S v Koopman (502/2003) [2004] ZASCA 146; [2005] 1 All SA 539 (SCA) (2 December 2004)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Findings of fact by trial court — Appellant and co-accused convicted of attempted murder — Appellant sentenced to five years' imprisonment, two years suspended — Appellant's appeal against conviction and sentence dismissed by High Court — Appeal to Supreme Court of Appeal — Legal principles regarding misdirections and evaluation of evidence — Contradictions in witness testimonies and deviations from police statements considered — Defence of self-defence raised — Court finds trial court misdirected in evaluating evidence and credibility of witnesses — Appellant's conviction upheld, but sentence set aside and matter remitted for re-sentencing in light of new findings.




IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
IN SUID AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
SAAK NO 502/03

In die saak tussen

GERT KOOPMAN
Appellant

en

DIE STAAT
Respondent

________________________________________________________________________

CORAM: FARLAM, HEHER ARR et ERASMUS WNDE AR

________________________________________________________________________

Datum Verhoor: 6 September 2004

Datum Gelewer: 2 Desember 2004

Opsomming
: Appèl – feitebevindinge van verhoor hof – korrekte benadering van
appèlhof – regsbeginsels en riglyne – mist astings – uitspraak as geheel oorweeg te
word – ewewigtige benadering nodig – weersprekings tussen getuies – afwyking van
polisieverklaring – waarskynlikhede – verweer van noodweer. – Vonnis –
korrektiewe toesig – Wet 111 van 198 – oogmerke en doelwitte – oplegging van in
teenwoordigheid van die beskuldigde – terugverwysing.
Summary
: Appeal – findings of fact by trial court – correct approach of court of
appeal – legal principles and guidelines – misdirections – judgment as a whole to
considered – balanced approach required – contradictions between witnesses –
deviation from police statement – probabilitie s – defence of self defence. – Sentence
– correctional supervision – Act 111 of 1998 – objects and purpose – imposition in
presence of accused – remittal.
________________________________________________________________________

U I T S P R A A K
________________________________________________________________________
AR ERASMUS WNDE AR

2
AR ERASMUS WNDE AR
[1] Die appellant en ’n mede-beskuld igde (‘Ricardo Botha’ of ‘Botha’)
het gesamentlik in die streekhof op ’n aanklag van poging tot moord tereg
gestaan. Die besonderhede van die aankl ag was dat hulle op 28 Junie 1997
gepoog het om die dood van ene Selwyn Br uintjies te veroorsaak deur hom
‘met ’n rewolwer te skiet/ en met ‘n kapmes te kap’. Hulle het onskuldig
gepleit, maar is albei skuldig bevi nd soos aangekla. Die appellant is
gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf, met twee jaar daarvan voorwaardelik
opgeskort. Sy appèl teen skuldigbevi nding en vonnis is in die hoë hof
afgewys. Met verlof van daardie hof , wend hy hom in verdere hoër beroep
na hierdie hof.
[2] Die getuienis het aangedui da t die gewraakte handelinge in
werklikheid afsonderlike voor valle behels het. Dit was trouens gemeensaak
dat die appellant die klaer die skie twonde toegedien het, maar dat hy
geensins betrokke was by die toedien van die kapwonde nie. Die voorvalle
het egter almal uit dieselfde agtergrondgebeure voorgespruit. Soos ek weldra
aandui, is daardie gebeure van wesenlik e belang wat betref die appellant se
saak.
[3] Die spilpunt van die doenighede die betrokke aand was ’n huis van
vermaaklikheid en ontspanning met gepaardgaande drankverskaffing, geleë
3
in ’n woonbuurt genaamd ‘Louterwater’. Die getuie s het daarna as ’n
‘tavern’ of ‘taverne’ verwys. Die eienaar van die besigheid was ’n mnr
Ingoe.
[4] Die hoof getuie vir die Staat was uiteraard die klaer, mnr Selwyn
Bruintjies. Hy het die hof meegedee l dat hy om ongeveer 10:00 die aand
Ingoe se huis aangedoen he t. Hy was 04:00 die volgende oggend nog daar.
Hy het slegs ’n paar biere gedrink, en was net ‘lekker’ maar nie dronk nie.
Hy het in ’n stadium die oggend ‘poo l geskiet’. Hy en ene Boeties
Malangeni het in ’n woordewisseli ng oor ’n speelstok betrokke geraak.
Hulle het mekaar rondgeruk. Ricardo Bo tha (beskuldigde no. 2) het hom by
hulle aangesluit en met hom begin lol. Botha het hom ge vra wat gaan met
hom aan, en soek hy moeilikheid (sterker taal is gebruik). Hy het
geantwoord dat dit hom nie aangaan nie. Botha het na buite gegaan. Hy het
toe maar besluit om vir Malangeni uit te los, want hy het nie lus gevoel vir
moeilikheid nie, en het by die huis uitgestap.
[5] Net toe hy in die straat kom, ongeveer tien tree buite die huis, het
Botha van agter Malangeni se geparkeerde kar verskyn, met ’n kapmes in sy
hand, en gesê: ‘Dis vir jou wat ek al lankal soek’. Hy het sondermeer na
hom begin kap. Hy het sy hand voorgehou en met dié is drie van sy vingers
afgekap sodat hulle aan ’n velletjie ge hang het. Hy het agteruit beweeg en
4
geval. Hy het nie geweet wat Botha besi el het om hom aan te val nie. Hy het
hom geen rede daartoe gegee nie. Sy broer, Andrew, het daar aangekom en
vir Botha gevra: ‘Hoekom kap jy da n vir Selwyn?’ Botha het daarop
agteruit beweeg en weggehardloop die donkerte in. Hy (afvingers en al) en
Andrew het hom ’n ent agterna gesit, omgedraai en teruggekeer na die
taverne. In kruisverhoor word hy gevr a waarom hy en sy broer vir Botha
agtervolg het. Hy antwoord dat hulle maar net agter hom aangegaan het om
hom weg te hou van hulle af, Botha was op die agtervoet en hulle wou hom
daar hou.
[6] Hy en Andrew het teruggekeer en in die straat regoor die taverne
onder ’n ligpaal gaan staan. Hy het sy b aadjie en trui uitgetrek. Sy suster,
Diana, het haar by hulle aangesluit. Sy en Andrew het toegekyk hoe hy sy
beseerde hand met sy trui toedraai. Terwyl hulle nog daar staan, het hy twee
skote gehoor afgaan. Hy het omgekyk en gesien dit is mnr Ingoe wat daar
staan met ’n vuurwapen nog in sy hand. Ingoe was bi nne in die jaart van die
taverne gewees, so ses tot sewe tree weg van hulle. Aangesien daar nie meer
moeilikheid was op daardie oomblik nie, het hy voortgegaan met sy hand.
Terwyl hy nog so staan, het hy ’n vrou gehoor skree, ‘Skiet, Skiet!’ Hy het
weer omgekyk en sien toe vir die appe llant daar staan me t ’n vuurwapen in
sy hand. Hy het besef iets is nie reg nie, want hy het hom nie geken nie. Die
5
die appellant rig toe die vuurwapen re g op hulle. Hy het omgedraai, vir
Diana gesê, ‘pasop’, en haar uit die pad gestamp. Op daardie selfde oomblik
het daar ’n skoot agter hom afgegaan. Sy rug en bene het lamgeraak en hy
het geval. Voor hy nog be hoorlik kon val, het die tweede skoot afgegaan.
Hy is getref aan sy linkersy onder di e armholte-area. Dit het baie vinnig
gebeur. Terwyl hy nog so daar gelê he t, het Botha terugge keer en hom met
die kapmes op die kruin van sy kop geka p. Hy het sy bewussyn verloor en
eers weer in die hospital bygekom. As gevolg van die skietwonde is hy
permanent in die onderlyf verlam.
[7] Hy weet niks daarvan dat polisie uitgeroep is weens oproerigheid by
Ingoe se huis nie. Dit was stil in L outerwater die aand. Hy het nooit die
polisiebeampte wat hul ‘Kapok’ noem, daar gesien nie. Tydens die
geskietery was net hy, Andrew en Diana buite Ingoe se huis gewees. Hy het
ontken dat ’n groep mense by die jaart van die taverne ingegaan het en vir
Ingoe en die ander persone daar bedrei g het. Hy kon ‘rêrig’ nie sê waarom
Ingoe die skote afgevuur het nie. Hy het ontken dat nádat die
waarskuwingskote afgevuur is, hy of van die ander persone daar
aanmerkings gemaak het, òf op die pe rsone in die huis gevloek het en hul
gedreig het. Hoekom die appellant toe di e skote afgevuur het, is iets wat hy
nie weet nie. Daar was die aand geen probleme tussen hulle nie. Hy het nooit
6
vantevore enige kontak me t hom gehad nie. Hy so u graag by die hof wou
hoor waarom die appellant so opgetree het. Hy is nie ’n bakleier nie, nòg is
sy broer een.
[8] Sy polisieverklaring verskil van sy getuienis. Volgens die verklaring
het Botha hom op die kop gekap onm iddelik nádat hy hom op die hand
gekap het, dws vóór die skietvoorva l. Die verklaring bevat ook geen
vermelding van ’n latere kaphou nie. Hy beweer da t die verklaring verkeerd
neergeskryf is. (Ek keer later terug na dié aspek.)
[9] Mnr Andrew Bruintjies het getuig dat hy die aand by sy huis was. ’n
Jong seun het hom kom roep en gesê : ‘Kyk, kyk, kom help keer want
Ricardo is besig om met Selwyn te baklei daar by die taverne’. Hy het
daarnatoe gegaan. Met sy aankoms, het hy ’n polisievangwa in die pad
gesien staan, regoor Ingoe se plek. Hy het gesien dat Ricardo Botha beweeg
weg van die vangwa se deur met iets in sy hand. Toe hy nader kom, het hy
gesien dat dit ’n kapmes is. Hy het beskryf hoe Botha die klaer op die hand
gekap het, en hoe hy en en die klaer d aarna vir Botha gejaag het totdat hy in
die donkerte verdwyn het. Hy het die daaropvolgende geskiet en die
verwonding van klaer beskryf. Sy getu ienis omtrent daardie gebeure strook
tot groot hoogte met die van die klaer. Daar is wel verskille wat betref
7
besonderhede maar dié is van ’n aard wat in die omstandighede te wagte kan
wees.
[10] Hy kon geen aanvaarbare verdui deliking verstrek waarom Ingoe die
twee skote in die lug afgeskiet het nie, ook nie waarom die appellant op
hulle losgebrand het nie. Hy weet va n geen oproerigheid in die omgewing
die aand nie. Hy ontken dat daar mens e was wat onder meka ar geveg het.
Hy dra geen kennis daarvan dat die po lisie ingeroep is om bystand te kom
verleen nie. Hy het nie enige skote ge hoor wat deur die polisie afgevuur is
nie. In kruisverhoor brei hy uit op di e gebeure wat die geskiet voorafgegaan
het. (Ek ag dit nie nodig om besonderhed e daarvan weer te gee nie.) Hy is
gevra waarom Botha vir hulle gevlug het. Hy antwoord: ‘Vra vir hom
meneer’.
[11] Die aanklaer het reeds in hoofverhoor die getuie mbt sy
polisieverklaring ondervra. Hy is gevr a om sy kommentaar op die volgende
stelling: ‘Selwyn het geen wapen by hom gehad nie en Ricardo het ’n okapi
mes by hom gehad.’ Hy het geantwoord dat die verklaring korrek is. In
antwoord op vrae van die hof ter opheldering van die oënskynlike
weerspreking in sy getuienis, verklaar hy dat Botha die mes laat val het en
dat kinders dit toe opgetel het. In di e verklaring staan daar vervolgens
geskryf: ‘Toe Ricardo my sien aankom, het hy weggehardloop’. Hy het gesê
8
dat dit verkeerd is. Hy word verwys na sy stelling: ‘Ricardo het toe na
Selwyn gegaan en hom gekap met die kapmes oor die kop en die vingers
van sy linkerhand’ (my beklemtoning). Hy het geantwoord dat die verklaring
ook híér verkeerd is. Hy het ontke n dat die verklaring ooit aan hom
deurgelees is. Die beampte het glo verk eerd neergeskryf. Daar is goed in die
verklaring wat hy nie gesê het nie.
[12] Mej Diana Bruintjies het getuig da t sy die aand in ’n bakkie buite mnr
Ingoe se huis gesit het s aam met vriende. ’n Persoon het na hulle gekom en
haar meegedeel dat haar broer Selwyn in die huis besig was om te stry. Sy
het daarheen gegaan. Toe sy ingaan, het die klaer uitgekom. Sy het na ’n
rukkie uitgegaan na buite, en gesien dat die klaer en Ricardo Botha besig
was om te stry. Ricardo het ’n kapmes in sy hand gehad. Botha het die klaer
aan sy vier vingers gekap. Die klaer he t agteruit gesteier en geval. Toe hy
opstaan, was dit dat Andrew daar aankom . Hy het op Ricardo geskree en dié
het weggehardloop, die klaer en Andrew het hom agterna gesit. Toe hulle
terugkom, het die klaer vir haar sy vinge rs gewys. Sy het vervolgens getuig:
‘Toe is dit dat uncle Selwyn omkyk, to e sien hy vir mnr Ingoe daar staan
met ’n gun in sy hand. Toe skiet mnr Ingoe twee waarskuwingskote in die
lug op. Toe is dit wat mev Ingoe sê hy moenie speel nie, hy moet skiet om
vrek te skiet want sy betaal haar lis ensie maand vir maa nd. Toe vat sy die
9
“gun” uit mnr Ingoe se hand uit, toe gee sy dit vir Koopman.’ Mej Bruintjies
se beskrywing van die daaropvolgende verwonding van die klaer deur die
appellant klop met dié van die klaer en Andrew, alhoewel daar verskille in
detail is. ’n Beduidende afwyking egter is haar bewering dat nadat die klaer
verwond is, die appellant nog ’n hele paar skote tussen hulle, die omstanders,
in geskiet het.
[13] Sy is gevra waarom Ingoe die s kote afgeskiet het. Sy verstrek ’n
sinlose antwoord: ‘Daar was nie daardie tyd probleme nie. Dis waarom hy in
die lug op twee waarskuwingskote geskie t het.’ Die vraag is herhaal en sy
het gesê: ‘Ek weet regtig nie want ons het aan die buiteka nt van die tavern
gestaan en die hekke was toe gewees; daar was niemand meer nie’. Dit was
net sy, Andrew en die klaer buite die ta verne. Haar skoonsuster het so entjie
bokant hulle gestaan. Sy weet nie van en ige oproer in die straat die aand nie.
Sy het wel opgemerk dat ‘K apok-hulle die heeltyd daar in die rondte gery
het’. Sy het volgehou dat hulle in di e straat was toe die klaer geskiet is,
beslis nie in die perseel nie.
[14] Sy is aangaande haar polisieverk laring in kruisverhoor geneem. Daar
is volgens haar foute daarin. Dit is nie wat sy gesê het nie. Die volgende
stelling in haar verklaring was heelte mal deurmekaar, volgens haar: ‘Tydens
die bakleiery het nog twee ouens van George, naamlik Graeme en ’n
10
onbekende persoon by hierdie persoon aange sluit en met my broer baklei’.
Sy beskryf ’n hele reeks handelinge wat sou plaasgevind het voordat Botha
die klaer met die kapmes gekap het. Dié beskrywing rym nie met die klaer
s’n nie: sy getuienis laat geen ruimte vir daardie gebeure nie.
[15] Haar polisieverklaring lui soos volg wat betref die afvuur van die
skote deur die appellant: ’ ’n Ander onbekende persoon va n George wat by
mnr Ingoe tuisgegaan het, het die vuurwapen uit mnr Ingoe se hand gegryp
en een skoot na my broer geskiet, wat hom in die r ug getref het. My broer
het inmekaar gesak en die persoon het n og twee skote in sy rug ingeskiet.’
Hierdie beskrywing verskil wesenlik va n haar getuienis. Sy beweer dat die
polisie haar verklaring verkeerd neergeskryf het.
[16] Die appellant het getuig. Hy is ’n amptenaar in die Departement van
Korrektiewe Dienste, en was destyds in George gestasioneer. Hy het die
betrokke aand in Louterwater by Ingoe se huis gekuier. In ’n stadium het hy
saam met twee persone buite die huis gesit, of gestaan, en bier drink. Daar
was oproerigheid buite in die straat . Die persone het baklei. Hulle het
mekaar gejaag en gekap. Hy kon nie si en wie dit was nie. Daar was seker so
veertig tot vyftig betrokkenes. Hy het vi r Ricardo Botha daar gesien, van die
persone het hom gejaag. Die polisie he t in ’n stadium daar opgedaag. Hulle
het skote afgeskiet, maar kon die mense nie uitmekaar kry nie. Die
11
oproerigheid het voortgeduur. Persone het in sy rigting gekom. Die klaer
was een van hulle. Binne ’n paar oomblikke was daar ’n klomp persone by
die hek. ’n Bondeltjie van dié persone het Ingoe se voore rf binne gekom en
luidrugtig skeltaal kwytgeraak en drei gemente geuiter. Hulle was in gevaar
want die mense het bakstene gegooi. Die bakleiery het só erg geraak dat die
eienaar by die huis met ’n vuurwapen uitgekom het. Hy het twee skote in die
lug afgevuur. Van die pers one het gesê dit was ‘blanks’ wat hy skiet. Nadat
Ingoe geskiet het, he t van hulle nog steeds nade r gekom, gewapen met
kapmesse, byle en grawe. Die klaer se wapen was ’n graaf waarvan die steel
af was. Die appellant het vir Ingoe gesê: ‘Gee die vuurwapen dat ons ons
lewens save’. Hy het een skoot in di e lug afgeskiet, maar die persone het
steeds aangekom. Hy het kort daarna ’n tweede skoot, na hulle voete, geskiet.
Hy het by die huis in gehardloop en die vuurwapen aan Ingoe teruggegee.
Hy het gevoel dat sy lewe bedreig word ; dat hulle daar sou sterf soos die
persone aangegaan het. Die persone he t die aand daar ruite gebreek en vir
mev Ingoe raak gegooi.
[17] Mnr Ingoe het in die verdedig ingsaak getuig. Hy was die betrokke
aand tuis. So kwart-voor-drie die ogge nd het twee van sy klante ‘pool’
gespeel. Die klaer het daar aangekom en daar het ’n woordewisseling
ontstaan. Dit was die klaer en Boeties Malangeni wat baklei het. Hulle het
12
tot in die kombuis baklei. Hy het vir hu lle gesê dat hulle nie so kan aangaan
nie, maar hulle het hul nie aan hom gesteur nie. Hy het van die persone daar
gevra om die klaer by die huis uit te sit. Dit was nie vyf minute later nie, toe
het die klaer en sy hele familie daar aangekom. Hulle was aggressief.
Ricardo Botha het met hulle gepraat en gesê dat dit nie so kon voortgaan nie.
Hy weet nie mooi wat toe gebeur he t nie, maar die volgende oomblik was
daar gevegte in die str aat gewees, met kapmesse, grawe en hy weet nie wat
alles nie. Die mense was baie oproerig. Hy het daarom die polisie ingeroep.
Een van die polisie wat da ar aangekom het, was sers Kleinbooi. Die klaer
was erg besope en aggressief gewees. Hy het rondgeslinger en was vreeslik
astrant. Ingoe het die polisie gevra om hom weg te vat want hy wou nie
verder moeilikheid hê nie. Hulle he t hom uitgevat. Hy het konst ‘Kapok’
Tshabeli later daar gesien. Die polisie voertuig het aan die ooste kant van sy
huis gestop. Mense het aangehardloop gekom en die polisie aangeval. Dit
was die klaer en sy familie . Die klaer het ’n mes by hom gehad. Kleinbooi
en Kapokkie het skote in die lug afgev uur. Die polisie het afgery na die
hoofpad toe en versterkings opgeroep.
[18] ’n Groot klomp mense het na sy huis gekom en daar buite rondbeweeg.
Van dié persone, naamlik Andrew, ene Flippie en die klaer, het by die hek
ingekom. Die klaer was kaal bolyf gew ees en het alreeds gebloei. Hy en
13
Andrew het messe gehad. Hulle het gedreig om hom te steek. Hulle het direk
na hom toe gekom. Hy het vir hulle ge sê hulle moet die jaart verlaat, maar
hulle wou nie hoor nie. Hy is na die slaapkamer waar hy sy vuurwapen uit
die brandkluis gehaal het. Hy is na buite en het twee waarskuwingskote
afgeskiet. Die persone het blykbaar teruggedeins, maar het weer nader
gekom. Hulle het gesê dit is ’n speelgoedding wat hy het. Hulle het voor die
hek gestaan en was baie aggressief gewees. Hulle het toe weer by die
voorerf ingekom. Dit was in daardie st adium wat die appellant die wapen by
hom afgevat het, en twee skote geskie t het. Hy het nie gesien waar die
appellant gemik het nie.
[19] Hy is gevra waarvoor hy gevrees het. Sy antwoord was dat die ergste
sou gebeur het want hy ken hulle, as hulle in ’n mens se plek inkom dan is
hulle baie gevaarlik. Hulle het direk na hom toe ge kom. Hy het gedink hulle
gaan hom beseer van wat hulle onder me kaar gepraat het. Dit was omdat hy
hulle vroeër uitgesit het. Daar was ’n groot groep mense buitekant, maar net
die drie het by die erf ingekom. Ná die skietery het hulle twee van die ruite
uitgegooi. Hulle het ie mand raakgegooi. (Die pers oon se naam verskyn nie
op die rekord nie, aangesien dit daar ‘onduidelik’ aandui.) Hulle het sy
swaer raakgegooi, en van sy voertuie.
14
[20] Ricardo Botha (beskuldigde nr 2) het in sy verdediging getuig. Sy
getuienis was baie deurme kaar. Ek verwys net na die hooftrekke daarvan.
Hy was die aand by Ingoe se huis gewees . Die klaer het d aar aangekom. Hy
was dronk, het in ’n argument by die ‘pool’-tafel betrokke geraak en ’n mes
getrek. ’n Bakleiery het buite die huis ontstaan. Daar was ’n klomp persone
daarby betrokke, ondermeer die klaer en sy familie. Hyself was ook daarby
betrokke gewees. Die polisie het opgeda ag. Hy het Kapokkie gesien. Hy het
skote gehoor. Hy het weggehardloop va n die toneel, die persone het agter
hom aangehardloop. Met sy terugkeer he t hy die klaer gesien lê. Die polisie
het weer opgedaag. Hy ontken dat hy die aand ’n kapmes gehad het.
[21] Die hof het vir sers Kleinbooi as getuie geroep. Hy was destyds in
Joubertina gestasioneer. Hy het die aand van 28 Junie 1997 saam met konst
Tshabeli diens gedoen. Tshabeli was bekend as ‘Kapokkie’. Hulle het ’n
klagte van ’n straatmoles in Louterwa ter ontvang, en is in ’n polisiemotor
soheentoe. Dit was opsigtelik ’n polisievoertuig, dit het blou ligte aangehad.
Hulle was in polisie-uniforms gekleed. By hulle aankoms daar, het hulle so
min of meer veertig na vyftig persone in die straat aangetref. Die mense het
onder mekaar baklei, maar hy kon nie ui tmaak wie met wie baklei het nie.
Toe hulle stop, het die groep na di e voertuig beweeg. Hulle was gewapen
met grawe, kapmesse en leë bottels. Hy het hulle gewaarsku om uitmekaar te
15
gaan, maar die persone het nie gehoor gegee nie en het steeds nader beweeg.
Hy het toe drie waarskuwingskote afge vuur, maar ook dít kon hulle nie stuit
nie. Hy en Tshabeli het hul toe maar eers onttrek en om die blok gery. Hulle
het later terug gekeer. K onstabel Tshabeli het voor beweeg want hy het die
mense geken. Daar was nog ’n hele groep mense wat hy moes weghou van
Tshabeli. Van dié persone het op hulle afgestorm terwyl hulle besig was om
in die voertuig te klim. Toe hy die deur toeklap, moes hy ’n klomp vingers
toeslaan. Die persone het getrap aan die voertuig en gepoog om die
passasiersdeur oop te kry. Die li nker voordeur was ingeduik en die
modderskerm afgetrap. Hulle was ge noodsaak om vir ’n tweede keer te
onttrek. Hy was bang. Die toneel van die oproer was nie ver van mnr Ingoe
se plek nie. Konstabel Mnyana het in ’n stadiu m met koeëlvaste baadjies
daar aangekom. Hulle het versterkings aangevra. Hulle het ’n ent gery en
later stadig terug beweeg. Hy het in dié stadium twee skote hoor afgaan. Hy
weet nie wie hulle afgevuur het nie. Die bystand het arriveer en hulle is terug
na die toneel. Met hulle aankoms daar was die groep mense uitmekaar uit.
Hulle het die beseerde klaer gevind. Sy hand het gebloe i. Hy was by mnr
Ingoe, nie in die huis nie, maar in die perseel. Hy trap ietwat klei op dié
aspek, maar blyk seker te wees dat hy di e klaer binne die e rf aangetref het.
16
Sy getuienis op hierdie aspek is nie betwis nie, en sy getuienis is in geheel
deur die hof aanvaar.
[22] Die distrikgeneesheer wat die klaer in die hospitaal ondersoek het, het
getuig dat hy het twee koeëlwonde aan die klaer gevind. Die een was
anterior ‘rondom die AV van die 8ste en 9de rib.’ Die tweede wond was aan
die regterkant net aan ‘die onderpunt van die skapula, posterior by die blad’.
Na sy oordeel is die een koeël wat die klaer verwond het van voor afgevuur,
die ander een van agter. Die destydse ondersoekbeampte, asook dié se
voorganger, het getuig. Ek verwys later in die uitspraak na hul getuienis.
[23] Die landdros se uitspraak kan soos volg opgesom word. Die klaer het
die hof redelik gunstig beïndruk. Sy we ergawe is op alle wesenlike aspekte
waar ’n mens stawing daarvoor sou verwag, bevestig deur sy broer, Andrew,
sowel as sy suster, Diana. In soverre as wat hulle getuienis oorvleuel is dit
die ruggraat van hulle storie. Die a ppellant was voor die voorval glad nie
aan die klaer bekend nie, en dit blyk dus vir die la nddros dat die klaer geen
motief gehad het om die appe llant valslik in die saak te betrek nie. Die hof
neem kennis van verskille in die klaer se weergawe en die getuieverklaring
wat hy aan die polisie gemaak het. Maar aangesien die verklaring nie
behoorlik bewys is nie, kon die hof ‘nie veel gewig’ aan die weersprekings
heg nie. In die lig van die totaliteit van die getuienis en die feit dat die klaer
17
se getuienis minstens bevredigend was, aanvaar die hof die klaer se
weergawe.
[24] Die landdros het bevind dat Dian a Bruintjies ’n mi nder goeie getuie
was. Alhoewel sy nie goe d vertoon het nie, het die hof haar weergawe
aanvaar vir sover dit oorvleuel het me t dié van die klaer en haar broer,
Andrew Bruintjies.
[25] Die landdros het bevind dat ook A ndrew Bruintjies ’n bevredigende
getuie was. Sy enigste kritiek teen hom was dat sy weergawe onwaarskynlik
was betreffende sy vermoë om Botha te kon verw ilder het. Sy weergawe
strook met die ander twee staatsgetuies. Daar was verder ook geen motiewe
uitgelig waarom hy enige van die bes kuldigdes in die saak valslik hoef te
impliseer het nie.
[26] Die landdros het bevind dat die klaer se getuienis strook met die
algemeen rymende feite van die saak. Da ar was – volgens die hof se siening
– geen inherente onwaarskynlikhede te vinde in sy weergawe nie anders as
die feit dat hy en sy getuies, ‘vir een of ander rede wat aan die hof duister is
en waaroor die hof nie wil spekuleer nie’, hulle hul nie versoen het met die
getuienis dat daar oproerigheid aan die gang was op die strate die aand van
die voorval nie.
18
[27] Die landdros was skerp krities va n die appellant se weergawe. Hy
verklaar dat die appellant homself we erspreek het – maar sonder aangifte
van redes vir die bevinding. Die landdros het voorts bevind dat die appellant
deur sy getuie, mnr Ingoe, weerspreek is tot so ’n mate dat dit die getuienis
van beide daardeur vernietig is. Te r ondersteuning van dié gevolgtrekking,
steun die landdros op drie aspekte van hul getuienis:
(a) Die appellant het verklaar dat bakstene gegooi is vóór die voorval,
mnr Ingoe dat klippe daarná gegooi is.
(b) Ingoe het in hoofgetuienis verk laar dat drie persone by die hek
ingekom het en dat hul me t messe gewapen was. Di e appellant, daarenteen,
het gepraat van vyf of ses persone en gesê dat die klaer met ’n graaf
sonder ’n steel gewapen was, die ander met wapens soos kapmesse en stokke.
(c) Ingoe het beweer dat die appellant deel gehad het aan die uitsmytery
van die klaer uit die huis, maar die a ppellant het getuig dat hy die heeltyd
buite die huis gestaan het.
[28] Die landdros het voorts verwys na die feit dat die hof vir die eerste
keer in die appellant se hoofgetuienis werklik gehoor het dat hy beweer dat
hy een skoot in die lug en die ander na die aanvallers se voete gemik het.
Die landdros het aangemerk dat dit aan die staatgetuies gestel is dat die
19
appellant in selfverdediging die skot e afgevuur het, maar sonder aanduiding
van besonderhede ten aansien van waar hy gemik het.
[29] Ek behandel vervolgens die uitspraak van die hof a quo. Die belese
regter wat die uitspraak van die hof gele wer het, het ter in leiding verwys na
die toets op appèl vir inmenging met die feitebevindinge van ‘n verhoorhof,
soos uiteengesit in S v Hadebe and others 1997(2) SASV 641( HHA), 645e-f:
‘Before considering these submissions it would be as well to recall yet again that there are
well-established principles governing the hearing of appeals against findings of fact. In
short, in the absence of demonstrable and ma terial misdirection by the trial Court, its
findings of fact are presumed to be correct and will only be disregarded if the recorded
evidence shows them to be clearly wrong.’

Die regter het voorts verwys na die opmerkinge gemaak in S v Francis
1991(1) SASV 198 (A), 204 c-e:
‘This Court's powers to interfere on appeal with the fi ndings of fact of a trial Court
are limited ( R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A)). Accused No 5's
complaint is that the trial Court failed to evaluate D's evidence properly. It is not
suggested that the Court misd irected itself in any respect. In the absence of any
misdirection the trial Court's conclusion, including its acceptance of D's evidence,
is presumed to be correct. In order to succeed on appeal accused No 5 must
therefore convince us on adequate gr ounds that the trial Court was wrong in
accepting D's evidence - a reasonable doubt will not suffice to justify interference
with its findings (R v Dhlumayo (supra) ; Taljaard v Sentrale Raad vir
20
Koöperatiewe Assuransie Bpk 1974 (2) SA 450 (A) at 452A -B). Bearing in mind
the advantage which a trial Court has of seeing, hearing and appraising a witness, it
is only in exceptional cases that this Court will be entitled to interfere with a trial
Court's evaluation of oral testimony ( S v Robinson and Others 1968 (1) SA 666
(A) at 675G-H).’

[30] Die regter hou in gedagte dat in strafsake die bewyslas op die Staat
rus om die ‘die skuld van die aangeklaagde bo redelike twyfel te bewys – nie
bo elke sweempie van twyfel nie’ en da t die reg vereis, ‘n ie dat ’n hof op
absolute sekerheid sal ha ndel nie, maar wel op gere gverdigde en redelike
oortuiging – niks meer en niks minder nie’ ( S v Ntsele 1998 (2) SASV 178
(HHA) 182b-d).
[31] Die regter het die feite van die saak kortl iks uiteengesit en die
landdros se uitspraak opgesom, met die herhaling van die redes waarom die
landdros die Staat se getuienis aanvaar het en dié van die appellant en Ingoe
verwerp het. Die regter bespreek voorts die landdros se hantering van die feit
dat die klaer en sy getuies leuenagtig was ivm die oproerigheid in die straat.
Hy bevind dat die landdros geen mistasting begaan het nie. Hy verklaar:
‘Vir die redes wat hierbo uiteengesit is, is ek van oordeel dat die landdros die getuienis
behoorlik oorweeg het en tot ’n regverdige besluit gekom het om die getuienis van die
staatsgetuie te aanvaar en die appellant se getuienis en die van sy getuie, Mnr Ingoe, te
21
verwerp as vals. Dit kan nie gesê word nie dat die landdros ongetwyfeld verkeerd is in die
verband. In die omstandighede mág hierdie hof nie inmeng nie met die skuldigbevinding
van die appellant. Sy appè l teen die skuldigbevinding moet dus van die handgewys
word.’ (My beklemtoning.)

[32] Die gesag wat die be lese regter aanhaal, konstateer nie regsbeginsels
nie, maar weergee gesonde en versta ndige riglyne vir die beregting van
appèlle. ’n Rigsnoer is egter nie ’n kniehalter nie. ’n Hof van appèl word nie
deur gebruiksreëls aan bande gelê in die bereiking van geregtigheid in die
saak nie. Die enigste regsbeginsel wa t in appèlprosedure geld, is dat ’n
appellant wat behoorlik voor die hof is, die reg op ’n herverhoor op appèl het,
onderhewig slegs aan die beperkinge inherent in die appèlproses.
Verskraling van daardie reg ontsê die appellant sy reg op ’n billike verhoor.
Die posisie is soos volg deur Davis wnde AR uiteengesit in R v Dhlumayo
and another 1948(2) SA 677 (A), 695:
‘It is particularly undesirable to tie the hands of appellate courts by rules which are
not loose and flexible – see Rex v Abel (1948 (1), S.A.L.R. 654) and cases therein
cited. General lines of c onduct may be laid down, but th ey must be such as will
assist and not hamper an appellate court in dealing with the problems which may
arise in any particular case in the manner most consistent with the attainment of
justice. Any principles wh ich may be laid down are in the main clearly only rules
of common sense, and not rules of law. The question in every case is first how, as a
22
matter of common sense, the problems with which an appeal court is faced in the
particular case before it are to be appr oached and secondly how, again as a matter
of common sense, when they have been co rrectly approached, they are to be dealt
with so as best to arrive at justice. The only legal principles involved are, so far as
I know, the fundamental one that an appeal is a rehearing to which the appellant,
who has been given leave to appeal or where no leave to appeal is necessary, is
entitled as of right and that – in certain circumstances – the incidence of the onus
may be all-important. …’.

Die wnde appèlregter vat soos volg saam (705):
‘1 An appellant is entitled as of right to a rehearing, but with the limitations
imposed by these principles; this right is a matter of law and must not be made
illusory.
2. Those principles are in the main matt ers of common sense, flexible and such
as not to hamper the appellate court in doing justice in the particular case before it.
…’

[33] Die erkenning wat ’n hof van a ppèl aan die verhoorhof se uitspraak
verleen, beteken geensins klakkelose aanvaarding van daardie hof se
uitspraak en die redes daarvoor nie. Di e vereiste dat die verhoorhof redes vir
sy vonnis verstrek, is ’n onmisbare deel van ons appèlprosedure. In
teenstelling met regstelsels waar jurie- verhore die orde is, kan ’n hof van
23
appèl by ons sien hoe en hoekom die feitebeoordeelaar sy of haar bevindinge
bereik het. Mistastings en wanvoorli gtinge kan geïdentifiseer word. ’n
Feitemistasting of ’n wanvoorligting is egter nie noodwendig die sleutel vir
die omverwerping van die uitspraak ni e. Die hele uitspraak kom onder die
loep. Die hof van appèl betrag die verhoorhof se redes in die volle samehang
van die getuienis en die tersake waar skynlikhede. Daar word gekyk nie net
na welke aspekte die hof in ag geneem het en hoe dit gedoen is nie, maar
ook na welke aspekte die hof skynbaar buite rekening gelaat het. ’n
Ewewigtige uitspraak lei natuurlikerwys tot ’n korrekte bevinding.
Selektiewe kritiek en eensydige in agneming van die waarskynlikhede,
daarenteen, is kenmerkend van ’n vooropgestelde bevinding wat dan
regverdig moet word.
[34] Dié opmerkinge bring my by die la nddros se uitspraak. Hy het bevind
dat die twee koeëls wat deur die appellant afgevuur is, dié is wat die klaer
getref het. Dié bevinding is klaarblykl ik korrek. Dit was egter die appellant
se verweer dat hy in noodweer opgetree het. Volgen s die staatsgetuies het
die appellant hoegenaamd ge en rede gehad om op hu lle te geskiet het nie;
volgens die appellant en Ingoe, aan di e teenkant, het hul die skote afgevuur
na aanleiding van die klaer en die ande r persone se bedrei gende gedraginge.
24
Die landdros het dus te make ge had met twee bot sende weergawes
aangaande die appellant se beweegredes vir sy handelinge.
[35] Die beregting van ’n feite geskil behels nie die getel van
teenstrydighede, waar die gedingspart y met die meeste punte as oorwinnaar
uit die kryt tree nie. Die doel van die verhoor is om te probeer vasstel wat
op ’n bepaalde tydstip in die verled e gebeur het. Die hof is dáárvoor op
getuienis aangewese. Aangesien daar slegs een waarheid is, behoort
betroubare getuies se weergawes logi esgesproke 100% ooreen te stem. Dit
werk ongelukkig nie so in die praktyk nie: twee of meer geloofwaardige
getuies kan heeltemal van mekaar vers kil. Weersprekings tussen ooggetuies
in hul onderskeie beskrywings van ’n voorval beteken geensins dat die een
of die ander van hulle noodwendig leue nagtig was nie, nog minder dat albei
leuens verkondig het. Foutiewe he rinnering van besonderhede is ’n
algemene menslike tekortkoming waarvan ’n hof kennis moet neem alvorens
getuies as meinedig afgemaak word. Die inagneming van weersprekings het
wel ’n plek in die beoordeling van di e getuies se geloof waardigheid, maar
met versigtigheid en toepassing van gesonde oordeel. Die aard van die
teenstrydighede moet in aanmerking geneem word: hul kan wesenlik òf
onbeduidend van aard wees – met oneindige graadvers kille tussen die twee
pole; weersprekings op sydelingse aspe kte is selde van veel waarde. ’n
25
Verhoorhof kan met goeie gevolg die volgende opmerkinge voor oë hou (S v
Mkohle 1990 (1) SASV 95 (A), 98f-g):
`Contradictions per se do not lead to the rejection of a witness’ evidence. As Nicholas J,
as he then was, observed in S v Oosthuizen 1982 (3) SA 571 (T) at 576B-C, they may
simply be indicative of an error. And (at 576G-H) it is stated that not every error made by
a witness affects his credibility; in each case the trier of fact has to make an evaluation;
taking into account such matters as the natu re of the contradictions, their number and
importance, and their bearing on other parts of the witness’ evidence.’

Hierdie opmerkinge geld eweneens vir staats- en verdedigingsgetuies.
[36] Omstandighede en inhoud is alle sbelangrik. Die appellant en Ingoe
het in Augustus 2000 getuig aanga ande gebeure wat in Junie 1997
plaasgevind het, dws meer as drie jaar vantevore. Daardie gebeure het in die
vroeë oggendure in die buitelug onder elektriese beligting afgespeel.
Volgens die getuienis van die appellant , Ingoe en Kleinbooi is die geskiet
voorafgegaan deur veel beweging in die straat waarby ’n klomp mense
betrokke was. Hulle aa ndag was nie noodwendig deurgaans op dieselfde
persoon of persone gevestig gewees nie. Op húl weergawe, is hul
waarnemings in angsvolle oomblikke ge doen, terwyl hul vir hul veiligheid
gevrees het. Om in sulke omstan dighede eenstemmigheid op alle
besonderhede te soek, is om die haas onmoontlike te verwag en om
26
besmoontlik samespanning te kry. Tewens, dit sou nie verbaas het nie indien
daar nog méér verskille in hulle weer gawes was as dié wat die landdros
uitgelig het.
[37] Die landdros behoort nader te gekyk het na die aard en inslag van
daardie ‘weersprekings’ voordat hy hulle as vernietigend van die
geloofwaardigheid van die appellant en Ingoe aangewend het. Ek verwys in
dié verband na die volgende omstandighede en oorwegings.-
• Die feit dat die appellant gesê het dat bakstene vóór die skietvoorval
gegooi is en Ingoe dat klippe daarná gegooi is, het weinig beduidenis
in omstandighede soos dié wat die aand geheers het. Daar moet in
gedagte gehou word dat die twee ni e deurgaans saam buite die huis
was nie. Die appellant was die hee ltyd buitekant, maar Ingoe het eers
in ’n latere stadium uitgekom en het daarna weer na binne gegaan om
die vuurwapen te gaan haal. Die appellant is onmiddelik ná die
voorval die huis in. Dit is nie dui delik hoe lank daarná Ingoe hom
gevolg het nie. Dit is nie duidelik waar die een was toe die ander die
gooi van voorwerpe sou waargene em het nie, hulle kon na
afsonderlike voorvalle verwys het.
• Die landdros het die getuienis misg etas waar hy ’n weerspreking
tussen die appellant en Ingoe aange merk het mbt die aantal persone
27
wat die voorerf binne gekom het. Ingoe het wel gepraat eers van drie
en toe later van twee persone; maar die appellant het nooit ‘vyf of ses’
genoem nie (soos die landdros dit het nie). Hy het aanvanklik gesê dat
daar was ‘so vier of vyf van hulle ge wees’ en later, ‘hulle was so ’n
stuk of drie of vier’. Die omstandighede waarin hul die groep persone
moes tel, was geensins bevorderlik vir getroue waarneming nie. Die
hek waar die persone binne gekom he t was slegs ’n paar treë weg van
die huis. Daar was volgens die getuies ’n klomp mense by die hek
saamgedrom. Dit kon kwa lik van die getuies verwag word om jare
later presies te kon onthou presies hoeveel van daardie persone deur
die hek die erf binne gekom het. Die onbeduidende verskil in hul
getuienis op die aspek was myns insi ens, in die destyds heersende
omstandighede, niksseggend.
• Die appellant se beskrywing van di e wapens wat die persone by hul
gehad het, klop nie met die van Ingoe nie; maar strook egter tot groot
mate met die onbetwiste waarnemings van Kleinbooi.
• Die appellant is dit eens met die klaer dat hul voor die skietvoorval
geensins met mekaar gekommunik eer het nie. Ingoe maak dus
klaarblyklik ’n fout waar hy gesê het dat dit die appellant was wat die
klaer by die huis uitgesit het. Sy ge tuienis is vaag en onseker op die
28
aspek. Hierdie was bowendien ’n sydelingse saak wat niks met die
werklike geskilpunt te doen gehad het nie.
[38] Word die verskille tussen die a ppellant en Ingoe op die keper beskou,
blyk hul meestal niksbeduidend te we es. Die enigste verskilpunt wat
enigsins wesenlik is, het betrekking op die wapens wat die klaer en die ander
persone by hulle sou gehad het. Dié aspek regverdig allermins die landdros
se vergaande opmerkinge en bevindinge:
‘Dit is vir die hof baie duidelik in die lig van die weerspreking tussen hom en Ingoe dat
hy vir die hof ’n oordrewe beeld wil skets en die “aanval” heeltemal oordryf wat daar
plaasgevind het ten einde regverdiging te gee vi r sy aksies om die skote af te vuur. … Sy
en Ingoe se weergawe is wat hierdie “aanva l” aspek betref, wedersyds vernietigend van
mekaar.’

Daar was bowendien nooit aan Ingoe gestel dat hy en die appellant hul
getuienis saam opgekook het nie. Di e aanduidinge was eerder tot die
teendeel. Ingoe was aanvanklik ’n st aatsgetuie wat blykbaar eers ná die
sluiting van die staatsaak aan die verdediging beskikbaar gestel is. Ingoe het
getuig dat hul glad nie vriende was nie, dat die appella nt met sy swaer
bevriend was. Vergelyking van hul getu ienis laat geensins die indruk van
samespanning nie, ondanks – of se lfs juis weens – die vermeende
weersprekings.
29
[39] In teenstelling met sy fe lle benadering tot die gewaande
teenstrydighede in die verdedigings aak, skenk die landdros weinig aandag
aan die weersprekings tussen die staatsg etuies. Volgens di e klaer het Botha
hom aangeval en met die kapmes ge kap onmiddelik nadat hy by Ingoe se
huis uitgekom het. Sy getuienis st rook in die opsig glad nie met die
weergawe van sy broer nie, en nog minder met dié van sy suster. Die
getuienis van dié drie staatsgetuies verskil ook op ander aspekte.
[40] Al drie die Staat se ooggetuie s het in wesenlike opsigte van hul
polisieverklarings afgewyk. Hulle blameer al drie die polisiebeampte wat die
verklaring verkeerd sou neergeskryf het. Die voormalige ondersoekbeampte,
insp Olivier, het egter getuig dat hy die verklarings van Andrew en Diana
Bruintjies korrek ter skrif gestel het en dat hulle die juistheid van die inhoud
daarvan aan hom bevestig he t. Sy getuienis is nie betwis nie. Die landdros
verwys glad nie na die weerspreking tussen Andrew Bruintjies se getuienis
en sy polisieverklaring nie. Die la nddros noem wel dat Diana van haar
polisieverklaring afgewyk het, maar sonder ontleding van die aard en inslag
van die afwykinge. Wat die klaer se afwykings betref , het die hof verklaar
dat daar nie veel gewig daaraan ge heg kon word nie aangesien die inhoud
van die verklaring nie bewys is nie. Di e hof het die getuienis van insp Blom
buite rekening gelaat. Dit wa s sy onbetwiste getuienis dat al drie die getuies
30
hul verklaring deurgelees het en nie een van hulle die korrektheid daarvan
enigsins betwis het nie. Die klaer het voorts in die getuiebank bevestig dat sy
verklaring aan hom deurgelees is en dat hy daarmee tevr ede was. Dit was
eers in kruisverhoor, toe die teenstrydighede aan hom uitgewys is, dat hy die
korrektheid van die notulering daarvan betwis het.
[41] Die teenstrydighede tussen die ge tuies se polisieverklarings en hul
getuienis is moontlik nie sigself van beslissende belang nie (kyk S v Bruiners
en ’n ander 1998 (2) SASV 432 (SO), 437h-438a). Maar wat wel pla is dat
nádat hul die verklarings afgelê het, hul elkeen in een of ander stadium sy of
haar weergawe moes verander het om met die van die ander twee te klop.
[42] Die klaer en sy getuies se bewe ring dat hul niks weet van die oproer in
die straat nie, is onaanvaarbaar. Hu lle was die aand onteenseglik in die
onmiddellike omgewing waar die oproerigheid aan die gang was. Hulle
moes daarvan geweet het, en was heel moontlik daarby betrokke gewees.
Hul ontkenning van enige kennis daarvan was klaarblyklik onwaar. Die
landdros het egter weinig waarde ge heg aan die feit dat hulle nie die
waarheid vertel het nie. In daar die opsig het hy gefouteer. By die
beoordeling van geloofwa ardigheid is die getuie se eerlikheid
vanselfsprekend van fundamentele belang. In R v Kumalo 1916 AD 480, 484,
verklaar hierdie hof:
31
‘Now it is no doubt competent for a Court while rejecting one portion of the sworn
testimony of a witness, to accept another portion; but, where a witness is clearly perjuring
herself in matters of great importance, th ere should be very good reasons to justify a
Court in finding that in other respects she is speaking the truth.’

[43] Die landdros het homself nie af gevra waarom die staatsgetuies die
onwaarheid verkondig het nie. Die rede waarom ’n getuie ’n leuen vertel kan
van wesenlike belang wees; selfs meer belangrik as die feit van die leuen.
Die landdros het verkies om nie daaroor ‘te spekuleer’ nie. Ook hier het sy
evaluering tekort geskiet. Die landdros oorweeg nie die moontlikheid dat die
getuies valslik die oproerigheid ontken het omrede die gebeure in Ingoe se
perseel ’n voortsetting daarvan was nie. Dit het klaarblyklik die klaer se saak
gepas om die gevegte (en daarom sy moontlike betrokkenheid daarby) te
ontken.
[44] Dit blyk dus dat die landdros mi sgetas het in sy bevinding dat die
klaer se weergawe strook met die al gemeen rymende feite van die saak.
Daarenteen laat hy buite rekening dat die appellant se weergawe in alle
opsigte met Kleinbooi se (onbetwiste) ge tuienis geklop het. Die uitgebreide
bakleiery, die aanvalle op die polisie en die afvuur van die skote deur
Kleinbooi, word deur die hof afgemaak as synde ’n ‘mate van oproerigheid
32
in die straat’. Die verhoorhof se hele hantering van hierdie aspek van die
saak, moet as wanvoorligting aangemerk word.
[45] Die oorweging van onwaarskynlikhe de rondom ’n feitegeskil is ’n
belangrike aspek van die fe itebeoordelaar se taak. Ek verwys na handelinge
wat nie met algemene gedragspatrone en ervaring te ryme is nie. Die klaer
hou hom voor as ’n vrede liewende persoon wat die aand – om een of ander
onverklaarbare rede – aggressie by ander persone ontlok het: Malangeni in
die huis; Botha in die huis en by twee geleenthede daarbuite, naamlik toe hy
die klaer met die kapmes op die ha nd sou gekap het en weer waar hy
weerloos en ernstig gewond op die grond gelê het; Ingoe wat sy vuurwapen
gaan haal het en sonder rede twee waarskuwingskote in die lug afgeskiet het;
mev Ingoe wat vir mnr Ingoe en die appellant aangehits het om te skiet; en
les bes die appellant toe hy op hom losgebrand he t. Die streeklanddros het
kennelik die waarskynlikhede misgetas met sy bevinding dat daar ‘geen
ernstige inherente onwaarskynlikhede’ in die weergawe van die klaer te
vinde was nie.
[46] In teenstelling met dié van klaer, is die weergawes van die appellant
en Ingoe wat betref die voorafgaande gebeure, vry aan wanklank. Die
landdros het egter versuim om in ag te neem dat hulle ’n logiese en
33
aanvaarbare beweegrede vir hul beweerde noodweer-handelinge voorgehou
het. Hy verklaar hul optrede soos volg:
‘Die hof bevind dan dat mnre Ingoe en Koopman op daardie stadium toe die oproerigheid
in die sin van die gejaag en terugkom va n die toneel waar be skuldigde twee dan nou
weggekruip het, oorreageer het en gedink het dat die oproerigheid in die straat sou
oorspoel na hulle; en dat hulle verder daar by betrek sou word toe die klaer dan die
omgewing nader waar die lamppaal is; en in ’n poging toe om die klaer en die persone
wat saam met hom was, daarvan weg te dryf; in ’n poging om te keer dat dit oorspoel na
sy perseel, die skote onnodig afgevuur het na die klaer en sy meelopers.’

Ek volg nie die die landdros se redenasi e nie. Hoekom sou Ingoe en die die
appellant wag totdat die oproerigheid verby was voordat hulle skote afvuur?
Dit was ook nie die klaer se getuienis da t die skote afgeskiet is terwyl hy die
lamppaal genader het nie. Volgens hom en sy getuies het hulle onder die
lamppaal gestaan en was hul besig om sy beseerde hand te besigtig. Niks in
daardie toneel sou vir Ingoe en die appellant kon laat dink het dat die
oproerigheid (wat nie meer aan die gang was nie) na hulle sou oorspoel nie.
Die landdros se bevinding strook nòg met die staats- nòg met die
verdedingsweergawes. Dit, met eerbied, was blote bespiegeling aan sy kant,
sonder enige basis in die getuienis.
34
[47] Die vraag wat die hof a quo homself moes afgevra het, was of die
uitspraak van die verhoorhof by nade re en deeglike ontleding daarvan,
staande kon bly. Daar is spesifieke mistastings in die streeklanddros se
uitspraak: sy bevinding mbt die bewys van die klaer se polisieverklaring
(para [23]) en sy stelling dat volgens die appellant vyf tot ses persone die
perseel binnegekom het (para [39]). Hierdie feitewanvoorligtinge is egter nie
wesenlik nie en vernietig sigself ni e die geldigheid van die landdros se
bevindinge nie. Die landdros het voorts in verskeie opsigte wanvoorligting
begaan in sy ontleding van die getu ienis, en in die oorweging van die
waarskynlikhede. Geen één van dié mistastings is noodwendig opsigself
voldoende regverdiging vi r die omverwerping van die hele uitspraak nie.
Daar moet egter na die totaliteit daar van gekyk word in die volle samehang
van die getuienis en gepaardgaande waarskynlikhede.
[48] Vrae ontstaan dan rondom die geba lanseerdheid van die landdros se
uitspraak. Geen uitspraak is seker volm aak nie; die feit dat ’n hof sekere
aspekte nie noem nie, beteken nie noodwe ndig dat hul negeer is nie; geen
twee howe sal dieselfde verdienstelikhede en gebreke in ’n saak na dieselfde
waarde ag nie. Maar die punt word bereik waar ’n hof van appèl moet
bevind dat ’n verhoorhof se onewewigtige behandeling van die getuienis, en
mistasting van die feite en die waars kynlikhede, die hele uitspraak ontsenu.
35
Oorweging van die landdros se uitspraak as geheel, noop my tot die
bevinding dat ’n hof van appèl nie me t gerustheid op die verhoorhof se
feitebevindinge kan staatmaak nie.
[49] Die verhoorhof se wanvoorligting het op die hof a quo oorgespoel.
Die regter het met sy oo r-enge toepassing van die riglyne vir appèlberegting
(para [29] en [33] hierbo), die hof se wye en buigsame bevoegdhede beperk
en verstar, en bygevolg die landdros se uitspraak onkrities benader. Deur
bloot die redenasie van die verhoorhof na te volg, het die regter, met eerbied,
dieselfde paadjie as die landdros bewa ndel en sodoende dieselfde dwalinge
begaan.
[50] Die appèl moet dus slaag tens y hierdie hof op die oorkonde tevrede
kan wees dat die skuld va n die appellant afdoende be wys is. Dit is uiteraard
geen maklike taak om dié vraag suiwer op geskrewe getuieni s te beslis nie.
Dit is nietemin die hof se plig om, met behoorlike inagneming van dié
beperkinge, tot ’n geregtelike bevi nding te geraak. Die ligging van die
bewyslas is dan allerbelangrik (Dhlumayo para [32] hierbo).
[51] Om die redes wat uit my oorwe ging van die landdros se uitspraak
behoort te blyk, moet daar bevind word dat die staatsgetuies se weergawes
aangaande die heersende omstandighede ten tyde van die geskiet, nie bo
redelike twyfel waar is nie. Die saak moet dus bereg word op die basis van
36
die appellant en Ingoe se weergawes van daardie omstandighede. Dít word
geredelik en korrek deur die respondent se advokaat toegegee.
[52] Die verweer wat aan die verhoorhof voorgehou is, was die
afwesigheid van wederegtelikheid weens die teenwoordigheid van noodweer.
Maar voordat ek dié vraagpunt oorweeg, is dit nodig om eers kortliks opset
te behandel. Verwerping van die staatsgetuienis met betrekking tot die
aanloop tot die skietvoorval, beteke n nie die noodwendige aanvaarding van
die appellant se weergawe in alle opsigte nie. Die appellant het getuig dat hy
een waarskuwingskoot in die lug óór die persone gemik het en die tweede na
hulle voete, in ’n stadium wat die klaer se vooraansig na hom vertoon is. Sy
getuienis strook egter nie met die pos isie van die klaer se wonde nie,
naamlik een voor op sy bors en die ande r agter op sy rug. Met betrekking tot
die afvuurrigting van die tweede skoot, is daar ’n mate van stawing vir hom
te vinde in die getuienis van Andrew en Diana Bruintjies ten effekte dat die
tweede skoot die klaer getref het ná dat hy geval het. Dit is egter
onverklaarbaar hóe die eerste koeël, wa t die appellant volgens hom in die
lug sou afgeskiet het, die klaer kon getref het. Die appell ant se instruksies
aan sy regsverteenwoordiger op dié as pek het klaarblyklik nie gestrook met
die getuienis wat hy daaromtrent gelewe r het nie. Wat vasstaan is dat albei
skote wat die appellant afgesk iet het, die klaer getref het. Hy het dus in die
37
klaer se rigting geskiet, en dít wa s ’n lewensgevaarlike handeling. Die
appellant het noodwendig be sef dat die skote wat hy op die groep afgevuur
het, een van hulle kon tref en daarde ur sy of haar dood veroorsaak. Die
landdros se bevinding is derhalwe gere gverdig dat die appellant die nodige
opset gehad het om die klaer noodlottig te verwond, maar op die grondslag
van moontlikheidsbewussyn.
[53] Ek kom by die wederregteli kheidselement. Die vraag of ’n
beskuldigde in geregverdigde noodweer gehandel het, is ’n feitevraag wat
objektief, aan die hand van ál die tersake omstandighede, beoordeel word.
Ek behandel eers die aspekte wat die appellant se verweer bevorder. Volgens
sy weergawe – wat na my mening wa t as redelik moontlik waar aanvaar
moet word – het die klaer en van sy metgeselle Ingoe se erf betree en daar ’n
dreigende houding ingeneem. Hulle was deel van ’n groter, geweldadige en
gevaarlike klomp mense in die straat. Van dié persone het kort tevore die
polisie tweekeer aangeval en van die t oneel verdrywe. Daar moet in die
appellant se guns aanvaar wo rd dat die klaer en sy familie waarskylik onder
dié persone was. Van hulle het gevaar like strydmiddels, soos kapmesse, leë
bottels en ’n graaf by hulle gehad. Hulle het hul nie gesteur aan die
waarskuwingskote wat sers Kleinbooi afgevuur het nie. Die klaer, en
waarskynlik van die ander persone, was vol drankverwekte drif. Sy woede
38
was waarskynlik verder aangeblaas de ur die pyn van sy beserings. Dié
veglustige groep het klaarblyklik vrees ingeboesem. Ingoe is deur vrees
beweeg om sy handwapen te gaan haal en die twee waarskuwingskote af te
vuur. Dit het die persone egter nie afge skrik nie. Die appellant het ewe-eens
uit angs die twee skote afgevuur . Daar was ongetwyfeld gewigtige
omstandighede teenwoordig ter onderste uning van die appellant se verweer
van noodweer.
[54] Die hof moet egter ook die teenka nt se saak oorweeg. Die roekelose
afvuur van koeëls is lewensgevaarli k en word slegs in uiterste
omstandighede deur die reg geoorloof. As die appellant ’n ander uitweg
gehad het, moes hy dit gevol g het. Sy getuienis dat die persone die heeltyd
op hom en Ingoe afgestorm het totdat hy genoodsaak was om die skote af te
vuur, kan nie opgaan nie. Ingoe het ge leentheid gehad om die vuurwapen in
die brandkluis te gaan haal. Hy en die appellant kon dus die huis binne
gegaan het, hul daarso verskans het en die polisie geskakel het. Kleinbooi
en Tshabeli was nie ver weg gewees nie. Dit is voorts insiggewend dat
Ingoe wat in dieselfde posisie as die appellant was, dit nie nodig geag het om
direk op die groep persone te skiet nie. Na my oordeel is die balans van die
weegskaal bo redelike twyfel in die Staat se guns.
39
[55] Ek bevind dus dat die Staat di e verweer van noodwee r weerlê het.
Die skuldigbevinding bly egter staande ofskoon die verhoorhof sowel as die
hof a quo gedwaal het wat betref die feite basis van die skuldigbevinding.
Die oorblywende aspek van die appèl, naamlik vonnis, word wel deur die
regstelling van die dwaling geraak.
[56] Die landdros het met straftoemeting nie enige mistasting begaan nie,
en die vonnis wat hy die appellant opgelê het, was heeltemal paslik vir die
feitebasis waarop die hof hom skuldig bevind het. Dit was naamlik dat die
die appellant die skote afgevuur het op die klaer waar hy vreedsaam met sy
broer en sy suster onder die ligpaal gestaan het. Die landdros kon dus in sy
uitspraak dit sterk beklemtoon dat die klaer geen gevaar vir die appellant
ingehou het nie. Maar die feitebasis waarop hierdie hof se bekragtiging van
die skuldigbevinding berus, versk il algeheel van dié van die klaer,
naamlik ’n verwoede groep gewapende persone wat die perseel binnegekom
het en vir die persone daar bedrei g het. Die oogmerk van vergelding by
vonnis vervaag heelwat gesien die klaer se optrede die aand. Hy was tot ’n
groot mate die oorsaak van sy ve rwonding. Hy het voortgegaan met sy
vreesaanjaende gedrag selfs nadat Ingoe die waarskuwingskote afgevuur het.
[57] Die vonnis moet klaarblyklik her oorweeg word weens die verandering
in die feitebevindinge mbt tot die omliggende omstandighede. Daar is
40
verskeie strafopsies beskikbaar vir die hof. Hierdie hof moet egter eers
besluit of dit aangewese is om self vonni s op te lê òf om die saak eerder na
die verhoorhof terug te verwys. Daar die vraag word tot groot hoogte deur
die aangewese strafvorm bepaal. Die vo lgende feite en omstandighede tree
in die verhand na vore. Die misdryf w aaraan die appellant skuldig bevind is,
is onteenseglik ernstig van aard. Di e appellant se ha ndelinge het ander
persone se lewens in uiterste gevaar ge stel en het tragiese nagevolge vir die
klaer meegebring. Hierdie geval is eg ter nie een van die tipiese sake van
geweldpleging wat daagliks deur ons howe gaan nie. Die appellant was
besig om rustig sosiaal te verkeer to e die klaer en sy familie daar kom
moeilikheid maak het. Hy het reagee r op die klaer se onregmatige optrede,
en sy oordeel die aand was waarskynl ik tot ’n mate deur drankgebruik
aangetas. ’n Vuurwapen was toevallig ter hand gewees. Dit blyk dus dat sy
handelinge die produk van ’n ongelukkige sameloop van omstandighede was.
Hy was ongelukkig die verkeerde tyd op die verkeerde plek gewees. In die
lig van die appellant se skoon rekord, is dit onw aarskynlik dat hy in die
toekoms weer ’n geweldsmisdryf sal pleeg. Die hervormings- en
weerhoudingselement van straftoemeting is hier dus in die agtergrond.
[58] Die appellant is in 1969 gebore en is sedert 1989 in diens van die
Departement Korrektiewe Dienste. Hy is geskei en onderhou twee
41
minderjare kinders. ’n Korrektiewe b eampte het aan die verhoorhof verslag
gedoen. Sy het verklaar dat hoewel die appe llant nie as ’n model beampte
beskou kan word nie, hy nie tot aggre ssiewe gedrag geneig is nie. Die
appellant, volgens haar, het berou vi r die leed wat hy die klaer aangedoen
het. Sy het bevind dat hy ’n goeie kandidaat vir korrektiewe toesig is. Sy het
die hof meegedeel dat die appella nt sy werk sal verloor as hy
gevangenisstraf opgelê sou word. Die landdros het verklaar weens die
voormelde omstandighede, hy die oplegging van vonnis as besonder moeilik
ervaar het. Hy het die moonlikheid van korrekiewe toesig sterk oorweeg,
maar daarteen besluit skynbaar weens di e erns van die misdryf gesien in die
omstandighede waarin dit gepleeg is . Indien hy die appellant sou moes
gevonnis het op die feitebasis soos deur hierdie hof bevind, sou hy
besmoontlik ’n vonnis van korrektiewe toesig opgelê het.
[59] Die appellant is ’n bruikbare lid van die samelewing en verrig ’n
belangrike diens in sy werk. Alles inaggenome, sal ge vangenisstraf sonder
die keuse van ’n boete nie die gem eenskapsbelang paslik dien nie.
Daarenteen is nòg ’n algehele opgesk orte vonnis van geva ngenistraf nòg ’n
boetestraf gepas vir die misdryf waaraan die appellant skuldig bevind is. Die
landdros het tereg opgeme rk dat enige misdryf wat die menslike lewe
goedkoop ag, nie anders as in ’n besond er ernstige lig gesien kan word nie.
42
Die leemte in strafbedeling tussen ’n vonnis van vryheidsbeperking binne ’n
gevangenis en onbeperk te vryheid daarbuite, word gevul deur die
vonnisopsie van korrektiewe toesig waarvoor art 276(1)(h) van die
Strafproseswet voorsiening maak.
[60] Die hof het ná die aanhoor van die appèl die regsverteenwoordigers
versoek om voorleggings te doen mbt die gepastheid van ’n vonnis van
korrektiewe toesig, en om inligting te bekom aangaande die appellant se
huidige omstandighede. Hulle word vir hul samewerking bedank. Blykens
die inligting wat aan ons voorgelê is , het die appellant se persoonlike
omstandighede nie wesenlik vera nder sedert vonnis oplegging in die
landdroshof nie. Die appellant is dus blykbaar steeds ’n geskikte kandidaat
vir korrektiewe toesig.
[61] Hoofstuk VI van die Wet op Korrektiewe Dienste, no 111 van 1998,
skep die struktuur vir ‘Gemeenskapskorre ksies’, wat insluit (by definisie in
art 51) diegene wat ingevolge art 276( 1)(h) van die Strafproseswet onder
korrektiewe toesig geplaas word. Die oogmerke van gemeenskapskorreksies,
volgens die Wet, is om pe rsone wat daaraan onderworpe is, in staat te stel
om maatskaplik verantwoordelike en mi sdaadvrye lewens te ly gedurende
die tydperk van hul vonnisse en in di e toekoms (subart (1) van art 50). Die
onmiddelike doel van die implementering van die gemeenskapskorreksies is
43
om te verseker dat persone wat daaraan onderworpe is, hou by die
voorwaardes wat aan hulle gestel is (subart (2)). Die Wet maak dan
voorsienning vir uitgebreide voorwaardes vir korrektiewe toesig (art 52),
asook vir die behoorlike toesig en monitering daarvan (arts 57-72). Die
vonnis wat ’n hof die beskuldigde opl ê moet inskakel by die oogmerke en
doelstelling van die Wet, met inagneming van di e hof se oogmerke wat
betref straftoemeting aan die bepaalde persoon. In die onderhawige geval is
die strafelement ’n belangrike doelstelling van die vonnis.
[62] Hoofstuk VI het op 10 Oktober 2004 in werking getree, dws nadat die
appellant in die verhoorhof gevonnis is . Die bepalings van die hoofstuk het
betrekking op die implementering en monitering van die vonnis van
korrektiewe toesig waarvoor daar in die Strafproseswet voorsiening gemaak
word. Waar ’n hof van appèl ’n vonnis vernietig, is daardie hof, sowel as die
verhoorhof indien die saak terugverwys word, geregtig of selfs verplig om
wetteregtelike bepalings wat ondertussen in werking getree het, toe te pas;
mits daardie bepalings nie strafverswarend inwerk nie ( S v Mpendokana
1987 (3) SA 20 (K) 23A-G; Prokureur-Generaal, Noordkaap v Hart 1990
(1) SA 49 (A) 56C-57A; S v Barnard 2004 (1) SASV 191 (HHA) para 19 en
20). Die bepalings van Wet 111 van 1998 verskerp egter nie die vonnis van
44
korrektiewe toesig nie en die appellant sal nie deur die toepassing daarvan
enigsins benadeel word nie.
[63 Ek sou geneë gewees het op die appellant opnuut in hierdie hof te
gevonnis het. Art 51(2) bepaal egter dat geen bevel ingevolge waarvan
gemeenskapskorreksies opgelê word, gegee mag word nie, tensy die
betrokke persoon toestem dat dit gegee word, met gestelde voorwaardes, en
onderneem om saam te we rk om daaraan te voldoen. Nakoming van dié
bepaling verg klaarblyklik direkte kommunikasie tussen die hof en die
beskuldigde of sy regsverteenwoordiger, en daarom is dit nie aangewese dat
hierdie hof van appèl ’n vonnis van korrektiewe toesig oplê nie.
[64] Bygevolg gelas die hof:
1. Die appèl teen skuldigbevinding word afgewys.
2. Die appèl teen vonnis slaag. Die vonnis wat die landdros die
appellant opgelê het, word tersyde gestel en die s aak word na die
verhoorhof terug verwys vir vonnis me t in agneming van hierdie hof se
uitspraak.

___________________
AR ERASMUS
WNDE APPèLREGTER

STEM SAAM
:
FARLAM AR
45
HEHER JA:
[65] I have read the judgment of Eras mus AJA. Although I agree with his
conclusion in relation to the appeal against the conviction I have a rather
different overall impression of what t ook place. Accepting as a reasonable
possibility that the complainant and hi s companions posed a threat to the
appellant I find that the appellant act ed precipitately when he was in a
position to retreat and fired in a reck less manner at vital parts of the
complainant’s body. I cannot ignore the f act that he was a person trained in
the use of firearms.
[66] A balanced sentence is one which w ill leave its mark for the better on
the appellant as well as assure the co mmunity that the courts regard the
irresponsible use of firearms in the hands of those from whom society is
entitled to expect controlled behaviour as a serious default, the more so
when over-indulgence in liquor is used as an excuse. I bear in mind the
appellant’s age and his clean record as well as the likely effect on his
employment by Correctional Services.
[67] I would impose a sentence of 3 years imprisonment under s 276(1)(i)
of the Criminal Procedure Act 51 of 1977. Such a sentence is, at the date of
its imposition, as I read s 51(1)(a) of the Correctional Services Act 111 of
1998, not subject to the terms of s 51. This is because it is not a ‘non-
46
custodial’ measure or form of supervisio n at that date (see the definition of
‘community corrections’ in s 1 of the Act) and, indeed, may never become
so. Only if and when the appellant is placed under correctional supervision
at the discretion of the Commissioner in terms of s 276(1)(i) will s 51(2)
apply to his case.


___________________
J A HEHER
JUDGE OF APPEAL