De Jongh v Du Pisanie (220/2003) [2004] ZASCA 43; [2004] 2 All SA 565 (SCA); 2005 (5) SA 457 (SCA) (25 May 2004)

82 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Damages — Quantum of damages — Personal injuries — Brain injuries — Future medical costs — Provision for contingencies — General damages — Appeal against quantum of damages awarded. Respondent, acting as curator ad litem for Mr. J G Rabe, sought damages from the appellant following a motor vehicle accident in which Rabe sustained severe injuries, including brain damage. The trial court awarded Rabe R5 697 388.14, which included future medical costs, loss of earnings, general damages, and curator costs. The appellant appealed against the quantum, contesting the type of care required, the contingency factor applied, and specific items included in the calculation of future medical expenses. The court upheld the trial court's findings on most issues but adjusted the general damages awarded to R250 000, ultimately reducing the total damages to R4 036 296.80.

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
Saaknommer : 220/2003
In die saak tussen :
CHRISTIAAN DE JONGH APPELLANT
en
PIETER JOHANNES DU PISANIE NO RESPONDENT
CORAM : MARAIS, BRAND ARR et JONES WND AR
DATUM : 4 MEI 2004
GELEWER : 25 MEI 2004
Opsomming: Kwantifisering van skadev ergoeding – liggaamlike beserings –
veral breinbeserings – koste van versor ging – voorsiening vir gebeurlikhede –
algemene skadevergoeding – bevel in para 70.
_____________________________________________________
UITSPRAAK
BRAND AR/

2
BRAND AR :
[1] Die respondent tree op in sy hoedanigheid as kurator ad
litem vir mnr J G Rabe ('Rabe') wat op 9 Julie 1993 in 'n
motorongeluk beseer is. Ten ty de van die ongeluk was die
appellant die bestuurder van die betrokke motorvoertuig en Rabe
'n passasier daarin. Voortspruit end hieruit het die respondent,
namens Rabe, die appellant as verweerder in die Kaapse
Hooggeregshof aangespreek vir di e skade wat Rabe as gevolg
van sy beserings gely het. Geriefs halwe sal ek vervolgens na die
partye verwys soos in die hof a quo. Aanvanklik is die geskilpunte
rondom die meriete van die ve rweerder se aanspreeklikheid
afsonderlik bereg en in Oktober 2000 teen die verweerder beslis.
By hierdie beslissing het die verw eerder hom berus. Gevolglik is in
Mei 2002 oorgegaan tot die verrigtinge ter kwantifisering van Rabe
se skade. In die loop van hierdie verrigtinge is etlike getuies
namens beide partye geroep. A an die einde daarvan het die
verhoorhof (Thring R) Rabe se skade in 'n bedrag van
R5 697 388.14 vasgestel. Met verlof van die hof a quo kom die
verweerder nou in hoër beroep teen hierdie vasstelling.
[2] Blykens die verhoorhof se uitspraak is die vasgestelde
bedrag onder die volgende hoofde ingedeel:
3
(a) Toekomstige mediese koste en aanverwante
uitgawes R3 778 921.70
(b) Verlies aan verdienste R1 096 225.00
(c) Algemene skadevergoeding R 400 000.00
(d) Koste van kurator bonis (7.8 persent
van totaal van bostaande) R 412 241.44
R5 697 388.14
[3] By verre die grootste gedeelte van die bedrag in (a) word
verteenwoordig deur voorsiening vir Rabe se toekomstige
versorging. Volgens die verhoo rhof se bevindings sal die
gekapitaliseerde koste daaraa n verbonde R3 306 720 beloop.
Bygevolg is, na 'n aftrekking vir gebeurlikhede, wat deur die
verhoorhof op 10 persent bepaal is , 'n bedrag van R2 976 048 vir
sodanige versorging toegeken.
[4] Die verhoorhof se beslissings aangaande 'n hele aantal van
die geskilpunte wat tydens die verhoor bestaan het, word op appèl
aanvaar. Die besware wat op hi erdie stadium nog deur die
verweerder teen die v erhoorhof se bevinding s geopper word, is
dus beperk en hou verb and met aspekte wat onder die volgende
vier hoofpunte saamgevat kan word:
(a) Die tipe versorging wat Rabe in die toekoms sal benodig.
4
(b) Die gebeurlikheidsfaktor wat die verhoorhof by die
berekening van beide toekomstige versorgingskoste en
toekomstige verlies aan verdienste op 10 persent bepaal het.
(c) Twee van die talle individuel e items wat by die berekening
van toekomstige mediese uitgawes toegelaat is.
(d) Die bedrag wat vir algemene skade toegeken is.
AGTERGROND
[5] Die feite wat die oorblywende geskilpunte ter grondslag lê is
op hierdie stadium grotendeels onbetwis. Ek handel vervolgens
daarmee in die breedste moontlike t rekke wat deur die perke van
'n sinvolle beredenering toegelaat word.
[6] Rabe is gebore op 5 Novem ber 1957. Ten tyde van die
ongeluk op 9 Julie 1993 was hy dus 35 jaar oud. Beide hy en die
verweerder was op daardie stadium as werknemers van Eskom by
die onderhoud van hoogs panningskraglyne betrokke. Hulle was
juis na 'n werksterrein op pad t oe Eskom se bakkie, waarin hulle
gereis het, van die pad geloop en omgeslaan het. Die liggaamlike
beserings wat Rabe opgedoen he t was ernstig en die gevolge
daarvan ingrypend, soos binnekort sal blyk. Benewens verskeie
kneusings het hy beserings va n sy nek, rug, regterskouergewrig,
regterknie en regterenkel o pgedoen. As gevolg van hierdie
5
beserings het Rabe reeds 'n operasie aan sy skouer ondergaan en
sal hy na verwagting nog verde re ortopediese operasies moet
ondergaan. Hierdie beserings het hom ook gelaat met aansienlike
pyn, ongerief en gedeeltelike ong eskiktheid wat met verloop van
tyd tot 'n mate afgeneem het. Di t duur egter nog steeds voort. Hy
kla nog steeds van hoofpyn en v an pyn in sy nek, skouer, knie,
enkel en lae rug. Verder is di e beweging van sy nek, skouer, knie
en enkel in 'n sekere mate ingeko rt. Die verwagting is nie dat sy
toestand in die toekoms wesenlik sal verbeter nie.
[7] Die ernstigste van Rabe se beserings was egter dié wat in
die mediese verslae beskryf is as ' ′n uitgebreide verbrokkelde
frontale skedelfraktuur wat to t in die oogkaste en wangbene
gestrek het'. Hierdie beserings het 'n ekstradurale hematoom tot
gevolg gehad wat bewusteloosheid veroorsaak het. Dit is die dag
na die ongeluk chirurgies verwyd er, waarna Rabe 'n tydperk van
meer as 'n maand in hospitale moes deurbring. Voorts het die
skedelfraktuur gepaard gegaan met onderliggende breinskade van
tweërlei aard. Eerstens was da ar ekstensiewe fokale skade aan
beide frontale sowel as beide te mporale lobbe van die brein.
Tweedens was daar diffuse konku ssiewe skade wat die hele brein
betrek het maar meer matig van aard was. Dit is gemene saak dat
6
hierdie breinbeserings 'n verander ing in Rabe se persoonlikheid
asook 'n inkorting van sy ve rstandelike vermoë meegebring het.
Die persoonlikheidsveranderin ge wat deur die deskundiges
beskryf is as tipies van wat by frontale en temporale
breindisfunksie verwag kan word, het sigself veral gemanifesteer
in apatie, woedebuie, aggressie, 'n gebrek aan insig en oordeel
asook 'n verhoogde seksdrang. D aarby het Rabe ook sy reuk- en
smaaksin verloor. Daar is 'n beperkte geskil oor die werklike
afname in verstandelike verm oëns wat die ongeluk vir Rabe
meegebring het, asook oor die erns en gevolge van sy
persoonlikheidsveranderings. Daarby kom ek aanstons terug. Wat
egter ook vasstaan is dat R abe nou, as gevolg van sy
breinbeserings, epileptiese aanvalle kry. Hy het sy eerste aanval in
November 1994 gehad. Daarna het die frekwensie van die
aanvalle toegeneem tot gemiddeld vyf per maand. Met verloop van
tyd is dit egter deur medikasie verminder. By die verhoor was dit
een tot twee aanvalle per maan d. Die neuroloog wat Rabe vir sy
epilepsie behandel, was nie optim isties dat daar in die toekoms
veel meer beheer oor die frekwensie van sy aanvalle verkry kan
word nie.
7
[8] Die veranderinge in Rabe se persoonlikheid en sy
epileptiese aanvalle het 'n i ngrypende effek op sy beroeps- en
gesinslewe gehad. Aangaande sy ges inslewe, blyk dit dat hy in
1981 getroud is met mev Anneli ne Rabe wat 'n raps minder as
twee jaar jonger is as hy. Ten ty e van die ongeluk in 1993 was sy
dus 33 jaar oud. Uit hulle huwel ik is twee seuns en 'n dogter
gebore. In 1993 was die seuns o nderskeidelik 12 en 10 en die
dogter, 8 jaar oud. Voor die ongelu k was die Rabes 'n gelukkige
gesin. Hulle was sosiaal bedrywig met 'n uitgebreide vriendekring
wat gereeld saamgekuier het. Die ouers was nou betrokke by die
kinders se skool en buitemuurse bedrywighede. Eskom se sport-
en ontspanningsklub, waar Rabe vroeër rugby gespeel het en later
jare op die bestuur gedien het, het ook 'n vername rol in die gesin
se sosiale lewe gespeel.
[9] Wat sy beroep betref, het Rabe in 1982 by Eskom begin
werk. In 1993 het hy reeds ver skeie spesialiseringskursusse
gedoen. Onder meer was hy opgelei om onderhoud en herstelwerk
aan lewende hoogspanningslyne v anuit 'n helikopter te doen. Hy
was gelukkig in hierdie werk. Na die ongeluk het Rabe in Januarie
1994 weer begin werk. Weens di e beperkings wat sy beserings
meegebring het, was hy egter nie in staat om s oos voorheen aan
8
lewende kraglyne te werk nie. Sy take was minder veeleisend,
soos byvoorbeeld, om oor die oopkap van bome en plantegroei
onder kraglyne toesig te hou. In November 1994 het hy egter
begin om epileptiese aanvalle te kry. Gevolglik het hy, op
aanbeveling van sy neuroloog, om ontslag weens mediese redes
aansoek gedoen. Hierdie aansoek is met effek vanaf einde
November 1996, deur Eskom toeg estaan. Daarna het Rabe nooit
werklik daarin geslaag om enige betalende werk te bekom nie. By
die verhoor was dit gemene saak dat hy, weens die gevolge van
sy liggaamlike beserings, perman ent ongeskik is om enige
lonende betrekking te beklee.
[10] Oor hoe die Rabes se sosial e lewe en gesinslewe nou, na
die ongeluk, daar uitsien, was mev Rabe die eiser se vernaamste
getuie. Volgens haar het sy, kort nadat haar man uit die hospitaal
ontslaan is, agtergekom dat hy nie meer dieselfde persoon was
nie. Hy was aggressief en het ontoepaslik in woede uitgebars vir
die geringste irritasie of frustrasie. In die nege jaar wat tussen die
ongeluk en die verhoor verloop he t, het sy gedrag, volgens haar,
nie werklik verbeter nie, hoewel sy intussen tog geleer het om dit
in 'n mate te hanteer. Rabe is steeds koppig en eiesinnig. Hy skree
en vloek op haar en die kinders. By verskeie geleenthede het hy
9
haar al fisies aangerand. Hy go oi borde kos rond en breek die
meubels. As hy 'n voorwerp probeer regmaak en nie daarin slaag
nie, raak hy frustreer d en slaan hy dit met 'n hamer stukkend. Die
kinders is bang vir hom en vlug van hom weg. Weens Rabe se
onbeheersde en ontoepaslike ged rag en opmerkings kry hulle
bykans geen besoek meer van vriende nie en gaan hulle selde uit.
[11] Daarbenewens is Rabe apati es en sonder dryfkrag. Hy
verwyl sy ure deur televisie en videos te kyk of om op die rekenaar
speletjies te speel. Hy raak dikw els in die middel van die nag
wakker en neem dan sy plek voor die televisie in. Hy is fisies wel in
staat om homself te versorg, maar vergeet om sy tande te borsel,
te bad, skoon klere aan te trek asook om sy medikasie te neem.
Sy moet hom gedurig aan hierdie take herinner. Daarby skep sy
epileptiese aanvalle 'n groot probleem. Hy kry dit sonder
waarskuwing en dit is vir mev Rabe verskriklik om te aanskou. Sy
kan nie daaraan gewoond raak nie. Weens sy epilepsie kan sy
hom nooit alleen laat nie en mag hy ook nie 'n motor bestuur nie.
Nietemin dring hy daarop aan om dit te doen. As sy hom teëgaan
raak hy so onredelik kw aad dat sy vir hom bang raak. Dan gee sy
maar toe. So het dit gebeur dat hy by geleentheid 'n epileptiese
aanval agter die stuur van sy voertuig gekry het. Gelukkig was een
10
van sy seuns by en kon hy die v oertuig tot stilstand bring. Dit alles,
sê mev Rabe, het eintlik al vi r haar te veel geword. Sy het al
dikwels daaraan gedink om hom te verlaat. Wat haar egter steeds
genoop het om deur te byt, is dat sy hom steeds lief het.
[12] Volgens die verhoorregter het mev Rabe ''n uitstekende
goeie indruk' op hom gemaak en was hy van 'geen rede bewus
waarom enige aspek van haar getuienis in twyfel getrek moet word
nie'. Op my beurt kan ek geen gronde vind waarop hierdie hof
geregtig sou wees om met die geloofwaardigheidsbevinding ten
gunste van mev Rabe in te meng nie. Tog moet daar by
beoordeling van mev Rabe se ge tuienis in gedagte gehou word
dat 'n aansienlike deel daarvan nie werklik neerkom op 'n
uiteensetting van konkrete fe ite nie, maar eerder op haar
weergawe van hoe sy haar onhoudbare situasie oor 'n tydperk van
meer as nege jaar ervaar het. By evaluering van daardie deel van
haar getuienis moet weer reke ning gehou word met haar psigiese
en emosionele toestand toe sy ge tuig het. Sy en haar kinders het
klaarblyklik deur diep waters gegaan. Volgens haar eie
beskrywing, het sy byna breekpunt bereik. Dit is nie onverwags dat
sy Rabe se algemene toestand deur 'n heel donker bril
waargeneem het nie. Gevolglik is dit heel verstaanbaar dat die
11
prent van Rabe se toestand wat deur die getuienis van sy vriende
en kennisse geskilder is, hoewel ook maar donker, tog van 'n ligter
skakering as mev Rabe s'n was.
[13] So het 'n vroeëre kollega en vriend van Rabe, mnr Harold
Visser, namens die verweerder getuig dat hy na die ongeluk
steeds met Rabe kontak gehad het. Nietemin het hy nooit Rabe se
onbeheersde woedebuie ervaar of op gemerk dat hy ontoepaslik
optree nie. In Desember 2000 het dit toevallig so gekom dat hulle
twee weke saam by 'n vak ansieoord langs die Bergrivier
deurgebring het. In daardie tyd het hy vir Rabe en sy gesin gereeld
gesien en het hulle vir hom na 'n hegte familie voorgekom. Kort
voor hy getuig het, was Visser op 'n verjaardagpartytjie waar die
Rabes ook teenwoordig was. Hy he t 'n groot deel van die aand
met Rabe gesit en gesels. Volg ens sy ervaring het die gesprek
heel sinvol verloop. Hy het ook opgemerk hoe Rabe by
geleentheid met sy vrou gedans het . In kruisverhoor namens die
eiser is nie aan Visser gestel da t hy sy getuienis versin het nie.
Wat wel aan hom gestel is, was dat hy nie geweet het watter
aggressie en onsmaaklike optrede deur Rabe sy gesin gedurende
die vakansie langs die Bergrivier moes verduur nie.
12
[14] 'n Verdere getuie namens di e verweerder was 'n onderwyser
wat tot in 1998 vir die Rabes se oudste seun skoolgehou het.
Volgens hom was die seun 'n goeie sportman en het Rabe, ook na
sy ongeluk, groot belangstelling in die seun se sportbedrywighede
getoon. Hy het dan ook gereeld die seun se oefeninge en
wedstryde bygewoon en gehelp waar hy kon.
[15] Namens die verweerder is die Rabes se gemeente
predikant, ds Dirk Bester, ook as getuie geroep. Hy het die gesin
oor 'n tydperk van jare, voor en na die ongeluk, goed leer ken.
Volgens ds Bester is hy na die ongeluk by geleentheid deur mev
Rabe ontbied wanneer Rabe onb eheerbaar geraak het en kon hy
tog daarin slaag om Rabe te kalmeer. Mev Rabe se antwoord
hierop was, in die breë, dat Rabe hom wel gedra wanneer
buitestaanders aanwesig is, maar met sy woedeuitbarstings en
agressiewe optrede begin sodra hy weer alleen is met die lede van
sy gesin.
[16] Na alles wil dit dus voorkom asof Rabe, hoewel hy nie alleen
gelaat kan word nie en versorgi ng nodig het, tog daarin slaag om
in 'n mate van dag tot dag te fu nksioneer. Voorts l yk die afleiding
geregverdig dat Rabe voldoende insig en oordeel behou het om
homself in teenwoordigheid van buite staanders toepaslik te gedra
13
en dat hy terselfdertyd steeds oor voldoende selfbeheer beskik om
sy optrede dienooreenkomstig in te rig.
[17] Wat die toekoms betref, is daa r 'n mate van verskil tussen
die deskundige getuies oor die v raag of Rabe se onaanvaarbare
gedrag wat deur sy persoonlikhe idsveranderings meegebring is,
hetsy deur medikasie of terapie, v erbeter kan word. Dit is duidelik
dat geeneen van die deskundiges hieroor dogmaties kan wees nie.
Nietemin is die verweerder se deskundiges oor die algemeen meer
positief oor Rabe se prognose as die eiser se deskundiges. Alles
inaggenome moet egter myns in siens aanvaar word dat Rabe se
funksionering en gedrag in die to ekoms nie dermate sal verbeter
dat dit 'n noemenswaardige verskil sal maak by die beoordeling
van die uitstaande geskilpunte ni e. Dit stem ook in wese ooreen
met die verhoorhof se slotsom in dié verband.
[18] Dit bring my by die afnam e in Rabe se verstandelike
vermoëns wat deur sy breinbese rings teweeggebring is. Daar is
geen getuienis beskikbaar oor wat R abe se intelligensie kwosient
('IK') voor die ongeluk was nie. In November 1994, ongeveer 18
maande na die ongeluk, is wel psigometriese toetse op hom
gedoen. Dit het gedui op inkort ing van sommige kognitiewe
funksies, veral sy geheue en sy vermoë om te konsentreer.
14
Nietemin het sy praktiese IK op daardie stadium 117 getoets, sy
verbale IK 89 en sy globale IK 103.
[19] In Mei 2001 is Rabe egter we er psigometries getoets deur dr
Alison Madden, 'n neuro-sielkundi ge, wat namens die eiser as
getuie geroep is. Volgens die resu late van dr Madden se toetse
was Rabe se verbale IK en sy prestasie IK op daardie stadium
beide in die omgewing van 70. Sy globale IK was 69. Hiervolgens
was sy intellek in die heel onde rste tweede persentiel van die
samelewing en het dit hom in die kategorie van verstandelik
gestremdes geplaas. 'n Jaar daarna, dit is in Mei 2002, is Rabe
weer geëvalueer deur me Cora de Villiers, 'n neuro-sielkundige
wat namens die verweerder getuig het. Die resultate van haar
toetse was wesenlik dieselfde as die van dr Madden.
[20] Vir die dramatiese afname in veral Rabe se praktiese IK
tussen 1994 en 2001 was daa r geen voor-die-hand-liggende rede
nie. Gevolglik het dit aanleidi ng gegee tot botsende teorieë deur
die verskillende deskundige get uies oor wat die oorsaak daarvan
kon wees. Dr Madden se teorie het daarop neergekom dat Rabe ly
aan progressiewe demensie waardeur sy verstandelike vermoëns
stelselmatig afgetakel word. D aarteenoor was me De Villiers se
teorie dat Rabe tydens die toetsi ng in 2001 en 2002 sy kognitiewe
15
tekortkominge gesimuleer het, oftewel doelbewus oordryf het. 'n
Derde teorie was dat die dram atiese afname in Rabe se
verstandelike vermoëns aan 'n ko mbinasie van faktore toegeskryf
moet word. Faktore wat by hie rdie kombinasie ingesluit word,
behels, onder andere, sy herhaal de epileptiese aanvalle en die
medikasie wat hy daarvoor gebrui k, sy swak geheue en die totale
gebrek aan stimulasie uit sy om gewing sedert November 1996 toe
hy opgehou het om te werk. D aarby is daar 'n gebrek aan dryfkrag
en emosionele beheer wat 'n inher ente gevolg is van sy frontale
lob beserings en wat sigself sou manifesteer in die afwesigheid
van enige motivering om in die psigometriese toetse te presteer.
[21] In die loop van die verhoor is aansienlik tyd spandeer aan
die verdediging en weerlegging van die onderskeie teorieë. In die
uitspraak van die verhoorhof is die simulasie-teorie van me De
Villiers pertinent verwerp. Ek vi nd dit egter onnodig om oor hierdie
geskilpunt uitsluitsel te gee. Eerstens, omdat Rabe se
oorblywende probleme wat op di e uitstaande geskilpunte
betrekking het, eerder te make het met sy epileptiese aanvalle en
die veranderinge in sy persoonlikhe id as met die afname in sy
verstandelike vermoëns. Tweedens, is al die deskundiges dit in elk
geval met mekaar eens dat die re sultate van psigometriese toetse
16
op 'n breinbeseerde pers oon misleidend kan wees aangaande die
persoon se werklike intellektuel e vermoëns. Wanneer die uitslae
van sielkundige toetse dus me rkbaar verskil van die betrokke
persoon se intellektuele funksio neringsvlakke wat deur kollaterale
bronne aangedui word, moet die kollaterale inligting by die
bepaling van die persoon se werklike intellektuele vermoë,
voorrang geniet. Gevolglik was di e deskundige getuies dit met
mekaar eens dat die bepaling v an 'n breinbeseerde persoon, soos
Rabe, se werklike verstandelike v ermoëns nie so seer afhang van
die uitslae van psigometriese toetse nie, maar van hoe hy daagliks
sy lewe hanteer.
VERSORGING
[22] Teen hierdie agtergron d kan ek nou oorgaan na die
geskilpunte aangaande die tipe versorging wat Rabe in die
toekoms nodig sal hê. Dit is gem ene saak dat Rabe nie sy eie
sake kan hanteer nie; dat daar vir hom 'n kurator bonis aangestel
moet word en dat die v erweerder aanspreeklik is vir die koste wat
daaraan verbonde sal wees . Eweneens is dit gemene saak dat
Rabe, veral weens sy epileps ie en persoonlikheidsveranderings,
nie meer na homself kan omsien nie en dat hy voortdurend sorg
nodig het. Die deskundiges aan beide kante is dit ook met mekaar
17
eens dat vir solank mev Rabe nog met haar man saamleef, hy as
eggenoot en vader in die gesinswoni ng moet aanbly en dat dit dus
onwenslik sou wees om hom te institusionaliseer. Hy moet dus
aan huis versorg word . Gedurende die nege j aar wat tussen die
ongeluk en die verhoor verloop het, het mev Rabe hierdie
versorgingstaak alleen verrig. Dit is egter nie die verweerder se
saak dat sy daarmee moet voortgaan nie. Gevolglik is dit ook
gemene saak dat die v erweerder aanspreeklik is vir betaling van
die koste wat nodig is om aan Rabe se redelike
versorginsbehoeftes te voorsien. Die geskil tussen die partye draai
om welke tipe versorging redelikerwys voldoende sal wees.
[23] Die voorstel van die eiser se deskundiges is in kort dat Rabe
vir die res van sy lewe voltyds, dit is vir 24-uur per dag en vir sewe
dae in die week, versorg moet word. Daarbenewens stel hulle voor
dat die versorger bedags (dit is van sewe voormiddag tot sewe
namiddag) 'n gekwalifiseerde stafve rpleegster en snags (dit is van
sewe namiddag tot sewe voorm iddag) 'n verpleegassistent moet
wees; dat beide van hierdie vers orgers opleiding en ervaring moet
hê in die hantering van psigiatrie se pasiënte en dat oor beide van
hulle toesig gehou moet word d eur 'n professionele persoon in
diens van 'n verpleegagentskap. Hierteenoor kan daar, volgens die
18
verweerder se deskundiges, aan Rabe se versorgingsbehoeftes
voldoen word deur 'n huishoudst er/versorger wat opgelei is om
Rabe se epileptiese aanvalle en gedragsprobleme te hanteer en
wat op weeksdae vir mev Rabe met sowel die huishouding as
Rabe se versorging kan bystaan.
[24] Die gekapitaliseerde waardes van die uitgawes wat die
onderskeie versorgingsmodelle sa l meebring, is by ooreenkoms
bepaal. Hieruit blyk dat die verskil aansienlik is. Die
gekapitaliseerde waarde van di e uitgawes wat aan die
implementering van die eiser se m odel verbonde sal wees, is die
volgende:
Stafverpleegster (gedurende die dag) R1 939 310
Verpleegassistent (gedurende die nag) R1 342 930
Toesighouding deur verpleegagentskap R 24 480
Totaal R3 306 720
Hierteenoor sal die verweerder se voorstelle die volgende
uitgawes meebring:
Huishoudster/versorger @ R2 250 per maand
plus 'n dertiende bonustjek en 'n verdere R700
per maand vir akkommodasie en 'n vervangende
versorger tydens vier weke se jaarlikse verlof
19
met voorsiening vir twee weke siekteverlof R639 280
Opleiding vir huishoudster/versorger @
R1 000 elke vyf jaar R 3 470
Toesig oor huishoudster @ R250 per maand R 45 970
Totaal R688 720
As 'n variasie op hierdie v oorstel het die v erweerder aanvaar dat
die salaris van die huishoudster moontlik R3 000 in plaas van
R2 500 per maand kan bedra. Di e gekapitaliseerde bedrag van
sy/haar salaris sal dan verhoog to t R795 250 en die totale koste
van versorging tot R844 690. Die verhoorhof het die voorstelle van
die eiser se deskundiges aanv aar. Dit het die bevinding
meegebring waarna reeds ter aanv ang verwys is, naamlik dat die
gekapitaliseerde koste verbonde aan Rabe se toekomstige
versorging, R3 306 720 sal beloop.
[25] Die vernaamste voorstanders van die eiser se voorstel was
'n arbeidsterapeut, me Elke C arey. Hoewel sy hoofsaaklik
ondersteun is deur 'n psigiater, prof Tuviah Zabow, het die eiser se
ander deskundige getuies hulle ook in beginsel by haar voorstel
geskaar. Daarteenoor is die ve rweerder se voorstel verdedig deur
me Marion Fourie, wat ook 'n arbei dsterapeut is, en 'n psigiater, dr
Frans Hugo.
20
[26] Die eiser se deskundiges gee toe dat 'n huishoudster opgelei
kan word om na Rabe om te sien wanneer hy 'n epileptiese aanval
kry. Hul standpunt is egter dat slegs 'n verpleegkundige met
opleiding en ervaring in die hanter ing van psigiatriese pasiënte in
staat sal wees om Rabe se gedragsprobleme en veral sy
woedeuitbarstings en aggressie te hanteer. Volgens me Carey
moet so 'n verpleegkundige verk ieslik ook oor die volgende
eienskappe beskik: hy moet 'n fi sies sterk man wees, omdat Rabe
minder geneig sal wees om in di e teenwoordigheid van 'n fisies
sterk man tot geweld oor te gaan; hy moet 'n blanke wees want
Rabe is geneig tot rassisme; hy moet Afrikaanssprekend wees en
sy opvoedkundige status min of meer gelyk aan die van Rabe,
sodat hy vir Rabe kan trakteer en besig hou. Hy moet ook 'n
bestuurderslisensie hê. Op die st elling aan haar dat dit eenvoudig
nie moontlik sal wees om 'n ve rsorger te kry wa t aan al hierdie
vereistes, of selfs die meerderheid daarvan, voldoen nie, was haar
antwoord die volgende:
'I agree … this is pretty much the ideal … finding the ideal is very difficult but
one has to have a starting point of def ining the ideal carer and then adapt to
the situation.'
[27] Een punt waarop Carey onwri kbaar vasgestaan het, was dat
niemand anders as 'n st afverpleegster met ps igiatriese opleiding
21
en ervaring in staat sal wees om Rabe se gedragsprobleme te
hanteer nie. Hierin is sy deur prof Zabow en verskeie ander van
eiser se deskundiges ondersteu n. As rede waarom daar ook
gedurende die nag 'n verpl eegster aan diens moet wees, het me
Carey aangevoer dat Rabe dikwels in die middel van die nag
wakker word en dan iemand nodig het om hom te versorg. Hoewel
hierdie versorger ook in staat moet wees om Rabe se
gedragsprobleme te hanteer, hoef dit nie 'n opgeleide verpleegster
te wees nie. 'n Verpleegassistent met psigiatriese ervaring sal dan
voldoende wees. 'n Verdere element van Carey se voorgestelde
model is dat die versorgers, beide bedags en snags, geroteer
moet word. Om hierdie rede wa s haar verdere voorstel dat die
versorgers deur 'n verpleegagent skap verskaf moet word wat dan
terselfdertyd, teen 'n fooi, professionele toesig oor hulle kan
uitoefen.
[28] Beide me Fourie en dr Hugo gaan uit van die standpunt dat
'n buitestaander nie die rol va n primêre versorger by mev Rabe
kan oorneem nie. Solank sy teenw oordig is, sê hulle, sal sy veral
in die oë van Rabe, sy primêre versorger bly. Die rol van die
versorger sal dus wees om me v Rabe te ondersteun. Na hulle
mening hoef die versorger nie 'n opgeleide verpleegkundige te
22
wees om hierdie onders teunende funksie te vervul nie. Hulle stem
nie saam dat slegs 'n verpleegku ndige met psigiatriese opleiding
en ervaring in staat sal wees om Rabe se gedragsprobleme te
hanteer nie. Ook 'n huishoudst er met volwassenheid en die
vermoë om met mense te werk k an, volgens hulle, sekere basiese
tegnieke aangeleer word om gedrag sprobleme, soos aggressiewe
uitbarstings, te hanteer. Hulle wy s daarop dat by inrigtings wat juis
daarin spesialiseer om na breinbeseerdes met gedragsprobleme
om te sien, daar nie van opgeleide verpleegkundiges gebruik
gemaak word nie. Soos by hierdie inrigtings, sê hulle, sal die taak
van die versorger nie wees om Rabe te behandel en deur terapie
te probeer rehabiliteer nie. Dit sal die taak wees van psigiaters en
neuroloë vir wie se fooie reeds ond er die hoof van 'toekomstige
mediese kostes' voorsiening gemaak is.
[29] Volgens die verweerder se desku ndiges sal die feit dat die
versorger 'n opgeleide verpleegk undige is ook nie vir mev Rabe
enige addisionele beskerming bied teen fisiese aanrandings deur
haar man nie. Wanneer di e versorger teenwoordig is, sal sy blote
aanwesigheid, afgesien van sy opl eiding, sodanige beskerming
verskaf. Wanneer mnr en mev Rabe aan die anderkant alleen is,
soos hulle dikwels sal wees, k an die feit dat die versorger 'n
23
opgeleide verpleegkundige is, nouliks 'n aanranding wat volg op 'n
impulsiewe woedeuitbarsting, verh oed. Positiewe inmenging deur
die fisies sterk man wat me Carey voorstel, sal volgens die
verweerder se deskundiges, juis di e situasie verer ger. Voorts, sê
die verweerder se deskundiges , kan buitestaanders wat op 'n
roterende basis permanent in Rabe se teenwoord igheid is vir hom
'n verdere bron van irritasie wees wat op sigself die oorsaak van
woedeuitbarstings kan wees.
[30] 'n Verdere onderwerp van ve rskil tussen die onderskeie
deskundiges het gewentel om die beskikbaarheid van die
verpleegkundiges met opleiding en ervaring in die hantering van
psigiatriese pasiënte. Di e mening van die verweerder se
deskundiges was dat sodani ge verpleegkundiges onbekombaar
sal wees. Ter weerlegging van hierdie mening is die
verteenwoordiger van 'n verpl eegagentskap namens die eiser
geroep om te getuig dat dit tog m oontlik is om die dienste van
sulke verpleegsters te bekom. Hy moes egter op die ou end in
kruisverhoor toegee dat hoewel nie onmoontlik nie, dit
onwaarskynlik is dat hy sulke verpleegkundiges vir Rabe se privaat
verpleging sal vind.
24
[31] Volgens die verhoorregter se uitspraak het hy, na aanhoor
van al die deskundiges, meri ete in beide die teenoorstaande
standpunte gesien. Gevolglik het hy self vir mev Rabe aan die
einde van die verhoor as getuie teruggeroep en haar pertinent
voor die keuse gestel welke van die voorgestelde modelle sy wil
aanvaar. Nie heeltemal onverwags nie, het sy toe haar voorkeur
vir die eiser se model uitgespreek . Dit het die verhoorregter in 'n
groot mate beïnvloed om dieselfde keuse te maak.
[32] By beoordeling van die teenoorstaande modelle wat
voorgestel is, moet die feite wa t volg myns insiens as gegewe
aanvaar word. Rabe het geen fisiese versorging nodig nie. Hoewel
hy soms vergeet om sy medi kasie te neem of om na sy
persoonlike higiëne om te sien, ka n hy dit self doen as hy daaraan
herinner word. Hoewel sy versta ndelike vermoë drasties ingekort
is, is hy tog in staat om in sy beperkte omgewi ng van dag tot dag
te funksioneer. Hy kan homself to t 'n mate vermaak deur televisie
te kyk en speletjies op 'n rekenaa r te speel. Hy neem tog nog by
geleentheid deel aan sosiale aktiwiteite, soos om deur
verjaardagpartytjies en sportaktiwi teite by te w oon. Hy gaan soms
nog met sy familie uitkamp. H oewel sy oordeel en selfbeheer
ernstig gekompromiteer is, het hy dit nie heeltemal verloor nie. So
25
byvoorbeeld kan hy homself daarvan weerhou om in die
teenwoordigheid van derdes sy vrou fisies aan te rand. Weens sy
epileptiese aanvalle, kan hy nie vir enige noemenswaardige
tydperk alleen gelaat word nie. Bystand aan 'n epileptikus kan
egter deur enigiemand verleen word wat 'n basiese opleiding
ontvang het om dit te hanteer. Sodanige basiese opleiding kan aan
enige verantwoordelike persoon gegee word. Rabe sal in die
toekoms terapie ontvang om sy gedrag te probeer verbeter.
Sodanige terapie sal egter nie verskaf word deu r sy versorger nie,
maar deur deskundiges en die ko ste daaraan verbonde sal vir die
verweerder se rekening wees.
[33] Beide die teenoorstaande model le is gebaseer op die premis
dat Rabe en sy vrou nog saamleef in dieselfde huis. Indien die
Rabes se samewoning om een of ander rede beëindig sou word, is
daar, volgens die deskundiges, eintlik geen rede waarom hy nog in
sy eie woning versorg moet word nie. In daardie omstandighede
sal dit eintlik vir hom beter wees om opgeneem te word in 'n
inrigting wat in die versor ging van breinbeseerdes soos hy
spesialiseer. Die koste verbonde aan sodanige institusionalisering
sal minder wees as die versor gingskoste tuis waarvoor selfs
26
ooreenkomstig die verweerder se goedkoper model voorsiening
gemaak word.
[34] Aanvaarding van mev Rabe se teenwoordigheid in dieselfde
huis bring aanvaarding mee van die gegewe dat die Rabes as
egpaar by geleentheid, hetsy met va kansie of in die slaapkamer,
noodwendig alleen in mekaar se ges elskap sal moet wees. Enige
model wat gebou is op die vero nderstelling dat die versorger
voortdurend in hul teenw oordigheid sal wees, is dus nie alleen
onwerkbaar nie maar ook onwensli k. Daarmee saam moet in
gedagte gehou word dat Rabe se woedebuie as 'n reël onverwags
is en van korte duur. As hy dan sy vrou in so 'n onverwagse
woedebui sou aanrand terw yl hulle twee alle en is, sal daar weinig
wees wat enige versorger, afgesien van sy opgeleiding, daaraan
kan doen. Voorts moet dit aanv aar word dat Rabe sy vrou, wat
hom die afgelope elf jaar alleen versorg het, steeds as sy primêre
versorger sal beskou. Hoewel dit waar is, soos die eiser betoog,
dat die verweerder nie sy verplig tinge as delikpleger op mev Rabe
kan afwentel nie, kan die voorgaande realiteite nie geïgnoreer
word nie. As sy vrou by is, sal Rabe, ten spyte van 'n versorger,
steeds haar hulp inroep as sy in die nabyheid is en sy sal dit uit die
aard van hulle verhouding, steeds verleen.
27
[35] Daarbenewens moet as rea liteit aanvaar word dat geen
versorger mev Rabe effektie f kan verskans teen die
onaangenaamhede wat samelewing met Rabe in sy veranderde
toestand steeds vir haar sal meeb ring nie. Wat gedoen kan word,
is om aan haar die geleentheid te bied wat sy gedurende die
afgelope elf jaar ontbeer het, om soms vir 'n slag op haar eie te
wees en om, hetsy deur werk of ontspanning, haarself te
verwesenlik. Wanneer sy tuisko m, sal sy egter maar weer
gekonfronteer word deur ha ar man se epileptiese aanvalle en sy
periodieke woedebuie. Dit is die ong elukkige werklikheid van die
situasie waarin mev Rabe haar bevind solank sy die eerbare weg
volg deur by hom te bly. Uiteraard het mev Rabe ook behoefte aan
beskerming teen haar man se aanrandings. Volgens haar eie
ervaring in die verlede sal dit waarskynlik nie in teenwoordigheid
van 'n derde gebeur nie. In hierdie opsig sal die kwalifikasie van
die versorger egter ook geen wesenlike verskil maak nie.
[36] Teen die agtergrond van al hier die oorwegings kan ek in die
eerste plek nie saamstem met die bevinding van die hof a quo dat
Rabe ook gedurende die nag en vi r sewe dae in die week
versorging nodig het nie. Me C arey se motivering vir haar voorstel
tot dien effekte is dat Rabe gereeld in die middel van die nag
28
wakker word en dat hy dan 'n ve rpleegkundige nodig het om sy
gedragsprobleme te hanteer. Die hoogwatermerk van die eiser se
saak in hierdie verband is egter dat Rabe in die nag wakker word
en voor die televisie gaan sit. Di t spreek van self dat Rabe nie 'n
versorger nodig het wanneer hy m aar net sit en televisie kyk nie.
Me Carey se voorstel ko m dus daarop neer dat daar 'n
verpleegkundige dwarsdeur elke nag in die Rabes se huis aan
diens moet wees bloot ter voorsiening van die moontlike
gebeurlikheid dat Rabe hom dal k een nag mag wangedra. Dit
getuig myns insiens van oordadigheid. Miskien is hierdie
oordadigheid toe te skr yf aan wat blyk me Carey se algemene
uitgangspunt te wees, naamlik dat vir 'n ideale model van
versorging voorsiening gemaak m oet word. So 'n uitgangspunt is
natuurlik verkeerd. Die juiste vr aag is welke versorging Rabe
redelikerwys nodig het.
[37] Uiteindelik, so wil dit voorkom, is die verhoorhof se bevinding
dat Rabe voltydse sorg nodig he t egter nie soseer op die mening
van deskundiges nie, maar op die getuienis van mev Rabe
gefundeer. Sy het die behoefte aan voltydse versorging aangevoer
op die grondslag dat sy van plan is om weer te gaan werk en dat
sy iemand nodig het om haar by te staan wanneer sy saans moeg
29
van die werk af kom. Sy het ook die bekommernis uitgespreek dat
sy dit nie sal kan hanteer as R abe haar nagrus versteur terwyl sy
die volgende oggend moet gaan werk nie.
[38] Op hierdie argument van mev Rabe is daar egter myns
insiens ten minste drie antwoo rde. Eerstens is dit onwaarskynlik
dat mev Rabe ooit weer sal gaan w erk. Sy het sleg s 'n standerd 8
(nou graad 10) kwalifikasie. Seder t haar oudste kind se geboorte
in 1981 het sy nog nooi t gewerk nie en voor dit het sy klerklike
werk gedoen. In hierdie omstandi ghede moet die kanse dat mev
Rabe 'n werk sal bekom, baie sk raal wees. Tweedens is daar die
oorweging waarna ek reed s verwys het; dat t erwyl mev Rabe met
haar man saamleef, niemand haar w erklik kan verskans teen die
realiteite wat daardie samelewi ng vir haar meebring nie. Wanneer
sy van die werk af kom sal sy, v ersorger of te nie, steeds met sy
gedrag moet saamleef en in di e nag sal hy haar waarskynlik
steeds pla. Derdens dui gesonde ve rstand op die juistheid van die
mening uitgespreek deur die verw eerder se deskundiges, dat die
gedurige teenwoordigheid van rotere nde buitestaanders in die
Rabes se huis eerder verdere stremming op die Rabes se
verhouding sal plaas en 'n bron van irritasie vir Rabe sal wees.
30
[39] Bowendien moet in gedagt e gehou word dat mev Rabe
getuig het in 'n toestand wat sy self as naby breekpunt beskryf het.
Dit is te verstane. Op daardi e stadium moes sy vir nege jaar
sonder enige hulp of respyt na Rabe omsien en sy onaanvaarbare
gedrag hanteer. Sy sal nou verligti ng kry. Welke model ook al
aanvaar word, sal sy geleenthe id kry om gedurende elke
weeksdag op haar eie te wees. In hierdie veranderde
omstandighede is daar geen rede om te glo dat sy, selfs wanneer
sy weer tot verhaal geko m het, steeds nie sal kans sien om saans
en oor naweke na Rabe om te sien nie.
[40] Ook wat betref die versorger se kwalifikasie kan ek nie
saamstem met die verhoorhof se bevinding dat Rabe gedurende
die dag slegs deur 'n stafverpleegs ter met opleiding en ervaring in
die hantering van breinbeseerdes versorg kan word nie. Uiteindelik
draai die vernaamste verskil tu ssen die deskundi ges in hierdie
verband om die vraag of 'n huisho udster met die regte persoonlike
eienskappe en opleiding in staat sal wees om Rabe se aggressie
en woedeuitbarstings te hanteer. Die verweerder se deskundiges
sê sy sal kan, terwyl die eise r se deskundiges die teenoorstaande
standpunt inneem. Oor hierdie as pek neem mev Rabe se eie
getuienis nie die saak verder nie.
31
[41] Beide die eiser se deskundiges, me Fourie en dr Hugo, het
aansienlike ervaring in die behandeling en han tering van pasiënte
wat breinskade opgedoen het. Hul mening is onder meer
gefundeer op die basis dat inrigtings wat in die versorging van
breinbeseerde pasiënte spesialiseer ook nie van verpleegsters nie,
maar van huishoudsters met die regte persoonlike eienskappe en
die toepaslike opleiding gebruik maak om in die daaglikse
behoeftes van hulle pasiënte te voorsien. Mev Fourie het dan ook
getuig dat sy self in die verlede die toepaslike ople iding aan sulke
versorgers verskaf het. Uiteraard is hierdie versorgers by inrigtings
nie vir die terapie van breinbeseerdes verantwoordelik nie. Op die
verweerder se voorstel sal dieselfde egter ook vir Rabe geld. Sy
terapie asook die basiese opleidi ng van die versorger sal verskaf
word deur deskundiges vir wi e se fooie die verweerder
aanspreeklik sal wees.
[42] Die mening van die verweerde r se deskundiges kan nie
sonder meer verwerp word nie. Inteendeel, is dit logies goed
verantwoord. In elk geval is daar, op die beste vir die eiser, geen
rede waarom hulle mening minder gewig moet dra as die
teenoorstaande mening van die eiser se deskundiges nie.
Gevolglik is die bevinding nie geregverdig dat die goekoper model
32
wat hulle voorstel waarskynlik ni e voldoende sal wees nie. In die
omstandighede kan die verweerder nie verplig word om vir die
aansienlik duurder model te betaal nie. Die feit dat die duurder
model nog beter mag wees, is nie ter sake nie.
[43] 'n Verdere oorweging in die verweerder se guns is dat die
versorger wat aan die vereiste s van die eiser se deskundiges
voldoen, waarskynlik nie bekom sal word nie. Die verhoorhof se
antwoord hierop was dat dit geen re de is om Rabe die addisionele
uitgawe wat aan sodanige versorging verbonde sal wees, te ontsê
nie. Ek stem egter nie saam nie. In beginsel kan die verweerder
nie aanspreeklik gehou word vi r die addisionele koste van
versorging wat waarskynlik nooit aangegaan sal kan word nie.
[44] Soos reeds aangedui, behels die verweerder se model twee
alternatiewe voorstelle. Die ee rste is dat die huishoudster/
versorger R2 250 per maand sa l verdien terwyl die tweede
voorsiening maak vir 'n salari s van R3 000 per maand. Aan die
hand van me Fourie se getuienis is ek van oordeel dat, weens die
besondere eise wat Rabe se verso rging sal meebring, daar vir die
hoër salaris voorsiening gemaak m oet word. Met verwysing na die
partye se ooreenkoms rakende die k apitalisering van toekomstige
33
uitgawes, sal die koste van Rabe se versorging derhalwe
R844 690 in totaal bedra.
GEBEURLIKHEID
[45] Die verweerder se tweede bes waar teen die uitspraak van
die hof a quo het betrekking op die ge beurlikheidsfaktor van 10
persent wat ten opsigte van sowel Rabe se versorgingskoste as sy
toekomstige verlies aan verdienste toegelaat is.
[46] Wat toekomstige verlies aan v erdienste betref is die betoog
namens die verweerder dat dit onderworpe gemaak moet word
aan 'n aftrekking van minstens 25 persent vir gebeurlikhede. Ter
ondersteuning hiervan is veral drie oorwegings aangevoer.
Eerstens, dat Rabe 'n gevaarlik e werk gedoen het wat onder meer
behels het dat hy vanuit 'n helikopter aan lewendige
hoogspanningskabels gewerk het. Tweedens, dat hy dikwels vir sy
werk moes reis wat meegebring het da t hy in 'n groter mate as die
normale aan die risiko van motorongelukke blootgestel was.
Derdens, dat hy vanaf 'n vroeë ouderdom aan hipertensie gely het.
In die lig hiervan, so is nam ens die verweerder betoog, moet
voorsiening gemaak word vir 'n gebeurlikheid van minstens 25
persent dat Rabe, afgesien van di e ongeluk, in elk geval, weens
dood of besering in die toekoms 'n verlies aan inkomste sou ly.
34
[47] Gebeurlikheidsfaktore kan uiteraard nie met matematiese
presiesheid bepaal word nie. Dit hang ten nouste saam met die
feite en omstandighede van die bepaalde saak. Die verhoorregter
moet die billike gebeurlikheidsfakto r, met in agneming van hierdie
feite en omstandighede, in die uitoefening van sy diskresie bepaal.
Op appèl word slegs met die ui toefening van hierdie diskresie
ingemeng as dit nie behoorlik ui tgeoefen is nie (sien bv Van der
Plaats v SA Mutual Fire & General Co Ltd 1980 (3) SA 105 (A)
114F-115D). In hierdie lig vind ek dit onnodig om die betoog wat
namens die verweerder in hier die verband aangevoer is in
besonderhede te oorweeg. Ek vo lstaan deur die bevinding te
boekstaaf dat ek geen fout kan vind met die wyse waarop die
verhoorregter sy diskresie uitgeoefen het nie.
[48] By versorgingskoste is di e posisie ietwat anders. Die
verhoorhof het klaarblyklik die gebe urlikheidsfaktor van 10 persent
bepaal met verwysing na die model wat hy aanvaar het, synde die
model wat die eiser aan hom voor gehou het. Indien hierdie hof die
verweerder se model aanvaar ontstaan die vraag of die
gebeurlikheidsfaktor van 10 persent moet bly staan. Namens die
verweerder is betoog dat selfs in dié omstandighede toegelaat
moet word vir 'n gebeurlikheidsfaktor van minstens 20 persent. Ter
35
ondersteuning hiervan is in di e eerste plek verwys na die
moontlikheid dat Rabe se vrou hom in die toekoms mag verlaat, in
welke geval hy waarskynlik in 'n inrigting sal beland waar sy
versorgingskoste heelwat min der sal wees. Voorts is daar ook
gewys op die getuienis waarvo lgens Rabe daarop aandring om
dinge te doen wat in die lig van sy potensiële epileptiese aanvalle
vir hom verbode is, soos om sy motor te bestuur, waardeur sy
risiko van mortaliteit aansienlik verhoog word.
[49] Myns insiens is daar meriet e in die verweerder se betoog.
Aan die anderkant is daar 'n gebeurlikheid wat in die eiser se guns
in ag geneem moet word, naamlik dat die koste verbonde aan sy
toekomstige versorging moontlik t og meer mag wees as wat by
aanvaarding van die verweerder se model toegelaat word. In al die
omstandighede dui oorwegings van billikheid myns insiens aan dat
geen aftrekking vir gebeurlik heid gemaak word van die
gekapitaliseerde koste wat vir Rabe se versorging voorsien word
nie.
[50] Wat betref die restant van di e toekomstige mediese uitgawes
is geen rede aan die hand gedoen waarom ingemeng sal word met
die verhoorhof se beslissing dat 10 persent vir gebeurlikhede
36
afgetrek moet word nie. Hierdie beslissing moet derhalwe bly
staan.
DIE BESWAAR TEEN TWEE INDIVIDUELE ITEMS WAT AS
DEEL VAN TOEKOMSTIGE MEDIESE KOSTE TOEGESTAAN IS
[51] Die eerste item waarteen die verweerder beswaar maak,
behels 'n bedrag van R110 400 . Dit verteenwoordig die
gekapitaliseerde koste vir maandelikse psigiatriese sessies vir die
res van Rabe se lewe teen R500 per sessie. Die verweerder
ontken dat Rabe geregtig is op maandelikse sessies vir die res van
sy lewe. Sy betoog is dat Rabe slegs vir vier jaar op maandelikse
sessies geregtig is en daarna op een sessie el ke ses maande.
Aanvaarding van die verw eerder se betoog sal meebring dat die
gekapitaliseerde koste verbonde aan psigiatriese sessies slegs
R17 000 sal bedra. Die aansienlike verskil van R93 400 tussen die
twee bedrae hang ten nouste s aam met dr Hugo se meer
optimistiese siening as dié van prof Zabow oor die mate waarin
Rabe deur terapie gerehabiliteer sal kan word. Alles inaggenome
kan die verhoorhof myns insi ens nie fouteer word in sy
aanvaarding van prof Zabow se m eer pessimistiese siening nie.
Hiervolgens is die moontlikhei d van suksesvoll e terapie eerder 'n
37
gebeurlikheid, wat inderdaad as so danig deur die verhoorhof in ag
geneem is. Gevolglik moet die toekenning van R110 400 bly staan.
[52] Die tweede beswaar is teen die voorsiening van R77 270 vir
psigometriese medikasie. Die verweerder voer aa n dat hierdie
toekenning neerkom op 'n dupl ikasie omdat daar reeds vir
dieselfde medikasie voorsiening gemaak is onder die hoof van
behandeling vir epilepsie.
[53] Dit blyk dat daar inderdaad onder die hoof 'koste weens
epilepsie' voorsiening gemaak is vir die koste van medikasie ten
bedrae van R720 per maand wat da n 'n gekapitaliseerde uitgawe
van om en by R320 000 meebring. Daar is ook aanduidings op die
getuienis dat die medikasie wat vir Rabe se epilepsie voorgeskryf
word en die psigotropiese medi kasie vir beheer van sy gedrag,
dieselfde is. Die sterkste aanduiding van duplikasie blyk egter uit 'n
verslag van die eiser se psigia ter, prof Zabow, waarin hy die
volgende stelling maak:
'Medical expenses for Mr Rabe are estimated as follows:

Psychotropic and anticonvulsant medication : R750.00 per month' (My
beklemtoning).
38
[54] In antwoord op die onderhaw ige beswaar verwys die eiser
na 'n vorige verslag van prof Zabow waarin hy aandui dat die koste
van psigotropiese medikasie 'bet ween R300 and R400 per month'
sal wees. Dit is duidelik dat die R77 270 waarteen die
onderhawige beswaar gerig is, op die basis van hierdie verslag
bereken is. Teen hierdie agtergrond is die eiser se teenargument
dus dat die beswaar van duplikasie nie ontvanklik is nie, omdat dit
berus op 'n dubbelsinnigheid voort spruitend uit twee verslae van
prof Zabow wat nooit in kruisverhoor met hom opgeklaar is nie. Die
antwoord op hierdie teenargument is myns insiens tweeledig.
Eerstens is die beraamde bedrag van R750 per maand wat
volgens prof Zabow die kost e van beide epileptiese en
psigotropiese medisyne sal dek, net te na aan die bedrag van
R720 wat vir epilepsie medikasie vo orsien is, om bloot toevallig te
wees. Tweedens kan die eiser nie die voordeel kry van 'n
onopgeklaarde dubbelsinnigheid in die getuienis van sy eie
deskundige nie. Gevolg lik moet myns insiens ten gunste van die
verweerder aanvaar word dat die beswaar van duplikasie geldig is
en dat die bedrag van R77 270 de rhalwe verkeerdelik toegestaan
is.
ALGEMENE SKADE
39
[55] Rabe se belewenis van die ontstellende verlies wat die
verweerder se onregmatige daad in sy lewe teweeggebring het, is
vir die buitestaander noulik s denkbaar. In sy de rtigerjare het hy sy
werk verloor en hy sal nooit w eer enige betrekking kan beklee nie.
Waar hy vroeër 'n gelukkige ges insman was, is sy kinders nou
bang vir hom en loop hy gevaar om sy vrou te verloor. Indien dit
gebeur is sy vooruitsig om die res van sy lewe in 'n inrigting te slyt.
Sy vriendekring het drasties verk lein. Hy is bewus daarvan dat hy
in 'n groot mate beheer oor sy eie gedrag verloor het en dat sy
verstandelike vermoëns aansi enlik verminder het. Hy kry
epileptiese aanvalle en gevolglik mag hy nie meer 'n motor bestuur
nie. Dit pla hom dat hy nie meer vir sy gesin kan sorg nie en van 'n
permanente versorger afhanklik is . Sy daaglikse aktiwiteite is
beperk en sy wêreld het gekrim p. Daarbenewens bring sy
ortopediese beserings steeds vir hom pyn, ongerief en
ongeskiktheid mee, welke toes tand na verwagting nie in die
toekoms sal verbeter nie.
[56] Rabe is geregtig op billike kompensasie vir hierdie verlies.
Die bedrag van sodanige kompensasi e moet egter ook billik wees
teenoor die verweerder. Dit is juis in 'n geval soos hierdie waar die
hof moet waak teen die menslike geneigdheid om te
40
oorkompenseer. Of, soos I nnes HR dit gestel het in Hulley v Cox
1923 AD 244.246 'we cannot allow our sympathy for the claimants
in this very distressing case to influence our judgment'.
[57] Nadat die verhoorhof 'n ui teensetting gegee het van alles
wat Rabe verloor het, het hy hom soos volg uitgelaat:
'Kan daar verbeel word dat enige bonus paterfamilias ooit sou toestem dat hy
in Rabe se huidige posisie geplaas word, wat die skadevergoeding daarvoor
ookal mag wees? Ek dink nie so nie.'
Dit is nie heeltemal duidelik wa t hierdie stelling bet eken nie. Word
daarmee 'n maatstaf geïntroduse er waarvolgens die vraag is
hoeveel geld die bonus paterfamilias sou aanvaar om die eiser se
beserings op te doen? Hoewel hi erdie toets blykbaar soms in die
Verenigde State van Amerika a angewend word (sien Visser en
Potgieter, Skadevergoedingsreg 2de uitgawe 443 vn 35) sou dit in
ons reg op 'n mistasting neerkom. Soos wat Schreiner AR immers
uitdruklik in Sigournay v Gillbanks 1960 (2) SA 552 (A) 572D-E
gesê het:
'…as has frequently been observed, one cannot attempt to award an amount
which anyone in his senses would accept in return for this happening to him.'
Ek aanvaar egter dat dit nie is wat die verhoorhof bedoel het nie;
dat hy maar net wou aandui dat geen bedrag geld ooit genoeg sal
wees om Rabe te vergoed vir dit wat hy verloor het nie.
41
[58] Die probleem is natuurlik dat kompensasie slegs in geld
betaal kan word en die hof se di lemma juis is om 'n geldwaarde
toe te ken vir 'n verlies van di t wat geen geld kan koop nie. Een
van die aanvaarde riglyne wat die howe ter oplossing van hierdie
dilemma aanwend, is om te ky k na vorige toekennings in
vergelykbare gevalle. Met verwys ing na hierdie riglyne is die
verweerder se vernaamste argument juis dat die verhoorhof se
toekenning van R400 000 geheel en al buite verhouding is met die
toekennings wat voorheen in vergel ykbare sake gemaak is. Ter
ondersteuning van hierdie argum ent is verwys na sake soos
Mautla v Road Accident Fund ('RAF') Corbett & Honey, Quantum
of Damages in Bodily and Fatal Injury Cases Vol V, B3-1;
Bridgman NO v RAF op cit B4-1; Harcourt NO v RAF op cit B4-29
en Botha en 'n ander v Santam Beperk op cit B4-39. Aan die hand
van die toekennings in hierdie sa ke, waarin die eisers almal ook
breinbeserings opgedoen het, was die betoog namens die
verweerder dat 'n billike ver goeding vir Rabe se algemene skade
hoogstens R120 000 kan wees.
[59] Die hof a quo se antwoord op die verweerder se
gelykluidende beroep op toekennings in vorige beslissings was
hoofsaaklik dat daar 'in van die jo ngste beslissings 'n neiging by
42
party van ons howe [te bespeur] is om groter bedrae as algemene
skadevergoeding in gevalle van erns tige beserings toe te ken as
wat soms in die verlede die geval was'.
En, het die verhoorhof voortgegaan:
'Hierdie opwaartse neiging in toek ennings vir algemene skadevergoeding in
ernstige gevalle is myns insiens te verwelkom …
In ernstige gevalle soos die onderha wige is skadevergoeding 'n powere
plaasvervanger vir die menigte genieti nge, plesiere en vervullings wat 'n
gesonde lewe die mens aanbied: dit bet aam nie 'n beskaafde samelewing om
in verdienstelike gevalle daarmee suinig te wees nie.'
[60] Die stygende tendens vir to ekennings in algemene skade in
die meer onlangse verlede is duidelik waarneembaar. Ek kan egter
nie saamstem met die verhoorhof se uitgangspunt waarvolgens dit
toegeskryf moet word aan 'n siening dat suinigheid met vergoeding
vir ernstige beserings nie 'n beskaafde samelewing betaam nie.
Aangesien dit nie die gemeenskap is wat moet betaal nie, maar
die verweerder, het suinigheid aan die kant van die gemeenskap
met die saak niks te make ni e. Dit betaam net so min die
gemeenskap (of dan die hof) om te gulhartig te wees met die
verweerder se geld, al was hy of sy regtens aanspreeklik weens sy
of haar nalatige gedrag. Die volgen de uitlating van Holmes R in
43
Pitt v Economic Insurance Co Ltd 1957 (3) SA 284 (D) 287E-F
vind dus eweneens toepassing in onderhawige verband:
'[T]he court must take care to see that it s award is fair to both sides – it must
give just compensation to the plaintiff, but it must not pour out largesse from
the horn of plenty at the defendant's expense.'
Konserwatisme by die toekenn ing van algemene skadevergoeding
het sy oorsprong in 'n behoe fte dat daar ook teenoor die
verweerder billikheid moet geskied en nie in die suinigheid van die
gemeenskap teenoor die eiser nie.
[61] In hierdie hof het die eis er die verhoorhof se toekenning van
R400 000 op twee grondslae onders teun. Eerstens, op die basis
van die opwaartse neiging in jonger beslissings waarna reeds
verwys is en, tweedens, op die basis dat Rabe se beserings en die
gevolge daarvan heelwat ernstiger was as dié van die eisers in die
sake waarop die verweerder steun.
[62] Volgens die eiser se betoog is die uitgangspunt van 'n
stygende tendens deur hierd ie hof onderskryf in Road Accident
Fund v Marunga 2003 (5) SA 164 (SCA). In Marunga, so is
betoog, het hierdie hof die toek enning deur die Natalse Afdeling,
gedurende 1997, in die saak van Wright v Multilateral Vehicle
Accident Fund Corbett & Honey op cit Vol IV E3-31, as riglyn
44
aanvaar. Dit is ook aanvaar dat die toekenning van R65 000 in
Wright vergelykbaar was met 'n bed rag van R81 000 ten tyde van
die Marunga-saak (para 26, 170E). Niet emin het hierdie hof aan
Marunga algemene skadevergoeding in 'n bedrag van R175 000
toegeken (para 34, 172E-F). Dit, so is namens die eiser betoog,
regverdig die afleiding dat die st ygende tendens na hierdie hof se
oordeel 'n toekenning regverdig het van meer as dubbel die
bedrag wat deur die bestaande riglyn aangedui is.
[63] Die wyse waarop in die ei ser se voorafgaande betoog met
die riglyn van vorige toekenni ngs omgegaan word , is eenvoudig
onaanvaarbaar. Die voorgestelde werkswyse kom daarop neer dat
eers gepoog word om sake te vi nd waarin die beserings en
sequelae min of meer dieselfde is. Daarna word die toekennings in
daardie sake met matematiese pres iesheid by huidige geldwaarde
aangepas. Hierdie aangepaste bedrag word dan, weer eens met
matematiese eksaktheid, vermenigvuldig met 'n faktor van twee, of
wat ook al. Die som van hi erdie berekeninge is dan die
skadevergoeding wat aan die eiser toegeken moet word. Op die
ou end bly daar van die hof se diskresie weinig oor.
[64] Die benadering wat van ouds her deur hierdie hof gevolg
word, is egter juis andersom (sien byvoorbeeld, Hulley v Cox supra
45
246, Sigournay v Gillbanks supra 556 en Protea Assurance Co Ltd
v Lamb 1971 (1) SA 530 (A) 535). Volg ens hierdie benadering is
die beginsel juis dat die vass telling van nie-patrimoniële skade in
die diskresie van die hof is. By die uitoefening van die hof se
diskresie is vergelyking met toek ennings in vorige sake 'n nuttige
hulpmiddel omdat dit darem vir die hof die breë parameters oftewel
'n patroon aandui waarbinne sy toekenning tuisgebring moet word.
Dit is ook 'n nodige riglyn omdat konsekwentheid in toekennings 'n
inherente vereiste van billikheid is. Nietemin bly dit steeds 'n riglyn.
Dit vervang nie die hof se di skresie met 'n letterknegtige
gebondenheid aan die aangepaste waarde van vorige toekennings
nie.
[65] Die stygende tendens van t oekennings in die onlangse
verlede is, soos ek alreeds gesê het, duidelik waarneembaar. Die
effek daarvan is egter weer eens nie met matematiese presiesheid
bepaalbaar nie. Dit is nie seker presies wanneer die tendens begin
het en wanneer dit sal eindig nie. Dit het bes moontlik reeds tot 'n
einde gekom. 'n Bepaalde toekenni ng uit die verlede waarna
verwys word kon dus reeds met inagneming van die tendens
geskied het. As die vorige beslissing wat as maatstaf dien reeds
met inagneming van die stygen de tendens gemaak is, kan dit
46
nouliks geregverdig word om op grond van dieselfde oorwegings
sonder enige bykomstige rede, 'n verdere styging toe te laat.
Daarbenewens verg die tendens klaarblyklik nie die
vermenigvuldiging van vroeëre toekennings met 'n voorafbepaalde
of bepaalbare faktor nie. Op di e ou end is die tendens maar net
nog 'n oorweging wat die hof gereg verdig is om in ag te neem
wanneer hy, by die uitoefening van sy diskresie, na vorige
toekennings, veral in ouer sake, as riglyn verwys.
[66] Dit bring my by die eise r se betoog wat berus op die
beslissing van hierdie hof in die Marunga-saak. Volgens hierdie
betoog stel dié beslissing in wese 'n waterskeiding daar en is dit
gesag vir die proposisie dat toekennings na die waterskeiding
dramaties hoër, en selfs tot twee maal soveel, as toekennings in
vergelykbare sake voor die waterskeiding moet wees. As dit
inderdaad is wat Navsa AR in die Marunga-saak sê, kan ek met
respek, nie met hom saamstem ni e. Dit is egter nie hoe ek sy
uitspraak verstaan nie. Myns insiens verleen hy nie aan die
stygende tendens in toekennings 'n groter rol as wat ek voorstel
nie. Hy dui immers uitdruklik aan dat hierdie stygende tendens
maar slegs een van die oorwegings is op grond waarvan sy
uiteindelike toekenning berus. Daarbenewens verwys hy pertinent
47
(in para 34, 172E) na dicta uit die Wright-saak wat daarop dui dat
die toekenning in daardie saak, wa t hy as maatstaf aangelê het,
reeds met inagneming van die st ygende tendens gemaak is. Om
op grond van dieselfde oorwegings die toekenning in daardie saak
te verdubbel, of selfs dramatie s te verhoog, sou nouliks regverdig
kon word.
[67] Waarmee ek my egter wel vereenselwig is die verdere
betoog namens die eiser dat die sequelae van Rabe se beserings
en die indirekte gevolge wat di t vir hom meegebring het, heelwat
ernstiger is as dié wat ter sprake gekom het in die beslissings
waarop die verweerder hom vergelyk enderwys beroep. Dit is veral
so omdat Rabe, benewens die sequelae van sy breinbeserings,
ook nog te kampe het met die permanente pyn, ongeskiktheid en
ongerief wat sy ortopediese be serings vir hom meegebring het.
Alles inaggenome sou ek, as ho f van eerste instansie, 'n
toekenning van R250 000 vir Rabe se algemene skadevergoeding
maak. Dit verskil so drasties van die verhoorhof se toekenning van
R400 000 dat inmenging deur hierdie hof geregverdig is.
SAMEVATTING
48
[68] In die lig van die v oorgaande moet die verhoorhof se
toekennings myns insiens aangepas word soos blyk uit dit wat
volg:
1. Toekomstige mediese kost e en aanverwante uitgawes
Onder hierdie hoof het die verhoorhof, voor aanpassing vir
gebeurlikhede, 'n bedrag van R4 209 913 toegestaan. Daarvan
moet twee bedrae afgetrek w ord. Eerstens die bedrag van
R3 306 720 wat die verhoorhof, op aanvaarding van die eiser se
model, vir versorgingskoste voorsien het en, tweedens, die bedrag
van R77 270 wat vir psigometri ese medikasie toegeken is. Die
balans van R825 923 is onderworpe aan 'n verdere aftrekking van
10 persent vir gebeurlikhede. Dit laat 'n bedrag van R743 330.70.
Daarby moet die bedrag van R844 690 getel word wat
ooreenkomstig die verweerder se model vir Rabe se versorging
nodig is. Dit bring die toek enning onder hierdie hoof op
R1 588 020.70 te staan.
2. Verlies aan verdienste
Met die verhoorhof se toekenning van R1 906 225 onder hierdie
hoof, word nie ingemeng nie.
3. Algemene skadevergoeding
49
Die toekenning van R400 000 wa t die verhoorhof onder hierdie
hoof gemaak het, word ter syde ge stel en vervang met die bedrag
van R250 000.
4. Koste van die kurator bonis
Dit is gemene saak dat die to ekenning onder hierdie hoof gelyk
moet wees aan 7,8 persent van di e vorige drie toekennings. Dit is
(R1 588 020.70 + R1 906 225 + R250 000 = R3 744 245.70 x
7,8%) = R292 051.16.
5. Totaal
Hiervolgens bedra die totale bedrag van skadevergoeding dus
R4 036 296.80.
[69] Aangaande koste, volg dit uit die verweerder se wesenlike
sukses in hierdie hof dat die eiser die koste van appèl moet betaal.
Met verwysing na die koste in di e verhoorhof het daardie hof gelas
dat 'geen kostebevel op hierdie stadium gemaak word nie'. Hy het
klaarblyklik die moontlikheid voor sien dat die appellant 'n bedrag
by die hof inbetaal het wat, uite raard, by toekenning van koste 'n
rol mag speel. Weens dieselfde oorwegings vind ek dit raadsaam
dat daardie kostebevel bl y staan. Ook die hof a quo se bevel ten
aansien van rente is nie aangeveg nie en moet dus eweneens bly
staan.
50
[70] Gevolglik slaag die appèl me t koste. Die verhoorhof se bevel
word tersyde gestel en vervang met die volgende:
'Vonnis word ten gunste van die eiser teen die verweerder soos
volg toegestaan:
(1) R4 036 296.80 synde skadevergoeding;
(2) Rente daarop teen die koers wat ingevolge die bepalings van
die Wet op Voorgeskrewe Rentekoers 55 van 1975
voorgeskryf word vanaf 14 dae na datum hiervan (synde 23
Desember 2000) tot datum van betaling;
(3) Geen kostebevel word op hierd ie stadium gemaak nie.'
………………..
F D J BRAND
APPÈLREGTER
Stem saam:
Marais AR
Jones Wnd AR