IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA
Rapporteerbaar
SAAK NR: 265/03
In die appèl van:
GERT LEOPOLD EHLERS NO Eerste Appellant
DANIEL HUGO EHLERS NO Tweede Appellant
WILLEM JACOBUS ERASMUS NO Derde Appellant
TANGENI BOERDERY NR 2 Vierde Appellant
- en -
HENDRIK GRAPHORN NO Eerste Respondent
DIE KWAZULU-NATAL NATUURBEWARINGSRAAD Tweede Respondent
ERF 1435 SINOVILLE (EDMS) BEPERK Derde Respondent
SAAK NR 278/03
In die appèl en kruisappèl van:
HENDRIK GRAPHORN Eerste Appellant
ERF 1435 SINOVILLE (EDMS) BEPERK Tweede Appellant
- en –
DIE KWAZULU-NATAL NATUURBEWARINGSRAAD Respondent
______________________________________________________________________________
Before: STREICHER, BRAND, CLOETE, HEHER & VAN HEERDEN ARR
Heard: 18 FEBRUARIE 2005
Delivered: 15 MAART 2005
Summary: Nalatige wanvoorstelling – stilswyende term van 'n ooreenkoms.
______________________________________________________________________________
U I T S P R A A K
____________________________________________________________________________
STREI CHER AR
2
STREICHER AR:
[1] Op 20 Junie 1998 het die Kwazulu Natal Natuurbewaringsraad ('die
Raad') 'n wildveiling gehou waartydens, onder andere, buffels verkoop is. Die
buffels is in 'n katalogus en elders beskryf as siektevry wat aanduidend daarvan
was dat hulle nie met korridorsiekte besmet was nie. Dit het egter geblyk nie die
geval te wees nie. Van die buffels wat deur Erf 1435 Sino ville (Edms) Bpk
('Sinoville') op die wildveiling aangekoop is, is daarna, ingevolge `n kontrak met
`n vennootskap, Tangeni Boerdery Nr 2 ('Tangeni'), losgelaat op die plaas
Kleine Waterval waar Tangeni met, onder andere, bees te geboer het.
Korridorsiekte is vanaf die buffels na die beeste oorgedra as gevolg waarvan
talle van die beeste gevrek het en die buffels van kant gemaak is. Tangeni het
daarna aksie vir skadevergoeding teen die Raad sowel as teen Sinoville ingestel.
In die geval van die Raad beweer Tangeni dat die Raad 'n nalatige
wanvoorstelling gemaak het dat die buffels siektevry was. In die geval van
Sinoville beweer Tangeni dat dit 'n st ilswyende term van sy kontrak met
Sinoville was dat die buffels siektevry was. Sinoville het ook aksie teen die
Raad ingestel vir skadevergoeding op grond van 'n nalatig e wanvoorstelling dat
die buffels siektevry was, alternatiewelik vir terugbet aling van die koopprys op
grond van dwaling ten opsigte van die k oopsaak. Die aksies is in die Natalse
Provinsiale Afdeling ('die hof a quo') ingestel. Hulle is gekonsolideer en die hof
a quo het op versoek van die partye eers met die aanspreeklikheidsvraagstuk
gehandel. Na die aanhoor van getuienis het die hof a quo bevind:
3
1.1 Dat die wanvoorstelling deur die Raad aangaande die siektevrye status
van die buffels nie nalatiglik gemaak is nie en dat Tangeni sowel as
Sinoville se eise teen die Raad gebaseer op 'n nalatige wanvoorstelling,
van die hand gewys moes word.
1.2 Dat die koopkontrak tussen die Raad en Sinoville gesluit is op die
gemeenskaplike veronderstelling dat di e buffels siektevry was; dat die
dwaling van beide redelik was; dat die kontrak gevo lglik nietig was; en
dat Sinoville geregtig was op terugbetaling van die koopprys.
1.3 Dat die kontrak tussen Tangeni en Sinovi lle nie 'n stilswyende term bevat
het dat die buffels siektevry was nie en dat Tangeni se vordering teen
Sinoville gevolglik van die hand gewys moes word.
[2] Met die verlof van die hof a quo appelleer Tangeni nou teen die afwysing
van sy skadevergoedingseise teen di e Raad en Sinoville, Sinoville appelleer
teen die afwysing van sy skadevergoedi ngseis teen die Raad en die Raad
appelleer teen die bevel dat hy die kooppr ys moet terugbetaal aan Sinoville. In
die lig van die gevolgtrekking waartoe ek kom ten opsigte van Sinoville se
skadevergoedingseis teen die Raad op grond van nalatige wanvoorstelling, sal
dit blyk onnodig te wees om met Sinovi lle se alternatiewe vordering vir
terugbetaling van die kooppry s te handel. Die enigst e oorblywende geskilpunte
waarmee gehandel moet word is of die voorstelling gemaak deur die Raad
nalatiglik gemaak is en of dit 'n s tilswyende term van die ooreekoms tussen
Tangeni en Sinoville was dat die buffels siektevry sou wees.
4
[3] Korridorsiekte is 'n bosluis oorge draagte siekte. Besmette buffels is
gewoonlik simptoomlose draers van die siekte. Van besmette buffels kan die
siekte deur 'n bosluis bekend as `n bruinoorbosluis oorgedra word na onbesmette
buffels of beeste. Omdat buf fels kudde diere is en ba ie noue kontak met mekaar
het, sal daar baie gou verspreiding na al die ander buffels in 'n spesifieke
populasie wees indien een van die buffels in die kudde besmet raak en daar
bruinoorbosluise in die omgewing is. Wanneer die siekte na beeste oorgedra
word is die gevolge rampspoedig aange sien meer as 80% van die aangetaste
diere binne 'n periode van 'n maand na aantasting kan vrek.
[4] Die bruinoorbosluis is 'n driegasheerbosluis. Sy lewenssiklus begin by 'n
eiertjie wat gelê word deur 'n wyfie nadat sy 'n bloedmaal van 'n gasheer geneem
het. Die eerste stadium van die bosluis wat ui t die eier uitbroei is 'n larfie. Dit is
'n sespotige bosluismodelletjie met 'n harde doppie wat kleiner as 'n
speldekoppie is. Vir oorlewing moet hy 'n gasheer kry. Vir dié doel klim hy teen
grashalmpies op waar hy sal sit totdat daar 'n gasheer verbyloop. Hy kan slegs 'n
klein hoeveelheid bloed inneem en na dat hy dit gedoen het, los hy waar hy
vasgebyt het en val af. Hy vervel dan en kom uit sy doppie as 'n nimf, synde 'n
bietjie groter bosluismodel. Die nimf kan tot vyf maande lank oorleef in die veld
en gaan deur dieselfde proses as die larf. Nadat hy vervel he t verskyn hy as 'n
volwasse vierpotige bosluis wat óf `n ma nnetjie óf `n wyfie kan wees. Ook die
volwasse bruinoorbosluis kan vir etlike ma ande in die veld oorleef. Oorlewing
van die spesie vereis nou nie alleen 'n maaltyd nie maar ook die vind van 'n
5
maat. In die geval van die volwasse bruinoorbosluis is die voorkeur bytplek die
ore. Dit is waar die mannetjie die wyfie sal vind en waar hulle sal kopuleer nadat
albei vasgebyt het. Hulle ka n vir 'n week of wat op 'n gasheer rondloop voordat
hulle vasbyt en kan afgeskuur word of afval omrede hulle nie van die gasheer
hou nie. Eers nadat twee bosluise gekopuleer het, sal die wyfie haarself vol suig.
Die mannetjie daarenteen suig homself noo it vol nie. Hy soek wyfies en is meer
beweeglik. Hy kan tot drie maande op `n buffel rondloop.
[5] Besmetting word nie van die wyfiebos luis na haar nageslag oorgedra nie
met die gevolg dat die larf nie korridorsiekte kan oordra nie. Sou so 'n larf egter
aan 'n besmette buffel suig kan hy besmet raak wat tot gevolg het dat hy in sy
nuwe gedaante van nimf wel die besmetting kan oordra. Omdat 'n nimf klein is
en klein volumes bloed inneem, is hulle oordragpotensiaal kleiner as dié van die
volwasse bosluis. Onderhewig aan die kwalifikasie hierna vermeld verloor 'n
besmette nimf of volwasse bosluis sy besmetting wanneer hy aan 'n onbesmette
dier suig. Dit is egter nog nie wetenska plik vasgestel of die mannetjie moontlik
sy besmetting langer behou vanweë die fe it dat hy klein hoev eelhede bloed per
geleentheid inneem nie.
[6] Die buffels in die Addo Olifantpark ('Addo'), waar die bruinoorbosluis nie
voorkom nie, is nie met korridorsiekte be smet nie. Hulle kan slegs so besmet
raak indien hulle in aanraking sou kom met besmette bruinoorbosluise. Dit volg
dat indien voorsorg getref word dat Addo buffels nie in aanraking kom met
besmette bruinoorbosluise nie hulle vry van korridorsiekte gehou kan word.
6
[7] Ingevolge regulasies uitgevaardig ingevolge die Wet op Dieresiektes 35
van 1984 mag buffels slegs verskuif word indien gemagtig deur 'n permit
uitgereik deur die verantwoordelike staats veearts en dan slegs van en na grond
wat ingevolge die regulasies geregistreer is by die Direkteur van die Direktoraat
van Dieregesondheid van die Depa rtement van Landbou. Grond word
geregistreer vir die aanhouding van buff els ooreenkomstig hulle siektestatus
d.w.s. korridorsiektevrye buffels word aangehou op grond wat as
korridorsiektevry geregistreer is.
[8] As gevolg van die beh eermaatreëls het dit algemene gebruik geword om
na buffels wat van Addo afkomstig was en hulle op ge registreerde buffelplase
bevind, te verwys as siek tevrye buffels of as Addo buffels, al was hulle reeds
meerdere geslagte van A ddo verwyder. Mettertyd het die beskrywing 'siektevry'
ook ander siektes soos tering, bek-en -klouseer en besmetlike misgeboorte
ingesluit.
[9] In 1998 was dit reeds moontlik om by wyse van patologiese toetse te
bepaal of buffels inderdaad vry van korri dorsiekte was al dan nie. Die koste van
die toetse het tussen ongeveer R620 en R1200 per buffel bedra. Vir doeleindes
van die toetse moes die buffels geïmmob iliseer word ten einde bloedmonsters te
bekom. Nieteenstaande die beskikbaarheid van hierdie patologiese toetse is
algemeen aanvaar dat buffels wat van Addo oorsprong was en hulle op grond
geregistreer vir die aanhouding van siektevrye buffels, bevind het, siektevry
7
was. Sulke buffels is algemeen bloot op die basis van hulle herkoms as siektevry
verkoop sonder dat die toetse op hulle uitgevoer is.
[10] Die buffels wat op die Raad se w ildveiling verkoop is, was afkomstig van
die Weenen Natuurreservaat ('Weenen') . Voor 1983 was daar geen buffels op
Weenen. Agtien buffels van Addo oorspr ong is gedurende di e periode 1983 tot
1984 op Weenen gevestig. Gedurende April 1990 is 10 buffels vanaf Weenen na
Ithala Natuurreservaat ('Ithala') oorgeplaas. Op 6 A ugustus 1996 is 'n verdere 24
buffels vanaf Spioenkop Na tuurreservaat ('Spioenkop') oorgeplaas na Weenen.
Geen ander buffels is op Weenen gevestig nie.
[11] Die Spioenkop-buffels het die volgende oorsprong: Vyf is gedurende
September 1988 oorgeplaas vanaf die Willem Pretorius Natuurreservaat
('Willem Pretorius'); ses is gedurende 1989 oorgeplaas vanaf Willem Pretorius;
en twee is gedurende 1991 oorgeplaas vana f die Pretoria Dieretuin. Al hierdie
buffels was van Addo oorsp rong. Aanvanklik het di e rekords van die Raad
aangetoon dat 12 buffels vanaf 'n priv ate landgoed in Spioenkop opgeneem is.
Heelwat tyd is gedurende die verhoor in be slag geneem deur getuienis in hierdie
verband. Aan die einde van die verhoor was dit egter duidelik dat aanvaar moes
word dat die buffelkudde te Spioen kop geen ander oor sprong as Willem
Pretorius en die Pretoria Dieretuin gehad het nie.
[12] Soos in die geval van Addo kom die bruinoorbosluis nie voor in Willem
Pretorius nie. In Weenen en Spioenkop kom hy egter algemeen voor.
8
[13] Nadat 24 buffels ge durende Augustus 1996 vana f Spioenkop na Weenen
oorgeplaas is was daar nog slegs drie buffels te Spioenkop. Die oorblywende
drie is voor einde September 1996 van ka nt gemaak. Na ongeveer nege maande
is buffels, synde afstammelinge van Zoeloelandse buffels, wat te Kimberley
siektevry geteel is, na Spioenkop oorgeplaas.
[14] In 'n brosjure waarin die wildveiling geadverteer is, sowel as in die
katalogus met betrekking tot die veiling, word die buffels wat te koop aangebied
is, as siektevry beskryf. Die afslaer het ook tydens die veiling na die buffels
verwys as synde siektevry. Die stelling dat die buffels siektevry was, is nie
gemaak op sterkte van enige patologies e toetse wat uitgevoer is om die
siektestatus van die buffels te bepaal nie maar is bloot op die herkoms van die
buffels gebaseer.
[15] Die veiling is bygewoon deur mnre Graphorn en Ehlers. Graphorn het
namens Sinoville ses buffels (Lot 801) teen 'n koopprys van R636 000
aangekoop. Indien hy nie va n mening was dat die buffels siektevry was nie sou
hy hulle nooit aangekoop het nie. Buffels wa t nie siektevry was nie, sou maar 'n
prys van ongeveer R15 000 per buffel behaal het. Vanaf die veiling is die buffels
geneem na 'n geregistreerde buffelplaas te Cullinan vanwaar hulle later (via ‘n
geregistreerde buffelplaas te Rustenbur g) geneem is na die plaas Kleine
Waterval. Laasgenoemde verskuiwing het plaasgevind ingevolge 'n skriftelike
ooreenkoms aangegaan tussen Tangeni verteenwoordig deur Ehlers en Sinoville
9
verteenwoordig deur Graphorn. Die terme van die ooreenkoms is vervat in 'n
brief geskryf deur Ehlers en lees soos volg:
'Hiermee stel ek voor dat u u buffels op my eiendom vestig, op die volgende
voorwaardes.
1 Buffels gevestig bly u eiendom.
2 Dieselfde getal as buffels gevestig se eerste kalwers bly u eiendom.
3 Alle kalwers daarna 50% u eiendom.
4 Verwydering van u buffels te eniger tyd.
5 Uitbreek van buffels of vrektes bly u risiko.
6 Verblyf op wildplaas gratis, met vooraf bespreking.'
[16] Die verskuiwing na Kleine Waterv al het plaasgevind op 20 September
1998. Die bruinoorbosluis kom op die plaas voor. Gedurende Januarie en
Februarie 1999 het meer as 200 van die beeste op die plaas gevrek as gevolg van
korridorsiekte. Patologiese toetse het aa ngetoon dat die buffels wat op Kleine
Waterval gevestig is, met korridorsiekte besmet was. Daaropvolgende toetse op
die buffels te Weenen, Addo, Ithala, Pretoria Dieretuin, Spioenkop en Willem
Pretorius het aangetoon dat die Weenen- en Spioenkop-buffels besmet was maar
nie die ander nie. In die lig van die fe it dat die patologiese toetse aangetoon het
dat die Ithala-buffels siektevry was en dat die Kimberley-buffels na hulle
verskuiwing na Spioenkop besmet geraak he t, is die logiese gevolgtrekking, wat
ook gemeensaak is, dat die Weenen-buffels na 1990 besmet geraak het; dat die
Spioenkop-buffels wat in 1996 na Weenen oorgeplaas is, besmet was; en dat die
laasgenoemde Spioenkop-buffels die besmetting oorgedra het na Weenen.
10
[17] Dit is gemeensaak dat óf die invoe r van 'n besmette buffel óf die invoer
van 'n besmette bosluis die besmetting van die Spioenkop-buffels veroorsaak
het. Die partye het nie betoog en op die getuienis kan nie betoog word, dat een
of meer van die buffels wat vanaf Wille m Pretorius ingevoer is moontlik besmet
kon wees nie. In die geval van die Pretori a Dieretuin is die posisie egter anders.
In 1979 het 'n Amerikaanse bison wat in 'n hok net langs die buffels aangehou
is, gevrek en die moontlikheid bestaan dat korridorsiekte die oorsaak was. Die
feit dat die Pretoria Dieretuin-buffels in 1999 nie met korridorsiekte besmet was
nie sluit nie die moontlikheid uit da t die buffels wat in 1991 daarvandaan
oorgeplaas is na Spioenkop met die siekte besmet was nie. Dr Cooper, 'n veearts
in diens van die Raad, het naamlik getuig:
'How (do) the negative tests affect the possi bility that there still (was) corridor disease
at the Pretoria Zoo when buffalo (were sent) to Spioenkop? – It's possi ble that the infected
buffalo were no longer there or if the buffalo had been kept under tick free conditions, the
possibility might exist that they had lost that infection.'
Die advokaat wat vir die Raad opgetree het, het ook self aan dr Potgieter, die
Waarnemende Direkteur van Onderstepoort, gestel: 'Wat dit vir ons sê is dat die
Pretoria Dieretuin se buffels vandag die da tum van die toets, negatief was, maar
natuurlik weet ons nie wat `n moontlike toestand vroeër was nie.' Potgieter het
bevestigend geantwoord. Op die getuieni s is dit onwaarskynlik dat enige ander
buffel verantwoordelik vir die besmetting van die Spioenkop-buffels kon wees.
[18] Indien 'n besmette buffel nie die oorsaak van die besmetting van die
Spioenkop-buffels was nie, was 'n besme tte bosluis waarskynlik die oorsaak. In
11
Augustus 1999 het dr Cooper, in 'n memorandum aangaande, onder andere, die
onderhoud van siektevrye buffelkuddes in die natuurbewarings beheerde
gebiede van die Raad soos volg verslag gedoen:
'At this point in time it has not been possible to link the spread of corridor disease to
the Spioenkop buffalo through the previous introduc tion of an infected an imal. It is therefore
necessary to consider the possibility that th e infection may have been introduced through the
introduction of an infected tick rather than an infected buffalo thus necessitating additional
control measures.
. . .
At this point in time the only presumed disease free herd of buffalo left in NCS 1
controlled areas is the Ithala herd. For obvious reasons everything possible must be done in
order to maintain it as such.
. . .
Every precaution must be taken to ensure that no brown ear tick s are transported to
Ithala either in capture vehicles or on mate rials used in capture operations. The risk is
increased if the capture team has been working in a corridor and buffalo area such as HUP 2
just prior to moving to Ithala. This should be taken into account when planning capture
operations.
1) All transport vehicles must be thoroughly sprayed with an acaricide (Bayticol) prior to
moving to Ithala.
2) Separate capture material such as netti ng and plastic should be obtained exclusively
for use in Ithala and kept on the Reserve. As an interim measure the netting and plastic
material intended for use in Ithala must be sprayed with Bayticol before being packed
and transported to Ithala. In addition the ma terial used in Itala should not have been
1 Nature Conservation Services.
2 Hluhluwe and Umfolozi Park.
12
used in a brown ear tick area where buffalo are present for a period of at least two
weeks prior to being used in Ithala.
3) Capture and Veterinary staff who may be called to Ithala to treat or capture animals on
an ad hoc basis must be aware that they may be carrying infected brown ear ticks and
should take precautions to prevent this fr om occurring. At the very minimum a fresh
change of clothing would be required before entering the Reserve.'
Nalatige wanvoorstelling
[19] Dit is gemeensaak dat die Raad 'n wanvoorstelling ge maak het dat die
buffels siektevry was. Die hof a quo het egter bevind dat nie bewys is dat die
voorstelling nalatiglik gemaak is nie en het gevolglik Tangeni sowel as Sinoville
se eise teen die Raad op grond van nalatige wanvoorstelling van die hand gewys.
[20] Indien 'n redelike man in die posisie van die Raad onder die
omstandighede nie die voorstelling sou ge maak het nie het die Raad nalatig
opgetree deur dit wel te maak, andersins nie (sien Sea Harvest Corporation
(Pty) Ltd v Duncan Dock Cold Storage (Pty) Ltd 2000 (1) SA 827 (HHA) op
839G). Die hof a quo het sy bevindings dat die Raad nie die voorstelling
nalatiglik gemaak het nie op die volgende bevindings gebaseer:
a) Die deskundige getuies was van mening dat die Raad, deur nie die buffels
voor die veiling patologies te toets nie, binne die aanvaarde norme wat
gegeld het ten tyde van die veiling opgetree het en dat hulle self net so sou
opgetree het.
b) Die permitstelsel het vir baie jare gegeld en is beskou as voldoende
maatreël ten einde die verspreiding van siekte te voorkom.
13
c) Die Departement van Veeartsenydienste het nie toetsing vereis nie en het
die houding ingeneem dat dit nie nod ig was om die buffels wat van
Weenen na die kopers verskuif sou word te toets nie.
d) Waar dit nie verklaar kan word hoe die buffels besmet geraak het nie dien
dit as bewys dat die besmetting van die buffels nie redelik voorsienbaar
was nie.
[21] Dr de Waal, die Assistent-Direkteur: Parasitologie van Onderstepoort
Veeartsenykunde Instituut het getuig:
'Gedurende daardie jare wat daardie stelsel gegeld het, (het u nooit gedink) dat daardie
stelsel nie suksesvol sal werk en dat 'n mens 'n ander stelsel moet hê nie? – Nie spesifiek nie,
nee.
En daardie praktyk om diere te verkoop of te vervoer, en hulle stat us te bepaal deur
oorsprong, was algemeen dwarsdeur die land gebruik en toegepas? – So ver ek weet, ja.
Dit was die algemene praktyk wat almal wat buffels wou verkoop of skuif, toegepas
het? – Korrek, ja.'
Dr Krige, wat tot kort voor die verhoor in die hof a quo die Adjunk-Direkteur
van die Departement van Veeartsenydienste was, het getuig dat niemand wat in
1998 buffels wou verkoop daaraan sou gedi nk het om hulle te toets nie en dat
om buffels sonder toetsing te verkoop en te vervoer redelike optrede was.
'n Gedeelte van mnr Lambrechts, voormalige Direkteur en Hoof van
Natuurbewaring van Gauteng, se getuienis lees soos volg:
'So u sê dit was glad nie nodig om enige navrae of ondersoeke te doen in verband met
sy siektetoestand nie? – 'n Addo buffel was skoon, so daarom was dit nie nodig nie.
Is dit nie so dat sy siektestatus was bepaal deur sy herkoms? – Dis korrek.'
14
Dr Potgieter het ook getuig:
'Iemand wat tot in 1998 in die natuurbewaringsbedryf buffels verkoop het en die status
bepaal (het) deur herkoms, het redelik opgetree. – Edelagbare, hulle het binne die aanvaarde
norme wat gegeld het ten tye, opgetree.'
Dit is op sterkte van hierdie getuienis wat die hof a quo beslis het dat die Raad
binne die aanvaarde norme wat gegeld het ten tyde van die veiling opgetree het.
[22] Lambrechts het met sy verwysing na 'n Addo buffel be doel 'n 'buffel wat
sy oorsprong direk vanaf Addo gehad het, wat aangehou is onder omstandighede
wat hy die benaming Addo buffel verdie n'. Later het hy d it nog duideliker
gemaak dat slegs in besondere gevalle op grond van oorsprong 'n aanname
gemaak kon word dat buffels siektevry is. Hy het naamlik getuig:
'[A]s jy jou lyn sonder kontaminasie kan terugvoer na 'n skoon buffel en in alle opsigte
dit kan waarborg, dan is u heeltemal korrek, dan was dit die gebrui k om hulle nie te toets nie,
want dit was nie nodig nie.'
‘'n Skoon buffel het in die merendeel van gevalle sy oorsprong gehad vanaf Addo, wat
daar 'n direkte lyn was vanaf Addo na die plek waar hulle aangehou was met geen sprake,
geen moontlikheid van kontaminasie nie. Daarom is u heeltemal korrek om te sê in die
volksmond word na die Addo of na die Wille m Pretorius buffels verwys as synde Addo
buffels, want daar is geen moontlikheid van kontaminasie nie, maar dit is vir seker nie die
geval met buffels wat in gebiede gevestig is waar die oorsprong daarva n, van die diere, nie
klinkklaar kon vasgestel word nie en veral waar daar 'n periode verl oop het waar eksterne
invloede wel 'n invloed kon gehad het, soos met Weenen.’
[23] Lambrechts se getuienis is duidelik korrek. Die feit dat verkopers buffels
as siektevry verkoop het op grond van hulle oorsprong kan nie tot gevolg hê dat
15
dit in alle omstandighede re delik is om dit te doen nie, selfs indien 'n redelike
man sou voorsien het dat die buffels moontlik in aanraking gekom het met 'n
besmette bosluis of 'n besmette buffel (in 'n gebi ed waarin die bruinoorbosluis
voorkom) en hom sou vergewis het van di e korrektheid van die voorstelling. 'n
Persoon wat in sulke omstandighede 'n buffel as siektevry verkoop is per
definisie nalatig. Insoverre De Waal, Krig e en Potgieter bedoel het om te sê dat
volgens die aanvaarde norme van die ty d `n buffel op grond van herkoms as
siektevry verkoop kon word selfs in di e voormelde omstandighede, moet hulle
getuienis gevolglik verwerp word. Dit sk yn egter vir my onwaarskynlik te wees
dat hulle dit bedoel het. I ndien wel was dit in stryd met ander getuienis deur
hulle gelewer. De Waal he t byvoorbeeld ook getuig dat indien sy advies gevra
sou gewees het, sou hy aanbeveel het dat die buffels getoets word alvorens hulle
as siektevry verkoop word. Krige het ge tuig dat as jy buffels as siektevry
adverteer is die enigste aanvaarbare optrede om hulle deur 'n veearts te laat toets.
Potgieter se getuienis wa s dat vanuit `n wetenskap like oogpunt is daar geen
regverdiging voor om die siektevrye stat us van buffels te bevestig sonder om
toetse te doen nie. Hy het ook getuig:
'Indien honderd persent akkurate en betrouba re lewensgeskiedenis van sulke diere
voorsien kan word, wat wel op individuele basis identifiseerbaar is, kan aannames gemaak
word. Ondervinding het egter die risikos van sulke aannames blootgelê en daarom is die reeks
laboratoriumtoetse, die enigste betroubare bevestiging van die siektestatus van buffels.'
[24] In elke geval moet steeds bepaal wo rd of 'n redelike persoon in die posisie
van die Raad in die lig van al die om standighede die voorstelling sou gemaak
16
het dat die buffels siektevry was. Alvoren s 'n redelike persoon so 'n voorstelling
sou gemaak het, sou hy homself eers die vraag afgevra het of daar 'n
moontlikheid bestaan dat die buffels se dert hulle, of hulle voorgeslagte, van
Addo verskuif is, besmet kon geraak he t. Die advokate wat vir die Raad
opgetree het, het die korrekt heid van hierdie stelling toegegee maar het betoog
dat 'n redelike persoon, in die lig van al die omsta ndighede, sou geoordeel het
dat die kanse dat die buffels op Spioe nkop besmet was so gering was dat 'n
redelike persoon nietemin die voorstelling sou gemaak het dat hulle siektevry
was.
[25] Namens die Raad is, soos wa t suksesvol gedoen is in die hof a quo ,
gesteun op die permitstelsel. Die permits telsel kan egter hoogstens 'n faktor
wees by beoordeling van die vraag of buffe ls moontlik sedert hulle verskuiwing
van Addo besmet geraak he t. Vir doeleindes van uitr eiking van die permit het
die betrokke staatsveearts niks meer gedoen as om hom te vergewis van die
herkoms van die betrokke buffels en dat hulle verskuif word van grond na grond
wat geregistreer is vir die aanhouding van siektevrye buffels nie. Geen
ondersoek is gedoen om vas te stel of di e buffels inderdaad siektevry was nie.
Dit sou dus totaal onredelik wees om 'n permit as bewys van siektestatus te
beskou. Dit is nooit as sulks bedoel nie.
[26] Die feit dat die Departement van Veeartsenydienste nie toetsing vereis het
nie en die houding ingeneem het dat di t nie nodig was om die buffels wat van
Weenen na kopers verskuif sou word te toets nie, kan ook nie beskou word as 'n
17
vorm van versekering deur die Departement dat die buffels siektevry was nie.
Die Departement gee nie voor kennis te dra dat die buffels nie aan besmetting
blootgestel is nadat hulle of hulle voorgeslagte van Addo verwyder is nie en kan
gevolglik nie geag word so 'n voorstelling te maak deur nie toetsing te vereis
nie.
[27] Ek stem ook nie saam met die vierde rede verstrek deur die hof a quo
naamlik dat nie verklaar kan word hoe di e buffels besmet geraak het nie en dat
dit as bewys dien dat die besmetting va n die buffels nie redelik voorsienbaar
was nie. Dit is gemeensaak dat die invoering van `n besmette buffel of bosluis of
beide die besmetting veroorsaak het.
[28] Op die getuienis is dit moontlik da t een of beide van die buffels afkomstig
vanaf die Pretoria Dieretuin besmet was. 'n Staatsveearts het wel 'n permit
uitgereik vir die vervoer van die buff els vanaf die Pretoria Dieretuin na
Spioenkop in welke permit die buffels as Addo-buffels beskryf is, maar dit dui
niks meer aan as dat die buffels va n Addo oorsprong was en dat Pretoria
Dieretuin en Spioenkop geregistreer wa s as grond waarop siektevrye buffels
aangehou kon word nie. Die permit dui nie aan dat die buffels inderdaad
siektevry was nie. Onder die omstandighe de sou 'n redelike man hom nie bloot
op die permit verlaat het nie maar sou hy verdere navraag gedoen het om te
bepaal of die buffels nie moontlik wel be smet was nie. Die Raad het egter geen
sodanige navrae gedoen nie.
18
[29] Namens die Raad is betoog dat nie bevind kon word dat die Pretoria
Dieretuin-buffels moontlik besmet was ni e omrede hulle deur die partye as
siektevry aanvaar is. Dit blyk wel dat nie in die hof a quo betoog is dat die
Dieretuin-buffels die oorsaak van die besmetting was nie maar dit blyk ook dat
dit nie tydens die verhoor toegegee is nie die geval te wees nie. Soos reeds
aangetoon, is tydens die verhoor, meer spesifiek tydens die getuienis van
Potgieter en Cooper, geha ndel met die vraag of die Pretoria Dieretuin-buffels
moontlik besmet was en was die getuie nis dat dit wel 'n moontlikheid was.
Onder die omstandighede en by gebrek aan enige getuienis tot die teendeel,
moet bevind word dat daar wel so 'n mo ontlikheid bestaan het en dat navrae in
die verband die moontlikheid aan die lig sou gebring het.
[30] Indien die Pretoria Dieretuin-bu ffels nie verantwoordelik was vir die
besmetting van die Spioenkop-buffels nie moes dit 'n besmette bosluis wat van
elders ingevoer is, gewees het. Verskeie van die getuies het getuig ten aansien
van die moontlikheid dat 'n bruinoorbo sluis Spioenkop binnegebring kon word.
Geen een van die getuies kon die moontlikheid uitsluit nie en geen een kon die
moontlikheid kwantifiseer nie. Krige het wel getuig dat 'n bruinoorbosluis 'met
die hand' ingedra kon word maar dat die ka ns dat dit kon gebeur het, een in 'n
paar miljoen was. Dit is egter duidelik dat hy geen basis vir sy kwantifisering
van die moontlikheid gehad het nie. Later het hy getuig dat bosluise op nette kon
voorkom maar dat die kanse skraal was en dat hy ook aan gras en hooi gedink
het maar dat hy nie 'weet nie'.
19
[31] Volgens Potgieter word veesiektes dikwels van een gebied na 'n ander
oorgedra deur besmette bosluise. Dit is 'n algemene praktyk om diere met
bosluisdoders te behandel voordat hulle vervoer word ten einde die verspreiding
van siektes te voorkom. Hy het getuig dat bosluise moontlik op ander diere of in
vangnette wat gebruik is om diere te va ng of in die 'beddegoed' van diere wat
verskuif word vanuit bruinoorbosl uis endemiese gebiede Spioenkop
binnegebring kon gewees het.
[32] Dr W H Stoltsz, 'n senior dosent in die Departement Tropiese Siektes,
Fakulteit Veeartsenywetenskap van die Univ ersiteit van Pretoria, het wel getuig
dat die kanse dat 'n besmette brui noorbosluis Spioen kop op 'n gasheer
binnegebring is 'rather remote' was maar 'f or a lack of hard evidence' was hy nie
in staat om 'n persentasie daarop te plaas nie. Hy was van mening dat die kanse
van die invoer van 'n besmette bosluis so gering was dat niemand gedink het om
voorsorgmaatreëls te tref nie. Tog het hy die moontlikheid genoem dat hulle in
die beddegoed of in nette i ngebring kon word en dat die kans dat dit kon gebeur
van verskeie omstandighede afhanklik was.
[33] Dr L P Stoltz, 'n voormalige direkteur van die Vrystaatse Direktoraat
Natuur en Omgewingsbewaring was van mening dat 'n be smette bosluis
Spioenkop moontlik binnegebring kon word maar dat dit onwaarskynlik was. J J
Kooy, 'n professionele wildvanger, het ge tuig dat hy nie bewus is van 'n geval
waar 'n siekte oorgedra is deur 'n boslu is wat deur hom vervoer is nie. Hy het
verder getuig dat dit bykans nie moontlik is dat die besmetting van die buffels in
20
Spioenkop veroorsaak kon gewees het de ur 'n bosluis wat op 'n ander dier
ingebring is nie. Hy kon geen redes vir hierdie stelling van hom verstrek nie. Hy
het ook getuig dat bosluise in vangnette opgerol kon word maar dat hy nog nooit
gesien het dat dit gebeur nie. Hy moes egter toegee dat hy nooit aandag daaraan
geskenk het nie.
[34] Cooper het getuig da t dit, met inagneming van die lewenssiklus van die
bruinoorbosluis en die feit dat hy sy be smetting verloor nadat hy 'n bloedmaal
van 'n dier wat nie besmet is, gene em het, hoogs onwaarskynlik is dat 'n
bruinoorbosluis die oorsaak van die besmetting kon wees. Hierdie getuienis van
hom is egter geensins oortuigend nie. Dit is nie duidelik hoekom die
lewenssiklus van die bruinoorbosluis die oordrag van besmetting deur 'n bosluis
onwaarskynlik maak nie. Verder affektee r die feit dat die bruinoorbosluis sy
infeksie verloor op die genoemde wyse nie die moontlikheid dat 'n besmette
bosluis in beddegoed of nette of op 'n ander dier in 'n gebied ingebring kon word
nie. Sy getuienis dat duisende diere vanuit bruinoorbosluis geaffekteerde
gebiede na gebiede waar siektevry buffe ls voorkom deur die Raad oorgeplaas is
en dat hy gesien het hoe nette onmiddellik nadat hulle in eersgenoemde gebiede
gebruik is, in laasgenoemde gebiede gebruik word, versterk die moontlikheid dat
'n besmette bruinoorbosluis op dié wyse Spioenkop binnegekom het. Die
beddegoed wat gebruik is, is gekoop waar ookal gras beskikbaar was en is saam
met nette en ander toerustin g gehou in skure te Hluhluwe en Umfolozi waar die
bruinoorbosluis vry algemeen voorkom.
21
[35] Die buffels is reeds vir etlike jare aangehou in 'n gebied waar die
bruinoorbosluis voorkom en waar wild vanaf besmette gebi ede ingevoer word.
Onder die omstandighede was die gevaar van besmetting van die kudde deur die
invoer van 'n bruinoorbosluis veel groter as byvoorbeeld in Willem Pretorius
waar die bosluis nie voorkom nie of in gebiede waar nie soveel wild vanaf
besmette gebiede ingevoer word nie. Die besmette bosluis sal sy besmetting
verloor sodra hy aan 'n onbesmette buffel suig en al sou daardie buffel besmet
raak, is nog bosluise nodig om die besmetting te versprei.
[36] Nadat die besmetting on dek is het die Raad klaarblyklik aanvaar dat 'n
besmette bruinoorbosluis van een gebied na `n ander oorgedra kon word en is
stappe geneem om dit te voorkom. Hierdie aanvaarding het nie gespruit uit enige
nuwe kennis wat ten opsigte van die bruinoorbosluis opgedoen is nie. Volgens
Cooper het hy steeds gemeen dat dit onwaarskynlik wa s dat 'n bosluis die
besmetting oorgedra het ma ar was die bestuurders be kommerd en is algemeen
bespiegel dat dit wel die ge val was. Die bekommernis is gedeel deur G R Smith
wat in beheer van Spioenkop was.
[37] Hierdie getuienis toon duidelik dat, as die Raad voor die wildveiling
oorweging geskenk het aan die moontli kheid dat die buffels te Spioenkop
besmet kon geraak het deur 'n besmette bosluis, hy tot die gevolgtrekking sou
gekom het dat dit wel moon tlik was, dat die moontlikheid nie gekwantifiseer
kon word sonder 'n behoorlike studie ni e maar dat dit nie 'n vergesogte
moontlikheid was nie. Soos reeds gemeld sou 'n redelike man in die posisie van
22
die Raad oorweging geskenk het aan di e voormelde moontlikhede. Hy sou tot
dieselfde gevolgtrekking gekom het.
[38] Die vraag ontstaan dan of 'n redelike man nietemin die voorstelling sou
gemaak het dat die buffels siektevry wa s. Na my mening sou hy nie en wel vir
die volgende redes:
1) Die moontlikheid van besmetting kon nie gekwantifiseer word nie.
2) Die gevolge, indien die buffels wel besmet was, kon katastrofies wees wat
betref siektevrye buffelkuddes sowel as beeste.
3) Hy kon homself teen minimale koste in vergelyking met die waarde van
die buffels en die potensiële skade wat veroorsaak kon word, vergewis
van die ware siektestatus van die buffels. Die immobilisasie van die diere
sou geen probleme skep nie aangesien die diere in elk geval voor die
veiling in bomas gehou is en verdoof is om etikette aan hulle ore te sit.
[39] Onder die omstandighede het die Raad se gedrag, gemeet aan die
standaard van die redelike man, te kort geskiet. Die wanvoorstelling deur die
Raad is gevolglik nalatiglik gemaak. Dit volg dat die hof a quo fouteer het deur
Tangeni en Sinoville se vorderings teen die Raad gebaseer op nalatige
wanvoorstelling van die hand te wys en de ur slegs op grond van Sinoville se
alternatiewe vordering teen die Raad ten gunste van Sinoville te bevind.
Sinoville se appèl teen die Raad moet dus slaag en die Raad, wat aangevoer het
dat Sinoville selfs nie op mindere regshul p geregtig was nie, se appèl teen
Sinoville moet van die hand gewys word.
23
Tangeni se aksie teen Sinoville
[40] Soos reeds aangetoon het Tangeni be weer dat dit `n stilswyende term van
die kontrak tussen Tangeni en Sinoville was dat die buffels wat ingevolge die
kontrak op Kleine Waterval gevestig sou word, siektevry sou wees.
[41] Ehlers het getuig dat toe hy gena der is in verband met die vestiging van
die buffels het hy onmiddellik onthou dat dit sogenaamde 'skoon' buffels was.
Hy het altyd die hoogste agting vir die Raad gehad en het kinderlik geglo dat as
die Raad sê buffels is siektevry dan is hulle siektevry. Hy het dit duidelik
gemaak dat hy nie vir Graphorn uitgevra he t oor die siektestatus van die buffels
nie, dat Graphorn nie gesê het dat die buffels siektevry was nie en dat hy, wat
die siektestatus van die buffels betref, gesteun het op wat by die veiling gebeur
het. As die Raad nie betrokke was ni e sou hy aangedring het op `n toets ten
einde die siektestatus van die buffels te bepaal. Hy het getuig:
'[E]k het hom [Graphorn] nog nooit op enige st adium kwalik geneem dat hy die skuld
kan hê dat die buffels wel besmet was nie. Dit sou onbillik vir my gewees het, want ek weet
presies waarvandaan die buffels kom.'
[42] Graphorn het ook getuig dat beide hy en Ehlers aanvaar het dat die buffels
siektevry was en dat hulle glad nie d aaroor gepraat het nie. Hy het wel ook
getuig dat dit 'n term van die ooreenkom s was dat die buffels siektevry was en
later dat dit 'n stilswyende voorwaarde wa s dat die buffels siektevry moes wees.
In antwoord op die vraag of hy dan aanvaar dat hy versuim het om siektevrye
buffels te lewer het hy egter geantwoord: 'nee, volgens my opinie het ons skoon
buffels gelewer, want dit is – dit is wat ons gekoop het.' In die lig van hierdie
24
antwoord is dit moontlik dat hy met sy stelling dat dit 'n term van die
ooreenkoms was dat die buffels siektevry was, nie bedoel het om meer te sê as
dat dit 'n term was dat hy die 'siektevry e buffels' wat hy by die Raad gekoop het,
moes lewer nie.
[43] 'n Stilswyende term kan of die werklike bedoeling van die partye of die
bedoeling wat hulle geag moet word te gehad het, weergee. Eersgenoemde sal
die geval wees waar beide partye inde rdaad aan die term gedink het en bedoel
het dat dit deel van hulle ooreenkoms moet wees maar dit as so vanselfsprekend
beskou het dat dit die geval was dat hulle dit nie uitdru klik vermeld het nie. 'n
Term sal geag word deel van die oor eenkoms te wees indien, alhoewel die
partye nie daaraan gedink het nie, met ve rtroue gesê kan word dat beide partye,
indien hulle ten tyde van kontraksluiting daarna gevra sou gewees het, sou gesê
het dat dit 'n term van die ooreenkoms was, dat hulle d it nie uitdruklik
ooreengekom het nie omdat dit vanselfsprekend die geval is. (Sien Wilkins NO v
Voges 1994 (3) SA 130 (A) op 136I-137D).
[44] In die onderhawige geval is dit duidelik dat nie bevi nd kan word dat die
partye inderdaad bedoel het dat dit 'n term van die ooreenkoms moes wees dat
Sinoville siektevrye buffels moes lewer nie. Uit Ehlers se getuienis blyk dit
duidelik dat hy gesteun het op wat hy by die veiling gehoor het en nie op enige
onderneming hetsy uitdruklik of stilswyend deur Graphorn nie.
[45] Dit is ewe duidelik dat Ehlers nie i ndien hy tydens kontraksluiting daarna
uitgevra is, sou gesê het dat Sinoville aan spreeklik sal wees indien dit sou blyk
25
dat die buffels inderdaad nie siektevry was nie. Wat die siektestatus van die
buffels betref het hy gesteun op die wanvoorstelling deur die Raad.
[46] Namens Tangeni is betoog dat op grond van Graphorn se getuienis bevind
moet word dat die term wel 'n stils wyende term van die ooreenkoms was.
Aangesien 'n stilswyende term die bedoeling, werklik of geag, van beide partye
weergee, volg dit, in die lig van Ehlers se getuienis, dat nie bevind kan word dat
die term wel 'n stilswyende term van die ooreenkoms was nie wat ookal die
bedoeling van Graphorn mag ge wees het. In ieder geva l is dit nie vir Graphorn
om te sê of die term `n stilswyende term van die ooreenkoms was nie en is hy
ook nie gekwalifiseerd om dit te doen nie. Dit is vir die hof om in die lig van die
uitdruklike terme van die ooreenkoms, toel aatbare getuienis ten aansien van die
omringende omstandighede en die gedrag van die partye na kontraksluiting te
bepaal of dit die geval is. (Sien Wilkins NO v Voges op 136J-137A en 143C en
Botha v Coopers & Lybrand 2002 (5) SA 347 (HHA) para 25.)
[47] Dit volg dat Tangeni se appèl t een Sinoville van di e hand gewys moet
word.
Bevel
1 Die appèl van Tangeni Boerdery Nr 2 teen die Kwazulu-Natal
Natuurbewaringsraad slaag met koste insluitende die koste van twee
advokate.
2 Die appèl van Tangeni Boerdery Nr 2 teen Erf 1453 Sinoville (Edms) Bpk
word van die hand gewys met koste.
26
3 Paragraaf 1(b) van die be vel gemaak deur die hof a quo in saakno.
2753/99 word vervang met die volgende bevel:
‘(b) Dit word verklaar dat die Raad aanspreeklik is teenoor Tangeni
Boerdery Nr 2 vir die deliktuele skade gely deur Tangeni Boerdery
Nr 2 as gevolg van die wanvoorstelling wat gemaak is deur die
Raad, dat die buffels, synde Lo t 801, wat verkoop is op die
wildveiling van 20 Junie 1998 gehou deur die Raad, siektevry was.
(c) Die Raad word beveel om Tangeni Bo erdery Nr 2 se koste te betaal
insluitende die koste van twee advoka te en die kwalifiserende fooie
en uitgawes van die deskundige getuies dr Krige, dr De Waal, dr
Potgieter en mnr Lambrechts.’
4 Die appèl van Erf 1435 Sino ville (Edms) Bpk teen die Raad slaag met
koste en die appèl van die Raad teen Erf 1435 Sinoville (Edms) Bpk word
van die hand gewys met koste.
5 Paragraaf 2 van die bevel van die hof a quo in saakno 2058/01 word
vervang met die volgende bevel:
'(a) Dit word verklaar dat die R aad aanspreeklik is teenoor Erf 1435
Sinoville (Edms) Bpk vir die deliktuele skade gely deur Erf 1435
Sinoville (Edms) Bpk as gevol g van die wanvoorstelling wat
gemaak is deur die Raad, dat die buffels, synde Lot 801, wat
verkoop is op die wildveiling va n 20 Junie 1998 gehou deur die
Raad, siektevry was.
27
(b) Die Raad word beveel om die koste van Erf 1435 Sinoville (Edms)
Bpk te betaal.'
...............................
STREICHER AR
BRAND AR)
CLOETE AR)
HEHER AR) STEM SAAM
VAN HEERDEN AR)