MEC for Education and Culture, Free State v Louw and Another (483/2004) [2005] ZASCA 85; 2006 (1) SA 192 (SCA) (23 September 2005)

80 Reportability

Brief Summary

Delict — State liability — Negligence of public school employee — Respondents claimed damages for brain injury sustained by a schoolboy due to alleged negligence of a school staff member — Appellant contended that the State was not liable under section 20(10) of the South African Schools Act 84 of 1996, which excludes State liability for acts or omissions arising from contractual responsibilities towards staff — High Court found that section 20(10) does not exclude State liability for delictual claims — Appeal dismissed, confirming that the State remains liable for damages caused by negligent acts of public school employees in the execution of their duties.








DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA


Rapporteerbaar

SAAK NR : 483/04


In die saak tussen :


DIE LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD VAN DIE
VRYSTAAT BELAS MET ONDERWYS EN KULTUUR Appellant


- en -


MANDA LOUW Eerste Respondent
MARTIN LOURENS OOSTHUIZEN Tweede Respondent
________________________________________________________________________
Coram: SCOTT, STREICHER, NA VSA, MTHIYANE & VAN HEERDEN
ARR
Verhoor: 8 SEPTEMBER 2005
Gelewer: 23 SEPTEMBER 2005
Opsomming: Nalatige hande ling deur 'n personeellid in diens van 'n openbare
skool in die uitvoering van haar dienspligte - art 20(10) van Wet 84
van 1996 sluit nie Staat se aanspreeklikheid vir skade uit nie.
________________________________________________________________________

U I T S P R A A K
________________________________________________________________________

STREICHER AR

2
STREICHER AR:
[1] Kan die Staat aanspreeklik gehou wo rd vir skade veroorsaak deur 'n
nalatige handeling of versuim van 'n werknemer in diens van 'n openbare skool?
Dit is die vraag wat in hierdie appèl beslis moet word.
[2] Die respondente het as eisers ak sie ingestel in die Hoë Hof te
Bloemfontein teen die appellant altern atiewelik die Primêre Skool Ficksburg
(‘die Skool’) vir betaling van skadevergoeding ten opsig te van breinskade deur
'n skoolseun, Armand Louw, opgedoen, toe hy byna verdrink het. Die
respondente het in hulle besonderhede van vordering onder a ndere beweer dat
die voorval veroorsaak is deur die nalati gheid van 'n personeellid wat in diens
van die Skool was en in die uitvoering van haar dienspligte gehandel het. Hulle
het verder beweer dat die appellant ingevolge die bepalings van art 60(1) van die
Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 (‘die Skolewet’) aanspreeklik is vir die
skade of verlies veroorsaak deur die handeling of versuim van die personeellid.
[3] Beide die appellant en die Skool he t 'n spesiale verweer ten opsigte van
die respondente se vordering afgelewer ingevolge waarvan elkeen aangevoer het
dat hy nie aanspreeklik gehou kon word vi r die gevorderde skade nie. Die hof a
quo het die Skool se spesiale verweer gehandhaaf en die respondente se eise
teen die Skool van die hand gewys. Die a ppellant se spesiale verweer is egter
van die hand gewys. Met die verlof van die hof a quo appelleer die appellant
teen laasgenoemde beslissing.
3
[4] In sy spesiale verweer het die appellant aangevoer dat die Skool 'n
openbare skool soos bedoel in die Skolewet was; dat die personeellid ingevolge
die bepalings van art 20(4) alternatiewelik art 20(5) va n die Skolewet deur die
Skool in diens geneem is; dat die appella nt vir doeleindes van die Skolewet die
Staat is; en dat, ingevolge die bepa lings van art 20(10), die Staat nie
aanspreeklik gehou kan word vir 'n hande ling of versuim van 'n persoon wat so
in diens geneem is nie.
[5] Ingevolge art 15 van die Skolewet is elke openbare skool 'n regspersoon
met die wetlike bevoegdheid om sy werksa amhede ingevolge die Skolewet te
verrig. Artikel 20(4) bepaal, behoudens sekere voorbehoude, dat 'n openbare
skool opvoeders in diens kan neem en art 20(5) bepaal, ook onderhewig aan
sekere voorbehoude, dat 'n openbare skool nie-opvoeders in diens kan neem.1
[6] Artikel 60(1) van die Skolewet, s ynde die artikel waarop die respondente
steun, bepaal dat die Staat aanspreeklik is vir enige skad e of verlies wat
veroorsaak word as gevolg van enige d aad of versuim in verband met enige
opvoedkundige aktiwiteit wat deur 'n ope nbare skool bedryf word en waarvoor
sodanige openbare skool aanspreeklik sou gewees het by gebrek aan die
bepalings van die artikel. Enige eis ween s skade of verlies in die subartikel

1 Artikels 20(4) en (5) lees soos volg:
'(4) Behoudens hierdie Wet, die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet No. 66 van 1995), en enige ander
toepaslike wet kan 'n openbare skool poste vir opvoeders instel en opvoeders in diens neem bykomstig
tot die diensstaat deur die Lid van die Uitvoerende Raad bepaal ingevolge artikel 3(1) van die Wet op
die Indiensneming van Opvoeders, 1994.
(5) Behoudens hierdie Wet, die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet No. 66 van 1995), en enige ander
toepaslike wet kan 'n openbare skool poste vir nie-opvoeders instel en nie-opvoederspersoneel in diens
neem bykomstig tot die diensstaat wat ingevolge die Staatsdienswet, 1994 (Proklamasie No. 103 van
1994), bepaal is.'
4
beoog, moet ingevolge subartikel (3) te en die betrokke Lid van die Uitvoerende
Raad ingestel word soos wat in hierdie geval gedoen is.2
[7] In sekere gevalle word die aanspreek likheid van die Staat egter uitgesluit.
Artikel 20(10) bepaal naamlik dat ‘ondanks art 60’ die Staat nie aanspreeklik is
‘vir enige handeling of late by 'n openbare skool wat voortspruit uit sy
kontraktuele verantwoordelikheid as werkgewer teenoor die personeel aangestel
ingevolge subartikels (4) en (5) nie’. Dit is op grond van hierdie bepaling dat die
appellant aanvoer dat die Staat nie aanspreeklik gehou kan word vir die
handeling of late van die betrokke personeellid nie.
[8] Die hof a quo het bevind dat art 20(10) slegs die aanspreeklikheid van die
Staat uitsluit ten opsigte van 'n openbare skool se kontraktuele
verantwoordelikheid as werkgewer teenoor die personeellede wat deur die skool
self aangestel is, soos byvoorbeeld die verpligting om 'n salaris te betaal. Die hof
a quo was van mening dat die weglating in art 20(10) van die woorde 'skade of
verlies' wat in art 60(1) gebruik word, die uitleg dat art 20(10) nie bedoel was
om ‘delikte te betrek nie’ versterk . Verder dat die woorde ‘teenoor die
personeel’ in art 20(10) daarop dui ‘dat die bedoeling was om te verwys na eise

2 Artikels 60(1) en (3) lees soos volg:
'(1) Die Staat is aanspreeklik vir enige skade of ve rlies wat veroorsaak word as gevolg van enige daad of
versuim in verband met enige opvoedkundige aktiwiteit wat deur 'n openbare skool bedryf word en
waarvoor sodanige openbare skool aanspreeklik sou gewees het by gebrek aan die bepalings van hierdie
artikel.
(3) Enige eis weens skade of verlies in subartikel (1) beoog moet teen die betrokke Lid van die Uitvoerende
Raad ingestel word.'
5
van die personeel self teen die skool en nie na eise van andere en wat voortspruit
uit die skool se posisie as werkgewer van so 'n personeellid nie’.3
[9] Die advokaat vir die appellant het betoog dat die hof a quo fouteer het
deur te bevind dat art 20(10) nie betrekking het op onregmatige dade nie. Hy het
betoog dat art 60 nie die Staat aanspreeklik maak vir die kontraktuele
verpligtinge van 'n openbare skool nie en dat die woorde ‘ondanks artikel 60’ in
art 20(10) geen doel dien indien laasgenoemde artikel slegs bedoel is om die
aanspreekliheid van die Staat vir die ko ntraktuele verantwoordelikhede van die
openbare skool teenoor sy personeellede uit te sluit nie. Aldus sy betoog sluit die
artikel aanspreeklikheid aan die kant van die Staat uit ten opsigte van skade of
verlies gely as gevolg van 'n hande ling of late voortspruitende uit die
kontraktuele verhouding tussen die openbare skool en personeel aangestel deur
die openbare skool ingevolge subartikels (4) en (5).
[10] Die hof a quo het dus beslis da t art 20(10) 'n openbare skool se
aanspreeklikheid om 'n handeling te verri g of nie te verrig uitsluit terwyl die
appellant betoog het dat die artikel aans preeklikheid vir skade of verlies as
gevolg van 'n handeling of late uitsluit.
[11] Die Engelse weergawe va n art 20(10) lees soos volg:
‘Despite section 60, the State is not liable for any act or omission by the public school
relating to its contractua l responsibility as the employer in respect of staff employed in terms
of subsections (4) and (5).’

3 Die volledige art 20(10) lees soos volg:
'(10) Ondanks artikel 60 is die Staat nie aanspreeklik vir enige handeling of late by 'n openbare skool wat
voortspruit uit sy kontraktuele verantwoordelikheid as werkgewer teenoor die personeel aangestel
ingevolge subartikels (4) en (5) nie.'
6
Dit verskil van die Afrikaanse weergawe wat praat van 'n handeling of late ‘by’
(nie deur) 'n openbare skool. Die artik el is in die Wet ingevoer deur die
Wysigingswet op Onderwyswette 100 van 1997 waarvan die Afrikaanse
weergawe deur die Preside nt geteken is. Artikel 82 van die Konstitusie bepaal
dat die ondertekende eksemplaar van 'n Parlementswet afdoende bewys van die
bepalings van daardie wet is. 'n Hof kan egter die bewoording van 'n statutêre
bepaling aanpas waar dit nodig is om ge volg te gee aan die duidelike bedoeling
van die wetgewer. 4 Dit is onwaarskynlik dat die bedoeling kon gewees het dat
die Staat aanspreeklik sou wees vir di e nakoming van kontrakt uele verpligtinge
teenoor personeel by die openbare skool maar nie elders nie. Dit is ewe
onwaarskynlik dat die bedoeling kon gewees het dat die Staat nie aanspreeklik
sou wees vir skade of verlies as gevolg van 'n handeling voortspruitend uit die
kontraktuele verantwoordelik heid van 'n openbare skool teenoor sy personeel
indien die handeling by die skool verrig is maar nie indien dit elders verrig is
nie. Verder dui die feit dat die ‘handeling of late’ een moet wees wat voortspruit
uit die openbare skool se kontraktue le verantwoordelikhe id as werkgewer
teenoor sy personeel daarop dat 'n hande ling of late ‘deur’ die openbare skool,
soos in die Engelse teks, bedoel word en dit is hoe die artikel na my mening
uitgelê moet word.
[12] Artikel 20(10) handel dus met 'n ha ndeling of late deur 'n openbare skool
en nie met die verpligting van 'n openbare skool om 'n handeling te verrig of nie
te verrig nie. Die woorde ‘ondanks art 60’ verleen steun aan hierdie uitleg.

4 Durban City Council v Gray 1951 (3) SA 568 (A) at 580B.
7
Artikel 60 handel met skade of verlies wa t veroorsaak word deur 'n daad of
versuim en nie met die verpligting om 'n handeling te verrig of nie te verrig nie.
Die woorde dui dus ook daar op dat art 20(10) gerig is op die gevolge van 'n
handeling of late deur 'n openbare skool en nie op die verpligting om die
handeling te verrig of nie te verrig nie. Verdere steun vir hierdie uitleg is te
vinde in die feit dat 'n openbare skool 'n regspersoon is. Dit volg dus nie uit die
magtiging aan so 'n openbare skool i ngevolge subartikels (4) en (5) om
dienskontrakte aan te gaan dat die St aat aanspreeklik is vir die kontraktuele
verpligtinge so deur die openbare skool aangegaan nie. Die Skolewet bepaal ook
nie dat die Staat vir sulke kontraktuele verpligtinge aanspreeklik sal wees nie.
Daar was dus geen rede om sodanige ko ntraktuele verantw oordelikhede uit te
sluit nie wat dit onwaarskynlik maak dat dit die doel beoog met art 20(10) was.
[13] Hierdie uitleg van art 20(10) help di e appellant egter nie, selfs nie indien
aanvaar word dat die handeling of la te van die betrokke personeellid 'n
handeling of late deur die Skool was ni e. Die aanspreeklikheid van die Staat
word uitgesluit ten opsigte van 'n ha ndeling of late wat voortspruit uit 'n
openbare skool se ‘kontraktuele verantwoordelikheid as werkgewer teenoor die
personeel aangestel ingevolge subartikels (4) en (5)’. In hierdie geval het die
personeellid se handeling of late moontlik voortgespr uit uit haar kontraktuele
verantwoordelikheid teenoor die Skool ma ar het dit duidelik nie voortgespruit
uit die kontraktuele verantwoordelikheid van die Skool teenoor haar soos vereis
deur die artikel nie.
8
[14] Artikel 20(11) sluit dus nie die aanspreeklikheid van die Staat uit ten
opsigte van die skade wat deur die res pondente gevorder word nie. Dit volg dat
die hof a quo tereg die appellant se spesiale pleit van die hand gewys het.
[15] Die appèl word van die hand gewy s met koste, insluitende die koste van
twee advokate.


_________________
STREICHER AR


SCOTT AR)
NAVSA AR)
MTHIYANE AR) STEM SAAM
VAN HEERDEN AR)