S v Stemmet en 'n Ander (391/91) [1992] ZASCA 216 (27 November 1992)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction and sentencing of appellants for murder — Appellant 1 orchestrated murder of ex-wife to avoid maintenance payments — Appellant 2 assisted in the murder — Appellants convicted and sentenced to 25 years imprisonment — Appellant 1's appeal dismissed; appellant 2's appeal allowed and sentence reduced to 15 years — Court found appellant 1's culpability greater due to planning and execution of the crime, while appellant 2's involvement was less severe.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 216
|

|

S v Stemmet en 'n Ander (391/91) [1992] ZASCA 216 (27 November 1992)

SAAKNOMMER 391/91 J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak tussen:
ROCCO STEMMET
Eerste Appellant
PAULUS MALEKA
Tweede
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: BOTHA, EKSTEEN, ARR et HARMS, WnAR
VERHOORDATUM
: 16 NOVEMBER 1992
LEWERINGSDATUM
: 27 NOVEMBER
1992
UITSPRAAK
HARMS, WnAR:
Die twee appellante is in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling aan die
moord op mev H H Stemmet
2
("die oorledene") skuldig bevind en tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Hulle appelleer met verlof van die verhoorregter (Van Coppenhagen
R) teen hulle
vonnis. Aangesien die aard van die misdryf 'n belangrike oorweging by
vonnisoplegging was, is dit nodig om vooraf met
die tersaaklike feite te
handel.
Appellant 1 en die oorledene is op 16 April 1988 met mekaar getroud. Later
die jaar is 'n seun uit die huwelik gebore. Die huwelik
is op 14 November 1989
deur 'n egskeidingsbevel ontbind. Ten spyte van die egskeiding kon die partye
mekaar nie in vrede laat nie.
Die oorledene en die kind het na Bethlehem verhuis
en ' n woonstel betrek en appellant 1 het ' n huis op Kransfontein in die
distrik
bewoon wat aan sy werkgewer behoort het.
Gedurende Maart 1990 het hy besluit om die oorledene te vermoor. Hy het vir
mnr Johannes Motsoeneng probeer werf om hom by die pleeg
van die
3
moord behulpsaam te wees. Die rede wat hy vir die
beoogde doodslag gegee
het, was dat hy nie meer
onderhoud aan die oorledene wou betaal nie.
Mnr
Motsoeneng het allerlei besware geopper oor waarom die
moord nie onnaspeurbaar kon wees nie, maar appellant 1
het aanhou aandring. Mnr Motsoeneng het die gebeure
aan sy werkgewer, mnr Visagie, gerapporteer en aangesien
dié ook bevel oor appellant 1 gevoer het, het hy hom
ingeroep en aangespreek oor die storie. Appellant 1 het
dit ontken.
Hierna het hy navraag by 'n verpleegster gedoen oor die verkryging en toedien
van chloroform en ook oor die vraag of dit iemand se
dood sou kon veroorsaak. Hy
het toe chloroform by 'n apteker te koop gekry. Die volgende stap was om
appellant 2 te werf om hom by
die pleeg van die moord by te staan. Appellant 2
was 'n werklose en is geld aangebied om behulpsaam te wees. Appellant 1 het sy
motief,
soos aan mnr Motsoeneng
4
gestel, herhaal. Ter verdere oorreding het hy appellant 2 na 'n toordokter
geneem wat hom meegedeel het van die probleme wat appellant
1 met die oorledene
ondervind het en onderneem het dat sy sou toesien dat hulle vingerafdrukke nie
deur die polisie gevind word nie.
Appellant 2 het daarna te kenne gegee dat hy
nie met die transaksie wou voortgaan nie waarop appellant 1 hom vererg het en
hom daarvan
beskuldig het dat hy 'n bangbroek is.
Op 3 April 1990 het appellant 1 vir appellant 2 by sy woning opgelaai en het
hulle na die woonstel van die oorledene gery. Appellant
1 het toegang deur
middel van valse voorwendsels verkry en die oorledene met die chloroform
oorweldig. Sy het haar bewussyn verloor
en is toe deur beide appellante in die
motor se kattebak gelaai. Hulle het na Saulspoortdam, wat buite Bethlehem
geleë is, gery.
Aangesien die oorledene begin het om haar bewussyn te
herwin, is sy deur beide
5
appellante met 'n tou verwurg. Sy is as gevolg hiervan dood. Net om seker te
maak dat sy wel dood is, is 'n plastiese sak om haar
kop gebind. Appellant 1 is
toe weg om die oorledene se klere uit die woonstel te verwyder en het dit aan
appellant 2 oorgelaat om
'n klip aan die oorledene se nek vas te bind en haar
lyk in die dam te gooi. Dit het hy gedoen.
Appellant 1 het daarna met van die oorledene se persoonlike besittings
opgedaag en die twee het hierdie goed in 'n ou kraal verbrand.
Dit is gedoen
omdat appellant 1 die indruk wou wek dat die oorledene weggeloop het. Om hierdie
indruk verder te versterk, het hy
'n nota aan die yskasdeur geheg wat dit te
kenne gee en het hy ook 'n brief aan haar ouers gerig (wat voorgee dat dit van
haar afkomstig
is) waarin sy sou vermeld het dat sy met 'n ander man weggeloop
het. Appellant 1 het vermoedelik die seuntjie gedurende die nag versorg
maar
vroeg die oggend in sy wiegie in die
6
woonstel teruggeplaas waar hy deur 'n vriendin van die oorledene in 'n nat en
huilende toestand aangetref is. Appellant 1 het nie
appellant 2 betaal nie.
Intussen het die polisie vir mnr Motsoeneng versoek om met appellant 1 te praat
en tydens die gesprek het
eersgenoemde vasgestel dat die moord gepleeg is en is
hy versoek om 'n afspraak met appellant 2 te reël vir die betaling van
die
bloedgeld van R2000,Ó0. Die polisie het die twee booswigte ingewag en by
die oorhandiging in hegtenis geneem. Appellant
2 het onmiddellik sy
betrokkenheid beken en die nodige uitwysings gemaak. Appellant 1 het geswyg en
het eers ter strafversagting
getuig.
By oorweging van die vraag of die vonnis wat appellant 1 opgelê is,
gewysig kan. word, is betoog dat die hof
a guo
misgetas het deur, by
beoordeling van sy blaamwaardigheid, die aard van die verhouding tussen hom en
die oorledene en in besonder
sy beweerde liefde vir
7
die oorledene, nie voldoende in ag te neem nie. Wat wel in hierdie verband
deur die verhoorhof bevind is, is die volgende:
"Ons neem ook as strafversagtend ten gunste van beskuldigde 1 in aanmerking
dat hy lief was vir die oorledene met wie hy voorheen
getroud was, en wie die
moeder was van hulle seuntjie. Ons aanvaar dat hierdie liefde hom as't ware op
sy knieë voor haar gedwing
het. Ons aanvaar ook dat hy, dit wil sê
beskuldigde 1, die oorledene se verkleinerende en soms spottende op- en
aanmerkings
as gevolg van sy lae intelligensie nie rasioneel kon verwerk
nie."
Ek is van oordeel dat die verhoorhof die appellant se liefde vir die
oorledene eerder oor- as onderbeklemtoon het. Soos ek reeds aangedui
het, het hy
by herhaling voor die gebeure gesê dat sy motief vir die moord was om 'n
onderhoudsverpligting te vermy. Dit is
eers tydens sy getuienis ter
strafversagting dat
8
hy met die bewering vorendag gekom het van sy onsterflike liefde vir die
oorledene, dat sy hom verneder het en nie sy liefde beantwoord
het nie. Sy
getuienis in hierdie verband is onindrukwekkend. Die partye was geskei en
appellant 1 is by herhaling versoek om nie
met die oorledene in verbinding te
treë nie. Die spottery waarna die verhoorhof verwys het, het tydens die
huweliksverhouding
tussen die partye plaasgevind. Die wyse waarop appellant 1 sy
gevoel vir die oorledene tasbaar te kenne gegee het, toon ook nie van
enige
liefde nie. Hoe dit ook al sy, ek vind geen aanduiding dat daar ' n mistasting
in die opsig betoog, was nie. Die vonnis opgelê
was swaar maar was bedoel
om swaar te wees. Dit is nie betoog (en tereg ook) dat die vonnis skokkend
onvanpas was nie. Dit volg dus
dat appellant 1 se appél van die hand
gewys moet word.
As mens na appellant 2 se vonnis kyk, val dit onmiddellik op dat die
verhoorhof die blaamwaardigheid
9
van beide appellante gelykgestel het. In die uitspraak op verlof tot
appél, is dit ook uitdruklik gesê dat dit die uitgangspunt
was. Dit
is natuurlik so dat kontrakmoord verfoeilik is en dat die doodvonnis gewoonlik
die enigste gepaste vonnis daarvoor is. Dit
is ook dikwels nie maklik om te
bepaal wie moreel meer blaamwaardig is nie: die huurder of die moordenaar. Sien
S v Mabaso and Others
1992 1 SASV 690(A)694. In hierdie geval was
appellant 2 nie 'n gehuurde moordenaar in die gebruiklike sin van daardie begrip
nie.
Hy is eintlik as 'n helper ingespan. By die fisiese doding het hy 'n gelyke
aandeel aan die verrigtinge gehad en nie alles namens
appellant 1 gedoen nie.
Hoewel daar dus 'n pariteit wat die aandeel aan die finale doodslag aanbetref,
aanwesig was, is ek nogtans
van oordeel dat appellant 2 se blaamwaardigheid
wesentlik van 'n laer orde is as dié van appellant 1. Ek het reeds daarop
gewys dat hy werkloos was en hoe
10
appellant 1 sy onwilligheid oorkom het. Daarbenewens is appellant 1 die
beplanner en die verskaffer van die hulpmiddelle. Hy het ook
die eerste
aggressiewe handeling verrig en die opdrag tot die finale verwurging gegee.
Daarteenoor het ons die feit dat appellant
2 teen vergoeding bereid was om die
misdryf te pleeg en dat hy geen persoonlike (werklike of gewaande) onreg wou
vergeld nie. Dit,
in die besondere omstandighede van die geval, is egter nie
genoeg om 'n gelykheid in blaamwaardigheid daar te stel nie. Ek is dus
van
oordeel dat die verhoorhof in hierdie opsig misgetas het en dat hierdie Hof
gevolglik bevoeg is om in te gryp en om die gepaste
vonnis van meet af te
bepaal.
Dit is verder namens appellant 2 betoog dat die verhoorhof gefouteer het deur
te bevind dat hy nie ware berou getoon het nie. 'n Bevinding
oor berou is 'n
feitebevinding en hoewel aanvaar moet word dat appellant 2 spoedig sy
aandadigheid erken het en gesê het dat
hy
11
nie "lekker" oor die misdryf gevoel het nie, is ek nie oortuig dat die
verhoorhof in sy feitebevinding gefouteer het nie. Dit is ook
betoog dat
appellant 1 se invloed op en beïnvloeding vam appellant 2 nie na behore
getakseer is nie en ook dat die geloof in
'n toordokter nie voldoende in ag
geneem is nie. Hierdie betoog kan na my oordeel ook nie slaag nie. Die hof a
quo
het uitdruklik bevind, in die konteks van strafversagting, dat
appellant 2 ongekunsteld was, onder die invloed van appellant 1 was
en in 'n
mindere mate onder die invloed van 'n toordokter gehandel het.
In die lig van voorgaande en met inagneming van al die relevante faktore in
hierdie uitspraak en ook in die uitspraak van die hof
a quo
genoem, is ek
van oordeel dat 'n gepaste vonnis vir die misdryf gepleeg deur appellant 2,
gevangenisstraf van 15 jaar is.
Die volgende bevel word dus gemaak:
12
a
(a)
Appellant 1 se appèl
word van die hand gewys.
(b) Appellant 2 se appèl slaag en die vonnis word gewysig om te lees "15
jaar gevangenisstraf".
L T C HARMS WAARNEMENDE
APPéLREGTER
BOTHA, AR )
stem saam EKSTEEN, AR )