DIE HOOGSTE OF VAN APPèL IN SUID-AFRIKA
Saak No 176/04
RAPPORTEERBAAR
In die saak tussen
ADRIAAN JACOBUS VAN WYK APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
Coram: Harms, Nugent ARR et Comrie Wnde AR
Aangehoor: 22 September 2004
Gelewer: 30 September 2004
Opsomming: Borg – appèl – hoogverraad – skedule 5 oortreding – s 60(11)(b) –
hetsy in belang van geregtigheid om vrylating toe te laat.
Borg – wesenlike vooruitsig beskuldigde een of ander tyd verhoor
mag ontwyk – nie in belang van geregtigheid om vrylating toe te
laat nie.
______________________________________________________
UITSPRAAK
_______________________________________________
COMRIE Wnde AR
2
[1] Hierdie is ‘n borgappèl. Die a ppellant is ‘n beskuldigde in die
sogenoemde Boeremag-ve rhoor wat deur Jo rdaan R in die
Transvaalse Provinsiale Afde ling aangehoor word. Gedurende die
verloop van die verhoor, wat n og voortduur, het die appellant ‘n
aansoek om borg gebring wat deur ‘n ander regter, Ismail Wnde R,
aangehoor is. Borg is geweier. Die appellant app elleer nou direk na
hierdie hof, sonder verlof, soos hy geregtig is om te doen. S v Botha
en ‘n ander 2002 (1) SASV 222 (HHA); S v Viljoen 2002 (2) SASV
(HHA) para 25; S v Kock 2003 (2) SASV 5 (HHA) para 26.
[2] Die appellant en sy mede-bes kuldigdes staan tereg op 43
aanklagte (alternatiewe ingeslu it), onder andere, hoogverraad
(aanklag 1) en mo ord (aanklag 10). Van al die aanklagte is moord
(op die manier gepleeg soos beweer) die enigste bylae 6 oortreding.
Ingevolge art 60(11)(a) van die St rafproseswet 71 van 1977 moes
die appellant die hof a quo oortuig het dat ‘daar buitengewone
omstandighede bestaan wat sy . . . vrylating [op borg] in die belang
van geregtigheid veroor loof.’ Daarenteen is hoogverraad ‘n bylae 5
oortreding en art 60(11)( b) verg in so ‘n geval dat ‘n beskuldigde
getuienis moet aanbied wat die hof oortuig dat ‘belang van
geregtigheid sy . . . vr ylating [op borg] veroor loof.’ Onder beide (a)
en (b) het ‘n beskuldigde ‘n bewyslas maar onder (b) is die las ligter
3
want daar is geen noodsaak om ‘buitengewone omstandighede’ aan
te toon nie.
[3] In die hof a quo en in die betooghoofde op appèl is die saak
weens aanklag 10 op die verond erstelling dat die appellant
buitengewone omstandigh ede moes bewys, benader. Die betrokke
moord het twee en ‘n half maand e na die appellant se arrestasie
plaasgevind en ongeveer ses weke (op die staat se weergawe)
nadat die verraderlike komplot va n aanklag 1 verydel is. Tydens
betoog voor ons het di e advokaat vir die staat, mnr van Rensburg,
toegegee dat op die reko rd daar nie prima facie- getuienis is wat die
appellant met die moord verbind nie. Hoewel die formulering van die
akte van beskuldiging beslissend is vir die vraag of art 60(11) van
toepassing is ( S v Botha supra para 16), is die afwesigheid van
prima facie-getuienis natuurlik in die algemeen ‘n buitengewone
omstandigheid (S v Kock supra para 15). Hy het gevolglik aanvaar
dat die saak op appèl in terme van sub-art (11)(b) besleg kon word.
[4] Die appellant het toegang tot die staat se dossier gehad. Hy
het getuig maar sy ge tuienis het hoofsaak lik uit betoog bestaan
deurdat hy die staat se saak wat hom impliseer aan uitvoerige kritiek
en kommentaar onderwerp het. Somm ige verklarings het hy met ‘n
onskuldige verduideliking probeer ondervang; ander bewerings het
4
hy bloot ontken; maar veral het hy die aanda g op teenstrydighede
tussen die verskillende verklarings gevestig. Beëdigde verklarings is
namens hom ingedien waarin ande re, net soos hy, beweer het dat
hulle sonder hulle medewete by die beplande staatsgreep betrek is
op die sg beplanningsdokument, bek end as dokument 12. Hy het
ook ‘n aanval op mnr J C Smit, ‘n vorige vriend wat – volgens hom –
‘n geswore vyand geword het en wa t glo vasberade was om hom
onskuldiglik te impliseer. Smit se beëdigde verklari ng betrek nl die
appellant by die sameswering as een van die hooffigure. Aangesien
die dossier omvangryk is en die appellant breedvoer ig getuig het,
het die borgaansoek ‘n hele paar dae geduur – dit a lles, so kom dit
voor, in ‘n poging om die appella nt se onskuld op al die aanklagtes
aan te toon.
[5] Die appellant en sy regsverteenwoordiger het nie ag geslaan
op die woorde van Olivier AR in S v Viljoen, supra, nie (te para 25):
‘dat daarteen gewaak moet word om van elke borgaansoek ‘n uitgerekte
verhoor vóór die strafverhoor te maak . . . Kon dit ooit die bedoeling van die
Wetgewer gewees het dat borgaansoeke ‘n volle kleedrepetisie van die verhoor
moet wees? Ek betwyfel dit ten sterkste. Ek sou dus oordeel dat die verhoor
van borgaansoeke binne redelike perke gehou moet word onderhewig aan die
bepalings van die Wet en die regte van die beskuldigde.’
5
[6] Die appellant se metodiek, soos hierbo beskryf, misken die
ware karakter van ‘n borg-onde rsoek in gevalle waar dit ‘n
geskilpunt is of die staat ‘n swak of sterk saak het. In die gewone
geval wat nie onder sub-art ( 11) val nie moet die aanklaer,
byvoorbeeld deur die getuienis van die ondersoekbeampte of die
voorlegging van beëdigde verklarings, aandui wat die aard en
omvang van die getuienis is wat teen die borgapplikant bestaan. Die
ondersoekbeampte mag dan binne redelike perke daarop gekruisvra
word. Dit is nie vir die aanklaer om sy getuienis op die meriete aan
te voer nie of om sy getuies aan kr uisondervraging bloot te stel nie.
Dit is ook nie vir die hof om neg atiewe afleidings te maak oor die
versuim van die aanklaer om die staatsgetuies te laat getuig nie. Die
hof se funksie is om die relatiewe kr ag van die staat se saak vas te
stel in die lig van die gemelde materiaal. Indien die geval onder sub-
art (11) resorteer , rus die las natuurlik op die applikant om aan te
toon dat die staat se saak geen of relati ef min meriete het. Die
applikant, indien daa rtoe geadviseer en gewaarsku (vgl art
60(11B)(c)), kan oor die meriete ge tuig en daaroor gekruisvra word.
Natuurlik kan hy aan die hand van die dossier aantoon dat die
getuienis teen hom weinig of geen waarde het nie. Dit is nogtans nie
vir die borghof om ‘n voorlopige bevinding van skuld of onskuld in te
bring nie. Die hof se p lig is om prima facie sterkte of swakheid te
6
oorweeg. Dit kan natuurlik aan die einde van so ‘n ondersoek blyk
dat die staat se saak teen ‘n applikant swak is. S v Mohammed 1999
(2) SASV 491 (C) was so ‘n geval, asook S v Kock supra. Maar om
so ‘n gevolgtrekking te bereik aan die hand van
geloofwaardigheidsbevindings is normaalweg ongewens en ‘n
miskenning van die feit dat die borgv errrigtinge nie ‘n kleedrepetisie
is nie.
[7] In elk geval was die b ogenoemde oefening in die hof a quo
vanuit die appellant se oogpunt te enproduktief. Dit het bloot getoon
dat die staat in besit is van ‘n aansienlike hoeveelheid getuienis wat
hom besonderlik by die beweer de sameswering impliseer. Of
daardie getuienis voldoende vir ‘n skuldigbevinding sal wees en of
die appellant se weergawe redelik moontlik waar is, is vrae vir
beregting deur die verhoorhof. Op hierdie staduim is dit voldoende
om te konstateer dat die staat ‘n sterk prima facie saak met
betrekking tot aanklag 1 – hoogver raad – het en kan ek nie bevind
dat die appellant, aan die hand van die beski kbare materiaal,
waarskynlik onskuldig bevind sal word nie.
[8] Op grond waarvan beweer die appellant is dit in belang van
geregtigheid dat hy vr ygelaat moet word? Hy maak, benewens die
gebrek aan meriete in die staat se saak (waarmee ek reeds
7
gehandel het) op sy persoonlike omstandi ghede staat. Hy is
ongeveer 38 jaar oud, is getroud en het nie kinders nie. Hy wil graag
sy besigheid bedryf ty dens die verhoor. Daar is min, indien enigiets,
oor van hierdie besigheid wat hy kort voor sy arrestasie begin het.
Sou hy op borg vrygelaat word, betwy fel ek of hy die besigheid kan
bestuur en herbou aangesien die verhoor sy bywoning vereis.
[9] Die appellant het in sy getuienis gekla dat sy aanhoudings-
toestande ongunstig was vir konsul tasie met sy regsadviseurs en
die verkryging van getuienis. Hy het besonderlik gekla oor die
verslegting van sy ges ondheid sedert sy opsluiting. Mediese
getuienis het aangetoon dat die appellant aan ‘n diabetiese toestand
en hoë bloeddruk ly waarvoor hy medikasie en ‘n spesiale dieet
benodig. Die appellant beweer da t by geleentheid het hy nie sy
medikasie ontvang nie en by ander geleenthede het hy nie sy
maaltye ontvang nie. Die gevangeni sbeamptes wat g etuienis afgelê
het, het die teenoorgestel de beweer. Die waarheid lê moontlik
iewers in die middel. Hoe dit ook al sy, insoverre as wat die
appellant nie behoorlike aandag in bewaring ontvang nie, het hy
ander regsmiddels tot sy beskikking en is borg in die algemeen nie
die remedie vir die vergry pe en versuime van die
gevangenisowerhede nie. Wat van belang bly, is die feit dat die
beperkings weens sy gevangenis skap en bywoning van die verhoor
8
nie ideaal vir ‘n persoon in sy fisiese toestand is nie. Natuurlik is die
ingryp in sy vryheid ‘n belangri ke faktor waara an heelwat gewig
geheg moet word by bepaling van die belang van geregtigheid maar
die omstandighede wat ek sopas behandel het, mo et geweeg word
teen die ander faktore en moet nie in isolasie gesien word nie.
[10] Die appellant maak ook staat op die feit dat hy sy verhoor sal
staan. Sewe mede-beskuldigdes is op borg vrygel aat en het tot
dusver die verhoor byge woon en hulle borgvo orwaardes nagekom.
Die appellant gebruik hulle as voorbeeld en be loof om dieselfde te
doen. Die borggeld wat sy familie sal moet betaal, kan hy nie
bekostig om te verbeur nie. Hy wys ook daarop dat hy reeds vier
maande voor sy inhegtenisneming deu r die polisie ondervra is en
ten spyte van die risiko van ‘n inhegtenisname het hy nie gevlug of
iewers geskuil nie. Daarbenewens ve rwys hy na die feit dat sedert
sy inhegtenisneming het hy twee maal die geleentheid gehad om
met gemak te ontvlug en dat hy dit nie gedoen het nie.
[11] Die appellant is alreeds vir tw ee en ‘n half jaar in aanhouding.
Dit blyk of die verhoor nog lank sa l voortduur; ek praat in terme van
jare eerder as maande. Ons is deur die advokate meegedeel dat die
verhoorhof met nog slegs die derd e staatsgetuie besig is. Die
appellant se beweerde rol in die coup d’etat was een van relatiewe
9
senior bevel, alhoewel nie een van direkte leierskap. As die
appellant skuldig bevind word aan aanklag 1 op die beweerde basis,
staar hy langtermyn-gevangenisstraf in die gesig. Soos die verhoor
voortduur, mag die saak (ek sê nie dit sal ni e) teen hom draai. In
daardie geval sal die vers oeking om te vlug, ve rhoog. Hy is ‘n goed
opgeleide soldaat wat grensdiens gedoen het. Hy het tot die rang
van majoor in die Wonderboom-kommando gevorder en was die
bevelvoerder totdat hy dié konneksie na die inhegtenisname van die
hoofbeskuldigdes enkele maande vo or sy arres ve rbreek het. Die
appellant het ‘n pas poort wat hy aangebied het om in te handig
maar hy hoef natuurlik nie oorsee of buite die landsg rense te gaan
om sy verhoor te ontvlug ni e. Hy kan eenvoudig binnelands
verdwyn, iets wat histories nie vergesog is nie. Volgens die
ondersoekbeampte bestaan daar ‘n sterk infrastruktuur van
simpatiseerders en ondersteuners wat vo ortvlugtendes kan
beskerm, huisves en onbepaald versteek.
[12] Die aard van die sameswering wat wydverspreide
ondersteuning van wesenlike gedeeltes van die gemeenskap
veronderstel het en daarop moes ge steun het, moet in ag geneem
word by die beoordeling van die vraag van wa t in belang van
geregtigheid is. Aange sien ander geesgenote bystand van derdes
ontvang het om die gereg te ontduik, hoekom kan dit ook nie
10
mettertyd die geval met die appella nt wees nie? Gegewe die sterk
prima facie saak van die staat, die langtermyn gev angenisstraf wat
sal volg op ‘n moontlike skuldi gbevinding en die infrastruktuur
waarna ek verwys het, is ek van oordeel dat daar ‘n redelike
vooruitsig bestaan dat as hy op bo rg vrygelaat sou word, hy een of
ander tyd sy verhoor mag ontwyk. Die primêre doel stelling van die
borgstelsel is immers om te versek er dat ‘n beskuldigde sy verhoor
sal staan. Aangesien d aardie doelstelling in hi erdie geval verydel
kan word deur die to estaan van borg, het die appellant hom nie van
die art 60(11)(b) bew yslas gekwyt dat dit in die belang van
regspleging is om borg te verleen nie.
[13] Die appèl word afgewys.
____________
R G COMRIE
WAARNEMENDE APPèLREGTER
STEM SAAM
HARMS AR
NUGENT AR