About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 211
|
|
S v Manetja (480/1991) [1992] ZASCA 211 (26 November 1992)
LL
Saak No 480/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
JOSEPH MANETJA
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, E M GROSSKOPF en
NIENABER ARR
VERHOORDATUM
: 12 NOVEMBER 1992
LEWERINGSDATUM
: 26 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR
:
2 Op 13 Januarie 1988 is wyle J C C
Cloete in 'n kraal op sy hoewe in die distrik van Pretoria aangerand. Hy is met
' n hamer twee
houe teen sy kop toegedien. Hierna is sy hande en voete met 'n
tou en draad vasgebind. Kort na die toediening van die houe het hy
gesterf.
Ten tye van hierdie voorval was die oor-ledene se vrou doenig buite
die huis op die hoewe, en betreklik naby die kraal. Nadat die
oorledene
on-skadelik gestel is, het twee swart mans haar vasge-gryp. Sy is na binne
gedwing en op verskeie wyses aangerand. 'n Derde
swart man het die huis ingekom
en met een van die aanranders gepraat. Terwyl die drie mans nog in die huis was,
het sy daarin geslaag
om te ontvlug.
Hierdie gebeure het gelei tot die
verhoor van die appellant en twee medebeskuldigdes ("Silas" en "Thomas") in die
Transvaalse Provinsiale
Afdeling.
3 Na afloop daarvan is al drie skuldig
bevind aan moord op die oorledene en aan poging tot roof met verswar-ende
omstandighede. Op
8 Februarie 1989 het die verhoorhof (Heyns R en assessore)
bevind dat, wat die moord betref, versagtende omstandighede slegs ten
opsigte
van die medebeskuldigdes aanwesig was. Gevolglik is die ses-en-veertigjarige
appellant op die moordklag ter dood veroordeel.
Aansoeke van die appellant om teen ay skuldigbevinding op die moordklag en
bedoelde vonnis te appelleer is deur die verhoorregter
en later deur hierdie hof
afgewys. Daarna het Wet 107 van 1990 in werking getree. Die onderhawige
appèl dien nou voor ons
ingavolge die bepalings van art 19(12) van
daar-die Wet.
Die verhoorhof het bevind dat al drie beskuldigdes tydens die aanranding in
die kraal was, en dat dit die appellant - was wat die
houe met die
4
hamer toegedien het. Voorts is bevind dat die opset-
vorm
van die medebeskuldigdes
dolus eventualis
was,
maar dat die appellant
die oorledene se dood met
oogmerkopset veroorsaak het. Die verwyt wat die
medebeskuldigdes na die hof se oordeel getref het,
was dat hulle bewus was dat geweld aangewend sou
word; voorsien het dat
die oorledene as gevolg
daarvan sou kon sterf, en bereid was om hierdie
gevolg op die koop toe te neem. Betreffende die
appellant se gesindheid is die volgende gesê:
"Die hof vind eenparig dat [die appel-
lant] die twee houe met die hamer aan die oorledene toegedien het. Hy het
besef dat dit die oorledene se dood kon veroorsaak. Sy verdere
optrede met die
oorledene, naamlik om die ander te beveel om sy voete vas te maak en sy hande
met draad vas te bind en daar te laat
in die kraal sonder enige hulp en dan
voort te gaan met die rooftog dui onses insiens daarop dat hy die direkte opset
gehad het om
die oorledene te dood."
Die appellant se advokaat het in eerste
5 instansie betoog dat dit nie buite redelike twyfel blyk dat die appellant
die dood van die oorledene begeer het nie. Dit synde so,
is voorts aangevoer,
moet hierdie hof die gepastheid van die doodstraf oorweeg op die grondslag dat
'n verwyt van slegs
dolus eventualis
die appellant tref. Die respondent
se advokaat het egter teengewerp dat die beslissing van hierdie hof in
S v
Mamkeli
1992 (2) SASV 5(A), in die weg van aanvaarding van die betoog
staan.
In daardie saak is slegs beslis dat wanneer 'n appél ingevolge
art 19(2) van die 1990 Wet voor hierdie hof dien, dit nie regsbevoeg
is om die
juist-heid van die skuldigbevinding te oorweeg met die oog op die moontlike
tersydestelling daarvan nie. In
casu
kom die skuldigbevinding egter glad
nie ter sprake nie. Die appellant gee toe dat hy tereg aan moord skuldig bevind
is. Sy betoog
is slegs gerig — teen 'n feitebevinding van die verhoorhof
wat vir
6 doeleindes van skuldigbevinding nie nodig was nie. En indien ons
hom gelyk sou gee, bly die skuldig-bevinding staan maar word die
vraag of die
doodstraf die enigste gepaste straf is, oorweeg in die lig van 'n bevinding
waartoe die verhoorhof moes gekom het. Dit
is trouens die enigste wyse waarop
die gepastheid van daardie vonnis sinvol oorweeg kan word.
Die verhoorhof het
nie bevind dat die houe as sodanig met oogmerkopset toegedien is nie. Daar is
dan ook aanduidings dat toe hy die
oorledene geslaan het, die appellant nie
beoog het om hom om die lewe te bring nie. Eerstens het Silas getuig dat toe
hulle na die
hoewe geloop het, die appellant gesê het: "Kyk, waar ons
gaan, gaan ons nie bloed giet nie, ons gaan net geld haal". Hierdie
brokkie
getuienis is na my mening redelik moontlik waar. Tweedens lei die appellant se
opdrag dat die oorledene vasgebind moes word
tot slegs een redelike
7
gevolgtrekking, nl dat die appellant gemeen het dat die oorledene nie dood was
nie, maar slegs bewuste-
loos, en dus weer sou kon bykom. En indien die
appellant die oorledene wou vermoor, sou hy hom sekerlik daar en dan verder met
die
hamer geslaan het, of gesteek het met die mes in sy besit.
Soos blyk uit
die passasie in die uitspraak wat hierbo aangehaal is, het die verhoorhof bevind
dat die appellant oogmerkopset gehad
het omdat hy na die aanvanklike aanranding
die oorledene vasgebind en laat vasbind het en toe "sonder enige hulp" in die
kraal gelaat
het. Die afleiding dat die appellant gemeen het dat die magtelose
oorledene sou sterf, is nie onredelik nie. Dit is egter minstens
ewe moontlik
dat die appellant gedink het dat die oor-ledene die gebeure sou kon oorleef en
later bevry sou kon word. Ek meen dus
dat nie buite redelike twyfel gekonkludeer
kan word dat die appellant op enige
8
stadium met
dolus directus
opgetree het nie. Wat die verhoorhof dus
moes bevind het, was dat die appellant die
moontlikheid
van dood as
gevolg van óf die toe-dien van die houe, óf daardie aanranding in
kombina-sie met die hulpeloosstelling
van die oorledene, voorsien het en
onverskillig daarteenoor gestaan het.
Benewens bostaande is daar nie enige
noemenswaardige versagtende faktor nie. Die ver-swarende faktore is formidabel.
In eerste instansie
is die appellant nie vreemd aan geweld nie. Vir sover sy
vorige veroordelings ter sake is, is hy in 1966 en 1977 skuldig bevind aan
onderskeidelik straf-bare manslag en aanranding met die docl om te ver-krag.
Meer resent is hy in 1983 skuldig bevind aan gewapende
roof. Hy is blykbaar op
25 November 1987 op parool uit die gevangenis vrygelaat - minder as twee maande
voor die moord op die oorledene.
By ' n
9 evaluering van die gewig wat sy
vorige veroordelings moet dra, dien egter in gedagte gehou te word dat die
eerste twee misdade gepleeg
is meer as onderskeidelik 20 en 10 jaar voor die
aanval op die oorledene, en dat geen fisiese geweld by die gewapende roof
aange-wend
is nie.
Verdere verswarende faktore is dat die rooftog - en die
daarmee gepaardgaande aanranding van die oorledene - 'n geruime tyd voor die
gebeure beplan is. Daarvolgens moes die redelik bejaarde oorledene op
gewelddadige wyse deur drie boosdoeners buite aksie gestel
word. Dit sou op 'n
redelik afgeleë hoewe gebeur nadat die oorledene deur 'n slinkse streek van
sy woonhuis weggelok is. En
die motief was suiwer finansiële gewin.
By 'n opweging van bogenoemde faktore moet
die klem egter
val op die aanname dat die appellant
nie die oorledene se dood begeer het
nie. Ek kan ook
10
nie buite redelike twyfel bevind dat hy hom die intrede van dood as 'n sterk
moontlikheid voorgestel het nie. In hierdie verband kan
daarop gewys word dat
die oorledene nie 'n skedelfraktuur opgedoen het nie, en dat dit volgens die
mediese getuienis waar-skynlik
- of in elk geval redelik moontlik - is dat die
oorledene skrams houe toegedien is. Nieteen-staande die gewigtige verswarende
faktore
meen ek dus, weliswaar nie sonder 'n mate van huiwering nie, dat die
doodvonnis nie die enigste gepaste straf is nie. Die samelewing
moet egter sover
moontlik teen die appellant se kriminele, en meer bepaald, geweld-dadige,
neigings beskerm word. Dit kan bes gedoen
word deur die bestaande vonnis te
wysig na lewens-lange gevangenisstraf.
Die appèl slaag en die doodvonnis wat die
11
appellant op die moordklag opgelê is, word vervang met lewenslange
gevangenisstraf.
H J O VAN HEERDEN AR
E
M GROSSKOPF AR
STEM SAAM
NIENABER AR