About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 138
|
|
S v Baloyi (57/95) [1995] ZASCA 138 (23 November 1995)
Saak nr 57/95 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
MCHACHANI THOMAS
BALOYI APPELLANT
-en-
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: VIVIER, F H GROSSKOPF et OLIVIER ARR. VERHOOR: 16 NOVEMBER 1995.
GELEWER: 23 NOVEMBER 1995.
UITSPRAAK
VIVIER AR/
2
VIVIER AR:
Die appellant ("beskuldigde 2") het saam met sewe
ander
("beskuldigdes 1, 3, 4, 5, 6, 7 en 8"
onderskeidelik) in die Streekhof op Giyani tereggestaan op twee aanklagte van
openbare geweld.
Op aanklag 1 is slegs beskuldigde 6 skuldig bevind en tot nege
maande gevangenisstraf gevonnis. Op aanklag 2 is beskuldigdes 2, 3,
4, 6 en 7
skuldig bevind en elk tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis. Op appêl na
die Transvaalse Provinsiale Afdeling is
beskuldigde 6 se skuldigbevinding en
vonnis op aanklag 1 tersyde gestel maar al die skuldigbevindings en vonnisse op
aanklag 2 is
gehandhaaf. Met die nodige verlof appelleer beskuldigde 2 nou na
hierdie Hof teen sy skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2.
Die
klaer en enigste staatsgetuie op aanklag 2, die sewentig-jarige William Gubhela
Tshabalala, wat in die Vuhehli woon-gebied naby
Giyani woon, se getuienis was
dat hy op Sondag
3
4 Maart 1990 voor 'n plaaslike winkel vir sy pensioen gesit en wag het
toe 'n groep jeugdiges, met beskuldigde 4 vooraan, daar aankom.
Beskuldigde 4
het hom orent gepluk en met 'n sambok geslaan en die groep het hom daarna voor
hulle uit na sy huis gejaag. Hy moes
hardloop om voor te bly en toe hy val het
beskuldigde 4 hom verder aangedryf het deur hom met die sambok te slaan. By sy
huis het
'n ander groep, waaronder beskuldigdes 2, 3, 6 en 7, gewag. Daar is
gesê dat hy 'n heks is en beskuldigdes 4 en 7 het sy huis
deursoek vir
muti maar niks gekry nie. Die klaer is daarna na 'n nabygeleë vallei gedryf
waar beskuldigdes 2, 3, 6 en 7 'n vuur
gemaak het terwyl van die ander
gedreunsing het. Sy klere is uitgetrek en sy bene vasgebind. Beskuldigdes 4 en 7
het hom toe oor
die vuur gehou, beskuldigde 4 aan sy bene en beskuldigde 7 aan
sy bolyf, en later, toe die vuur flouer begin brand, het hulle hom
bo-op die
vuur gesit en daar
4
vasgehou. Intussen het van die ander die vuur geroer sodat dit sterker
kon brand. Die klaer het emstige brandwonde opgedoen. Na 'n
ruk is hy van die
vuur afgehaal en weer na sy huis teruggejaag. Hy is vandaar met 'n ambulans na
die hospitaal geneem waar hy byna
'n maand deurgebring het. Die klaer het
geíuig dat hy al die beskuldigdes goed ken en dat hulle voor hom
grootgeword het.
Beskuldigdes 1, 5 en 8 se name is nooit deur die klaer genoem nie en
beskuldigdes 1 en 8 is aan die einde van die staatsaak onskuldig
bevind en
ontslaan. Beskuldigde 5 het sy saak gesluit sonder om te getuig en hy is aan die
einde van die saak ook onskuldig bevind
en ontslaan.
Beskuldigde 2 se verweer was 'n alibi. Sy getuienis was dat hy 'n
veldwagter is en dat hy in die Vuhehli woongebied woon maar op Lulekane
naby
Phalaborwa werk. Die betrokke dag het
5
hy om 7h30 aan diens gegaan nadat hy hom by die persoon in bevel, sersant
Jan Tshabalala, ("Tshabalala") aangemeld het. Hy het daarna
die hele dag in 'n
span onder leiding van Tshabalala patrolliewerk in die bos gedoen. Hy het om
16h30 van diens gegaan. Hy het, soos
hy elke dag doen, in 'n amptelike boek
aangeteken dat hy aan diens en weer van diens gegaan het. Die register waarin
beskuldigde
2 sy dienstye aanteken, is by die verhoorhof as bewysstuk "A"
ingehandig. Daarvolgens was hy op die betrokke dag aan diens en was
hy slegs
vanaf 8 tot 12 Februarie 1990 en weer vanaf 7 tot 12 Maart 1990 nie by sy werk
nie. In kruisverhoor deur die aanklaer het
dit geblyk dat beskuldigde 2 volgens
bewysstuk "A" op 10 en 26 April 1990 wel die hele dag aan diens was terwyl dit
gemeensaak was
dat hy op beide daardie dae in die hof in Giyani verskyn het en
eers gedurende die middag aan diens gegaan het in Lulekane. Giyani
6
is ongeveer drie uur per motor vanaf Phalaborwa.
Tshabalala
het namens beskuldigde 2 getuig en bevestig dat hy die leier is van 'n span van
vyf veldwagters waarvan beskuldigde 2 lid
is. Die span werk as 'n eenheid en
doen elke dag saam patrolliediens. Elkeen van die spanlede onder hom
íeken sy diensbywoning
in sy eie boek aan terwyl Tshabalala self ook
rekord van sy span hou. Tshabalala het bevestig dat beskuldigde 2 wel op 4 Maart
1990
aan diens was by Lulekane en dat hulle daardie dag saam gewerk het.
Tshabalala het getuig dat elke spanlid vyf dae verlof per maand
kry maar al die
ander dae van die maand, ook naweke, moet werk. Hy het getuig dat beskuldigde 2
vanaf 7 - 12 Maart 1990 met verlof
was en dat hy die res van die maand gewerk
het. Op 10 en 26 April 1990 het beskuldigde 2 laat by die werk opgedaag.
Tshabalala het
eers gesê dat sy eie rekords al hierdie feite kan bevestig,
maar nadat die
7
saak uitgestel is sodat hy sy boeke kon bekom, was hy nie in staat om
enige sodanige rekords voor die verhoorhof te plaas nie en het
hy gesê dat
hy die boek waarin die relevante inskrywings ten opsigte van beskuldigde 2
gemaak is, weggegooi het omdat dit vol
was. Die verhoorlanddros wys in sy
uitspraak daarop dat die boeke wat Tshabalala wel aan die hof getoon het as
synde sy span se bywoningregisters,
die tydperk vanaf die begin van 1989 dek en
dat dit nog nie vol is nie. Tshabalala kon nie 'n bevredigende rede verstrek
waarom beskuldigde
2 se werkrekord in 'n aparte boek aangeteken is nie.
Van die ander beskuldigdes het beskuldigdes 3, 6 en 7 getuig dat hulle
nie op die toneel teenwoordig was nie en beskuldigde 4 het
getuig dat hy bloot
'n toeskouer was maar vanweë die baie omstanders nie kon sien wie die
misdaad gepleeg het nie.
Dat die klaer se aanvallers hulle skuldig gemaak het aan die
8
misdaad van openbare geweld, was nie voor ons in geskil nie. Die vraag
vir beslissing is of sy getuienis voldoende is om te bewys
dat beskuldigde 2
deelgeneem het aan die aanval op hom.
Die eerste probleem wat met
die klaer se getuienis ontstaan, is dat sy getuienis in hoof weens 'n fout nie
op band opgeneem is nie.
Al wat voor ons geplaas ís, is die oorspronklike
kriptiese notas van die verhoorlanddros en natuurlik sy uitspraak. Dit blyk
nie
dat enige poging aangewend is om die tekortkoming uit 'n ander bron aan te
suiwer nie. Mnr Van Wyk, wat namens die staat voor
ons verskyn het, het toegegee
dat al wat die landdros se notas aandui, is dat beskuldigde 2 onder die mense
was wat die klaer by
sy huis aangetref het en dat beskuldigde 2 ook op die
toneel was waar die klaer verbrand is. Wat die gebeure by laasgenoemde toneel
betref, is die enigste verwysing na beskuldigde 2 in die landdros se notas die
volgende :
9
"Accused 7 Thomas, 6, 2 and 3. No 4 was there. They said I am a witch. I
denied. The rest were making a fire."
In kruisverhoor is
die klaer gevra welke verdagtes se name hy aan die polisie verstrek het. Hoewel
sy antwoord nie heeltemal duidelik
was nie, kan aanvaar word dat dit was dat hy
beskuldigdes 3, 4, 6 en 7 se name genoem het maar nie dié van beskuldigde
2 nie.
Op 'n verdere vraag of hy nog enige ander name aan die polisie gegee het,
het hy bevestigend geantwoord maar bygevoeg dat dit die
verkeerde name kon
gewees het omdat hy toe nog pyn van sy wonde verduur het. In verdere
kruisverhoor is hy gevra om die naam te noem
van enige persoon wat onder die
groep by sy huis was en hy het geantwoord dat hy nie die name kan onthou nie,
maar tog gesê
dat beskuldigdes 4 en 7 die leiers van die groep was wat sy
huis deursoek het. Hiema is hy pertinent gevra of beskuldigdes 2, 3,
6 en 7 by
sy huis was, waarop hy
10
geantwoord het dat hulle die vuur gemaak het. Kort daarna het hy egter
gesê dat slegs beskuldigde 3 die vuur gemaak het. Volgens
die landdros se
bo-aangehaalde nota het hy egter in sy hoofgetuienis gesê dat persone
ander dan beskuldigdes 2, 3, 6 en 7 die
vuur gemaak het. Daarteenoor het hy
gedurende sy kruisverhoor, op 'n vraag oor wat beskuldigde 2 sou gedoen het,
geantwoord : "all
of them were poking the fire".
In die lig van sy
antwoorde in kruisverhoor, veral sy stelling dat hy moontlik die verkeerde name
aan die polisie verstrek het, moet
daar twyfel bestaan oor die klaer se
hoofgetuienis dat beskuldigde 2 op die toneel was. Verder, en in elk geval, het
hy in kruisverhoor
nie een keer self verwys na enigiets wat beskuldigde 2 sou
gedoen het wat aantoon dat beskuldigde 2 hom aktief vereenselwig het met
die
aanval nie. En sy antwoorde op vrae toe beskuldigde 2 se naam aan hom genoem is
deur die vraesteller, was
11
so teenstrydig dat geen gewig daaraan geheg kan word nie.
Die
verhoorlanddros was besonder beindruk deur die klaer as persoon en die wyse
waarop hy getuig het. By 'n versigtige deurlees van
sy getuienis is daar egter
soveel onbevredigende aspekte, onduidelikhede en weersprekings in sy getuienis
dat hy allermins aan die
vereistes wat vir 'n enkelgetuie soos hy gestel word,
voldoen. Na my mening is sy getuienis onvoldoende om beskuldigde 2 se
aandadigheid
aan die misdaad bo redelike twyfel te bewys.
Wat die alibi-getuienis betref, sê die landdros in sy uitspraak dat
hy nie kan bevind dat Tshabalala 'n leuenaar is nie, maar
dat sy weergawe
nogtans, vanweë die gebrek aan korroborasie, nie aanvaar kan word nie. Dit
is duidelik dat die landdros hier
verwys na die registers waaruit beskuldigde 2
se teenwoordigheid by die werk bepaal sou kon word. Daar is heelwat
onbevredigende
12
aspekte in Tshabalala se getuienis. Dit staan egter onbetwis dat
beskuldigde 2 ten tyde van die pleging van die misdaad in diens was
as
veldwagter by Lulekane en dat hy in 'n span onder Tshabalala gewerk het. Dit is
ook gemene saak dat beskuldigde 2 vanaf 7 tot
12 Maart 1990 op verlof was en dat
hy op 9 Maart 1990 gearresteer is. Daar was dus goeie rede vir Tshabalala om te
onthou of beskuldigde
2 enkele dae vantevore, op 4 Maart 1990, by die werk was
of nie. In hierdie omstandighede is die landdros se rede vir die verwerping
van
Tshabalala se getuienis, naamlik dat die bywoning-registers nie voorgelê
is nie, nie geregverdig nie. Na my mening verleen
Tshabalala wel stawing aan
beskuldigde 2 se getuienis en, in die lig daarvan, kan die redelike moontlikheid
dat beskuldigde 2 se
alibi die waarheid is, nie uitgesluit word nie.
Vir die bogemelde redes slaag die appêl en beskuldigde 2
se
13
skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2 word tersyde gestel.
W. VIVIER AR.
F H Grosskopf AR)
Stem saam. P J J Olivier AR)