S v Kubayi (578/91) [1992] ZASCA 215 (27 November 1992)

67 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction and sentence — Appellant convicted of two counts of murder and robbery with aggravating circumstances — Appellant's confession admitted as evidence despite challenges to its reliability — Court finds sufficient corroborating evidence to support conviction — Death sentence imposed as appropriate punishment — Appeal against conviction and sentence dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 215
|

|

S v Kubayi (578/91) [1992] ZASCA 215 (27 November 1992)

SAAKNOMMER: 578/91 J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
NORMAN
KUBAYI
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: CORBETT, HR, KUMLEBEN, AR et
HARMS, WnAR
VERHOORDATUM
: 13 NOVEMBER 1992
LEWERINGSDATUM
: 27 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK
HARMS, WnAR:
Die appellant is aan twee aanklagte van moord skuldig bevind en in die
Witwatersrandse Plaaslike
2
Afdeling ter dood veroordeel. Hy appelleer tans teen sy skuldigbevindings
asook die vonnisse opgelê kragtens die outomatiese
reg van appèl
geskep deur artikel 316A van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet") . Hy is
gelyktydig ook aan roof met
verswarende omstandighede skuldig bevind. Hierdie
skuldigbevinding is onlosmaaklik aan die ander verbonde omdat die drie misdade
by dieselfde geleentheid gepleeg is en die skuldigbevindings almal afhanklik was
van die toelaatbaarheid en betroubaarheid van 'n
bekentenis en die verwerping
van 'n alibi. Geen verlof tot appèl is ten aansien van die roof aangevra
nie. Nogtans is daardie
skuldigbevinding in die betoogshoofde aangeval. Die
Staat het tydig kennis van die gebrek aan die appellant se advokaat gegee maar
dié het nagelaat om enige regstellende stappe te neem. Tydens die aanhoor
van die appêl was sy standpunt dat as die
appél wat behoorlik voor
die hof is, suksesvol sou wees, hy die
3
nodige aansoek om kondonasie en verlof tot appél sou rig. So 'n
voorgestelde prosedure is natuurlik onaanvaarbaar omdat dit
tot 'n vertraging
van die afsluiting van die geding en die moontlike vrylating van 'n veroordeelde
kan lei en ook omdat dit die werklas
van hierdie Hof kan verdubbel. In die lig
van die gevolgtrekking oor die meriete van die huidige appèl het daar
egter nie
'n regsvergryp plaasgevind nie.
Op 15 November 1990 en in die woonbuurt Sydenham, Johannesburg, het een of
meer persone helder oordag die huis van mnr C Tellides
betree met die oogmerk om
hom te beroof. Hy is in die loop van die rooftog vermoor. So ook sy huishulp,
mev L F Makgale. Twee video-masjiene,
'n goue horlosie, 'n bos sleutels en
kontant is buitgemaak. Mnr Tellides is nege keer in die bors en maag met 'n mes
gesteek en drie
steke het sy hart en een sy aorta deurgedring. 'n Poging is ook
aangewend om sy keel af te sny. Mev Makgale is ook doodgesteek deur
4
meerdere messteke. Daar was tekens dat sy haar verweer
het omdat drie
wonde op haar voorarm voorgekom het.
Die polisie het vermoed dat die
moordenaar of moordenaars aan een of beide van die oorledenes bekend moes gewees
het omdat daar geen
teken van 'n geforseerde toegang tot die perseel was nie.
Die appellant was so 'n persoon aangesien hy deeltydse werk vir mnr Tellides
verrig het. Hy het, volgens sy eie getuienis, 'n dag of wat na die gebeure by
bure verneem van die voorval. Op 26 November het hy
by die huis opgedaag. Mnr
Tellides se seun het hom laat binnekom met die doel om sy reaksie waar te neem.
Volgens hom het die appellant
onkunde geveins. Wat egter 'n suspisie gewek het,
was die feit dat die appellant 'n snywond oor sy linker handpalm gehad het. By
navraag het die appellant gesê dat hy homself met 'n grassnyerlem beseer
het. Die polisie is ontbied.
Die appellant is toe ondervra na die sny aan die
5
hand. Hy het eers gesê dat hy dit tydens 'n bakleiery in Hillbrow
opgedoen het. Omdat dit van die weergawe aan die seun verskil
het, is die
appellant versoek om die plek uit te wys. Op pad na Hillbrow het hy toe
gesê dat die bakleiery in Houghton plaasgevind
het en het hy daar 'n
perseel uitgewys. Daarna het hy sy weergawe verander en gesê dat hy die
sny te Norwood opgedoen het en
het hy ' n ander plek waar die gebeurtenis sou
plaasgevind het, uitgewys. Hierdie rondspringery het daartoe gelei dat hy as
verdagte
deur die polisie aangehou is. Die volgende dag het hy 'n bekentenis aan
kaptein Dempsey gemaak wat só lui:
"Ek het by ' n sekere blanke man se huis tuinwerk gedoen. Terwy1 ek daar
gewerk het was daar 'n ander blanke man wie my werkgewer
gehelp het. Ek was
eendag verbaas gewees. Die blanke man wie my werkgewer behulpsaam was het na my
gekom en gesê dat my baas
baie geld het en dat hy 'n plan sal maak om my
baas aan te val. Daardie blanke man het eendag by my gekom en gesê dat ek
hom
moet ontmoet by ' n sekere
6
plek op 'n Donderdag. Ek het op die
betrokke Donderdag na
die plek gegaan om die
blanke man te ontmoet. Met my aankoms by
die plek
het ek 'n motorkar wat daar parkeer
was aangetref. In die kar was 'n
blanke
man. Die tyd was ongeveer 14h00. Die
blanke man in die kar was die
een wie by my
baas gewerk het. Daar was nog 'n blanke man
gewees. Hy is
onbekend aan my. Myself en
die blanke man wie bekend is aan my het te
voet
geloop na die plek waar ons werksaam
was. Die ander onbekende blanke man het
by
die kar gebly. Met ons aankoms by die
werksplek het die blanke man die
deurklokkie
gedruk. Die blanke man het iets gedra wat
soos handskoene
gelyk het. Dit was baie
sag. My werkgewer het die deur oopgesluit.
Die
blanke man by my het my werkgewer
aangeval en gesteek met ' n mes.
My
werkgewer het begin skreeu. Op daardie
stadium het die bediende 'n
Swartvrou daar
opgedaag. Ek het ook ' n mes gehad wat die
blanke man my
gegee het. Ek het my
werkgewer twee keer met die mes gesteek.
Die blanke
man wie by my was het gesê dat
die bediende ons ken en dat ons haar
ook
moet doodmaak. Ons het haar ook
doodgesteek met die messe. Die blanke
man
by my het geld uit my werkgewer se sak
gehaal asook 'n kaartjie. Hy
het my
werkgewer se beursie agter gelaat. Die
blanke man het vir my
gesê dat ek uit moet
gaan. Ek het nie heeltemal uit die huis
gegaan
nie. Ek het by die deur gaan staan.
Die blanke man het uitgekom met twee
videos.
Ons het teruggeloop na die plek waar ons die
7
ander witman en motorkar gelos het. Die
blanke man het belowe om geld vir my te gee.
Ons het in die motorkar geklim en 'n entjie
gery. Die blanke man het stilgehou en gesê
dat ek uit die kar moet klim. Ek het
uitgeklim en hulle het verder gery. Die
blanke man het my nie betaal nie. Dit is
al."
By die aanvang van die verhoor het die appellant skuldig gepleit maar omdat
die pleit nie in ooreenstemming met sy instruksies aan
die advokaat was nie, het
die hof verdaag en na 'n konsultasie is die pleit na een van onskuldig verander.
Geen pleitverduideliking
is gegee en die verhoorregter het ook nie om een
ingevolge artikel 115 (1) van die Wet gevra nie. Dit het eers tydens die
verdedigings-getuienis
aan die lig gekom dat die verweer 'n alibi was.
Die toelaatbaarheid van die bekentenis was in geskil maar is na 'n
binne-verhoor toegelaat. Dit is nie tydens die appél betoog
dat daardie
bevinding in
8
enige opsig aanvegbaar is nie. Die betoog was dat die inhoud van die
bekentenis nie bo redelike twyfel waar was nie omdat, getoets
aan sekere
objektiewe feite, dit nie die volle waarheid bevat het nie. Dus, aldus die
betoog, moet dit volg dat die appellant, om
'n rede wat nie uit die getuienis
blyk nie, die storie uit sy duim gesuig het. Wat uit die oog tydens die betoog
verloor is, is dat
die inhoud van 'n bekentenis selde heeltemal juis is. Dit is
veral dikwels deurspek met verontskuldigende stellings en hoewel die
verklaring
as geheel bewysmateriaal is, volg dit nie dat veel waarde noodwend aan die
verontskuldigende of nie-inkriminerende gedeeltes
geheg word nie (
R v
Cele
1959 1 SA 245
(A) 252D-253B;
R v Vather and Another
1961 1 SA
350
(A) 354E-355A).
Waarop die advokaat hom veral beroep het, was die getuienis van mev Malopo.
Sy het getuig dat sy op die noodlottige dag ná
14h00 die straat afgeloop
het. Sy
9
het 'n voertuig geparkeer sien staan met twee insittendes, 'n swart man
en ' n blanke man. Sy het die persone beskryf maar getuig
dat sy die appellant
nie ken nie en hom ook nie vantevore gesien het nie. Dit is dan betoog dat
hierdie getuienis verskil van die
bekentenis aangesien die bekentenis te kenne
gee dat drie persone by die misdryf betrokke was. Die probleem met die betoog is
dat
dit van die veronderstelling uitgaan dat die persone wat in die voertuig
gesit het, die moordenaars was. Dit het die Staat nie bewys
nie al wou hy. Dit
veronderstel ook dat bewys is dat die aanval tussen 14h00 en 14h30 plaasgevind
het. Geen sodanige getuienis is
voor die hof geplaas nie. Ek is in ieder geval
van oordeel dat mev Malopo se getuienis met 'n mate van omsigtigheid bejeën
moet
word. Sy was klaarblyklik in staat en gewillig om getuienis aan die hand
van haar intuïsie te lewer soos toe sy getuig het dat
sy geglo het dat die
twee persone bang was om uit
10
die voertuig uit te klim en dat hulle vir haar gewag het om verby te kom en
daarna waarskynlik uit die voertuig geklim het.
Die hof
a quo
het
voldoende waarheidsmomente in die bekentenis gevind om tot die gevolgtrekking te
kom dat dit in wese die waarheid is. Daardie
bevinding is nie aangeval nie en
kon ook nie aangeval word nie. Ek mag net meld dat die besering aan die
appellant se hand en die
leuens wat hy daaromtrent vertel het, verdere stawing
vir sy betrokkenheid bied. Hy het naamlik aansoek gedoen om borg en by daardie
geleentheid vertel dat hy sy hand beseer het toe iemand hom wou slaan en hy aan
iets gevat het wat hy nie geweet het wat dit is nie
en hom gesny het. Tydens sy
getuienis het hy weer beweer dat hy sy hand met 'n grassnyer gesny het en
sê hy, dit was toe hy
sy hand onder 'n lopende swaailem-grassnyer ingedruk
het. Laasgenoemde verduideliking kan net nie waar wees nie. Die appellant het
tuinwerk
11
verrig en dit kan nie aanvaar word dat hy sy hand onder 'n lopende grassnyer
sou ingedruk het nie; ten minste sou sy hand onder sulke
omstandighede baie
ernstiger wonde opgedoen het.
Dit volg uit voorgaande dat die skuldigbevindings in orde is en dat die
appèl daarteen van die hand gewys moet word. Dit bring
my dan by die
kwessie of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is vir die moorde
gepleeg.
Die appellant was ten tye van die pleeg van die misdrywe 25 jaar oud. Hy het
' n matrikulasie sertifikaat verwerf en was ongetroud.
Hy was ook ' n eerste
oortreder. Ons weet dat hy van tyd tot tyd 'n betrekking beklee het en dat hy in
die deeltydse diens van mnr
Tellides was. Sy vader was nog in lewe hoewel sy
moeder hom ontval het toe hy ongeveer 15 jaar oud was. Hy was 'n enigste kind.
Geen
ander relevante besonderhede oor sy persoonlike agtergrond is bekend en
12
dit is nie gesuggereer dat daar enige relevante bespnderhede is wat nie
aan die verhoorhof voorgehou is nie.
Die verswarende faktore by die moord op mnr Tellides kan soos volg saamgevat
word: Die appellant het saamgesweer om die oorledene
te beroof omdat hy baie
geld sou gehad het. Hiervoor sou hy vergoed word. Dit moes noodwendig tot 'n
moord lei ten einde weerstand
te oorkom en om toekomstige identifikasie te
verhinder. Beide die aanvallers was met messe bewapen toe hulle die perseel
betree het.
Die bevinding dat
dolus directus
teenwoordig was, is nie in
twyfel te trek nie. Die oorledene was 71 jaar oud, sieklik en 'n persoon wat die
appellant goed behandel
het. Die vertrouensverhouding wat tussen hulle bestaan
het, is op afskuwelike wyse verbreek. Die aanval was moorddadig en ek het
reeds
na die aard van die wonde verwys. Die oorledene is in sy woning aangeval en
beroof.
13
Die posisie ten aansien van mev Makgale verskil nie veel nie. Sy is
klaarblyklik vermoor omdat sy ' n getuie tot die misdryf was.
Die appellant het
vooraf geweet dat sy op die perseel met haar klein kind teenwoordig sou
wees.
Ter versagting is aangevoer dat die gedagte vir die roof en die twee moorde
nie die appellant s'n was nie maar die van sy ongenoemde
metgesel. In die
veronderstelling dat die appellant wel 'n deelgenoot aan die misdrywe gehad het
soos in sy bekentenis
uiteengesit, val dit egter op dat die appellant sy
werkgewer twee keer met die mes gesteek het sonder dat
hy daartoe aangesê is. Ook het dit nie enige
oorreedingskrag geverg om die appellant te beweeg om mev
Makgale met die mes by te kom nie. Hoewel dit dus gesê
kan word dat die appellant nie die aanstigter was nie,
was sy aandeel op 'n vrywillige basis so groot dat
eersgenoemde feit nie as strafversagtend, in die
14
omstandighede wat in hierdie saak geld, kan dien nie.
Dit is ook betoog
dat die appellant se ouderdom hom ten goede gereken moet word en so ook sy
opvoedingspeil. Ek is egter van oordeel
dat dit neutrale faktore is. Die feit
dat die appellant 'n eerste oortreder was, is nietemin 'n wesentlike
strafversagtende faktor
en die vraag ontstaan dan, wat, in die lig daarvan, die
enigste gepaste vonnis is. Dit verg 'n afweging van botsende oorwegings.
Aan die
een kant is dit reeds by herhaling gestel dat, waar 'n misdryf soos die
onderhawige gepleeg word, die openbare belang voorrang
bo die belang van die
beskuldigde geniet en dat vergelding die deurslaggewende oorweging of
regverdiging vir die vonnisoplegging
kan wees en dat die moontlikheid van
rehabilitasie nie 'n werklike oorweging is nie. Aan die ander kant is dit ook '
n algemene benadering
dat eerste oortreders nie ter dood veroordeel behoort te
word nie. Dit is egter nie 'n
15
regsreël nie en, in hierdie geval, kan die appellant beswaarlik
beweer dat toe hy mev Makgale vermoor het, hy nog steeds 'n eerste
oortreder
was. Maar ten spyte van alles wat ten gunste van die appellant gesê kan
word, is ek oortuig dat vanweë die erns
van die misdrywe en ook die
algemene voorkoms van aanvalle op veral bejaarde en siek mense en hulle
magtelose bediendes in die afsondering
van hulle huise deur werknemers of
voormalige werknemers met 'n roofmotief, die doodvonnis die enigste gepaste
vonnis is.
Die appèl word dus van die hand gewys.
L T C HARMS WAARNEMENDE APPèLREGTER
CORBETT, HR ) KUMLEBEN, AR )