S v Botha (562/2004) [2005] ZASCA 102; [2006] 4 All SA 113 (SCA); 2006 (1) SACR 105 (SCA) (15 November 2005)

58 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Irregularity in trial proceedings — Joint representation of co-accused — Appellant and co-accused represented by the same attorney despite potential conflict of interest — Appellant aware of possible conflict prior to trial — No irregularity found on the facts presented. The appellant, convicted of murder alongside three co-accused, sought to appeal the conviction and sentence, claiming irregularities during the trial, particularly regarding joint representation by a single attorney. The trial court acknowledged a potential conflict but ultimately found no irregularity affecting the fairness of the trial. The legal issue was whether the joint representation constituted an irregularity that compromised the appellant's right to a fair trial. The court held that the appellant had been adequately informed of the potential conflict and chose to proceed with the joint representation, thus failing to establish that an irregularity occurred during the trial proceedings. The appeal was dismissed.


























IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

RAPPORTEERBAAR
SAAKNOMMER: 562/04



In die saak tussen:

T E BOTHA APPELLANT


en


DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: HOWIE P, SCOTT AR en COMBRINCK Wnd AR

VERHOOR: 4 NOVEMBER 2005

GELEWER: 15 NOVEMBER 2005

Opsomming: Strafprosesreg – art 317 van die Strafproseswet – taak van
verhoorregter by aantekening van spesiale inskrywing – onreëlmatigheid waar
een advokaat optree vir twee beskuldigdes en daar ‘n botsing van belange is –
beskuldigde bewus voor verhoor van potensiële botsing van belange – op die feite
geen onreëlmatigheid nie.
____________________________________________________________________
_

UITSPRAAK
__________________________________________________________________
2
COMBRINCK Wnd AR

COMBRINCK Wnd AR:
[1] Op 12 Augustus 2001 is die liggaam van Frans Papa day Konya by ‘n
stormwatersloot op die Ventersdorp-Swartruggens pad net buite Ventersdorp gevind.
‘n Nadoodse ondersoek het getoon dat hy veelvuldige kneusings en swelsels aan sy
gesig en lyf opgedoen het en dat hy dood is as gevolg van ‘n harde hou teen die
agterkop wat bloeding op die brein veroorsaak het. Die Staat het vier mans, Johannes
Frederik Strydom (‘beskuldigde 1’), Gert Petrus Coetzer (‘beskuldigde 2’), sy seun,
Gotlieb Christiaan Coetzer (‘beskuldigde 3 ’) en Ernst Botha (‘beskuldigde 4, die
huidige appellant) aangekla van die moor d op die oorledene. Hulle het in die
Rondgaande Plaaslike Afdeling vir die Westelike Rondgaandehofdistrik te
Potchefstroom voor Hendricks WR op die aanklag verskyn. Beskuldigdes 2, 3 en
appellant is skuldig bevind en tot agtien jaar gevangenisstraf gevonnis. Beskuldigde
no 1 is onskuldig bevind en ontslaan.
3
[2] Appellant het aansoek gedoen om verl of om te appelleer teen beide
skuldigbevinding en vonnis. Die aansoek is van die hand gewys. Daarna rig die
appellant ‘n aansoek aan die President van hierdie Hof om verlof toe te staan. Dié is
ook geweier. Twee maande late r bring appellant ‘n aansoek vir die maak van ‘n
spesiale aantekening ingevolge die bepalings van art 317 van die Strafproseswet, Wet
51 van 1977 (‘die Wet’). Die appellant het gesteun op vier beweerde onreëlmatighede
tydens die verhoor. Die hof a quo het bevind dat drie van die vier nie ter goedertrou
gemaak is of beuselagtig en onsinnig was. Die vierde is egter gehandhaaf en die
volgende aantekening is ingevolge art 317 gemaak:
‘die gesamentlike verteenwoordiging van die Applikant en beskuldigde 2 en 3 nieteenstaande die
bestaan van ‘n botsing van belange tussen hulle, is ‘n onreëlmatigheid.’
As gevolg van die aantekening is verlof to egestaan om te appelleer. Gesien die
bepalings van art 318 was verlof streng gesproke onnodig. Kennisgewing van appèl
na hierdie Hof is ingevolge gemelde artikel ingedien.
[3] In sy uitspraak in die art 317 aansoek het die verhoorregter die volgende gesê:
4
‘Myns insiens is ‘n onreëlmatigheid gepleeg deur die regsverteenwoordiger van die Applikant
deurdat hy nie die saak van die Applikant na behore kon voer nie as gevolg van die botsing van
belange wat bestaan het tussen die onderskeie beskuldigdes wat hy verteenwoordig het.’
Daarna beskryf hy sy taak as volg:
‘As verhoorhof is dit my taak om slegs die onreël matigheid aan die orde te stel, en nie om die
meriete of die gevolge van die onreëlmatigheid te besleg nie.’
Hierin het die geleerde regter fouteer. Dit is nie sy taak om ‘n bevinding te maak of
die gewraakte gebeure neerkom op ‘n onreëlmatigheid nie. Dit is die taak van hierdie
Hof. Sien S v Kroon 1997 (1) SASV 525 op 530b waar die volgende beskrywing van
‘n verhoorhof se plig in Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 6 uitg op 890
goedgekeur is:
‘Die hof wat die aantekening maak, moet die feite waarop dit berus vasstel, en nie die aantekening
bewoord asof die Appèlafdeling die feite moet be paal nie. Daar word ‘n positiewe feitestelling
gemaak vergesel van die bewering van die beskuldigde dat dit ‘n onreëlmatigheid was wat
meegebring het dat geregtigheid inderdaad nie geskied het nie.’ (My kursivering) Die
verhoorhof besleg nie die meriete of gevolge daarvan nie. Dit is die funksie van die
5
Appèlhof, wat ten eerste bepaal of daar ‘n onreëlmatigheid was (loc cit 889).
[4] Die eerste stap in die appèl is dan om te bepaal of daar wel ‘n onreëlmatigheid
gedurende die verrigtinge plaasgevind het. Indien wel, dan is die tweede stap om
ingevolge die voorbehoudsbepaling tot art 322 van die Wet te bepaal of geregtigheid
geskied het nieteenstaande sodanige onreëlmatigheid. ( S v Xaba 1983 (3) 717 te
735H-736A.)
Die toets om te bepaal of ‘n onreëlmatighe id plaasgevind het is al meermale deur
hierdie Hof neergelê. (Sien S v Rudman and Another; S v Mthwana 1992 (1) SA 343
(A) te 337B; S v Felthun 1999 (1) SACR 481. In laasgenoemde saak te 485 h sê
Vivier AR:
‘Generally speaking, an irregularity or illegality in die proceedings at a criminal trial occurs
whenever there is a departure from those formalities, rules and principles of procedure with which
the law requires such a trial to be initiated and conducted. The basic concept underlying s 317 (1) is
that an accused must be fairly tried (per Botha JA in S v Xaba 1983 (3) SA 717 (A) at 728D).’
Dit is ook in ooreenstemming met art 35 van die Grondwet.
6
[5] Voordat oorgegaan word tot die onders oek of daar wel ‘n onreëlmatigheid
voorgekom het, is dit nodig om kortliks te verwys na die getuienis wat gelei is in die
verhoorhof. Die Staat se saak het hoofsaaklik op die getuienis van ‘n medepligtige,
ene Jacques Coetzer, ‘n stiefseun van beskuldigde 2 berus. Hy het getuig dat op 12
Augustus 2001, ‘n Sondag om ongeveer 4.30 die middag hy saam met beskuldigdes
2, 3 en appellant na beskuldigde 1 se huis te Ventersdorp gegaan het. Daar aangekom,
het beskuldigde 1 hulle verwittig dat die oorledene se stiefpa (John Mogobane) wat
by hom gestaan het, hom meegedeel het da t die oorledene sy (beskuldigde 1) se
vuurwapen gesteel het. Beskuldigde 3, die appellant en die getuie is toe aangesê om
die oorledene in ‘n swart woongebied te gaan haal wat hulle toe ook gedoen het. Met
hulle terugkeer is die oorledene na ‘n binneplaas by beskuldigde 1 se huis geneem.
Daar is hy ondervra oor die vuurwapen. Tydens die ondervraging is hy herhaaldelik
deur beskuldigde 3 en appellant in opdr ag van beskuldigde 2 met die vuis en oop
hand in die gesig geslaan. Die oorledene het eers ontken dat hy iets weet van die
vuurwapen maar na verdere aanranding he t hy erken dat hy die vuurwapen het en
7
vertel waar dit was. Beskuldigde 3, appellant en John Mogobane is toe weg om die
vuurwapen te gaan haal. Terwyl hul weg is, het oorledene gepoog om te ontsnap deur
oor die betonheining van die binneplaas te spring maar is deur die getuie Jacques
gekeer. Die oorledene is toe vasgemaak aan ‘n wasgoedlynpaal oënskynlik deur
beskuldigde 2. Die drie wat weg was, het toe teruggekeer en oorledene is losgemaak
en laat staan teen die paal . Hy is toe deur beskuldigde 3 in die gesig geslaan met
sodanige krag dat ‘n bloedkol op die paal waar sy agterkop daarteen gestamp het te
bespeur was. ‘n Verdere aanranding deur beide beskuldigde 3 en appellant met vuiste
en oop hande het toe gevolg. Op ‘n stad ium het beskuldigde 2 ook deelgeneem en
oorledene geslaan en geskop. Oorledene het hande vier voet gestaan en beskuldigde 2
het hom herhaaldelik onderstebo geskop. Tydens die aanranding deur beskuldigde 2
het 1, 3 en appellant drankies gedrink terwyl hulle toe gekyk het. Daar is toe besluit
om die oorledene met beskuldigde 1 se bakkie te neem en buite die dorp af te laai. Die
getuie het die oorledene op die bakkie geplaas. Hy het op hierdie stadium roerloos op
die sementblad by die motorhuis gelê. Die bakkie is deur beskuldigde 3 bestuur en
8
appellant het saam gery in die kajuit. Jacques was agterop saam met oorledene. ‘n
Ent buite die dorp, dit was toe al donker, het die bakkie stilgehou en die oorledene is
van die bakkie langs die pad laat val. Hy het roerloos bly lê. Die drie is toe terug na
beskuldigde 1 se huis.
[6] Appellant en sy medebeskuldigdes het ‘n heel ander verhaal vertel. Appellant
het ‘n volledige pleitverduideliking inge volge art 112 (hy het skuldig gepleit op
gewone aanranding) en art 115 van die Wet gegee. Daarin het hy erken dat oorledene
gehaal is by sy huis en by beskuldigde 1 se huis ondervra is oor die gesteelde
vuurwapen. Hy het oorledene nie toe aangerand nie en die enigste aanranding wat hy
waargeneem het, was een klap deur die gesig en ‘n stamp teen die bors deur
beskuldigde 3. Met hul terugkeer nadat hulle die vuurwapen gaan haal het, het hy
oorledene, toe hy probeer ontsnap het, een keer gestamp en een keer met die oop hand
geklap. Andersins het hy geen aanranding gepleeg of waargeneem nie. Hy het erken
dat hulle oorledene buite die dorp gaan aflaai het, maar beweer dat beide ten tyde van
die oplaai en die aflaai die oorledene springlewendig was en regop gestaan het nadat
9
hy afgelaai is. Hy het geen beserings aan die oorledene se gesig of lyf opgemerk nie.
Beskuldigde 2 en 3 het in hulle pleitv erduideliking hul vereenselwig met wat
appellant gesê het. In getuienis het al die beskuldigdes (appellant ingeslote) daarin
volhard dat afgesien van ‘n klap en ‘n stamp deur beskuldigde 3 en appellant niemand
oorledene aangerand het nie. Uit hulle getuienis en die kruisverhoor van die Staat se
getuies is dit duidelik dat die beskuldigdes en appellant die redelike moontlikheid
wou verwek dat die beserings wat die oorledene opgedoen het of veroorsaak is deur
John Mogobane met wie hy ‘n bakleiery ge had het vroeër die dag of deur ‘n
onbekende persoon of persone nadat hy op die Swartruggens pad afgelaai is.
[7] Die verhoorregter het bevind dat Jacques ‘n eerlik en geloofwaardige getuie
was en sy getuienis aanvaar. Die appellant en sy medebeskuldigdes se getuienis is
verwerp as vals. Daar is ook bevind dat daar geen moontlikheid bestaan dat oorledene
se beserings deur iemand anders veroorsaak kon gewees het nie. Daar is bevind dat
appellant en beskuldigdes 2 en 3 van di e begin af met ‘n gemeenskaplike doel
opgetree het en op ‘n stadium voor die laaste aanranding die nodige opset by
10
moontlikheidsbewussyn gehad het om die dood van die oorledene te veroorsaak.
[8] Ek keer nou terug na die eerste vraag naamlik of daar wel ‘n onreëlmatigheid
plaasgevind het. Die beweerde onreëlmatigheid verskyn nie in die oorkonde nie. Die
bestaan aldan nie daarvan, berus alleenlik op die bewerings van die appellant in sy
beëdigde verklaring ter stawing van sy aan soek om ‘n spesiale inskrywing. Die
verhoorregter in sy uitspraak in die art 317 verrigtinge he t die volgende feite
geboekstaaf.
‘[24] Uit die beëdigde verklaring van die Applikant is dit duidelik dat daar na konsultasie met sy
prokureur en advokaat, aan hom die versekering gegee is dat daar nie ‘n botsing van belange
tussen sy weergawe en die van beskuldigdes 2 en 3 bestaan nie. Applikant se vrese oor die
bestaan van ‘n moontlike botsing van belange is toe besweer.
[25] Applikant is toe aangemoedig om skuldi g te pleit op ‘n minder ernstige klagte van
aanranding, wat hy ook gedoen het. Die Staat het die pleit egter nie aanvaar nie. Vir die
Applikant was dit uiters vreemd dat slegs hy en beskuldigde 3 moes skuldig pleit terwyl
beskuldigde 2 ook die oorledene aangerand het.
[26] Applikant het nieteenstaande sy wete of die moontlike voorsiening van ‘n botsing van
11
belange hom berus in die versekering van die suksesvolle verdediging van hul almal op
die moordklagte soos aan hom voorgehou deur sy regsverteenwoordiger. Beskuldigde 2 se
aandeel in die aanranding op die oorledene is derhalwe doelbewus verswyg tot nadeel van
die Applikant.
[27] Applikant se weergawe wat hy tydens konsu ltasies aan sy advokaat meegedeel het, is nie
volledig aan die artikel 204 Staatsgetuie Jacques Coetzer gestel nie.
[28] Die getuienis soos blyk uit die verklarings van sekere van die getuies wat die aandeel van
Applikant aan die aanranding op die oorledene bevestig, is aan die advokaat beskikbaar
gestel, maar hy het dit nie tydens kruisondervraging gebruik nie.’
[9] Mnr Oosthuizen, wat namens appellant opgetree het, het sy betoog beperk tot
die feite uiteengesit in die aangehaalde par [26] hierbo. Sy submissies was die
volgende:
(a) beskuldigde no 1 het ‘n verklaring aan die Staat gegee aangaande die gebeure
in ‘n poging om aanvaar te word as ‘n staatsgetuie. Die verklaring bevat die
volgende paragraaf:
‘ 24.
12
Frans het teen die wasgoedpaal gesit. Ek vir hom die tuinslang gegee sodat hy die bloed van hom
kon afspoel. Sy neus en lip het gebloei nadat Lieb (beskuldigde 3) hom geslaan het. Hy het drie keer
gepoog om weg te handloop en oor die muur te spring maar Jacques Coetzer het hom telkens
gevang en weer teen die wasgoedpaal laat sit. Gedurende hierdie tyd het Gerdrie (beskuldigde 2)
hom gereeld met tussenposes en met geskoende voete op sy hele liggaam geskop. Ek weet nie
hoeveel skoppe dit was nie, maar dit was baie. Ek het elke keer vir Gerdrie Coetzer gesê dat hy nie
vir Frans moet skop nie. Hy het my egter geïgnoreer en voortgegaan met die skoppery aan die lyf
van Frans. Gerdrie Coetzer is ‘n baie dominerende mens en het my heeltemal geïgnoreer.’
(b) die aanranding deur beskuldigde 2 kon moontlik die bloeding op die brein
veroorsaak het waaraan die oorledene dood is;
(c) appellant was afwesig tydens hierdi e aanrandings en kon hy hom nie assosieer
of vereenselwig daarmee nie;
(d) een advokaat het namens beide appella nt en beskuldige 2 opgetree. Daar was
‘n botsing van belange deurdat enersyds was dit in belang van appellant dat die
getuienis aangaande die aanranding deur beskuldigde 2 openbaar word en
andersyds was dit in beskuldigde 2 se belang om dit te verswyg.
13
(e) tot nadeel van die appellant is be skuldigde 1 nie oor die aanranding deur
beskuldigde 2 kruisverhoor nie en daar is ook nie gepoog om beskuldigde 1 se
verklaring voor die hof te bewys nie.
[10] Dat dit ‘n onreëlmatigheid daarstel waar ‘n advokaat vir twee beskuldigdes ten
spyte van ‘n botsing van belange tusse n hulle voortgaan om hulle albei te
verteenwoordig behoef geen betoog nie (S v Naidoo 1974 (3) SA 706 te 712E-H). Die
vraag is of daar sodanige onreëlmatigheid in hierdie saak was.
[11] Daar is twee redes waarom ek van mening is dat die vraag negatief beantwoord
moet word. Ten eerste blyk dit uit appellant se verklaring ter stawing van die aansoek
in die art 317 verrigtinge dat hy en sy prokureur voor die verhoor volkome bewus was
van beskuldigde 1 se verklaring. In ‘n brief gedateer 8 Mei 2003 skryf sy prokureur
aan die Direkteur van Openbare Vervolgings om hom te oorreed om appellant te
gebruik as ‘n staatsgetuie. Die volgende paragraaf verskyn daarin:
‘Dit is gemeensaak ook uit Staatsgetuie dat my k liënt saam Lieb Coetzer (beskuldigde 3) en
Staatgetuie is om vuurwapen te gaan haal. Uit die verklaring van Strydom (beskuldigde 1) en
14
Jacques Coetzer wil dit voorkom asof die Oorledene toe weer aangerand is deur Gerdrie Coetzer
(beskuldigde 2) wat selfs uit woede ‘n deurkosyn stukkend hardloop. My kliënt weet egter nie van
hierdie aanranding enige iets nie, want hy was nie daar nie, en beide Strydom en Jacques Coetzer se
verklarings probeer hulle verontskuldig in hierdie situasie, terwyl die betrokkenheid by ontsnapping
vaag en verwarrend is sonder aanduidings hoe en wie die oorledene geslaan het. Dit het wel vir my
kliënt voorgekom dat die Oorledene weer geslaan is en dat hy vasgebind was en ook nat gegooi is.’
(My onderstreping)
Dat daar ‘n moontlike botsing van belange tussen die beskuldigdes gaan wees is deur
appellant se destydse prokureur dus voorsien en met appellant bespreek. Die appellant
het toe voor ‘n keuse gestaan. Óf hy distansieer hom van die ander beskuldigdes en
voer sy saak op die basis dat oorledene wel ernstig aangerand is en dat die noodlottige
besering deur beskuldigde 2 veroorsaak is terwyl hy afwesig was, óf hy skaar hom by
die ander se leuenagtige verweer dat nie een van die vier die oorledene ernstig
aangerand het nie. Hy het laasgenoemde weg gekies. Hy kan gevolglik nie nou kla
van ‘n botsing van belange nie. Daar is betoog dat as ‘n leek dit nie van hom verwag
15
kon word om die gevare van ‘n moontlik e botsing van belange in te sien en
daarvolgens te handel nie. Die antwoor d hierop is dat hy geen ondervinding nodig
gehad het om te besluit of hy die waarheid gaan praat aldan nie. Boonop het hy die
bystand van sy eie prokureur gehad voordat hy die keuse uitgeoefen het.
[12] Die tweede rede waarom ek van mening is at daar geen onreëlmatigheid was, is
dat dit, gegewe appellant se opdrag aan sy advokaat, nie in sy belang was dat
beskuldigde 1 se verklaring in die verhoor openbaar gemaak word nie. In die
verklaring is daar stellings wat appellant betrek by die aanranding en teenstrydig was
met sy pleitverduideliking en sy getuienis. Die volgende paragrawe uit die verklaring
illustreer dit:
‘28.
Ek en Gerdrie Coetzer is toe die huis in waar Jacques Coetzer vir ons ‘n drankie gaan ingooi het. Na
twee drankies het Gerdrie Coetzer toe by die deur uitgestorm om Frans te gaan slaan, waar ek hom
toe probeer voorkeer het. Hy het toe die kosyn van die deur stukkend gehardloop. Ek het gesê hulle
moet stop sodat Frans kan huis toe gaan. Ek het toe weer gesien dat Ernst Botha en Lieb Coetzer
16
besig was om hom te slaan. Terwyl ons nog in die huis was het ek gehoor hoe slaan Lieb Coetzer
en Ernst Botha vir Frans. Dit het ‘n hele ruk so aangegaan.
31.
Frans wou nie op die bakkie klim nie en het nie meer baie stabiel voorgekom nie. Hy het baie
deurmekaar gelyk. Ek het gesê hulle moet hom los dat hy kan loop aangesien hy te bang is om
polisie toe te gaan. Ek het gedink hy sou wel nog reg wees. Gerdrie Coetzer het gesê: “Nee, laai
hom af” Hulle is toe met hom weg. Jacques Coetzer het agter op gesit en hom vasgehou.’
[13] Die appellant het gevolglik nie daarin geslaag om te bewys dat daar ‘n
onreëlmatigheid in die verrigtinge was nie.
[14] Volledigheidshalwe en al sou hy die beweerde onreëlmatigheid bewys het, sou
appellant nie die tweede vereiste oorkom het nie naamlik om ons te oortuig dat weens
die onreëlmatigheid geregtigheid nie geskied het nie (die voorbehoudsbepaling tot art
322(1) van die Wet). Al sou die verhoorhof bevind het dat beskuldigde 2 oorledene
aangerand het in appellant se afwesigheid, beteken dit nie dat hy onskuldig bevind
sou word nie. Op die aanvaarde getuienis het appellant toe oorledene ondervra is oor
die vuurwapen, hom herhaaldelik met die vuis gelaan. By sy terugkoms na die
17
vuurwapen gehaal is, moes oorledene in ‘n erger toestand gewees het as aanvaar
word dat beskuldigde 2 hom ernstig aangerand het in appellant se afwsigheid. Tewens
volgens die aangehaalde brief van appe llant se prokureur het appellant dit
waargeneem. Nogtans gaan appellant voort en rand oorledene weer met sy vuiste aan.
Om alles te kroon gaan hy saam om die oorledene, wat toe bewusteloos of semi-
bewusteloos was, wat klaarblyklik ernstig beseer is, wie se klere pap nat is as gevolg
daarvan dat beskuldigde 2 hom met ‘n tuinslang nat gespuit het, op ‘n verlate pad op
‘n bitter koue aand af te laai en daar te laat. Daar was na my mening bo enige twyfel
bewys dat appellant aktief deelgeneem he t aan ‘n deurlopende aanranding en hom
vereenselwig het met die ander om die oorledene eerstens aan te rand om die
vuurwapen uit te wys en daarna te straf omdat hy dit gesteel het. Al die voorvereistes
vir ‘n skuldigbevinding op grond van gemeenskaplike doel soos neergelê in S v
Mgedezi and Others 1989 (1) SA 687 (A.D.) is aan voldoen.
18
Die appèl word van die hand gewys.

__________________
P C COMBRINCK
WAARNEMENDE APPèLREGTER





HOWIE P )Stem saam
SCOTT AR )