About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 227
|
|
S v Block (422/91) [1992] ZASCA 227 (27 November 1992)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
CG
SAAKNOMMER:
422/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die saak van:
TERENCE MICHAEL BLOCK
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: NESTADT, VAN DEN
HEEVER ARR et VAN COLLER WAR
AANGEHOOR
: 24 NOVEMBER 1992
GELEWER
: 27 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK
VAN DEN HEEVER AR
2
Appellant is in
die Oos-Londen Streekhof skuldig bevind aan verkragting en gevonnis
tot 6 jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte
op gepaste voorwaardes
opgeskort is vir 5 jaar. Sy app
è
l na
die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof is van die hand gewys,
maar verlof aan hom verleen om hom op hierdie hof te beroep.
Die klagstaat het beweer dat hy op
21 Desember 1989 "vir H.G. . . . aangerand het, en teen haar wil
met haar vleeslike gemeenskap
gehad het".
Hoewel hy toe hy onskuldig pleit,
deur sy regsverteenwoordiger, mnr Van Heerden, sy goeie reg
uitgeoefen het om geen erkennings
te maak nie, is dit gemene saak dat
hy met klaagster gemeenskap gehad het. Mat in gedrang was, en ook
hier is, is of dit bewys
is dat dit teen haar wil gebeur het.
Klaagster, toe 16 jaar oud, het
gekuier op Shawnville, King William's Town in Desember 1989. Sy was
by haar tante tuis. Haar niggie,
mev P.J.,
3
.
werk in die week daar
vanuit haar moeder se woning maar
gaan naweke huis toe na haar man
en skoonfamilie op Stutterheim. Op 21 Desember sou klaagster daarheen
saamry om te kyk waar P.,
wat daar goed wou aflaai, bly. Die persoon,
sekere George, met wie P. vir hulle vervoer wou reël, was nie by
sy werk by Lewis
Stores nie. Dáár het klaagster reeds
vroeër in P. se geselskap die eerste keer vir appellant gesien.
Hy werk
ook daar. Hy (en sy huwelikstaat) is deur die twee vrouens
bespreek, wat reeds effe vreemd is. P. het dié dag vir George
'n boodskap gelaat by die werk. Dit was egter appellant wat in sy
plek by P. se woonplek opgedaag het om 19h30 of 20h00. Klaagster
het
hom toe ontmoet en weer later toe hy 'n groep mense daar kom oplaai
het na Stutterheim: klaagster wat voor by hom gesit het,
P., haar
broerskind, sekere Lorraine, en dié se dogtertjie, plus nog
bagasie en kruideniersware. Die plan was om dieselfde
nag nog terug
te kom.
4 Klaagster vertel hoe dit gekom
het dat, nadat
almal en alles op Stutterheim
afgelaai is, hulle twee alleen in appellant se kar daar weg is. Hy
het alleen in die voorhuis gesit
terwyl die huismense elders doenig
was. Hy het haar na hom toe geroep, en uit die huis beweeg. Sy het
hom gevolg. Hy het gesê
"dat ons af winkel toe gaan".
Sy het wat blykbaar 'n aanbod was om hom te vergesel, aanvaar - sy
sê, omdat sy honger
was; maar erken onder kruisverhoor dat sy
dit nie aan hom vertel het'nie. Dit is duidelik dat dit al nag was.
Hulle het heel gemoedelik gesels,
maar volgens klaagster onder meer oor 'n vreemde onderwerp: sy het
hom gevra of hy getroud is,
en hy het dit ontken.
Hy het op 'n donker plek gaan
stilhou, waar hy haar eers gevra het om hom te soen, wat sy geweier
het. Toe het hy haar skouer gemasseer
met sy hand, wat sy weggedruk
het. Later het hy haar klere uitgetrek en gedurende 'n lang en rowwe
interaksie met haar, tweekeer
sy geslagsdeel in hare gekry. Dit het
binne in die kar
5 gebeur, hoewel sy op 'n stadium
ook buite die kar was terwyl 'n ander voertuig aangekom het. Ek kom
later terug na vollediger
besonderhede van haar weergawe van wat
tussen hulle daar plaasgevind het.
Appellant se vertelling daaroor
was anders. Hy was dadelik aangetrokke tot klaagster toe hy haar
ontmoet, en die gevoel was wederkerig
want die vryery by Stutterheim
het warm en suksesvol verloop. Daarná het hy teenoor haar
gebieg dat hy ' n getroude man
is. Eers toe tel hy by haar teespoed
op, en wou sy nie saam met hom terugry na die Jaftas se huis nie; wat
vir hom op 'n verleentheid
kon uitloop omdat hulle al lank weg was
van die Jaftas se woning.
Waaroor daar
weer 'n mate van eenstemmigheid is, is dat toe hulle daar terugkom by
die ander, laasgenoemde al ongeduldig was en
wou weet waarom die twee
so lank weggebly het. Klaagster het hulle vertel dat hulle 'n tydjie
in die dorp vertoef het. Volgens
haar, het n
ò
g
P. nóg Lorraine enige onraad
6
gemerk.
Die volgende dag was daar volgens
haar blou
kolle aan haar arm en bene, en het
klaagster vir die eerste keer beweer dat sy "ge-rape" was:
teenoor 'n 16-jarige verlangse
bloedverwant, C.M., by dié se
vakansiewerk; teenoor P., wat haar afgeraai
het om appellant aan te kla want
"dit gaan 'n groot ding
word"; en teenoor ene Nigel
wat
"wil . . . geweet (het) wie
dit is. Toe sê ek dit is Terrence. Toe kom ... toe weet hy nou
nie van wie ek nou praat nie
en toe het hy gesê ek moet hom
gaan wys. Toe was hy besig en toe het ek ... maar 'n mens kon hom
gesien het, hy was daar
agter. Toe het ek vir hom gewys wie dit is".
Nigel het haar toe na die
polisiestasie geneem maar waarom sy juis vir hom uitgesoek het as
vertroueling, weet ons nie, want ons
weet niks meer van Nigel se
identiteit nie as sy voornaam.
Die distriksgeneesheer op King
William's Town,
dr Westensee, het klaagster
ondersoek om ongeveer 15hl5 op 22 Desember 1989. Sy verslag op die
gebruiklike
7
vorm, het aangedui dat daar
kneusings was aan haar arms en regter binne-dy, dat haar nek gevoelig
was, en ook haar geslagsdele.
Daar was ligte interne bloeding
afgeskei, wat hy aangemerk het as "getuie van verkragting".
Hoewel die vorm meld dat
die maagdevlies "NIE intak" was,
het hy in die hof verduidelik dat sy geen maagdevlies gehad het nie.
Hy het af gestap
van sy verslag en toegegee dat die bloederigheid in
die vagina veroorsaak kon gewees het ook deur omgang met toestemming;
dat hy
geweldstoepassing aflei van die kneusplekke aan haar arms en
been; en uiteindelik, nie alleen dat party mense makliker kneus as
ander nie,
maar dat die kneusings wat hy
gevind het nie noodwendig op gebrek aan toestemming dui nie:
"As daar toestemming gegee
word, sal die persoon, sal dit dan afhang van hoe seksueel aktief
hulle besig ... die seksuele proses
sal natuurlik afhang van die
besering, hoe, soos hulle sê in Engels, hoe 'passionate' die
hele seksuele omgang plaasvind,
sal natuurlik al die beserings kan
bepaal. U weet van een persoon tot 'n ander persoon, die een persoon
kan iemand beseer met seksuele
omgang en die ander persoon sal
miskien nie."
8
Die Oos-Kaapse Afdeling het die
appél afgewys
in 'n uitspraak op Engels waarin
'n foutiewe vertaling van dr Westensee se getuienis moontlik 'n
aandeel gehad het. Waar die arts
se verslag noem dat die groot en
klein skaamlippe en voorhof
teer
was, is dit weergegee as sou
dr Westensee daar 'n
skeur
gevind het â "injuries in
the form of a tear". Die uitspraak is hoofsaaklik daarop gegrond
dat, ondanks die feit dat
haar
"failure to complain does
indeed immediately raise a guestion-mark against the evidence of the
complainant ...(t)he magistrate
saw and heard the witnesses who
testified before him and steeped in the atmosphere of the trial as he
was, he was in my view in
a better position than we are to assess the
possibilities ..."
Die landdros het egter in verskeie
opsigte misgetas in sy benadering tot die getuienis.
Die mistastings is ten opsigte van
die inhoud van dr Westensee se getuienis; die landdros se bevinding
dat klaagster die toets van
kruisondervraging "met vlieënde
vaandels geslaag het" en dat haar
9 getuienis geen wesenlike
weersprekings of inherente onwaarskynlikhede bevat nie sodat dit "nie
om enige gegronde rede verwerp
behoort te word nie" (wat prima
facie nie die korrekte toets is om in 'n strafsaak toe te pas nie);
en ten opsigte van die
redes wat die landdros aanvoer waarom hy
appellant se getuienis verwerp. Vanweë daardie mistastings,
waaroor meer hieronder,
staan dit hierdie hof vry om op die oorkonde
te oordeel of appellant se skuld buite twyfel bewys is.
Die landdros bevind dat dr
Westensee gesê het dat sy kliniese waarnemings nie inpas by
gemeenskap met toestemming nie en dat
hy gebly het "by sy mening
dat gemeenskap sonder toestemming plaasgevind het". Dr Westensee
het geen so 'n besliste mening
geuiter nie.
Die getuienis van die eerste
persoon teenoor wie klaagster sou gekia het, C., het aanvanklik nie
eers geslagsomgang genoem nie,
en nooit dat klaagster beweer het dat
sy "ge-rape" is nie. Toe klaagster die
10
blou merke aan haar arms wys en C.
haar daarna uitvra, vertel klaagster dat appellant haar na 'n afgeleë
plek geneem het
"en toe het hy haar
gemolesteer nou.
Wat se indruk ... u sê
molesteer, wat bedoel u
daarby? Hy het haar aangerand het
sy vir
my gesê.
HOF: Nou het H. op enige wyse vir
jou gesê
hoe sy gemolesteer of aangerand
was?
Sy
het gesê hy het, hy het haar
eerste so gegryp en sy het probeer loskom en naderhand het hy haar so
gehad dat sy nie meer haarself
kon beheer nie. Maar het sy op enige
stadium gepraat daarvan
dat hy met haar geslagsomgang
gehad het?
Ja."
Ek meen dat dit onnodig is om te
veel detail
van klaagster se verhaal, veral
van wat daar gebeur het in die donker waar hulie geparkeer het, te
weergee. In kort kom dit daarop
neer dat sy appellant se toenadering
verwerp het. Hy het die rugleuning van haar sitplek laat sak en haar
gegryp. Hoewei sy geskop
en geskree het, het hy haar styfspannende
fietsry-kniebroek en haar onderbroekie in die kar uitgetrek. Sy het
daarin
11
geslaag om by die kar uit te kom,
en wou aantrek, maar hy het dit verbied en haar na "so 'n
heuweltjie" geneem, waar hy
haar op die grond neergegooi het toe
'n kar aangekom het. Toe het hy haar weer in die kar gegooi en beveel
om te lê. Moeg
gespartel het sy tog geskree en gehuil toe hy sy
penis indruk in haar skaamdeel, en aanhoudend vir haar sê sy
moet haar bene
wyer oopmaak, en dit oopdruk. Sy het weer losgekom en
agter in die kar gaan sit, aan die bestuurderskant (en na haar
horlosie gekyk
en gesien dit word laat); maar op sy aandrang weer
voor ingeklim waar hy weer sy geslagsdeel in hare gedruk het. Toe hy
van haar
afklim het hy haar gehelp soek vir haar amperbroekie wat
buite op die grond was, en haar kans gegee om haar hare, waarvan die
strik
vroeër uitgeval het, reg te kry: hy was baie bekommerd oor
haar hare, het sy vertel.
Sy en P. vertel, dat op pad terug
na King William's Town, nadat hy die ander by die Jafta woning
opgelaai het, het appellant by
die Commercial
12
Hotel aangedoen het en gaan drink
terwyl die vrouens in die kar agtergebly het, totdat P. vir Lorraine
ingestuur het om hom te gaan
roep.
Klaagster het die volgende oggend
bloed gesien toe sy haar gaan was, "en ek het die klere vir die
vrou gegee wat die wasgoed
was, toe het sy dit gewas".
Die landdros maak twee punte van
kritiek teen klaagster se getuienis te maklik af. Hy vind 'n
bevredigende antwoord op die vraag,
waarom klaagster stilgebly het
tot die volgende dag, in haar getuienis
dat
"sy bang (was) om in die
teenwoordigheid van die beskuldigde te praat en wou ook nie in die
teenwoordigheid van Lorraine praat
nie omdat Lorraine dan maklik sou
praat en sy gevrees het dat sy ook die beskuldigde sou skel".
(Die hof van tweede instansie het
die vraag geopper maar onbeantwoord gelaat behalwe deur te verwys na
die "atmosphere of the
trial", soos hierintevore
aangehaal.)
Al sou die rede wat klaagster
aangegee het 'n
13
aanvaarbare gewees het, kan dit
nie opgaan nie: voor die Commercial Hotel het Lorraine hulle verlaat
om te gaan kyk waar appellant
dan is. Dat appellant inderdaad bereid
was om by die hotel aan te doen en die vrouens alleen te laat,
versterk die afleiding wat
klaagster se
verhaal van sy optrede nadat hulle
omgang gehad het, reeds noop. Dáár het hy haar
aangemoedig om haar hare reg te
maak en het hy haar gehelp om haar
onderklere te vind. Dit is duidelik dat hy aanvaar het dat klaagster
nie alleen nie gaan klik
oor wat tussen hulle gebeur het
nie, maar van plan sou wees om
voor te gee dat juis niks gebeur het nie. En dit is juis wat sy
gedoen het. Die landdros sê
ook:
"Verder kan die klaagster se
navrae oor beskuldigde se huwelikstaat ook bevraagteken word, maar ek
is van mening dat geen nadelige
afleiding hieruit gemaak behoort te
word nie."
Hy sê nie wáárom
nie. Sy het appellant uit die huis uit gevolg toe hy haar roep nog
voordat hy vertel het wat
sy planne was. Haar storie dat sy ingestem
het om saam te
14
ry na "die winkels"
omdat sy honger was (wat sy nie vir hom gesê het nie) is
dubbeld vreemd. Hulle het pas 'n vrag
kruideniersware afgelaai, en
kos moes daar in die huis gewees het. Bowendien het sy nie enige van
die huismense vertel waarheen
sy gaan nie. Waarom dan die man wat in
die nag inkopies wil doen, vra wat sy huwelikstaat is, tensy sy in
hom belangstel - ook
nie intellektueel nie, want vir bloot gesels is
huwelikstaat irrelevant.
Ander aspekte van haar getuienis
wat bevraagteken moet word, is waarom sy nie veel erger beserings
opgedoen het nie indien appellant
haar werklik
neerqegooi
het
op die heuweltjie en in die kar
geqooi
het daarna, soos sy
vertel. Probleme het hy gehad sonder weerstand van haar, want dit is
gemene saak dat die bestuurder se deur
van sy kar nie kon oop nie, en
hy oor haar geklim het om agter die stuurwiel te kom - wat moontlik
'n kneusplek of twee aan haar
kon verduidelik. Dan ook stel dit hoë
eise aan die verbeeldingskrag om te
15
probeer indink hoe 'n man
'n fietsry-kniebroek wat soos 'n tweede vel pas, van 'n meisie kon
uittrek met onder-amperbroekie ook,
waar hulle saam op die voorste
sitplek van sy kar was, sonder dat sy hom help. Die landdros beskryf
haar terloops as "'n redelik
sterk geboude jong dame" en
volgens haar het sy geskree en "geskop en te kere gegaan in die
kar in".
Die landdros kyk ook verby dat sy
nie alleen geen klag by P. gelug het nie, maar aan haar niggie toé
sy by haar uitkom volgens
dié 'n dubbeldoor leuen vertel het:
in antwoord op navraag, waarom sy en appellant so lank weg was, het
sy nie alleen gesê
dat hulle 'n tydjie in die dorp vertoef het,
maar dat niks gebeur het nie.
Die landdros het bevind dat P. ook
' n goeie getuie was. P. se getuienis, dat H. "snaaks"
gelyk het toe sy en appellant
terugkom by die huis op Stutterheim het
egter aangewas tot "dit het gelyk asof sy gehuil het",
ondanks klaagster se
16
getuienis, reeds genoem,
dat die twee getroude vrouens geen onraad gemerk het nie. P. het
haarself weerspreek oor klaagster se optrede
gedurende die rit terug
na King William's Town. Die aanklaer se vrae het sonder twyfel die
tydvak geïdentifiseer waaroor hy
haar uitgevra het, as in die
loop van dáárdie terugrit. P. het gesê klaagster
"het stil gesit en het gelag.
As ons miskien grappe maak, dan
het sy net gelag en so, sy het nie sommer gepraat nie". Onder
kruisverhoof het sy ontken dat
klaagster gelag het, en die botsing
probeer verduidelik met "ek het gedink u praat van toe ons op
pad (na Stutterheim) is,
nie terug nie". P. het ook erken dat sy
klaagster afgeraai het daarvan om 'n klag by die polisie aan te gee
-vreemde raad
indien sy van mening was dat haar niggie werklik die
vorige nag verkrag is, en 'n aanduiding dat klaagster dalk eiewys en
nie onskuldig
en naïef is nie dat sy dit veronagsaam het.
Appellant se storie was dat die
hofmakery
17
wedersyds was, soos
vroeër genoem. Al wat hoef bygevoeg te word by wat reeds gesê
is van sy weergawe, is dat sy aan hom
sou gevat het, hy aan haar
borste gevat het en aan haar boud, "toe het sy haar tights begin
uittrek". Daarna het hulle
omgang gehad, tweekeer. Hy het
heelwat besonderhede gegee, waarskynlik oordrewe, van hoe hy gesukkel
het met haar na die vryery,
nadat hy gebieg het dat hy ' n getroude
man is; en haar hardhandig in die kar moes kry. Dit is so dat
appellant nie 'n baie bevredigende
getuie was nie, en traag was om te
erken dat hy van die staanspoor omgang met klaagster in gedagte gehad
het. Die kruisverhoor
waaraan hy onderwerp is en die landdros se
kritiek, neem egter die sprong wat nie in logika regverdigbaar is
nie, dat dit beteken
dat hy vasbeslote was om met of sonder haar
toestemming daardie voorneme tot volvoering te bring. Die landdros
neem appellant kwalik
(moreel korrek, in regte irrelevant) dat hy by
klaagster die indruk gelaat het dat hy ongetroud is, "en 'n mens
vra jouself
die
18
vraag af, waarom", en ook "'n
mens vra jou dadelik af waarom neem hy haar hier na die donker plek
toe, hy is 'n getroude
man en hier 'n jong dogter wat agt jaar of wat
jonger as jy is". Die voor die hand liggende antwoord daarop wat
appellant
lomp probeer het om te
gee,
is "Hope springs eternal . . . " . So ook is die
kritiek
op hom,
"dit is opmerklik dat hy
nêrens in sy getuienis sê dat hy uitdruklik vir die
klaagster gevra het om met haar gemeenskap
te hou nie en dat hy ook
nooit sê dat sy uitdruklik toestemming verleen het nie"
onbillik. 'n Jong paar wat in die
donker gaan parkeer
is nie bedag op kontraksluiting
nie.
Om op se som, klaagster was 'n
enkel getuie
wie se getuienis nie gestaaf is
nie waar stawing beslis te verwagte was. Daar was heelwat gebreke in
die Staat se saak wat die landdros
nie raakgesien het nie. Antwoorde
op geregverdigde vrae het uitgebly. Hoewel appellant 'n
onbevredigende getuie beskou kan word,
is die toets steeds dié
gestel in
R v DIFFORD
1937 AD 370:
19
is sy storie hoewel
onbevredigend in sommige opsigte, redelik moontlik waar? Na my mening
soos blyk uit wat reeds gesê is,
behoort daar by die landdros
twyfel te gewees het of klaagster teensinnig was tot omgang en dit te
kenne gegee het. Die voordeel
van daardie twyfel moes die appellant
toegekom het.
Die appél slaag. Die
skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
L VAN DEN HEEVER AR
NESTADT AR)
STEM SAAM
VAN COLLER WAR)