About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 213
|
|
S v Mienie (319/91) [1992] ZASCA 213 (27 November 1992)
SAAKNOMMER: 319/91 J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
HENDRIK JACOBUS
MIENIE
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: BOTHA, VIVIER, ARR et
VAN COLLER, WnAR
VERHOORDATUM
: 2 NOVEMBER 1992
LEWERINGSDATUM
: 27 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK
VAN COLLER, WnAR:
Appellant is op 11 Junie 1990 in die streekhof te Pietersburg skuldig bevind
aan roof en gevonnis tot
2
vier jaar gevangenisstraf. Op appél na die Transvaalse Provinsiale
Afdeling is die skuldigbevinding tersyde gestel en vervang
deur een van
diefstal. Die vonnis is verminder na drie jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar
voorwaardelik opgeskort is vir vyf
jaar. Verlof is deur die hof
a quo
aan
appellant verleen om teen beide die skuldigbevinding en die vonnis te
appelleer.
Die gebeure wat aanleiding gegee het tot die roof-klagte teen appellant is
kortliks soos volg. Op 9 Maart 1990 is die klaer, mnr Lotter,
in 'n straat in
Pietersburg deur 'n onbekende man genader met 'n versoek om hom behulpsaam te
wees. Daar is in die verhoor na die
man verwys as ene Burke. Dit blyk uit die
getuienis dat appellant en Burke al voorheen saamgewerk het om mense by ' n
kaartspel te
betrek en dan by wyse van 'n weddenskap op die uitslag van die
spel, geld te wen. Die versoek om hulpverlening was slegs 'n voorwendsel
om die
klaer na 'n gebou te lok om hom daar
3
in die kaartspel geïnteresseerd te kry. Appellant het
hom by die klaer en Burke aangesluit en hulle is na die
Nedbank-gebou. Op
die trappe tussen twee vloere het
appellant en Burke ten aanskoue van die
klaer die
kaartspel, wat hulle "Bosvarkie" genoem het, gespeel.
Dit is nie
heeltemal duidelik uit die getuienis presies
hoe die spel gespeel word nie.
Die persoon in besit
van die kaarte, die deler, bied drie kaarte aan
die
speler, wat een trek. Hy moet dan die kaart aan die
deler toon. Die
deler plaas vervolgens al drie die
kaarte op die vloer met die speelkante na
onder en skuif
hulle rond en deurmekaar. Van die speler word dan
geverg om
die kaart wat hy aanvanklik getrek het, uit te
wys. Wys hy die regte kaart
uit, word dubbeld die
bedrag wat hy verwed het aan hom uitbetaal. Wys hy
die
verkeerde kaart uit, verloor hy die geld wat hy op die
spel geplaas
het. Appellant en Burke het 'n rondte
gespeel en appellant het R2000,00
gewen. In 'n
4
daaropvolgende spel het hy egter die geld weer verloor. Terwyl die tweede
spel se kaarte nog op die vloer gelê het, het Burke
die klaer gevra om die
kaart wat appellant getrek het, uit te wys. Die klaer was in staat om dit te
doen. Daarna was die klaer ook
bereid om vir geld te spel. Hulle is na ' n bank
waar die klaer R20 000,00 in kontant getrek het. Die klaer, wat ten tye van die
verhoor 51 jaar oud en 'n sakeman op Pietersburg was, het nie enige probleme
gehad om die bedrag te trek nie. Appellant het die klaer
vergesel tot in die
bank, maar Burke het buite gewag. Die klaer het die geld, wat in ' n banksak
was, voor by sy hemp ingesteek.
Daarna is hulle al drie weer na die
Nedbank-gebou.
Terug by die trappe tussen die twee vloere het Burke, volgens die klaer se
weergawe, gevra om die geld te sien. Die klaer het die
sak oopgemaak en die geld
vir hom gewys. Burke het toe gesê dat die klaer die
5
geld aan hom moet gee sodat hy die ander geld kon gaan haal. Blykbaar is dit
die geld waarmee Burke sou betaal indien hy verloor.
Die klaer wou egter nie die
geld aan Burke oorhandig nie. Volgens die klaer het Burke toe die sak gegryp;
hulle het begin stoei en
appellant het sy arms vasgegryp. Burke het die sak uit
sy hande geruk en met die trappe afgehardloop. Appellant het die klaer gelos
en
laasgenoemde het Burke agtervolg. Burke het egter weggekom. Appellant het ook
met die trappe afgegaan en die klaer het hom aan
sy broek gegryp om hom na die
polisie te neem. Appellant het egter losgeruk en weggehardloop. Die klaer het
agterna gehardloop en
appellant is met die hulp van 'n paar skoolseuns
gevang.
Die klaer was die enigste getuie namens die Staat. Alhoewel appellant se
getuienis in ooreenstemming is met dié van die klaer
aangaande die
aanvanklike gebeure, verskil dit wesentlik ten opsigte
6
met van wat gebeur het nadat die geld getrek is. Volgens appellant wou Burke
die klaer se geld tel en die klaer het dit aan hom oorhandig.
Nadat hy die geld
getel het, het Burke dit nie aan die klaer teruggegee nie en die spel is toe
gespeel. Die klaer het die spel verloor
en Burke het met die geld weggestap. Die
klaer was ongelukkig omdat hy sy geld verloor het. Hy het appellant vasgegryp en
gedreig
om hom na die polisiestasie te neem. Appellant het getuig dat hy hom
losgeruk en oor die straat geloop het. Daarna het hy weggehardloop.
Hy het dit
gedoen omdat die klaer briesend was en hom ook wou slaan. ' n Seun het hom ' n
ent verder gevang. Volgens appellant se
getuienis het Burke hom by ander
geleenthede waar hulle geld gewen het, vergoed. Hy het al R2000, R1500 en R1000
van Burke ontvang.
Wat hierdie geval betref het Burke R2000 aan sy familie gegee
om sy borggeld te betaal. Hy het sedertdien nie weer kontak met Burke
gehad nie.
Dit
7
moet ook vermeld word dat appellant in sy getuienis gesê het dat die
spel uit en uit 'n kullery is. Behalwe om te sê dat
die spel van spoed
verander wanneer daar geld op die spel is, en dat die agterste kaart eerste en
'n bietjie vinniger gegooi word,
het appellant nie verder verduidelik waarom hy
die spel as 'n kullery beskou nie. Hy het wel getuig dat daar aan die klaer
verduidelik
is dat die kanse om te verloor groter is as om te wen en dat Burke
R30 000 by hom gehad het sodat hy wel kon betaal indien hy die
spel sou verloor.
Appellant was die enigste getuie wat vir die verdediging getuig het.
Die streeklanddros het die klaer se weergawe van die gebeure aanvaar en
dié van appellant as vals verwerp. Hy het ook bevind
dat appellant vir
Burke van die begin tot einde behulpsaam was en dat hy gevolglik skuldig was
daaraan dat hy die klaer van R20 000,00
beroof het.
Die redes waarom die hof
a quo
die streeklanddros
8
se bevinding van roof na diefstal verander het, blyk uit die volgende
gedeelte van die uitspraak van J J Strydom R, waarmee Heyns
R saamgestem
het:
"Dit is gemeensaak dat die spel wat hier gespeel was uit en uit 'n kullery
was. Dit is ook redelik moontlik waar wat die appellant
getuig, dat die klaer
met sy sak geld daar gekom het op die trappe en dat dit daar inderdaad oorhandig
is aan Burke. Wat egter nie
waar is nie, is die appellant se getuienis dat hy
hier vrywillig die geld oorhandig het om op daardie moment in die dobbelspel
verwed
te word. Die afleiding is onvermydelik dat klaer met sy geld op die
trappe gekom het met die bedoeling om te dobbel. Dit is waarvoor
hy die geld
gaan trek het, maar dit is ewe duidelik dat hy nie eensklaps R20 000 in die sak
aan Burke sou oorhandig om eenmalig op
' n spel aangewend te word nie. Dit is
ook duidelik uit hierdie getuienis van die appellant dat daar net een maal
gespeel en verloor
is. Die oorgee van die geld is waarskynlik soos wat die
appellant getuig het, dat Burke die geld gevra het om te tel en dat toe hy
dit
een maal in sy besit het, het hy onmiddellik oorgegaan tot hierdie spel en
onmiddellik gesê jy het verloor en daarop homself
uit die voete gemaak. As
dit anders was en dit 'n normale spel was, stapsgewys en hy die geld verloor
het, was daar geen rede vir
9
Burke om weg te hardloop nie. Hier was dus nie 'n vrywillige oorhandiging van
die geld om eenmalig in 'n spel te verloor nie. Bykomstig,
dit was 'n kulspel
waar die resultaat vir die deelnemers daaraan, naamlik appellant en Burke,
glashelder was, dat klaer die geld
sou verloor. Appellant en Burke het
ooreengekom vooraf om geld op dié wyse van die appellant te bekom en dit
vir hulle toe
te eien. Die appellant was nie net 'n medepligtige nie, maar hy
was aan hierdie misdaad wat hier gepleeg is, 'n mededader. Die geld
is vrywillig
oorhandig, maar vir ' n ander doel as waarvoor dit onmiddellik deur Burke
aangewend is. Die misdaad wat hier gepleeg
is, is dus nie roof nie, maar wel
diefstal."
Na my mening kom die hof
a quo
se uitspraak daarop neer dat die klaer
se weergawe dat hy beroof is nie bo redelike twyfel aanvaar kan word nie, en dat
appellant
se getuienis dat die klaer die sak met die geld aan Burke oorhandig
het, redelik moontlik waar kan wees. Mnr Cilliers, namens appellant
en mnr Van
Wyk, namens die Staat, het dit ook so vertolk. Dit blyk ook uit die uitspraak
van die hof
a quo
dat bevind is dat die
10
kaartspel wel gespeel is en dat die klaer verloor het. Mnr Van Wyk het tereg
nie aangevoer dat die streeklanddros se bevindings korrek
was nie, iets wat hy
in elk geval nie kon doen nie. Vergelyk
S v Stevens
1983 (3) SA 649
(A)
op 662 C - E. Die appèl moet derhalwe oorweeg word in die lig van die
feitebevindings wat deur die hof
a quo
gemaak is.
Die hof
a quo
het bevind dat die klaer nie R20 000,00 aan Burke sou
oorhandig om eenmalig op 'n spel te plaas nie. Die bevinding dat diefstal
gepleeg
is, is daarop gebaseer dat die klaer nooit bedoel het dat die volle R20
000,00 op een spel geplaas moes word nie. Burke het in stryd
met hierdie
verstandhouding opgetree en gevolglik diefstal gepleeg. Daar is egter geen
getuienis dat die klaer paaiementsgewyse wou
speel nie. Die klaer se getuienis
is dat hy beroof is en dat die spel glad nie gespeel is nie. Volgens appellant
se getuienis is
die spel gespeel nadat Burke die geld getel
11
het. Appellant het nie getuig dat die klaer paaiementsgewyse wou speel nie,
en so 'n af leiding kan ook nie uit sy getuienis gemaak
word nie. Dit is bloot
'n teorie van die hof
a quo
. Na my mening kan die grondslag waarop die
hof
a quo
bevind het dat diefstal gepleeg is, nie op die getuienis
geregverdig word nie.
Mnr Van Wyk het gepoog om die skuldigbevinding aan diefstal op 'n ander
grondslag te regverdig. Hy het gesteun op appellant se getuienis
dat die spel
uit en uit 'n kullery is en van spoed verander wanneer daar vir geld gespeel
word. Volgens hierdie argument word die
spel stadig gespeel wanneer dit
gedemonstreer word. Wanneer vir geld gespeel word, word dit met soveel
bedrewenheid gespeel dat die
speler geen kans het om te wen nie. As gevolg van
hierdie misleiding, aldus die argument, word die geld oorhandig en word diefstal
gepleeg. Verskeie probleme staan in die weg van hierdie argument. Daar is nie
getuienis dat toe die
12
spel met die klaer gespeel is, dit vinniger of met sodanige behendigheid
gespeel is dat die klaer geen kans gehad het om te wen nie.
Daar is geen
getuienis dat die spel met die klaer inderdaad met kullery gepaard gegaan het
nie. Dit is wel so dat die kanse om te
verloor heelwat groter is as om te wen,
maar dit is aan die klaer verduidelik voordat die spel gespeel is. Daar is na my
mening nie
bewys dat hier enige misleiding of wanvoorstelling was nie. Daar is
in elk geval geen getuienis dat die klaer deur enige misleiding,
wat mag bestaan
het, beweeg is om aan die spel deel te neem nie. Die argument, wat gebaseer is
op misleiding, kan nie slaag indien
daar geen kousale verband tussen die
moontlike misleiding en die afstanddoening van die geld bewys is nie. Vergelyk
Strafreq
deur C R Snyman, derde uitgawe, op bladsy 543 en
R v
Moqarra
1958 (2) SA 5
(T) op bladsy 6 G - H. Die hof
a quo
se
bevinding van diefstal kan gevolglik ook nie op hierdie grondslag
13
geregverdig word nie.
Die appèl slaag en die skuldigbevinding en
vonnis word tersyde gestel.
A P VAN COLLER WAARNEMENDE APPèLREGTER
BOTHA, AR )
STEM SAAM VIVIER, AR )