhoor,
namens die Staat opgetree het, getrou aan die hoogste
5
tradisies van die advokatuur, die hof meegedeel dat hy nou bedenkinge koester
oor die korrektheid van die skuldigbevidinge. Hy het
aangevoer dat hoewel almal
by die verhoor (hyself inkluis) aanvaar het dat die appellant se reedsgenoemde
verklaring aan Efrick betrekking
het op die Odendaalsrus-saak, dit by 'n
angsvallige bestudering van die rekord blyk dat daar nooit sodanige verband
gelê is
nie en dat die verklaring moontlik op die Wesselsbron-saak of
selfs 'n heel ander insident betrekking kon hê. Mnr Visser het
tereg
aangevoer dat as sy bedenkinge steek hou, die appellant die voordeel van die
twyfel moet ontvang en dat die appèl moet
slaag.
'n Noukeurige studie van die rekord toon aan dat Mnr Visser se bedenkinge
goed gefundeer is. Uit die rekord blyk die volgende: (i)
Appellant het nie aan
Efrick gesê
waar
en
wanneer
hy met die
6
blanke gestoei het en wie saam met hom was nie; hy het nooit gesê dat
Mosioeu en Shai op die betrokke geleentheid saam met
hom was nie.
(ii) Toe Efrick en appellant na die polisie gaan, was dit om Isaac Shai te gaan
verkla.
(iii) By die Welkom-polisie aangekom, het appellant die beamptes aldaar
meegedeel dat Shai gesoek word in verband met die Wesselsbron-saak.
Efrick (wie
se getuienis as geloofwaardig deur die verhoorhof aanvaar is) het getuig dat hy
geen twyfel daaroor het dat appellant
vir Shai gaan verklap het nie. Uit die
voorgaande volg dat appellant se mededelings oor Shai met die Wesselsbron-saak
verband hou.
(iv) Appellant het die kapswaard, breekyster en
mansskoen wat op
7
die Du Randt-werf gevind is, as die eiendom van Shai geïdentifiseer.
Nêrens het hy ooit verklaar waar hy aan hierdie kennis
kom nie. Dit hou
nie noodwendig verband met die Odendaalsrus-saak nie.
(v) Speurderkonstabel Kolobe van die Welkom roof- en moordafdeling het getuig
dat appellant aan hom gesê het dat hy inligting
aan die poïisie wii
gee in verband met 'n gewapende roofsaak van Wesselsbron. Appellant het
gesê dat Mosioeu en Shai by
die Wesselsbron-saak betrokke was.
(vi) Kolobe het aan appellant gevra of hy moontlik vir hom inligting het in
verband met die Odendaalsrus-saak, waarop appellant ontkennend
geantwoord het.
Uit hierdie getuienis van die appellant kan die
afleiding
8
allermins gemaak word dat hy by die Odendaalsrus-saak betrokke was. Daar is
geen ander getuienis om hom aan daardie saak te verbind
nie. Mens kan wel
spekuleer dat dit die onderhawige saak is, want volgens sy verklaring aan Efrick
het hy in die nag op die plaaswerf
met 'n blanke man gestoei, toe weggehardloop
en later 'n skoot hoor afgaan. Uit die getuienis blyk dat Mnr Du Randt in die
nag van
2 Desember 1992 buite op sy werf met 'n haelgeweer geskiet is. Hierdie
oënskynlike ooreenkoms tussen die bewese feite en appellant
se verklaring
is egter te vaag om sy aandadigheid bo redelike twyfel te bewys. Daar is,
benewens alle ander vaaghede, geen getuienis
dat daar tydens die aanval in die
Wesselsbron-saak, nie ook 'n skoot afgegaan het nie. In elk geval is daar nie
eers feite waarop
'n mens kan aflei dat die gebeure deur appellant aan
Efrick
9
vermeld, op die Wesselsbron-saak betrekking het. Vir al wat ons
weet en op
die getuienis voor ons kon daardie gebeure op 'n heel
ander plek en tyd afgespeel het.
Die appèl slaag en die skuldigbevindings en vonnisse word tersyde
gestel.
SMALBERGER, AR )
)STEM SAAM
STEYN, AR )
P J J OLIVIER, AR