Ongevallekommissaris v Olivier (317/94) [1995] ZASCA 116 (26 September 1995)

73 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Workers' Compensation — Eligibility for benefits — Definition of "accident" under the Compensation for Occupational Injuries and Diseases Act — Employee injured while retrieving children for mandatory work-related event — Appellant's denial of benefits based on claim that incident was not work-related — Court held that injury occurred in the course of employment as attendance at event was compulsory for employee — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1995
>>
[1995] ZASCA 116
|

|

Ongevallekommissaris v Olivier (317/94) [1995] ZASCA 116 (26 September 1995)

CG SAAKNOMMER: 317/94
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak
van:
ONGEVALLEKOMMISSARIS Appellant
en
ISABELLA ANNA OLIVIER Respondent
CORAM
: E M GROSSKOPF, VIVIER, VAN DEN HEEVER, HARMS et OLIVIER ARR
AANGEHOOR
: 21 SEPTEMBER 1995
GELEWER
: 26
SEPTEMBER 1995
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Die Weermag reël selfs sy amptelike sosiale aangeleenthede
militêr-presies. Aan die begin van elke jaar word jaarbeplanners
opgestel
en aan eenhede uitgereik wat lede inlig "met betrekking tot aktiwiteite waar
bywoning vereis word". Onder toepaslike kolom-kopskrifte
van "datum,
"aktiwiteit" en "lede betrokke" het die jaarbeplanner uitgereik deur die
bevelvoerder van die Kommandement Oostelike
Provinsie vir 1989, voorgeskryf dat
8 Desember geoormerk is vir die Kersfeesboomfunksie wat bygewoon moes word deur
"Kersfeesboom-komitee
en -lede".
Stafsersant Olivier, assistent-betaalmeesterby die Kommandement, was
dié oggend sedert 7h45 soos gewoonlik aan diens. Met toestemming
van haar
bevelvoerder is sy om 10h00 na haar huis toe om haar kinders te gaan haal vir
hierdie amptelike jaareind-funksie. Op pad
terug het 'n minibus haar verbygery
en voor haar ingesny om 'n afrit te neem. Toe sy rem het haar voertuig gegly. Sy
het beheer verloor,
teen 'n boom gebots, en is so ernstig beseer dat sy na 'n
lang verblyf in die hospitaal
3
en etlike operasies nooit so ver herstel het dat sy weer haar werk kon
voltyds hervat nie. Sy is mettertyd op pensioen geplaas.
Die
Ongevallekommissaris het beslis dat sy nie geregtig is op voordele ingevolge die
Ongevallewet nr 30 van 1941 ("die Wet") nie.
Haar beswaar ingevolge a 25 teen
hierdie beslissing is na aanhoor van getuienis, van die hand gewys. Geen
kostebevel is gemaak nie.
Op appèl ingevolge a 25(7)(b)(l) van die Wet na
die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof, is haar beswaar met koste
gehandhaaf
en die saak na die Ongevallekommissaris terugverwys om die bedrag van
die vergoeding waarop sy geregtig sou wees, te bepaal. Verlof
is egter verleen
dat hy in hoër beroep na hierdie hof kom ten aansien daarvan of sy vir
vergoeding kwalifiseer aldan nie.
Die feite is nie in gedrang nie, slegs of daardie feite die insident
waarin hierdie "werksman" so erg beseer is, bring binne die kader
van ongevalle
wat uit haar diens en in die loop daarvan plaasgevind het.
Die feite kan so opgesom word:
4
Die Weermag se siening was dat sy beseer is aan diens: sy was "op
pad
om 'n amptelike georganiseerde funksie by te
woon".
Lede was verplig om maandeliks 'n minimum van R5 per kind by
te dra
tot die Regimentsfonds (wat dan rand vir rand voorsien het)
vir geskenke,
vir hierdie Kersfunksie.
Die Weermag probeer om die hele gesin van Staandemaglede te
betrek
by sekere eenheids-aktiwiteite, ter wille van moraal-bou.
Daar kon dissiplinêr uit hoofde van artikel 14 van die Reglement
van
Dissipline (wat voorsiening maak ten opsigte van "afwesig van 'n
plek
van parade") teen stafsersant Olivier opgetree gewees het indien sy
dit
nie bygewoon het nie; hoewel daar natuurlik nie opgetree kon
gewees
het direk teen kinders wat die funksie nie bygewoon het nie, of teen
haar
sou die kinders nie opdaag nie.
Die funksie is altyd gereël om in werkstyd plaas te vind "aangesien
dit
nie paslik is om (dit) na ure vir die kinders aan te bied nie"; en
ouers
moes daar wees om beheer oor hul kleingoed uit te oefen.
5
Ouers is dan ook toestemming verleen om hul kinders betyds in die
loop
van die dag te gaan haal.
Hoewel daar 'n
militêre voertuig aan haar toegesê is vir gebruik in
die
vervulling van haar pligte, was daar 'n tekort aan sulke
voertuie en moes
sy dit met drie ander seksies deel. Die gevolg was
dat sy dikwels haar
privaat voertuig gebruik het om byvoorbeeld na
die bank te gaan. Sy het
hierdie dag ook met haar privaat voertuig
gery om haar kinders te gaan
haal.
Die gronde waarop die Ongevallekommissaris en sy
assessore
bevind het dat die voorval waarin respondent
beseer is nie voldoen aan
die beskrywing van 'n "ongeval" soos gedefinieer in a 2 van die Wet
nie,
het hy as volg gelys:
"1. Ten tyde van die ongeluk was sy, met haar werkgewer se toestemming,
met 'n vrywillige aksie (wat nie met haar diens verband gehou
het nie)
besig.
2.
Haar werkgewer
kon nie aan haar opdrag gegee het om die kinders te gaan haal
nie.
3.
Dáar is slegs
deur haar werkgewer van haar verwag om die kinders by die kersboomfunksie
teenwoordig
6
te hê, aangesien sy nie vooraf vir hulle afwesigheid verskoning
gemaak het nie."
Die Weermag se houding blyk uit die getuienis van
Adjudant-
Offisier von Brakel - in taal die betekenis
waarvan duidelik is hoewel die
formulering dalk nie akademies is
nie. "Toestemming" hou blykbaar
heelwat druk in:
"Die kind is 'n deel van die Kersfees funksie, die kind is 'n deel van
die reglementfonds, waar ook die weermag - die motivering,
wat is dit? - die
motiveringsbeleid van die soldaat self, dit is deel van die motiveringsplanne
van die soldaat self, dat die kind
en die vrou by weermagaangeleenthede betrokke
gewees het en dit word verwag van 'n weermaglid om sy kind daar te
kry."
(Cf
Western Platinum Limited v Santam Insurance Ltd
1994 (1) SA
480
(W) 485D-488A en veral 487 I.) Sersant Olivier het haar die oggend aangemeld
vir diens, die funksie was gedurende werksure en bywoning
daarvan was vir haar
verpligtend. Dat dit inhou dat sy haar kinders sou gaan haal, was vir hom 'n
vanselfsprekende insident van die
nakom van daardie plig.
7
Ek meen dat hy - en die hof a quo - hierin gelyk gegee moet word. Die
jaarlikse funksie is juis primêr gerig op kinders, nie
volwassenes nie.
Geskenke by die kersboom is vir kinders, nie volwassenes nie. Dat die funksie
verpligtend is vir volwassenes, nie
vir hul kinders nie, is onvermydelik. Die
enigste praktiese manier waarop die weermag kan verseker dat gesinne, wat die
teiken van
die moraalbou-oefening is, die funksie bywoon, (dus dat
weermagkinders tesame met hul weermagouers die funksie bywoon) is juis om
dit
verpligtend te maak vir die ouer(s) wat lede is van die weermag en bydra tot die
weermagfonds wat op sy beurt bydra tot hul kinders
se kersboomgeskenke, om die
funksie by te woon. Waar albei ouers, soos in hierdie geval, lede van die
weermag was; daar geen voorsiening
gemaak is daarvoor nie dat kinders
vroeg-oggend saam met Ma of Pa kan werk toe kom en op weermagperseel versorg
word en nie lastig
wees nie totdat Vader Krismis opdaag; die funksie gereël
is om gedurende werksure plaas te vind omdat kleuters deel van die
primêre
trekpleister
8
is om die gesin daar te kry, en normaalweg na werksure belangrike dinge
het om te doen, soos eet en gebad word en gaan slaap; is dit
voor die hand
liggend dat dit noodsaaklik is, nie slegs wenslik nie, dat kinders op een of
ander wyse van die huis na die funksie
sou moes kom. Sonder kinders sou hierdie
jaarlikse funksie nooit beplan of gehou word nie en derhalwe hierdie besondere
moraalbou-oefening
deur die weermag nooit ingestel gewees het nie. Volgens die
onweerlegde getuienis van A/O von Brakel was sersant Olivier se optrede
om haar
kinders te gaan haal dus minstens 'n daad waardeur sy "vir die doeleindes van en
in verband met (haar) werkgewer se besigheid
... gehandel het" - (A 27(2)) -
sodat geag word dat haar ongeluk plaasgevind het beide uit en in die loop van
haar diens.
Soos dié sub-artikel reeds toon, sprei die vlerke van die statuut
wyd. As verdere voorbeelde - ten aansien van lede van die
Staande Mag, word juis
diegene wat nie militêr aangewend word nie, regte in terme daarvan gegun
(a 3(2)(a)(ii); so ook persone
wat in terme van die
9
gemenereg geen reg op vergoeding as afhanklike sou gehad het nie (a
4(l)(b) en (f)). Vergoeding is betaalbaar in sekere gevalle selfs
al was die
werkman se besering veroorsaak deur sy eie growwe nalatigheid (A 27(l)(b)). Daar
is geen rede nie waarom die statuut eng
uitgelê behoort te word of om te
verskil van die gemotiveerde mening van die hof a quo dat vanweë die
bepalings van a
27(2), die Ongevallekommissaris fouteer het om respondent se
beswaar af te wys. Bowendien het die insident na my mening in elk geval
gekwalifiseer as 'n ongeval wat per se gespruit het uit haar diens en in die
loop daarvan. Was sy nie lid van die weermag nie sou
sy nie verplig gewees het
nie om die kersfunksie by te woon waar verwag is dat haar kinders ook moet wees.
Was sy nie die oggend
aan diens gewees nie sou dit nie nodig gewees het dat sy
hulle gaan haal nie.
Die advokate was dit eens dat die hof a quo waarskynlik die
Ongevallekommissaris se kostebevel - of gebrek daaraan - oor die hoof
gesien
het, (vermoedelik omdat die saak na hom terugverwys is om
10
quantum te bepaal) en dat dit wenslik is dat daar dáároor
sekerheid is sou die appèl van die hand gewys word.
Die appèl word van die hand gewys, met koste. Appellant moet die
respondent se koste van die verrigtinge tot dusver voor die
Ongevallekommissaris
ook betaal.
L VAN DEN HEEVER AR STEM SAAM:
E M GROSSKOPF AR) VIVIER AR) HARMS AR) OLIVIER AR)