Rhode v Stubbs (038/2004) [2005] ZASCA 18; 2005 (5) SA 104 (SCA) (29 March 2005)

57 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Wills and Estates — Joint Wills — Validity of joint wills and estate merging — The appellant appealed against a decision granting the respondent a half undivided share in two properties, following the interpretation of a joint will executed by Attie and Lettie Williams. The court examined whether the wills merged the estates of the testators, determining that Lettie's bequest to her son did not constitute a merger of the estates. The court held that the testamentary provisions did not clearly indicate an intention to merge the estates, affirming the lower court's decision and dismissing the appeal with costs.





REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA


DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA

Rapporteerbaar
Saaknommer : 038 / 04

In die appèl van


PATRICK RHODE APPELLANT


en


SARAH DOROTHY STUBBS RESPONDENT


Regbank
: MPATI AP, CAMERON, MTHI YANE, BRAND en CONRADIE ARR


Verhoordatum
: 15 MAART 2005


Datum van Uitspraak
: 29 MAART 2005


SAMEVATTING

Hersiening van besluite van Pniël Oorgangsraad en Departement van Plaaslike Bestuur en Behuising Wes-Kaap –
geldigheid van besluite hang enkel daarvan af of daar samesmelting was van boedel s van erflaters aan wie ‘n
bemaakte erf behoort het – boedelsamesmelting as regsfiguur bespreek - riglyne vir uitleg van gesamentlike en
wederkerige testament herbevestig.
______________________________________________________________________________

U I T S P R A A K
______________________________________________________________________________

2

CONRADIE AR
[1] Eiendomsreg op alle grond binne die regsgebied van die Pniël Oorgangsraad
het vroeër jare permanent in die Staat gevestig. Grondbewoners binne die dorp kon
egter op aanbeveling van die Oo rgangsraad en na goedkeuring deur die provinsiale
owerheid okkupasieregte verkry. As d eel van ‘n transformasieproses kan
grondbewoners of hulle regsopvolgers nou langs dieselfde weg eiendomsreg op die
betrokke grondstukke verkry. Die Pniël Oo rgangsraad en die Direkteur-Generaal
van Plaaslike Bestuur en Behuising: Wes-Kaap was respondente in die hof benede.
Hulle het die aangevraagde regshulp nie tee ngestaan nie en wag ook die beslissing
van hierdie hof af.

[2] Die respondent het voor Van Heerden et N C Erasmus RR ‘n bevel verkry
dat sy op ‘n halwe onverdeel de aandeel in twee erwe op die dorp geregtig is. Die
appellant se aanspraak op die geheel van een van die erwe is nie gehandhaaf nie.
Hy appelleer met verlof van hierdie hof teen die beslissing.

[3] Attie en Lettie Williams was binne gemeenskap van goed getroud. Hulle het
gewoon op erf 124 waarop daar twee wonings was. Saam het hulle ‘n testament
verly waarin bepaal word dat erf 124 na die dood van die eerssterwende in twee
min of meer gelyke dele verdeel moes word, een deel met die sogenaamde ou
3
woning en die ander deel met die nuw e woning daarop. Die ou woning word
bemaak aan Archie Williams, ‘n seun van die egpaar; Ethyl Mentoor (later Ethyl
Robyn), Attie se kind uit ‘n vorige huwelik, kry die erf met die nuwe woning.

[4] Attie Williams is eerste oorle de. Kragtens die likwidasie- en
distribusierekening van sy boedel word , uit hoofde van die huwelik binne
gemeenskap van goed, ‘n halwe onverdeelde aandeel in elkeen van die erwe aan
Lettie toegeken. Attie se halwe onverd eelde aandeel in die erf met die nuwe
woning daarop word toegeken aan Ethyl Robyn en sy halwe onverdeelde aandeel
in die ander erf aan Archie Williams.

[5] Voor Lettie se dood op 20 Januarie 1969 was die posisie dus dat Ethyl
Robyn geregtig was op een onverdeelde he lfte van die erf met die nuwe woning
(wat later die nommer 171 gekry het). Archie Williams was geregtig op ‘n
onverdeelde helfte van die ander erf, en die weduwe e Williams het onverdeelde
helftes van albei die erwe besit.

[6] Die vraag wat tans ter sprake kom , ontstaan toe Lettie Williams in haar
testament haar onverdeelde helfte van e rf 171 aan haar seun uit ‘n vorige huwelik,
Charles Stubbs, bemaak. Haar onverdeelde aandeel in die ander erf bemaak sy aan
Archie Williams. Sy volle reg op hierdie stuk grond word deur niemand betwis nie.
Charles Stubbs was in lewe die eggenoo t van die respondent wat ingevolge ‘n
4
herverdelingsooreenkoms tussen sy intest ate erfgename geregtig geword het op
wat hy ook al van Lettie ge-erf het.

[7] In weerwil van die bepalings van di e likwidasie- en distribusierekeninge
(wat natuurlik deur die Meester goedge keur is) en waarvolgens Ethyl Robyn
reghebbende op slegs ‘n helf te van erf 171 is, ken die Pniël Oorgangsraad
alleenokkupasiereg op die hele erf 171 aan h aar toe. Met die latere onderverdeling
van erf 171, word alleenokkupasiereg op die twee onderverdelings (wat aanvanklik
192 en 193 genommer is en toe, na ‘n t yd, 383 en 411 geword het) ondanks betoë
aan die Oorgangsraad weer aan Ethyl Robyn toegeken.

[8] In 1993 kom Ethyl Robyn ooreen om haar regte op een van die
onderverdelings, erf 411, aan haar skoonseun, die appellant, oor te dra. Die ander
onderverdeling, erf 383, bemaak sy aan haar seun, Arthur Mentoor. Hy is in die
hof benede as die vyfde respondent siteer , maar neem nie aan hierdie verrigtinge
deel nie.

[9] Indien dit Lettie vrygestaan het om ha ar halwe aandeel in die twee erwe te
bemaak soos sy wou, sou Ethyl Robyn ‘n halwe onverdeelde aandeel in erf 171
gehad het (wat aan haar in die gesamen tlike testament van Attie en Lettie bemaak
is); sy en Charles Stubbs (aan wie die ander onverdeelde halwe aandeel in Lettie se
testament bemaak is) sou derhalwe elk geregtig wees op ‘n halwe onverdeelde
5
aandeel in erf 171 of sy onderverdeli ngs, erwe 383 en 411. Ethel Robyn sou
derhalwe hoogstens ‘n onverdeelde helfte van erf 383 aan haar seun, Arthur
Mentoor, kon oordra en hoogstens ‘n ha lwe onverdeelde aandeel in erf 411 aan
haar skoonseun, die appellant. Indien Lettie nie oor haar halwe aandeel in erf 171
kon beskik nie, sou Ethyl die alleenreghebbende daarop geword het.

[10] Dit is derhalwe gemene saak dat die regte van die betrokkenes, en daarmee
die juistheid van die Oorgangsraad en die Departement van Plaaslike Bestuur en
Behuising se besluite, enke l en alleen daarvan afhang of Attie en Lettie Williams
se testament hulle boedels saamgesmelt het.

[11] By boedelsamesmelting word die ge heel of gedeeltes van een of meer
testateurs (gewoonlik gades) se boedels vir doeleindes van testamentêre beskikking
in ‘n gekonsolideerde eenheid saamgevoeg. Vir samesme lting is dit dus nodig dat
die een testateur oor sowel sy eie boedel, of ‘n deel daarvan, as oor die boedel, of
‘n deel daarvan, van die ander beskik.

[12] ‘The two elements then which mu st concur,’ verklaar Innes HR in The
Receiver of Revenue Pretor ia v CH Hancke and Others 1 ‘in order to deprive the
survivor of the right to revoke the mutual will are a disposition of the survivor’s
property or a specific portion of it after the survivor’s death, and an acceptance by

1 1915 AD 64 at 72.
6
the survivor of some benefit under the will. Upon electing to take the benefit, he
automatically assents to the bequest. On th e other hand if he elects to reject the
benefit, he reverts to his legal position before the test ator’s death, the mutual
arrangement falls away, and the will of th e first dying operates only upon his share
of the property.’

[13] Sedertdien staan dit egter vas dat ‘n beskikking na die eerssterwende se
dood ook boedelsamesme lting kan bewerkstellig 2 en van die oorlewende kan verg
om ‘n eleksie uit te oefen, m a w om die erflating te verwerp of dit onderhewig aan
‘n modus te aanvaar. 3 As die erflating sub modo aanvaar word, is die oorlewende
vanselfsprekend aan die uitvoering van die modus gebonde.

[14] Dit is nie in geskil dat die weduwe e Williams, soos in die testament bepaal,
vruggebruik van die hele vaste eiendom geniet het nie. In sy beantwoordende
verklaring sê die appellant dat hy deur sy regsverteenwoordigers geadviseer is dat
‘Lettie Williams se keuse om die voorde le van die gesamentlike testament te
aanvaar, tot gevolg gehad het dat boedelsamesmelting plaasgevind het.’ Die advies
is nie korrek nie.



2 Lawsa 1st reissue vol 31 p242 para 364; Union Government (Minister of Finance) v Leask’s Executors 1918 AD
447 te 458.
3 Lawsa 1st reissue vol 31 p 243 para 365.
7
[15] Aanvaarding van voordele uit ‘n we derkerige testament kan nie op sigself
boedelsamesmelting bewerkstellig nie. As daar in die eerste plek geen
samesmelting was nie, is enige handeling van die langslewende wat andersins op
adiasie sou dui, betekenisloos. 4 Adiasie is weliswaar vi r die effektiwiteit van ‘n
samesmelting nodig,5 maar nie vir die totstandkoming daarvan nie. Daarteenoor het
boedelsamesmelting op sigself ook geen uitw erking nie; dit stel die oorlewende
slegs voor die keuse om voordele inge volge die testament te aanvaar en
terselfdertyd aan enige opgelegde laste gebonde te wees.

[16] Wanneer twee (of meer) testateurs saam in ‘n testament beskik, ontstaan
daar dikwels ‘n grammatikale onduideli kheid. Die gebruik va n die (aangewese)
eerste persoon meervoud dra nie ondubbelsinni g aan ‘n leser van die testament oor
of elke testateur sy wense net ten be hoewe van homself of ook ten behoewe van
die ander erflater(s) uitspreek nie. ‘n Oplossing vir die uitlegprobleem waartoe
hierdie strukturele onduidelikheid aanleidi ng gee, vind ons reg in die reël dat
wederkerige of gesamentlike testamente van binne gemeenskap van goed getroude
gades in die eerste plek as apar te testamente gelees moet word. 6 Die ontleder van
so ‘n testament gaan dus van die veronderstelling uit dat hy of sy met afsonderlike

4 Mills and Another v Estate van Blerk and Others 1914 CPD 857 at 862.
5 Rohm v The Master and Another 1950 (1) SA 135 (SR) te 137.
6 Secretary South African Association v Mostert 1873 Buch. 31 (PC); Mills and Another v Estate Van Blerk and
Others 1914 CPD 857 at 862 - 863; Vaughan’s Executrix v The Master 1919 TPD 363; De Kock v Estate De Kock
1922 CPD 110.
8
testamente te doen het totdat die teendeel duidelik blyk. Die rede vir hierdie
benadering lê in ons gemene reg veranker.

[17] In Joubert v Ruddock and Others 1968 (1) SA 95 (E) at 98F-G haal
Eksteen R ‘n passasie uit Van Leeuwen Censura Forensis 3.11.6 aan waarin hy die
belangrikheid daarvan onderstreep dat iema nd tot aan die einde van sy dae bevoeg
behoort te bly om sy testament te verande r en die stelling motiveer deur te sê
(Schreiner se vertaling) ‘…there is not hing to which men are more entitled than
that their power of making a last will shoul d be free, and hence the rule; that no
one can deprive himself of this power.’

[18] Die stelling is nie ongekwa lifiseerd korrek nie. ‘n Testateur kan hom deur
boedelsamesmelting die reg ontneem om ‘n eie testament te maak, maar as daar
enige twyfel oor sy bedoeling bestaan, 7 moet die testament uitgelê word om die
grootste moontlike testeervryheid te laat. Dit gee aanleiding tot die ondergeskikte
uitlegreël, die vermoede teen boedelsames melting, wat geld wanneer die goue reël
vir die uitleg van testamente, naamlik om binne die raamwerk van ‘n testament
betekenis aan ‘n erflater se woorde te gee, 8 weens vaagheid of dubbelsinnigheid
versaak.


7 D’Oyly-John v Lousada 1957 (1) SA 368 (N) at 373E-G.
8 Cuming v Cuming and Others 1945 AD 201 te 206.
9
[19] Attie en Lettie Williams se testamen t begin met ‘n verklaring van voorneme
wat soos volg lui:
‘Ons verklaar dat die testateur die eienaar is van twee wonings te Pn iël, Paarl distrik met
aangrensende grond en dit is ons wens en bege erte dat na die dood van die eers-sterwende van
ons, die eiendom verdeel sal word…vir die gesa mentlike vrye gebruik van die eienare of
bewoners van die twee wonings op die eiendom.’

[20] Die verklaring van voorneme is vatb aar vir die uitleg dat elk van die egliede,
as mede-reghebbende, slegs toestem tot die onderverdeling van sy eie halwe
aandeel in die grond. (Die feitelike uiteense tting in die testament is nie korrek nie.
Die egliede was nie eienaars van die grond nie, maar bewoners daarvan en elkeen
het ‘n onverdeelde aandeel op die okkupasiereg gehad; dit is egter onbelangrik.

[21] Die verdere relevante bepalings van die testament lui soos volg:
3 .
’Ons bemaak aan ETHEL MENTOOR (gebore Williams) dogter van die testateur…die een deel
van bogenoemde eiendom na verdeling soos hierbo beskrywe met die een woning daarop bekend
as die Nuwe Woning….
4 .
Ons bemaak aan ARCHIE WILLIAMS,
die seun van die Testateur en Testatriese, die ander
gedeelte van bogenoemde eiendom…met die Ou Woning daarop.
5 .
Ons bemaak aan die langslewende van ons al die huismeubels en hu isgoed nagelaat by die
10
afsterwe van die eers-sterwende van ons.
6 .
Die bemakings van ons vaste eiendom aan ETHEL MENTOOR (geb. Williams) en ARCHIE
WILLIAMS verklaar ons is onderhewig aan di e voorwaarde dat, en ons skenk aan die
langslewende van ons die reg in volle en ongest oorde besit daarvan te bly en die vruggebruik
daarvan te geniet in die geval va n die Testateur tot sy dood en indi en die testatriese die testateur
oorleef dan tot haar dood of hertroue.
7 .
Indien die testateur voor die testatriese te st erwe mag kom verklaar ons dat ons Eksekuteur
verplig sal wees om binne drie maande na die dood van die Testateur ons motorvoertuie en ander
losse bate nagelaat by die dood va n die Testateur en wat nie spes iaal bemaak is in dit ons
testament nie, te verkoop op Publieke Veiling, en die opbrengs daarvan te belê op rente en op
goedgekeurde sekuriteit, en die rente daarop va n tyd tot tyd te gebruik vir die onderhoud van
Freddy Williams, seun van die Testateur. Na afstwerwe van genoemde Freddy Williams is dit
ons wens en begeerte en verklaar (ons) dat ons kinders dan in lewe die genoemde kapitaal met
rente sal erf in gelyke dele.
8 .
Ons benoem en stel aan die kinders verwek uit ons huwelik as di e erfgename van die restant van
ons gesamentlike boedel en nalatenskap, losse goedere sowel as vaste eiendom…en begeer dat
hulle die restant sal erf in gelyke dele.
9 .
As Eksekuteur van dit ons testament, beredderaar van ons boedel en nalatenskap en voog oor ons
11
onmondige kinders stel ons aan EDWARD WILLIAMS…
10.
Ons behou die reg te alle tye hierna om die testament te verander of by te voeg, dit wil sê deur ‘n
ander testament óf kodisil aan dit ons testament, soos ons mag goeddink.’

[22] Klousule 8, handel met die beskikki ng van ‘ons gesamentlike boedel’ ná die
dood van die langslewende. Indien uit di e bewoording van hierdie klousule sou
blyk dat die eerssterwende bedoel het om ni e net oor sy eie goed nie, maar ook oor
dié van die langslewende te beskik, sou dit op ‘n samevoeging van die boedel dui.9
Die bepaling is egter nie naastenby dui delik genoeg om di e vermoede teen
boedelsamesmelting te weerlê nie. Eerstens dui die uitdrukking ‘ons gesamentlike
boedel en nalatenskap’ nie onteenseglik daarop dat die erflaters hulle boedels wou
saamsmelt nie.10 Die bepaling is op sy eie vir twee vertolkings vatbaar. 11 Dit mag
egter nie buite die samehang van die hele testament gelees word nie. 12 Daar moet
dus na die gebruik van die woord ‘ons’ in ander paragrawe van die testament
gekyk word.

[23] In klousule 5 is daar die sinsnede ‘ons bemaak aan die langslewende van ons
al die huismeubels en huisgoed’ wat nat uurlik beteken dat die eerssterwende ‘n

91915 AD 64 te 113.
10 Estate Coaton v The Master 1915 CPD 318 te 322-323; De Kock v Estate de Kock 1922 CPD 110 te 115.
11 Perry and Another v Executors Estate Oats and Others 1941 TPD 91 at 97: ‘…”our” prima facie means that each
of the two testating parties says “my”, when referring to his or her half share, not that the whole joint estate is dealt
with.’.
12 Ondergeskikte bepalings doen nie afbreuk aan ‘n dominante bepaling tensy die bedoeling duidelik is nie: In re
Estate van Aardt 1925 CPD 250 te 255.
12
bemaking aan die langslewende maak. ‘Ons’ moet hier in die enkelvoud verstaan
word: die erflater is die een wat eerste sterf. In klousule 6 word die vruggebruik
oor die vaste eiendom wat aan Ethyl Mentoor (later Robyn) en Archie Williams
bemaak word, deur ‘ons’ aan die langslewende geskenk. Weer eens is dit duidelik
dat die erflaters met ‘ons’ die eerssterwende bedoel.

[24] In klousule 7 (wat met die afster we van die testateur vóór die testatriese
handel) word die voorgestelde eksekuteur ‘ons’ eksekuteur genoem; hy is natuurlik
die eksekuteur, nie van albei nie, maar va n die testateur, die enigste oorledene op
daardie stadium.13 Klousule 7 handel, terloops, waarskynlik net met die testateur se
boedel: Dit is voorsorg wat di e testateur uit sy helfte va n die boedel vir sy seun uit
‘n vorige huwelik tref. Dieselfde voorso rg blyk uit paragraaf 3 waar Ethyl
Mentoor (Robyn), die testateur se dogter, verplig word om vir Freddie Williams,
die testateur se seun, ‘n vruggebrui k oor die nuwe woning in te ruim. 14 D i e
‘motorvoertuie en losse bate’ wat die eksekuteur by die afsterwe van die testateur
te gelde moet maak, sou dus kwalik goed kon insluit wat aan die testatrise behoort.

[25] Die bewoording van Attie en Lettie se gesamentlike testament is nie bestand
teen die vermoede dat dit as twee testamen te vertolk moet word nie. Saamgevat is
die regsposisie dus soos volg: die responde nt, Sarah Dorothy Stubbs is geregtig op

13 Vgl Scheidel v The Master and Others 1936 CPD 287 at 291.
14 Afgesien van die langslewende se vruggebruik oor die hele eiendom, die oorspronklik erf 124.
13
‘n halwe onverdeelde aandeel in erwe 383 en 411. Arthur Mentoor, die vyfde
respondent in die hof benede , is geregtig op ‘n halwe onverdeelde aandeel in erf
383. Patrick Rhode, die appella nt, is geregtig op ‘n halw e onverdeelde aandeel in
erf 411. Daar kan nie met die bevel van die hof benede ingemeng word nie.
Die appèl word met koste van die hand gewys.

J H CONRADIE
APPÈLREGTER
SAMESTEMMEND:
MPATI AP
CAMERON AR
MTHIYANE AR
BRAND AR