About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2002
>>
[2002] ZASCA 154
|
|
Potgieter NO v Daewoo Heavy Industries (Pty) Ltd (466/01) [2002] ZASCA 154; [2003] 1 All SA 135 (SCA); 2003 (3) SA 98 (SCA) (29 November 2002)
DIE
HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN
SUID-AFRIKA
Rapporteerbaar
SAAKNOMMER 466/2001
In die saak tussen
T
J H POTGIETER NO Appellant
en
DAEWOO HEAVY
INDUSTRIES (PTY) LTD Respondent
____________________________________________________________
CORAM: HOWIE, STREICHER, BRAND, CONRADIE JJA et HEHER
AJA
DATUM
VAN APPÉL: 11 NOVEMBER 2002
GELEWER: 29 NOVEMBER 2002
Insolvensiewet - afbetalingsverkooptransaksie â
getref deur art 84(1) van Insolvensiewet selfs wanneer nie onderhewig
aan bepalings
van Wet op Kredietooreenkomste â summiere vonnis vir
lewering van voorlaaigraaf tersyde gestel â tussentydse bevel nie
appelleerbaar
_____________________________________________________________
UITSPRAAK
CONRADIE
AR
[1]
Op 1 November 1999 het die respondent (âDaewooâ) ân
kommersiële flater begaan. Hy het 'n Mega 300 voorlaaigraaf
aan
Nels Diamante Bk verkoop. Ingevolge die ooreenkoms het Daewoo
eiendomsreg op die laaigraaf voorbehou totdat Nels Diamante die
koopsom
van R830 000 by wyse van 'n inruiltransaksie en maandelikse
paaiemente ten volle betaal het. Van die beloofde paaiemente is slegs
R15 000 betaal. Skaars nege maande na die ondertekening van die
ooreenkoms is Nels Diamante vanwe
ë
onvermoë om sy skuld te betaal,
by wyse van 'n spesiale
besluit in likwidasie geplaas. Die appellant is as likwidateur
aangestel.
[2]
Kort na die likwidasie het Daewoo, na
aanleiding van die appellant se voorneme om die voorlaaigraaf op 'n
openbare veiling te verkoop,
getrag om besit daarvan te herwin. Hy
het 'n
rei vindicatio
ingestel en toe dit verdedig word, 'n
aansoek om summiere vonnis vir lewering van die voorlaaigraaf
gebring. Dit is deur Daniels
R in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling toegestaan. Teen daardie tyd het Spoelstra R reeds 'n
tussentydse bevel verleen wat die
voorlaaigraaf hangende die uitslag
van die geding aan Daewoo toevertrou het.
[3]
Daniels R het verlof om teen sy bevel te
appelleer geweier. 'n Petisie aan hierdie Hof is kragtens die
bepalings van art 21(3)(c)(ii)
van die Hooggeregshofwet 59 van 1959
vir argument na die volle hof verwys met verlof aan die partye om
terselfdertyd die app
èl
te beredeneer ingeval verlof om te appelleer verleen word.
[4]
Na hierdie verwikkeling is verlof in die
provinsiale afdeling aangevra om ook teen Spoelstra R se
beslagleggingsbevel in hoër
beroep te gaan. Ondanks die feit
dat die bevel net geld totdat ân finale bevel toegestaan word en
dus nie finaal is nie, is verlof
om te appelleer toegestaan. Daar
dien dus twee aangeleenthede voor ons: die aansoek om verlof om teen
die bevel van Daniels R te
appelleer asook ân appèl teen die
beslagleggingsbevel.
[5]
Die appellant voer aan dat die
voorlaaigraaf, nieteenstaande die voorbehoud van eiendomsreg deur
Daewoo, ingevolge die bepalings
van art 84 (1) gelees met art 83(6)
van die Insolvensiewet 24 van 1936 ('die Insolvensiewet') nie meer
aan Daewoo behoort nie, maar
'n boedelbate onderhewig aan Daewoo se
statut
ê
re hipoteek
is.
[6]
Artikel 84(1) van die Insolvensiewet lui
soos volg:
â
As goed aan iemand (hieronder die skuldenaar genoem)
gelewer is ingevolge 'n transaksie wat 'n
afbetalingsverkooptransaksie is soos
in paragrawe (a) en (b) van die
beskrywing van âafbetalingsverkooptransaksie" in artikel 1 van
die Wet op Kredietooreenkomste,
1980, beoog, dan word die transaksie
by die sekwestrasie van die skuldenaar se boedel geag ten gunste van
die ander party tot daardie
transaksie (hieronder die skuldeiser
genoem) 'n hipoteek op daardie goed te vestig, waardeur die bedrag
wat ingevolge die transaksie
nog aan hom verskuldig is, verseker
word. Die kurator van die skuldenaar se insolvente boedel moet,
indien die skuldeiser dit verlang,
die goed aan hom oorhandig, en
daarop word die skuldeiser geag daardie goed te besit as sekuriteit
vir sy vordering en is die bepalings
van artikel 83 van toepassing.â
[7]
In art 1 van die Wet op Kredietooreenkomste
75 van 1980 (âdie Kredietwetâ) word 'n
afbetalingsverkooptransaksie omskryf as 'n
transaksie ingevolge
waarvan-
â
(a) goedere deur die verkoper aan die koper verkoop
word teen betaling deur die koper aan die verkoper van 'n bepaalde of
bepaalbare
geldsom op 'n bepaalde of bepaalbare toekomstige datum of
in die geheel of gedeeltelik in paaiemente oor 'n tydperk in die
toekoms;
en
(b) die koper nie eienaar van daardie goedere word nie
bloot op grond van die lewering aan of die gebruik, besit of genot
deur hom
daarvan; of
(c) die verkoper geregtig is op die teruggawe van
daardie goedere indien die koper in gebreke bly om aan 'n beding van
daardie transaksie
te voldoen.'
[8]
Artikel 84(1) van die Insolvensiewet
definieer ân afbetalingsverkooptransaksie deur die omskrywing
daarvan in paragrawe (a) en
(b) van die definisie van
afbetalingsverkooptransaksie in art 1 van die Kredietwet te
inkorporeer. Volgens die bevinding van Spoelstra
R, waaraan Daniels R
hom gebonde geag het, beperk hierdie definisie die begrip tot ân
afbetalingsverkooptransaksie waarop die Kredietwet
van toepassing is.
Dit beteken dat indien ân transaksie vir watter rede ook al nie
binne die bepalings van die Kredietwet val nie,
dit ook nie aan die
bepalings van art 84(1) van die Insolvensiewet onderhewig is nie.
[
9
] Myns insiens is daar geen ruimte vir so ân
beperkende uitleg nie. Artikel 84(1) van die Insolvensiewet
inkorporeer die begripselemente
in paragrawe (a) en (b) van die
definisie van afbetalingsverkoopooreenkoms in a 1 van die Kredietwet
maar nie di
é in
paragraaf (c) nie.
Klaarblyklik is daar dus
afbetalingsverkooptransaksies wat onder die Kredietwet ressorteer,
maar wat nie deur die Insolvensiewet
getref word nie. Dit was dus nie
die bedoeling van die Wetgewer om afbetalingsverkooptransaksies vir
doeleindes van die Kredietwet
gelyk te stel aan
afbetalingsverkooptransaksies vir doeleindes van die Insolvensiewet
nie. Dit sou eienaardig wees as dit die bedoeling
was. Die Kredietwet
is sosiale wetgewing wat kredietbeheer en billikheid teenoor
verbruikers beoog. G
een
transaksie is aan die Kredietwet onderhewig sonder dat
die
Minister van Handel en Nywerheid dit by kennisgewing in die
Staatskoerant
daaraan onderhewig verklaar nie (art 2(1)).
Sekere kategorie
ë
transaksies mag glad nie deur die Minister onder die Kredietwet
gebring word nie. Iemand wat byvoorbeeld goedere op krediet
koop met
die uitsluitlike doel om hulle te herverkoop of vir mynbou,
ingenieurswese, bouwerk, padbou of ân vervaardigingsproses
te
gebruik, kan nie deur enige kennisgewing van die Minister beskerm
word nie (art 2(1)(a)).
Die kategorie
ë
goedere en transaksies waarop die Kredietwet van toepassing is, word
doelbewus vloeibaar gehou: hulle kan by ministeri
ë
le
besluit op kort kennisgewing en ter uitvoering van ekonomiese beleid
aangepas word. Die Insolvensiewet met sy klem op die billike
bereddering van ân bankrot skuldenaar se boedel het oogmerke wat
nie by hierdie skema inpas nie. Die onvoorspelbaarheid waartoe
die
respondent se uitleg van art 84(1) van die Insolvensiewet aanleiding
sou gee, kan aan die hand van die feite van hierdie saak
ge
ï
llustreer
word. Die voorlaaigraaf wat Nels Diamante aangekoop het, val in die
mynboukategorie. Volgens die respondent kan die bepalings
van art
84(1) dus nie daarop van toepassing wees nie. As dit egter
aangekoop was om te herverkoop of vir, s
ê
nou maar, landboudoeleindes gebruik te word, sou art 84(1) wel daarop
van toepassing gemaak kan word. Daar is wat die Insolvensiewet
betref
geen beleidsoorweging waaraan ek kan dink wat so ân willekeurige
uitleg sou regverdig nie.
[
10
] Spoelstra R het gemeen steun vir sy
opvatting te vind in die beslissing van hierdie Hof in
A-Team
Drankwinkel en 'n Ander v Botha en 'n Ander
1994 (1) SA 1
(A).
Dáár is beslis dat die Wetgewer bedoel het om die
bepalings van art 84(1) van die Insolvensiewet van toepassing
te maak
op transaksies wat deur die destydse Huurkoopwet beheers is en onder
sy opvolger, die Kredietwet, ressorteer het. In die
samehang van die
kwessies wat in daardie saak ter sprake gekom het, beteken die
beslissing slegs dat aangesien ân afbetalingsverkooptransaksie
in
die Kredietwet per definisie slegs die verkoop van liggaamlik
roerende goedere omvat, art 84(1) van die Insolvensiewet (wat soos
ons gesien het die woordomskrywing van afbetalingsverkooptransaksie
inkorporeer) insgelyks nie op die verkoop van onliggaamlike eiendom
soos ân besigheid van toepassing is nie. So ân transaksie
voldoen nie aan die omskrywing van ân afbetalingsverkooptransaksie
in die Kredietwet nie. Die Minister sou nie by magte wees om dit by
kennisgewing in die
Staatskoerant
aan die bepalings van die
Kredietwet onderhewig te maak nie.
[11]
Die vraag of kontrakte wat onder die vorige
kredietbeheerbedeling wel aan die omskrywing van ân huurkoopkontrak
voldoen het, maar
waarop die Wet op Huurkoop nie van toepassing
gemaak is nie, binne die trefwydte van art 84(1) van die
Insolvensiewet geval het,
het heelwat akademiese aandag geniet. In
(1973) 36
Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg
396
op 400 en 403 kom die skrywers, H N Pretorius en J D van der Vyver,
in hulle bydrae âArtikel 84 van die Insolvensiewetâ tot
die
gevolgtrekking dat art 84(1) geld vir alle huurkoopkontrakte wat aan
die omskrywing van 'n huurkoopkontrak in art 1 van die
Wet op
Huurkoop beantwoord en nie slegs vir daardie kontrakte waarop die Wet
op Huurkoop toepassing vind nie. Eenstemmigheid oor
hierdie punt
heers ook by Flemming
Krediettransaksies
1ste
uitgawe
427 en Van der Merwe
Sakereg
2de uitgawe 707.
[12]
Skrywers wat die Insolvensiewet behandel,
verklaar almal dat art 84(1) aanwending vind op transaksies wat aan
die omskrywing van
ân afbetalingsverkooptransaksie voldoen
1
of die bepalings van die Kredietwet daarop van toepassing is of nie.
[13]
Dit is dus duidelik dat verlof om te
appelleer toegestaan moet word en dat die app
è
l
teen die toestaan van summiere vonnis met koste moet slaag. Dit volg
hieruit dat die appellant ook geregtig is op die koste van
die
aansoek om verlof om te appelleer, beide in hierdie Hof en in die Hof
a quo.
Op 6 Februarie 2002 moes die verlofaansoek uitgestel
word vir ân rede wat nie aan een van die partye se nalate te wyte
was nie.
Hierdie koste moet dus deel van die aansoekkoste vorm.
[
14
] Wat die bevel vir tussentydse bewaring van
die voorlaaigraaf betref, is daar beveel dat koste in die geding moet
wees. Daar is dus
op hierdie stadium geen finaliteit oor die koste
nie. Dit beteken dat sowel die koste- as die substantiewe bevel van
ân tussentydse
aard en dus nie appelleerbaar is nie (
Cronshaw
and Another v Coin Security Group (Pty) Ltd
[1996] ZASCA 38
;
1996 (3) SA 686
(A).
Die koste van die aansoek vir verlof om teen die tussentydse bevel te
appelleer (en die gepaardgaande kondonasie-aansoek) is
op bevel van
Van der Walt R koste in die app
èl
gemaak;
hulle volg dus die koste op app
èl.
Die volgende bevel word verleen -
1.
Die appellant se aansoek vir verlof om teen
die bevel en uitspraak van Daniels R te appelleer, slaag met koste;
die respondent betaal
die koste van die verlofaansoek in die hof
a
quo
met inbegrip van die verspilde koste van 6 Februarie 2002
asook die koste van die aansoek aan hierdie Hof;
2.
Die appél teen die bevel en uitspraak
van Daniels R slaag met koste. Die bevel word tersyde gestel en met
die volgende vervang:
â
a. Die aansoek om summiere vonnis word van die hand
gewys en verlof word aan die respondent verleen om die aksie te
verdedig;
b. Die koste van die aansoek om summiere vonnis is koste
in die geding.â
3.
Die app
èl
teen die tussentydse bevel word met koste van die sakelys geskrap.
-------------------------------------
J
H CONRADIE
APPèLREGTER
HOWIE
AR )
STREICHER
AR ) STEM SAAM
BRAND
AR )
HEHER
WndeAR )
1
Mars
The Law of Insolvency in South Africa
8ste uitg bl 150
â 151; Smith
The Law of Insolvency
3de uitg bl 166; Meskin
Insolvency Law
para 5.21.8.2(b).