S v Mthethwa (302/1994) [1995] ZASCA 120 (28 September 1995)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of firearms — Appellant convicted of possession of an AK-47 and ammunition — Appeal against conviction and sentence — Legal issue of ownership and knowledge of possession — Appellant denied knowledge of the firearm found under her bed, claiming it belonged to her boyfriend — Court found evidence of possession sufficient despite appellant's claims — Conviction upheld, sentence reduced.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 120
|

|

S v Mthethwa (302/1994) [1995] ZASCA 120 (28 September 1995)

Saaknr 302/1994
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
LINDIWE ELIZABETH MTHETHWA APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: JOUBERT, STEYN et F H GROSSKOPF, ARR VERHOOR: 18 Augustus 1995
GELEWER : 28 September 1995
UITSPRAAK
STEYN, AR
2
STEYN.
AR :
Appellant is op 23 Maart 1993 in die streekhof
skuldig
bevind aan besit van 'n AK 47
masjiengeweer en 29 patrone
daarvoor, ter oortreding onderskeidelik van artikels 32(l)(a) en
32(l)(e) van Wet 75 van 1969 ("die Wet"). Sy is gevonnis tot
6
jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar voorwaardelik vir 5
jaar
opgeskort is. Sy het teen haar skuldigbevinding en vonnis
geappelleer na die Transvaalse Provinsiale Afdeling wat op 23
Augustus 1993 haar appél teen haar skuldigbevindingvan die
hand
gewys het maar die vonnis verminder het na 4 jaar
gevangenisstraf
waarvan 2 jaar voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort is. Die
opskortingsvoorwaardes in albei gevalle was dat appellant nie
gedurende die íydperk van opskorting 'n oortreding pleeg
van
artikels 32(2) en 36 van die Wet nie. Daardie voorwaardes is
klaarblyklik verkeerd. Artikel 32(2), wat handel met die permit
genoem in art 31(1), het niks met die onderhawige oortredings te
3
make nie.
Die Transvaalse Provinsiale Afdeling het op 29 November 1993 verlof aan
appellant verleen om na hierdie Hof te appelleer teen haar
skuldigbevinding en
verminderde vonnis.
Die onbetwiste en erkende feite is die
volgende:
Om ongeveer 21.00 op Maandagaand,
7 Desember 1992, het sersant Joubert Nyakane ("Nyakane") en konst Ntjali, albei
van die Suid-Afrikaanse
Polisie, Benoni, by perseel 80 in die Emma Popeni
plakkerskamp, Daveyton, aangekom. Saam met hulle was 'n beriggewer en nog 'n
persoon
wat die beriggewer vergesel het. Nyakane was op soek na 'n AK 47
vuurwapen wat volgens die beriggewer daar was. Op die perseel was
daar twee
pondokke, "Zozos" in die omgangstaal van die plakkerskamp. (So'n pondok sal o.a.
na verwys word as 'n "Zozo".) Een was
toe
4
bewoon deur die okkupeerder van die perseel, John Ngoma, en sy vrou,
appellant se suster. Hul Zozo was bekend as die "Hoofhuis". Die
ander Zozo was
bewoon deur appellant en haar twee jong kinders van 10 en 11 jaar. Hulle het toe
reeds vir drie maande daar gewoon
en het van Kwa Thema afgekom. Appellant se
mansvriend, ene Dumezweni Dlamini, het haar gereeld in haar Zozo kom besoek. Hy
was 'n
huurmotorbestuurder wat soms lang ritte onderneem het en juis op Vrydag 4
Desember 1992 Natal toe vertrek het.
Appellant se Zozo is met 'n gordyn in twee vertrekke verdeel. Die een
vertrek was gebruik as kombuis en eetkamer en die ander as slaapkamer.
Daarin
was 'n bed wat bestaan het uit 'n matras op 'n onderstel met kort pote, 50-75 mm
(2-3 duim) lank.
5
Met hul aankoms daar het die beriggewer appellant se Zozo aan Nyakane
uitgewys as die een waarin die vuurwapen versteek sou wees.
Appellant was egter
toe nie tuis nie en haar Zozo was gesluit. Nyakane het hom toe na die ander
pondok gewend. Wat daarna gebeur
het is in geskil.
Nyakane, wat die enigste staatsgetuie was oor die gebeure in die
plakkerskamp daardie aand, se weergawe was soos volg: hy het Ngoma
en sy vrou
daar aangetref en vir Ngoma gevra wie in die ander Zozo op die perseel bly.
Dié het geantwoord dat "die vrou wat
daar woonagtig is, uit is." Op
daardie tydstip het appellant daar aangekom. Nyakane het haar gevra of hy haar
plek kan visenteer
want hy is op soek na 'n vuurwapen. Appellant het geantwoord
dat sy nie daar bly nie en het gesê dat sy met haar
6
kinders pas van Kwa Thema daar aangekom het. Nyakane het Ngoma geroep en
hom gevra wie die eienaar van daardie Zozo was. Ngoma het
in appellante se
teenwoordigheid gesê dat dit sy was. Appellant het Ngoma se woning toe
ingegaan, uitgekom met 'n sleutel en
die Zozo oopgesluit. Nyakane, appellant en
Ntjali het ingegaan. In appellant se teenwoordigheid het Nyakane die plek
deursoek, eers
die kombuis, en toe die slaapkamer, waarin hy mans-en vroueklere
gevind het. Toe hy appellant vra wie se klere dit is, het sy geantwoord
dat sy
nie weet nie omdat sy nie daar bly nie, maar in Kwa Thema. Tydens verdere
deursoeking van die slaapkamer het Nyakane die bed
opgetel en 'n AK 47
masjiengeweer met deels-gelaaide magasyn daaronder gevind. Daar was 28 patrone
in die magasyn en een in die kamer
van die
7
vuurwapen. Weens die feit dat die spasie tussen die bed se onderstel en
die vloer slegs 2 tot 3 duim is, was die vuurwapen en magasyn
onsigbaar voordat
die bed opgetel was.
Nyakane het appellant oor die vuurwapen en ammunisie uitgevra. Haar
antwoord was dat hy "die eienaar van die plek", John Ngoma, daaroor
moet vra. Hy
het appellant daarna arresteer en John Ngoma oor sy vonds gaan uitvra.
Dié het ontken dat hy enigiets weet van
die vuurwapen of ammunisie.
Nyakane het hom nietemin ook aangehou omdat appellant hom daarby betrek het. Hy
het hulle en die vuurwapen
met toebehore toe na die aanklagkantoor, blykbaar op
Daveyton, geneem,
Appellant en Ngoma is daar aangehou en die volgende dag oorgeplaas na die
polisieselle op Benoni. Gedurende
8
Woensdagmiddag, 9 Desember, het sers. W A Joubert ("Joubert") van die
Suid-Afrikaanse Polisie, Benoni, die betrokke polisiedossier
by die plaaslike
polisiestasie nagegaan en gemerk dat daar geen waarskuwingsverklaring deur die
appellant daarin was nie. Hy het
haar toe laat roep om so'n verklaring van haar
af te neem en haar behoorlik gewaarsku. Sy verdere weergawe is dat sy nie 'n
verklaring
wou maak nie. 'n Ruk daarna het sy egter uit haar eie aan hom
gesê dat sy niks van die vuurwapen af weet nie, dat sy nie weet
hoe dit
onder haar bed gekom het nie maar dat dit haar kêrel se vuurwapen is. Sy
het nie sy naam genoem nie maar het gesê
dat hy 'n huurmotorbestuurder is
wat werk vanaf die huurmotorstaanplek op Springs en dat die kanse goed is dat hy
daar gevind sal
kan word. Sy was bereidwillig om Joubert soontoe te
9
vergesel vir daardie doel. Ngoma, wat ook by hierdie onderhoud bygebring
is, het aan Joubert gesê dat hy weet hoe appellant
se kêrel en sy
voertuig lyk en dat hy, Ngoma, gewillig was om saam te gaan na Springs op soek
na hom. Joubert is toe met hulle
twee na die huurmotorstaanplek op Springs maar
appellant se kêrel was nie daar nie. Joubert het voorts getuig dat hy en
appellant
met mekaar op Afrikaans gepraat het, dat hulle mekaar verstaan het, en
dat konstabel Ndala wat ook teenwoordig was, daar en dan op
sy vraag bevestig
het dat appellant hom, Joubert, goed verstaan.
Gedurende kruisverhoor is dit aan Joubert gestel dat appellant ontken dat
sy enige herinnering van die gesprek met hom het. Daarna
is dit aan hom gestel
dat sy "nie 'n behoorlike rekolleksie" van hierdie insident het nie; dit is
egter nie gestel
10
watter "rekolleksie" daarvan sy wel het nie.
Die weergawes
van appellant en Ngoma, wat ook 'n verdedigingsgetuie was, verskil van
dié van die staatsgetuies en ook onderling
van mekaar. Haar weergawe is
die volgende: sy kom wel van Kwa Thema af maar het reeds 3 maande voor 7
Desember 1992 verhuis na die
betrokke Zozo in Emma Popeni, waar sy en haar twee
kinders sedertdien gewoon het. Die sleutel vir haar Zozo bêre sy in 'n
laai
van 'n kas in haar suster se woning op dieselfde perseel. Haar kêrel
Dumezweni Dlamini, 'n huurmotor-bestuurder, kuier gereeld
een keer per week by
haar en was laas daar op Dinsdag 1 Desember 1992. Daar is egter geen van sy
klere by haar nie.
Op die aand van 7 Desember 1992 was sy tuis maar het
11 sy op
'n stadium toilet toe gegaan. Op haar pad terug het sy twee polisievoertuie
buite haar woning sien staan. Sy is na die "hoofhuis"
waar sy vier persone in
die woning by haar suster en swaer aangetref het. Dié persone het
gesê hulle is polisiemanne.
Hulle het Ngoma toe uitgeneem en haar en haar
suster in die kombuis agtergelaat. Na 'n rukkie het huile Ngoma teruggebring en
Nyakane
het haar gevra vir die sleutel van haar woning. Sy het gevra of hulle
met "die eienaar van die perseel" gepraat het. Nyakane het
bevestigend
geantwoord en gesê dat hy, Ngoma, gesê het dat sy die sleutel het.
Sy het dit toe afgehaal van die kombuiskas
waarop dit gelê het. Nyakane
het haar daarna aan haar skouer by die pondok uitgetrek, haar sleutel gevat,
vooruit geloop en
haar Zozo oopgesluit. Die ander polisiemanne was toe
ook
12
daar. Hulle het almal saam met hom ingegaan. Een van hulie het 'n flits
gehad. Hulle het gesê hulle soek na 'n vuurwapen. Sy
het gesê daar
is geen vuurwapen in haar plek nie. Nyakane het by haar gestaan. Die ander het
die plek deursoek. Op 'n stadium
het Nyakane aan een van hulle gesê om
deeglik onder die bed te soek. Sy het nie "die seun" wat dit moes doen dopgehou
nie.
Sy het trouens met haar rug na die bed gestaan. Sy het gehoor "die seun"
sê "ja, hier is dit." Sy het nie gekyk om te sien
wat dit was waarna hy
verwys het nie, maar Nyakane het. Hy het haar toe gevra "wat is dit hierdie?" Sy
het gevra "wat?" Maar hy het
nie gesê nie en sy het ook nie gekyk wat dit
kon wees nie. Nyakane het haar toe begin slaan. Daarna het "hulle" haar
aangesê,
om nog 'n ander, kleiner, vuurwapen "uit te haal". Toe sy vra
watter een, antwoord
13
"hulle" dat dit die een is waarme Dumezweni Dlamini, 'n "operateur op die
lang afstand", die vorige dag (Sondag) op hulle geskiet
het daar by haar woning.
Sy het vir hulle gesê dat hy nie toe by haar was nie omdat hy soos
gewoonlik die Vrydag reeds op 'n
rit vertrek het. "Hulle" het geantwoord dat sy
lieg, en dat dit Dlamini was wat op hulle geskiet het toe hulle in 'n voertuig
was.
Sy het dit ontken. Sy het getuig dat sy daardie aand nie geweet het dat dil
'n vuurwapen was wat onder haar bed gevind was nie, dat
die polisie dit nie toe
aan haar getoon het nie en dat sy hulle nie na Ngoma verwys het nie. Die
vuurwapen is eers op Daveyton aan
haar getoon en dit was toé eers dat sy
besef het wat onder haar bed na bewering gevind sou gewees het. Sy was egter nie
bewus
van enige vuurwapen onder haar bed nie omdat sy selde daaronder
14
skoon gemaak het. Sy weet glad nie wie se vuurwapen dit is wat op
Daveyton aan haar getoon is nie.
Appellant het oor daardie aand ook
getuig dat die polisie haar nooit gevra het wie die eienaar van die betrokke
Zozo is nie. Sy het
egter wel aan hulle gesê dat sy van Kwa Thema
afkomstig is. Sy het dit gesê nadat sy aan hulle gesê het hoe lank
sy reeds op Ngoma se perseel bly en hulle haar toe gevra het waar sy voorheen
woonagtig was.
Oor Joubert het appellant gesê dat sy nie meer kan onthou in watter
taal hy met haar gepraat het nie. Sy het egter deurgaans
Zoeloe gepraat, maar
deur middel van 'n swart polisieman wat as tolk opgetree het. Sy het nie
suggereer dat hulle mekaar nie goed
kon verstaan nie. Sy het ontken dat sy aan
Joubert gesê het
15
dat die AK 47 aan haar vriend behoort het, en het inteendeel beweer dat
dit hy was wat aan haar gesê het dat hulle weet dit
is Dlamini s'n en dat
sy ook so moet sê. Sy het geantwoord dat dit nie Dlamini se vuurwapen was
nie, en dat sy hom nog nooit
in besit van 'n vuurwapen gesien het nie. Joubert
het egter volgehou dat dit Dlamini se vuurwapen was, dat daar "'n geveg by die
taxi-mense" was en dat sy Dlamini aan hulle moet gaan uitwys. Daarop het Joubert
haar na die huurmotorstaanplek op Springs geneem
vir daardie doel. Sy het egter
nooit enige verduideliking gegee waarom dit namens haar aan Joubert tydens
kruis-ondervraging gestel
was dat sy nie die gesprek met hom kan onthou nie. Sy
het verder gedurende haar getuienis weereens gesê dat sy nie weet wie
se
vuurwapen onder haar bed gevind is nie omdat sy dit nie gesien
16
het nie en dit nie in haar woning aan haar getoon is
nie.
John Ngoma was, soos reeds gemeld, 'n verdedigingsgetuie. Hy
sou oorspronklik 'n staatsgetuie wees maar appellant se advokaat het
met hom
gekonsulteer onwetend dat dit die geval was. Die Staat het hom daarna as getuie
aan die verdediging beskikbaar gestel. Sy
weergawe was dat hy tuis was op die
aand van 7 Desember 1992, toe die polisie by sy woning aangeklop en ingekom het.
Sy vrou en appellant
was toe ook daar. Sy vrou het geslaap, maar appellant was
in die kombuis. Sy was vroeër toilet toe, maar was reeds terug toe
die
polisie opdaag. Die polisie het hom uitgeneem na appellant se woning en gevra
waar die sleutel daarvan is. Hy het geantwoord
dat sy sleutel nie daar kan
oopsluit nie, en dit was bevestig toe een van die polisie dit probeer
17
doen het. Hy is toe gevra wie in daardie Zozo woon en hy het gesê
appellant. Op hulle verdere vraag waar sy is, het hy geantwoord
dat sy in die
kombuis van sy woning is. Daarop is hulle terug na sy plek. Appellant was nog
steeds in die kombuis. Hulle het haar
gevra om saam met hulle te gaan en gevra
waar die sleutel van haar woning was. Ngoma het nie geweet waar dit was nie maar
het gesien
dat sy haar hand voor by haar bors insteek. Sy is uit saam met die
polisie. Hy wou hulle volg maar is deur hulle gekeer en aangesê
om tuis te
bly. Hy het dit gedoen. Later die aand is hy ook aangehou en saam met appellant
weggeneem, sy in een polisievoertuig en
hy in 'n ander.
Ngoma het voorts getuig dat hy Dlamini ken as appellant se
"vrykêrel", dat hy 'n "taxidrywer" is, dat hy hom soms
18
een keer per week en soms twee keer op sy perseel sien, dat Dlamini vir
appellant daar kuier as hy alleen kom en dat hy op die vorige
Donderdag laas
daar was. Hy was toe alleen, en was saam met appellant in haar Zozo. Op die
Dinsdag van daardie week het hy Dlamini
nie daar gesien nie. Hy is saam met die
polisie na die huurmotorstaanplek op Springs op soek na Dlamini maar kon hom nie
kry nie.
Die rede waarom na Dlamini gesoek was, is omdat die polisie wou weet
met wie appellant in haar Zozo gebly het. Sy het aan huMe gesê
Dlamini is
haar vrykêrel en hulle het toe besluit om na hom te gaan soek.
Ngoma het erken dat hy twee keer aan die polisie gesê het dat die
ander Zozo appellant s'n is. Die eerste keer voordat hulle
hom gevra het daaroor
en die tweede keer toe hulle hom op
19
pad terug na sy woning gevra het wie daarin bly. Daarop volg
dié
passasie in sy getuienis:
"
Hof
": Nou maar wat het nou (daartoe) aanleiding gegee dat hulle
jou die tweede keer vra wie daar woon? ... Die rede hoekom hulle my gevra
het is
dat my sleutel kan nie daardie Zozo oopsluit nie."
Die verhoorhof het bevind dat Nyakane 'n goeie getuie
was, maar was nogtans attent daarop dat hy 'n enkel getuie was
ten
aansien van die gebeure in die plakkerskamp op die aand van 7
Desember. Die hof het nietemin sy getuienis daaroor aanvaar en
dié van appellant en Ngoma verwerp waar dit met sy
weergawe
gebots het. Die verhoorhof het dit gedoen na 'n breedvoerige
oorweging van hulle respektiewe relase en van die
waarskynlikhede
wat daarmee verband hou. Na my oordeel is daar geen goeie
20
gronde om met daardie bevinding in te meng nie.
Op appellant
se eie getuienis was Nyakane en sy geselskap reeds by Ngoma voordat sy van die
toilet teruggekeer het. Sy het die twee
polisievoertuie voor haar Zozo opgemerk.
Daarop weerspreek sy vir Ngoma. Haar weergawe hiervan ondersteun Nyakane dat hy
reeds by
Ngoma was voordat sy daar was. Dit is waarskynlik dat toe appellant by
hulle aangesluit het, daar reeds 'n gesprek tussen Ngoma en
Nyakane was, soos
deur laasgenoemde getuig. Daar is ook die onderlinge weerspreking tussen
appellant en Ngoma oor waar die sleutel
van haar Zozo was, maar dit is onnodig
om verder met verskille tussen hul weergawes te handel.
Ngoma erken dat hy twee keer daardie aand aan Nyakane gesê het dat
die ander Zozo op die perseel appellant s'n is.
21
Daarop steun hy vir Nyakane. Sy rede waarom hy dit 'n
tweede
keer gedoen het is egter vergesog. Ek stem saam met
díe volgende
kommentaar en gevolgtrekking deur die
verhoorlanddros
daaraangaande in sy uitspraak op die meriete (sy uitspraak):
"Ngoma erken dat hy twee maal vir die polisie gesê het dat beskuldigde
die huis bewoon. Die eerste keer kon hy duidelik identifiseer
maar die tweede
keer het hy taamlik kleigetrap waarom dit nou vir hom nodig was om vir die
polisie 'n tweede maal te sê dat
die beskuldigde daardie huis bewoon.
Tewens, sy getuienis is so vaag dat die hof nou nog nie weet waarom hy 'n tweede
maal vir die
polisie moes sê dat die beskuldigde die huis bewoon nie. In
die lig van die waarskynlikhede is die polisie se getuienis korrek
dat hy 'n
tweede maal gevra was omdat die beskuldigde ontken het dat sy die huis
bewoon."
Appellant se voormelde ontkenning het
trouens
onmiddellik gevolg op Nyakane se mededeling aan haar dat hy haar
Zozo vir 'n vuurwapen wou deursoek. Volgens Nyakane het
22
appellant weer ontken dat sy daar woon toe sy ondervra was oor
die
mans- en vroueklere wat in die slaapvertrekke gevind
is.
Haar ontkenning dat sy die vuurwapen gesien het
toe
dit gevind was of dat dit daar deur die
polisie aan haar getoon is, is
so vergesog dat dit totaal onaanvaarbaar en klaarblyklik vals
is.
Haar erkenning dat sy aan Nyakane gesê het dat sy van Kwa
Thema
kom, is stawing vir Nyakane se weergawe, maar haar rede vir die
vermelding daarvan is eweneens vergesog. In sy uitspraak het die
verhoorlanddros die volgende hieromtrent gesê:
"Hierteenoor getuig die beskuldigde en Ngoma dat sy wel gevra was waar sy
woon, maar sy het nou gesê sy kom van Kwa Thema af
maar sy woon alreeds
drie maande in daardie plek en sy het probeer voorgee dat Nyakane sou belangstel
waar sy nou drie maande tevore
gewoon het. Weereens verstaan ek nie hoekom
Nyakane dit sou wou weet waar sy die afgelope drie maande woon nie. Hy is
gemoeid met
die hier en
23
nou, nie met haar familiegeskiedenis nie. Dit is gemeensaak dat sy van Kwa
Themba af kom. Waar sou Nyakane aan daardie inligting kom?
In die lig van die
waarskynlikhede is Nyakane se getuienis in hierdie verband verkieslik bo
dié van die beskuldigde en haar
getuie."
Ek stem
saam met die landdros se voormelde kommentaar en
gevolgtrekking.
Daarbenewens is appellant se bewerings dat
Nyakane
haar by Ngoma se woning uitgesleep
het en later in haar Zozo
geslaan het, nooit tydens kruisondervraging aan Nyakane gestel
nie.
Daardie versuim is nie deur of namens haar opgeklaar nie.
By die beoordeling van appellant se skuld of onskuld
is Joubert se getuienis van kardinale belang. Indien dit as die
waarheid aanvaar word, is dit duidelik dat appellant inderdaad
bewus was van die vuurwapen onder haar bed en dat dit aan
24
behoort het. Alhoewel sy nie Dlamini se naam aan Joubert genoem het nie,
is dit duidelik dat dit hy was waarna sy verwys het. Op die
getuienis was hy die
enigste mansvriend wat sy destyds gehad het.
Die landdros het weliswaar in sy uitspraak Joubert se getuienis
breedvoerig uiteengesit sowel as appellant se weergawe van die gesprek
met hom,
maar het geen geloorwaardigheidsbevinding ten aansien daarvan gemaak nie. Dit is
'n redelike ernstige versuim. 'n Hof van
appèl verwag van 'n verhoorhof
dat dit die feitebevindings daarvan en die hof se redes daarvoor moet verstrek.
Vide
:
S v Guess
1976 (4) SA 715
(A) op 718E - 719 A.
Na my mening bevind hierdie Hof hom nou wesenlik
25
in dieselfde posisie as dié waar die geloofwaardigheidsbevindings
van 'n vehoorhof om een of ander rede ignoreer moet word,
nl om tot 'n eie
bevinding te raak op die betrokke getuienis soos dit voorkom in die notule van
die verrigtinge. Vgl:
S v Rall
1982 (1) SA 828
(A) op 834 E - G.
Só benader is ek van oordeel dat Joubert se getuienis aanvaar en
dié van appellant verwerp moet word.
Appellant se uiteindelike bewerings is nooit aan Joubert gestel nie. Sy
het sonder enige verduideliking haar standpunt ingrypend verander
van dié
van 'n onvermoë om die gesprek tussen haar en Joubert te onthou tot
dié van 'n vermoë om daardie
gesprek in detail te kan weergee. Dit
is gemeensaak dat sy en Joubert na die huurmotorstaanplek op Springs gegaan het
op soek na
haar
26
mansvriend, Dlamini. Joubert was 'n vreemdeling tot die geval. Hy het
trouens aan 'n ander afdeïing van die polisie behoort as
Nyakane, en het op
dieselfde middag as dié waarop hy, appelïant en Ngoma na Springs
gegaan het, die dossier vir die eerste
keer onder oë gehad. Hoe sou hy van
appellant se mansvriend geweet het as appellant hom nie vertel het nie? En
waarom sou Joubert
vir hom op Springs wou gaan soek as appellant haar vriend nie
in verband gebring het met die AK 47 nie? Appellant se selfweersprekende
weergawes en die waarskynlikhede wat met hierdie gebeure verband hou, dui na my
oordeel onteenseglik daarop dat Joubert die waarheid
vertel en appellant die
onwaarheid. Joubert se getuienis moet gevolglik aanvaar word. Daarvolgens het
appellant geweet dat die AK
47 onder haar bed versteek was en deur Nyakane
daar
27
gevind was, en het sy geweet dit behoort aan Dlamini.
Die
waarskynlikhede dui na my mening so oorweldigend daarop
dat
Dlamini met appellant se medewete en toestemming die wapen en
ammunisie onder haar bed versteek het en daar deur haar namens
hom versteek is vir latere gebruik, dat daar geen redelike
twyfel
daaroor kan wees nie.
In die woordomskrywingsartikel (art 1) van die Wet,
soos gewysig, beteken "besit" ook "bewaring", en het "besit" in
werkwoordelike sin dieselfde betekenis. In HAT (derde hersiene
uitgawe, 1994) beteken "bewaar" o.m. die volgende:
"(1) sorg vir, onder toesig neem, opberg. (4) wegbêre vir later
gebruik op so'n wyse daí dit nie bederf nie."
"Bewaar" en "besit" is albei doelgerigte begrippe en
28 verg
kennis van dit wat bewaar of besit word. Sodanige kennis is gevolglik 'n
voorvereiste vir 'n oortreding van artikels 32(l)(a)
en 32(l)(e)van die
Wet.
Weens appellant se valse ontkenning aan Nyakane dat sy in die betrokke
Zozo woon, haar leuenagtige getuienis aangaande die vonds van
die vuurwapen en
ammunisie en oor die ander gebeure in haar slaapkamer, en haar mededeling aan
Joubert, is dit na my oordeel bo redelike
twyfel bewys dat sy die vereiste
kennis gehad het. Appellant het gevolglik op albei voormelde betekenisse van
"bewaar" die vuurwapen
namens Dlamini bewaar, en was sy derhalwe vir doeleindes
van die Wet in besit daarvan.
Op die tereg aanvaarde getuienis is appellant se skuld na my mening bo
redelike twyfel bewys en is dit gevolglik onnodig
29
om 'n beroep te doen op enige hulpmiddel vir daardie
doel.
Die landdros het weliswaar die betrokke vermoede-skeppende
artikel van die Wet (art 40(1)) ten volle in sy uitspraak aangehaal, maar
hom
nie in soveel woorde daarop beroep nie. Die wyse waarop hy slegs op die
getuienis gesteun het sonder enige verdere vermelding
van die vermoede is 'n
sterk aanduiding dat hy by sy uiteindelike bevinding nie daarop gesteun het
nie.
Hoe dit ookal sy, is dit, soos reeds gesê, weens die aard, gehalte
en omvang van die getuienis opsigself, bo redelike twyfel
bewys dat appellant
skuldig is aan die misdade haar ten laste gelê en 'n beroep op die
voormelde vermoede was en is gevolglik
onnodig. Dit is derhalwe ook onnodig om
te handel met die moontlike ongrondwetlikheid al dan nie van die vermoede
geskep
30
by art 40(1) van die Wet.
Vide
:
S v Zuma and Others
[1995] ZACC 1
;
1995
(4) BCLR 401
(CC) op 421 I - 422 E. en
Metu teen Die Staat
:
Appèlhof, 28 Augustus 1995.
Wat die vonnis betref, het die
Transvaalse Provinsiale Afdeling reeds in ag geneem dat appellant hoogs
waarskynlik nie die vuurwapens
vir eie gebruik daarvan onder haar bed versteek
of laat versteek het nie, maar dit slegs vir Dlamini daar bewaar het. Daarom het
daardie hof die vonnis dienooreenkomstig verminder tot haar voordeel. Appellant
se misdrywe is nietemin steeds van 'n baie ernstige
aard. As sy so'n moordwapen
vir iemand anders wil bewaar, al is dit vir haar minnaar, moet sy die gevolge
daarvan dra. Die verminderde
vonnis is na my oordeel geensins onvanpas nie.
Appellant verdien geen verdere verligting van haar vonnis nie.
31
Die opskortingsvoorwaarde moet egter reggestel word. Die volgende bevele
word gemaak:
(1) Die appél word van die hand
gewys.
(2) Die opskortingsvoorwaarde van die opgelegde vonnis word egter gewysig
deur die verwysing daarin na art 31(2) van Wet no 75 van
1969 te skrap en te
vervang met 'n verwysing na arts 31(l)(a) en 31(l)(e) van gemelde
Wet.
MT STEYN. AR
JOUBERT, AR)
stem saam F H GROSSKOPF, AR )