DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
Saaknommer : 618/04
In die saak tussen :
NORMAN WILLIAM ERASMUS APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : SCOTT, BRAND ARR et COMBRINCK
Wnd AR
DATUM : 25 AUGUSTUS 2005
GELEWER : 6 SEPTEMBER 2005
Samevatting: Aanranding met die opset om ernstig te beseer – suur in die klaer se
gesig gegooi – dolus eventualis voldoende - nie vereiste dat
beskuldigde persoon die werklike erns van uiteindelike beserings
moes voorsien het nie. Voldoende dat hy die moontlikheid van
ernstige beserings voorsien het en hom daarmee versoen het.
_____________________________________________________
UITSPRAAK
BRAND AR/
2
BRAND AR :
[1] Hierdie saak het sy oorspro ng in die streekhof van die Oos-
Kaap waar die appellant, wat indertyd 18 jaar oud was,
tereggestaan het op aanklag van poging tot moord. Ter
ondersteuning van hierdie aanklag het die staat beweer dat hy op
11 April 2002 gepoog het om m nr Pieter Huishamen te vermoor
deur swawelsuur in sy gesig te gooi. Aan die einde van die verhoor
is hy onskuldig bevind aan pog ing tot moord maar skuldig aan
aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hierop is hy
gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar
voorwaardelik opgeskort is. Sy appèl na die Grahamstadse
Hooggeregshof teen hierdie skuldigbev inding sowel as die vonnis
wat hom opgelê is, is deur Jansen R, met wie Ndzondo Wnd R
saamgestem het, van die hand ge wys. Die verdere appèl na
hierdie hof is slegs teen die skuldigbevinding gerig. Dit geskied
met verlof van die hof a quo.
[2] Die gebeure wat tot die saak aanleiding gegee het is nie in
dispuut nie. Die appellant erken dat hy die persoon is wat die
swawelsuur in Huishamen se gesig gegooi het. Die gevolge wat sy
daad vir Huishamen meegebring he t, is eweneens gemenesaak.
3
Dit was verskriklik. Die suur het die vel van Huishamen se gesig
en bolyf gestroop en sy oë letterlik v ernietig sodat hulle chirurgies
verwyder moes word. Waar Huishamen voorheen 'n onafhanklike
36-jarige was wat sy eie besigheid bedryf het en 'n normale
bestaan gevoer het, is sy hele lewe eensklaps omskep tot dié van
'n hulpelose invalide. Hy kan geen inkomste verdien nie en is
afhanklik van 'n staatstoelaag. Hy word rondgelei waar hy ookal wil
gaan en maak vir sy heel basiese ve rsorging staat op die bystand
van 'n lojale vriend wat op sy beurt ook sy werk moes bedank om
na Huishamen om te sien.
[3] Die appellant ontken nie dat hy skuldig is aan aanranding
nie. Die hele saak wentel om sy argument dat die addisionele
element van opset om ernstig te beseer afwesig is. Inaggenome
die skrikwekkende gevolge wat sy daad vir Huishamen
meegebring het, mag hierdi e argument met die eerste oogopslag
ietwat verrassend voorkom. Wat egter in gedagte gehou moet
word, is dat die onderskeidende element van die misdaad waaraan
die appellant skuldig bevind is nie die veroorsaking van ernstige
beserings is nie, maar die subjektiewe opset om dit te doen.
Gevolglik sluit die erns van die gevolge nie noodwendig die
4
appellant se verweer van afwesigh eid van opset om ernstig te
beseer uit nie.
[4] Tydens die verhoor het die appellant nie getuig nie. As basis
vir sy verweer het hy gesteun op die self-begunstigende gedeeltes
van twee verklarings wat buite die hof gemaak is en wat vir een of
ander rede deur die staat voor die verhoorhof geplaas is. Die
eerste van hierdie verklarings was inderdaad 'n bekentenis wat die
appellant voor 'n landdros afgelê het. Hiervolgens het die appellant
erken dat hy die suur in Huishamen se gesig gegooi het. Hy het
ook verduidelik dat hy dit gedoen het op versoek van ene Gerrit
Jacobs wat voorheen 'n homoseksuele verhouding met
Huishamen gehad het en wat toe op hom wou wraak neem nadat
die verhouding beëindig is. Woordeli ks lui die tersaaklike gedeelte
van die bekentenis soos volg:
'… Gerrit Jacobs [het] vir my gevra om een van my vriende te kry om vir
Pieter Huishamen aan te rand. Ek het t oe eers 'n swart vriend van my gekry
maar omdat hy 'n seer vinger gehad het, kon hy nie gaan nie. Toe het ek 'n
ander vriend van my gekry Stefan Nel. Hy het nie saam met my gegaan nie
want hy wou nie. Toe het Gerrit Jacobs vir my suur gekry om vir Pieter
Huishamen daarmee in sy gesig te gooi . Ek het toe die suur in Pieter
Huishamen se gesig gegooi. Maar ons was eers by mnr Riaan Britz se huis
gewees. Hy is 'n dokter by Green Acre s Hospitaal…. Ek was deur Jacobs en
5
Britz gesê dat die "acid" net sy [Pieter se] vel 'n bietjie rooi sal maak. Mnr
Gerrit Jacobs het vir my 'n kar belowe en 'n selfoon as ek di t doen. Ek het die
selfoon toe gekry maar nie die kar nie. … Ek het dit gedoen vir die geld want
ons kry swaar. My ma het nie eintlik geld nie.'
[5] Dit tweede verklaring wat deur die staat ingehandig is, was
dié van 'n bewaarder in die gevangenis waar die appellant
aanvanklik weens die tersaaklike gebeure aangehou is.
Daarvolgens het die appellant op die bewaarder se navraag,
hoekom hy in aanhouding is, geantwoord dat hy suur in iemand se
gesig gegooi het omdat 'hulle … gesê [het] dit nie soveel skade
verrig nie'. In konteks moet hierdie ongeïdentifiseerde 'hulle'
waarskynlik ook as 'n verwysing na Jacobs en Britz verstaan word.
[6] Jacobs en Britz is oorspron klik as medebeskuldigdes van die
appellant aangekla. Britz is egter reeds deur di e verhoorhof
onskuldig bevind terwyl Jacobs se aanvan klike skuldigbevinding
deur die hof a quo op appèl ter syde gestel is. Beide van hulle het
in die verhoor getuig en enige kennis van die aanranding op
Huishamen ontken. Die beweerde versekering aangaande die
onskadelikheid van die suur wat die appellant in sy verklarings aan
hulle toegedig het, is nooit in kruisverhoor namens die appellant
aan hulle gestel nie.
6
[7] Stefan Nel na wie ook in die bekentenis verwys word, is deur
die staat as getuie geroep. Hy het bevestig dat die appellant hom
vertel het van sy twee homo seksuele vriende wat vroeër 'n
verhouding gehad het en dat een van hulle, na die beëindiging van
die verhouding, iemand gesoek het om 'acid' in die ander se oë te
gooi. Op 'n stadium het die appellant dan ook die houer met die
suur aan Nel gewys. Volgens Nel is hy toe genader om hierdie
taak teen vergoeding te verrig, maar hy het nie die 'guts' gehad om
dit te doen nie.
[8] Volgens die verhoorhof se benadering tot die saak, wat deur
die hof a quo op appèl onderskryf is, het die oplossing van die
geskilpunt, of die appellant slegs skuldig is aan gewone
aanranding of dan wel aan aanran ding met die opset om ernstig
te beseer, gewentel om twee vrae. Eerstens, of die self-
begunstigende gedeeltes van die appel lant se buiteregtelike
verklarings, waarvolgens aan hom gesê is dat die suur nie ernstige
skade sou aanrig nie, maar slegs di e slagoffer se vel effens rooi
sou verkleur, as getuienis toelaatbaar was. Tweedens, indien wel,
watter gewig daar aan hierdie getuienis geheg moes word. Die
regsbeginsels onderliggend aan hier die vrae het die hof gevind in
beslissings van hierdie hof soos, byvoorbeeld, R v Valachia 1945
7
AD 826 te 835, 837; S v Khoza 1982 (3) SA 1019 (A) 1039A; S v
Yelani 1989 (2) SA 43 (A) 50A-C.) Ooreenkomstig hierdie
beginsels het die self-begunstigende gedeeltes van die
buiteregtelike verklarings toelaatbaar geword toe die staat hierdie
verklarings voor die hof geplaas het. Soos hierdie beslissings egter
ook aandui het die feit van t oelaatbaarheid nie meegebring dat die
self-begunstigende gedeeltes dieselfde gewig as die
inkriminerende gedeeltes van hierdie verklarings moes dra nie.
Afhangende van die omstandighede, kon die hof selfs
laasgenoemde aanvaar en eer sgenoemde as ongeloofwaardig
verwerp.
[9] Aan die hand van hierdie beginsels het die verhoorhof toe
bevind dat die onderhawige inderdaad 'n geval is waar die self-
begunstigende gedeelte van die appe llant se verklarings verwerp
moet word. Wat die hof veral teen die appellant gehou het, was dat
die beweerde gerusstelling wat in sy verklarings aan Jacobs en
Britz toegedig word nie in k ruisverhoor namens hom aan een van
hulle gestel is nie. In elk geval, so het die verhoorhof beslis, is dit
in die lig van algemene menslike ervaring aangaande die effek van
suur, onwaarskynlik dat Jacobs en Britz so 'n gerusstelling aan die
appellant sou gee. Op appèl het die hof a quo hierdie redenasie
8
oorweeg en as oortuigend aanvaar. Ek deel egter nie hierdie
oortuiging nie. Nadat Jacobs en Britz reeds pertinent enige kennis
van die aanranding op Huishamen ontken het, sou 'n stelling van
hulle beweerde gerusstelling teen oor die appellant nouliks van
enige nut wees. Verder kan ek my ook goed voorstel dat Jacobs
en sy vriend Britz juis so 'n gerusstelling aan die appellant kon gee
in 'n poging om hom te oorreed om Jacobs se vuilwerk vir hom te
doen. Soos ek die saak sien m oet die self-begunstigende gedeelte
van die appellant se verklarings dus op sigwaarde aanvaar word.
[10] Dit is egter nie die einde va n die ondersoek nie. By verdere
beoordeling moet in gedagte gehou word dat oogmerksopset geen
vereiste is vir 'n skuldigbev inding aan die onderhawige misdaad
nie. Aanwesigheid van opset in die vorm van dolus eventualis is
voldoende. Die skuldigbevinding was dus geregverdig indien die
appellant (subjektief) die moontlik heid van 'n ernstige besering
voorsien het en hom daarmee vers oen het. Die vraag of dit sy
oogmerk was om ernstig te beseer, is onsaaklik. Verder moet in
gedagte gehou word dat die vraag nie is of die appellant die
uiteindelike gevolge wat sy opt rede vir Huishamen gehad het in al
sy verskriklike detail voorsien het nie. Solank die beserings wat hy
9
subjektief as 'n moontlikheid voorsien het ernstig was, was die
skuldigbevinding behoorlik verantwoord.
[11] Soos ek dit sien, wentel die appèl dus om die vraag of die
afleiding in al die omstandighede geregverdig is dat die appellant,
ten spyte van Jacobs en Britz se gerusstelling tog die moontlikheid
voorsien het dat Huishamen ernsti g beseer sou word en hom
daarmee versoen het. Wat in die appellant se guns tel is dat hy op
daardie stadium slegs 17 jaar oud wa s; dat hy slegs standerd 7 op
skool geslaag het en dat hy blykbaar nie baie slim was nie. Voorts
moet ook aanvaar word dat hy beïndruk kon wees deur die
mediese kennis van Britz wat, hoewel nie 'n dokter nie, darem in 'n
hospitaal gewerk het.
[12] Dit alles inaggenome is ek egter nie oortuig dat die appellant
die wêrelvreemde stelling, dat di e suur maar slegs Huishamen se
vel 'n bietjie rooi sou verkleur, kon geglo het sonder om selfs die
moontlikheid te oorweeg dat dit nie waar is nie. Menslike ervaring
leer tog dat suur op 'n mens se vel en veral in die oë waarskynlik
dramatiese beserings tot gevolg sal hê. Die toegedigte
gerusstelling val byna op dieselfde vlak as die stelling dat 'n
steekhou met 'n mes slegs 'n rooi kol op die slagoffer se vel sal
laat. Dit is so ver van die werkli kheid verwyder dat selfs die mees
10
oningeligte dit nouliks kan glo. By ontstentenis aan enige getuienis
deur die appellant self kan hy nie van die hof verwag om sonder
meer te aanvaar dat hy nie die algemene kennis oor die effek van
suur in 'n mens se oë met die res van die bevolking gedeel het nie.
[13] Wat meer is, 'n vraag wat die appellant homself
onvermydelik moes afvra, is w aarom Jacobs bereid sou wees om
vir hom 'n motor en 'n selfoon te gee as dit wat hy gevra is om te
doen weinig meer tot gevolg sou hê as 'n harde klap. Nog minder
verstaanbaar in die omstandighede is die appellant se aanvanklike
soeke na 'n plaasvervanger om hierdie relatief geringe beserings
namens hom te veroorsaak en dit terwyl hy 'n ernstige behoefte
aan geld gehad het. En dan weier Nel boonop om selfs teen
vergoeding hierdie geringe beserings te veroorsaak omdat hy nie
die 'guts' daarvoor het nie.
[14] In al die omstandighede is die afleiding dus myns insiens bo
redelike twyfel geregverdig dat die appellant dit minstens as 'n
moontlikheid voorsien het dat sy aanranding op Huishamen
ernstige beserings tot gevolg sou hê en dat hy hom met daardie
moontlikheid versoen het. Gevolglik is ek van oordeel dat die
skuldigbevinding aan aanranding met die opset om ernstig te
beseer moet bly staan.
11
[15] Derhalwe word die appèl van die hand gewys.
………………
F D J BRAND
APPÈLREGTER
Stem saam:
SCOTT AR
COMBRINCK Wnd AR