About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 124
|
|
S v Moolman (113/94) [1995] ZASCA 124 (10 November 1995)
SAAKNOMMER: 113/94
/jvdm
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
K F MOOLMAN APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM
: VIVIER, STEYN et OLIVIER, ARR
VERHOOR
: 19 MEI 1995
GELEWER
: 10 NOVEMBER 1995
U I T S P R A A K
STEYN AR/
2
STEYN AR: INEEIDING
Appellant, 'n konstabel in die
Suid-Afrikaanse Polisie, het in die Oos-Kaapse Streekhof sittende te Elliot,
tereggestaan op vier aanklagte
van aanranding met die opset om die klaer,
Nombuko Kleinboy Mgqelana (die klaer), ernstig te beseer. Daar was 'n vyfde
aanklag van
soortgelyke aard, die klaer daar synde ene Thabo Jonase. Appellant
se mede-beskuldigde op lg aanklag was 'n polisiesersant, ene C
J Hayward.
Hierdie aanklag is egter voor pleít ternggetrek en appeUant het daarna
alleen tereggestaan op voormelde vier aanklagte,
wat steeds genommer was 2 tot
5. Ek sal in hierdie uitspraak daardie nommers behou in verwysings na die
afsonderlike aanklagte.
Die bewerings in aanklagte 2, 3 en 4 is dat appellant op 6 Febmarie 1990
die klaer te of naby die S A Polisiestasie in Barkly-Oos
soos volg aangerand het
met voormelde opset: (i) deur hom te slaan, te klap, te skop en met 'n voorwerp
oor die
3
rug en maag te slaan en hom te skok (aanklag 2); (ii) deur hom te kap,
met 'n lyfband te slaan, te klap, 'n sak oor sy
kop te sit en hom te
skok (aanklag 3); en (iii) deur hom te klap, te skop en te skok (aanklag
4).
In aanklag 5 is dit appellant ten laste gelê dat hy op 7
Februarie 1990, by dieselfde plek as in die vorige drie aanklagte,
klaer
aangerand het met dieseífde opset deur hom te slaan met 'n "belt", te
skok en te klap. 6 Februarie 1990 was 'n Dinsdag.
Appellant het
onskuldig gepleit op al vier aanklagte en by die verhoor het adv J W Wessels
namens hom opgetree. Dit ten spyt is hy
op 13 April 1992 in wese op al vier
aanklagte skuldig bevind. Die Streeklanddros het egter vir doeleindes van die
skuldigbevinding
al vier aanklagte gekonsolideer en appellant op die
gekonsolideerde aanklagte "skuldig bevind aan een klag van aanranding met die
opset om ernstig te beseer". Hy het appellant toe gevonnis tot drie jaar
gevangenisstraf waarvan 1 jaar voorwaardelik vir vyf jaar
opgeskort
4
is.
Appellant het daarna in hoër beroep gegaan na
díe Oos-
Kaapse Provinsiale Afdeling teen sy skuldigbevindings en
vonnis.
Voor daardie hof het die saak 'n interessante loop geneem
waarna later
verder na verwys sal word.
Die appèl het nie geslaag nie maar die
skuldigbevinding
is gewysig na 'n skuldigbevinding op elk van die vier
aanklagte
afsonderlik wat vir doeleindes van vonnis saamgeneem is.
Dieselfde
straf is toe weer opgelê. Sy effektiewe
gevangenisstraf bly gevolglik
steeds 2 jaar. Daarna is appellant
deur die Provinsiale Afdeling verlof
verleen om teen sy
skuldigbevindings en vonnis na hierdie Hof te
appelleer. Die gronde
van appèl op die meriete is o m die volgende:
Dat die
landdros fouteer het deur die staatsgetuienis as geloofwaardig
te
aanvaar en dié van die verdediging te verwerp, om die
volgende
redes.
5
"11 Die klaer, NOMBUKO KLEINBOY MGQELANA, is deur die Hof a quo as 'n
geloofwaardige en betroubare getuie bevind ondanks die feit
dat hy 'n enkel
getuie was; sy getuienis nie in ooreenstemming met die beweringe in die
klagstaat was nie; sy getuienis in materiële
opsigte deur sy werkgewer en
werkgeefster weerspreek is; hy van sy polisieverklaring afgewyk het; die
waarskynlikhede van sy weergawe
met reg bevraagteken kan word; daar geen direkte
stawing vir sy getuienis was nie; en sy getuienis in toto deur [die]
verdedigingsgetuies
weerspreek is."
DIE
ONBETWISTE FEITE
Daardie feite is kortliks die
volgende.
Klaer was in Februarie 1990 op
redelik gevorderde ouderdom reeds etlike jare as bokwagter in diens van mnr
Steven Getliffe (Getliffe)
op die plaas Bonnievale in die Barkly-Oos distrik,
wat ongeveer 33 km vanaf die dorp geleë is. Getliffe se vrou, Barbara, is
'n gekwalifiseerde verpleegster maar woon met hom op die plaas. Op
Maandagoggend, 5 Februarie 1990, om ongeveer 10:00 het appellant,
wat destyds 'n
konstabel verbonde aan die plaaslike
6
veediefstaleenheid was, op Bonnievale aangekom. Getliffe was nie tnis nie
maar sy vrou was. Sy het appellant op sy versoek toegelaat
om die klaer weg te
neem vir ondervraging as verdagte in 'n veediefstal saak. Hy het klaer by sy
veepos gaan haal en op pad terug
weer by haar aangedoen en 'n boodskap vir
Getliffe by haar gelaat dat hy luit Wolmarans (die bevelvoerder van die
veediefstaleenheid
op Barkly-Oos) moet bel as hy enige probleme of navrae
het.
Die volgende dag, Dinsdag 6 Febmarie, is Thabo Jonase, die
kiaer op die bogenoemde temggetrekte aanklag en werknemer van die Getliffes,
deur 'n konstabel van die veediefstaleenheid ook op Bonnievaie gaan haal vir
ondervraging. Getliffe het op Woensdag 7 Februarie,
luit Wolmarans gebel om te
hoor wat aan die gang was en het verneem dat die polisie nog besig was om die
saak te ondersoek waarby
die klaer en Jonas as verdagtes beírek
was.
7
DIE GETUIENIS IN GEDING
(I) DIE STAAT SE WEERGAWE
Klaer se verhaal oor die
aanrandings en die omringende omstandighede is kortliks soos volg. Hy is by sy
woning op die veepos denr
appellant gehaal in 'n patrolliewa. Daar was 'n wit en
'n swart polisieman saam met hom. Hulle was al drie in dieselfde soort
kakiekleurige
drag geklee. Hulle is na die Lady Grey polisiestasie waar hulle
gehelp het om 'n gestorwe verdagte se lyk van 'n patrolliewa af te
haal. Na
sononder het hulle by die Barkly-Oos polisiestasie aangekom. Hy is twee komberse
gegee en het in opdrag van appellant die
nag in 'n patrolliewa geslaap. Die
volgende oggend is hy in die polisiestasie deur appellant in Xhosa ondervra oor
13 vermiste skape
van 'n seker "Kobus". Toe hy sê hy weet niks daarvan
nie, het appellant hom aangerand met "karate houe", (met die kant van
die hand,
volgens klaer) op albei skouers, en hom daarna "hot en haar" deur die gesig
geklap met albei hande. Hy het geval en is
deur
8
appellant op die niere geskop. Toe hy opstaan is hy denr appellant met 'n
lyfband van voor en van agter oor sy lyf geslaan. Appellant
het hom toe op sy
maag laat lê. Met behulp van twee ander polisiemanne het appellant hom toe
elektriese skokke toegedien nadat
'n jas oor sy kop gesit is. Die drade is eers
aan sy pinkies vasgemaak en na 'n paar skokke, aan sy boeie. Die skokke was toe
so
kwaai dat hy sy bewussyn verloor het. Toe hy bykom het hy in opdrag van
appellant polisievoertuie gaan was op die perseel, net voor
middagete. Daarna is
hy verder ondervra en weer deur appellant aangerand. Hy is weer in die gesig
geklap en op die niere geskop.
Hy is weer met 'n lyfband geslaan en daarna op
dieselfde wyse geskok, vier keer aan die pinkies en toe weer deur die boeie. Hy
het
weer sy bewnssyn verloor. Daama moes hy weer polisievoertnie gaan
was.
Net voor aandete is hy weer ondervra en weer deur appellant
aangerand met karate hone, skoppe op die niere en met die lyfband. Sy
kop is
weer bedek en hy is weer geboei en geskok op
9
dieselfde manier. Weer het hy sy bewussyn verloor. Daama is hy weer deur
appellant gesê hy "moet teruggaan werk toe" (blykbaar
ná die was
van voertuie). Later het hy weer komberse gaan haal en is deur appellant aan
twee stoele geboei vir die nag in
'n kantoor. Die volgende dag is hy weer
ondervra en weer op dieselfde verskillende maniere in dieselfde volgorde deur
appellant aangerand.
Hy het weer sy bewussyn verloor nadat hy deur die boeie
geskok is. Toe hy bykom het hy op appellant se bevel die komberse gaan wegsit
en
is toe saam met appellant na 'n winkel in Barkly-Oos waar appellant steenkool,
gas ("easy gas") en die pos gekry het. Daarna is
hulle 'n entjie uit die dorp na
'n plek bewoon deur kleurlinge. Daar is skape bymekaargemaak en op hul
patrolliewa gelaai. Hulle
is toe na Rhodes waar die goed by die winkel gekry,
afgelaai is. Die skape is daarna by twee veeposte afgelaai waar skape se merke
vergelyk is. Hulle is toe terug na Rhodes waar appellant 'n verkyker by 'n
polisiesersant gelaat het. Daarna het appellant hom by
'n plek met die
naam
10
"Martienshoek" afgelaai. Hy moes van daar af te voet huisíoe loop,
maar het oppad by 'n veepos aangedoen en daar geslaap. Hy
is daar weg om 03:00
die volgende dag en het 09:00 by sy veepos-woonpïek aangekom. Hy kon
(blykbaar weens sy beserings) skaars
sit en het kort na sy tuiskoms "met moeite"
tot by die Getliffes se plaas geloop. Getliffe was daar en klaer het hom vertel
wat gebeur
het. Strydig met sy eie kronologiese uiteensetting het klaer egter
getuig dat Getliffe hom die volgende dag, wat hy aanmerk as 'n
Donderdag, dokter
toe geneem het waar hy "net so deurgekyk" is en vyf pakkies pille gegee is.
Later is hy weer vir 'n besering aan
sy nek dokter toe. Dit was 'n knop waarvan
hy ongeveer 7 dae na die aanrandings bewus geraak het. Later is hy hospitaal toe
waar
die knop aan sy nek verwyder is. Hy was twee dae in die hospitaai. Hy het
getuig dat hy steeds pyn in sy heup het en aan sy skouer.
Op vrae deur die hof
het hy voor die aanvang van kruis-ondervraging getuig dat toe hy tuiskom hy
gebloei het en dat hy nog erg gebloei
het toe hy by die Getliffes
arríveer het.
11
Nadat sy vrou aldaar die bloed aan hom afgevee het, het die bloeding
egter opgehou.
Tydens kruis-ondervraging het die klaer o m getuig
dat hy die gebeure nog goed kan onthou en dat wat hy in sy getuienis gesê
het ook in sy polisieverklaring voorkom. Die betrokke passasie in sy
kruisverhoor lui so:
"
MNR WESSELS
: Het jy nou vir die Hof alles vertel wat hierdie
beskuldigde aan jou gedoen het op daardie aand? — Ja.
En dit wat jy nou hier vir die Hof vertel het, is net soos dit gebeur het?
— Ja.
Die feite wat jy nou vir die Hof opgegee het, die gebeurtenisse wat jy
beskryf het, dit is nog duidelik in jou geheue né? —
Ja.
Dis nou nie dinge wat jy so maklik sal vergeet nie, want jy het dit self
beleef? - Ja.
So jy kan nie 'n fout maak met daardie gebeurtenisse soos wat jy dit vir die
Hof beskryf het nie? - Nee.
En soos wat jy die gebeurtenisse vir hierdie Hof beskryf het, aanvaar ek,
het jy dit ook vroeër vir die polisie vertel toe daar
'n verklaring gevat is by jou? — Ja.
Die verklaring wat daar deur die polisie van jou gevat was,
was
12
dit kort na die insident gewees, of die voorval? — Ja.
So alles wat jy vir die Hof vertel het, so behoort dit ook te verskyn in
daardie verklaring wat jy by die polisie gemaak het?
— Ja.
Dít is so dat jy by geleentheid na hierdie insident ook 'n prokureur
gespreek het, 'n prokureur daar in Grahamstad. —
Ja.
En jy wou gehad het die prokureur moet nou 'n eis instel vir die beserings
vir die wyse wat jy toe behandel was deur die polisie?
— Ja.
Kan ons aanvaar dat, dat die Hof aanvaar dat jy dit wat jy vir hierdie Hof
vertel het, ook vir daardie prokureur vertel het? -Ja.
Jy sal mos nou nie nodig gehad het om die storie te verander nie? -
Nee."
Verder tydens kruisverhoor het hy getuig dat hy
die eerste nag by die Barkly-Oos polisiestasie drie komberse gegee is en dat hy
daardie
aand deur appellant aan sy linkerarm aan die patrolliewa vasgeboei is en
die hele nag so moes slaap. Hy het sy versuim om die vasboeiery
vroeër te
meld aan "'n fout" toegeskryf, en het bygevoeg dat hy seker is dat hy aldus
geboei was. Sy polisieverklaring het hy
13
afgelê "die daaropvolgende week" (na die aanrandings). Hy het
getuig dat hy twee polisieverklarings afgelê het, wat afgeneem
is deur 'n
blanke sersant, dat dié "pront Xhosa" gepraat het met hom en dat hulle
mekaar "heeltemal" verstaan het. Hierdie
verklarings is aan hom teruggelees.
Hulle was korrek afgeneem. Daarin het hy gesê dat hy na die elektriese
skokke sy bewussyn
verloor het. (Een van hierdie verklarings het hy afgelê
as klaer in die onderhawige saak en die ander as getuie in die aangeleentheid
van die voormelde beweerde aanranding op Thabo Jonase. Dit is met die
eersgenoemde verklaring waarmee ons hier te doen het).
Die tweede
aand het appellant sy linkerarm aan die pote van twee stoele vasgeboei. Hy het
die hele nag so deurgebring en appellant
het die betrokke kantoordeur gesluit.
Daarna het daar gedurende daardie aand egter 'n vrouepersoon in die kantoor
ingekom en daar
sit en skryf.
Toe hy ondervra is oor die ooglopende verskilie tussen
sy
14
getuienis en die besonderhede van die aanrandings in die
klagstaat uiteengesit, het die klaer volgehou dat dit waaroor hy getuig het
in
sy betrokke polisieverklaring vervat is. Hy het ook daarmee volgehou dat hy na
sy werkgewer is op die Donderdag van sy tuiskoms.
Hy het egter bygevoeg dat
hulle eers die Vrydag dokter toe is en dat hy vroeër in sy getuienis
daarmee fouteer het. Weens sy
beserings was hy twee weke uít die werk
uit. Dit was sy neus wat gebloei het toe hy Donderdag na Getliffe is. In
herverhoor
het hy getuig daí hy aan Getliffe gesê het dat hy graag
'n klagte oor die aanrandings wou gaan indien en dat dié
hom aangeraai
het "om by die polisie te gaan kla". Aan die hof het hy ten slotte gese dat
Getliffe hom hospitaal toe geneem het vir
die operasie om die knop aan sy nek te
verwyder.
Mev Getliffe het, in teenstelling met die klaer, getuig
dat hy op die Maandag net deur een blanke poliseman gehaal is (sy kon nie
onthou
of 'n swart poiisieman by was nie). Die Getliffes het voorts getuig dat klaer
nie op die Donderdag by hulle aangekom het
15
nie maar dat hy op Vrydag weens 'n boodskap deur sekere van sy werknemers
deur mnr Getliffe by die veepos, wat ongeveer 3 kilometer
van die plaasopstal
was, gehaal is. Hy kon skaars loop, het moeite met sy asemhaling gehad en het
gekla van pyn in die heupe. Sy
gesig was geswel. Sy gesig en linkeroor was
gekneus, en hy had 'n kneusing by die linkerheup. Mev Getliffe, wat hom
ondersoek het,
was van mening dat dit nie 'n vars swelsel was nie. Sy kon geen
bloed aan hom onthou nie en nie een van hulle het getuig dat enige
bloed van hom
afgevee is deur enigiemand nie. Mnr Getliffe het egter getuig dat klaer se neus
nie gebloei het nie. Hulle het hom
daardie Vrydag na die plaaslike geneesheer
geneem en klaer is toe deur hom ondersoek. Pille is wel aan hom gegee. Hy is
nooit daarna
hospitaal toe nie, en geeneen van die Getliffes het enige melding
gemaak van 'n knop aan die klaer se nek nie. Mnr Getliffe het gesê
dat
indien die klaer op die Maandag of Dinsdag reeds teruggekom het na die veepos,
sy werknemers hom daarvan sou verwittig het.
16 Die enigste staatsgetuies was klaer en die
Getliffes.
(II) DIE WEERGAWE VAN DIE
VERDEDIGING
Appellant, destyds 'n speurder-konstabel verbonde aan
die S A Polisie se veediefstaleenheid op Barkly-Oos, het soos volg in eie
verdediging
by die verhoor getuig.
Hy het klaer op Maandagoggend 5
Februarie 1990, op Bonnievale gaan haal soos deur mev Getliffe getuig.
Speurder-konstabel Gila, 'n
swart lid van voormelde eenheid, het hom vergesel.
Dit was net hulle twee. Hulle het privaatdrag gedra, nie kakie nie. Die kortste
pad van die plaas na Barkly-Oos is via Lady Grey. Hulle het daar aangedoen en
kos gekoop, maar hulle het nie by die polisiestasie
daar aangedoen nie. Hulle
het om ongeveer 15:00 daardie middag by Barkly-Oos aangekom. Hy en Gila het
klaer vir 2-3 uur in die veediefstal
kantoor by die plaaslike polisiestasie
ondervra oor 13 skape van mnr Kobus Church wat soek geraak het. Hy het klaer
nie
17
aangerand nie en het hom later die middag teruggeneem, maar het hom by 'n
plaas met die naam "Martinshoek" gaan aflaai om ongeveer
19:00 omdat hy nog 'n
beriggewer in daardie omgewing wou gaan spreek. Vandaar is dit kortpad oor die
berg na Bonnievale. Hy is dieselfde
aand terug na Barkly-Oos. Die gebeure van
die dag het hy in sy amptelike polisiesakboek opgeteken.
Daar was 'n
goeie verhouding tussen hom en klaer en lg was gewillig om appellant in die
toekoms te help. As hy klaer wou aanhou op
Barkly-Oos was daar polisieselle
waarin hy toegesluit kon gewees het. Hy het ook getuig dat hy nie sleutels vir
sy kantoordeure gehad
het nie. Die eenheidsbevelvoerder, luitenant Wolmarans, is
die enigste wat sleutels in sy besit het. Hy kon derhalwe nie sy kantoordeur
gesluit het soos deur klaer beweer nie. Op daardie tydstip was daar in elk geval
geen slotte wat gewerk het nie. Daar was destyds
ook nie 'n sleutel vir sy
kantoordeur nie. Sy sakboek het geen inskrywing gehad ten aansien van die besoek
aan Lady Grey nie,
18
omdat hy geen polisiewerk daar verrig het nie en slegs kos daar gekoop
het op pad terug na Barkly-Oos.
Die volgende dag, Dinsdag 6
Februarie 1990, is hy weer na die Getliffes se plaas en het Thabo Jonase daar
gaan oplaai vir ondervraging
in verband met dieselfde saak waaroor hy klaer die
vorige dag ondervra het.
Appeilant se polisie-sakboekie was in die
Staat se besit ten tye van die verhoor. Op versoek van die verdediging is 'n
gesertifiseerde
uittreksel ('n fotokopie) daarvan bestaande uit twee bladsye in
appellant se handskrif, deur die aanklaer beskikbaar gestel. Dit
is ingehandig
as bew A. Dit bevat die aantekeninge ten aansien van die Maandag en deels ook
van Dinsdag, 5 en 6 Februarie 1990. Die
egtheid daarvan is deur appellant tydens
sy verdere getuienis bevestig. Die inskrywings lui soos volg:
" 10.50 - Vertrek na Wartrail en tel verdagte op
s/m
Kleinbooi te mnr Getliffe. 12.55 - Te Transkei en
spreek beriggewers
19
15.45 - Te B/Oos en ondervra s/m Kleinbooi sonder sukses. Geen beserings
en neem terug na plaas om 19.10"
(Die inskrywings gaan dan só voort op die tweede bladsy):
"19.10 - Laai s/m Kleinbooi af by uitdraai en keer terug
na
B/Oos 20.25 - Terug te B/Oos en rap. van
diens."
(Op dieselfde bladsy gaan die inskrywing dan só voort):
"12.35 - Vertrek na Wartrail. 13.10 - Te mnr Getliffe en tel s/m Thabo op
vir
ondervraging. 14.16 - Te B/Oos en ondervra s/m Thabo, geen sukses
en
geen beserings en neem terug na plaas. 16.05 - Te plaas en laai s/m
.."
Daar hou die tweede bladsy op. Die laaste inskrywing daarop verwys egter
klaarblyklik daarna dat Thabo toe op die "plaas" afgelaai
is. Die "plaas" is
hoogs waarskynlik dié van die Getliffes. Die Staat het net sekere vrae
ter verdere opheldering van die
inskrywings aangaande Maandag gedoen. Die
egtheid van die inskrywings is egter nie betwis
20
nie. Dieselfde geld vir die landdros se vrae daaroor. Geen vrae
hoegenaamd is aan appellant gevra oor die inskrywings t a v die Dinsdag
nie. Die
egtheid daarvan is egter bevestig deur mnr Getliffe in dié mate dat hy
getuig het dat Thabo Jonase inderdaad op dié
Dinsdag by die plaas gehaal
is deur een van die "stock constables", om sy term te gebruik. Hy staaf
gevolglik ook vir appellant dat
Thabo daardie Dinsdag van die plaas weggeneem
is. Hy kon nie ontken dat dit appellant was wat hom kom haal het
nie.
Appellant het nie in sy sakboekie aangeteken dat hy klaer by
Martinshoek afgelaai het nie omdat hy toe nog nie daardie naam geken
het
nie.
Speurderkonstabel Gila was 'n verdedigingsgetuie. Hy het
appellant se weergawe gestaaf dat net hy en appellant vir klaer die
Maandagoggend
by die Getliffes gaan haal het vir ondervraging en dat hulle hom
dieselfde aand weer teruggeneem het, by "Martienshoek" afgelaai
het en hom
geensins aangerand het nie. Hy het appellant
21
voorts daarin gestaaf dat hulle daardie Maandag op pad na Barkly-Oos by
Lady Grey stilgehou het net om kos te koop en dat hulle nie
daar by die
polisiestasie aangedoen het nie. Hy het deurgaans volgehou dat hy teenwoordig
was terwyl appellant vir klaer ondervra
het en het ontken dat sy
polisieverklaring, wat deur adjudant Stapelberg afgeneem is, waarin hy sê
dat hy nie toe teenwoordig
was nie, korrek is. Dit is opmerklik dat Gila se
kruisondervraging beperk was tot hierdie verskil en dat die res van sy getuienis
nie deur die Staat betwis is nie.
Sersant Johannes Maartens was ook 'n verdedigingsgetuie. Gedurende
Februarie 1990 was hy nog 'n konstabel gestasioneer op Barkly-Oos.
Op
Maandagaand 5 Februarie 1990 om 21:50 het hy aan diens gekom as
aanklagkantoor-bevelvoerder by die Barkly-Oos polisiestasie en
is hy die
volgende oggend om 05:30 afgelos. Inskrywings 292 en 306 in die voorvalleboek (V
B) van die polisiestasie bevestig dit.
Hy het weer in dieselfde hoedanigheid aan
diens gekom om 13:30 op die volgende dag, Dinsdag 6 Februarie
22
1990, en is afgelos om 21:30 daardie aand. Daarin is hy gestaaf deur
inskrywings 320 en 336 in die V B.
Maartens het verder getuig dat
daar vyf selle in die polisiestasie is en dat daar net een prisonier was op
daardie Maandagaand. Die
polisieselle was derhalwe meesal leeg. Daarin is hy
weereens gestaaf, en wel deur inskrywing 293 in die V B. Om 00:00 op Dinsdag,
6
Februarie 1990, het hy 'n kaseme inspeksie gedoen wat o a behels het dat hy die
stasie deurgegaan het en alle onnodige ligte afgesit
het. Weereens is hy gestaaf
deur aantekening 298 in die V B. Hy het verder gesê dat hy in die loop van
sy eerste dienstydperk
gedurende die nag die perseel ook deurgegaan het, die
voertuie wat daar parkeer was nagegaan het en geen persoon in enige van hulle
gevind het nie. Indien iemand op daardie Dinsdagaand aan stoele in die
veediefstaleenheid se kantoor vasgeboei was voordat hy van
diens afgegaan het,
sou hy dit gewaar het. So iets het hy egter nie gesien nie. Hy is tydens
kruisverhoor gekonfronteer met sy
23
polisieverklaring wat ook deur adjudant Stapelberg afgeneem was. Daarin
het hy beweer dat hy op Dinsdagaand eers om 21:45 aan diens
gekom het en afgelos
is om 06:00 op Woensdag 7 Februarie. Hy kon geen verduideliking daarvoor gee
nie. Hy het egter volgehou dat
hy inderdaad die ure aan diens was ooreenkomstig
die V B inskrywings. Hy het in antwoord op vrae deur die hof gesê dat daar
'n tikster is wat bedags by die polisiekantore werk maar dat sy nooit in die
aand daar ingekom het terwyl hy daar gewerk het nie.
Maartens se getuienis oor
wat hy gedurende die nag van 5-6 Februarie en vroeg-aand op die Dinsdag gedoen
en gewaar het is nie tydens
kruis-ondervraging bevraagteken nie. DIE GETUIENIS
VAN STAPELBERG
Nadat die saak vir die verdediging gesluit is het die landdros adj
Stapelberg as getuie geroep. Hy het bevestig dat hy die verklarings
van Gila en
Maartens afgeneem het. Volgens hom het Maartens by die aflê van sy
verklaring nie van die V B gebruik
24
gemaak nie maar slegs op sy geheue staatgemaak aangaande sy diens op
Dinsdagaand. Maartens se verklaring is eers op 11 Junie 1990
afgeneem en
dié van Gila op 13 Augustus 1990. Stapelberg het in kruisverhoor toegegee
dat hy Gila kon misverstaan het. Sy
antwoord
aan die hof
was:
"Edelagbare, dit [is] moontlik dat ek hom misverstaan het en dit toe so
aangeteken het dat hy wel nie teenwoordig was nie. Ek kon
daar 'n fout begaan
het."
Op 'n latere vraag deur die landdros daaroor was
sy antwoord:
"Ek is menslik, Edelagbare, ek kon dalk 'n fout gemaak het."
KLAER SE POLISIEVERKLARING
VOORWOORD
Weens die verskille tussen die bewerings in die klagstaat en klaer se
getuienis aangaande die wyse waarop hy aangerand was, het die
inhoud van sy
polisieverklaring telkens tydens sy
25
kmisondervraging ter sprake gekom. 'n Voorbeeld daarvan blyk uit die
hierbo aangehaalde passasie.
Daardie verklaring is egter nie deur
die aanklaer tydens die verhoor aan die verdediging beskikbaar gestel nie. Sy
rede daarvoor is
deur hom soos volg verstrek. By die aanvang van sy beredenering
op die meriete (wat deel vorm van die notule van die verrigtinge)
het die
aanklaer aan die landdros gesê dat die klaer op "klein aspekte" in sy
getuienis afgewyk het van sy polisieverklaring,
en het toe soos volg
voortgegaan.
"... maar hy het deurentyd ... hoofsaaklik gehou by dit wat in sy verkiaring
staan en ek het dit oorweeg om dit aan die verdediging
beskikbaar te stel,
Edelagbare, maar die weersprekings is nie van so 'n wesenlike aard dat dit, die
meriete daarvan ... vir die verdediging
beskikbaar hoef te stel nie. Ek het
gekyk na die gesag, Edelagbare. Ek het gereël dat hy weer beskikbaar is
vandag. Ek het gekyk
na die gesag en ek is tog van mening dat ek [dit] nie vir
die verdediging hoef beskikbaar te stel
nie."
Die aanklaer se versuim om klaer se
polisieverklaring aan
26
die verdediging beskikbaar te stel, is nie behandel deur die
streeklanddros in sy uitspraak op die meriete nie. Dit is egter pertinent
deur
hom in sy verdere Redes vir Uitspraak behandel. Par B van die Redes lui
só:
"Dat die aanklaer die hof ook ingelig het dat die klaer van sy verklaring
afgewyk het, het nie enigsins die posisie verander nie.
Die hof was bewus
daarvan dat die klaer nie algeheel volgens sy verklaring getuig het nie. Dit het
immers geblyk tydens kruisondervraging
van mnr Wessels. Maar steeds moet die
oorwegings vermeld by die beoordeling van weersprekings in gedagte gehou
word."
DIE VERLOOP VAN SAKE IN DIE PROVINSIALE
AFDELING
Die aanklaer se versuim om die verklaring aan die verdediging beskikbaar
te stel is daarna deur mnr Wessels in sy betoogshoofde in
die appèl na
die Provinsiale Afdeling behandel en deur hom geopper toe appellant se
appèl aanvanklik, op 25 September
1992, voor dié Hof gedien
het.
Die appél is toe sine die uitgestel, die Staat is
beveel om
27
die verklaring aan appellant beskikbaar te stel en dat dit appellant
vrystaan om dan aansoek te doen om dit aan die Hof van appèl
beskikbaar
te stel, en enige verdere betoë daaromtrent voor te lê.
Daarna is 'n afskrif van die verklaring aan appellant beskikbaar gestel.
Die uitgestelde appèl is toe aangehoor op 12 Februarie
1993 en op 8
Julíe 1993 van die hand gewys. Voor die aanhoor van die appèl is
'n aansoek deur die Staat voorberei om
terugverwysing van die saak na die
verhoorhof vir verdere beregting met inagneming van die gemelde verklaring.
Appellant se regsverteenwoordiger
wou dit nie laat geskied nie. Die verdere
verloop van sake in die verhoor van die appèl op hierdie aspek is
só uiteengesit
in die uitspraak van die hof a quo:
"In hierdie verband moet dit gemeld word dat die appellant se betoogshoofde
die indruk skep dat die appellant aanvoer dat daar tydens
die verhoor 'n
onreëlmatigheid plaasgevind het deurdat die aanklaer, ten spyte daarvan dat
die klaer klaarblyklik van sy polisieverklaring
afgewyk het, versuim het om
hierdie verklaring aan die verdediging beskikbaar te stel. Die Staat
het,
28
op sy beurt, te kenne gegee dat aansoek gedoen gaan word dat die
aangeleentheid na die verhoorhof temg verwys word ten einde die Staat
die
geleentheid te gee om, onder andere, die klaer se polisieverklaring aan die
appellant beskikbaar te stel 'vir verdere verhoor'
(die bedoeling was
klaarblyklik dat die appellant dan geleentheid gegun word om die klaer verder te
kruisondervra). Ooreenkomstig
die bevel van 25 September 1992 is die
polisieverklaring van die klaer aan die appellant beskikbaar gestel. Toe die
appèl
voor ons gekom het, het mnr Wessels, wat namens die appellant
verskyn het (en ook tydens die verhoor namens hom verskyn het), in
ooreenstemming met 'n kennisgewing wat op 12 Januarie 1993 namens die appellant
gegee is, aangedui dat hy nie van voorneme is om
aansoek te doen dat hierdie
verklaring aan die Hof beskikbaar gestel word nie. Daar is toe voortgegaan met
die appèl. Tydens
sy betoog het mnr Wessels uitdruklik verklaar dat hy
nie aanvoer dat die versuim deur die aanklaer om tydens die verhoor die
polisieverklaring
aan die verdediging beskikbaar te stel, op 'n
onreëlmatigheid neerkom nie. Mnr Wessels het (tot ons verbasing, gesien die
inhoud
van die betoogshoofde) verder verklaar dat dit nooit die bedoeling was om
aan te voer dat daar wel sodanige onreelmatigheid plaasgevind
het nie. In die
lig van hierdie houding aan die kant van mnr Wessels het die Staat nie
voortgegaan met die aansoek om terugverwysing
nie."
29
DIE AANSOEK OM TOEVOEGING VAN 'n VERDERE GROND VAN
APPèL
Die kwessie van die verklaring is níetemin weer
eens voor hierdie Hof geopper deur mnr De Bruyn wat met mnr Wessels, die verdere
appèl namens appellant behartig het. Paragraaf 15.1 van appellant se
betoogshoofde lui só:
"Die eerste grond van appèl is dat 'n growwe onreëlmatigheid
plaasgevind het deurdat die aanklaer nie die klaer se vorige
teenstrydige
verklaring aan die verdediging beskikbaar gestel het gedurende die loop van die
verhoor nie."
Mnr De Bruyn het aansoek gedoen om hierdie
grond uit te brei deur 'n daaraan-gekoppelde verdere grond van appèl by
te voeg
en om dan toegelaat te word om ook op hierdie gekombineerde grond van
appèl die appèl namens appellant te beredeneer.
Mnr Van Dyk het
namens die Staat daarteen beswaar gemaak omdat die onreëlmatigheidsaspek
nie as 'n grond van appèl aangevoer
is in appellant se aansoek om verlof
om na hierdie Hof te appelleer nie en geen verlof daarop deur die Provinsiale
Afdeling verleen
is nie.
30
'n Beskuldigde is egter nie noodwendig gebonde aan
'n
foutiewe besluit van sy regsverteenwoordiger ten aansien van
'n
prosesregtelike stap nie. In die onderhawige geval is die redes
vir die
besluit van appellant se advokaat om nie tydens die
appèl voor die
Oos-Kaapse Provinsiale Afdeling gebruik te
maak van die klaer se
polisieverklaring nie, onduidelik, soos blyk
uit sy betoog voor daardie
Afdeling wat genadiglik ten volle
opgeneem is. Die volgende passasie
is 'n genoegsame voorbeeld
daarvan:
"
MNR WESSELS
: ... as dit 'n hersieningsaansoek was en dit is 'n
onreëlmatigheid dan was dit heeltemal 'n ander afleiding, die
XABA
saak was daar 'n aansoek om 'n spesiale aantekening gewees en die verklarings is
aangeheg, dit, die spesiale aantekening is soos
'n hersieningsaansoek, en hier
is nie 'n hersieningsaansoek voor die hof nie, al wat voor die hof is is dit wat
voor die landdros
was en soos dit aan my gevra was moet die hof dan nie nou die
afleiding maak dat omdat ons nou nie die onreëlmatigheid van die
aanklaer
aanval dat ons nou in effek toegee dat dit nie wesenlik was nie, dit is nie
waaroor dit gaan nie, ek dink dit sal verkeerd
wees om te sé omdat hier
nou nie 'n hersieningsaansoek gebring is, daarom moet hierdie hof aanvaar dat
daardie afwykings [nie]
so wesenlik was
nie.
31
Dit is hoogs waarskynlik dat appellant, as hy teenwoordig was, nie die
vaagste benul sou gehad het van wat sy advokaat eintlik bedoel
het nie. Die
moontiike terugverwysing van die saak na die landdros was geen goeie rede om
klaer se gemelde verklaring opsy te laat
nie. Die advokaat se besluit, wat ookal
die eintlike redes daarvoor, is na my oordeel foutief en die appellant is nie
daaraan gebonde
nie. Daar is geen genoegsame bewys dat appellant afstand gedoen
het van sy reg om te versoek dat die klaer se voormelde verklaring
op
appèl in ag geneem word. Ek gaan nou derhalwe voort met die oorweging van
mnr De Bruyn se versoek. (Daar was geen versoek
deur die Staat aan hierdie Hof
dat die aangeleentheid na die landdros terugverwys word nie.)
Die verdere grond van appèl wat mnr De Bruyn wil byvoeg lui
so:
"Dat die versuim van die Staat om die klaer se polisieverklaring tydens die
verhoor aan die verdediging beskikbaar te maak 'n growwe
onreëlmatigheid
daar stel, tot so 'n mate dat
appellant
32
se skuldigbevinding op hierdie grond alleen ter syde gestel behoort te
word."
Die benadering van hierdie Hof tot
só 'n versoek is soos
volg formuleer deur Botha AR in S v Safatsa and Others 1988 (1)
SA 868 (A) op 877 A-G.
"It is generally accepted that leave to appeal can validly be restricted to
certain specified grounds of appeal (see R v Jantjies
1958 (2) SA 273
(A) at
275A; S v Williams en 'n Ander
1970 (2) SA 654
(A) at 655F-G; S v Sikosana
1980
(4) SA 559
(A) at 563A-B). In practice this is frequently a convenient and
commendable course to adopt, especially ín long cases, in
order to
separate the wheat from the chaff. On the other hand, this Court will not
necessarily consider itself bound by the grounds
upon which leave has been
granted. If this Court is of the view that in a ground of appeal not covered by
the terms of the leave
granted there is sufficient merit to warrant the
consideration of it, it will allow such a ground to be argued. This is well
illustrated
by the judgment of Schreiner ACJ in R v Mpompotsha and Another
1958
(4) SA 471
(A) at 472H-473F, In my view, however, it requires to be emphasised
that an appellant has no right to argue matters not covered by
the terms of the
leave granted. His only 'right' is to ask this Court to allow him to do so. In
Mpompotshe's case supra,
Schreiner
33
ACJ referred to 'matters which this Court should think worthy of
consideration', and to the power of the Court 'to condone the delay
and grant
leave to appeal on wider grounds than those allowed by the trial Judge'. A
formal petition for leave to appeal on wider
grounds is not an indispensable
prerequisite, since the matter is before the Court whose members would be
conversant with the record,
but the remarks I have quoted show that the Court
will certainly decline to hear argument on an additional ground of appeal if
there
is no reasonable prospect of success in respect of it. I should make it
clear that I am dealing here with the widening of grounds
of appeal in respect
of an appeal against a conviction. I am not dealing with the situation where
leave has been granted to appeal
against sentence only and the appellant seeks
to appeal against his conviction — as to which, see S v Langa en Andere
1981 (3) SA 186
(A) at 189F-190F; nor am I dealing at the moment with the
converse situation where leave has been granted to appeal against a conviction
and the appellant seeks to appeal against his sentence — as to that, see S
v Shenker and Another
1976 (3) SA 57
(A) at 58H-61E, to which further reference
will be made below,"
ïn die lig hiervan was dit
nodig om insae te hê in die inhoud van die verklaring om sodoende te
bepaal of daar op hierdie
grond enige redelike vooruitsigte van welslae is al
dan nie. Mnr De Bruyn was gevolglik toegelaat om die verklaring aan ons voor
te
lê.
34
Die relevante gedeelte daarvan lui só:
1.
Op 1990/02/05 om ongeveer 13:00 was ek by die plaas
Bonnyvale van Mnr Steven Getliffe toe die S A Polisie my kom haal het. Daar
was twee persone wat onbekend is aan my. Die een polisiebeampte
het aan my gevra
of ek weet wie hulle is. Ek het nee daarop geantwoord. Hy het gesê dat
hulle polisiebeamptes is en dat hulle
my kom haal het en geen rede gemeld hoekom
hulle so sê nie. Hnlle het my beveel om op die voertuig waarmee hulle
gekom het,
te klim en gery.
2.
Ons het Lady Grey toe gery en laat die aand na Barkly-Oos. In Lady Grey het
ek skyfies en 'n witbrood van die twee polisiebeamptes
ontvang. Om ongeveer
20:00 het ons op Barkly-Oos arriveer. Ek is aangesê om agter in 'n groot
geel bakkie wat in die polisievierkant
gestaan het te klim en te slaap. Hulle
het vir my komberse gegee.
3.
Op 1990/02/06 om ongeveer 06:00 het daar een polisiebeampte
aangekom en my beveel om uit te klim en die komberse te bêre.
Hierna is ek na die aanklagkantoor geneem.
4.
35
Hierna het ons na die veediefstaleenheid se kantore gegaan en die deure
is toegemaak. Die polisiebeampte wat my kom haal het, het
aan my gevra, waar die
skape van Mnr Kobus was. Ek het gesê dat ek met bokke werk en niks van
skape weet nie. Die polisieman
het gesê dat ek moet weet waar die skape
is, want die plaas Bonnyvale en die plaas van Mnr Kobus is aangrensend. Hierna
is
ek met karate houe herhaaldelik op my skouers geslaan en met oop hand deur
die gesig geklap. Ek het geval en is herhaaldelik geskop
in my rug. Die
polisiebeampte het my toe herhaaldelik met 'n polisiebelt wat dubbeld gevou is
op my maag en rug geslaan.
5.
Die polisiebeampte het nog twee polisiebeamptes geroep. Al drie persone
het my jas oor my kop getrek en ek is geboei. Hierna het hulle
elektriese drade
aan die pinkies van beide my hande gesit, weer afgehaal en aan die boeie
vasgemaak, waarna ek vier keer geskok is.
Die boeie is toe afgehaal en ek is
aangesê om voertuie te was.
6.
Om ongeveer 13:00 het die polisiebeampte wat my gaan haal het, my weer in
die veediefstal kantoor gevat en my weer met karatehoue
op my skouers en met die
belt op my liggaam geslaan. Hierna het hy my weer herhaaldelik met sy oop hand
deur die gesig geklap terwyl
ek aanhoudend gevra is waar die
36
skape is. Ek het gesê dat ek niks van die skape weet nie. Die
polisiebeampte het weer die ander twee geroep waarna ek weer geboei
is, my kop
toegemaak is en ek geskok is.
7.
Ek is hierna aan 'n stoel vasgeboei en die polisiebeamptes het geloop. Om
ongeveer 14:00 het hulle temggekom en ek moes weer voertuie
was. Om ongeveer
17:00 is ek weer in die kantoor gevat en aangerand deur die eerste polisieman.
Hy het my herhaaldelik geklap denr
die gesig en geskop. Ek is weer aan die stoel
vasgeboei en geskok.
8.
Hierna om ongeveer 18:00 is ek aangesê om in die kantoor te slaap
nadat ek komberse ontvang het.
9.
Op 1990/02/07 om ongeveer 06:00 is ek weer gevra waar die skape is. Ek
het gesê ek weet nie en is weer aangerand op presies
dieselfde manier as
die vorige kere. Ek is geklap, met 'n belt geslaan, geskop en geskok.
10.
Om ongeveer 08:00 het ek saam met die eerste polisiebeampte gery na
Rhodes waar ek afgelaai is en is nie weer aangerand nie. As gevolg
van die
aanranding op my het ek verskeie kneuswonde in my gesig en rug opgedoen. Ek was
op geen
37
stadium in die polisieselle aangehou nie.
Ek het niemand die reg gegee om my aan te rand nie en verlang verdere
polisie ondersoek in die saak."
Hierdie Hof het die
bevoegdheid om verdere (en dus nuwe) bewysmateriaal toe te laat, veral in 'n
geval soos die onderhawige, waar
dit in belang van geregtigheid (en dus ook van
gesonde regspleging) is om dit te doen. Vgl: Lazarus Motha teen die Staat,
waarin
hierdie Hof uitspraak gelewer het op 24 November 1994.
Mnr De Bruyn is toegelaat om hierdie verdere grond van
appèl (soos vervat in sy betoogshoofde en verbreed deur
voormelde
toevoeging daarby) te beredeneer asof verlof toegestaan is om dit
tot
die bestaande gronde by te voeg, en is hy meegedeel dat ons
later
daaroor sal beslis. Daardie beslissing volg later hierin.
DIE REGSPOSISIE TEN AANSIEN VAN DIE BESKIKBAAR-STELLING VAN 'N
GETUIEVERKLARING
Dit is bekende reg dat in sekere omstandighede 'n plig op 'n aanklaer in
strafsake rns om in belang van geregtigheid (en
38
derhalwe ook van gesonde regspleging) die getuieverklaring van 'n
staatsgetuie aan die verdediging beskikbaar te stel vir doeleindes
van
kruisverhoor van so 'n getuie. Daardie verpligting is meer as 40 jaar gelede
deur hierdie Hof bevestig in R v Steyn
1954 (1) SA 324
(A). In daardie saak is
geappelleer teen die uitspraak van die Hoër Hof van Suid-Rhodesie in 'n
appèl teen 'n skuldigbevinding
in 'n magistraatshof. Op 337 A-C het
Greenberg AR die volgende gesê:
"One other matter remains to be mentioned. In his reasons the learned CHIEF
JUSTICE said:
'Disclosure must be left to the discretion
of the Attorney-General or his deputy. The prosecutor stands in a special
relation to the
Court, and, where there is a serious discrepancy between the
proof of a Crown witness and what he says on oath at the trial, the
Court has
the right to expect that the prosecutor will, of his own motion, direct
attention to the fact and, unless there is special
and cogent reason to the
contrary, make the statement available for cross-examination. I may say that
this is the almost invariable
practice of prosecutors in this Colony.'
A passage to the same effect appears in the reasons of
39
BEADLE, J., and my impression is that the same applies in the courts of the
Union. In my opinion, the proper administration of justice
requires that this
practice should be invariable, and not 'almost invariable' and I say this in the
hope that the duty to observe
it will be carried out by every
prosecutor."
Hierdie uiteensetting is daarna konstant in
ons howe toegepas. (Sien bv S v Xaba
1983 (3) SA 717
(A) op 728 E-H.) Daaruit
blyk dit dat die volgende ondersoeke opeenvolgend gedoen moet word om
niteindelik te kan bepaal wat die
effek van so 'n versuim is op die betrokke
verrigtinge.
Die eerste ondersoek
is gerig op die aard van die afwyking tussen
die verklaring en die getuienis van die betrokke getuie.
In S v Xaba, supra, het Botha AR op 729 E-H4 die begrip "wesenlike
afwyking" soos volg verduidelik:
"The concept of a serious discrepancy between the evidence given by a
State witness and a príor statement made by hím
can
40
be placed in proper perspective by stating its antithesis:
a
discrepancy of a minor or trivial nature need not be
disclosed
(see S v Hassim and Others(2) 1971(4) SA 492 (N)
at494C-
D). Serious discrepancies are certainly not confined to
those
that have a direct bearing on a matter that is actually in
issue at
the trial. For that reason and to that extent I suggest,
with
respect, that to express the duty resting on a prosecutor in
terms
of the existence of a discrepancy 'on a material point'
without
further explanation, as was done in R v White
1962 (4) SA
153
(FSC) at 155 in fin and R v Tapera
1964 (3) SA 771
(SR A)
at
772 in fin, can be misleading. It must be borne in mind that
the
rationale of the rule requiring disclosure of a
previous
inconsistent statement is to provide a safeguard against
the
danger of an accused being convicted on the evidence of
a
witness who is not a credible and reliable witness. Whether
or
not a discrepancy between the evidence of a State witness
and
his previous statement to the police is sufficiently serious to
call
for the performance of the duty of disclosure by the
prosecutor
must therefore be assessed in the context of the effect
that such
disclosure and the cross-examination following upon it
might
have on the credibility and reliability of the witness.
ïn mv
opinion a discrepancy is serious whenever there
is a real
possibility that the probing of it by means of
cross-examination
could have an adverse effect on the
assessment by the trial
Court of the witness' credibility and
reliability
. Such a real
possibility is not created by a
discrepancy of a minor or trivial
nature." [My
onderstreping]
41
et vid: S v Kamte and Others 1992 (l)SASV 677 (A),
680j-681b.
Indien die afwykings wesenlik is moet die aanklaer dit
aan die verdediging beskikbaar stel. Die wyse waarop die aanklaer te werk moet
gaan om te besluit of hy die verklaring aldus beskikbaar moet stel is op 729 in
fin 730E só uiteengesit deur Botha AR:
"When a State witness gives evidence at variance with a statement in the
possession of the prosecutor, the prosecutor must bring his
mind to bear on the
question whether or not the discrepancy is of a serious nature, in the sense
explained above. (I leave out of
consideration for present purposes a situation
where the witness' deviation from his statement is so far-reaching that the
prosecutor
decides to discredit him by putting his statement to him in
accordance with the provisions of s 190 (2) of the Act.) If the discrepancy
is
clearly of a minor or trivial nature the prosecutor is not required to do
anything. If the discrepancy is clearly a serious one,
in the sense explained
above, the prosecutor must as soon as possible after its emergence make the
statement available to the defence.
If the accused is unrepresented the
prosecutor must forthwith disclose the discrepancy to the court. In assessing
the nature of the
discrepancy the prosecutor is entitled to take into account
that police statements are, as a matter of common experience, frequently
not
taken with the degree of care, accuracy
and
42
completeness which is desirable; but that does not mean that he is entitled
to ignore an averment in a statement which is prima facie
in conflict with the
witness' evidence. If it is not clear that the discrepancy is either serious or
trivial the prosecutor should
not act as the final arbiter on the question. If
he is in doubt he must make the statement available to the defence (or to the
court
if the accused is unrepresented), for obvious reasons: if it should turn
out that the discrepancy is of no real consequence, no more
harm would have been
done than to waste the little time required to establish that; but if he fails
to disclose a discrepancy which
ís indeed serious, that might well result
in a failure of justice.
I have made the above remarks because I believe it to be of the utmost
importance that Judges and magistrates presiding in criminal
trials should be
justified in reposing complete confidence in prosecutors to perform their duty
of disclosure properly and unhesitatingly."
DIE POSISIE
IN DIE ONDERHAWIGE GEVAL:
As daar nou 'n vergelyking getref word tussen die inhoud van die klaer se
verklaring en sy getuienis is dit na my oordeel duidelik
dat daar werklik
merkbare afwykings tussen die twee is.
43
Daardie afwykings is die
volgende:
(1) (a) In par 2 van die
verklaring sê die klaer slegs dat hy op
Lady Grey skyfies en witbrood van die twee polisie-beamptes ontvang het. (b)
In sy getuienis voeg hy egter die makabere beskrywing
by van die hantering van
die lyk.
NB Sy verkiaring is in ooreenstemming met appellant se getuienis dat al wat
hulle op Lady Grey gedoen het was om kos te
koop.
(2) (a) In sy verklaring meld klaer
glad nie dat hy weens die
elektriese skokke bewusteloos geraak het nie, soos hy by herhaling in sy
getnienis beweer het. NB Die ondervinding van herhaalde verlies
van bewussyn is
so 'n treffende menslike ondervinding dat dit haas ondenkbaar is dat klaer in sy
verklaring (wat binne ses weke van
die voorval afgelê is) slegs die
oorsaak en
44
nie die emstige gevolg daarvan son noem nie. (b) In sy getnienis sê hy
egter dat hy inderdaad in sy verklaring gesê het
dat hy op al vier
geleenthede sy bewussyn verloor het.
(3) (a) In par 7
van sy verklaring sê klaer dat hy op
Dinsdagmiddag aan 'n stoel vasgeboei en toe geskok is. (b) Tydens
kruis-ondervraging ontken hy dat dit ooit gebeur het. Die betrokke
passasie lui
so (bl 50 van die oorkonde):-
"U was op geen geleentheid aan 'n stoel vasgeboei en daama geskok nie? -
Nee.
So daar is nie fout daarmee nie? - Nee, glad nie.
En u het nooit vir die polisie te kenne gegee dat u eers aan 'n stoel
vasgeboei is en daarna geskok is nie? — Nee, glad nie,
glad nie."
(4) In sy verklaring meld hy nie dat hy die twee nagte hier
ter
sprake vasgeboei was
nie.
45
In par 2 sê hy slegs die volgende aangaande die eerste
nag:
"Ek is aangesê om agter in 'n groot geel bakkie wat in die
polisievierkant gestaan het te klim en te slaap. Hulle het vir my
komberse
gegee."
In par 8 van sy verklaring
sê klaer weer slegs die
volgende:
"Hierna om ongeveer 18:00 is ek aangesê om in die kantoor te slaap
nadat ek komberse ontvang het."
Dit is opmerklik dat hy
ook in sy hoofgetuienis geen melding daarvan
gemaak het dat hy vir 'n hele nag in die polisie-voertuig vasgeboei
was
nie.
NB Die ondervinding om op twee agtereenvolgende
nagte aan iets
vasgeboei te wees nag-deur, met die ongerief en
bewegings-inperking
wat dit onvermydelik inhou, moet iets byna
onvergeetlik wees vir
iemand wat dit moes deurmaak.
Dit is ewe haas ondenkbaar dat as klaer werklik so vasgeboei was
hy
46
sou versuim om dit te noem waar hy oor die betrokke
geleenthede
praat.
Die vraag of afwykings tussen 'n
getuie se polisieverklaring en sy
daaropvolgende getuienis inderdaad
wesenlik
is al dan nie, verg
uiteraard tot groot mate 'n
waarde-oordeel van dié wat daaroor moet
besluit, omdat dit
afhang van die aard en omvang van sulke
afwykings.
Na my
oordeel is bogemelde afwykings geil aarde vir kruisondervraging o m weens die
kommentaar wat ek so pas daarop gelewer het. Hulle
is dus wesenlik vir
dié rede dat:
"... there is a real possibility that the probing of it by means of
cross-examination could have an adverse effect on the assessment
by the trial
court of the witness' credibility and reliability."
Die
verloop van kruis-ondervraging (vraag en antwoord) is uiteraard onvoorspelbaar.
So 'n onvoorspelbaarheid geld selfs ook
47
by minder indringende vorms van ondervraging, soos bv by herverhoor. In
'n onlangse beslissing van hierdie Hof in Kenneth Ramalope
v The State (saak no
690/93) waarin uitspraak gelewer is op 25 Maart 1995, het Olivier Wn AR op bl
24-25 die volgende daaroor gesê:
"The only evidence that connects the appellant to the theft of Stewart's
vehicle, is his identiGcation by Stewart. There are many
unsatisfactory aspects
of that alleged identification. His unusual conduct of not reporting the
identification to the public prosecutor
and Holmes' similar neglect to do so,
casts suspicion over Stewart's evidence. The fact of his identification was put
to appellant
in cross-examination. Can it be said that re-examination of the
appellant would not have mattered? That it would not have swayed
the magistrate
one way or another? That appellant could not possibiy have shed any new light on
the incident in the corridor?
To take up such an attitude would necessarily be tantamount to saying:
whatever you say under re-examination, would not have mattered,
because I have
already made up my mind to accept Stewart's evidence. This is impermissible. It
is expected of the judicial officer
to keep an open mind until the end of the
trial.
In my view. it is not the duty of this court to speculate on
the
48
possible answers and questions in re-examination, or their impact on tbc
appellant's guilt
. The appellant bears no
onus
; if there is any doubt
whether he has been given a full and fair opportunity to present his case, then
he has been prejudiced and
the conviction cannot be upheld. In my view, it
cannot be excluded that the appellant was substantially
prejudiced."
[My onderstreping]
Daardie opmerking van die geleerde regter geld a fortiori in 'n geval
soos die onderhawige. Dit kan gevolglik nie gesê word
dat
kruis-ondervraging van klaer op die verskille tussen sy getuienis en die inhoud
van sy polisieverklaring geen wesenlike verskil
aan die verhoorhof se bepaling
van sy geloofwaardigheid en betroubaarheid sou kon maak nie. DIE
ONREëLMATIGHEID-VRAAGSTUK
Die volgende vraag is of die aanklaer
se versuim om die verklaring aan die verdediging beskikbaar te stel neerkom op
'n onreëlmatigheid
soos bedoel by art 317 (1) van die Strafproseswet, nr 51
van 1977.
49
Die antwoord op dié vraag is te vinde op bl 728 in fin -729 B van
Xaba, supra, waar Botha AR die volgende daaromtrent
gesê
het:
"It is clear, therefore, that when a State witness gives evidence from which
a serious discrepancy emerges between that evidence and
a prior statement made
by the witness to the police, the prosecutor has no choice: he is obliged to
disclose that fact and, apart
from special circumstances which are not relevant
here, to make the statement available to the defence for the purposes of
cross-examination
of the witness. It is equally clear that a prosecutor's duty
of disclosure in these circumstances is one of the rules or principles
of
procedure which must be adhered to in a criminal trial in order to ensure that
the accused has a fair trial and that justice is
done.
It follows that the failure of a prosecutor to observe this duty is an
irregularity in the proceedings for the purposes of s 317 (1)
of the
Act."
Daar is geen spesiale omstandighede hier
teenwoordig wat die aanklaer se versuim om die verklaring aan die
verdediging
beskikbaar te stel sou kon regverdig of verskoon nie.
Die aanklaer
50
se gemelde versuim kom gevolglik neer op só 'n
onreëlmatigheid. DIE EFFEK VAN DIE ONREëLMATIGHEID
Die
verdere vraag wat hom nou voordoen is watter effek 'n onreëlmatigheid van
hierdie aard het op die geldigheid van die verrigtmge.
Die wyse van
beoordeling daarvan is uiteengesit in die volgende passasie in Botha AR se
uitspraak in Xaba, supra, op 735 in fin -
736 B:
"In considering the appeal regard must be had to the proviso to s 322 (1) of
the Act, in terms of which the accused's convictions
and sentences are not to be
set aside by reason of the irregularity unless it appears to this Court that a
failure of justice has
in fact resulted from the irregularity. The irregularity
in question here is not of the kind that per se vitiated the proceedings,
as in
S v Moodie
1961 (4) SA 752
(A); it is of the kind, as in S v Naidoo
1962 (4) SA
348
(A), which requires consideration of the question whether on the evidence
and credibility findings unaffected by the irregularity
there was proof of the
accused's guilt beyond reasonabie doubt, in accordance with the test laid down
in S v Yusuf
1968 (2) SA 52
(A) at 57C-D (see Masindi's case (supra at
H62D-H63C))."
Die passasie in S v Yusuf,
supra, waama verwys is, lui
so:
"The evidence on this point was given by the witness Weil, and it was
hearsay and therefore inadmissible. Mr Soggot, who appeared
for the petitioner
in this Court, submitted that there were reasonable prospects of success on
appeal in that it could not be said
that a reasonable trial court, properly
directing itself, would inevitably have convicted. As to that, in S v Tuge,
1966
(4) SA 565
(A.D.), this Court moved away from the former test of inevitable
conviction by a notional reasonable trial court in deciding whether
the
irregularity had resulted in a failure of justice. Instead, it applied its own
view that, on the remaining evidence unaffected
by the irregularity, there was
proof of guilt beyond reasonable doubt. The advantage of this approach lies in
its directness of thinking,
as well as in its application of a traditional legal
concept, namely proof of guilt beyond reasonable doubt. And where the
irregularity
is such as to preclude a valid assessment of the available
evidence, e g where cross-examination has been wrongly disallowed, the
Court of
appeal can hold directly that there was a failure of justice, and need not come
to this conclusion via the supposed inevitable
thinking of a notional reasonable
trial court."
In die onderhawige geval is
dit duidelik dat indien die
52
klaer se weergawe tot so 'n mate verswak is dat daar 'n redelike twyfel
oor die waarheid of betroubaarheid daarvan ontstaan, daar
geen bewys van
appellant se skuld kan wees nie. Klaer was al persoon wat oor die aanrandings
getuig het. Dat hy nie 'n onbesproke
getuie was nie blyk o a uit die landdros se
besorgdheid oor sy getuienis t a v die aanrandings. Dit blyk uit die volgende
passasie
in die landdros se uitspraak op die meriete:
"Die Hof is egter bereid in die lig van die klaer se volharding dat al vier
hierdie voorvalle op presies dieselfde wyse plaasgevind
het, dat daar 'n mate
van twyfel moet bestaan oor presies hoe die aanrandings plaasgevind het,
..."
In sy daaropvolgende redes vir uitspraak het die
landdros weer met dié aspek gehandel, en wel soos volg:
"Weens die weersprekings en afwykings in die klaer se weergawe, het die hof
beslnit dat daar twyfel bestaan of iedere aanranding presies
plaasgevind het
soos hy beweer het.
Derhalwe het die hof besluit dat die voordeel van die twyfel in hierdie
vérband na die beskuldige moet
gaan."
53
In die lig van die laaste sin van hierdie aanhaling moet mens jouself
afvra wat die landdros in werklikheid bevind het dat appellant
aan die klaer
gedoen het? Het hy hom bv net geskop of geskok en op watter geleenthede het hy
dit dan gedoen?
Maar wat ook al die inslag van hierdie opmerking mag
wees, weerspieël dit duidelik die landdros se bekommernis oor die klaer
se
betroubaarheid op hierdie kern-aspek van die saak.
Die klaer is
weerspreek deur die Getliffes oor die voorkoms van sy beserings, veral oor die
beweerde bebloede toestand waarin hy was
toe hy by hulle op die Vrydag 9
Februarie 1990 uitgekom het, oor die beweerde knop aan sy nek en dat hy
gehospitaliseer was en 'n
operasie daarvoor moes ondergaan. Die waarskynlikheid
is sterk dat klaer sy beweerde slegte toestand wou vererger, en wel met die
oog
op sy destyds hangende aksie om skadevergoeding. Hiermee het die landdros nie
gehandel nie. Getliffe se getuienis oor wat sy
werknemers aan hom sou gesê
het oor wanneer
54
die klaer teruggekom het is klaarblyklik ontoelaatbare hoorsê.
(Hulle sou gesê het dat hy eers op die Donderdag teruggekom
het.) Sy
verdere bewering dat sy werknemers hom sou kom sê het as klaer reeds
Maandag terug was, is in die verband waarin hy
dit gesê het, duidelik
gekoppel aan voormelde ontoelaatbare mededeling en derhalwe van geen bewyswaarde
nie. Die landdros het
dit misgekyk.
Mnr Getliffe staaf appellant
egter dat Jonas op die Dinsdag van die plaas af venvyder was deur 'n "stocktheft
constable". Die feit
dat hy nie kon sê dat dit nie appellant was nie, hou
in dat appellant se getuienis aanvaar moet word dat dit inderdaad hy is
wat
Jonas gaan haal het en weer teruggebring het. Dit beteken dat op die dag wat
klaer beweer hy so gereeld aangerand is, appellant
ook met Jonas besig was. Dit
maak klaer se bewerings oor die gebeure op daardie dag minder aanvaarbaar. Met
hierdie aspek het die
landdros ook nie gehandel nie.
Die landdros het Getliffe se getuienis vertolk
as
55
aanduidend daarvan dat dit nie die klaer was nie maar hyself wat besluit
het om die saak aanhangig te maak. Dit is deur die landdros
gesien as 'n "ander
waarskynlikheid" ten gunste van klaer se weergawe. Dit is nie korrek nie. So ook
nie sy opmerking dat die klaer
en 'n ander persoon net gekla het en dat Getliffe
toe opgetree het. Getliffe se getuienis daaroor was soos volg:
"
PROSECUTOR
: Who initiated these proceedings? -
The
district commandant, I presume. I went to see the
district
commandant about ten days after the incident,
because
Jonas
Tabo and Kleinbooi complained that they wanted
something
done
and my staff actually said they weren't
happy with the
situation ..." [My
onderstreping]
Hieruit blyk dit dat klaer en Thabo die
werklike inisieërders was wat "iets gedoen wou hê" en dat Getliffe
slegs oor die
wyse van optrede besluit het.
Klaer se beskrywing van wat appellant sou gedoen het en waar hulle orals
was op die Woensdag op hul terugreis vanaf Barkly-Oos, is
geen bewys dat dit
alles werklik gebeur het nie. Daar was
56
geen stawende getuienis daarvan nie en appellant is nooit daaroor
ondervra nie.
Die feit dat klaer in 'n beseerde, en volgens hom in
steeds bloeiende, toestand was toe die Getliffes hom op die Vrydag gesien het,
is geen bewys of aanduiding dat dit appellant was wat hom aangerand en aldus
beseer het nie.
Die landdros het in sy uitspraak die
verdedigingsgetuie, sers J Maartens afgemaak as "duidelik 'n leuenaar" en
opgemerk dat hy en
konst Gila "uiters bevoordeeld teenoor die beskuldigde was".
(Hy bedoel seker
ten gunste
van die beskuldigde.) Hy het die volgende
verdere kommentaar op Maartens in die uitspraak gemaak:
"Maartens het selfs op vrae van die Hof aangedui dat
hy
gedurende die nag dit raadsaam ag om in 'n bakkie in te
loer
wat die heelnag daar gesluit staan; dat hy al die
kantore
deurgaan. Dit is ook opmerklik dat hierdie verklarings
van
beide hierdie getuies
hemelsbreed verskil het met hulle
getuienis
in hierdie hof
." [My
onderstreping]
Maartens se polisieverklaring is kort en
bondig. Dit lui so:
57
"Op 1990-02-05 en op 1990-02-06 het ek om 21:15 aan diens
gerapporteer as Aanklagkantoorbevelvoerder en dienste verrig tot
06:00.
Deel van my pligte is om toe te sien dat alle buitedeure van die
Polisiestasie behoorlik toegemaak is en dat alles in orde is.
Gedurende die betrokke skof wat ek gewerk het, het ek geen persone in enige
kantoor gesien wat daar moes slaap nie.
As selle besoek word moet daar by die geparkeerde voertuie verby geloop
word. Ek het gedurende die skof geen persoon gesien wat in
'n polisievoertuig
geslaap het nie."
Al merkbare verskil tussen sy
getuienis en sy polisieverklaring is sy foutiewe bewering in lg dat hy vanaf
21:15 die hele nag van
6-7 Februarie 1990 aan diens was. Daarmee is reeds
hierintevore gehandel. In sy getuienis het hy wel gesê dat hy tydens sy
twee dienstydperke geen vasgeboeide persone op die polisieperseel gesien het
nie. In sy verklaring is geen melding gemaak van boeie
nie, maar die
voor-die-hand-liggende rede daarvoor is dat die klaer in sy verklaring, wat toe
reeds beskikbaar was, geen melding
daarvan
58
gemaak het dat hy gedurende die nag vasgeboeid op die perseel was nie.
Klaer se bewering in sy verklaring dat hy Dinsdagmiddag tussen
17:00 en 18:00
aan 'n stoel vasgeboei was, het betrekking op 'n tydperk toe Maartens nie aan
diens was nie, en dit derhalwe nie sou
kon gewaar het nie al het dit inderdaad
gebeur. Ek het Maartens se getuienis deurgelees en na my mening is daar geen
hemelsbreë
verskil tussen dit en sy verklaring nie. Die landdros het
hom hierop wanvoorgelig. (As hy die verskille wat daar is tussen Maartens
se
verklaring en sy getuienis as hemelsbreed beskou het, kan mens jou net indink
wat sy reaksie sou gewees het op die verskille tussen
klaer se verklaring en sy
geruienis.)
Daar moet, wat Maartens se geloofwaardigheid betref, in
gedagte gehou word dat die landdros dit slegs
inhoudelik
beoordeel het.
Daar moet derhalwe in gedagte gehou word dat sy beskrywing oor die inspeksies
wat hy gedoen het en die waarnemings
wat hy gemaak het gedurende sy twee
dienstydperke nie deur die Staat
59
bevraagteken was nie, soos reeds hierbo aangemerk. Daarbenewens
moet in gedagte gehou word dat wat ookal die rede mag wees vir
die
foutiewe bewering in sy verklaring aangaande sy dienstydperk op
die
nag van 6-7 Februarie, Maartens in sy getuienis die waarheid
daaroor
gepraat het. Daar is na my mening niks in sy getuienis oor wat
hy
gedurende sy betrokke twee dienstydperke gedoen en gewaar het,
wat
so vergesog is dat dit sonder meer verwerp kan word nie.
Die landdros het nóg in sy voorbehoue uitspraak
nóg in
sy daaropvoigende redes vir uitspraak gehandel met die uittreksel
uit
appellant se sakboek, bew A. Die vraag is of hy dit moes gedoen
het.
Ek gaan nou daarop in.
DIE EFFEK VAN DIE INSKRYWING IN APPELLANT SE POLISIESAKBOEKIE
Inleiding
Soos reeds hierbo opgemerk, is die uittreksel uit appellant se
polisie-sakboekie van die Staat verkry en as korrek bevestig deur appellant.
Dit
is ingehandig as bew A tydens verdere herverhoor en
60
nadat appellant se getuienis dat hy klaer op Maandagaand, 6 Februarie,
terug geneem het deur die staatsaanklaer tydens kruisondervraging
as vals
aangeval is.
Nadat appellant oor die inskrywing getuig het, is hy
verder deur die aanklaer sowel as the hof daaroor ondervra, maar slegs ter
opheldering
van sekere aspekte van die inhoud daarvan, en met geen suggestie dat
dit vervals is, of onwaarhede bevat nie.
Die sakboekie waaruit dié uittreksel afkomstig is, is 'n amptelike
boekie (of dokument) wat aan appellant uitgereik is met
die doel dat hy
amptelike inskrywings daarin moet maak wat periodiek nagesien word deur sy
meerderes. R v Burgess
1947 (1) SA 560
(D) op 566.
Dat dit inderdaad so nagesien is, blyk uit die handtekening en stempel
van appellant se eenheidsbevelvoerder, luit Wolmarans, wat
voorkom op die bladsy
waarop die inskrywings t a v Maandag, 6 Februarie 1990 begin. Die tydgenootlike
egtheid van die betrokke
61
inskrywing word ook deur daardie handtekening en stempel op oortuigende
wyse bevestig. Die egtheid van daardie handtekening en stempel
is ook nie
bevraagteken nie.
Appellant het die doel van die polisie-sakboekie
tydens kruis-ondervraging só verduidelik:
"... op die regte tye moes ek my sakboek gebruik het, ... want dit is my
daaglikse aantekeninge wat ek maak van my werksaamhede, alles
wat ek doen bedags
word daar aangeteken."
Die toelaatbaarheid van die
sakboekie-inskrywing
Die wyse waarop die inskrywing ingehandig is,
en 'n bewysstuk geword het, kom voor in die volgende uittreksel uit die notule
van die
vemgtinge wat gevolg het op ondervraging van appellant deur die hof, o a
ten aansien van 'n vraag of hy die besonderhede van sy ondersoek
en ondervraging
van die klaer in sy "dagboek" aangeteken het:
62
"
MNR WESSELS
: Edelagbare (onduidelik) die staat en die sakboek en
die voorvalleboek, wil dit vir my voorkom asof die sakboek 'n baie wesenlike
belang in hierdie saak kan wees. Ons in werklikheid nie in besit van die sakboek
is nie, en ek wil graag deur die Hof aan my Geleerde
Vriend vra (onduidelik)
beskikbaar is die sakboek, of as (onduidelik) die sakboek (onduidelik) of hy
bereid is om hierdie sakboek
tot die beskikking van die Hof te stel.
...
So ek wonder miskien net by die aanvang, as u my net sal vergun om deur
die Hof aan my Geleerde Vriend te vra of hy bereid is om die
sakboek of
andersins 'n afskrif van die sakboek tot die beskikking van die Hof te stel. Ek
is seker my Geleerde Vriend sal. As hy
miskien net daar voor
(onduidelik)
AANKLAER
: Edelagbare ja, ek is in besit van 'n afskrif van sekere
bladsye van die sakboek. Ek is bereid om dit aan die Verdediging beskikbaar
te
stel.
VERDERE ONDERVRAGING DEUR MNR WESSELS
: Hierdie is 'n
gesertifiseerde uittreksel wat die Staat het van u sakboek. Kyk net daarna, wie
se handskrif verskyn daarso? -Dis
my handskrif Edelagbare.
Is dit nou 'n uittreksel uit u sakboekie? - Dit is korrek.
En dit is 'n uittreksel uit u sakboekie ten opsigte van watter datum? -
Ten opsigte van Maandag 90-02-05.
Die beslaan net twee bladsye, sal u dit net in die rekord inlees
asseblief."
63
Daarop het appellant die inhoud van die Maandag-inskrywing ingelees soos
versoek, en is hy daarna deur sowel die aanklaer as die hof
daaroor ondervra
soos reeds hierbo beskryf.
Die inskrywing is klaarblyklik by
ooreenkoms tussen die Staat en verdediging ingehandig en is daarna met
toestemming van die Staat
as bewysmateriaal hanteer,
Om daardie rede is die inskrywing, bew A, na my mening toelaatbaar en
moet dit, en die getuienis daaromtrent, as deel van die toelaatbare
bewysmateriaal hanteer en oorweeg word.
ïn hierdie verband word die volgende gesê in Schmidt,
Bewysreg, 3de uitgawe op 357:
"Aangesien 'n gedingsparty enige feit kan erken, kan daar geen
beginselbeswaar wees as hy sy teenstander se getuienis erken nie —
dit wil
sê
toestem dat dit toegelaat word selfs waar dit ontoelaatbaar sou wees
nie
. Hy doen dan net afstand van 'n prosesregtelike beskerming wat hy
andersins sou geniet. ...
In beginsel kan 'n
gedingsparty toestem dat sy teenstander ontoelaatbare getuienis voorlê. Hy
kan ook self getuienis aanbied
wat ontoelaatbaar sou gewees het indien sy
teenstander
64
dit teen hom sou aangebied het." [My
onderstreping]
'n Polisie-sakboekie is 'n amptelike
dokument wat volgens appellant se onbetwiste getuienis daagliks amptelik
opgeteken moet word,
en, soos blyk uit die voormelde passasie in Burgess, supra,
asook uit die voormelde handtekening en stempel, amptelik deur gesaghebbendes
nagesien word. Dit is derhalwe in wese 'n kontemporêre optekening wat
moontlik as deel van die res gestae t a v 'n besondere
aangeleentheid beskou kan
word en om daardie rede toelaatbaar is.
In Schmidt op cit word die
inslag van die begrip "res gestae" soos volg op 452 verduidelik:
"Sedert die einde van die 18de eeu word dit in die Engelse bewysreg gebesig
om 'n sekere toelaatbaarheidsbegrip te omskryf, te wete
dat die feit of feite in
geskil en dié wat intiem daarmee verbind is, die res gestae, toelaatbare
feite is. So opgevat, het
mens hier eintlik met 'n relevantheidsbeginsel te
doen."
65
et cf: The State v Forbes l962(3)SA 964(C)op 966H.
In
Hoffmann en Zeffertt: The South African Law of Evidence 4de uitgawe, word die
volgende daaroor gesê op 156 ab initio:
"Cases that fall under the res gestae stress that
a fact in issue may be
capable of being split into parts and that all the constituent parts of a fact
in issue are relevant and admissible
. It may constitute a brief, single
occurrence; a number of physical or verbal acts (or both physical and verbal
acts) over a period
on distinct occasions." [My
onderstreping]
In die onderhawige geval is die gebeure
op Maandag, 5 Februarie 1990, een van die feite in geskil, en die inskrywing is
een van die
bestanddele van die gebeure op daardie dag. In daardie sin is daar
rede om dit te beskou as deel van die res gestae en derhalwe
toelaatbaar.
Om die redes wat volg is daar egter na my mening 'n addisionele grond
waarop die inskrywing regtens toelaatbaar is as deel van die
bewysmateriaal.
66
Al word vir huidige doeleindes aanvaar dat die sakboek-inskrywing in
weerwil van die amptelike aard daarvan in wese slegs 'n vorige
ooreenstemmende
verklaring deur appellant is tot die effek dat hy klaer op Maandagaand
teruggeneem het, is dit onder die omstandighede
nogtans na my mening toelaatbaar
in weerwil van die algemene reêl dat 'n vorige gelykluidende verklaring
ontoelaatbaar is.
Een van die uitsonderings op laasgenoemde
reël is dié betreffende die weerlegging van 'n aantyging van
onlangse versinsel.
Wat die begrip "onlangse versinsel" behels en hoe 'n
aantyging daaromtrent in 'n verhoor geopper kan word, is soos volg uitgelê
deur Rumpff HR in S v Bergh
1976 (4) SA 857
(A) op 868 A-E:
"Ek aanvaar dat in hierdie verband die Suid-Afrikaanse reg is soos die
Engelse reg was, soos hier vertolk, tot 1961, en dat 'n weergawe
van die Engelse
reg gevind kan word in die volgende woorde wat verskyn in die hierbo
aangehaaïde passasie uit die beslissing
van die Privy Council in die
Fox-saak op bl 230, en waar t o v 'recent invention' gesê
word:
'Plainly the rule that sets up the
exception cannot be formulated with any great precision, since its
application
67
will depend on the nature of the challenge offered by the course of
cross-examination and the relevant cogency of the evidence tendered
to repel
it.'
In die uitspraak van die streeklanddros word bevind
dat
'die vorige verklarings van beide getuies wel toelaatbaar is as stawing van
dit wat hulle in die hof getnig het'.
Uit die passasie wat hierbo verskyn, blyk dit dat die Hof a quo van mening
was dat dit in soveel woorde aan klaagster moes gestel
gewees het dat haar
getuienis 'onlangs versin' was. Die begrip 'onlangse versinsel' is nie 'n
omlynde begrip níe en dit is
die plig van 'n hof, by 'n probleem van
hierdie aard, om vas te stel of die aanval op die getuie se getuienis wesenlik
neerkom op
'n suggestie, uitdruklik of implisiet, dat vir doeleindes van die
saak hy iets as 'n feit beweer wat tydens die aflê van sy
getuienis 'n
versinsel is of in sy verbeelding bestaan,"
Die effek
van hierdie passasie is daarna só vertolk (korrek na my mening) in
Schmidt op cit op bl 373:
"Hoewel die blote betwisting van 'n getuie se weergawe nie voldoende is om
sy vorige verklaring toelaatbaar te maak nie,
is dit ook nie nodig dat daar
'n uitdruklike bewering moet wees dat die getuienis 'n onlangse versinsel is
nie. Dit hoef nie in soveel
woorde gesê te word nie.
Soos hoofregter
Rumpff dit stel in S v Bergk supra
868D:
68
Die begrip 'onlangse versinsel' is nie 'n omlynde begrip nie en dit is die
plig van 'n hof, by 'n probleem van hierdie aard, om vas
te stel of die aanval
op die getnie se getuienis wesenlik neerkom op 'n suggestie, uitdruklik of
implisiet, dat vir doeleindes van
die saak hy iets as 'n feit beweer wat tydens
die aflê van sy getuienis 'n versinsel is of in sy verbeelding
bestaan.
Dat die bewyskrag van die vorige verklaring 'n rol speel, is ook bevestig in
S v Bergh. Die feit dat die oorspronklike verklaring
afgelê is voordat 'n
geskil ontstaan het, in 'n stadium toe die verklaarder nog geen motief gehad het
om 'n valse bewering
te maak nie, het in dié saak tot die toelating
daarvan bygedra.
Hoewel dit gebruiklik is om van onlangse versinsel ('recent fabrication') te
praat, is die vereiste nie soseer dat die versinsel onlangs
moes plaasgevind het
nie:
... it appears that the comparative 'recentness' of the fabrication has not
been the deciding issue but rather the question whether,
between the event under
investigation and the trial of the matter, the witness invented a false version
of what occurred."
[My
onderstreping]
Dit is gevolglik nie nodig vir die inwerkingsteliing van die beginsel dat
dit uitdruklik aan die betrokke getuie gestel moet word
dat sy getuienis 'n
onlangse versinsel is nie; dit is genoegsaam as so
69
'n beskuldiging
implisiet
in die kruisondervraging
is.
In die onderhawige geval is dit op ondubbelsinnige wyse tydens
kruisverhoor aan appellant gestel dat sy getuienis dat hy klaer op
Maandagaand,
5 Februarie 1990, teruggeneem het, onwaar is, met die duidelike implikasie dat
dit 'n weergawe is wat hy later versin
het. In só 'n geval is die vorige
ooreenstemmende verklaring toelaatbaar. Dat dit in die onderhawige so moet wees
blyk uit
die volgende verdere passasie in die geleerde Hoofregter se uitspraak
in S v Bergh, supra, op 867 ab initio tot F:
"'n Bestudering van Engelse, Amerikaanse en Suid-Afrikaanse beslissings toon
aan dat vorige ooreenstemmende verklarings toegelaat
word by wyse van
uitsondering en dat die uitsonderings te doen het met gevalle waar, in die
algemeen gesproke, die getuienis van
'n getuie aangeval word en getuienis
aangebied word wat in die omstandighede van die besondere geval meer bewyskrag
het as bloot
die aantoon van konsekwentheid van die getuie. Wigmore,Evidence,
band IV, stel die algemeen aanvaarde reël soos volg in para.
1124:
'When the witness has merely
testified on direct examination, without any impeachment, proof
of
70
consistent statements is unnecessary and valueless. The witness is not
helped by it; for, even if it is an improbable or untrustworthy
story, it is not
made more probable or more trustworthy by any number of repetitions of it. Such
evidence would ordinarily be both
irrelevant and cumbersome to the trial; and is
rejected in all Courts.'
Daarna noem hy sekere klasse
van 'impeachment' in para 1128 (1) lees soos volg:
'
Offered (5) after impeachment by bias. interest, or corruption:
statements of an accomplice.
(1) A consistent statement, at a time prior to the existence of a fact said
to indicate bias, interest, or corruption, will effectively
explain away the
force of the impeaching evidence; because it is thus made to appear that the
statement in the form now uttered was
independent of the discrediting influence.
The former statements are therefore admissible.'
Volgens
die 1957-Bylae moet die volgende woorde toegevoeg
word:
'Prior statements, however, made under conditions similar to those existent
at the time the testímony is rendered are excluded.'
In para. 1129 word 'Impeachment as to recent contrivance' as aparte klas en
in teenstelling met para.
71
1128 behandel en word die volgende gesê:
'Impeachment on the ground of recent contrivance must be distinguished (as
it is not always) from the foregoing ground. ït is
more nearly connected
with the case of impeachment by self-contradiction. The charge of recent
contrivance is usually made, not so
much by afúrmative evidence, as by
negative evidence that the witness did not speak of the matter before, at a time
when it
would have been natural to speak; his silence then is urged as
inconsistent with his utterances now, i e as a self-contradiction
(ante, para.
1042). The effect of the evidence of consistent statements is that the supposed
fact of not speaking formerly, from
which we are to infer a recent contrivance
of the story, is disposed of by denying it to be a fact, inasmuch as the witness
did speak
and tell the same story."
Die
geleerde Hoofregter het ter verdere opheldering, die volgende bygevoeg bo-aan bl
869:
"In die tweede uitgawe van die American Jurisprudence word 'self-serving
declarations' korteliks behandel in para 621, en van die
standpunt word
uitgegaan dat sulke verklarings wesenlik ontoelaatbaar is op grond van die
hoorsê-reël. Sekere uitsonderings
word genoem in para. 622, en ook
word verklaar:
72
'A statement, oral or written, made by a party at a time when no motive to
misrepresent existed, is not inadmissible as a self-serving
declaration.'
Wat Wigmore 'bias, interest or corruption' noem is natuurlik voorbeelde
waarvan 'n motief afgelei sou kon word om onware getuienis
af te
lê."
Hy pas dié beginsels dan soos volg toe
op die feite van die geval voor hom. Die wyse waarop dit gedoen is, verskaf ook
'n goeie
voorbeeld van die praktiese toepassing daarvan. Die geleerde Hoofregter
doen dit só op dieselfde bladsy by reëls C-D:
"Die omstandighede waaronder klaagster haar verklaring oor die 41 beeste in
1969 aan die Polisie gedoen het, was so totaal anders
as waaronder sy haar
getuienis in the hof afgelê het, dat die blote suggestie by implikasie
onder kruisondervraging dat haar
getuienis versinsel of verbeelding is, volgens
my mening, die toelaatbaarheid van klaagster se verklaring aan Nel verg, op
grond
van logika, gesonde verstand en billikheid. Die verklaring geld nie as
stawing van die inhoud daarvan nie maar versterk die akkuraatheid
van die
getuienis van klaagster."
Op Maandag en Dinsdag, 5 en 6
Februarie 1990, was daar nog geen klag teen appellant dat hy die klaer sou
aangerand het nie,
73
en ook geen bewering teen hom dat hy die klaer eers op die Woensdag 7
Februarie teruggeneem het nie.
Uit hoofde van die bogaande is die
uittreksel uit appellant se sakboek-inskrywing, bew A, toelaatbaar en behoort
die landdros in sy
uitspraak (en minstens in sy redes) daarmee te gehandel het.
Hy het dit nie gedoen nie. Dit was 'n wanvoorligting wat sy
geloofwaardigheidsbevindings,
veral t a v klaer en appellant, wesenlik moes
beïnvloed het. (In werklikheid behoort die landdros na my oordeel te beveel
het
dat die belangrike inskrywings t a v die res van die Dinsdag en van
Woensdag, 7 Februarie, ook deur die Staat openbaar gemaak word
in belang van
geregtigheid.)
Die hof a quo het in die finale uitspraak op appèl, die
sakboekinskrywing afgemaak in die volgende terme:
"Dit is egter duidelik, en mnr Wessels het dit ook toegegee, dat die
betrokke inskrywing op 'n latere stadium gemaak is. Dat dit die
geval is, blyk
uit die feit dat die inskrywing wat na bewering om 15h45 op 5 Februarie 1990
gemaak sou gewees het, verwys na iets
wat meer as 3 uur later, nl om 19hl0,
sou
74
plaasgevind het. Geen afleiding kan dus van die inskrywings in die sakboek
gemaak word nie."
Dit is klaarblyklik 'n verkeerde
vertolking van die inskrywing en 'n foutiewe toegewing deur appellant se
advokaat. Dit is duidelik
dat op 'n behoorlike ontleding van die betrokke
inskrywings, daar geen suggestie kan wees dat hulle nie almal op
dieselfde
dag
, t w Maandag 5 Februarie 1990, gemaak was nie. Die hof a quo se
gevolgtrekking is derhalwe ook verkeerd.
Gesien die gehalte en
strekking van die ander getuienis as dié van die klaer, en die
geloofwaardigheidsbevindings van die landdros,
kan dit na my mening nie in
onderhawige geval gesê word dat daar op die oorblywende getuienis bewys bo
redelike twyfel is van
appellant se skuld nie.
Die onreëlmatigheid in die onderhawige geval begaan is derhalwe nie
alleen wesenlik nie maar van so 'n ernstige graad dat, alles
in ag genome wat
hierbo uiteengesit is, daar 'n regskending was
75
en die skuldigbevinding (en gevolglik die vonnis ook) nie kan bly staan
nie.
Hierdie Hof sal derhalwe dit doen wat nodig is om reg te laat
geskied ongeag foutiewe houdings van appellant se regsverteen-woordigers
gedurende vorige fases van hierdie saak. Appellant se aansoek om verlof om 'n
verdere grond van appèl by te voeg by die bestaande
gronde moet gevolglik
toegestaan word en appellant se skuldigbevinding en vonnis moet ter syde gestel
word.
Die volgende bevele word derhalwe gemaak:
(1) Appellant se aansoek om 'n verdere grond van appèl by te voeg by
die bestaande gronde, word
toegestaan.
(2)
Die
appèl slaag,
en
(3)
Appellant se
skuldigbevinding en vonnis word tersyde
gestel.
MT STEYN AR
PJJ OLIVIER,AR: Stem saam
VIVIER AR:
Ek het die uitspraak van my kollega Steyn gelees maar,
vir
die redes wat volg kan ek met eerbied nie daarmee
saamstem nie.
Die verhoorlanddros het die getuienis van die klaer en
sy
werkgewers aanvaar en dié van díe
verdedigingsgetuies verwerp en
in hierdie verband sterk
geloofwaardigheidsbevindings gemaak.
Die vraag is of daar voldoende
grond bestaan om met daardie
bevindings in te meng. Die klaer, 'n
63-jarige bokwagter, is
deur die landdros as 'n baie eenvoudige en
ongesoGstikeerde man
en 'n eerlike en geloofwaardige getuie beskryf. Sy getuienis
was
dat hy op Maandag 5 Februarie 1990 deur die appellant op
die
plaas waar hy gewerk het, gehaal en na die aanklagkantoor
op
Barkly-Oos geneem is. Hy is daar aangehou en ondervra
in
verband met 'n aanklag van veediefstal en is op vier
verskillende
geleenthede deur die appellant erg aangerand. Die
appellant het
hom weer die middag van Woensdag 7 Februarie 1990 in die
3
omgewing van die plaas waar hy gewerk het, afgelaai en hy het uiteindelik
op Donderdag 8 Februarie 1990 weer op die plaas aangekom.
In die lig van die appellant se weergawe dat hy die klaer om ongeveer
tien oor sewe die Maandagaand weer teruggéneem en hom
in die omgewing van
die plaas afgelaai het, is die getuienis van sy werkgewer, mnr Stephen Harry
Getliffe, van deurslaggewende belang.
Uit sy getuienis is dit duidelik, meen ek,
dat op die stadium toe hy op Woensdag 7 Februarie 1990 vir Luitenant Wolmarans,
die stasie-bevelvoerder
van die polisie op Barkly-Oos, gebel het om navraag na
die ondersoek te doen, die klaer nog nie terug was op die plaas nie. Verder
sou
mens verwag dat, indien die klaer op daardie stadium reeds deur die polisie
teruggeneem was na sy huis, Wolmarans dit aan Getliffe
sou gesê het.
Wolmarans het egter, volgens Getliffe, niks van die aard gesê nie.
Getliffe
4
was die betrokke Donderdag by 'n veeveiling en die Vrydagoggend het hy
berig ontvang dat die klaer terug is by sy huis maar dat hy
beseer is en nie kan
loop nie. Hy het toe die klaer gaan haal en na die dokter geneem.
By
die aanvang van die verhoor van die appêl in hierdie Hof is namens die
appellant aansoek gedoen om die gronde van appêl
uit te brei deur te
betoog daí daar 'n wesenlike verskil is tussen die klaer se voorafgaande
polisieverklaring en sy getuienis
by die verhoor en dat sy versuim om die
verklaring vir kruisverhoor beskikbaar te stel 'n onreëlmatigheid in die
verrigtinge
daarstel. Die aansoek is deur die staat teengestaan. Die Hof se
beslissing oor die aansoek is voorbehou maar gerieflikheidshalwe
is toegelaat
dat die nuwe grond volledig geargumenteer word. Na my mening moet die aansoek
afgewys word omdat daar geen redelike
vooruitsig op sukses ten opsigte daarvan
is nie. (S v Safatsa and Others
5
1988(1) SA 868(A)op 877 B-F.)
Dit is 'n erkende praktyksreël dat 'n aanklaer verplig is
om
wesenlike afwykings tussen 'n getuie se
polisieverklaring en sy
getuienis onder die Hof se aandag te bring
en die verklaring vir
kruisverhoor beskikbaar te stel. 'n Versuim om
hierdie plig na te
kom is 'n onreëlmatigheid in die
verrigtinge. (S v Masinda en
'n Ander
1981 (3) SA 1157
(A) op 1162F-G; S v Xaba 1983
(3) SA 717 (A) op 728 H - 729 A en S v Kamte and Others
1992 (1) SASV 677 (A) op 680 g-j.) Oor die vraag van
wanneer
'n verskil as wesenlik beskou moet word, het Botha AR
die volgende gesê in S v Xaba, supra, op 729 G-H :
"Whether or not a discrepancy between the evidence of a State witness and
his previous statement to the police is sufficiently serious
to call for the
performance of the duty of disclosure by the prosecutor must therefore be
assessed in the context of the effect that
such disclosure and the
cross-examination following upon it might have on the credibility and
reliability of the witness. In my opinion
a discrepancy
6
is serious whenever there is a real possibility that the probing of it by
means of cross-examination could have an adverse effect
on the assessment by the
trial Court of the witness' credibility and
reliability."
ïn die huidige saak is daar op die
volgende verskille tussen die klaer se polisieverklaring en sy getuienis
gesteun.
1. In sy polisieverklaring sê die klaer dat twee polisiemanne hom op
die plaas kom haal het terwyl hy in sy getuienis sê
dat daar drie
polisiemanne was;
2. In sy polisieverklaring meld die klaer niks daarvan dat hulle op pad na
Barkley-Oos by die polisiestasie op Lady Grey aangedoen
het nie, terwyl hy wel
in sy getuienis daarvan praat;
3. In sy polisieverklaring meld die klaer nie dat hy die Maandagaand geboei
was in die vangwa waar hy geslaap het nie of dat hy die
Dinsdagaand geboei was
in die kantoor
7
waar hy geslaap het nie, terwyl hy getuig het dat hy op
beide
geleenthede geboei was; 4. Die klaer se
polisieverklaring en sy getuienis verskil in sekere
fyner besonderhede oor die aard van die aanrandings. So
meld hy nie in sy polisieverklaring dat hy sy bewussyn
verloor het by elke geleentheid toe hy elektriese skokke
toegedien is nie.
Die eerste van bogenoemde
verskille is 'n onbenulligheid; die tweede, derde en vierde is nie wesenlik nie
en die rede daarvoor is
klaarblyklik dat die verklaring nie so volledig soos die
getuienis is nie. Ek is gevolglik van mening dat die aanklaer nie verplig
was om
die polisieverklaring beskikbaar te stel vir kruisverhoor nie.
Wat die verdedigingsgetuies betref, is namens die appellant betoog dat 'n
inskrywing in sy sakboek tot die effek dat hy die Maandagaand
reeds die klaer
teruggeneem het, stawing vir sy
8
getuienis bied. Die inskrywing verskyn op fotokopieë van twee
bladsye van die appellant se sakboek wat hy sonder beswaar daarteen
by die
Verhoorhof ingehandig het. Geen verdere aandag is by die verhoor aan hierdie
aspek gegee nie. Die appellant het nie getuig
oor wanneer hy die inskrywing
gemaak het nie en dit is ook nie aan hom gestel dat die inskrywing vals is nie.
Die landdros verwys
nie na die inskrywing in sy uitspraak nie.
Die
algemene reël is dat vorige ooreenstemmende verklarings nie toelaatbaar is
nie. Sien R v Rose
1937 AD 467
op 473; S v Bergh
1776 (4) SA 857
(A) op 865 G.
In laasgenoemde saak het Rumpff HR die volgende omtrent die reël en die
uitsonderings daarop gesê :
"Die algemene reël is dat vorige ooreenstemmende verklarings nie
toelaatbaar is nie. Hoewel 'n vorige ooreenstemmende verklaring
hoorsê-getuienis kan wees, en daarom ontoelaatbaar, is dit waarskynlik
basies ontoelaatbaar
9
omdat 'n vorige verklaring 'n minimum bewyskrag het,
indien enige, ter bevestiging van wat die getuie in die hof
sê.
Daar is egter uitsonderings en Schmidt, op. c:t., bl 266,
stel dit soos volg:
'.... as die primêre rede vir ontoelaatbaarheid in gedagte gehou word
sal besef word dat dié gevalle nie 'n numerus clausus
uitmaak nie. Die
primêre rede vir ontoelaatbaarheid is dat die blote feit dat 'n verhaal by
meer as een geleentheid vertel
is (dat die getuie dus konsekwent was) nie
voldoende bewyskrag het nie. Maar daar is baie faktore wat bewyskrag voldoende
kan verhoog,
en indien so 'n faktor aanwesig is (al; val dit nie binne enige
reeds aanvaarde toelaatbaarheidskategorie nie) behoort die getuienis
toegelaat
te word' ".
Een van die uitsonderings op
die algemene reël is waar dit beweer word dat die getuie se weergawe 'n
versinsel is sodat sy konsekwentheid
in geskil geplaas word en die getuienis by
dié geskilpunt relevant is. Die getuienis dien dan as versterking van die
geloofwaardigheid
van die getuie. In die Bergh-saak het die feit dat die
betrokke verklaring afgelê is voordat 'n geskil ontstaan
10
het en in 'n stadium toe die getuie nog geen motief gehad het om 'n valse
bewering te maak nie, tot die toelating van die verklaring
bygedra (op 868 A-B
en 869 A-D).
Selfs indien in die huidige saak veronderstel word dat
die inskrywing in die sakboek toelaatbaar sou wees op grond van 'n aantyging
van
onlangse versinsel is dit, na my mening, in te veel onsekerheid gehul om as
relevant beskou te word. Die appellant het nie getuig
oor wanneer die inskrywing
gemaak is nie en uit die inskrywing self blyk dit dat dit op 'n later stadium
gemaak is. Alhoewel dit
verskyn voor die inskrywings ten opsigte van die Dinsdag
blyk dit ook nie wanneer laasgenoemde inskrywings gemaak is nie. Ek stem
gevolglik met die Hof a quo saam dat geen afleiding van die inskrywing gemaak
kan word nie.
Soos ek reeds aangedui het, het die landdros die appellant se getuienis
as vals verwerp. Sy getuienis lees swak en
11
onoortuigend. Hy het hom op meer as een aspek weerspreek soos bv wat die
besoek die Maandagmiddag aan die polisiestasie op Lady Grey
betref en die sluit
van die kantoordeure. Sy twee kollegas, Maartens en Gila, was opsigtelik
onbetroubare getuies. Beide het voorheen
skriftelike verklarings gemaak wat
lynreg van hul getuienis verskil het. Na my mening is daar geen gronde aangevoer
om met die geloofwaardigheidsbevindings
van die landdros in te meng
nie.
Ek sou die appél afwys.
W.
VIVIER AR.