About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2002
>>
[2002] ZASCA 92
|
|
S v Mafaladiso en andere (13/2002) [2002] ZASCA 92; [2002] 4 All SA 74 (SCA); 2003 (1) SACR 583 (SCA) (30 August 2002)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
DIE
HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN
SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
Saaknommer
: 13 / 2002
In
die appèl van
PAPA
MOSES MAFALADISO Eerste Appellant
MAWONGA ANTHONY
NTSHOKO Tweede Appellant
THOZAMILE
PHAPHU Derde Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Regbank
:
OLIVIER, NUGENT EN CONRADIE ARR
Verhoordatum
: 15 AUGUSTUS 2002
Datum van Uitspraak
: 30 AUGUSTUS 2002
SAMEVATTING
Identifikasie van meerdere
verkragters - Vonnis - lewenslange gevangenisstraf.
_____________________________________________________
U
I T S P R A A K
_____________________________________________________
P
J J OLIVIER AR
OLIVIER
AR
Agtergrond
Gedurende die vroeë
oggendure van 9 Januarie 2000 het vier manspersone by die huis van
die klaagster, L.I.D., 'n bejaarde
dame woonagtig te Mnoebastraat
28, Kwadwesi, in die distrik van Port Elizabeth, ingebreek. Hulle
het die klaagster, wat alleen
in die huis was, aangerand en met 'n
skerp voorwerp in die arm en hand gesteek. Hulle het 'n aantal
artikels in die huis geroof.
Daar is geen twyfel dat al vier die
beskuldigdes in die hof
a quo
tereg as die skuldiges
geïdentifiseer en aan huisbraak met die opset om te steel en
roof skuldig bevind is nie. Daar is
geen appèl teen hierdie
skuldigbevindings nie.
Daar is wel 'n appèl
deur die drie appellante (wat onderskeidelik beskuldigdes 1, 2 en 3
in die hof
a quo
was) teen die vonnisse op hierdie klag.
Appellante 1 en 2 is elkeen op gemelde klag tot 15 jaar
gevangenisstraf gevonnis, en
appellant 3 tot 20 jaar. Beskuldigde
vier, wat ook op hierdie klag skuldig bevind is, is tot 10 jaar
gevangenisstraf gevonnis.
Hy het nie vir verlof om te appelleer
aansoek gedoen nie.
Die gemelde vonnisse
moet dus heroorweeg word.
Die hoofprobleem is
egter dat al vier die beskuldigdes ook skuldig bevind is dat hulle
die klaagster in die loop van die rooftog
verkrag het. Appellante
1, 2 en 3 is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis, en
beskuldigde vier, wat nie aansoek gedoen
het om verlof om te
appelleer nie, tot 15 jaar gevangenisstraf. In sy geval is gelas
dat gedeeltes van die twee opgelegde vonnisse
samelopend uitgedien
moet word, sodat hy effektief 20 jaar gevangenisstraf moet
ondergaan.
Alhoewel die vonnisse
ook in hierdie geval (klag 2, die verkragting) heroorweeg moet word,
is die hoofprobleem in die skuldigbevindings
aan verkragting geleë.
Ek behandel dit vervolgens.
Die skuldigbevindings
aan verkragting
Die klaagster se
getuienis dat daar vier aanvallers in haar kamer was, is nie betwis
nie en is, tereg, deur die hof
a quo
as bewese bevind.
Insgelyks is tereg bevind dat dit die vier beskuldigdes was wat wel
die betrokke aanranders was. Ook is
tereg bevind dat die klaagster
wel vier keer verkrag was. Die probleem is eenvoudig of sy deur
elkeen van die beskuldigdes
verkrag is? Sy kon nie een van die
aanvallers identifiseer nie. In die loop van die verhoor het sy
getuig dat sy deur vier
verskillende mans verkrag is. Sou dit die
enigste getuienis gewees het, sou daar geen twyfel aan die
korrektheid van die vier
skuldigbevindings aan verkragting gewees
het nie, want die verontskuldigende getuienis van die vier
beskuldigdes is tereg deur
die verhoorhof verwerp.
Die probleem is egter
dat daar 'n oënskynlike weerspreking is tussen die klaagster se
viva voce
getuienis dat sy deur vier mans verkrag is, en 'n
verklaring wat sy twee dae na die voorval aan die ondersoekbeampte
gemaak het
wat moontlik gelees kan word as sou sy slegs deur drie
mans verkrag gewees het.
Haar getuienis lees
soos volg :
'MNR HATTINGH
Mevrou, net 'n laaste aspek, as ek u getuienis reg verstaan was
hierdie ervaring daar op u bed in die nag, Sondagnag, toe u
aangeval
is vir u geweldig traumaties? --- Dit is korrek so.
In die proses was u nog
erg geskok ook. --- Ja, ek was geskok, geskrik, maar in my skok dit
het nie by my gekom dat ek moet huil
of skree nie, ek kon dit nie
doen nie.
En u het begin
duiselig voel ook. --- Dit was in die verloop van die gebeure, 'n
sekere stadium duiselig gevoel.
Kan u vir die hof
presies sê hoeveel keer is daar met u gemeenskap gehou op die
bed? --- Ek het reeds voorheen gesê
al vier persone het met my
gemeenskap gehad, want ek het hulle al vier gesien binne-in die
vertrek, en die vierde een is nog
die een wat vir my gesê het
ek is die laaste een.
Wat ek probeer vasstel
mevrou, kan u sê of vier verskillende persone met u gemeenskap
gehad het of is daar vier keer met
u gemeenskap gehou? --- Dit is
verskeie persone.
Maar u kan nie sê
of een persoon miskien twee keer met u gemeenskap gehou het nie? ---
Dit is verskeie persone soos ek
alreeds op 'n vorige geleentheid aan
jou aangedui het dat die eerste persoon was deur die tweede persoon
afgetrek en na hy klaar
was het hy afgeklim en 'n ander persoon het
gekom, en die persoon het klaar gemaak en die laaste persoon het
gekom.
Is dit nie moontlik, ek
spekuleer saam met u, is dit nie moontlik dat nadat die tweede een
op u was die eerste een weer op u
geklim het nie? --- Nee.
Hoekom nie? --- Die een
- meer as die een het gepraat.
HOF
Pardon? ---
Die een het gepraat, die ander een het gepraat (tussenbeide)
Die een het gepraat, ja?
--- En hy was toe afgehaal van my, en die tweede een het toe
opgeklim en ook voortgegaan om my te verkrag,
hy het nie gepraat
nie, hy het niks gesê nie. Hy het ook afgeklim. Daar is
toe die derde persoon, hy het gepraat, en
die derde persoon
(tussenbeide)
U sê hy het
gepraat? --- Hy het gepraat, en die derde persoon is die persoon wat
die vraag aan my gestel het hoe maak oupa
as hy met my lê,
waarmee vee hy my af. Die vierde persoon het ook gepraat, het ook
iets gesê, hy is die persoon
wat my gevra het waar is die geld
en as ek die geld, vir hom sê waar die geld is, gaan hy soebat
dat hulle my nie moet
dood maak nie.
MNR HATTINGH
Wat
sê u toe vir die persoon wat vra wat maak oupa as hy klaar is?
Wat het u vir hom gesê --- Ek het toe vir hom
gesê ek
maak my met 'n waslap skoon.
Maar is dit nie wat u
vir die eerste persoon gesê het volgens u getuienis in hoof
nie?
HOF
Volgens
hoofgetuienis?
MNR HATTINGH
Volgens hoofgetuienis U Edele. --- Die derde persoon is die persoon
wat vir my gevra het hoe maak oupa, want dit lyk nie of
enige
persoon aan my raak nie.
HOF
U sê
dit was nie die eerste persoon nie, die derde persoon? Dit is die
derde persoon.
MNR HATTINGH
Mevrou, kan ek net iets opklaar met u om die punt mee af te sluit.
Is die verklaring wat u aan die polisie gemaak het met
u deurgegaan
nou die afgelope paar dae? --- Dit is korrek so.
Ek lees hierso by
paragraaf 8 (tussenbeide)
HOF
Wil u dit
inhandig?
MNR HATTINGH
Indien dit nodig is. Ek wil net iets opklaar (tussenbeide)
HOF
Paragraaf 8
MNR HATTING
U
moet net vir die hof sê of u so gesê het of nie, dan sal
ek dit verder neem. ---
"I was not in my
mind and I did not notice whether the fourth one took his turn in
raping me because when the last one was
still raping me he told me
that he was the last one and he will ask the others not to kill me."
HOF
"When
the last one was raping me he said he was the last one"?
MNR
HATTINGH
"When the last one
was still raping me he told me that he was the last one and he will
ask the others not to kill me if I
could tell him where I kept the
money. Hence the assumption he was the fourth one"
--- Dit is korrek so.
Kan u net vir die hof
sê is dit hoe u dit vir die polisiebeampte gesê het soos
wat ek vir u gelees het? --- Maybe.
Kan u dan vir die hof
verduidelik wat het u bedoel hiermee, veral die eerste deel an die
paragraaf "I was not in my mind
and I did not notice whether
the fourth one took his turn in raping me"? --- Yes,
irrespective of what I have said that
for a certain period I was not
of sound mind, but I am very much certain about the sequence of
events. The first one raped
me, after he was finished he was
pulled off by the second one (intervention)
The first one raped me
(intervention) --- And the first one did utter some words.
The first one raped me
and then you said after he was finished he was pulled off. --- He
was pulled off, but the first one did
utter some words. The second
one raped me but he did not say anything, and then the third one
also uttered some words. The
fourth one is the one who said I must
tell him where the money was so he is going to plead with the others
not to kill me.
He said to me he is the fourth one, that is what
he said to me, and that he is going to plead with the others not to
kill me
if I tell him where the money was, but he said to me he is
the fourth one and the last one.
MNR HATTINGH
Mevrou, toe die polisie, of eintlik die ondersoekbeampte, dit lyk
vir my na vroue SAP lid Jili, u verklaring geneem het, het
sy die
gedagte aan u oorgedra dat daar vier mense betrokke was die nag? ---
Sy het nie die gedagte aan my oorgedra nie. Ek
het aan haar gesê,
sy het by my gehoor, dat daar vier persone betrokke was.'
Billikheidshalwe moet
die hele verklaring (Bewysstuk G) aangehaal word om die konteks van
paragraaf 8 daarvan, wat aan die klaagster
gestel is, te verstaan.
Dit lees soos volg :
'(1)
I am the complainant in
this case and wish to state that on Saturday 2001-01-08 at about
21.00 I was coming from church and I
then locked the doors of my
house properly and windows all closed, and I went to sleep.
(2)
On Sunday 2001-01-09 at
about ± 02.30 while I was still sleeping I heard a voice of a
man talking next to me and I opened
my eyes. When I opened my eyes
I saw a man standing next to my bed but I did not recognise him as
it was dark. The man asked
for money from me and he put his hand
under my pillow and after that he asked for jewellery, gun and door
keys.
(3)
I told this man that I
do not have any of the things that they were looking for and the
door keys were with my husband and he
went to church. I saw that
the other one was standing on the bottom of the bed and he was
having a knife at his hand, the third
one was standing on the other
side of the bed.
(4)
The one who was standing
next to me said I must have sex with him and he dragged me with my
feet so that I will be in the middle
of the bed. He inserted his
penis in my vagina and told me to open up my legs because I have
delivered so many babies. He
did up and down movements.
(5)
At that time the one who
was in possession of a knife said I must be killed sex is very nice
when the people is dead and the one
who was busy raping me said I
must not be killed.
The one who was in
possession of a knife stabbed me on my left inner hand and on my
upper arm.
(6)
When the first one
finished raping me he stood up but I do not know whether he
ejaculated. He asked the towel from me and asked
me what my
husband is using when he finished having sex with me, and I told him
that he uses washing rag and it was in the bathroom.
He took the
bedspread that was on the bed and cleaned his penis.
(7)
The second one took his
turn (the one who was in possession of the knife) and he inserted
his penis in my vagina and did up and
down movements up until he
finished and he stood up and cleaned his penis. I did not notice
whether he ejaculated. The other
were busy in the other rooms
grabbing everything. The second one also cleaned himself with the
same bedspread.
The third one came and
inserted his penis in my vagina and did up and down movements and
when he finished he stood up and I did
not notice whether he
ejaculated.
(8)
I was not in my mind and
I did not notice whether the fourth one took his turn in raping me
because when the last one was still
raping me he told me that he was
the last one and he will ask the others not kill me if I could tell
him where I kept the money,
hence the assumption he was the fourth
one.
I told him that the only
money I got was on top of the dressing table and in the
handkerchief. The one who was in possession
of a knife took the
money from the dressing table.
I heard them saying that
they will not leave me in the bedroom and they told me to stand up.
They held my hands and took me
out of the bed and told me to
urinate on the floor next to the bed.
(9)
I then kneel down and
urinated and one of them told me that I must push out the sperms
from me not the urine. They then took
me to the toilet and ordered
me to sit on to the toilet pan which I did. They came with a
karate belt and wrapped it around
my mouth (white one). They then
took another karate belt (orange) and bind my legs with it. They
tied my hands to my body
with a electric cord. They told me that
the things that I used to see in the TV set are happening to me.
They then closed
the toilet door and left me there. I heard that
they were busy ransacking the house. Few minutes later one of them
came and
asked the cellphone from me and I told him that I do not
have one. I saw the other one taking the toilet key from the door
from outside.
(10)
When I heard that it was
quiet I loosened the extension cord from my body and I managed to
take it out and loosened the cloths
that tied my mouth and my feet.
I then opened the toilet window and called "brother" who
is staying at the back of
my next door neighbour. He responded and
called him. I told him that I was in the toilet and he came and
told me that he
will call his brother.'
Kaptein Nonceba Edith
Jili, die ondersoekbeampte, wat ook die gemelde verklaring by die
klaagster afgeneem het op 11 Januarie
2001, dit wil sê twee
dae na die aanranding en verkragting, is ten aansien van die
verklaring onder kruisverhoor geneem
deur Mnr Hattingh, namens
beskuldigde 1. Die kruisverhoor het soos volg verloop :
'
MNR HATTING
So
die indruk wat 'n mens hier kry is dat sy hoegenaamd nie seker was
of daar op 'n stadium tussen wat u gepraat het, of daar
'n vierde
persoon met haar gemeenskap gehad het of nie. Is dit reg? Stem u
saam? --- Het sy nie daarop geantwoord nie, was
sy nie deur die hof
hieroor uitgevra nie?
Ek vra vir u wat u
indruk is, u het die verklaring geneem, u het met haar gesels. ---
As ek daardie vraag kan beantwoord kan
ek sê omdat sy 'n
diabeet is en omdat sy in 'n staat van skok was was sy nie in staat
om te tel hoeveelste persoon dit
aan haar gedoen het.
HOF
Is sy nie in
staat om wat? --- Kon sy ook nie tel om vas te stel hoeveelste
persoon dit was wat met haar gemeenskap gehad het
nie.
MNR HATTINGH
En
kaptein sy is ook nie meer 'n kind nie, sy is daar by 65 jaar oud.
Stem u saam sy is al bejaard? --- Ja, sy is bejaard,
ek stem saam,
maar onder die omstandighede wat hierdie voorval plaasgevind het kan
niemand haar kwalik neem nie.
Ek stem saam met u.
Kan ek net vir u laastens dit vra. Kyk net na die einde van die
verklaring. Is dit reg dat dit geneem
is 11 Januarie 2000 om
vyfuur, met ander woorde dit was gewees die, as die voorval Sondag
die 9de was dan was hierdie verklaring
geneem Dinsdagmiddag vyfuur?'
Ten slotte is daar die
getuienis van Sylvia Ngoeza, 'n buurvrou en vriendin van die
klaagster, en die eerste vrouepersoon met
wie die klaagster gepraat
het nadat sy uit haar huis, waarin sy opgesluit was, bevry is. Sy
het getuig dat die klaagster haar
maag vasgehou het en stadig geloop
het. Sy het aan Sylvia gesê dat sy deur vier mans aangeval
en verkrag is. Die getuie
het verder getuig dat die klaagster '
... ook gesê hulle het my verskeie kere, om die beurt het
hulle my verkrag.' Op
'n vraag van die hof het sy weer gesê
: 'Sy het eintlik gesê hulle al vier het haar verkrag.'
Die volgende het toe
plaasgevind tussen die Hof, Me Williams vir die Staat en Mnr
Hattingh namens beskuldigde 1 :
'HOF
Ek dink sy
het gesê dat die vier van hulle haar om die beurt verkrag het.
Is dit nie wat vroeër gesê is nie?
ME WILLIAMS
Dit
is reg U Edele. Wat het hulle (tussenbeide)
MNR HATTINGH
Die
getuienis gister was gewees dat sy het gesê dat hulle my
verskeie kere om die beurt verkrag het.
HOF
Ja, dit is
wat ek, dit is soos wat ek dit het. Sy het gesê dat al vier
het haar verkrag, ja.
ME WILLIAMS
Soos
dit die hof behaag. Het sy toe vir u gesê wat hulle daarna
met haar gemaak het? --- Ek het haar nie gevra wat hulle
met haar
gedoen het na hulle haar verkrag het nie.'
Die kruisverhoor deur
Mnr Hattingh het só verloop :
'Mevrou, kan ek net
klarigheid kry. Gister het u vir die hof gesê dat die
klaagster vir u gesê het dat hulle het
haar verskeie kere om
die beurt verkrag. Vandag - goed, wil u iets sê? --- Wat ek
eintlik daarmee bedoel het is dat sy
gesê het hulle het haar
verskeie kere op hierdie wyse verkrag, die een het opgeklim en haar
verkrag en klaargemaak, dan
het die ander een, die tweede een, haar
verkrag en klaargemaak, die tweede, die derde tot die vierde.
So sy is vier keer
verkrag volgens haar? --- Dit is vier keer.
Mevrou, hierdie wat u
nou oor getuig het is wat u waargeneem het die Sondagoggend né?
--- Dit is korrek so.'
Die verhoorregter, Van
Rensburg R, het in die dele van die uitspraak wat met die
skuldigbevinding van al vier die beskuldigdes
aan verkragting
handel, die volgende hoofpunte geboekstaaf :
1 Die
viva voce
getuienis van die klaagster kom daarop neer dat, en verduidelik in
detail hoe, vier mans haar een na die ander verkrag het.
2 Na die verkragtings
het die mans haar aangesê om in die bed te klim en haarself te
bedek met komberse sodat sy nie kon
sien wie die aanranders was nie.
3 Terwyl sy nog besig
was om uitvoering aan dié opdrag te gee, het een van die
aanranders gesê dat sy na die toilet
geneem moet word. Sy is
deur twee van hulle na die toilet geneem, haar hande en voete is
vasgebind, iets is in haar mond gedruk
en vasgebind sodat sy nie om
hulp kon roep nie en sy is daar toegesluit. Die aanvallers het
voortgegaan om goedere in haar
huis te steel en te verwyder.
4 Die klaagster is 'n
suikersiektelyer en het gedurende die verkragting swak gevoel en
dors geword.
5 Die getuienis van die
klaagster is in alle opsigte in ooreemstemming met die objektiewe
feitevasstellings van die polisie ten
aansien van vingerafdrukke,
die posisie van 'n water bottel soos deur haar beskryf, en dies
meer.
6 Dit staan bo twyfel
vas dat die vier beskuldigdes die aanvallers was en dat al vier in
die klaagster se kamer was terwyl sy
verkrag is.
7 Oor
die getuienis van die klaagster sê die geleerde verhoorregter
:
'She was a most
impressive witness. She gave her evidence in a calm and dignified
manner notwithstanding the fact that it must
have been a traumatic
experience for her to testify about what happened to her that night.
The impression which she gave was
that of an honest witness who
was doing her best to assist the court. She made no attempt to
exaggerate the events, so much
so that she quite candidly stated
that when she said her throat was dry after being raped, one of the
intruders went to fetch
a bottle of water so she could have a drink.
She answered questions without hesitation and her demeanour in the
witnessbox
was good.
We are satisfied that
the complainant was an honest and reliable witness and that we can
place reliance on her testimony.
Such discrepancies as there may
be in her evidence are in our judgment not sufficiently material to
affect the acceptability
thereof.'
8 Wat betref die vraag
of die klaagster deur al vier die beskuldigdes verkrag was, het die
geleerde verhoorregter na die getuienis
van
Sylvia Ngoeza
verwys wat op die basis van konsekwentheid aantoon dat die klaagster
van meet af aan gekla het dat vier mans haar verkrag het.
Die
probleem, volgens die verhoorregter, is paragraaf 8 van die
verklaring wat die klaagster aan Kaptein Jili gemaak het.
Hieroor
het die agbare verhoorregter die volgende gesé :
'In that paragraph the
complainant expresses doubt as to whether the fourth person also
raped her. She did in evidence state
that all four of the
intruders raped her. However, Captain Jili, the investigating
officer, who took the complainant's statement,
expressed the view
when giving evidence, that she was under the impression when
recording the statement that because the complainant
was a diabetic
and because of the state of shock she was in while being raped, she
was not in a position to state whether in
fact the fourth person
also raped her after the other three.
In the light of this
evidence, we are of the view that the complainant might possibly be
mistaken when she now states that each
of the four individual
persons raped her. We consider there to be a reasonable doubt in
this regard.'
9 Die hof
a quo
het die vier beskuldigdes nietemin aan verkragting skuldig bevind op
die basis van gemeenskaplike doel.
Analise
Die eerste vraag
is natuurlik of die hof
a quo
reg was om op die feite voor
hom redelike twyfel te koester oor die werklike aandadigheid van die
vier beskuldigdes aan verkragting.
Dit is klaarhelder dat
as dit nie was vir die verklaring van die klaagster aan Kaptein Jili
nie, al vier beskuldigdes as daders
aan verkragting skuldig bevind
sou en moes word. Ten spyte van 'n bekwame betoog van Mej Wright,
wat namens die appellante
verskyn het, is dit so dat die klaagster
se getuienis as indrukwekkend deur die verhoorhof aanvaar is. Uit
haar getuienis is
dit duidelik dat hoewel sy nie een van haar
verkragters visueel kon identifiseer nie, sy aan elkeen van hulle 'n
persoonlikheid
kon gee volgens elkeen se handelinge en opmerkings
tydens die onderskeie verkragtings. Ten spyte van kleinere en, in
die omstandighede
verstaanbare, weersprekings in haar
viva voce
getuienis, is ek oortuig daarvan dat haar weergawe duidelik was dat
sy deur vier mans, die een na die ander, verkrag is.
Na my mening het die
verhoorfhof 'n duidelike misgissing begaan deur twyfel te werp op
die klaagster se weergawe bloot weens
paragraaf 8 van die genoemde
verklaring.
Eerstens, die
onduidelikheid in paragraaf 8 kom voor in 'n enkele sin. Op
sigself is die sin so onduidelik en vaag dat dit
beswaarlik as
getuienis aanvaar kan word dat die klaagster bedoel het om te sê
dat sy slegs deur drie mans verkrag is.
Die sin kan net sowel
beteken dat sy wel deur vier mans verkrag is, en dat toe die laaste
een sê dat hy die laaste een
is en die ander sou vra om haar
nie om die lewe te bring nie, sy aanvaar het dat hy die vierde een
was. Dié afleiding
is immers korrek, want sy het reeds
getuig dat daar drie vorige verkragters was. Daar is dus in wese
geen weerspreking nie
(oor hierdie vereiste, sien
Wigmore on
Evidence
, 1970, Vol III A, paragraaf 1040).
Tweedens, die gewraakte
sin in paragraaf 8 van die verklaring moet in die samehang van die
hele verklaring gelees word. As
dit gedoen word, volg dit eintlik
noodwendig dat wat sy gesê het, is dat sy deur vier mans, die
een na die ander verkrag
is. (Oor die noodsaak om die hele
verklaring in konteks te lees, sien
Wigmore
a w paragraaf
1040).
Ek meen dus dat op 'n
korrekte interpretasie van die verklaring dit nie in teenspraak met
haar
viva voce
getuienis staan nie.
Maar, tweedens, selfs
as mens sou veronderstel dat die verklaring onduidelik is, was daar
geen regverdiging om bloot daarom die
skadu van redelike twyfel oor
die klaagster se
viva voce
getuienis te laat val of om dit te
verwerp nie.
Die juridiese
benaderingswyse tot weersprekings tussen twee getuies en
weersprekings tussen die weergawes van een en dieselfde
getuie (soos
o a tussen sy of haar
viva voce
getuienis en vorige
verklaring) is, in beginsel (indien nie in graad nie) identies.
Die doel is immers in geen geval om te
bewys welke van die weergawes
die korrekte een is nie, maar om oortuiging te bring dat die getuie
kan fouteer, hetsy weens 'n
defektiewe rekolleksie of weens
oneerlikheid (sien
Wigmore
a w paragraaf 1017). In die
geval van self-weerspreking, in die besonder, word tereg deur
Wigmore (t a p paragraaf 1018) gesê
:
'(a) Since, in the words
of Chief Baron Gilbert (§ 1017
supra
), it is "the
repugnancy of his evidence" that discredits him, obviously the
prior self-contradiction is not used
assertively
; i.e., we
are not asked to believe his prior statement as testimony, and we do
not have to choose between the two (as we do
choose in the case of
ordinary contradictions by other witnesses). We simply set the two
against each other, perceive that
both cannot be correct, and
immediately conclude that he has erred in one or the other - but
without determining which one.
It is the repugnancy and
inconsistency that demonstrates his error, and not the superior
credibility of the prior statement.
Thus, we do not necessarily
accept his former statement as replacing his present one.'
Wigmore
se
benadering t a p is onderskryf in
S v Oosthuizen
1982 (3) SA
571
(T) deur Nicholas R op 576 A - 577 B, wat op sy beurt deur
hierdie Hof in
S v Mkohle
1990 (1) SA SV 95 (A) op 98 f -
g goedgekeur is.
Die blote feit dat daar
self-weersprekings voor hande is, moet deur 'n hof met omsigtigheid
benader word. Eerstens moet nougeset
vasgestel word wat die getuie
werklik bedoel het om op elke geleentheid te sê, ten einde te
bepaal of daar 'n weerspreking
voor hande is en wat die presiese
omvang daarvan is. In hierdie verband moet die feite-beoordeelaar
in ag neem dat 'n vorige
verklaring nie by wyse van kruisverhoor
afgeneem is nie, dat daar taal- en kultuurverskille tussen die
getuie en die opskrifsteller
mag wees wat die korrektheid van wat
presies bedoel is in die weg staan, en dat die verklaarder selde of
ooit deur 'n polisiebeampte
gevra word om in detail sy of haar
verklaring te verduidelik. Die eerste sin in paragraaf 8 van die
klaagster se verklaring
is 'n duidelike geval waar 'n meer
nougesette benaderingswyse aan die kant van die afnemer van die
verklaring die gewraakte sin
sou opgeklaar en verhelder het of
anders bewoord het. (Sien oor die gevare van vertaalde getuienis
en m i,
a fortiori
, polisieverklarings,
R v Gumede
1949 (3) SA 749
(A) op 757
in fine
.
Tweedens moet dit
steeds voor oë gehou word dat nie elke fout deur 'n getuie en
nie elke weerspreking of afwyking die getuie
se geloofwaardigheid
aantas nie (sien
S v Mkohle
1990 (1) SASV 95 (A) op 98 f - g).
Nie-wesenlike afwykings is nie noodwendig relevant nie. (Sien
S
v Bruiners en 'n Ander
1998 (2) SASV 432 (SOKPA) op 437 g e v.)
Derdens moet die
weersprekende weergawes steeds oorweeg en ge-evalueer word op 'n
holistiese basis. Die omstandighede waaronder
die weergawes gemaak
is, die bewese redes vir die weersprekings, die werklike effek van
die weersprekings ten aansien van die
getuie se betroubaarheid of
geloofwaardigheid, en die vraag of die getuie voldoende geleentheid
gehad het om die weersprekings
te verduidelik - en die kwaliteit
van dié verduidelikings - en die samehang van die
weersprekings met die res van
die getuie se getuienis moet o a in ag
geneem en opgeweeg word. (Sien
S v Mkohle, supra
, op 98 f -
g; sien ook
R v Gumede
,
supra
, op 756 - 758
in
medio
;
S v Jochems
1991 (1) SASV 208 (A) op 211 f - j;
S v Bruiners en 'n Ander
,
supra
, op 437 i - 438 a.)
Ten slotte word die
eindtaak van die verhoorregter nl om die gewig van die vorige
verklaring teen dié van die
viva voce
getuienis op te
weeg, ook in hierdie soort gevalle tereg soos volg in
S v Sauls
and Others
1981 (3) SA 172
(A) op 180 F saamgevat :
'The trial Judge will
weigh his evidence, will consider its merits and demerits and,
having done so, will decide whether it is
trustworthy and whether,
despite the fact that there are shortcomings or defects or
contradictions in the testimony, he is satisfied
that the truth has
been told.'
(Sien ook
S v Kgoloko
1991 (2) SASV 203 (A) op 207 d â e.)
Na my mening het die
agbare verhoorregter te veel gewig gegee aan die enkele sin in
paragraaf 8 van die klaagster se polisie-verklaring.
Die
verduidelking wat sy vir dié, oënskynlik-weersprekende,
sin gegee het, is nie behoorlik in ag geneem nie; ook
nie die
omstandighede, soos blyk uit die getuienis voor die hof, waaronder
die verklaring afgeneem is nie. Dit was maar twee
dae na die
skokkende aanranding en verkragting op die klaagster, 'n 65-jarige
vrou. Veral haar getuienis, deur die kruisverhoorder
ontlok, van
wat sy bedoel het om te sê, is nie deur die hof
a quo
oorweeg nie. En waar daar 'n aanval was deur die verdediging op
die klaagster se betroubaarheid en geloofwaardigheid oor die
aantal
persone wat haar verkrag het, moes die hof
a quo
in die
evaluasie-proses ook die getuienis van Sylvia Ngoeza in ag geneem
het - wat nie gedoen is nie. Dit moet alles afgeweeg
word teen
die goeie indruk wat die klaagster as getuie gemaak het.
Ek meen dus dat die hof
a quo
verkeerdelik beslis het dat hy redelikerwys twyfel aan
die klaagster se weergawe dat sy deur vier mans aangerand was. Die
verhoorhof
moes bevind het, alles in ag genome, dat daar geen
redelike twyfel oor dié feit bestaan nie.
Dit is natuurlik so dat
'n hof van appèl nie ligtelike met 'n feite-bevinding, selfs
'n afleiding uit bewese feite, van
'n verhoorhof sal inmeng nie.
Maar hierdie stelling is niks meer as 'n riglyn nie en is nie 'n
regsreël nie (
R v Dhlumayo and Another
1948 (2) SA 617
(A) op 695
in fine
e v) en waar 'n hof van appèl
oortuig is dat die verhoorhof 'n verkeerde feitebeslissing gemaak
het, moet hy dit regstel.
(Sien
S v Mkohle
,
supra
,
op 100 e - f;
President of the RSA and Others v South African
Rugby Football Union and Others
2000 (1) SA 1
(CC) op 42, [78] â
[81].)
In die onderhawige saak
was dit dus onnodig vir die geleerde verhoorregter om die vier
beskuldigdes op die basis van die leerstuk
van gemeenskaplike doel
skuldig te bevind. Hy moes hulle op die basis van direkte
daderskap skuldig bevind het. Ek laat my
dan ook glad nie uit oor
die vraagstuk of 'n skuldigbevinding aan 'n aanklag van verkragting
op die basis van gemelde leerstuk
regtens houdbaar is nie. Die
skuldigbevindinge van die hof
a quo
ten opsigte van die
verkragtingsaanklagte moet dus gehandhaaf word, maar op 'n ander
basis, soos aangedui.
Wat die vonnisse met
betrekking tot die aanklagte van huisbraak met die opset om te steel
en roof (aanklag 1) en met betrekking
tot verkragting (aanklag 2)
betref, is dit gemenesaak dat
(a) ten opsigte van
aanklag 1 (roof met verswarende omstandighede) die minimum
wetlik-voorgeskrewe vonnis in geval van 'n eerste
oortreder 15 jaar
gevangenisstraf was en, in geval van 'n tweede oortreder, 20 jaar
gevangenisstraf - sien art 51 van Wet 105
van 1997 saamgelees met
Deel II van Bylae 2 tot dié Wet en,
(b) ten opsigte van
aanklag 2, 'n wetlik-verpligte minimum lewenslange gevangenisstraf
voorgeskryf is, (Deel 1 (a) (i) van Bylae
2 tot gemelde Wet), tensy
in beide gevalle, die hof tevrede is dat daar 'wesenlike en
dwingende omstandighede' bestaan wat die
oplegging van 'n mindere
vonnis regverdig.
Die verhoorhof het
gemelde bepalings korrek toegepas en bevind dat daar geen sodanige
'wesenlike en dwingende omstandighede' aanwesig
was nie. Die feit
van die appellante se jeugdigheid (appellant 1 was 19 jaar oud toe
die verkragting gepleeg is; appellant
2, 24 jaar, en appellant 3,
20 jaar) en hul rekords (appellant 1 geen vorige veroordelings nie;
appellant 2 drie vorige veroordelings
aan diefstal van 'n mindere
aard; appellant 3 'n vorige veroordeling in 1993 aan roof en in
1997 aan diefstal) is deur die verhoorhof
in ag geneem. Daarenteen
is die omstandighede van die misdade in ag geneem. Hieroor het die
geleerde verhoorregter hom as
volg uitgelaat :
'In considering whether
or not substantial and compelling circumstances justifying the
imposition of lesser sentences than those
prescribed, it is
necessary for me to weigh the personal circumstances of the four
accused against the seriousness of the crimes
committed by them and
the circumstances surrounding the commission thereof. The crimes
committed by the four accused are undoubtedly
of an extremely
serious nature.
In the present case the
complainant was in bed asleep in her bedroom in her home. She had
taken all reasonable precautions
for her safety, by ensuring that
her home was burglar barred and that there were security gates
fitted to all her outside doors.
Unfortunately the window of the
new room which she had built onto her home had not yet had
burglarbars fitted. It was through
this window that the accused
forced entry. After breaking in the four accused behaved like
hooligans. Their conduct is unforgivable.
They woke an elderly
lade of 66 years of age from her sleep and proceeded to rape her one
after the other in her own bed where
she had been sleeping. What
pleasure the four accused could have derived from their actions
eludes me. Not only did they
rape the complainant, but they
terrorised her, one of them inflicting stab wounds to her left arm
and hand while she was being
raped by another. She was also
threatened with death and the suggestion was made that her hand be
chopped off. What is more,
after the rape her hands and feet were
bound together and she was gagged before being locked in the toilet.
She was also subjected
to the indignity of being ordered to
urinate in an attempt to remove traces of spermatozoa.
The callous manner in
which the four accused went about their task is best illustrated by
the remark made by one of them to
the complainant to the effect that
the things which she had seen happening on television were now
happening to her. The robbery
was continuing while the complainant
was being raped. even to the extent that one of the accused was
attempting to pull off her
wedding ring while another was raping
her. This type of animal-like behaviour cannot, and will not, be
tolerated by our courts
and is deserving of the most severe
penalties. The interests of the community demand the imposition of
heavy sentences for
this type of behaviour. This elderly lady was
subjected to an experience which will remain with her for the rest
of her life.
It is indeed fortunate that she was not more
seriously injured than she was. What did the complainant do to
deserve this
treatment? She took every step to ensure her safety,
to no avail.'
En weer :
'When persons of their
ages commit crimes of this nature they must expect to be treated as
adults.
After giving careful
consideration to the cumulative effect of the arguments advanced on
behalf of accused no's 1, 2 and 3, I
have not been persuaded that
substantial and compelling circumstances exist for the imposition of
lesser sentences than the prescribed
minimum where they are
concerned. Nor do I consider, having regard to the seriousness of
the crimes committed, that the imposition
of the prescribed minimum
sentences would lead to an injustice. This finding applies to both
counts 1 and 2.'
Met hierde uitlatings
stem ek volkome saam. Daar is geen rede om met die opgelegde
vonnisse in te meng nie.
Die appèlle van
al drie die appellante teen sowel die skuldigbevindings aan aanklag
2 as die vonnisse opgelê met
betrekking tot aanklagte 1 en 2
word van die hand gewys.
P J J OLIVIER AR
SAMESTEMMEND:
NUGENT
AR
CONRADIE
AR