S v Muller (338/91) [1992] ZASCA 226 (27 November 1992)

80 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Cumulative effect of sentences — Appellant convicted of housebreaking with intent to rob, robbery, and two counts of rape — Sentences imposed totaling 29½ years — Appellant contended that cumulative sentence was excessively harsh — Court held that while sentences were severe, they were justified given the nature of the crimes and the appellant's prior convictions, affirming the overall sentence as appropriate under the circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 226
|

|

S v Muller (338/91) [1992] ZASCA 226 (27 November 1992)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
LINWELL (WILLIE) MULLER
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram
: BOTHA, EKSTEEN, ARR et HARMS, Wn AR
Verhoor
: 16
November 1992
Gelewer
: 27 November 1992
UITSPRAAK EKSTEEN
, AR :
Hierdie appél is slegs teen vonnis ge-rig.
Gedurende Junie 1990 het mnr Andrew Joseph, sy vrou en hulle kinders 'n
dubbelverdieping maison-ette in Atlantis bewoon. Die egpaar
het vyf kinders
gehad. Die twee oudste seuns was reeds uit die huis uit. Hulle het in Kimberley
gewerk. Die ander drie - Julita,
die 14-jarlge Lee-Ann, en die 8-jarige Virgal -
het nog by hul ouers ingewoon. Die aand van 18 Junie 1990 het die gesin gaan
slaap.
Julita was dié aand uit gewees met haar verloofde. In die middel
van die nag - na twaalf-uur - is mnr
...../2
2
Joseph gewek deur 'n geklop aan die voordeur. Hy het vermoed dat dit Julita
kon wees wat terugkom. Hy het gevolglik opgestaan en die
deur gaan oopmaak. Net
toe hy die deur wou oopmaak stoot die appellant en 'n maat van hom die deur oop
en kom die woning binne. Die
appellant het 'n sakdoek om sy mond ge-bind gehad,
en 'n lang vastelem mes in sy hand. Hy het die mes teen mnr Joseph se maag gehou
en geld geëis. Ondanks sy gepoogde vermomming het mnr Joseph appellant
dadelik herken en hom op sy naam genoem.
Die twee indringers het mnr Joseph, met die mespunt in sy rug, die trap
opgedwing tot in hul slaapkamer waar mev Joseph nog gelê
het.
.... /3
3
Daar het hulle weer geld geëis en gedreig om die egpaar met die mes te
steek as hulle nie hulle geld uithaal nie. Na 'n aanvanklike
geredekawel het mev
Joseph haar beursie uitgehaal en die inhoud - sowat R34 - op die bed uitgegooi.
Appellant het die geld geneem.
Met al appellant en sy maat se dreigemente en mev
Joseph se gesmeek dat hulle nie vir hulle moet seermaak nie, het Lee-Ann en
Virgal
ook wakker geword en na hul ouers se kamer gekom om te kyk wat aangaan.
Appellant het toe vir al vier van hulle beveel om al hul
klere uit te trek. Mnr
Joseph en die kinders het teësinnig uitgetrek, en toe mev Joseph traag was
om toe te gee het appellant
aan haar nagklere begin rem en haar met die mes
.... /4
4
gedreig totdat sy naderhand ook al haar klere uit-getrek het.
Hierop het appellant mev Joseph op die bed neergestoot, haar bene oopgeforseer
en haar, ten aanskoue van haar gesin, verkrag. Toe sy haar nog wou teësit
het hy haar met sy vuis in haar gesig ge-slaan. Haar
man is ook geslaan en
appellant het sy maat aangesê om vir mnr Joseph te skiet as hy enige
poging sou aanwend om sy vrou te
hulp te kom.
Terwyl appellant vir mev Joseph verkrag het, het sy maat Lee-Ann ook op die
bed neergedruk en bo-op haar gaan lê. Mev Joseph
het hulle gesmeek om haar
dogter uit te los omdat sy nog so klein was. Appellant het toe sy maat beveel om
haar te los, wat hy ook
gedoen het.
....... /5
5
Nadat appellant mev Joseph verkrag het, het sy
maat haar ook verkrag. Daarna het appellant vir Lee-Ann beetgekry en probeer om
met
haar gemeen-skap te hou - eers deur haar teen die muur vas te druk en daarna
op die bed. Alhoewel hy haar ge-deeltelik gepenetreer
het, kon hy nie daarin
slaag om volle gemeenskap het haar te hê nie. Sy was 'n maagd en haar
maagdevlies, hoewel gekneus, was
nie deur die gemeenskap gebreek nie.
Die Joseph-gesin is beveel om almal op die bed te klim en hulle met 'n deken
toe te maak. Die twee booswigte is na die kamer langsaan
waar hulle al die laaie
van die kaste uitgetrek het op soek na iets om buit te maak. Hulle het van
.... /6
6
Julita se trousseau, bed-dekens, 'n
haardroër, en klerasie in twee plastiese sakke gedruk en saam met hulle
weggeneem. Voordat
hulle geloop het, het appellant eers kom kyk of die
Joseph-gesin nog almal kaal was, en hy het gedreig om hulle dood te maak as
hulle
dit sou waag om die polisie te ontbied.
Nadat hulle uit die huis uit is het die gesin egter wel die polisie ontbied.
Mev Joseph en Lee-Ann is na Malmesbury hospitaal geneem
waar hulle on-dersoek en
behandel is. Benewens die kneuswonde wat mnr en mev Joseph as gevolg van die
vuishoue op-gedoen het, het
geeneen van die gesin werklike fi-siese leed gely
nie. Geestelik, egter, het hulle wel gely. So ontsteld was hulle dat hulle
verseg
het
...../7
7
om ooit weer na daardie huis terug te keer. Hulle het dadelik
na 'n ander plek verhuis. Toe die ver-hoor sowat agt maande na die voorval
plaasgevind het, het mnr Joseph nog sommige aande sleg geslaap as sy gedagtes
weer na die gebeure terugdwaal. Mev Joseph getuig ook
dat dit wat sy moes
deurmaak nog steeds deur haar gedagtes maal. Lee-Ann het aan-vanklik slegter
gedoen in haar skoolwerk maar het
metteryd weer bygekom en skynbaar ten tyde van
die verhoor alle tekens getoon, belde in haar skoolwerk en haar
menseverhoudings,
dat sy haar traumatiese ondervinding te bowe gekom het. Mev
Joseph meen egter dat Virgal veel meer geestelike verwonding daarvan
oorgehou
het.
.... /8
8
Op die aanvaarding van hierdie feite is appellant skuldig
bevind aan -
(1)
huisbraak met die opset om
roof te pleeg;
(2)
roof met verswarende
omstandighede;
(3)
verkragting van mev Joseph;
en
(4) verkragting van Lee-Ann.
Sy kornuit se identiteit kon nie op die getuienis bo redelike twyfel
vasgestel word nie. Hy is ge-volglik onskuldig bevind op meeste
van die
aanklag-tes. Daar is slegs 'n skuldigbevinding van dief-stal teen hom ingebring
op die aanklag van roof. Die omstandighede
van hierdie skuldigbevinding is nie
vir die doeleindes van hierdie appël ter sake nie, en ek handel dus nie
daarmee nie.
....... /9
9
Die appellant het 'n lang lys vorige oor-tredings erken. Gedurende 1983 is hy
by drie ge-leenthede lyfstraf opgelê - eerstens
weens huis-braak met die
opset om te steel en diefstal, twee-dens weens roof, en derdens weens die
diefstal van 'n motorvoertuig.
In 1986 is hy op twee aanklagtes van roof skuldig
bevind en drie maande gevangenis-straf op elke aanklag opgelê. In 1987 is
hy 3 /2 jaar gevangenisstraf opgelê weens 'n poging tot ver-kragting. In
1989 is hy skuldig bevind aan op-setlike saakbeskadiging
en gevonnis tot 'n
boete van R150 of 75 dae gevangenisstraf en 'n verdere 120 dae gevangenisstraf
wat voorwaardelik opgeskort was.
.... / 10
10
Tydens die vertoë by vonnisoplegging is dit van die balie aan die
verhoorregter oorgedra dat appellant gedurende Augustus 1990
- dws na die
pleging van die misdade in die onderhawige saak - tot 18 maande gevangenisstraf
weens dief-stal gevonnis is, en tot
'n verdere vier jaar weens roof. Op 8
Februarie 1991 is hy voorts tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis weens huisbraak.
By laasgenoemde
geleentheid is die vonnisse hom in Augustus 1990 opgelê in
oënskou geneem en dit is beveel dat een jaar van die vyf jaar
vonnis saam
uitgedien sou word met die vonnisse in Augustus op-gelê. Saam genome sou
hy dus 'n effektiewe vonnis van 9 /2 jaar
moes uitdien.
.... / 11
11
In die lig van sy vorige veroordelings en van die
vonnisse wat hy nog besig was om uit te dien het die geleerde verhoorregter hom
soos volg gevonnis:
1. Die eerste twee skuldigbevindings - dws huisbraak met die opset om roof te
pleeg, en roof - is saam geneem vir doeleindes van
vonnis, en 'n vonnis van sewe
jaar ge-vangenisstraf is opgelê.
2. Op die derde aanklag - die verkragting op mev Joseph - 23 jaar
gevangenisstraf.
3. Op die vierde aanklag - die verkragting op Lee-Ann - 15 jaar gevangenisstraf.
Dit is voorts beveel dat die vonnisse op
die eerste,
tweede en vierde aanklagtes saam sal
..../ 12
12
loop met die vonnis van 23 jaar op die derde
aanklag.
Die geleerde regter het verder geoordeel dat die on-
derhawige
reeks misdade saam beskou met die misdade
waarvoor hy reeds gevangenisstraf
uitdien 'n gesa-
mentlike vonnis van om en by 30 jaar regverdig.
Hy het
gevolglik beveel dat drie jaar van die vonnis
op die derde aanklag - dws die
23 jaar - sou saam-
loop met die vyf jaar wat op 8 Februarie 1991 opge-
lê is. Die eindresultaat was dus dat die appel-
lant 29 ½ jaar gevangenisstraf sou moes uitdien.
Verlof is aangevra om teen die vonnis te
appelleer
op grond daarvan dat -
"die uiteindelike kumulatiewe somtotaal van die gevangenisstraf steurend
onvanpas is."
..../ 13
13
Die verhoorregter het dan ook verlof aan die ap-
pellant verleen om in hoër beroep te gaan -
"in respect of the matter of sentence only, and insofar as sentence is concerned
the leave is granted as regards the cumulative effect
of the prison sentence.
The pre-sent sentence is taken in conjunction with the two other sentences to
which I have referred."
Voor ons is daar, in die eerste plek,
aan die hand
van 'n reeks gewysdes, aangevoer dat
'n hof in die algemeen, nie geredelik vonnisse
van 25 jaar of meer gevangenisstraf sal oplê nie,
en dat so 'n vonnis slegs in uitsonderlike ge-
valle opgelê sal word. In die tweede plek is
betoog dat in die besondere omstandighede van
hierdie saak die opgelegde vonnisse buitensporig
.... / 14
14
swaar was.
Wat die algemene benadering betref is
daar in
R.
v. Mzwakala
1957 (4) SA 273
(A) op p
278 D-F deur Schreiner Wn HR opgemerk -
"There is no doubt that a sentence of twenty-five years'imprisonment is
exceptionally long, according to our practice."
en -
" .... I see no reason to doubt that a per-iod substantially less than
twenty-five years is normally sufficient to meet the deterrent,
preventive,
reformative and retributive ends of justice ...."
Die
hoogwatermerk van hierdie benadering is in
S. v. Tuhadeleni and Others
1969 (1) SA 153
(A)
deur Rumpff AR op p 189 H as volg gestel:
" ... the maximum sentence imposed in the
....../ 15
15
Republic being, in practice, not more than 25 years, and that
only in very exceptional cases."
Met verwysing na bogemelde opmerking sê Ogilvie
Thompson AR in
S. v. Whitehead
1970 (4) SA 424
(A) op 438 H -
"Without necessarily concurring in the ex-istence of a maximum as thus
suggested, I certainly share the view that 25 years will only
be appropriate in
very exceptional
circumstances."
Vgl ook
S. v. Khumalo and Others
[1984] ZASCA 30
;
1984 (3) SA 327
(A) op 331 A - B, en
S. v. Skenjana
1985 (3) SA 51
(A) op 55 G - I.
In
S. v. Sibiya
1973 (2) SA 51
(A) op 57 G - H het Rumpff AR verwys na
sy
dictum
in
S. v. Tuha
-
deleni and Others
hierbo aangehaal
en na
....... / 15
16
Ogilvie Thompson AR se kommentaar daarop in S.
v. Wh
itehead
(
supra
) en dit soos volg verduidelik:
"Hierdie opvatting moet m.i. vertolk word as 'n breë beskouing van wat
plaasvind in die grootste meerderheid van gevalle waar
'n lang tydperk van
gevangenisstraf opgelê word. Ek dink nie dat dit die bedoeling van hierdie
Hof was om te konkludeer dat
vonnisse van meer as 25 jaar gevangenis-straf nooit
opgelê is of opgelê word nie, of dat dit die bedoeling was om te
beslis dat vonnisse van meer as 25 jaar nooit behoort opgelê te word
nie."
Die geleerde regter het voortgegaan deur te ver-
wys na 'n steekproef wat deur die Kommissaris van
Gevangeniswese op versoek van die Prokureur-
Generaal van die Oranje-Vrystaat gedoen is en
wat daarop gedui het, oa, dat daar in die Repu-
bliek in 1964 'n vonnis van 32 jaar opgelê is;
....../ 17
17
in 1965 twee van 25 jaar; in 1966 twee van 25 jaar; en in 1967 een van 25
jaar en een van 30 jaar. Gedurende die tydperk Oktober 1970
tot November 1971 is
daar in Transvaal twee vonnisse van 25 jaar, een van 26 jaar, en een van 30 jaar
opgelê. Uit daardie statistieke
wil dit dus voorkom dat tot op daardie
tydstip gevangenis-straf van 25 jaar of meer slegs by uitsondering opgelê
is. In
S. v. Morris en 'n Ander
1989 (2) SA 643
(A) op 645 het Van
Heerden AR - waarskyn-lik in die lig van bogemelde toedrag van sake -die
algemene benadering van ons howe soos
volg geformuleer; nl dat -
" ... gevangenisstraf van
meer
as 25 jaar
....../ 18
18
slegs in enkele, buitengewone gevalle te regverdig is ... " (My
kursivering.)
Hierdie klemverskuiwing is deur Smalberger AR
in
S. v. Mtungwa en 'n Ander
1990 (2) SASV 1 op p 3
g-h nagevolg,
en dan vervolg die geleerde regter:
"Dit beteken egter nie dat hierdie Hof sonder meer kan inmeng met 'n vonnis van
meer as 25 jaar nie. Een of meer van die aanvaar-de
gronde wat inmenging op
appèl regverdig, moet nogtans
bestaan."
Op 27 Julie 1990 het Wet 107 van 1990
van krag
geword. Hierdie Wet het die Strafpro-
seswet 51 van 1977 gewysig deur die verpligte op-
legging van die doodvonnis af te skaf en 'n dis-
kresie aan die verhoorregter te verleen om die
doodvonnis slegs in "gepaste" gevalle op te lê.
....../ 19
19
(
S. v. Masina and Others
1990 (4) SA 709
(A) op 712 H - j.) Aan
hierdie Hof is daar op appël ook 'n onbelemmerde diskresie verleen om oor
'n opgelegde doodvonnis te
besin en, indien dit van mening sou wees dat dit nie
in die omstandighede "die gepas-te vonnis" is nie, dit deur 'n ander vonnis
te
ver-vang. Hierdie bepalinge is vertolk as sou dit 'n aanduiding wees dat die
wetgewer beoog het dat die doodstraf voortaan "net
in gevalle van uitson-derlike
erns" opgelê sou word. (
S. v. Senonohi
[1990] ZASCA 93
;
1990 (4) SA 727
(A) op 734
H.) Daarna is dood-vonnisse deur hierdie Hof meermale deur gevange-nisstraf van
tot 25 jaar vervang, en, waar meer-dere
oortredings ter sprake was, vonnisse
wat
...... / 20
20
gesamentlik selfs meer as 25 jaar beloop het,
bepaal -vgl bv
S. v. Tloome
1992 (2) SASV 30 (A) waar ge-samentlike
vonnisse van 26 jaar opgelê is, en S. v. Sithebe 1992 (1) SASV 347 (A)
waar gesament-like
effektiewe vonnisse van 30 jaar opgelê is.
Dit volg dus mi dat daar nie sprake kan wees van 'n maksimum vonnis nie. Daar
moet ook gewaak word teen 'n begrip dat 'n vonnis van
25 jaar slegs in "uiterste
gevalle" of "besondere ernstige gevalle" opgelê sal word. So 'n begrip sou
die diskresie wat 'n
verhoorregter het om 'n redelike en billike vonnis op te
lê op 'n onaan-vaarbare manier aan bande kan lê (
S. v. Tshomi en
'n Ander
1983 (3) SA 662
(A) op 666 E - H).
..../ 21
21
Om te sê dat so 'n vonnis slegs in "buitengewone" of "uitsonderlike"
gevalle opgelê sal word, bete-ken dus niks meer as
dat sulke lang tydperke
van gevangenisstraf nie algemeen in ons howe voorkom nie maar slegs waar die
oortredinge van so 'n aard is
dat dit vereis word dat so 'n von-nis in die
belang van geregtigheid opgelê moet word.
Dit is, na my mening, in die huidige samehang, misplaas om te praat van 'n
"nuwe bedeling" by vonnis-oplegging wat na die inwerkingtreding
van Wet 107 van
1990 van toepassing sou geword het. Die natuurlike gevolg van hierdie wetgewing
is dat waar die dood-vonnis nou diskresionêr
is, en slegs opgelê
word
.... / 22
22
waar dit die enlgste gepaste vonnis is, en waar
lewenslange gevangenisstraf nie 'n gepaste vonnis is nie, gevalle waar lang
tydperke
van gevange-nisstraf geverg word, meer dikwels sal voorkom as wat
voorheen die geval was. Die doodvonnis sal dan meer dikwels vervang
word deur 'n
von-nis van, byvoorbeeld, 20 of 25 jaar gevangenis-straf. Vonnisoplegging bly
egter in die diskre-sie van die verhoorregter
en slegs oorwegings van billikheid
en geregtigheid sal enige beperk-ing op daardie diskresie plaas.
Waar daar meer as een oortreding ge-pleeg is, sal daar uiteraard gewaak moet
word teen die onwenslikheid dat die kumulatiewe uitwerking
...../ 23
23
van al die vonnisse onredelik swaar op die oor-treder inwerk. Hierdie gevolg
kan vermy word deur sekere vonnisse óf geheel
en al, óf
gedeel-telik te laat saamloop. So ook waar dit onder die verhoorregter se aandag
gebring word dat die beskuldigde
reeds besig is om 'n vonnis uit te dien wat 'n
ander hof hom opgelê het, sal dit in oorweging geneem moet word om toe te
sien
dat die totale tydperk van gevangenissetting billik en regverdig sal wees
en nie onredelik swaar of neerdrukkend op die beskuldigde
sal inwerk nie.
Verligting kan dan ook gebring word deur die saamloop van vonnisse - óf
gedeeltelik óf in die geheel
- te beveel. Hier ook kan geen
arbitrêre
....../ 24
24
perk gestel word nie en kan vonnisse wat gesament-lik meer as
25 jaar beloop in gepaste gevalle nie vermy word nie.
Ek kom nou by die
tweede grond van be-swaar, nl dat in die omstandighede van die onder-hawige saak
die opgelegde vonnisse buitensporig
swaar is. By oorweging van die geykte
beginsel dat vonnisoplegging by uitstek in die diskresie van die verhoorregter
berus, en dat
'n hof van appèl nie geredelik daarmee sal inmeng nie, skyn
daar geen rede te wees om in te meng met die von-nis van sewe
jaar
gevangenisstraf ten opsigte van die huisbraak met die opset om te roof en die
roof nie. Die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
......./ 25
25
vir die verkragting op Lee-Ann kan eweneens nie mee ingemeng word nie. Die
vonnis van 23 jaar vir die roof op mev Joseph kom my egter
as on-redelik swaar
voor. Ek het reeds daarop gewys dat sy geen fisiese beserings opgedoen het nie,
en dat alhoewel die psigiese
trauma aansienlik moes gewees het sy tog besig was
om dit in 'n mate te bowe te kom. Ek wil geensins afding aan die erns van
hierdie
oortreding, en die vernedering vir die hele gesin wat daarmee gepaard
gegaan het nie, maar as 'n mens dit vergelyk met die verkragting
van Lee-Ann in
soortgelyke omstan-dighede is ek nie daarvan oortuig dat die een veel erger as
die ander een was nie. Na my
.... / 26
26
mening sou 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
ook vir hierdie oortreding voldoende wees. Die verhoorregter het al drie hierdie
vonnisse laat saamloop, en daar is geen wesenlike rede om van hierdie benadering
van hom te verskil nie. Dit beteken dan dat die
appellant 'n effektiewe vonnis
van 15 jaar gevangenisstraf moet uitdien vir die misdade waaraan hy nou skuldig
bevind is.
Daar bly dan die 9 ½ jaar wat hy tans be-sig is om uit te dien oor. Die
verhoorregter het be-veel dat drie jaar hiervan saam
uitgedien moet word met die
vonnisse hom by die verhoor opgelê. Weereens skyn daar geen goeie rede te
wees om hiervan te verskil
nie. Dit bring dus mee dat
.... / 27
27
die totale tydperk van gevangenisstraf wat die appellant sal moet uitdien op
21½ jaar te staan kom. Hierdie tydperk verskil in
so 'n mate van die bevel
van die verhoorregter dat dit inmeng-ing deur hierdie Hof regverdig.
Bygevolg word dit beveel:
1. Die vonnis van sewe jaar gevangenisstraf op aanklagtes 1 en 2 saamgenome,
asook die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf op aanklag
4 word bekragtig.
2. Die vonnis van 23 jaar gevangenisstraf op aanklag 3 word ter syde gestel en
vervang met een van 15 jaar gevangenis-straf.
.... /
28
28
3. Al die bg vonnisse sal saamloop sodat die effektiewe vonnis 15 jaar
gevange-nisstraf is.
4. Drie jaar van die 9 ½ jaar wat die appellant tans besig is om uit te
dien weens ander misdrywe, sal saamloop met die voormelde
15
jaar.
J.P.G. EKSTEEN, AR
BOTHA, AR )
stem saam HARMS, WN AR )