Potgieter NO en andere v Shell South Africa (Pty) Ltd (390/2001) [2002] ZASCA 105 (13 September 2002)

62 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Trusts — Authority of trustees — Validity of suretyship agreement — Appellants, trustees of a family trust, challenged their authority to bind the trust as surety for a closed corporation, Dirkies Vervoer, in favor of Shell South Africa — The trust deed allowed trustees to act in the interest of beneficiaries, including providing surety for obligations of a beneficiary's business — Court held that the trustees acted within their powers as the suretyship was intended to benefit the beneficiary, Dirkie, and the trust was liable for the debt owed to Shell.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2002
>>
[2002] ZASCA 105
|

|

Potgieter NO en andere v Shell South Africa (Pty) Ltd (390/2001) [2002] ZASCA 105; 2003 (1) SA 163 (SCA) (13 September 2002)

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
Saaknommer : 390 / 2001
In die appèl van
ANNEMARIE POTGIETER N O Eerste Appellant
(Trustee van die Hendrik Potgieter Trust)
CHRISTINA ELIZABETH LLOYD N O Tweede Appellant
(Trustee van die Hendrik Potgieter Trust)
en
SHELL SOUTH AFRICA (PTY) LTD
Respondent
Regbank
: HOWIE, OLIVIER, NUGENT,
CONRADIE ARR
en JONES Wnde AR
Verhoordatum
: 30 AUGUST 2002
Datum van Uitspraak
: 13 SEPTEMBER 2002
SAMEVATTING
Borgstelling - of trustees van familietrust gemagtig
was om ten behoewe van 'n beslote korporasie waarvan 'n begunstigde
die enigste
lid was, borg te staan.
U I T S P R A A K
OLIVIER AR
[1]
Gereduseer tot sy kern is die vraag in
hierdie appèl of die trustees van 'n trust bevoeg was, uit
hoofde van die bepalings
van die trustakte, om 'n borgakte aan te
gaan ten gunste van die respondent ('Shell') vir 'n beslote
korporasie, Dirkies Vervoer
Bk ('Dirkies Vervoer'). Die hof benede
het dié vraag ten gunste van Shell beslis; met die nodige
verlof veg die appellante,
die huidige trustees, dié
beslissing aan.
[2]
Die relevante agtergrondsomstandighede is die
volgende:
(1) Die trustakte is aangegaan te Potchefstroom op 14
April 1994. Die oprigster was Elizabeth Getruida Potgieter. Die
inkomstebegunstigdes
en trustees was haar seun, Hendrik Jakobus
Potgieter en sy eggenote Christina Elizabeth Potgieter. Die inkomste-
en kapitaalbegunstigdes
was hul drie kinders (en dus die kleinkinders
van die oprigster) Sarel Hendrik (ook bekend as Dirkie en so genoem
in wat hierin volg),
Annemarie Potgieter en Christina Elizabeth Lloyd
(die appellante), en hul kinders. Die oorspronklike trustees is
sedertdien gesekwestreer
en die appellante in hul plek aangestel.
(2) Sedert 28 Mei 1996 was Dirkie die enigste lid van
Dirkies Vervoer.
(3) Op 24 Maart 1999 het die destydse trustees 'n
resolusie onderteken wat voorgee om hulle te magtig om die trust te
verbind as borg
en mede-hoofskuldenaar met Dirkies Vervoer
vir
laasgenoemde se verpligtinge teenoor Shell.
(4) Sodanige borgakte is op dieselfde dag deur die
trustees onderteken.
(5) Op 8 April 1999 is Dirkies Vervoer op Shell se
aansoek finaal gelikwideer.
(6) Op 12 Julie 1999 was die trust, uit hoofde van die
borgskap,
van R6 'n bedrag 765 132, 31 aan Shell verskuldig.
(7) Shell het die trust op 14 Julie 1999 vir betaling
van gemelde bedrag gedagvaar.
(8) Die enigste verweer tans ter sprake is die beweerde
gebrek aan volmag aan die kant van die destydse trustees om die
borgkontrak
te sluit.
[3]
Die relevante paragrawe van die trustakte is
die volgende.
(a) Paragraaf 1.2.1.1
' "Inkomstebegunstigdes" verwys na die persone of
instansies wat in die aanhef van die akte as sodanig aangewys is en
wat
ingevolge die diskresionêre magte van die trustees uit die
inkomste van die trust bevoordeel kan word en sluit, onderhewig
aan
die bepalings van sub-paragraaf 19.2, ook hulle gade en ouers in;'
(b) Paragraaf 7.2
'Die omvangrykheid van die magte wat in die trustees setel, moet
geïnterpreteer word onderhewig daaraan dat die essensie van
'n
trust die bevoordeling van die trustbegunstigdes is;'
(c) Paragraaf 7.3
'Die trustees is geregtig om enige handeling hoegenaamd te verrig wat
hulle in hulle diskresie noodsaaklik en/of bevorderlik vir
die behoud
of groei van die kapitaal van die trust en in belang van die
begunstigdes ag en sal vir dié doel namens die trust
enige
handeling mag verrig wat 'n ten volle handelingsbevoegde natuurlike
persoon ten opsigte van sy eie sake mag verrig, dog met
uitsondering
van die magte aan hulle verleen in sub-paragraaf 7.4.14, tensy
sodanige waarborg ten behoewe van 'n begunstigde gegee
word;'
(d) Paragraaf 7.4
'Sonder inperking van die algemeenheid van die bevoegdhede van die
trustees, is die trustees gemagtig om: ... '
(e) Paragraaf 7.4.14
'die nakoming van die kontrakte of verpligtings van enige persoon of
maatskappy teen vergoeding of gratis te waarborg as borg en
mede-hoofskuldenaar en om vir dié doel bates van die trust as
sekuriteit te verbind;'
[4]
Die belangrikste bepalings is paragrawe 7.3
en 7.4.14 en veral die jukstaposisie en korrekte interpretasie
daarvan. In besonder
gaan dit oor die voorbehoudsbepaling van
paragraaf 7.3 te wete
' ... dog met uitsondering van die magte aan hulle verleen in
sub-paragraaf 7.4.14, tensy sodanige waarborg ten behoewe van 'n
begunstigde
gegee word.'
[5]
Dit is duidelik dat die algemene en bykans
onbeperkte bevoegdhede wat in die res van paragraaf 7.3 (dit wil sê
tot net voor
die aangehaalde voorbehoudsbepaling) aan die trustees
gegee word, beperk word deur die voorbehoudsbepaling, wat spesiaal,
deur na
paragraaf 7.4.14 te verwys, handel met borgstelling.
[6]
Namens die appellante is geargumenteer dat
paragraaf 7.4.14 nie in die huidige geval relevant is nie omdat die
borgstelling nie gegee
is vir die nakoming van die kontrakte of
verpligtinge ' ... van enige persoon of maatskappy' nie, maar vir die
verpligtinge van 'n
beslote korporasie, wat nóg 'n maatskappy
nóg 'n persoon is.
[7]
Streng regstegnies is dit natuurlik so dat
daar 'n onderskeid tussen 'n beslote korporasie en 'n maatskappy
bestaan. Die vraag
is egter of die trustakte, behoorlik
geïnterpreteer, ook hierdie onderskeid handhaaf.
[8]
Ek meen van nee. Daar is aanduidings in die
trustakte dat 'n wyer betekenis aan gemelde frase gegee moet word.
So bv kan die
trustees (a) lenings gee aan ' ... begunstigdes en
ander persone of instansies van die trustees se keuse ...' (par
7.4.9); (b)
geld leen op sodanige voorwaardes as waarop met '
...die persoon of instansie' wat die lening aan die trustees maak,
ooreengekom
word (par 7.4.10); (c) vergaderings van ' 'n privaat
individu, maatskappy of liggaam ...' wat 'n skuldenaar van die trust
is,
bywoon (par 7.4.13); (d) '...maatskappye in enige deel van
die wêreld oprig' (paragraaf 7.4.20) alhoewel dit welbekend
is
dat daar verskille is in die aard en struktuur van buitelandse en
Suid-Afrikaanse maatskappy; (e) in die algemeen die magte
en
bevoegdhede van 'n 'maatskappydireksie' en in die besonder,
mutatis
mutandis
, die bevoegdhede in Bylae 2 van die Maatskappyewet
uitoefen (par 7.4.25), terwyl klousule (j) van die Bylae aan die
direksie van
'n maatskappy ongebonde bevoegdheid verleen om
borgstellings aan te gaan.
[9]
Uit die geheel van die trustakte blyk geen
bedoeling om die woord 'maatskappy' tot sy korrekte dog eng tegniese
betekenis te beperk
nie. Trouens daar bestaan geen rede waarom die
oprigster 'n Bk sou wou uitsluit nie. Dit is aan die hand gedoen
dat 'n Bk se
bestaan en optrede nie soos 'n maatskappy s'n streng
gereguleer word nie maar dan waarom word die bevoegdheid verleen om
namens enige
individu borg te staan? Derhalwe sluit dit mi, in
daardie paragraaf, ook 'n beslote korporasie in.
[10]
Dit bring mens terug na klousule 7.3. Was
die waarborg in hierdie geval ' ... ten behoewe van 'n begunstigde'
gegee? Die begunstigde
tans ter sprake kan slegs die seun Dirkie
wees. Is die borgstelling ' ... ten behoewe van' hom aangegaan?
[11]
In
S v Moloi and Another
1987
(1) SA 196
(A) op 215F het hierdie Hof, per Boshoff Wnde AR bevind,
na raadpleging van Afrikaanse woordeboeke, dat 'ten behoewe van' in
Afrikaans
slegs een betekenis het, te wete 'tot voordeel van, ten
bate (dienste) van; in belang van'.
[12]
Was die onderhawige borgstelling tot
voordeel, ten bate of in belang van die begunstigde, Dirkie? 'n
Onbevredigende aspek van die
wyse waarop die geskil aan die hof
a
quo
en hierdie Hof voorgelê is, is dat geen getuienis oor
hierdie aspek aangevoer is nie. Ons moet dus met die materiaal voor
ons die beste doen om dié vraag te beantwoord.
Prima
facie
dui die bogemelde agtergrondsfeite dat die bedoeling van
die trustees wel was om deur die borgstelling hul seun, Dirkie, te
bevoordeel
of in sy belang op te tree. Dirkies Vervoer was 'n groot
bedrag aan Shell verskuldig. Op waarskynlikhede, en volgens
algemene
menslike ervaring is die borgstelling aangegaan om die wolf
van Dirkies Vervoer en indirek van Dirkie se deur te hou; minstens
met
die bedoeling, hoe optimisties of desperaat dit ook al was, om
Dirkies Vervoer in staat te stel om met sy besigheid voort te gaan,
tot die uiteindelike voordeel van Dirkie.
[13]
Indien die trustees, in wie se vermoë
dit was om hierdie
prima facie
indruk te weerlê, dit nie
wou of kon doen nie, moet hulle die risiko van aanspreeklikheid van
die trust aanvaar.
[14]
Die appèl word bygevolg van die hand
gewys met koste, wat die koste van twee advokate insluit.
P J J OLIVIER AR
SAMESTEMMEND :
HOWIE AR
NUGENT AR
CONRADIE AR
JONES Wnde AR