About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 222
|
|
Land en Landbou Bank van Suid Afrika v Rosseau NO (312/91) [1992] ZASCA 222; 1993 (1) SA 513 (AD); (27 November 1992)
312/91
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
LAND- EN LANDBOUBANK VAN SUID-AFRIKA
APPELLANT
en
JEAN JACQUES ROSSEAU NO
RESPONDENT
CORAM
:
HOEXTER, KUMLEBEN, F H GROSSKOPF,
VAN DEN HEEVER ARR et VAN COLLER WnAR
VERHOORDATUM
: 12 NOVEMBER 1992
LEWERINGSDATUM
: 27 NOVEMBER
1992
UITSPRAAK
KUMLEBEN AR
/....
1 .
KUMLEBEN AR:
Die respondent, in sy hoedanigheld as voorlopige
likwidateur van die Carnarvonse Vleisproduseerders Kooperatiewe Maatskappy
Beperk
("die Maatskappy"), het die appellant ("die Bank") in die Noord-Kaapse
Afdeling van die Hooggeregshof by wyse van kennisgewing van
mosie aangespreek.
Die aangevraagde regshulp was in hoofsaak dat die Bank gelas word om die
respondent in besit te plaas van al die
roerende en onroerende bates van die
Maatskappy.
Die feite wat tot hierdie aansoek aanleiding gegee het, is gemene
saak. Die Maatskappy is 'n "koöperatiewe maatskappy" soos omskryf
in a 2
van die Landbankwet, no 13 van 1944 ("die Wet"). Die partye is dit eens dat dit
ook 'n "maatskappy" is waarop a 63 van die
Wet, waarna later verwys sal word,
van toepassing is. Die Bank het bedrae aan die Maatskappy
2/...
2. voorgeskiet wat verskuldig en opeisbaar geword het. Betaling
daarvan was egter nie verseker deur enige vorm van spesiale verhipotekering
van
bates van die Maatskappy nie. Een of meer van die omstandighede wat kan lei tot
die inwerkingtreding van a 63 van die Wet het
ontstaan. Die Bank se prokureurs
het, met 'n beroep op die bepalings van a 63, en na al die voorvereistes vir
optrede ingevolge hierdie
artikel nagekom is, die Maatskappy in kennis gestel
dat die Bank op alle bates van die Maatskappy beslag lê. Die daad is by
die woord gevoeg. 'n Plaaslike prokureur te Carnarvon het namens die Bank die
besigheidspersele van die Maatskappy betree en al sy
bates in beslag geneem.
Kennisgewings te dien effekte is prominent aan die buitekant van die geboue
aangebring. Die deure daarvan
is toegesluit as gevolg waarvan die Maatskappy nie
meer handel kon dryf nie. Dit het 'n aansoek vir die likwidasie van die
3/.. .
3. Maatskappy tot gevolg gehad. 'n Voorlopige likwidasiebevel is
toegestaan en die respondent is, soos reeds vermeld, as voorlopige
likwidateur
aangestel. Die Maatskappy is mettertyd finaal gelikwideer. Die hofbevel het die
respondent uitdruklik gelas om 'n regsmening
in te win aangaande die
regsgeldigheid van die Bank se optrede ingevolge a 63. Vandaar die hofaansoek
wat die appellant bestry het.
Die Hof (Erasmus R) het die applikant, die huidlge
respondent, gelyk gegee en 'n bevel soos aangevra met koste toegestaan. Met
verlof
van die hof a
quo
kom die Bank in hoer beroep teen hierdie bevel.
Hoewel dit nie duidelik uit die stukke blyk of die Bank enige ander vorm van
saaklike
sekerheidstelling buiten dié waarop a 63(1) mik - ten opsigte
van die bates van die Maatskappy verkry het nie, het mnr Maritz,
wat namens die
appellant voor ons opgetree het,
4/...
4. saamgestem dat indien sy vertolking van a 63(1) verwerp word, die
bevel van die hof a
quo
bekragtig behoort te word.
Die geskilpunt, een
van noue omvang, is of a 63 (1) aan die Bank die reg verleen om alle bates van
die Maatskappy in beslag te neem.
Die tersaaklike subartikels van a 63 lui soos volg:
"(1) Indien 'n maatskappy wat aan die bank geld
skuld -
(a)
om een of ander rede
ontbind word; of
(b)
verwyder word van die
register van kooperatiewe maatskappye wat deur die registrateur gehou word;
of
(c)
versuim om die voorwaardes van 'n
voorskot deur die raad verstrek, na te
kom; of
(d) versuim om enige bedrag op die vervaldag
te betaal; of
5/...
5.
(e)
versuim om, wanneer hy
ooreenkomstig sub-artikel (3) van artikel
ses-en-dertig
daartoe
aangesê word, betaling aan die bank te doen; of
(f)
volgens die raad se oordeel opgehou het om besigheid te doen;
of
(g)
vir 'n tydperk gestig was en daardie
tydperk verstryk het,
kan die raad, na sewe dae
kennisgewing per geregistreerde brief, gerig aan die maatskappy aan die adres in
die boeke van die bank
aangeteken, en na behoorlike kennisgewing aan die
verbandnemers, sonder geregtelike proses
enige van die bates of al die bates
van die maatskappy wat spesiaal aan die bank verhipotekeer is
, in beslag
neem en by publieke veiling of uit die hand verkoop, en, in die volgorde wat die
raad bepaal, een of meer van die bevoegdhede
uit kragte van die in sub-artikel
(1) van artikel
agt-en-dertig
bedoelde sessie aan hom verleen,
uitoefen.
(2) Indien iemand deur wie 'n bedrag ten opsigte van aanspreeklikheid weens
ingeskrewe maar onbetaalde kapitaal of voorwaardelike
aanspreeklikheid verbonde
aan aandele, ingevolge die memorandum (as daar is) en akte van oprigting of
regulasies van die maatskappy
betaalbaar geword het, versuim om op skriftelike
aansegging deur die raad,
6/...
6.
daardie bedrag binne sewe dae na die datum van die aansegging te betaai, kan die
raad, na kennisgewing aan die verbandnemers, en
sonder geregtelike proses, deur
die balju soveel van die roerende of onroerende goed van bedoelde persoon in
beslag neem en verkoop
as wat nodig mag blyk om die bedrag, met inbegrip van die
koste in verband met die inbesiagneming en verkoping beloop, te dek.
(3) Die raad moet, wanneer hy van die in hierdie artikel bepaalde regsmiddels
gebruik maak, in elke geval roerende goed soos voormeld
verkoop voordat hy tot
die verkoping van onroerende goed oorgaan, en die bepalings van paragraaf (c)
van sub-artikel (2) van artikel
vyf-en-vyftig
, en van die
voorbehoudsbepaling by daardie sub-artikel, is op aidus verkoopte onroerende
goed van toepassing: Met dien verstande
dat, indien aldus verkoopte eiendom nie
spesiaal aan die bank verhipotekeer is nie, maar spesiaal aan iemand anders
verhipotekeer
is, of ten gunste van iemand anders onderhewig is aan 'n hipoteek
van h vroeër datum as enige hipoteek ten gunste van die bank,
die raad die
opbrings van bedoelde verkoping (na aftrekking van alle koste deur die bank in
verband daarmee beloop), of soveel daarvan
as wat volgens die hipoteekakte aan
bedoelde persoon verskuldig mag wees, aan hom moet
betaal."
(Gerieflikheidshalwe ag ek "die raad" en
"die Bank"
7/...
7. hierin sinoniem te wees.)
Ek haal ook aan, samevattend, die
tersaaklike gedeeltes van die Engelse teks van die Wet, wat die ondertekende een
is:
"(1) If a company [is] indebted to the bank ... the board may ... seize and sell
...
any or all of the company's assets which have been specially mortqaged to
the bank
....
(2)
If any person, whose liability to pay any subscribed but unpaid
capital or any contingent liability attaching to shares, has accrued
... fails
... to pay such amount ... the board may ... seize and sell through the sheriff
so much of the immovable or movable property
of such person as may appear to be
necessary to make good the amount ....
(3)
The
board in having recourse to the remedies provided by this section, shall, in
every case sell as aforesaid movable property before
selling immovable
property.... Provided that, if any property so sold is not specially
hypothecated to the bank, but is specially
hypothecated to some other person, or
is subject in favour of some other person to a hypothecation of a date prior to
any hypothecation
in favour of the bank, the board shall pay to such person the
proceeds
8/...
8.
of such sale (after deducting any costs
incurred by the bank in connection therewith) or so much thereof as may be owing
to that person under the deed of hypothecation."
Die
antwoord op die vraag in geskil berus dus op die uitleg van die woorde ("die
sleutelwoorde") wat ek in die twee tekste beklemtoon
het.
Ter inleiding is
dit dienstig om sekere bepalings van die Wet wat pertinent op die geskilpunt
betrekking het, in oënskou te neem.
Artikel 38(1 )(a) verleen aan 'n
maatskappy die reg om, as sekuriteit vir 'n voorskot van die Bank, ondermeer 'n
sessie aan die Bank
toe te staan van die maatskappy se regte op betaling van die
bedrag wat 'n aandeelhouer aan die maaskappy verskuldig is t o v onbetaalde
kapitaal en enige voorwaardelike aanspreeklikheid wat aan sy aandele verbonde
is. In a 63(1) word twee verskillende regsmiddels ten
gunste van die Bank
geskep: eerstens, om bates van die
9/...
9.
maatskappy sonder geregtelike proses in beslag te neem en van die hand
te sit mits hulle aan die Bank "spesiaal verhipotekeer" is;
en tweedens, om sy
bevoegdhede kragtens 'n sessie ingevolge a 38(1) uit te oefen. Artikel 63(2) het
betrekking op laasgenoemde regsmiddel.
Daarvolgens verkry die Bank 'n reg tot
parate eksekusie ten opsigte van roerende en onroerende goed van 'n
aandeelhouer. Die substantiewe
gedeelte van a 63(3), d w s, die woorde wat die
voorbehoudsbepaling voorafgaan, het betrekking op die eksekusiebevoegdhede t o v
albei regmiddels: daarvolgens moet roerende goed voor onroerende goed verkoop
word. Wat 'n voorbehoudsbepaling betref, het Botha
AR in
Strydom v Die Land-
en Landboubank van Suid-Afrika
1972(1) SA 801(A) op 812G - H daarop gewys
dat:
"'n Voorbehoudsbepaling kan nie as 'n selfstandige
10/...
10.
bepaling uitgelê word nie, maar in die lig van die substantiewe bepalings
wat dit voorafgaan en wat laasgenoemde kwalifiseer
of beperk. In
In re
Tabrisky: Ex parte The Board of Trade
,
1947 Ch. 565
, sê Lord Greene,
M.R., op bl. 568 -
'It is common learning that the object of a
proviso is to cut down or qualify something which has gone before.'"
(Raadpleeg ook
Mphosi v Central Board for Co-operative Insurance Ltd
1974(4) SA 633 (A) op 645 C. ) Die voorbehoudsbepaling in subartikel (3) is
egter nie een in die aldus omskrewe sin van die woord
nie. Die doel daarvan is
nie om die inhoud van subartikel (3), ofte wel dié van die twee vorige
subartikels, te kwalifiseer
of te beperk nie maar om die verdere en finale stap
in die eksekusieproses te orden, te wete, die volgorde van uitkering van die
verkoopte goed se opbrengs. Eerstens word bepaal dat waar sodanige goed nie aan
die Bank spesiaal verhipotekeer is nie, maar wel
aan 'n derde,
11/...
11 .
laasgenoemde voorkeur geniet. In die lig van die sleutelwoorde in a 63(1) kan
hierdie bepaling alleenlik verwys na verkoopte goed
wat voorheen aan h
aandeelhouer
behoort het. Tweedens word dle beginsel
qui prior est
tempore potior est iure
erken en toegepas waar die Bank en 'n derde 'n
hipoteek oor goed van 'n maatskappy of 'n aandeelhouer (of miskien van albei)
het.
Voor ons was die omvang van die sinsnede "spesiaal ... verhipotekeer is"
bespreek. Dié woorde, of "spesiale hipoteek", word
nie in die Wet omskryf
nie. "Hipoteek" ("hypotheca") is 'n generiese term wat verskeie vorms van
saaklike sekerheidstelling mag insluit.
Soos Joubert AR, met verwysing na ons
gemenereg, in
Cooper NO en Andere v Die Meester en 'n Ander
1992 (3) SA
60
(A) 70 C - D aantoon:
"Na die resepsie van die Romeinse reg in die
12/...
12.
Nederlande het die vernaamste indeling van verbande of hipoteke in provinsie
Holland en Wes-Friesiand uit twee groepe bestaan, ni
bedonge of konvensionele
verbande gebaseer op 'n uitdruklike verbandooreenkoms tussen verbandgewer en
verbandhouer, en iegale of
stilswyende verbande (
hypothecae
leqales/tacitae
) wat van regsweë ontstaan.
Die Hollandse juriste het na 'n verband verwys as 'verband', 'hypotheecq',
'onderzetting', '
hypotheca
'. Soms het huile dit selfs '
pignus
'
genoem wat baie verwarrend is omdat die verbandhouer anders as die pandhouer nie
in besit van die beswaarde saak is nie."
In Van der Merwe
Sakereg
(2de uitgawe) 610 word die indeiings waaronder die verskillende
soorte hipoteke in die Romeins-Hollandse Reg val, uiteengesit. "Hypotheca"
sluit
ook in, soos alom bekend is, 'n spesiale verband oor onroerende eiendom en 'n
spesiale of algemene notariële verband oor
roerende eiendom. (Van der Merwe
op
cit
639 en 667; en vergelyk "special mortgage" soos omskryf in a 2 van
die Insolvensiewet nr 24 van 1936.) Die betekenis van die woorde
13/...
13. "verhipotekeer is" ("mortgaged") en "speslaal" in a 63(1)
lê dus nie voor die hand nie. Die advokate het tentatief aangevoer
dat die
sleutelwoorde alleenlik op onroerende eiendom betrekking het, m a w, dat hulle
slegs na 'n spesiale verband oor grond verwys.
Daar is
indicia
wat
hierdie vertolking weerspreek. Die woord "bates" in teenstelling met "onroerende
goed" - 'n begrip wat in die twee daaropvolgende
subartikels voorkom - dek ook
roerende eiendom. En dit blyk duidellk uit a 62(1) gelees met a 62(2) dat die
identiese sinsnede -
"spesiaal aan die bank verhipotekeer is" - nie tot
onroerende goed beperk is nie. Dit is egter, soos reeds genoem, gemene saak dat
die Bank in die onderhawige geval hoegenaamd geen hipoteek van enige aard oor
die bates van die Maatskappy het nie. In die lig van
hierdie feit is
onduidelikheid oor die
bestek
van die begrip "spesiaal
14/...
14. verhipotekeer" nie nou ter sake nie. (Vanselfsprekend baat dit
die appellant nie om te betoog dat die sleutelwoorde net na onroerende
goed
verwys nie. Dit sou die beperking inherent in die sleutelwoorde net verder
inkort.)
Mnr Maritz was dus verplig om aan te voer dat die Bank van die
betrokke regsmiddel gebruik kan maak in die afwesigheid van enige hipoteek
oor
die bates van die Maatskappy. Hy moes egter erken dat die Engelse bewoording
duidelik en ondubbelsinnig is. Na my mening is die
sleutelwoorde in die
Afrikaanse teks ewe eksplisiet. Maar hy het aan die hand gedoen dat ander
bepalings in die Wet die afleiding
regverdig dat die woorde van die wetgewer nie
sy bedoeling weergee nie. In antwoord op 'n vraag van die hof, het mnr Maritz
toegegee
dat, volgens sy benadering, om uiting te gee aan die bedoeling van die
wetgewer, die ter
15/...
15. saaklike deel van a 63(1) moes bepaal het dat die Bank enige
van die bates van die maatskappy in beslag mag neem en verkoop "al
is dit nie
spesiaal aan die bank verhipotekeer nie" - die teenoorgestelde van wat
uitdruklik gesê word. Die betoog kom dus
hierop neer dat die beperking -
"wat spesiaal aan die bank verhipotekeer is" - wat in wese die regsmiddel
uitmaak, by uitleg deurgehaal
moet word of as
pro non scripto
beskou moet
word.
In
Bhyat v Commissioner for Immigration
1932 AD 125
op 1 29 het
hierdie hof die geykte en grondliggende beginsel van wetsuitleg soos volg
gestel:
"The cardinal rule of construction of a statute is to endeavour to arrive at the
intention of the lawgiver from the language employed
in the enactment. That is a
trite statement of the law, but does not assist us to ascertain the intention
when the language has made
it obscure. Hence there has been evolved a number of
subsidiary rules of construction, which are enunciated and applied in the
decisions
of our own Courts and in
16/...
16.
those of Great Britain.... But there is undoubtedly an older and less qualified
rule of construction and that is that in construing
a provision of an Act of
Parliament the plain meaning of its language must be adopted unless it leads to
some absurdity, inconsistency,
hardship or anomaly which from a consideration of
the enactment as a whole a court of law is satisfied the Legislature could not
have intended. 'The words of a statute never should in interpretation be added
to or subtracted from, without almost a necessity':
per
Lord Bramwell in
Cowper Essex v. Acton Local Board
(14, A.C. 153
,
169)."
Die beginsel is onlangs met verwysing na hierdie bepaalde
Wet bevestig en herhaal in
Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester
en Andere
1991(2) SA 761 (A) op 770 D - E:
"Die bewoording daarvan [a 34(3) (b) van die Wet] moet in die gewone,
grammatikale betekenis daarvan verstaan word tensy dit uit
dle samehang van die
Wet sou blyk dat so 'n vertolking aanleiding tot 'n absurditeit sou gee of tot
'n resultaat sou lei wat strydig
met die bedoeling van die Wetgewer sou wees, in
welke geval 'n hof bevoeg sou wees om van die gewone grammatikale betekenis van
die
bewoording af te wyk ten einde aan die duidelike bedoeling van die Wetgewer
gevolg te gee."
17/...
17. Dit is skaars nodig om daarop te
wys dat die letterlike betekenis van die sleutelwoorde tot geen absurditeit lei
nie. Daar kan
ook nie gesê word dat huiie nie 'n getroue weergawe van die
Wetgewer se bedoeling is nie. Die bevoegdheid om sonder 'n geregtelike
proses
bates in beslag te neem en van die hand te sit, is in stryd met die gebruiklike
prosedure aangaande uitwinning wat ter beskerming
van die vonnisskuidenaar en
ander belanghebbendes voorgeskryf word. (Vgl
Land- en Landboubank van
Suid-Afrika v Cogmanskloof Besproeiinqsraad
1992(1) S.A. 217(A) 239 D 240
F.) 'n Beperking op so 'n ingrypende reg van parate eksekusie sou derhaiwe glad
nie vreemd voorkom
nie. Artikel 62(1), wat spesiale regsmiddels vir die verhaal
van voorskotte aan
kooperatiewe verenigings
verstrek, iui:
"Ingeval die raad besiuit om ten opsigte van 'n
18/...
18.
voorskot aan 'n koóperatiewe vereniging verstrek, gebruik te maak van die
regsmiddels wat deur artikels
vyf-en-vyftiq
en
een-en-sestig
aan
hom verleen word, kan die raad, benewens genoemde regsmiddels, sonder
geregtelike proses al die bates van die vereniging, of
'n deel daarvan, betree
en in beslag neem en na kennisgewing by openbare veiling verkoop, al is dit nie
spesiaal aan die bank verhipotekeer
nie."
Die
uitwinningsbevoegdheid in hierdie subartikel is soortgelyk aan dié in a
63(1) maar nie dieselfde nie. In teenstelling met
die sleutelwoorde wat in
laasgenoemde subartikel voorkom, is die regsmiddel in a 62(1) nie aan enige
beperking onderhewig nie. Bespiegeling
oor die rede vir hierdie verskil is
onnodig. Wat egter soos 'n paal bo water staan, is dat die woorde "al is dit nie
spesiaal aan
die bank verhipotekeer nie" in die daaropvolgende artikel, a 63(1),
nie herhaal word nie. Dit is, myns insiens, 'n dwingende aanduiding
dat die
sleutelwoorde met die werklike bedoeling van die wetgewer ooreenstem. Daar
19/...
19.
bestaan dus nog noodsaaklikheid nog regverdiging daarvoor om deur middel van
ander bepalings in die Wet - sommige waarvan in sekere
opsigte onduidelik is -
'n ander betekenis aan hierdie woorde toe te dig.
Ek sal nietemin kortliks
die betoë namens die appellant in oênskou neem.
Mnr Maritz het aan
die hand gedoen dat die voorbehoudsbepaling in a 63(3) sy standpunt steun. Sy
betoog in dié verband, kan
soos volg opgesom word: (i) Ingevolge die Wet
is die Bank nie by magte om 'n hipoteek oor die roerende of onroerende goed van
'n
aandeelhouer
te bekom nie. (ii) Die verwysing in die
voorbehoudsbepaling na "aldus verkoopte eiendom" wat "nie spesiaal aan die bank
verhipotekeer
is nie" kan dus alleenlik op die
maatskappy
se eiendom
betrekking hê. (iii) Die wetgewer het deur die pas aangehaalde woorde in
die voorbehoudsbepaling te kenne gegee
dat
20/...
20. bates van 'n maatskappy wat nie aan die Bank spesiaal
verhipotekeer is nie, ook ingevolge a 63(1) aan beslaglegging en verkoping
onderhewig is. (iv) Dit, so word aangevoer, is 'n aanduiding dat die
sleutelwoorde nie met die werklike bedoeling van die wetgewer
ooreenstem nie.
Hierdie stellings en gevolgtrekking gaan net nie op nie. Allereers moet daarop
gewys word dat die woorde in a 63(3)
wat die voorbehoudsbepaling voorafgaan,
heel duidelik na "die in hierdie artikel bepaalde regsmiddels" verwys, d w s
dié wat
deur beide a 63(1) en a 63(2) geskep word. Ek kan my nie voorstel
dat die voorbehoudsbepaling wat daarop volg slegs na die regsmiddel
in a 63(1)
verwys nie. Verder is ek geensins daarvan oortuig dat premis (i) hierbo, waarop
hierdie hele betoog berus, korrek is nie.
Soos blyk uit a 21 van die Wet, is die
hoofdoel en -besigheid van die Bank om geld aan sekere persone
21/...
21 . en instansies voor te skiet "en in die algemeen ... die
handelings te verrig wat aan die bank kragtens hierdie Wet of ander
wetsbepalings
bevoeg is om ... te verrig" ("and generally ... to do all such
acts as the bank may by this Act or any other law be authorized to
do"). Indien
die Bank deur 'n sessie ingevolge a 38(1) 'n eis teen 'n aandeelhouer verkry,
bestaan daar m i geen rede waarom die
Bank nie ter versekering daarvan - voor of
na aanmaning soos deur a 63(2) vereis - op 'n hipoteek van die betrokke
aandeelhouer kan
aandring en dit verkry nie. Mnr Maritz kon ons nie op enige
bepaling in die Wet wys wat so 'n verbod bevat nie. Ek moet ook byvoeg
dat al
het hierdie stelling van die appellant meer om die lyf gehad, ek sou huiwer om
die substantiewe bepaling, wat die regsmiddel
tot stand bring, uit te lê
met verwysing na 'n ondergeskikte voorskrif, waarin h aspek van die uitvoering
daarvan
22/...
22. gereël word.
'n Alternatiewe betoog namens die
applikant, indien ek dit korrek begryp het, is die volgende: (i) die
sleutelwoorde moet uitgeiê
word as verwysend na (a) "bates" (d w s
roerende bates) van 'n maatskappy en (b) "al die bates" (d w s onroerende bates)
van 'n maatskappy
wat aan die Bank verhipotekeer is, m a w dat die genoemde
beperking alleenlik vir
onroerende
goed geld; (ii) hierdie gevolgtrekking
word bevestig deur die feit dat die Wet nie vir die verhipotekering van 'n
maatskappy se roerende
goed voorsiening maak of sodanige verhipotekering toelaat
nie; (iii) a 63(1) plaas dus geen beletsel op die inbeslagneming van 'n
maatskappy se
roerende
bates nie; (iv) die bevel van die hof a
quo
is foutief in soverre dit in effek die beslaglegging van
roerende
bates
van die maatskappy nietig verklaar.
23/...
23. Die aanvanklike premis ( (i) hierbo) is onhoudbaar. Mnr Maritz
moes toegee dat die woorde in die ondertekende teks ("any or ail
of the
company's assets") nie vir so 'n tweeledige vertolking vatbaar is nie. Wat die
Afrikaanse teks betref, is dit heel duidelik
dat die woorde "of al die bates"
toutologies in hierdie subartikei ingevoeg is. Die woorde "enige van die bates"
sluit vanselfsprekend
"al die bates" van 'n maatskappy ook in. Daar kan met
vertroue aanvaar word dat indien die wetgewer 'n onderskeid tussen 'n spesiale
verband op grond en die verhipotekering van roerende goed wou tref, hy nooit die
sleutelwoorde so sou geformuleer het nie. In die
omstandighede is dit streng
gesproke onnodig om kommentaar te lewer oor artikels in die Wet wat na bewering
hierdie benadering steun.
Wat (ii) hierbo betref, kan verder genoem word dat
daar in die bepalings van die Wet, waarna mnr
24/...
24. Maritz ons verwys het, geen regverdiging vir daardie stelling
te vinde is nie. Mnr Maritz kon ons nie op enige bepaling in die
Wet wys wat 'n
hipoteek oor roerende goed van die Maatskappy ten gunste van die Bank verbied
nie. Inteendeel beoog a 25(a)(ii), b
v, 'n voorskot "teen sekuriteit van effekte
deur die Republiekregering uitgereik". Dit is 'n verwysing na roerende goed wat
as sekuriteit
deur h maatskappy aangebied mag word.
My slotsom is bygevolg
dat die duidelike bewoording van a 63(1) van die Wet die bevel van die hof a
quo
ten volle regverdig.
Ek ag dit nodig om h naskrif by te voeg. In
Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Cogmanskloof Besproeiingsraad
(supra) 244A het my Kollega E M Grosskopf daarop gewys dat die Wet sleg opgestel
is. Ek kan maar net hierdie opmerking beaam en benadruk.
In
25/...
25. die lig van onduidelikhede en oënskynlike teenstrydighede wat in
sekere bepalings van a 63 (asook in ander artikels van die
Wet wat by oorweging
van die onderhawige appèl ter sprake gekom het) voorkom; in die lig
verder van verskeie verskille tussen
die Engelse en Afrikaanse weergawes; en van
voorskrifte wat oorbodig geword het omdat die Koöperasiewet nr 91 van 1981
weggedoen
het met die onderskeid tussen koöperatiewe verenigings en
koöperatiewe maatskappye; sal almal wat deur die Wet geraak word
daarby
baat indien die Wetgewer dit in sy geheel sonder onnodige vertraging
hersien.
Die appèl word van die hand gewys met koste, wat die koste van twee
advokate insluit.
M E KUMLEBEN
APPèLREGTER
HOEXTER AR)
F H GROSSKOPF AR) VAN DEN HEEVER AR) - Stem saam
VAN COLLER
WnAR)