Afrox Healthcare Bpk v Strydom (172/2001) [2002] ZASCA 73; 2002 (6) SA 21 (SCA) [2002] 4 All SA 125 (SCA) (31 May 2002)

82 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Exclusion clause — Validity of exclusion clause in hospital admission agreement — Respondent admitted to private hospital for surgery and post-operative care, claiming negligence by nursing staff caused significant damages — Appellant relied on exclusion clause in admission document to deny liability — Court a quo found clause unenforceable based on public policy and good faith principles — Appeal court held that the onus was on the appellant to prove the enforceability of the clause, and that the clause could be valid unless proven contrary to public interest — Appeal upheld, exclusion clause found enforceable.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2002
>>
[2002] ZASCA 73
|

|

Afrox Healthcare Bpk v Strydom (172/2001) [2002] ZASCA 73; 2002 (6) SA 21 (SCA) [2002] 4 All SA 125 (SCA) (31 May 2002)

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
SAAK NO: 172/2001
In die appèl van:
AFROX HEALTHCARE BEPERK
Appellant
en
CHRISTIAAN GEORGE
STRYDOM
Respondent
_____________________________________________________________
CORAM:
NIENABER,
HARMS, ZULMAN, MPATI en
BRAND ARR
_____________________________________________________________
Verhoordatum: 13 Mei 2002
Datum van Uitspraak: 31 Mei 2002
Privaat hospitaal - vrywaring teen nalatigheid van
verpleegpersoneel - openbare belang - art 27 van die Grondwet -
stare
decisis
in konsitusionele konteks - rol van beginsels van
goeie trou - wanvoorstelling deur stilswye oor kontraksbepalings.
_____________________________________________________________
U I T S P R A A K
_____________________________________________________________
BRAND AR
BRAND AR
[1]
Is 'n
kontraktuele beding wat 'n hospitaal teen aanspreeklikheid vir die
nalatigheid van sy verpleegpersoneel vrywaar, geldig en
afdwingbaar?
Dit is die kernvraag in hierdie appèl.
[2]
Die
appellant is die eienaar van 'n privaat hospitaal in Pretoria. Die
respondent is in die hospitaal opgeneem vir 'n operasie
en
post-operatiewe mediese behandeling. By opname het daar kennelik 'n
ooreenkoms tussen die partye tot stand gekom. Volgens
die
respondent was dit 'n stitswyende bepaling van hierdie ooreenkoms dat
die appellant se verpleegpersoneel hom op 'n professionele
wyse en
met redelike sorg sou behandel. Na die operasie het komplikasies
ingetree wat na bewering veroorsaak is toe 'n verpleegster
nalatig
was deur 'n verband te styf aan te sit waardeur die bloedsomloop na
'n sensitiewe post-operatiewe area afgebind is. Hierdie
nalatige
optrede van die verpleegster het, volgens die respondent,
kontrakbreuk aan die kant van die appellant daargestel wat vir
hom,
weens die komplikasies wat dit meegebring het, skade van meer as
R2 miljoen veroorsaak het. Gevolglik het die respondent
in die
Transvaalse Hooggeregshof 'n aksie teen die appellant ingestel waarin
hy die appellant vir hierdie skade aangespreek het.
[3]
Benewens
ander verwere, het die appellant hom op klousule 2.2 van die
toelatingsdokument beroep wat die respondent tydens sy opname
in die
hospitaal onderteken het. Hierdie klousule lui soos volg:
'2.
Uitsluiting van aanspreeklikheid
2.1 ...
2.2 Ek onthef die hospitaal en/of sy werknemers en/of
agente van alle aanspreeklikheid en ek vrywaar hulle hiermee teen
enige eis
wat ingestel word deur enige persoon (insluitende 'n
afhanklike van die pasiënt) weens skade of verlies van watter
aard ookal
(insluitende gevolgskade of spesiale skade van enige aard)
wat direk of indirek spruit uit enige besering (insluitende
noodlottige
besering) opgedoen deur of skade berokken aan die Pasiënt
of enige siekte (insluitende terminale siekte) opgedoen deur die
Pasiënt
wat ook al die oorsaak/oorsake is, net met die
uitsluiting van opsetlike versuim deur die hospitaal, werknemers of
agente.'
[4]
Die
respondent het nie ontken dat hy die toelatingsdokument by sy opname
onderteken het nie. Desondanks het hy verskeie redes aangevoer
waarom die bepalings van die klousule nie teenoor hom afdwingbaar is
nie.
[5]
Tydens die
voorverhoorkonferensie het die respondent toegegee dat aangesien sy
eis binne die kader van klousule 2.2 val, 'n bevinding
dat die
klousule teen hom afdwingbaar is, noodwendig tot die afwysing van sy
vordering met koste moes lei. In die lig hiervan het
die partye
ooreengekom om te vra dat die geskilpunte rakende die afdwingbaarheid
van klousule 2.2, ingevolge hofreël 33(4),
afsonderlik van die
ander geskilpunte en ter aanvang bereg word. Die Hof
a
quo
(Mavundla Wnde R) het aan hierdie versoek
gehoor gegee. In die verrigtinge wat gevolg het, is slegs een getuie
namens elkeen van
die partye geroep. Die respondent het getuig
waarna die appellant mnr C Buitendag wat as opnameklerk van die
hospitaal die respondent
se opname behartig het, as getuie geroep
het. Aan die einde van die verrigtinge het Mavundla Wnde R die
respondent se standpunt
gehandhaaf dat klousule 2.2 nie teen hom
afdwingbaar is nie. Teen hierdie beslissing kom die appellant nou,
met verlof van die
Hof
a quo,
in hoër beroep.
[6]
Die Hof
a
quo
het van die vertrekpunt uitgegaan dat die
onus
op die appellant
gerus het om aan te toon dat die bepalings van klousule 2.2 teenoor
die respondent afdwingbaar is. As gesag vir
hierdie standpunt het
hy verwys na
Durban's Water Wonderland (Pty)
Ltd v Botha and Another
1999 (1) SA 982
(SCA). Hierdie beslissing is egter juis gesag vir die
teenoorgestelde. Dit blyk uit die volgende
dictum
van Scott AR te 991C-D:
'The respondents' claims were founded in delict. The
appellant relied on a contract in terms of which liability for
negligence was
excluded. It accordingly bore the
onus
of
establishing the terms of the contract. (
The position would have
been otherwise had the respondents sued in contract. See
Stocks
& Stocks (Pty) Ltd v TJ Daly & Sons (Pty) Ltd
1979
(3) SA 754
(A) at 762E-767C)
' (my beklemtoning).
Wat die Verhoorregter klaarblyklik
uit die oog verloor het, is dat die respondent in hierdie saak sy
aksie juis op kontrak gebaseer
het.
[7]
Die gronde waarop die
respondent hom ter ondersteuning van sy standpunt beroep dat klousule
2.2 nie teenoor hom afdwingbaar is nie,
kan onder die volgende drie
hoofde saamgevat word:
(a) Die klousule is teen die openbare belang.
(b) Die klousule is in stryd met die beginsels van
goeie trou.
(c) Die
opnameklerk het 'n regsplig gehad om die respondent se aandag op
klousule 2.2 ten tyde van kontraksluiting te vestig, wat
hy nie
gedoen het nie.
Openbare
belang:
[8]
'n
Kontraksbepaling wat dermate onbillik is dat dit met die openbare
belang, in stryd is, is regtens onafdwingbaar. Hierdie beginsel
is
onder meer deur hierdie Hof in
Sasfin (Pty)
Ltd v Beukes
1989 (1) SA 1
(A) en
Botha
(now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd
1989 (3) SA 773
(A) erken en toegepas. In die
Sasfin-
saak
(9B-F) rig Smalberger AR egter die volgende woorde van waarskuwing:
'The power to
declare contracts contrary to public policy should, however, be
exercised sparingly and only in the clearest of cases,
lest
uncertainty as to the validity of contracts result from an arbitrary
and indiscriminate use of the power. One must be careful
not to
conclude that a contract is contrary to public policy merely because
its terms (or some of them) offend one's individual sense
of
propriety and fairness. In the words of Lord Atkin in
Fender v
St John-Mildmay
1938 AC 1
(HL) at 12: ...
”
the
doctrine should only be invoked in clear cases in which the harm to
the public is substantially incontestable, and does not depend
upon
the idiosyncratic inferences of a few judicial minds" ...
In grappling
with this often difficult problem it must be borne in mind that
public policy generally favours the utmost freedom of
contract, and
requires that commercial transactions should not be unduly trammelled
by restrictions on that freedom.'
Hierdie
vermanende woorde is veral in die onlangse verlede by herhaling deur
hierdie Hof met nadruk bevestig. (Sien byvoorbeeld
Brummer
v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere
1999
(3) SA 389
(SCA) op 420F;
De Beer v Keyser
and Others
2002 (1) SA 827
(SCA) op 837C-E;
Brisley v Drotsky
(saaknommer 432/2000 gelewer op 28 Maart 2002 - gesamentlike
meerderheidsuitspraak par 31.)
[9]
Wat
uitsluitings- of vrywaringsklousules soos klousule 2.2, betref is die
algemene benadering in ons reg dat sodanige klousules, ofskoon
geldig
en afdwingbaar, hulle beperkend uitgelê moet word. (Sien
byvoorbeeld
Government of the Republic of
South Africa v Fibre Spinners & Weavers (Pty) Ltd
1978
(2) SA 794
(A) op 804 C-806 D en
Durban's
Water Wonderland (Pty) Ltd v Botha and Another (supra)
op 989G-I.) In standaard kontrakte het hierdie tipe klousules dan
ook eerder die reël as die uitsondering geword. Wat die
perke
van sulke klousules betref, word dit blykbaar grotendeels bepaal deur
wat besigheidsoorwegings, soos die opweging van besparing
aan
versekeringspremies, mededingendheid en die moontlike afskrikking van
potensiële kliënte. (Sien, byvoorbeeld, Christie
The
Law of Contract in South Africa
4
e
uitgawe 209).
[10]
Die
feit dat uitsluitingsklousules as 'n spesie in beginsel afgedwing
word, beteken uiteraard nie dat 'n bepaalde uitsluitingsklousule
nie
deur die Hof as strydig met die openbare belang en derhalwe as
onafdwingbaar verklaar kan word nie. Die bekendste voorbeeld
van 'n
geval waar dit wel gebeur het, is waarskylik die beslissing in
Wells
v South African Alumenite Company
1927 AD 69
op 72 waarvolgens 'n kontraksbeding wat aanspreeklikheid vir bedrog
uitsluit, as strydig met die openbare belang en derhalwe ongeldig
verklaar is. Die maatstaf wat aangewend word met betrekking tot
uitsluitingsklousules verskil egter nie van dié wat geld
vir
ander kontraksbedinge wat, na bewering, weens oorwegings van openbare
belang ongeldig is nie. Die vraag is telkens of die handhawing
van
die betrokke uitsluitingsklousule of ander kontraksbeding, hetsy
weens uiterste onbillikheid, hetsy weens ander beleidsoorwegings,
met
die belange van die gemeenskap strydig sal wees.
[11]
Die
drie gronde waarop die respondent vir sy beroep op openbare belang
steun, is:
(a) die
ongelyke bedingingsposisie tussen die partye by die aangaan van die
ooreenkoms;
(b) die aard
en omvang van die handelinge van die hospitaalpersoneel waarteen die
appellant gevrywaar word;
(c) die feit
dat die appellant die verskaffer van mediese dienste is.
[12]
Wat
die eerste grond betref spreek dit eintlik vanself dat 'n
ongelykheid in die bedingingsmag van die partye tot 'n kontrak op
sigself nie die afleiding regverdig dat 'n kontraksbeding wat tot
voordeel van die 'sterker' party is, noodwendig teen die openbare
belang sal wees nie. Terselfdertyd moet aanvaar word dat ongelyke
bedingingsmag wel 'n faktor is wat, tesame met ander faktore,
by
oorweging van die openbare belang 'n rol kan speel. Desondanks is
die antwoord op die respondent se beroep op hierdie faktor
in die
onderhawige saak, dat daar hoegenaamd geen getuienis is wat daarop
dui dat die respondent tydens kontraksluiting inderdaad
in 'n swakker
bedingingsposisie as die appellant verkeer het nie.
[13]
Die
respondent se tweede grond van beswaar wat op die potensiële
trefwydte van klousule 2.2, betrekking het sluit in 'n mate
by sy
derde grond aan. Hiervolgens is die respondent se beswaar dat, terwyl
dit die appellant se plig as hospitaal is om mediese
behandeling op
'n professionele en sorgsame wyse te verskaf, klousule 2.2 so ver
gaan as om die appellant selfs teen die growwe nalatigheid
van sy
verpleegpersoneel te vrywaar. Dit, so voer die respondent aan, is
in stryd met die openbare belang. Hoewel daar in Strauss,
Doctor, Patient and the Law
3
e
uitgawe 305, direkte steun te vinde is vir die betoog, dat die
vrywaring van 'n hospitaal teen die growwe nalatigheid van sy
verpleegpersoneel
met die openbare belang strydig sal wees, moet by
die beoordeling van die onderhawige grond van beswaar in gedagte
gehou word dat
die respondent hom nie in sy pleitstukke op growwe
nalatigheid aan die kant van die appellant se verpleegpersoneel
beroep nie.
Hy steun op nalatigheid sonder meer. Die vraag, of
die kontraktuele uitsluiting van 'n hospitaal se aanspreeklikheid vir
skade
wat deur die growwe nalatigheid van sy verpleegpersoneel
veroorsaak is, met die openbare belang in stryd sal wees, kom dus nie
in
hierdie saak ter sprake nie. Selfs die aanvaarding dat dit wel
die geval is, sou nie outomaties die ongeldigheid van klousule 2.2
meebring nie. Waarskynlik sou die bepalings van die klousule in dié
geval eerder by wyse van uitleg beperk word om growwe
nalatigheid uit
te sluit. Weereens bied die beslissing in
Wells
v South African Alumenite Company (supra)
'n
treffende illustrasie. Nadat Innes HR beslis het dat die
uitsluitingsklousule wat in die
Wells
saak ter sprake was, by 'n letterlike uitleg daarvan, wyd genoeg was
om ook aanspreeklikheid vir bedrog uit te sluit en dat 'n
kontraksbeding
wat aanspreeklikheid vir bedrog uitsluit, weens redes
van openbare belang ongeldig is, laat hy hom op 72
in
fine
- 73 soos volg uit:
'Hence
contractual conditions by which one of the parties engages to verify
all representations for himself, and not to rely upon
them as
inducing the contract, must be confined to honest mistake or honest
representations.
However wide the language, the Court will cut
down and confine its operations within those limits
(my
beklemtoning).
[14]
Die
derde grond waarop die respondent vir sy beroep op openbare belang
steun, hou verband met die feit dat die appellant die verskaffer
van
mediese sorg is. Hiervolgens sou dit vir verskaffers van mediese
sorg in die algemeen ontoelaatbaar wees om 'n vrywaringklousule
soos
klousule 2.2 in standaard kontrakte in te voeg. Vir hierdie
standpunt verlaat die respondent hom op artikel 27(1)(a) van die
Grondwet, 1996 waarin elke persoon se reg op mediese sorg onderskryf
word. Soos ek die uitspraak van die Hof
a
quo
verstaan, is dit by uitstek die grond
waarop die beslissing ten gunste van die respondent gefundeer is.
[15]
Die
respondent beroep hom nie daarop dat klousule 2.2 op 'n direkte wyse
op die konstitusionele waardes wat in artikel 27(1)(a) verskans
is,
inbreuk maak nie. So 'n beroep nie sou kennelik kon slaag nie.
Selfs op die aanvaarding dat artikel 27(1)(a) ingevolge artikel
8(2)
van die Grondwet ook horisontale werking het en gevolglik ook privaat
hospitale bind - welke vraag nie pertinent in hierdie
saak beslis
hoef te word nie - verhoed klousule 2.2 immers nie die toegang van
enige persoon tot mediese sorg nie. Steeds uitgaande
van die
veronderstelling dat artikel 27(1)(a) privaat hospitale bind, sal
hierdie artikel klaarblyklik ook nie privaat hospitale
verhoed om
vergoeding vir mediese dienste te vra of om regtens afdwingbare
voorwaardes vir die verskaffing daarvan te stel nie.
Die vraag bly
dus steeds of klousule 2.2 so 'n regtens afdwingbare voorwaarde is,
al dan nie.
[16]
Volgens
die respondent se betoog word die rol van artikel 27(1)(a) in
onderhawige verband ingelui deur die bepaling van artikel 39(2)
van
die Grondwet, waarvolgens elke hof verplig is om by die ontwikkeling
van die gemenereg, die gees, strekking en oogmerke wat in
die Handves
van Regte vervat is, te bevorder. Die effek van artikel 39(2), so
is namens die respondent betoog, is dat daar by
die oorweging van die
vraag of 'n bepaalde kontraksbepaling met die openbare belang in
stryd is, aggeslaan moet word op die fundamentele
regte wat in die
Grondwet onderskryf word. Op die aanname dat klousule 2.2 vóór
die aanvaarding van die Grondwet
afdwingbaar was, so het die betoog
voorts gelui, is dit nou na die aanvaarding in stryd met die 'gees,
strekking en oogmerk' van
artikel 27(1)(a) en gevolglik is dit met
die openbare belang in stryd.
[17]
Aangesien
die Grondwet eers op 4 Februarie 1997 in werking getree het, terwyl
die ooreenkoms tussen die partye reeds op 15 Augustus
1995 aangegaan
is, is die eerste vraag wat by beoordeling van hierdie argument
ontstaan of artikel 39(2) die Hof magtig - en verplig
- om op
konstitusionele bepalings ag te slaan wat nog nie in werking was toe
die kontraktuele verhouding tussen die partye ontstaan
het nie. Wat
direkte skending betref, het die Grondwet geen terugwerkende krag
nie. Handelinge wat geldig was toe dit aangegaan
is, word dus nie
retrospektief vanweë die direkte werking van die Grondwet met
ongeldigheid getref nie. (Sien, byvoorbeeld,)
D
u
Plessis and Others v De Klerk and Another
[1996] ZACC 10
;
1996 (3) SA 850
(CC) par 14;
Gardener v
Whitaker
[1996] ZACC 11
;
1996 (4) SA 337
(CC) par 13.) Die
vraag aangaande die moontlike terugwerkende invloed van die Grondwet
op die indirekte wyse wat in artikel 39(2)
beoog word, is egter nog
nie pertinent beslis nie. Dat hierdie vraag nie so eenvoudig is nie
blyk byvoorbeeld uit
Ryland v Edros
1997 (2) SA 690
(C) op 709G - 710C en
Amod v
Multilateral Motor Vehicle Accidents Fund
(Commission for Gender Equality Intervening)
1999 (4) SA 1319
(SCA) op 1329 A-E par 22. Ek vind dit onnodig om
'n afdoende antwoord op hierdie vraag te probeer gee. In die lig
van die mening
wat ek oor die effek van artikel 27(1)(a) op die
geldigheid van klousule 2.2 nahou, is ek bereid om ten gunste van die
respondent
te aanvaar dat die bepalings van artikel 27(1)(a) wel in
ag geneem moet word ofskoon dit nie gegeld het toe die onderhawige
ooreenkoms
op 15 Augustus 1995 aangegaan is en daar ook geen
ooreenstemmende bepaling in die interim Grondwet, 200 van 1992, was
nie.
[18]
In
Carmichele v Minister of Safety and Security
and Another (Center for Applied Legal Studies Intervening)
[2001] ZACC 22
;
2001 (4) SA 938
(CC) par 35 ev is beslis dat, by die toepassing van
artikel 39(2) van die Grondwet, die vasstelling van wat die
opvattings van die
gemeenskap vir doeleindes van die deliktereg
voorskryf, nie sonder inagneming van die waardes wat die Grondwet
onderskryf, kan geskied
nie. Ek het geen twyfel dat dieselfde
beginsel ook by die oorweging geld of 'n bepaalde kontraksbepaling
met die belange van die
gemeenskap in stryd is nie. Of, soos
Cameron AR dit in
Brisley v Drotsky (supra)
par 4 stel:
'Public policy
... nullifies agreements offensive in themselves - a doctrine of
considerable antiquity. In its modern guise "public
policy"
is now rooted in our Constitution and the fundamental values it
enshrines.'
[19]
By
die toepassing van hierdie beginsel is die enigste grondwetlike
waarde waarop die respondent hom beroep dié wat onderskryf
word in artikel 27(1)(a). Dit lei onmiddellik tot die vraag: hoekom
is klousule 2.2 nou juis strydig met artikel 27(1)(a)? Dit
is
immers - en tereg - deur die respondent toegegee dat klousule 2.2 nie
in die weg van die verskaffing van mediese dienste aan enige
persoon
staan nie en dat 'n hospitaal se aandrang op regtens aanvaarbare
voorwaardes vir die verskaffing van mediese dienste ook
nie strydig
met artikel 27(1)(a) is nie.
[20]
Die
respondent se antwoord op die gestelde vraag is gebaseer op die
uitgangspunt dat terwyl die grondwetlike waarde wat in artikel
27(1)(a) onderskryf word, nie slegs die verskaffing van mediese
dienste sonder meer nie, maar die verskaffing van sodanige dienste
op
'n professionele en sorgsame - oftewel nie-nalatige wyse - behels
klousule 2.2 juis onprofessionele optrede en nalatigheid in
die
verskaffing van mediese dienste bevorder deur die sanksie daarteen
uit die weg te ruim. Gevolglik is klousule 2.2 strydig met
die
waardes wat in artikel 27(1)(a) onderskryf word en derhalwe in stryd
met die openbare belang.
[21]
Die
antwoord op hierdie argument is na my oordeel dat die hele onderbou
daarvan naamlik dat klousule 2.2 nalatige en onprofessionele
optrede
deur die appellant se verpleegpersoneel sou bevorder, op 'n
non
sequitur
berus. Eerstens is die appellant
se verpleegpersoneel steeds aan hulle professionele kode gebonde en
is hulle steeds aan die statutêre
gesag van hul professionele
liggaam onderworpe. Tweedens sal nalatige optrede deur die
appellant se verpleegpersoneel nouliks vir
die appellant se
reputasie en mededingendheid as 'n privaat hospitaal bevorderlik
wees. Derdens kom die respondent se argumentin
effek daarop neer
dat die appellant se verpleegpersoneel weens die bestaan van klousule
2.2 doelbewus (oftewel opsetlik), nalatig
sal wees, iets wat
uiteraard op 'n selfweerspreking neerkom.
[22]
Hierbenewens
is artikel 27(1)(a) nie die enigste konstitusionele waarde wat in
onderhawige verband ter sprake kom nie. Soos Cameron
AR dit in
Brisley v Drotsky (supra)
par
7 stel:
'[T]he
Constitutional values of dignity and equality and freedom require
that the courts approach their task of striking down contracts
or
declining to enforce them with perceptive restraint ... contractual
autonomy is part of freedom. Shorn of its obscene excesses,
contractual autonomy informs also the constitutional value of
dignity.'
[23]
Die
grondwetlike waarde van kontrakteersvryheid omvat, op sy beurt weer
die beginsel wat in die stelreël
'pacta
sunt servanda'
uitdrukking vind. Hierdie
beginsel word deur Steyn HR in
SA Sentrale
Ko-op Graanmaatskappy Beperk v Shifren en Andere
1964
(4) SA 760
(A) op 767A saamgevat as synde:
'
die
elementêre en grondliggende algemene beginsel dat kontrakte wat
vryelik en in alle erns deur bevoegde partye aangegaan is,
in die
openbare belang afgedwing word.'
[24]
In
die lig van hierdie oorwegings kan die respondent se standpunt dat 'n
kontraktuele beding waarvolgens 'n hospitaal teen die nalatige
optrede van sy verpleegpersoneel gevrywaar word in beginsel strydig
is met die openbare belang, dus nie gehandhaaf word nie.
[25]
'n
Aangeleentheid wat nie direk verband hou met die uitslag van hierdie
saak nie, maar wat na my mening tog enkele opmerkings verdien,
spruit
voort uit die volgende uitlating deur die Hof
a
quo
:
'Section 39
[van die Grondwet] implicitly enjoins every court to develop common
law or customary law. In my mind the tendency of
lower courts
blindly following the path chartered many years ago until altered by
the higher court (stare decisis) is not consonant
with the provisions
of section 39 of the Constitution.'
[26]
Indien
die Verhoorhof hiermee bedoel het dat die beginsels van
stare
decisis
as 'n algemene reël nie by die
toepassing van artikel 39(2) geld nie is hy, minstens wat
post-konstitusionele beslissings betref,
duidelik verkeerd. Dit
blyk uit die volgende
dicta
van Kriegler R in
Ex Parte The Minister of
Safety and Security and Others. In Re:
The
State v Walters and Another
(CCT 28/01,
gelewer op 21 Mei 2002) ('die
Walters
saak') par 60:
'[T]he
Constitution enjoins all courts to interpret legislation and to
develop the common law in accordance with the spirit, purport
and
objects of the Bill of Rights. In doing so, courts are bound to
accept the authority and the binding force of applicable decisions
of
higher tribunals.'
En in par 61:
'High courts
are obliged to follow legal interpretations of the SCA, whether they
relate to constitutional issues or to other issues,
and remain so
obliged unless and until the SCA itself decides otherwise or this
Court does so in respect of a constitutional issue.
It should be
made plain, however, that this part of the judgment does not deal
with the binding effect of decisions of higher tribunals
given before
the constitutional era.'
[27]
Wat
pre-konstitusionele beslissings van hierdie Hof aangaande die
gemenereg betref, moet myns insiens onderskei word tussen drie
situasies wat in die konstitusionele konteks kan ontstaan.
Eerstens, die situasie waar die Hooggeregshof oortuig is dat die
betrokke
reël van die gemenereg in stryd is met 'n grondwetlike
bepaling. In dié geval is die Hooggeregshof verplig om van
die gemenereg af te wyk. Die feit dat die betrokke reël van
die gemenereg pre-kontitusioneel deur hierdie Hof neergelê
is,
maak geen verskil nie. Die Grondwet is die hoogste reg en waar 'n
reël van die gemenereg daarmee in stryd is, moet laasgenoemde
wyk.
[28]
Die
tweede moontlike situasie is waar die pre-konstitusionele beslissing
van hierdie Hof gebaseer was op oorwegings soos
boni mores
of openbare belang. Indien die
Hooggeregshof van oordeel is dat hierdie beslissing, met inagneming
van konstitusionele waardes,
nie meer die
boni
mores
of die oorwegings van openbare belang
juis reflekteer nie, is die Hooggeregshof verplig om daarvan af te
wyk. So 'n afwyking is
nie in stryd met die beginsels van
stare
decisis
nie aangesien in elk geval aanvaar
word dat die
boni mores
en oorwegings van openbare belang nie staties bly nie. Voorbeelde
hiervan is te vinde in
Ryland v Edros (supra),
Amod v Multilateral Motor Vehicle Accident Fund(Commission for Gender
Equality Intervening (supra)
asook
Carmichelle v Minister of Safety and Security and Another (Center for
Applied Legal Studies Intervening) (supra).
[29]
Die
derde situasie wat kan ontstaan, is die volgende: die reël van
die gemenereg wat in 'n pre-konstitusionele beslissing van
hierdie
Hof neergelê is, is nie direk in stryd met enige spesifieke
bepaling van die Grondwet nie. Dit is ook nie afhanklik
van
veranderende oorwegings soos
boni mores
of openbare belang nie. Desondanks is die Hooggeregshof oortuig dat
die betrokke gemeneregtelike reël, by die toepassing van
artikel
39(2), verander moet word ten einde die gees, strekking en oogmerk
van die Grondwet te bevorder. Is die Hooggeregshof in
hierdie geval
by magte om uiting te gee aan sy oortuigings of is hy steeds deur die
beginsels van
stare decisis
gebonde om die gemenereg toe te pas soos pre-konstitusioneel deur
hierdie Hof neergelê? Die antwoord is dat die beginsels
van
stare decisis
steeds
geld en dat die Hooggeregshof nie deur artikel 39(2) gemagtig word om
van die beslissings van hierdie Hof, hetsy pre- hetsy
post-konstitusioneel, af te wyk nie. Artikel 39(2) moet saamgelees
word met artikel 173 van die Grondwet. Kragtens laasgenoemde
artikel word erkenning verleen aan die inherente bevoegdheid van 'n
Hooggeregshof om - saam met die Konstitusionele Hof en hierdie
Hof -
die gemenereg te ontwikkel. Dit is by die uitoefening van hierdie
inherente bevoegdheid wat die bepalings van artikel 39(2)
ter sprake
kom. Voor die Grondwet het die Hooggeregshof uiteraard ook, netsoos
hierdie Hof, die inherente bevoegdheid gehad om
die gemenereg te
ontwikkel. Hierdie inherente bevoegdheid was egter onderworpe aan
die reëls wat in die leerstuk van
stare
decisis
uitdrukking vind. Na my mening word
hierdie reël nóg uitdruklik nóg by noodwendige
implikasie deur die Grondwet
verdring. Kortom, onderliggend aan die
opdrag vervat in artikel 39(2), is die veronderstelling dat die
betrokke Hof die bevoegdheid
het om die gemenereg te wysig. Of die
betrokke Hof inderdaad daardie bevoegdheid het, word onder meer deur
die
stare decisis
-reël
bepaal.
[30]
Hierbenewens
is die oorwegings wat die leerstuk van
stare
decisis
ten grondslag lê steeds van
toepassing, ook wat die pre-konstitutionele beslissing van hierdie
Hof betref. Hierdie oorwegings
blyk uit die volgende verklaring
deur Hahlo en Kahn,
The South African Legal
System and its Background,
214 wat ook met
instemming aangehaal word deur Kriegler R in par 57 van die
Walters-
saak:
'The
advantages of a principle of
stare decisis
are many. It
enables the citizen, if necessary with the aid of practising lawyers,
to plan his private and professional activities
with some degree of
assurance as to their legal effects; it prevents the dislocation of
rights, particularly contractual and proprietary
ones, created in the
belief of an existing rule of law; it cuts down the prospect of
litigation; it keeps the weaker judge along
right and rational
paths, drastically limiting the play allowed to partiality, caprice
or prejudice, thereby not only securing justice
in the instance but
also retaining public confidence in the judicial machine through like
being dealt with alike ... Certainty, predictability,
reliability,
equality, uniformity, convenience: these are the principal
advantages to be gained by a legal system from the principle
of
stare
decisis
.'
Daarby moet in
gedagte gehou word dat die bepalings van die Grondwet nie soseer 'n
stel reëls is nie maar 'n hele waardesisteem.
Van die waardes
in die sisteem verkeer soms in onderlinge spanning wat dan versigtige
opweging en versoening verg. By implementering
van hierdie
waardesisteem sal individuele regters dikwels van mekaar verskil.
In die omstandighede sal die verlening van die bevoegdheid
aan elke
regter om op grond van sy individuele beskouinge aangaande die
toepassing van hierdie waardesisteem van die beslissings
van hierdie
Hof af te wyk, noodwendig tot 'n gebrek aan eenvormigheid en
sekerheid lei.
Goeie
Trou
.
[31]
As
alternatiewe basis vir sy saak het die respondent aangevoer dat selfs
al sou klousule 2.2 nie met die openbare belang in stryd
wees nie,
dit steeds onafdwingbaar is omrede dit onredelik, onbillik en strydig
met die beginsel van
bona fides
of
goeie trou is. Hierdie basis, wat die Hof
a
quo
blyk te onderskryf het, vind sy oorsprong
in die minderheidsuitspraak van Olivier AR in
Eerste
Nasionale Bank van Suidelike-Afrika Bpk v Saayman N O
[1997] ZASCA 62
;
1997
(4) SA 302
(SCA) op 318 ev en die beslissings van die Kaapse
Hooggeregshof wat in navolging daarvan gegee is.
[32]
In
Brisley v Drotsky (supra)
het hierdie Hof egter, by wyse van 'n meerderheidsbeslissing, die
uitspraak van Olivier AR in perspektief gestel. Aangaande die
plek
en rol van abstrakte idees soos goeie trou, redelikheid, billikheid
en geregtigheid het die meerderheid in die
Brisley-
saak
beslis dat, ofskoon hierdie oorwegings onderliggend is tot ons
kontraktereg, dit nie 'n onafhanklike, oftewel 'n 'free floating'
grondslag vir die tersydestelling of die nie-afdwinging van
kontraktuele bepalings daarstel nie (par 22); anders gestel, alhoewel
hierdie abstrakte oorwegings die grondslag en bestaansreg van
regsreëls verteenwoordig en ook tot die vorming en die
verandering
van regsreëls kan lei, hulle op sigself geen
regsreëls is nie. Wanneer dit by die afdwinging van
kontraksbepaling kom,
het die Hof geen diskresie en handel hy nie op
die basis van abstrakte idees nie, maar juis op die basis van
uitgekristaliseerde
en neergelegde regsreëls. (Sien,
byvoorbeeld,
Brummer v Gorfil Brothers
Investments (supra)
419F-420G.) Derhalwe
bied die alternatiewe basis waarop die respondent steun,
inderwaarheid geen onafhanklike basis vir sy saak
nie.
Wanvoorstelling
en dwaling
.
[33]
Die
verdere alternatief waarop die respondent hom in laaste instansie
beroep, is dat hy nie aan klousule 2.2 gebonde is nie, omdat
hy, by
die ondertekening van die toelatingsdokument, van die bepalings
daarvan onbewus was. Die oorweging van hierdie alternatief
verg dat
die agtergrondsfeite in ietwat meer besonderhede uiteengesit word.
Die respondent se getuienis was dat hy die toelatingsdokument
sonder
om dit te lees, geteken het op die plek wat Buitendag met 'n kruisie
aangedui het. Dit blyk ook dat Buitendag nie die respondent
se
aandag op die inhoud van klousule 2.2 gevestig het nie. Gevolglik
moet, by ontstentenis aan enige getuienis tot die teendeel,
aanvaar
word dat die respondent nie van die inhoud van die klousule 2.2 bewus
was toe hy die ooreenkoms aangegaan het nie. Daarteenoor
het die
respondent toegegee dat hy geweet het dat die toelatingsdokument
bepalings van die voorgenome kontrak tussen hom en die appellant
bevat. Hy het dit ook nie betwis dan hy volle geleentheid gehad het
om die dokument te lees nie.
[34]
In
hierdie omstandighede sou die feit dat die respondent die dokument
geteken het sonder om dit te lees as 'n reël nie tot gevolg

dat hy nie aan die bepalings wat daarin vervat isgebonde is nie.
Reeds bykans 'n eeu gelede het Innes HR immers, in
Burger
v Central SAR
1903 TS 571
te 578, beslis dat
'n persoon wat 'n skriftelike ooreenkoms teken sonder om dit te lees,
dit op eie risiko doen en gevolglik gebonde
is aan die bepalings wat
daarin vervat is asof hy daarvan bewus was en uitdruklik daartoe
ingestem het. (Sien byvoorbeeld ook
George v
Fairmead (Pty) Ltd
1958 (2) SA 465
(A).)
[35]
Op
hierdie algemene reël is daar sekere erkende uitsonderings (sien
byvoorbeeld Christie,
The Law of Contract,
4
e
uitgawe 202). Die uitsondering waarop
die respondent hom beroep, is dat Buitendag 'n regsplig gehad het om
hom oor die inhoud van
klousule 2.2 in te lig en dat hy versuim het
om dit te doen. Die respondent gee toe dat as 'n algemene beginsel
daar geen regsplig
op 'n kontraksparty rus om sy teenparty oor die
inhoud van hulle voorgenome ooreenkoms in te lig nie. Die rede
waarom daar volgens
die respondent so 'n verpligting op Buitendag
gerus het, is omdat hy (die respondent) nie 'n bepaling soos klousule
2.2 in 'n ooreenkoms
met 'n hospitaal verwag het nie. Aangesien dat
'n hospitaal juis veronderstel is om mediese dienste op professionele
en sorgsame
wyse te verskaf, so het die respondent aangevoer, het hy
nie verwag dat die appellant hom teen die nalatigheid van sy eie
verpleegpersoneel
sou probeer vrywaar nie.
[36]
Die
antwoord hierop is dat die respondent se subjektiewe verwagtings oor
wat die kontrak tussen hom en die appellant sou bevat, geen
rol te
speel het by die vraag of daar 'n regsplig op Buitendag was om
klousule 2.2 aan hom uit te wys nie. Wat wel by hierdie vraag
van
belang is, is of 'n bepaling soos klousule 2.2
redelikerwys
te wagte was, oftewel, of dit
objektief
gesproke onverwags was. Soos ek reeds vroeër aangedui het, is
vrywaringsklousules soos klousule 2.2 hedendaags in standaard
kontrakte eerder die reël as die uitsondering. Ondanks die
respondent se betoog tot die teendeel kan ek ook geen rede sien
om in
hierdie opsig privaathospitale in beginsel van ander verskaffers van
dienste te onderskei nie. Derhalwe kan nie gesê
word dat 'n
bepaling soos klousule 2.2 in die toelatingsdokument objektief
gesproke onverwags was nie. Bygevolg was daar geen regsplig
op
Buitendag om dit pertinent onder die respondent se aandag te gebring
het nie. Derhalwe is die respondent aan die terme van die
klousule
gebonde asof hy dit gelees en uitdruklik daartoe ingestem het.
Slotsom
[37] Om
hierdie redes moes die Hof
a quo
bevind
het dat klousule 2.2 teenoor die respondent afdwingbaar is.
Ingevolge die ooreenkoms wat die partye by die
voorverhoor-konferensie
aangegaan het, moes die Hof die respondent se
vordering met koste van die hand wys.
[38]
Die
volgende bevel word gemaak:
(1) Die
appèl slaag met koste, insluitende die koste van twee
advokate. (2) Die bevel van die Hof
a quo
word vervang met die volgende:
'Eiser se eis
word van die hand gewys met koste.'
____________________
FDJ
BRAND
APPèLREGTER
STEM
SAAM
:
NIENABER AR
HARMS AR
ZULMAN AR
MPATI AR