S v Nkabinda (375/91) [1992] ZASCA 232 (27 November 1992)

53 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of imprisonment for drug-related offences — Appellant, a 35-year-old woman, pleaded guilty to dealing in 750 grams of dagga, was sentenced to 48 months' imprisonment, with 20 months suspended. On appeal, the sentence was reduced to 12 months' imprisonment, with 18 months suspended. The court considered the nature of the offence, the appellant's personal circumstances, and the legislative context regarding drug sentencing. The appeal court held that direct imprisonment was not appropriate given the mitigating factors, including the appellant's lack of prior convictions and her socio-economic circumstances, and replaced the sentence with 18 months' imprisonment, suspended for five years.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 232
|

|

S v Nkabinda (375/91) [1992] ZASCA 232 (27 November 1992)

CG SAAKNOMMER: 375/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
In die saak van:
EUNICE NKABINDA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM: HEFER, F H GROSSKOPF et VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 23
NOVEMBER 1992
GELEWER
: 27 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Appellant, 'n 35-jarige vrou, het op 16 Augustus 1989 in die Hillbrow
landdroshof skuldig gepleit en is skuldig bevind daaraan dat
sy op 15 Augustus
1989 handel gedryf het in 750 gram dagga ter oortreding van a 2(a) van Wet 41
van 1971. In ondervraging deur die
hof het sy erken dat sy twee
vuurhoutjiedosies vol dagga aan Tshabalala verkoop het vir R2,50 stuk en met die
res ook wou handeldryf.
Na skuldigbevinding is borg aan haar toegestaan en die
saak uitgestel vir vonnis na 6 Oktober, toe dit geblyk het dat sy geen vorige
veroordelings het nie.
Die betoë ten aansien van vonnis is so deur
die landdros aangeteken:
"BESKULDIGDE
Vra nie 'n swaar straf nie. Daar is geen verskoning vir die daad nie. Ek voel
skaam. Ek verdien R150 per maand. 5 Kinders Man werk
nie. Kinders woon in Natal.
Ek het R800 borg betaal en nog R150 by my. Ek verkoop sedert begin Augustus
dagga. Ek het probeer geld
bymekaar maak om huis toe te stuur. Weet is
onverskoonbaar. STAATSAANKLAER M.B.T. VONNIS
Ernstige misdaad. Kom baie voor. Veral in hierdie omgewing.
Aansienlike hoeveelheid
3
dagga. Vra gevangenisstraf."
Die landdros het haar
gevonnis tot 48 maande gevangenisstraf waarvan 20 maande opgeskort is "vir 5
jaar op voorwaarde beskuldigde
word nie skuldig bevind aan oortreding a 2(a) of
2(b) Wet 41/1971 gepleeg gedurende opskortingstermyn en waarvoor sy tot meer as
6 maande gevangenisstraf gevonnis word met of sonder die keuse van 'n
boete".
In sy redes vir vonnis het die landdros beklemtoon dat handeldryf in
dagga 'n ernstige oortreding is en dat die misdryf op groot skaal
voorkom.
Op appèl na die Witwatersrandse
Plaaslike
Afdeling is die vonnis op 7 Desember 1990
verminder na
12 maande gevangenisstraf plus 18 maande gevangenisstraf
opgeskort vir dieselfde tyd en op dieselfde voorwaardes
as deur die landdros bepaal. Die rede vir inmenging met
die landdros se vonnis was die
"disparity in the sentence imposed by the magistrate and the
sentence that I would have
4 imposed as a court of first instance", inagnemend die appellant se berou en
die rede waarom sy in die daggahandel betrokke geraak
het.
Die appêl in
hierdie hof gaan uitsluitlik daaroor of gevangenisstraf 'n gepaste vonnis was,
en of 'n poging aangewend behoort
te gewees het om appellant buite die
gevangenis gepas te laat boet vir haar oortreding.
Die betrokke wetgewing
soos dit in 1971 gelui het, was drakonies. Betekenisse is aan woorde toegedig
wat geen woordeboek sou aangee
nie. Die swaar verpligte vonnisse het dikwels
uitgeloop op onbillikheid, veral omdat geen onderskeid gemaak is tussen dagga
wat vir
eeue al in Afrika gebruik is, en meer moderne, vervaardigde, gevaarliker
dwelmstowwe nie. Die onbillikheid is mettertyd getemper,
ook deur erkenning in
Wet 76 van 1978 dat dagga-oortredings op 'n ander grondslag behandel kan word as
dié waarby gevaarliker
stowwe betrokke is. Dat die bepaling wat
dié onderskeid
5 maak in 1986 herroep is, was omdat dit nie langer
nodig was nie: die voorskrifte wat die howe se diskresie ten opsigte van vonnis
aan bande gelê het, het weggeval. Ondanks die gedeeltelike herinstelling
daarvan deur Wet 78 van 1990 (gedeeltelik, omdat die
aard van die straf wat vir
handeldryf opgelê kan word voorgeskryf word, sonder dat 'n verpligte
minimum bepaal word) het die
howe vandag 'n diskresie wat vir praktiese
doeleindes ongebonde is ten aansien van vonnis. Elke veroordeelde kan gestraf
word met
behoorlike inagneming van die besondere feite van die geval. Dit net
terloops, want die oortreding in die onderhawige saak is gepleeg
voor die
inwerkingtreding van die 1990 Wet.
Die landdros het, ter ondersteuning van sy redes dat appellant 'n ernstige
oortreding begaan het, onder meer op
S v GIBSON
1974 (4) SA 478
(A) 481
gesteun. Daar het Holmes AR, na verwysing na die wetgewer se oogmerke en die
kwaai verpligte vonnisse wat voorgeskryf is,
op bl 481 H gesê het dat "a
supplier for
6
gain may in general be regarded as a vicious person who
needs to be put
down". In die onmiddellik
daaropvolgende passasie wys hy egter juis daarop
dat die
destyds verpligte vonnisse kon lei tot "tragic
hardships" en dat
die wetgewer se benadering
"cuts across traditional consideration of mitigating and reformative factors
in a particular case . . . This unduly puts all the emphasis
on the punitive and
deterrent factors of sentence, and precludes the traditional consideration of
subjective factors relating to
the convicted person".
Waar die wetgewer sedertdien die howe
vrygemaak het om na die tradisionele benadering tot
vonnisbepaling terug
te keer, het die hof a quo ook
fouteer in sy aanname dat die uitgangspunt moet wees
(met verwysing onder meer na beslissings van vóór die
ontwikkeling waarna verwys is) dat direkte
gevangenisstraf aangewese is vir daggahandel:
"If any broad guideline is to be gleaned from them" (besliste sake waarna die
hof verwys is) "it is that the offence is sufficiently
serious to generally
warrant a sentence of imprisonment with a portion thereof being suspended".
7
So 'n "broad guideline", indien dit wel bestaan, was nie die gepaste maatstok
vir die huidige geval nie. Die kleinhandelaar in dagga
is dikwels onbesonne
omdat hy onkundig is oor die redes waarom die gebruik van dagga verbied word en
nie boosaardig nie. Appellant
se oortreding ressorteer eerder onder die kader
van gevalle soos
S v LAKAJE
1990 (2) SASV 515 (0) as ander gevalle waar
die motief vir handeldryf slegs hebsug is. Niemand sou, inagnemend die
onbetwiste feite
wat sy ter versagting aangevoer het, die etiket van "vicious"
om haar nek kon hang nie. Afgesien van die faktore in haar guns wat
deur die hof
a quo genoem is, word haar oortreding met minder afkeur deur die gewone mens
beoordeel as handel in kokaïne of
mandrax of soortgelyke stowwe. Daar is
geen aanduiding dat haar optrede uitermate skadelik was nie - byvoorbeeld dat sy
kinderkliënte
gehad het, of klandisie probeer werf het, nog minder dat sy
iemand aangemoedig het om met dagga te
8
eksperimenteer.
Ek sien geen nut daarin om hierdie vrou na die gevangenis
te stuur nie, ondanks die misnoeë waarmee handel in dagga deur die
wetgewer
bejeën word. Afskrikking en hervorming kort sy self prima facie nie.
Ek
meen nie dat 'n boete vir haar die aangewese straf is nie, gesien die feit dat
dit juis armoede en gesinsverpligtinge was wat haar
in die eerste plek laat
oortree het. 'n Stewige opgeskorte vonnis behoort haar te oorreed dat sy ander,
wettige, maniere moet vind
om die gesin se inkomste aan te vul, desnoods met
hulp van 'n welsynsorganisasie. Dit kan sy doen terwyl sy op vrye voet is. Sou
sy onmiddellik direkte gevangenisstraf moet ondergaan, word die belange van die
samelewing nie juis gedien nie, want haar kinders
én sy sal dan op
staatskoste onderhou word.
Die appél slaag. Die vonnis in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling
opgelê, word vervang met die volgende:
9
"Agtien maande gevangenisstraf wat opgeskort
word vir 5 jaar op voorwaarde dat beskuldigde
nie skuldig bevind word nie aan 'n oortreding van a 2(a) of (b) van Wet 41
van 1971 gepleeg gedurende die opskortingstyd en ten opsigte
waarvan beskuldigde
gevonnis word tot onopgeskorte gevangenisstraf, sonder die keuse van 'n boete,
van ses maande of langer."
L VAN DEN HEEVER AR
HEFER AR)
) STEM SAAM F H GROSSKOPF AR)