De Jongh v Du Pisanie NO (220/2003) [2004] ZASCA 66 (1 June 2004)

22 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Execution — Correction of judgment — Calculation error in damages award — Appellant sought correction of a numerical error in a previous judgment regarding loss of earnings — The court identified a miscalculation in the amount awarded, which affected subsequent calculations for costs and total damages — The appeal was upheld, and the original judgment was amended to reflect the correct total damages of R3 163 116.80, with interest and no order as to costs.

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
Saaknommer : 220/2003
In die saak tussen :
CHRISTIAAN DE JONGH APPELLANT
en
PIETER JOHANNES DU PISANIE NO RESPONDENT
CORAM : MARAIS, BRAND ARR et JONES WND AR
DATUM : 4 MEI 2004
GELEWER : 1 JUNIE 2004
Opsomming: Regstelling van syferf out en gevolglike berekeningsfout in
uitspraak gelewer op 25 Mei 2004. Vervangende bevel in para 4.
_____________________________________________________
AANVULLENDE UITSPRAAK
BRAND AR/
BRAND AR :
[1] Dit het tot my kennis gekom dat ons uitspraak in hierdie saak
wat op 25 Mei 2004 gelewer is ('die uitspraak') 'n syferfout bevat
wat tot 'n berekeningsfout aanlei ding gegee het. Die doel hiervan
is om dit reg te stel.
[2] Die syferfout het betre kking op Rabe se verlies aan
verdienste. In para 68.2 word g eboekstaaf dat daar nie met die
'verhoorhof se toekenning van R1 906 225 onder hierdie hoof'
ingemeng moet word nie. Soos blyk uit para 2 van die uitspraak,
was die verhoorhof se toekenni ng onder hierdie hoof egter
inderwaarheid R1 096 225.
[3] Die berekeningsfout waartoe hierdie syferfout aanleiding
gegee het, verskyn in p aras 68.4 en 68.5 van di e uitspraak. In hul
juiste vorm moet hierdie paragrawe soos volg lui:
'4. Koste van die kurator bonis
Dit is gemene saak dat die toekenning onder hierdi e hoof gelyk moet wees
aan 7,8 persent van die vorige drie toekennings. Dit is (R1 588 020.70 +
R1 096 225 + R250 000 = R2 934 245.70 x 7,8%) = R228 871.16.
5. Totaal
Hiervolgens bedra die totale bedrag van skadevergoeding dus
R3 163 116.80.'
[4] In die lig van die voorgaande word die bevel van hierdie hof
in para 70 van die uitspraak vervang met die volgende:
'[70] Gevolglik slaag die appèl met kost e. Die verhoorhof se bevel word
tersyde gestel en vervang met die volgende:
"Vonnis word ten gunste van die ei ser teen die verweerder soos volg
toegestaan:
(1) R3 163 116.80 synde skadevergoeding;
(2) Rente daarop teen die koers wat ingevolge die bepalings van die Wet
op Voorgeskrewe Rentekoers 55 van 1975 voorgeskryf word vanaf 14
dae na datum hiervan (synde 23 Desember 2000) tot datum van
betaling;
(3) Geen kostebevel word op hierdie stadium gemaak nie."'
………………..
F D J BRAND
APPÈLREGTER
Stem saam:
Marais AR
Jones Wnd AR